04.05.2013 Views

Nr. 41 HOE BELANGRIK IS DIE OU TESTAMENT VIR DIE ...

Nr. 41 HOE BELANGRIK IS DIE OU TESTAMENT VIR DIE ...

Nr. 41 HOE BELANGRIK IS DIE OU TESTAMENT VIR DIE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Nr. 41 ­ HOE BELANGRIK IS DIE OU TESTAMENT VIR

DIE GELOWIGE VANDAG?

Hierdie mag vir jou klink na ‘n eienaardige onderwerp, aangesien alle Gelowiges tog glo dat die Ou Testament steeds

die Woord van God is en op een of ander wyse invloed het op ons wêreld al is dit maar net ‘n geskiedkundige aspek soos

tradisie ons leer. Maar die vraag wat ek wil stel is nie soseer of ons glo dat die Ou Testament vandag nog die Woord van

God is nie, maar of dit – enige invloed op ons lewenswyse het. Maak dit dieselfde indruk op ons lewens as die Nuwe

Testament? Indien nie, waarom nie? In ons tyd is dit wel só dat Gelowiges bely dat die Bybel die Woord van God is, en

tog bepaal ons ons net by sekere gedeeltes, soos bv. die Evangelies, die Psalms, die Spreuke, en hanteer die res asof dit

nooit geskryf was nie. ons verwaarloos nie net groot dele wat baie waardevol is nie, maar wat erger is, ons mis die dieper

betekenis van die dele wat ons wel graag lees en gebruik omdat ons hulle uit die verband van hulle breër konteks haal.

Wanneer ons die Bybel bestudeer moet ons elke teks begryp in verband met die hoofstuk waarin dit is en die hele boek

waarin dit is, maar dis nie al nie. Ons moet elke teks begryp in verband met die HELE Skrif, vanaf Genesis tot by

Openbaring. Ons het ongelukkig die meeste tekste buite verband geruk. Neem maar net die eerste vers van die Bybel.

Gen. 1:1: In die begin het God die hemel en die aarde geskape. DIT moet die beginpunt van jou geloof in God wees,

want dis sommer met die eerste teks in die Bybel waarmee satan alreeds soveel verwarring gesaai het. Dink maar aan

evolusie; dink maar aan die lering in baie van die charismatiese kerke dat ons almal klein godjies is – dis alles New Age

en okkulties en hierdie teks (Gen. 1:1) weerspreek hierdie dwaalleringe. God is die Skepper. Hy het jou en my geskape

en kan met ons maak wat Hy wil. Boon­op was ons nie eers ape nie (evolusie). Maar die punt wat ek wil maak is dat ons

GELOOF in elke teks in die Bybel moet hê, vanaf Genesis tot by Openbaring – daar is NIKS wat ons kan verwaarloos

of ignoreer nie.

Ongelukkig het die mens ‘n skerp skeiding gemaak tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament: in die gedrukte

Bybel (kyk gerus in jou eie Bybel hier na), en in die Bybelleser se gemoed. Nou die volgende vrae: tot watter mate geld

die gesag van die Ou Testament in die Christen­gelowige se lewe, en is hierdie gesag nou oorgeneem deur die Nuwe

Testament? In watter verhouding staan die Ou Testament tot die Nuwe Testament in die Skrif? Die feit dat die Christen

bely dat albei dele die Woord van God is, is eintlik ‘n leë verklaring, want in die meeste Christene se lewens is die Ou

Testament op die agtergrond geskuif, en is dit eintlik ‘n soort van “tweede klas” Skrif.

Die saak oor die EENHEID van die Skrif verdien ons ernstige aandag, anders kan ons op ‘n ellendige dwaalpad beland

deur die onbruik en misbruik daarvan Selfs die term OU Testament klink al klaar soos iets wat besig is om te vergaan.

Let op, as die skrywer van die Hebreër boek praat van die OU verbond, sal jy merk dat hy slegs van die offerhande­

sisteem praat in die konteks van OUD (Heb. 8:13). Die Christene het egter daardie benaming gevat en dit toegepas op

die hele Skrif vanaf Genesis tot by Maleági. So, nou het ons ‘n OU God en ‘n NUWE God! Dit klink miskien

verregaande, maar ons sê tog ewe oortuigend dat die God van die Ou Testament ‘n God van toorn en oordeel was, en die

God van die Nuwe Testament, die Vader van Jesus Christus, ‘n god van liefde, lankmoedigheid en goedertierenheid is.

So, die OU God het verbygegaan – nou is daar ‘n NUWE God!

Ek het al so baie mense raakgeloop wat sê dat hulle altyd die “Swaard van die Gees” met hulle saamdra, en dan hulle

woerts! ‘n Nuwe Testament uit die handsak! Om NET die Nuwe Testament te gebruik is soos om ‘n swaard te hê sonder

‘n steel. Verbeel jou: waaraan gaan jy dit vashou? Aan die lem?! As jou geloof slegs op die Nuwe Testament gebaseer

is, staan jy net op een been – die Nuwe Testament kan nie alleen staan nie. As jy daaruit sal neem die 1600 verse wat

aangehaal word uit die TANACH (dis die Hebreeuse naam vir die Ou Testament) om die Nuwe Testament se leringe te

staaf, bly daar niks oor nie!

Waar word die grondslag (basis) van die Evangelies aangetref? Ja, in die Tanach! Die Nuwe Testament bewys dit. Kom

ons luister na die apostel Petrus en hoor hoe hy dit beklemtoon dat die Tanach steeds die Woord van God is vir ons,

VANDAG. Petrus praat met Joodse gelowiges en andere, wetende dat hy binnekort sou sterf.

En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan, hierdie dinge in gedagtenis kan hou. Want ons het

nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak

het nie, maar ons was aanskouers van Sy majesteit, want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang

toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae

het. En hierdie stem heto ns uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was. (2 Pet. 1:15­

18)

Petrus vertel van die Verheerliking op die Berg toe hy, Johanne sen Jakobus daar saam met jesus was. Moses en Elia het

saam met Hom in ‘n verheerlikte vorm verkeer, en Petrus, Johannes en Jakobus was aangegryp en bevrees (Luk. 9).

Hulle het dikwels vir Jesus gevra om Sy Heerlikheid aan hulle te wys, maar hulle was bang toe dit wel gebeur! ‘n Stem

het uit die hemel gesê: Dit is My geliefde Seun, luister na Hom! Hulle het nie net Sy Heerlikheid gesien nie, maar dit

ook gehoor! Hulle was deeglik daarvan bewus dat hulle in die teenwoordigheid was van God die Vader en God die

Seun. As daar ooit ‘n bewys was dat Jesus die Messias was, was dit hier! Reg? Tog nie! Baie rabbis het in daardie tyd

wonderwerke gedoen. Hulle het selfs beweer dat hulle dooies opgewek het.

Let egter nou op Petrus se verdere woorde in 2 Pet. 1:19: En ons het die profeitese woord wat baie vas is … Dis

duidelik dat hy hier praat van die Tanach en die profetiese Skrifte wat gesê het wie die Messias sou wees. Al was Jesus

verheerlik en al het ‘n stem uit die hemel gespreek, en die Tanach was nie daar om al die ander dinge aangaande die

Messias te bevestig nie, nl. Jesus se maagdelike geboorte, Sy wonderwerke van genesing, Sy Kruisdood en Sy

opstanding uit die dode – alles dinge wat voorspel was om met die Messias te gebeur – sou hulle waardeloos gewees het!

Wanneer die groot misleier, die ant­chris op die wêreldtoneel verskyn, sal hy ook wonderwerke doen, en baie sal hieroor

agter hom aanloop, denkende dat HY die Messias is. Ons moet dus ‘n vaster en sterker basis hê om ons geloof op te bou

as tekens en wonders, en dit is die Skrifte: die Tanach en die Nuwe Testament. Petrus het dit geweet en sê dus in 2 Pet.

1:19: En ons het die PROFETIESE WOORD wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in

‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; (dis totdat die Wederkoms

aanbreek).

Petrus sê m.a.w. “Julle beter aandag gee aan die Tanach totdat die Here terugkeer.” En daarmee bedoel hy nie dat ons

net die Tanach moet lees en die verhale ken en Psl. 23 kan opsê nie. Hy sê hier dieselfde as wat Paulus sê: Lê jou

daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, WAT DIE WOORD

VAN DIE WAARHEID REG SNY (goed ken en kan gebruik! (2 Tim. 2:15)

Watter Skrifte het Jesus Christus gebruik om die Koninkryk mee te verkondig? Watter Bybel he Petrus gebruik toe hy

gespreek het tot die onbesnedes? Watteer Bybel het Paulus gebruik? Besef jy deeglik dat daar glad nie ‘n Nuwe

Testament eers bestaan het toe Jesus en hierdie ander manne die Evangelie verkondig het nie!

Toe Petrus op die eerste Pinksterdag gepreek het en 3000 Jode hulle tot Jesus Christus bekeer het, het hy nie EEN Nuwe

Testamentiese teks gebruik nie. Toe Petrus en Paulus die deur oopgemaak het ir die heindene om ook in die Koninkryk

in te kom moes hulle bewys vind in die Tenach dat hierdie optrede wel volgens die Wil van God was – en hulle het dit

wel gevind!

Wanneer ons die woord “Skrifte” lees in die Nuwe Testament en ons lees dit in die korrekte verband, verwys dit slegs na

die Tanach. Jesus en die apostels kon die Evangelie preek met slegs die Tanach tot hulle beskikking, en die resultate was

uitstaande! Sou ek en jy dit kan doen? Indien nie, WAAROM NIE? Veral as ons die Evangelie aan die Jode wil bring,

sal ons dit moet kan doen!

Ons moet wegkom van die gedagte dat ons “Nuwe Testamentiese” – gelowiges is en dat ons aan ‘n “Nuwe

Testamentiese” – gemeente behoort. As ons nie Bybel­gemeente behoort nie (en met BYBEL verstaan ons vanaf

Genesis tot Openbaring), is ons op ‘n dwaalspoor.

Daar is ‘n interessante voorval in Matt. 22:29 wat ons kan bespreek. Daar bevraagteken die Sadduseër die opstanding uit

die dode, want hulle het nie daarin glo nie. Jesus antwoord hulle Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en

ook nie die krag van God nie. Jesus sê hier vir hulle dat as hulle die Tanach geken het, sou hulle die opstanding uit die

dode verstaan het.

Waar sê die Nuwe Testament dat die Evangelie gevind kan word? Let op wat skryf Paulus in Gal. 3:8:

En die skrif (Tanach) wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham

die Evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.

Paulus sê hier dat die Skrif vooruit gesien het, maar as jy kyk na Gen. 12:3 (wat Paulus hier aanhaal) sal jy merk dat dit

God Self is wat daar praat. So, God en die Skrif is een! As die Tanach dus iets sê, is dit God Self wat dit sê, en ons moet

ernstige kennis daarvan neem.

Let op nog ‘n teks in die Nuwe Testament wat beweer dat die Evangelie ook in die Tanach verkondig is, nl. Heb. 4:2:

Want aan ons is die Evangelie ook verkondig net soos aan hulle (dis die Israeliete wat in die woestyn moet

rondswerf); maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die

geloof verenig was nie.

Ons weet dat Die Bybel verklaar dat in die mond van twee of drie getuies sal die waarheid vasstaan (2 Kor. 13:1) en hier

het ons nou twee getuies uit die Nuwe Testament dat die Evangelie in die Tanach verkondig was! Dis Galasiërs en

Hebreërs. Natuurlik was die Evangelie in sy volheid eers gemanifesteer in Jesus Christus, maar dit verander nie die feit

dat die Evangelie wel in die Tanach verkondig was nie.

Nog ‘n interessante aspek gaan om die vraag of die NUWE Testament werklik NUUT is.

Jer. 31:31­33: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n Nuwe verbond

sal sluit;

Nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dat toe Ek hulle hand geryp het om hulle uit

Egipteland uit te lei nie – my verbond wat hulle verbreek het, alhoewel Ek gebieder oor hulle was, spreek die

Here.

Maar dit is die verbond wat Ek ná die dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in

hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Die belangrike ding om hier te weet is dat die woord NUWE in vers 31, ook HERNUDE kan beteken – ‘n persoon wat

spesialiseer in die Hebreeuse Tanach het bevestig dat dit wel in hierdie vers HERNUDE beteken! Hier sê God dus dat

Hy met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n HERNUDE (nie nuwe) verbond gaan sluit – Hy gaan net die oue

vernuwe. Dit sluit só pragtig aan by die volgende twee verse, want Hy sê nie dat Hy die wet gaan verander nie, maar Hy

gaan net iets anders doen met dieselfde wet. Hierdie wet is steeds heilig en regverdig, maar in plaas daarvan dat ons dit

steeds met vleeslike oë interpreteer, gaan ons dit nou met geestelike oë interpreteer.

Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk

wees.

… want hulle sal MY ALMAL ken … want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink

nie.

As jy weer kyk na Jer. 31:31 sal jy merk dat God hierdie hernude verbond gesluit het met die huis van Israel en die huis

van juda. As ons wat nie Jode is dus, deur Jesus Christus, deel word van hierdie verbond, word ons deel van die

gemenebes van Israel. Lees Ef. 2, en let veral op vers 13: Maar nou in Christus Jesus het julle (en Paulus praat met

die heidene) wat vroeër ver was, naby gekom deur die Bloed van Christus.

Die Jode was altyd ingesluit, want hulle was in die verbond met Abraham. Daar was ook vir hulle ‘n voorwaarde om in

hierdie verbond te wees, en hulle ‘n voorwaarde om in hierdie verbond te wees, en dit was GELOOF – net soos vir ons.

Selfs Abraham moes hierdie verbond in die geloof betree. (Heb. 11:6) Sonder geloof is dit onmoontlik m God te

behaag! Let weer op die beeld wat Paulus in Rom. 11 gebruik van die olyfboom met die natuurlike takke (die Jode) en

die Ingeplante wilde takke (die heidene – ons). Dis sekerlik vir God makliker om die vreemde takke af te kap, daarom

durf ons nie eers effens van die geloof afvallig word nie!

Dit is ook ‘n wonderlike teken van ons tyd dat baie van die Jode vandag wel Jesus Christus aanneem as hulle Messias –

dit behoort eintlik vir hulle ‘n uiters natuurlike ding te wees. Let maar net op die gebeure in Handelinge: dit gaan oor

Jode wat hulle tot Jesus Christus bekeer het. Dit was die Jode wat toe aand die res van die wêreld die Evangelie gaan

verkondig het. Nou is ons opgewonde as ons verneem hoe hulle weereens na Jesus begin keer as die Messias. Baie van

die Russiese Joodse – immigrante wat nou in duisendtalle in Israel aangekom het, neem vir Jesus Christus aan. BID

ERNSTIG VIR DIE JODE en seën hulle wanneer jy die geleentheid kry (Gen. 12:3)

Ongelukkig isd ie geskiedenis van die Christendom uiters tragies in die opsig dat i.v.p. die Jode te geseën het en opgehef

het oor die eeue heen, het die Kerk die Jode vervolg en vermoor. Tot vandag toe leer baie tradisionele en charismatiese

kerke dat God klaar het met die natuurlike volk van Israel en dat die Kerk die nuwe Israel is. (Replacement Theology vir

eeue ‘n Roomse Katolieke leer). Dis heeltemal onBybels, en ‘n leerstelling wat satan uitgedink het omdat hy die Joodse

nasie wil vernietig (dink maar aan die Holocaust) weens die feit dat dit uit hulle is dat die Messias gekom het en dat

hulle só ‘n belangrike plek in God se Hart beklee.

Om net ‘n oomblik terug te keer na die woord NUWE wat eintlik HERNUDE of VERNUWE beteken in Jer. 31:31. In

die Hebreeus word dieselfde woord gebruik vir die NUWE maan, alhoewel ons weet dat dit dieselfde maan is wat aan

die hemel verskyn; hy is net HERNU of VERNUWE.

Maar wat is dan NUUT aan hierdie verbond van Jer. 3? Is dit God? Nee! Mal. 3:6: Want Ek, die Here, het nie

verander nie. Is God se Woord nuut? Nee! Psl. 119:89: Vir ewig, o Here, staan U Woord vas in die hemele. Wat is

dan NUUT? ONS IS! Waarom moet Hy ons dat nuut maak? Sodat ons Sy Woord kan ontvang, wat vir ewig duur

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (2

Kor. 5:17)

Jesus Christus het gesê dat Hy na die aarde gekom het om die Wet te volbring, en nie om dit te vernietig nie (Mat. 5:17).

Wat is die Wet? Waaraan dink jy as ons van die Wet praat: die Tien Gebooie? Die Wet van Moses? Die hele Ou

Testament? Die Hebreeuse woord vir Wet is Torah. Dit beteken glad nie Wet nie, maar instruksies vir ‘n sekere

lewenswandel. Dit is God se instruksies hoe Hy wil hê ons moet lewe. Gelowiges beweer só dikwels dat vandat hulle

gered is, hulle vry is van die Wet. Dis verkeerd! Jy is vry van die VLOEK van die Wet, maar God se instruksies van hoe

Hy wil hê ons moet lewe, staan steeds vas. Ons kan nie kus en keur watter Skrif ons wil aan gehoorsaam wees en watter

nie – dan word gewoonlik net daardie Skrifte gekies wat die vlees behaag. God behaag nooit die vlees deur die Skrif nie:

as jy wel die Skrif só lees, is dit satan wat jou inspireer. God se Woord help ons om die vlees te kruisig!

Paulus sê dat die Tanach aan ons gegee is as ‘n tugmeester (skoolmeester) na Christus toe, sodat ons geregverdig

kan word uit die geloof (Gal. 3:24) Dit rig ons na Christus, die Messias, sodat ons ons sondes kan besef.

Ek ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed … (Jes. 64:4)

Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom. 3:23)

Wat van die Israeliete van ouds? Was die Wet dan aan hulle gegee sodat hulle gered kan word deur die onderhouding

daarvan? Nee! Die Wet is gegee NADAT hulle gered was deur die bloed van die paaslam. Nadat hulle uit Egipte getrek

het, NADAT hulle gedoop was in die Rooi See, het hulle by die Berg Horeb gekom as God se uitverkose volk en daar

het God vir hulle die instruksies vir ‘n lewenswandel met Hom gegee. Hulle was reeds verlos, gered, maar God wou

vir Hom ‘n EIE­volk toe­eien, afgesonder van die wêreld : ‘n heilige volk. Die Hebreeuse woord vir heilig, is KADUSH.

Hoe word ‘n mens heilig? Deur afgesonderd te wees van die wêreld. En dit gebeur nie wanneer jy in ‘n klooster gaan

lewe nie, maar WANNEER JY TEN VOLLE GEHOORSAAM WORD AAN DIE HERE.

Dink daaraan: waarom het die Jode as ‘n volk behoue gebly alhoewel hulle dwarsoor die wêreld verstrooi was? Hulle het

die wet onderhou: hulle was GEHOORSAAM aan dit wat God hulle beveel het! So, die Wet was gegee as ‘n

skoolmeester: dit onderrig ons. Dit onderrig ons oor versoening. Ons sal nooit verstaan wat werklik aan die Kruis gebeur

het as ons net die Nuwe Testament lees nie: ons sal nie ‘n volkome begrip hê van waarom Jesus moes sterf nie, want dis

in die Tanach, Jes. 53 waar ons leer dat die Messias ‘n lydende dienskneg moes wees; in Lev. 16 waar ons leer dat

versoening slegs kom wanneer die bloed van ‘n offerande vloei; in Gen. 22 waar ons leer van die pragtige tipe van die

Here Jesus in Isak wat deur sy vader gebruik was as ‘n offer­lam. As jy net die Nuwe Testament het, het jy net ‘n

konsep, son der die vleis, die diep wortels en jy word maklik mislei.

Die Nuwe Testament sê dat die Messias is die einde van die Wet (Rom. 10:4) Dis ‘n verkeerde vertaling. Die korrekte

vertaling uit die Grieks is dat Christus die DOEL van die Wet is tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Christus is die

Messias wat VERSOENING gebring het tussen God en die mens, en dis in die Tanach, in die boek van Levitikus waar

Jesus oral weerspieël word. En dis wanneer ons Levitikus lees dat ons weereens bewus word van die God van Liefde. Ja,

Hy was ‘n God van Liefde reeds vanaf Gen. 1:1 en het nie ‘n God van Liefde geword eers vanaf Matt. 1:1 nie. Hy was

nie tot daar toe ‘n God van Wraak nie. Dis ‘n totale wanbegrip dat die God van die Tanach ‘n God van oordeel was, en

die God van die Nuwe Testament ‘n God van liefde was.

Dis in die Nuwe Testament waar daar staan dat onse God ‘n verterende vuur is. (Heb. 12:29)

Dis in die Nuwe Testament waar daar staan dat dit vreeslik is om te val in die hande van die Lewende God (Heb.

10:31)

Maar, dis in die Tanach waar daar staan dat God se barmhartighede elke môre nuut is en dat Sy goedertierenheid tot

in ewigheid is. (Psl. 118:1)

Dis in die Tanach waar die Here sê: En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir

jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef! (Eseg. 16:6)

God is ‘n god van Liefde vanaf Gen. 1:1 tot aan die einde van Openbaring. God is ook ‘n God van oordeel dwarsdeur:

Hy is deurgaans dieselfde God.

Kom ons lees 2 Tim. 3:16­17: Die hele Skrif (Tanach) is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot

teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk

volke toegerus.

Dis volkome korrek om vandag “die hele Skrif” te vertolk as die Tanch en die Nuwe Testament, maar toe Paulus aan

Timotheus geskryf het, was daar nog glad nie ‘n Nuwe Testament nie. Onthou, hy was ‘n Joodse rabbi, en vir hom was

die Skrif die Tanach. Dit is dus duidelik dat die hele Tanach deur die Heilige Gees geinspireer is sodat die Kinders

van God volkome kan wees.

Paulus is hier besig om die vroeë Kerk aan te moedig om terug te keer na die Tanach om hulle leerstellings agtermekaar

te kry, want die Tanach is nuttig tot lering, weerlegging, teregwysing en onderwysing. Die Tanach wys vir jou op jou

foutiewe lewenswandel, foutiewe benaderings en optredes. Paulus sê: “Let op die Tanach! Die Tanach sal jou regruk

sodat jy, Kind van God, volkome toegerus kan wees om te lewe tot Sy eer!”

Dis sekerlik ook JOU begeerte om volkome (volwasse) te wees in die dinge van die Here? Keer dan terug na die Tanach:

Genesis, Exodus, Levitikus, tot by Maleagi.

Kyk na 2 Tim. 3:15: … en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die

geloof in Christus Jesus.

Dit was die Tanach wat Timotheus van kleins af geken het en hom tot saligheid deur geloof in Christus Jesus gelei het!

Het jy al daarop gelet dat Jesus Christus ook die Swaard van die Gees (Ef. 6) gebruik het toe Hy geestelike

oorlogvoering teen satan gedoen het, maar Sy Swaard was alles geneem uit die Tanach. Ek verwys spesifiek na Lukas 4

toe satan vir Jesus versoek het: drie aanvalle, en elke keer het Jesus Skrif uit die Tanach aangehaal: Deut. 8:3, in die

Tanach. Al Jesus se leringe was gebaseer op die Tanach. Al Sy etiese reëls was gebaseer op die Tanach. Sy eie Wil as

die Messias het heeltemal berus in die oortuiging dat Hy die Tanach moes vervul.

EK vertrou dat ons in hierdie artikel oortuigende bewys gelewer het van die onskeibaarheid tussen die Tanach en die

Nuwe Testament, en ook die uiterste belangrikheid van die studie en kennis van die Tanach vir die gelowige van

VANDAG – en dis jy en ek. Hierdie NUWE verbond van God waarin ons ook opgeneem is in Jesus, is mos maar net ‘n

HERNUDE Verbond, omdat ONS nuut gemaak is. Is die Here wat ons dien nie Wonderbaarlik in Sy Wysheid om al

hierdie dinge só wonderlik in mekaar te laat skakel nie!

Mag die gebed van jou hart, dieselfde wees as myne, en dieselfde wees as die Psalmis wat uitgeroep het:

Open my oë, dat ek kan sien die wonders van U wet. (Psl. 119:18)

Tog wil ek afsluit deur te beklemtoon dat ons nooit Jesus Christus uit die oog moet verloor nie. Hy is en bly steeds die

Begin en die Voleinder van ons geloof (Heb. 12:2) en Hy het die Vloek van die Wet op Hom geneem en die vloek oor

ons lewens verbreek en vir ons ‘n Genade Verbond gebring, wat die Hebreërskrywer die BETER Verbond noem (Heb.

8:6).

(Ons gee graag hiermee erkenning aan ons vriend, Chuck Cohen van Jerusalem, vir baie van sy gedagtes wat ons ook in

hierdie boekie kon van gebruik maak.)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!