DTP-Obesiteit Afr
DTP-Obesiteit Afr
DTP-Obesiteit Afr
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
OBESITEIT

DTP: S Volker [Telematiese Leer & Onderwysinnovasie]
OBESITEIT

INHOUDSOPGAWE:

OBESITEIT

1. Inleiding

2. Biologiese aspekte

3. Definisie en oorsake van oormassa

4. Voor- en nadele van massaverlies

5. Die vet kind

5.1 Definisie

5.2 Voorkoms

5.3 Etiologie

• Endokriene oorsake

• Metabolies

• Vetselle

• Eetgewoontes

• Invloed van familie

• Multifaktoraal

5.4 Hantering van die kind met oormassa

6. Hantering van die oormassa pasiënt (volwassene)

• Inleiding

• Algemene riglyne

• Evaluasie

o Wat dra by tot massatoename of onvermoë om massa te verloor

“Binge”

↓ aktiwiteit

stres

medikasie

besering

dieët dagboek

• Teenwoordigheid van selluliet

• Bepaal → energiebehoeftes

o Mediese toestande teenwoordig, wat bevoordeel sal word deur massaverlies.

o Watter tipe program sal veilig en effektief wees.

• Beplanning

• Meting van pasiënt

o LMI

o Middelmate vs heup-middel verhouding 80, 94

→ 88, → 102

o Velvoudikte

• Motivering

o Gedragsverandering

o Dieët realistiese doelwitte – periodiek herevalueer

o Bewerkstellig ‘n energietekort deur totale energie inname in te kort. 30%

OBESITEIT

INLEIDING

Die nuutste literatuur gee die definisie van oormassa as ‘n toename van meer as

120% van verwagte of ideale massa in die hoeveelheid vetweefsel. Sien Hoofstuk 5

vir metingsmetodes.

Oormassa word geassosieer met welvaart, maar is net so ‘n groot probleem in

ontwikkelende lande, soos Suid-Afrika. ‘n Bron van kommer is die hoë persentasie (tot

60%) van swart vroue tussen 35 en 64 jaar wat oormassa is.

In Westerse diëte word al meer vet en minder koolhidrate ingeneem.

Hoe langer die swart mense met ‘n tradisionele agtergrond in stedelike gebiede

vertoef, hoe meer verskuif hul dieët van hoë vesel, -koolhidraat, lae vetdieët na ‘n

hoër vetdieët. Afname in fisiese aktiwiteit en ongesonde eetgewoontes dra verder by

tot die probleem.

In die VSA is obesiteit verwante toestande die 2 de hoogste oorsaak van dood – dus ‘n

reuse openbare gesondheidsprobleem. Die koste verbonde aan die “behandeling”

van oormassa en komplikasies daarvan beloop $ Biljoen per jaar en 97 miljoen

volwassenes in die VSA voldoen aan die kriteria vir oormassa (LMI 25-29,9) of

obesiteit (morbiede oormassa (LMI >30kg/m 2 )

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

3
OBESITEIT

BIOLOGIESE ASPEKTE VAN OORMASSA

HOOFSTUK 1

Babas word gebore met ‘n eenvormige vetlaag wat omtrent die hele liggaam beslaan.

Op 9-12 maande neem dit af na 25% en in die tweede jaar tot 10%.

Meeste kinders in die wêreld neem net 80% van die voedselenergie van ‘n tipiese

Westerse middelklasdieët in en groei steeds – behou positiewe energiebalans. ‘n

Inkorting van 20-30% van hul dieët sal uiteindelik ‘n staking van groei teweegbring.

Gedurende puberteit vermeerder die vet, maar die liggaamsvorm verander. In seuns

dun die ledemate uit en die lendegebied verdik. In meisies is daar ‘n algemene

vettoename, wat geaksentueer word by die heupe en dye, onderbuik en borste.

Op 18 jaar, wanneer groei in lengte staak, bestaan 12% van die massa van seuns uit

vet en 24% van die van meisies.

Hermodellering van die liggaam gaan egter voort tot in die middeljare. In mans ward vet,

bindweefsel en spier neergelê in die romp en veral in die buik. By vroue gebeur dit by die

proksimale aspekte van ledemate, borste en minder in die buik.

Die gemiddelde massa van mans en vroue is teen 45 jaar ouderdom 20% meer as op 20 jaar,

ongeag die tipe dieët wat wêreldwyd gevolg word.

‘n Reduksie van daaglikse energie-inname tot minder as 50% is nodig om ophoping van vet in

volwassenes te voorkom.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

4
OBESITEIT

HOOFSTUK 2

WAT IS OORMASSA EN DIE OORSAKE DAARVAN

Om van die menslike spesie te wees, beteken volgens bogenoemde bevindings, dat

jy oormassa is!

Diegene wat wel soveel swaarder word (>LMI 25), is dan die oormassa/obese

persone. Hulle bestaan uit 2,5% van die middeljarige bevolking. (Let op dat vroue,

wat dubbel soveel vet as mans het, langer lewe en meer weerstandig is teen siekte as

mans!)

Dit is ongewoon dat iemand se massa met meer as 35% vermeerder tussen die ouderdom van

20-45 jaar.

‘n Klein deeltjie van hierdie mense het endokriene abnormaliteite of neurologiese letsels in die

gebied van die hipotalamus, wat besonder skaars is.

Die res is waarskynlik die ongelukkiges wat bedeel is met meer as die gewone aantal “vet gene”.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

5
OBESITEIT

DIE VOOR- EN NADELE VAN MASSAVERLIES

Nadele:

HOOFSTUK 3

1. Die feit dat ‘n deel van die massa wat verloor word, met tyd herwin word, is

dikwels demotiverend vir die pasiënt.

2. Korttermyn nadelige effekte wat verband hou met masaaverlies is die volgende:

- Verhoogde risiko van galsteenformasie en cholesistitis

- Oormatige verlies van maer spiermassa

- Verhoogde uriensuurvlakke

Daar is nog onsekerheid of bogenoemde nadele in die langtermyn bly bestaan en of dit

lewensverwagting beïnvloed.

Diegene wat onteenseglik glo dat oormassa ‘n genetiese oorsprong het, argumenteer dat diëte

oneffektief is.

Sekere mense is meer geneig om gewig op te tel en moeite word ondervind in hul pogings om

massa te verloor. Variasies in kalorie-inname relatief tot basale metabolisme in mense met

dieselfde massa, mag verklaar waarom sekere mense massa optel met minder voedsel.

Genetiese faktore beperk dus wel die graad waartoe die liggaam gemoduleer kan word tot die

gewenste vorm.

Vele ondersoekers waarsku egter teen so ‘n eensydige behandeling.

Alle diëte is nie oneffektief nie en standaarde van vergelyking moet in ag geneem word.

Oormassa moet as ‘n chroniese siekte beskou word, wat volgehoue mediese-, psigologiese- en

sosiale hantering benodig.

Dieët mag minder effektief wees soos wat ouderdom toeneem as gevolg van verminderde

aktiwiteit en verlaging in metabliese spoed.

Die beperking van ‘n algehele massatoename sal gesondheidsrisikos verminder.

Voordele:

Matige massaverlies kan sommige risikofaktore (chroniese siektes) kontroleer of

verminder.

Selfs ‘n van so min as 10% van die aanvanklike massa het ‘n merkbare invloed op

hipertensie, hiperlipidemie en hipergliserue. Dit verminder ook die morbiditeit en

mortaliteit.

Die psiogosiale effekte van matige massaverlies lei tot ‘n algemene gevoel van welsyn en dra by tot

‘n verbetering in die selfbeeld van die individu.

Verbetering in lewenskwaliteit en die verskuiwing van risikofaktore na ‘n later tydperk van lewe is

meer belangrik as ‘n maatstaf van susesvolle massaverlies as morbiditeit- en mortaliteitstatistiek

alleen.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

6
OBESITEIT

DIE VET KIND

4.1 DEFINISIE

4.2 VOORKOMS

HOOFSTUK 4

Enige kind wat meer as 20% van die gemiddelde massa vir sy lengte en geslag is.

Ander bronne stel dit dat kinders met ‘n LMI hoër as die 85ste persentiel met

komplikasies van obesiteit of ‘n LMI hoër as die 95ste persentiel met of sonder

komplikasies evaluasie en behandeling moet ondergaan.

Dit is meestal skoolkinders wat ge-affekteer word. In Swede is 2% van kinders obees, in die V

K2,7% en die VSA 10% (15% in adolessente meisies). Dit lyk asof obesiteit die mees algemene

nutrisionele versteuring van kinderjare in Westerse lande geword het.

4.3 WAT IS DIE BELANG VAN VETSUG IN KINDERS?

Alhoewel vet kinders nie die ernstige toestande ontwikkel wat volwassenes opdoen nie (bv.

Pickwick-sindroom, arteriële hipoksemie en slaperigheid), het hulle tog ‘n neiging tot geringe

respiratoriese infeksies.

Motoriese ontwikkeling kan vertraag word – ‘n baie vet kind loop moeilik, dus kan hy ook nie sy

omgewing so vroeg as ander kinders verken nie. X-bene is algemeen.

Hulle is tydelik groot vir hul ouderdom as gevolg van gevorderde skeletale ontwikkeling, maar

uiteindelik is hulle nie langer as die gemiddeld nie.

In vet meisies is menstruele onreëlmatigheid algemeen. Menseverhoudings is die lewensarea

waar hulle die meeste probleme ondervind – psigososiale wanaapassing kan voorkom. Hulle

word dikwels gespot en afgeknou deur mede-skoliere. Die gevolg is dan onttrekking op sosiale

gebied. Tuis is hulle dikwels passief en oorafhanklik. Voedsel word as ‘n uitkoms gebruik om

frustrasie, depressie en vyandigheid teë te werk.

4.4 ETIOLOGIE

4.4.1 Endokriene toestande

Dit is ongewoon om ‘n kind met Fröhlich – of Cushingsindroom te sien. Wat wel ‘n

algmene oorsaak is, is die toediening van kortikosteroiede vir toestande soos asma. Die

middels kan die eetlus stimuleer.

4.4.2 Metaboliese steurnisse

Fisiese onaktiwiteit is ‘n kenmerk van vet kinders. Dit is moontlik dat verminderde

aktiwiteit ‘n rol speel in die patogenese van oormassa by kinders. Daar kan ook ‘n

afname in die normale kalorie-verbruik-vermoë wees wat verhoogde hitteproduksie

veroorsaak na etes.

4.4.3 Vetselle

Dit is bekend dat babas wat oorvoed word, se vetselle vergroot en vermeerder. Die

hoeveelheid selle word vasgestel in die eerste paar maande van lewe. Dit kan nie deur

dieëtmaatreëls verander word nie, maar die grootte wel.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

7
OBESITEIT

4.4.4 Eetgewoontes

Normaalweg word aangeneem dat vet mense meer eet as wat hulle nodig het. Dit kom

ook so voor by sommige kinders dat hulle aanhoudend eet. Dikwels is dit ‘n manier om

angs en depressie te oorkom, of ‘n vorm van oorkompensasie of ‘n behoefte aan orale

bevrediging (soos rokers wat ophou en massa bykry.) Sulke kinders mag ‘n werklike

voedselverslawing ontwikkel, veral wat koolhidrate betref.

Daar is egter ook bewys dat baie van die vet kinders nie meer eet as hulle maat nie.

Daar bestaan dus iets soos nutrisionele individualiteit met ‘n groot variasie in die inname

sowel as die benutting van voedsel, selfs by gesonde kinders.

4.4.5 Die invloed van familie

Daar bestaan sekerlik ‘n familieneiging tot obesiteit. As een ouer vet is, sal helfte van die

kinders vet wees; indien albei ouers vet is, sal 75% van die kinders ook so wees.

Tweelingstudies het ooreenstemming getoon, selfs al is hulle apart grootgemaak. Daar is

dus ‘n oorerwingsverband, maar eetgewoontes, wat ook in families gestel is, speel ‘n ewe

groot rol.

4.4.6 Multifaktorale aard

Van die beskikbare inligting wat ons het, lei ons af dat obesiteit deur veelvuldige faktore

veroorsaak word. Dit sluit genetiese faktore in, wat metaboliese- en psigologiese

komponente het en deur omgewingsinvloede geraak word.

4.5 HANTERING VAN DIE KIND MET OORMASSA / OBESITEIT

Die kind moet vir ‘n lang termyn deur die geneesheer ondersteun word. So ook moet die familie

hulle samewerking gee – dit is sinneloos om die kind ‘n streng dieët te laat volg, maar die res van

die gesin verlustig hulle in ryk kosse. As almal saamspan en hul lewensstyl verander, gaan hulle

gesamentlik goed voel en ook so lyk, wat aan die dokter ‘n pluimpie sal besorg!

Met die beplanning en opstel van ‘n program, moet daar by kinders en veral adolessente, in ag

geneem word dat daar potensiële psigologiese- en emosionele gevolge moontlik is, byvoorbeeld

sosiale etikettering en die ontwikkeling van eetsteurnisse. Massaverlies moet sodanig wees dat

dit nie liniêre groei en normale ontwikkeling aan bande lê nie.

Dit is bekend dat vyf of ses kleiner maaltye ‘n gunstiger effek op obesiteit het as drie groot

maaltye.

Aangesien koolhidrate ‘n verslawende effek het, word ‘n lae koolhidraat dieët gewoonlik

voorgeskryf. Hou dit so eenvoudig as moontlik en moenie onrealistiese reëls of doelwitte stel nie.

Geen soetigheid en koolhidrate, moet gebalanseer word met iets positief, byvoorbeeld “vrugte

driemaal per dag” of “geen tweede porsie” word gebalanseer met “soveel maer vleis en groente

as jy wil”.

Eetlusdempers moet slegs gebruik word by kinders wat oormatig eet selfs al is hulle nie honger

nie. Slegs ‘n kort kursus word voorgeskryf en nie herhaal nie.

Die belangrikste is egter die volgehoue ondersteuning en belangstelling van die geneesheer

sowel as die familie. Verduideliking van die erns van die toestand, die komplikasies daarvan en

die langtermyn risikos, is van uiterste belang. Samewerking as ‘n span kan dien as motivering vir

die pasiënt om deel te neem aan groepsbedrywighede, wat ook kilojoules verbrand. Dit sal die

kind ook minder abnormaal laat voel.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

8
OBESITEIT

Voorkoming is altyd die beste en ouers moet geadviseer en aangemoedig word om nie hul

babas en jong kinders te oorvoed nie. Graankosse moenie te vroeg by melk gevoeg word nie.

Groot hoeveelhede kos moet ook nie op ‘n kind afgedwing word of in ‘n baba ingeforseer word

nie. Skole moet aangemoedig word om eerder “gesonde” ware, soos vrugte en rou groente,

byvoorbeeld wortels, by hulle snoepwinkels op ‘n opvallende plek uit te stal in plek van lekkers en

sjokolade.

Kinders met massa-probleme moet so vroeg as moontlik geëvalueer word en hulp kry.

Die hele familie moet die probleem verstaan en onder hande neem.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

9
OBESITEIT

HOOFSTUK 5

HANTERING VAN DIE VOLWASSE OORMASSA PASIËNT

Ten spyte van al die kennis wat ons opgedoen het in verband met die oorsake,

bestaan daar nog steeds nie ‘n enkele program wat standhoudende,

langtermynresultate lewer nie. Sekere programme, wat deur

verslankingsorganisasies aangebied word, is wel suksesvol as by die reëls gehou

word.

Motivering is tesame met selfdissipline, van kardinale belang in so ‘n program.

Die Huisarts kan hier ‘n belangrike rol speel deur die pasiënt aan te moedig en indien ‘n plato

bereik word, te hermotiveer.

Daar is dikwels ‘n gebrek aan kennis van die probleme gepaard met oormassa van die medici se

kant. Die pasiënt moet gewillig en gereed wees om saam te werk.

Diegene wat hul daaraan onderwerp, gaan deur fase van:

- vooraf oorweging – ‘n begeerte om te verander

- besliste oorweging – word bewus van ‘n probleem en oorweeg om dit op te los.

- voorbereiding tot aksie - klein gedragsmodifikasies

- vermy situasies waar die versoeking bestaan om verkeerd

te eet.

- aksie - poog aktief om ooreet te vermy, beloon self

5.1 ALGEMENE RIGLYNE VIR HANTERING VAN OORMASSA

Die identifisering van ‘n geen wat energiebalans reguleer, plaas ‘n demper op die susesvolle

hantering van die probleem.

Persone met oormassa word daardeur gekondisioneer om “vrede te maak” met hul massa omdat

‘n eetplan “tog nie sal help nie”.

“Gesonde obesiteit” sal as ‘n konsep al meer aanvaarbaar word na gelang die genetiese

oorsprong beter verstaan word.

Die feit bly egter staan dat oormassa ‘n erkende risikofaktor is wat lewensverwagting

beïnvloed en in hipertensie, kardiovaskulêre siektes, diabetes tipe II en sekere tipes

kanker byvoorbeeld mamma-, endometriële- en kolonkarsinoom ‘n rol speel.

By behandeling op ‘n individuele grondslag, is ‘n holistiese benadering nodig.

Kennis van medisyne, voeding, oefeningsfisiologie en sielkunde is essensieel.

5.2 GEDRAGSVERANDERING

Dit is die basis waarop die hele program gebou moet word en die beginpunt van die proses.

Die pasiënt moet hom/haarself daartoe verbind om eet- en oefengewoontes te verander en

lewenslank daarby te hou.

Elke verandering moet sorgvuldig oordink en geleidelik geïmplementeer word.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

10
OBESITEIT

Bewustheid van verkeerde gewoontes is nodig- sodra dit gevestig is, sal die individu meer

vatbaar wees vir verandering.

‘n Sisteem wat gevolg kan word om dit teweeg te bring, is die volgende:

- Voedingsinligting – langtermynvoordele van hoë koolhidraat-, hoë vesel- lae

vetdieët.

- Selfmonitering ten opsigte van wat geëet word, die omstandighede en

gemoedstoestand ten tye van ooreetsessies.

- kontrole / vermyding van stimuli vir oor- of verkeerd eet byvoorbeeld van hoë vet,

verfynde suiker, impulsiewe etery.

o Inkope moet streng volgens ‘n lys geskied.

o Voedsel moet buite sig gestoor word.

o Maaltye moet beplan word ten opsigte van tyd en aktiwiteite tydens ete.

- Positiewe denke in verband met die program en die invloed daarvan op selfbeeld

moet gestimuleer word.

Die dienste van ‘n dieëtkundige is onmisbaar in die uitvoering van die globale dieëtprogram.

Om van ‘n dieët te praat, is eintlik verkeerd, aangesien dit dadelik negatiewe gesindhede

genereer.

‘n Gesonde eetplan, waarby lewenslank gehou kan word, is ‘n veel beter strategie.

Evaluasie van huidige eetgewoontes is nodig voor die spesifieke uitleg van die plan begin word.

‘n Dagboek van wat oor ‘n tydperk van 7 dae geëet word, word gehou: tipe voedsel,

hoeveelheid, tyd van maaltyd of tussenin ete (laasgenoemde met rede daarvoor), plek waar

geëet word, ander aktiwiteite tydens eet, byvoorbeeld lees of TV kyk.

Fisiese aktiwiteit en rook, asook voedselvoorliefdes en aversies word ook aangeteken.

Bogenoemde dra by tot bewusmaking van eet-en oefen-patroon.

5.3 EVALUASIE VAN DIE PASIËNT

- ‘n Volledige fisiese ondersoek is die basislyn.

- Bepaal watter mediese toestande teenwoordig is, wat bevoordeel sal word deur

massaverlies

- Wat dra by tot massatoename of onvermoë om massa te verloor?

- Vra uit oor : “Binge”- episodes (groot hoeveelheid kos/lekkers ensovoorts in

‘n kort tydperk ingeneem)

: siekte

: besering

: ↓ fisiese aktiwiteit (gewrigsprobleme, dispnee)

: stres

: Medikasie, byvoorbeeld steroiede of trisikliese anti-depressante.

- Is die oormassa ‘n langstaande – of onlangse probleem?

- Is daar ‘n neiging tot ander eetversteurings, byvoorbeeld bulimie?

5.3.1 Meting

- LMI: Massa (kg) LMI: 25-29,9kg/m 2 dui

Lengte (m) 2 oormassa aan

LMI > 30kg/m 2 is ‘n teken van obesiteit

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

11
OBESITEIT

- Middelmate: 80 cm by vroue, 94 by mans is die maksimum

aanvaarbare mate.

Meer as 88cm by vroue en 102cm by mans is ‘n aanduiding van ‘n

oormaat abdominale vetweefsel, wat besliste risikos inhou vir die

ontwikkeling van hipertensie, hiperlipidemie, diabetes mellitus

(insulien-weerstand.)

- Velvoudikte: Dit word met ‘n spesiale kaliper gemeet teen 45° oor die

Tricepsspier, supra-iliale punt of oor die skouerblad. Dit geskied

teen ‘n konstante druk op die vel en meet die persentasie

liggaamsvet. Die resultaat wissel egter by baie vet- of maer mense,

kinders en bejaardes en word deesdae minder dikwels gebruik.

- Teenwoordigheid van selluliet

Dit is ‘n kontroversiële term, maar ‘n bron van groot frustrasie, veral by vroue, waar dit

meestal voorkom, ook by die wat nie oormassa is nie. Dit kom voor op die sitvlak, dye en

heupe ens. om bo-arms en minder op ander liggaamsdele. Die voorkoms is die van

lemoenskil met duike en knoppe in die vel: subkutane weefsel bult in die oorliggende vel

in en veroorsaak die onreëlmatige voorkoms. Die verskil tussen normale- en sellulietvel is

sonografies en histologies aantoonbaar.

5.4 BEPLANNING

Mense vind dit moeilik om by drastiese veranderinge aan te pas, dus is ‘n stapsgewyse

benadering nodig.

Doelwitte moet realisties wees: aanvanklik moet dit gefokus wees op die daarstelling van

gesonde eet- en oefengewoontes eerder as die bereiking van ‘n ideale liggaamsmassa.

Massaverlies moet gemik wees op 0,5 – 1kg per week of 10-15% vir die eerste 3-6

maande. Verdere verlies kan dan beplan word volgens die hoeveelheid wat reeds verloor

is. Die hoofsaak is om enige massatoename te voorkom na die aanvanklike verlies.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

12
OBESITEIT

5.4.1 Energie-inname kan volgens die volgende tabel bepaal word.

TABEL 1: BEPALING VAN ENERGIEBEHOEFTES

A. Bereken rustende metaboliese spoed (RMS) volgens die volgende formule:

Manlike RMS = [900 + 10 (massa in kg)] x 4,2

Vroulike RMS = [700 + 7 (massa in kg)] x 4,2

B. Pas energiebehoeftes aan vir fisiese aktiwiteit deur RMS te vermenigvuldig met:

1.2 vir onaktief

1.4 vir matig aktief

1.8 vir baie aktief

C. A + B is ‘n skatting van die pasiënt se totale energiebehoeftes vir zero energiebalans.

D. Bereken huidige energie-inname deur middel van dieëtgeskiedenis of

voedseldagboek.

E. Energiebalans = energie-inname (D) minus energiebehoeftes (C).

F. Bereken die vlak van energiebeperking benodig vir massaverlies: ‘n Negatiewe

energiebalans van 3500kkal (14,665kj) sal in die algemeen ‘n massaverlies van

±450g bewerkstellig. Om 0,5-1,0kg per week te verloor, moet die totale daaglikse

energie-inname met 500- tot 1000Kkal (2100-4200kJ) verminder word. Vinniger

verlies van massa word nie aanbeveel nie omdat dit gewoonlik nie behou word nie.

‘n Negatiewe energiebalans is nodig vir massaverlies deur middel van verlaagde

energie-inname vs verhoogde energieverbruik. Vir ‘n gemiddelde vrou behoort energieinname

5040-6400kJ (1200-1520kkal) per dag te wees en vir ‘n man 6400-8400kJ (1520-

2000 kkal).

Dit is ‘n matige inkorting van energie en maklik om mee vol te hou.

Korrekte voedselkeuses is belangrik om versadiging en samewerking te verseker.

Indien die energie-inname verder ingekort word, ontstaan ‘n probleem om alle voedingstowwe in

te sluit. Multivitamien-, mineraal- en spoorelemente moet dan bygevoeg word.

Pasiënte moet gewaarsku word dat die tempo van massaverlies sal afneem as gevolg van

verlies aan spiermassa en vermindering van basale metaboliese spoed.

Die gevreesde plato-fase word dan bereik. Fisiese aktiwiteit moet aangemoedig en vermeerder

word tydens hierdie fase.

5.4.2 Vetinname

Hoë vetinname lei tot groter massatoename as hoë koolhidraatinname. Oormatige vet

word makliker gemetaboliseer en gestoor in vetweefsel as koolhidrate. Inkorting van

vetinname na minder as 30% van totale energie-inname is dus net so belangrik as totale

energie-inkorting.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

13
OBESITEIT

Praktiese maatreëls wat gevolg kan word, is soos volg:

Vervang: - volroommelk met laevet (2%) en dan met afgeroomde

melk

- suurroom met yoghurt

- mayonnaise met laevet slaaisous

Verwyder: - sigbare vet van vleis

- vel van hoender

- vet van sous of bredie

Vermy “onsigbare vet” soos in: - geprosesseerde vleis

- neute

- suiwelprodukte

- gebakte produkte

Kies laevet kookmetodes: - rooster

- bak

- stoom

- mikrogolf

Voedingsopvoeding is hier van waarde.

Dit gee die pasiënt insig in hoeveel vet sekere voedsels bevat. Voedsel moet steeds geniet

word, daarom is die keuse van voedsel belangrik.

Daar moet genoeg variasies wees om verveling te voorkom.

Die hele familie moet die kos kan geniet- dit is vir almal tot voordeel.

‘n Leidraad vir hoeveelhede is die volgende:

Stysels en graankos : 5 of meer porsies

Vrugte en groente : 5 of meer porsies

Suiwelprodukte : Minstens 2 porsies

Proteiene : 2-3 klein porsies

Vette en olies : 2-5 teelepelsvol

Vleis moenie die hoofbestanddeel van maaltye wees nie, maar eerder ‘n byvoeging tot graan

byvoorbeeld rys, pasta en brood, of stysel soos aartappels.

Drie maaltye moet per dag geëet word, met tussenin versnaperings middeloggend, middag en

saans om honger en ooreet te voorkom.

Ook dié tussenetes moet beplan wees, aangesien onbeplande etes gewoonlik uitloop op hoë-vet

etes.

Niks moet absoluut verbied word nie-dit maak dit des te meer begeerlik!

Indien soetgoed wel ingeneem word, moet die frekwensie en hoeveelheid ingekort word.

Alkohol is hoog in energie – 29kJ per porsie-en moet beperk word tot maksimum 1-2

drankies/dag. Dit moet dan verkieslik een stysel-of graanporsie vervang.

5.5 DiëTE

5.5.1 Baie Lae Kalorie Diëte

Dit lewer 1680-3360kJ (400-800kkal) met voldoende hoeveelheid noodsaaklike proteien,

vitamiene en minerale. Massa word vinniger verloor en oorskry die hoeveelheid wat met

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

14
OBESITEIT

konserwatiewe diëte verloor word. Dit mag voordelig wees by individue wat baie massa

moet verloor, waar ‘n onderliggende siekte vererger word deur obesiteit.

Die nadele is egter: - groter verlies van maer spiermassa wat lei tot

- afname in metaboliese spoed

- hoofpyn

- naarheid

- posturale hipotensie

- kardiale disritmieë

- moegheid

- nierstene

- haarverlies

- droë vel

- elektrolietstoornisse.

Dit word ook geassosieer met gevalle van skielike dood as gevolg van disritmieë, waar

die persoon vir ‘n lang tydperk (meer as 2 maande) op so ‘n dieët was. Massaverlies wat

so bereik is, word meestal nie in die langtermyn volgehou nie en die wenslikheid daarvan

is te betwyfel.

5.2.2 Populêre / Fratseiëte

Daarvan bestaan daar ‘n legio in Suid-Afrika. Dit word dikwels in die media gepropageer

en het ‘n soort “mode”- konnotasie.

Vinnige massaverlies is meestal die trekpleister, wat wel plaasvind, maar na staking word

die massa net so vinnig weer aangesit.

Oormassa pasiënte moet sterk ontmoedig word om te swig voor sulke “leë” beloftes, veral

die wat ‘n vastydperk voorstaan of die inname van net een soort voedsel.

Die verlies in maer spiermassa is hier baie groter en weens die lae hoeveelheid of

afwesigheid van sekere voedingstowwe, lei dit tot swakheid, floutes en afname in fisiese

vermoë.

Hoë proteien, lae koolhidraat diëte is steeds populêr. Die massaverlies geskied deur

ketose, wat eetlus onderdruk.

Hierdie diëte is gewoonlik hoog in vette en cholesterol en kan hiperlipidemie en

hiperurekosemie bevorder.

Die Fit-for-Life dieët word steeds deur baie mense aangehang.

Dit is gebaseer op “korrekte kombinasie van voedsel” en “detoksifikasie”, wat nie op

fisiologiese beginsels of navorsing gegrond is nie.

Rou voedselinname word beklemtoon terwyl die gebruik van vleis, eiers en melk ontmoedig

word.

Voordele is die hoë vitamien-mineraal en vesel-inhoud en inkorting van sout, kaffeien en

alkohol.

Nadele is egter onvoldoende proteien, yster, kalsium en riboflavien en hoë vetinname, wat ‘n

voedingswanbalans tot gevolg het.

Herbalife kruieprodukte is gebasseer op termogenese, met voldoende voedingstowwe.

Twee maaltye word vervang met ‘n vloeibare formule.

Weereens word leefstyl veranderinge nie aangemoedig nie.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

15
OBESITEIT

Ander nadele: Dit is duur

Die vervelige patroon lei tot swak samewerking.

Dr Atkins-dieët: Verhoogde koolhidraat-, laevetdieët-lei tot ketose.

Die nadele is dieselfde as die van baie lae kalorie-diëte

Weight-Watchers: Die sisteem berus op ‘n puntestelsel, gebaseer op vesel-, energie-

en vethoeveelheid in voedsel. Daar is geen beperking op tipes voedsel nie.

Nadele: ‘n Gesonde eetpatroon word nie aangemoedig nie; dit kan lei tot ‘n

ongebalanseerde dieët

Weigh-Less: Die enigste organisasie wat klem lê op:

: Gesonde eetgewoontes

: Leefstyl- en gedragsverandering

: ‘n Volgehoue “eetplan”, eerder as ‘n dieët, wat lewenslank

gevolg kan word.

- Laevet, hoëvesel diëet

- Gebalanseerd, met voldoende hoeveelhede van alle

voedingstowwe.

Nadele : Voedsel moet geweeg word.

: Dokters verwysings is nodig vir mense met chroniese siektes,

swanger vroue en kinders onder 16 jaar. Laasgenoemde beskou ek

nie as ‘n nadeel nie, aangesien dit aansluit by die beginsel van

inisiële evaluasie van die pasiënt.

Nadat al bogenoemde in ag geneem is, bly die ideaal steeds dat die doelwit realisties moet wees,

naamlik ‘n gesonde massa, met vermindering van die LMI met 1 of 2 eenhede of 4,5-7,5kg.

Egalige verliese oor ‘n langer periode lei tot:

- Vermindering in vetstore.

- Beperking van spierverlies

- Vermy afname in metaboliese spoed.

5.5 DIE ROL VAN OEFENING IN MASSAVERLIES

Oefening is ‘n alternatief in die behandeling van oormassa. Onaktiwiteit is ‘n baie belangrike

etiologiese faktor in obesiteit. In die gemiddelde onaktiewe volwassene maak rustende

energieverbruik 70% van die totale verbruik uit.

Volgehoue matige fisiese aktiwiteit mag 5000- voudige meer energie verbruik daarstel as in die

rustende staat.

Mense wat voorheen glad nie geoefen het nie, verloor vet en totale liggaamsmassa oor ‘n 3- tot 5

maande periode wanneer hulle wel gereeld oefen. Hulle behou ook hul verlies aan massa beter.

Ander moontlike voordele van fisiese aktiwiteit is:

- dit verminder abdominale vet

- dit verhoog kardiorespiratoriese fiksheid

Oefening alleen sal egter nie sulke goeie resultate hê by morbiede vetsugtiges nie. Dit is ook as

gevolg van die lae oefeningstoleransie van hierdie groep.

Verlaagde energie- inname moet verkieslik met oefening gekombineer word om effektiewe

massaverlies te bewerkstellig.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

16
OBESITEIT

Verskillende resultate is in aparte studies gevind- by een was die verskil duidelik tussen diegene

wat net op ‘n dieët was en die wat dieët en oefening gekombineer het. ‘n Ander studie het geen

verskil tussen die twee groepe getoon nie. Alvorens ‘n oefenprogram ontwerp of begin word,

moet die risiko vir die pasiënt eers vasgestel word. Pasiënte met kardiopulmonale- of

metaboliese siektes moet eers ondersoek word.

Die program moet individueel uitgewerk word – dit kan wissel van net vermeerderde roetine

daaglikse aktiwiteit tot aerobiese aktiwiteit soos stap, fietsry, swem, hardloop en roei, wat

energieverbruik opstoot.

Andersinds gesonde mense kan oefening vir optimale kardiovaskulêre fiksheid doen.

‘n Volgehoue vorm van aktiwiteit op ‘n gereelde basis, byvoorbeeld 3x per week, is meer

belangrik as die tipe oefening.

Begin met lae-intensiteit oefening en verhoog dit geleidelik tot by ‘n vlak van matige intensiteit, 30

minute lank vir 5-7 dae van die week.

Langtermyn groepsondersteuning is belangrik vir die sukses van die totale program.

5.6 INSTANDHOUDING VAN “IDEALE” MASSA

Dit bly ‘n langtermynproses. Lewensstyl-, oefening-en dieëtgewoontes wat tydens die

program aangeleer is, moet volgehou word.

Energie-inname moet nog steeds minder wees as voor die massaverlies, alhoewel

minder drasties.

Lae vetinname is nog steeds voordelig.

Gereelde fisiese aktiwiteit moet nie verwaarloos word nie.

Ondersteuning deur die Huisarts en familie, vriende, medewerkers bly belangrik.

Motivering, self-dissipline en begrip vir die noodsaak van volgehoue gewoontes moet

‘n manier van lewe word.

5.7 CHIRURGIESE BEHANDELING VAN MORBIEDE VETSUG

Aangesien permanente massaverlies in hierdie pasiënte (meer as 2 keer hul ideale gewig) in

slegs 5% standhoudend is na dieëtkundige- en ander maatreëls, word chirurgie as laaste uitweg

soms aangewend.

Risiko’s van enige groot buikchirurgie in die oormassa persoon is heelwat hoër as in normale

persone. Narkose-verwante risikos soos hipoventilasie, atelektase, pneumonie en trombo-

emboliese siekte is veral belangrik.

Komplikasies soos wondsepsis, bloeding en hegtingslynafbraak met lekkasie, disrupsie en

snitbreuke kom meer dikwels by hierdie pasiënte voor.

Isgemiese hartsiekte en hipertensie word met oormassa geassosieer. Geleidelik atrofie en

fibrose van die niere met funksie-inkorting word dikwels misgekyk tydens die hantering van

morbiede oormassa. Die vetsughipoventilasiesindroom (sg. Pickwick-sindroom) is ‘n bekende en

soms fatale probleem wat ook narkose toediening ernstig kompliseer.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

17
OBESITEIT

5.8 INDIKASIES VIR CHIRURGIESE HANTERING

Die volgende indikasies word algemeen aavaar:

- Liggaamsmassa meer as 45kg bo die ideale massa, volgens geslag, ouderdom

en lengte, of LMI ≥ 40kg/m 2 of 35kg/m 2 met ko-morbiede siekte of komplikasies.

- Onvermoë om oor die voorafgaande 5 jaar blywende massaverlies deur middel

van nie-chirurgiese metodes te bereik.

- Teenwoordigheid van ernstige gevolge van die oormassa wat dringende

standhoudende massaverlies noodsaak.

5.8.1 Voorwaardes en Kriteria wat in Ag Geneem Moet Word:

- Pasiënte onder 18 jaar en bo 60 jaar behoort nie hierdie tipe chirurgie te

ondergaan nie.

- Geen simptome of tekens van moontlike maagdermkanaalsiekte mag teenwoordig

wees nie.

- Geen kliniese aanduidings van endokriene afwykings mag teenwoordig wees nie.

- Die pasiënt mag geen middels of alkohol misbruik nie.

- Die pasiënt en geneesheer moet voorbereid wees op volgehoue langtermynopvolg

op ‘n gereelde basis.

- Die pasiënt moet ‘n aanvaarbare operatiewe- en narkose- risiko wees.

- Die hele evalueringspaneel (dieëtkundige, verpleegkundige, chirurg, kliniese

sielkundige, endokrinoloog en en maatskaplike werker) moet eenparig ten gunste

van chirurgie besluit.

Die belangrikste doelwit van chirurgie is om liggaamsmassa te verminder tot so na aan

die ideale massa as moontlik, om die morbiditeit van oormatige vetsug te verminder.

5.8.2 Kontra Indikasies Vir Chirurgie

- Kardiale- of respiratoriese dekompensasie-verhoog narkoserisiko

- Peptiese ulkussiekte

- Hiatusbreuk en oesofagitis

- Swak insig in die probleme en oorsake wat aangespreek moet word.

- Gebrekkige, halfhartige motivering om alles in die stryd te werp om die doelwit

te bereik.

5.8.3 Pre-Operatiewe Hantering

Inligting is noodsaaklik.

Bespreek die aard, tegniek en komplikasies met die pasiënt en ‘n naaste familielid.

Verduidelik die prosedure met behulp van sketse.

Die kort-en langtermynuitwerking van die operasie op die eetpatroon en lewenswyse moet

beklemtoon word.

Die verwagte gewigsverlies direk na chirurgie en na 2 jaar moet bespreek word.

Die patroon van massaverlies, naamlik vinnig en maklik in die begin met plato’s en trappe

later in die verloop moet ook geskets word.

Die moontlikheid van mislukking (tot van gevalle) asook mortaliteit moet herhaaldelik

genoem word aan die pasiënt dat en sy naasbestaandes. Verwittig die pasiënt dat hy/sy

in ‘n intensiewe sorgeenheid behandel sal word, en dalk ventilasie sal nodig hê.

Eers nadat die wondkomplikasies ook genoem is, word ingeligte toestemming verkry.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

18
OBESITEIT

5.8.4 Tipes Chururgie

1. Beperking van voedselinname deur inkorting van maagvolume.

1.1 Gastriese kortsluiting

Maagvolume word na 60ml verminder deur transseksie of ‘n dwarsry krammetjies.

1.2 Gastroplastie / gastroplikasie

Die maag word verklein deur middel van krammetjies (meer vertikaal aangewend),

sonder om die lumen van die maag of dunderm oop te maak.

Bogenoemde twee prosedures word die meeste in Europa en die VSA gebruik,

met ‘n hoë suksessyfer. ‘n Cholesistektomie word meestal gelyktydig gedoen,

weens die probleem van galsteenvorming na vinnige massa-afname.

Met hierdie tipe operasie, verloor pasiënte gewoonlik 40-70 kg oor 12-18 maande.

Om vroeë afbraak van die krammetjie-lyn te verhoed, moet die pasiënt vir ±3

maande lank ‘n vloeistofdieët neem, met yster-en vitamien aanvullings, waarna ‘n

versigtig gebalanseerde dieët weer ingevoer word. Klein hoeveelhede voedsel

word dan deur die dag ingeneem.

2. Beperking van Absorpsie van ingenome voedsel

2.1 Jejuno-ileostomie

2.2 Dundermkortsluitingsprosedures

Albei hierdie prosedures het in onguns verval weens ernstige newe-effekte en

komplikasies.

3. Intragastriese Ballon (byvoorbeeld Garren-Edwards-ballon)

Dit is ‘n indringende, nie-chirurugiese metode, gemik op ‘n volgehoue

versadigingsgevoel. Dit word endoskopies ingeplaas.

Komplikasies soos erosies en obstruksie veroorsaak dat dit nie slaag nie. Die

massaverlies is ook onvoldoende en slegs tydelik.

4. Radikale Abdominoplastie

Indikasies hiervoor is die volgende:

Oortollige vel na radikale massaverlies

Stigmata van postswangerskapsindroom.

Gelokaliseerde opeenhoping van vetweefsel.

Weerstandige algemene vetsug.

Weens ‘n relatief hoë mortaliteit, moet die wenslikheid van hierdie ingreep deeglik

oorweeg word. Die reseksie van vel by die lumbale gebied, perineum en dye,

asook die herstel van umbilikale- en ventrale breuke, kan gelyktydig onderneem

word.

5. Liposuiging

Dit is ‘n tegniek waar vetweefsel verwyder word deur stomp aspirasie. Dit leen

hom daartoe om vetverspreiding in sekere liggaamsdele te moduleer en die

kontoere te verander.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

19
OBESITEIT

GEVOLGTREKKING

VERWYSINGS

Dit is ‘n lae-risiko chirurgiese prosedure wat op ‘n buitepasiënte basis uitgevoer

kan word – selfs onder lokale verdowing.

Outo-vettransplantaat of mikro-lipo-inspuiting is ‘n onlangse uitvloeisel van

liposuiging en word nog ondersoek.

Vetselle word versigtig van een area van die liggaam na ‘n ander oorgeplaas om

rekonstruktiewe of kosmetiese vergroting van sagteweefsel te bewerkstellig.

Komplikasies is altyd ‘n moontlikheid. Dit sluit die volgende in:

Mortaliteit

Miokardiale infarksie

Beroerte

Verbygaande serebrale isgemiese insident.

Uitgebreide haarverlies

Komplikasies van narkose

Transfusie – komplikasies

Diep veneuse trombose

Studies, waar bogenoemde komplikasies nagegaan is, toon dat daar ‘n 0,1% kans

vir komplikasies is. Dit is dus ‘n redelik veilige prosedure.

Die behandeling van oormassa benodig ‘n multidissiplinêre, holistiese benadering.

Motivering van die pasiënt en wedersydse samewerking tussen die huisarts en

pasiënt is die hoeksteen waarop ‘n suksesvolle resultaat berus.

1. CME, April 1990: J Koeslag, E Lambert, JM van Rooyen, EJ Theron,

ES Benjamin, FN Saunders.

2. CME, Mei 1995: CJ Badenhorst et al, S.O van Lill et al.

3. Hexagon (Roche): Vol 3 nr 4 20-24 1976: J Apley.

4. Mediese Bydraes: 25/12/71: RJ van Rooyen, M van der Merwe.

5. American Family Physician: 01/06/2001: JM Lyznicki, DC Young, JA Riggs,

RM Davis.

6. Mayo Clinic Proceedings: Vol 74(12) December 1999 pp 1255-1260

7. M.Med lesing: Augustus 2001: Dr F van Schalkwyk

8. M.Med lesing: Augustus 2001: Dr LE du Toit

9. M.Med lesing: Augustus 2001: Dr H Gouws

10. Principles of Nutritional Assessment: pp 187-195: Rosalind’s. Gibson

11. The Clinical Handbook of Weight Management: M. Lean

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

20