05.05.2013 Views

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geloof in die Woord

Posbus 232

Ballito,4420

Tel. (032) 551 1836

Faks (032) 552 5411

ISBN NO: 874850­19­4

Dr James Van Zyl

Boek nommer: M40B

JESUS WAS NIE IN DIE HEL NIE

Daar was `n tyd dat ek geglo en gepreek het, dat dit vir Jesus nodig was om vir my onthalwe

hel toe te gaan, nadat Hy aan die kruis gesterf het. Deur Sy genade het ek besef in watter

misleiding ek was, en het dadelik berou gehad en God se vergifnis gesoek. Ek het die misleiding

aanvaar omdat ek beïnvloed was deur die “leringe van mense” eerder as deur die Woord van

God. E W Kenyon, Kenneth Hagin en Kenneth Copeland, wie ek as mense van God beskou het,

wanneer dit gekom het by die verklaring van die Woord van God, was die belangrikste skuldiges

aan hierdie leuen. Kenyon en Hagin het hierdie leuen geglo en gepreek, sonder berou, tot hul

dood. So ver ek weet, glo en verkondig Copeland steeds hierdie vals leerstelling, soos ook baie

ander geloof en Pinkster predikers doen, selfs ook meer konserwatiewe verkondigers van die

Woord.

1Tim. 4:1: Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof

afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.

Hierdie skrif is baie duidelik gerig aan die kerk en waarsku ons dat daar leringe en leerstellings

is wat in teenstelling met die Woord van God is. Hierdie feit is so oud soos die Nuwe Testament

self. 1Tim. 1:20: onder wie daar is Himeneus en Alexander, wat ek aan die Satan

oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie. Dit was Paulus se goddelike

aangestelde gesag wat hom toegelaat het om dit deur die Gees te doen, omdat hy gevoel het dat

die leerstellings wat hulle geglo en verkondig het gelykstaande aan laster was en dat dit oneer op

die Goddelike karakter van God bring. Om dwaling te preek is om God of Sy Woord in `n vals

lig te stel, te beweer dat dit waar is. Baie wat begeer om as predikante van die evangelie te

“kwalifiseer” woon Universiteite, Bybelskole en kolleges by wat valse leerstellings en lering

oordra. As hierdie predikante, hierdie valse leerstellings en leringe as die waarheid aanvaar en

dit aan die onskuldige gemeente begin preek, is die resultate dikwels verwoestend, omdat baie

onder slawerny gebring word. Daar is baie verskillende Christelike denominasies, almal van

dieselfde Bybel. Protestante, Rooms­ Katolieke, Baptiste, die baie verskillende Charismatiese en

Pinkster kerke. Daar is diegene wat so deur tradisie gebind is, dat daar absoluut geen tekens of

wonders op die prediking van die Woord van God volg nie. Dan is daar weer diegene, waar

tekens en wonders plaasvind maar wat `n vals Evangelie predik deur `n ander gees, dikwels vir

hul eie persoonlike gewin. Mat. 24:24: Want daar sal vals christusse en valse profete

opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die

uitverkorenes te mislei.

Hand. 5:12: En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders

onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van

Salomo.

Ons lees in Gal. 1:8 die volgende kras waarskuwing wat Paulus deur die Heilige Gees

geïnspereer, aan die kerk van Gelate geskryf het en is vandag nog op die kerk vantoepassing.

Maar al sou ons of `n engel uit die hemel julle `n evangelie verkondig in stryd met die

wat ons julle verkondig het, laat hom `n vervloeking wees!

1

Dit mag na `n harde woord klink, maar dit is belangrik om te verstaan dat enigeen wat

doelbewus die Woord van God verdraai, skuldig is. Skuldig aan dieselfde sonde as wat Satan

was, toe hy Adam en Eva in die Tuin van Eden mislei het, deur te sê “ dat God gesê het” (Gen.

3:1).

Wat een van hierdie vals leerstellings leer is dat Jesus hel toe moes gaan en onder Satan

moes ly om die mensdom ten volle te verlos. Dit is interessant om daarop te let dat nêrens in die

Skrif staan dat God `n “plaasvervanger vir die mens in die hel” geeis het nie, maar soos vir alle

versoenings vereistes, verlang God die vergieting van bloed, `n sondeoffer, `n offer vir die sonde

van die mens. Heb 9:22: …….. sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas

nie. 1 Kor. 5:7b: “want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.” Jesus is

ons Lam wat geoffer is, die Lam van God wat die sondes van die wêreld weg geneem het. Dit

was deur Sy gestorte bloed, Sy Heilige Bloed alleen dat versoening vir ons sondes gemaak is, en

waardeur ons vergewe en met Vader God versoen is. Wanneer jy hierdie boek gelees het, sal

daar geen twyfel by jou wees dat Jesus aan die kruis oorwinning oor sonde en Satan verkry het

en verseker nie in die hel nie.

Die valse leerstelling wat beweer dat Jesus hel toe gegaan het, insinueer dat Sy gestorte

bloed en fisiese dood aan die kruis nie genoeg was om die straf vir sonde te betaal nie en kruis ’n

mislukking was! Hierdie leuen het veroorsaak dat baie Christene se geloof wankel. Dit is ook

gebruik om die valse lering dat siele na die dood na Vaevuur gaan te bevorder. Vaevuur word

nie in die Bybel genoem nie, maar sommige Christene is geleer dat dit `n plek is waar siele

gereinig word deur straf. Wat my verontrus is hoe baie wedergebore predikers aanhou om te

leer dat Jesus na `n plek van foltering gegaan het na Sy dood. Daar is baie opregte kinders van

God aan wie hierdie leuen opgedis is en dit is my opregte gebed dat hulle die waarheid sal leer

ken en bevry sal word. Jesus het gesê: ….. As julle in my woord bly, is julle waarlik my

dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak ( Joh. 8:31­

32 ).

Soos ons die onderwerp in die lig van God se waarheid beskou, glo ek dat dit duidelik sal

word waarom Satan sou wou hê dat die leuen moet seëvier. Sy doel was altyd om eerstens die

voltooide werk van Golgota te verkleineer, waar hy eens en vir altyd verslaan is deur die gestorte

bloed van Jesus. En tweedens om Jesus, die Seun van God, in twyfel te trek en te verkleineer.

Laat ons begin deur te kyk na wat die duiwelse leerstelling leer. Dit verklaar dat die dood van

Jesus aan die kruis alleen, nie genoeg was om ons verlossing te verkry nie, meer lyding was

nodig, daarom is Hy vir drie dae en drie nagte in die hel gemartel en daar is Hy wedergebore.

Die voorstanders van hierdie lering verklaar dat Jesus hel toe moes gaan sodat Hy die “sleutels”

kon kry, wat Satan van Adam en Eva in die Tuin van Eden afgevat het. Hulle beweer dat Jesus

deur Satan en sy demone gefolter en gemartel is gedurende daardie drie dae en drie nagte wat

Hy in die hel deurgebring het, maar dat Hy uiteindelik geseëvier het en die oorwinning oor die

dood, hel en die graf verkry het, deurdat Hy met sukses teen Satan en sy krygsbende gestoei

het. Hulle verklaar dat as Jesus nie vir jou na die hel gegaan het nie, jy sou moes gegaan het.

Hulle leuen gaan voort deur te verklaar dat Jesus geestelik moes sterf en die eerste mens

geword het wat wedergebore is toe Hy op die derde dag opgestaan het. Hulle verklaar dat Jesus

in die hel, uit die dood na die lewe gebore is as die eerste vrug van baie broeders. Hierdie, in `n

neutedop, is die kern van die gruwelike leuen. Daar is geen manier om te glo dat Hy hel toe

gegaan het om verder te ly sodat die Versoening voltooi kon word nie, en hierby, glo dat Sy

bloed reinig van alle sonde. Dit sou misplaaste geloof wees, wat die kruis ongeldig verklaar.

DIE VERLEIDING

Wat hierdie valse leerstelling inwerklikheid leer, is die volgende:

1. Jesus het twee keer gesterf, eers fisies en toe geestelik.

2. Toe Hy gesterf het, het Satan oor Sy Gees beheer geneem. Satan het Sy

meester geword.

3. Die fisiese dood van Jesus aan die kruis het nie die straf vir sonde en geneesing

betaal nie.

4. Satan het Jesus hel toe geneem. Die plek waar elke sondaar gaan.

5. Jesus was deurdrenk met die sonde van die wêreld.

6. Jesus se Gees is na die diepte van die hel geneem, waar Satan Hom gemartel

het met al die lyding wat die hel kon bied, vir drie dae en drie nagte.

7. Slegs toe het Hy die straf betaal en die eis van geregtigheid nagekom.

8. Toe het God Sy gees in die hel lewend gemaak, en het Hy `n “nuwe skepping”

geword.

9. Jesus was die eerste wat gebore is uit geestelike dood, die eerste persoon ooit

wat “wedergebore” is.

Verkondigers van hierde leuen baseer hul leerstelling op skrifte uit die Bybel, wat buite

konteks aangehaal word en gebaseer is op `n verkeerde vertaling en begrip van sekere woorde.

Hierdie drie is die belangrikste skrifte wat hulle gebruik:

1. Hand. 2: 27: My siel nie aan die hel (Afr. Vertaling doderyk) oorlaat of U

Heilige oorgee om verderwing te sien nie.

2. Hand. 2:31: Omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van

Christus, dat sy siel nie in die hel (Afr. Doderyk) verlaat is en sy vlees ook nie

verderwing gesien het nie.

3. 1 Pet. 3:19: In wie Hy (Jesus)ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in

die gevangenis,

Soos ek deur die Bybel gesoek het, het ek geen skrif gevind wat die feit bevestig, dat Jesus

Christus, die Seun van die Almagtige God in die hel moes afdaal om verdere marteling te

verduur, sodat ons sondes vergewe mag word of om enige gesag (mag) daar te verkry nie. Ek

het inderdaad tot die gevolgtrekking gekom dat JESUS GLAD NIE NA DIE HEL TOE GEGAAN HET

NIE! Laat ons begin deur die definisie van hel, volens Smith se woordeboek, te ondersoek:

Hel. In die Ou Testament, is dit die woord wat algemeen, en ongelukkig, deur vertalers

gebruik is om die Hebreeuse, Sheol, te verklaar. Dit beteken die plek van die dooies, die

onsienlike wêreld, sonder om te besluit of die plek `n mengsel van of ellende of geluk is.

Dit is duidelik dat in baie gedeeltes van die Ou Testament, Sheol slegs “die graf” kan

beteken en word so in die Wettige Vertaling vertaal; sien vir voorbeelde, Gen_37:35; Gen_42:38;

1Sam_2:6; Job_14:13.

In ander gedeeltes egter, wil dit voorkom of `n gedagte van straf ingesluit is, en word

daarom in die Wettige Vertaling vertaal met die woord “hel.” Maar in baie gevalle mislei hierdie

vertaling die leser. In die Nuwe Testament is “hel” die vertaling van twee woorde, Hades en

Gehenna.

Die woord Hades, net soos Sheol beteken soms slegs “die graf”, Hand._2:31; 1Kor._15:55;

Openb._20:13, of in die algemeen “die onsienlike wêreld.” Dit is met die begrip dat die

geloofsbelydenis van die kerk sê, dat "Hy ter helle neergedaal het", bedoelende die toestand van

die dooies oor die algemeen, sonder enige bepaling van geluk of ellende.

Op ander plekke in die Nuwe Testament, word Hades gebruik as `n plek van marteling,

Mat._11:23; Luk._16:23; 2 Pet._2:4, ens.; gevolglik is dit die algemene, feitlik die universeële

gedagte dat Hades `n oorgangs stand is tussen die dood en opstanding, verdeel in twee dele;

een die tuiste van die geseëndes en die ander van die verlorenes.

Dit word elf keer in die Nuwe Testament gebruik, en slegs een keer vertaal as“graf”

1Kor_15:55.

Die woord wat die meeste gebruik is, is Gehenna of Gehenna van vuur. Hierdie was

oorspronklik die vallei van Hinnom, suid van Jerusalem, waar die vullis en dooie diere van die

stad uitgegooi en verbrand is; `n gepaste simbool vir die bose en hul vernietiging.

In Hand. Hoofstuk 2, verse 27 en 31, verwys die woord “hel” in werklikheid na die graf.

Sheh­ole, soos ons reeds verklaar het, beteken graf of kuil, wat `n plek is waar die lyk geplaas

word. Die plek waar die gees en siel die tyd afwag van die opstanding is in twee gebiede

verdeel. Vir die regverdiges is dit die paradys, vir die ongeregtiges `n plek van pyniging. Die

twee gebiede was deur `n diep kloof verdeel, wat nie oorgesteek kon word nie (Lasarus en die

ryk man – Luk. 16: 19­31).

Die poel van vuur (gheh­en­nah) is `n plek wat God vir die duiwel, sy engele en die name wat

nie in die Lam se boek van die lewe opgeskryf is nie, berei het (Openb. 19:20; 20:10, 14, 15;

21:8 – lees hierdie verse om te sien wie in die poel van vuur sal beland).

`n Derde skrif wat gebruik word om hul teorie, dat Jesus hel toe gegaan het, te ondersteun,

is 1 Pet. 3:18­20, wat lui : Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die

Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring – Hy wat wel gedood is na

die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek

het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die

lankmoedigheid van God eenmaal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark

gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is.

Aangaande hierdie derde skrif wat bo gekwoteer is, glo ek nie dat Jesus die “evangelie” sou

verkondig het aan daardie geeste in die gevangenis nie, omdat Sy opstanding toe nog nie

plaasgevind het nie. Die Evangelie is die dood, begrafnis en opstanding van Jesus. Die finale

vyand, nl. die dood, is oorwin toe Jesus uit die dood opgestaan het. Dit word in die volgende

vers bevestig: 1Pet. 3:21: waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red,(nie as `n

afleggingvan die vuilheid van die vlees nie, maar as `n bede tot God om `n goeie

gewete ­) deur die opstanding van Jesus Christus.

Waarom sou Jesus slegs vir daardie spesifieke geeste, wat in Noag se tyd in die vloed gesterf

het, gepreek het? Waarom sou Hy nie gepreek het vir die geeste van al die ongehoorsame en

onbekeerde mense, wat voor en na die vloed van Noag geleef het nie? Ek glo dat Jesus se

prediking, wat in 1 Pet. 3:18­20 genoem is, uitgevoer was deur Noag, gebaseer op die

volgende:

1. Jesus is die ewige Woord Joh. 1:1: In die begin was die Woord, en die Woord was

by God, en die Woord was God. Joh 1:14a: En die Woord het vlees geword en het

onder ons gewoon,

2. Noag was `n prediker van geregtigheid, 2 Pet. 2:5: en die ou wêreld nie gespaar het

nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die

sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; daarom het Jesus deur

Noag gepreek.

3. Jesus het vir daardie geeste in die tronk gepreek toe hulle nog op die aarde geleef het,

deur Noag te besiel deur Sy Gees om met hulle te pleit, en geregtigheid tot hulle te preek,

omdat hulle dood was in die sonde. Hulle was reeds dood toe Petrus na hulle verwys het.

Daarom noem hy hulle met reg geeste wat nou in die tronk is. Hulle was ongehoorsaam,

onbekeerd en ongelowig. God het hulle gewaarsku en aan hulle geleentheid gegee om hul te

bekeer, terwyl Noag die ark gebou het. Hulle het `n billike waarskuwing deur Noag se prediking

deur die Gees, gekry. Hulle het daarom geweet wat op die punt was om met hulle te gebeur.

Noag en sy gesin, wat geglo en gehoorsaam was, is gered in die ark.

Hierdie som dan die grondslag op waarop die onbybelse teorie gebou is. Dit lyk ongelooflik

dat hierdie lering op so `n oppervlakkige bewys, om dit skriftuurlik te steun, gestig is. Aan die

ander kant is daar so baie skrif om die waarheid, dat Jesus Sy verlossingswerk aan die KRUIS

voltooi het, te ondersteun. Satan weet dat in Vader God se volmaakte tyd, sy finale bestemming

die hel (Gehenna) is. Satan sal bly wees om mense te laat glo dat Jesus eerste daar was,

alhoewel vir ander redes!! Nee en `n duisend maal nee! Jesus het nooit hel toe gegaan nie! Dit

was nooit deel van God se verlossingsplan nie en dus was daar nooit `n behoefte vir dit nie! Die

Bybel verklaar dat Jesus aan die KRUIS getriomfeer het.

HIERDIE VALSE LERING

Dit is vir my skokkend om te sien hoe heftig diegene wat geindoktrineer is met hierdie valse

lering van Jesus wat hel toe gegaan het, dit wat hulle glo verdedig. Dit bewys aan my dat

hierdie leuen werklik `n sterk houvas het op hulle wat gekies het om dit te glo. Om die punt te

bewys, verwys ek na die volgende brief, wat aan my geskryf is aangaande hierdie onderwerp.

Mnr. E L Baker

Posbus 95199

“Hatfield Training Centre”

Waterkloof

0145

Julie 1992

STANGER CHRISTELIKE SENTRUM

Met betrekking tot Dr James van Zyl

Geagte Meneer,

Vandag het ek u laaste nuusbrief ontvang en toe ek u nuusbrief aan my medestudente gewys

het met die artikel JESUS WAS NIE IN DIE HEL NIE, het hulle dadelik die nuusbrief opgeskeur en

in die snippermandjie gegooi. Ons het net `n kort rukkie gelede `n studie gehad, waarom Jesus

hel toe gegaan het.

Ek is werklik jammer oor u nuusbrief, en kanselleer asseblief my naam op u adres lys.

Ons het hierdie brief van `n student aan die “Hatfield Training Centre” ontvang. Ons het

gedink dat dit belangrik is om dit hier te publiseer sodat ons lesers self kan sien hoe die IFCC

(International Fellowship of Christian Churches) en baie ander denominasies, mense mislei en

ook probeer om hulle te verhinder om die Waarheid te lees en te ken.

As hulle glo dat Sy lyding en dood aan die kruis nie genoeg was nie, dan was Sy gestorte

bloed tevergeefs. As hulle glo dat Hy verder in die hel, deur die duiwel en sy demone, vir drie

dae gemartel is, om vir ons sondes te betaal, totdat God dit gestop en gesê het: “Genoeg!”, ( en

eers toe is die prys vir ons sonde betaal) was Sy gestorte bloed tevergeefs. Hierdie leuen is die

dodelikste bord gif tot dusver deur die IFCC, en in baie Geloof en Woord kerke, want dit

weerspreek die krag van die Bloed van Jesus, wat die sentrale tema van die Evangelie is. Die

koste verbonde aan die glo van hierdie leuen kan veroorsaak dat verlossing verloor kan word en

die ewige verdoemenis, omdat by die Woord van God bygevoeg word.

Openb. 22:18­19: Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van

hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae

byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van

die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek

van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe

is. Ons durf nie by God se Woord byvoeg nie!

Dit is dus geen wonder dat hulle nie wil hê dat hul studente literatuur moet lees, wat

verduidelik dat Jesus nooit hel toe gegaan het nie! Die tragedie is dat duisende mense lidmate

van hierdie kerke is en subtiel in hierdie misleiding gelei word deur hul aan `n baie sterk

beheergees te onderwerp. Ons moet vir diegene bid wat hierdie leuen glo, omrede die duidelike

geestelike gevolge.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis

Hierdie spesifieke weergawe van die Apostoliese Geloofsbelydenis wat in baie kerke vandag

opgesê word, verklaar ook, alhoewel deur tradisie, dat Jesus hel toe gegaan het. Dit lees as

volg:

Ek glo in God die Almagtige Vader, Skepper van hemel en aarde; en in Christus Jesus Sy enig

gebore Seun, ons Here; wat ontvang is deur die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria, gely

het onder Pontius Pilatus, wat gekruisig is, gesterf het. Begrawe is; ter helle neergedaal het; wat

op die derde dag opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel, en sit aan die

regterhand van God die Almagtige Vader; vanwaar Hy sal kom om te oordeel die lewende en die

dode.

Ek glo in die Heilige Gees; die heilige katolieke (algemene) kerk; die gemeenskap van die

heiliges; en `n ewige lewe.Amen.

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk

Ek haal aan uit `n artikel wat in die offisieële Nederduits Gereformeerde Nuuskoerant verskyn

het – “Die Kerkbode van 17 April 1992,” waarin die skrywers `n verduideliking van hul verklaring

van die woorde “ ter helle neergedaal” gee, wat deel vorm van hul geloofsbelydenis. Nadat my

nuusbrief aangaande hierdie leuen gelees is, het baie kerklidmate begin vrae vra en wou hulle `n

reaksie hê. Hul antwoord was:

AANHALING: “ Die oorspronklike Latynse woorde (descendit an infena) was vir baie jare in die

Afrikaanse formelierboek vertaal as “ ter helle neergedaal.” In 1982 is dit vervang met “afgedaal

na die hel”, en in 1986 het die Algemene Senode besluit om na die ouer weergawe terug te keer.

Beide vertalings is geneig tot verkeerde uitleg. Die feit is dat daar geen Skriftuurlike grond is vir

die begrip dat Jesus na die hel gegaan het, die plek van marteling, nadat Hy gekruisig is.

Inteendeel, Christus het die bekeerde man, wat saam met Hom gekruisig is, verseker dat

“vandag” sal hulle in die Paradys wees, en verder toe Hy gesterf het, het Hy Sy gees aan Sy

Vader toevertrou (Luk.23:43,46).

Na Sy dood het Jesus, net soos enige mens, hel (plek waar gewag word) toe gegaan

(Afrikaans = doderyk), na die paradys, die plek vir die regverdiges. Met die woorde “ter helle

neergedaal” in die Twaalf Artikels bedoel ons nie (alhoewel dit gebeur het) dat Jesus na die hel

(plek waar gewag word) afgegaan het nie. Saam met die “Heidelberg se kategismus” (antwoord

44) aanvaar ons hierdie woorde figuurlik van die hel en pyn wat Jesus aan die kruis gely het.

Jesus het die pyniging van die hel ervaar toe Hy aan die kruis uitgeroep het: “My God, My God,

waarom het U My verlaat?” (Mark. 15:34). Die diepste betekenis van die woord hel, is die plek

waar God nie teenwoordig is nie, die plek waarop Hy Sy rug gedraai het. En om te wees waar

God nie is nie, en waar in die algemene sin geen reën val of die son skyn nie en ook nie genesing

is nie, is slegs vir die goddelose. Dit is om die hel te ervaar,” Einde van aanhaling.

Dit was die verduideliking wat gegee is om die gemeentelede, aangaande die onderwerp, te

paai. Geen aanpassing is egter aan hulle geloofsbelydenis gemaak nie, en sover dit die

gemeentelede aangaan, word die woorde “Jesus het hel toe gegaan” steeds Sondag na Sondag

verkondig.

Daar is hoegenaamd geen skriftuurlike of historiese bewyse om die vertolking te bevestig, of

dat die oorspronklike Geloofbelydenis deur enige van die Apostels geskryf is. Die woord

“katoliek” beteken algemeen of “ alles omvattend”. `n Ware gelowige kan homself nie assosieer

met `n algemene, ekumeniese, alles omvattende kerk nie, met verskillende leerstellings, waarvan

sommige nie ooreenkom met die leerstelling van Christus soos dit in die Bybel geleer word nie.

Paulus het ons gewaarsku in Gal 1:8­9: Maar al sou ons of `n engel uit die hemel julle `n

evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom `n

vervloeking wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle

`n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom `n

vervloeking wees! Ek kan byvoorbeeld nie ware gemeenskap hê met diegene wat bygevoeg

of weggeneem het, vir hul eie denomenasionele geloof of tradisie, van God se Heilige Woord, as

die geloof `n valse leerstelling is nie. Onhou God se belangrike waarskuwing in Deut. 4:2: Julle

mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van

weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek

julle beveel.

JESUS HET AAN DIE KRUIS OOR SATAN GETRIOMFEER – NIE IN DIE HEL NIE.

Daar is hoegenaamd geen skriftuurlike bewyse wat steun dat Satan in beheer van die hel was,

of selfs toegang tot die hel het nie. Daarom sou dit belaglik wees om die gedagte te koester dat

Jesus Satan in die hel moes ontmoet om die finale oorwinning te verkry.

Dit is interessant om daarop te let dat nêrens in die Skrif staan dat God `n “ plaasvervanger

vir die mens in die hel” vereis nie, maar soos in alle offer vereistes, vereis God die vergieting van

Bloed, `n sondeoffer, `n offer vir die mens se sonde. Heb. 9:22: …….. sonder

bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. 1 Kor. 5:7b: “want ook ons

paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.” Jesus is ons offer Lam, die Lam van God wat

die sondes van die wêreld wegneem. Dit was deur Sy vergiete bloed, Sy Heilige Bloed alleen dat

versoening vir ons sondes gemaak is, en waardeur ons vergewe is en met Vader God versoen is.

Die oomblik toe die offer van die Heilige Lam van God (Jesus) gedoen is, was dit die presiese

oomblik toe met die sonde en die duiwel gehandel is.

Dit was aan die kruis dat Jesus oor die dood en die graf getriomfeer het en mag oor hulle

verkry het (die sleutels van die hel, graf en dood verkry het volgens Openb.1 vers 18). Meeste

mense dink dat dit `n bos sleutels is, maar dit beteken eenvoudig net dat Hy totale gesag het.

Ons lees in Heb. 2:14­15: Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy

dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet

kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle

hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. En Jesus het dit

aan die kruis gedoen. God “wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en

oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde” (Kol. 1:13).

Hy het verseker nie nodig gehad om teen die duiwel in die hel te veg om dit te verkry nie, ook

nie om deur verdere foltering en marteling te gaan nie. Sy lyding was volkome aan die kruis op

Golgota.

Toe Jesus aan die kruis gesê het “Dit is volbring,” WAS DIT VOLBRING! Alles wat Sy Vader

aan Hom toevertrou het om te doen, soos voorspel en bevestig is in profesie, is gedoen. Die wet

is vervul en ewige verlossing is verkry vir die wat glo. Kol. 2:13­15: En julle, wat dood was

deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom

lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen

ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan

die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die

openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het (Die kruis).

Jesus het die finale prys betaal deur aan die kruis te sterf. Rom. 5:8­11: Maar God bewys

Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word

van die toorn. Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die

dood van Sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.

En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur

wie ons nou die versoening verkry het.

Elke belofte en profesie aangaande Sy dood aan die kruis is vervul. Dit is volkome, niks meer

is nodig nie en die belangrikste van alles, Syne was `n Ewige Offer wat vir altyd vasgestel is.

Heb. 12:2: Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof,

wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het

en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

BYBELSE WAARHEID DAT JESUS

FISIES GESTERF HET

Daar is baie fabels aangaande die persoon van Jesus. Party sê dat Hy getroud was met Maria

Magdalena, ander sê dat Hy `n homoseksueel was, dat Hy en Judas saam gespan het om Sy eie

dood te reël, en nog ander sê dat Hy Sy dood nagemaak het. Hulle beweer dat Hy nie regtig

gesterf het nie, maar dat Hy na Arabië gegaan en daar gaan woon het. Nog ander fabels

verklaar dat Sy liggaam deur Sy dissipels uit die graf gesteel is, sodat Sy dissipels valslik Sy

opstanding kon bewys. Maar wat sê die Bybel aangaande Sy dood?

Mat. 27:58­66: Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe

beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.

En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai

en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy `n groot

steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.

En Maria Magdalena was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf

gesit.

Die volgende dag – dit is die dag na die voorbereiding – kom die owerpriesters en

Fariseërs by Pilatus saam en sê: My heer, ons herinner ons dat die verleier, toe Hy in

die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.

Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels

nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit

die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.

Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal `n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit

verstaan.

En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in

teenwoordigheid van die wag.

Die Here het in Sy wysheid, seker gemaak dat Pilatus bevele sou gee dat die graf van Jesus

voortdurend deur Romeinse Soldate bewaak word, wat vir hul lewens gevrees het indien hulle dit

nie suksesvol sou doen nie. Hierdie is `n gewilde argument wat deur die Moslems gebruik word,

deur te insinueer dat Jesus se liggaam gesteel is. Die feit dat Jesus se liggaam vir drie dae in die

graf was, is ook `n vervulling van Sy eie profesie aangaande Homself. Mat. 12:40: Want soos

Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die

mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

Joh. 2:19: Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie temple af, en in drie dae

sal Ek dit oprig. Ons kan nou verstaan dat toe Hand. 2:27 en 31 aangehaal is, dit eenvoudig

net was om te bevesig dat die profetiese woorde van Jesus geeer en vervul is. Sy liggaam sou

nie in die graf bly nie en nie verderwing sien nie ( terugkeer na stof), maar sal op die derde dag

opstaan. Joh. 11:25: Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My

glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

1Thes. 1:10: en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek

het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

PROFESIE WAT VERVUL IS MET DIE KRUISIGING VAN JESUS.

Die feit dat daar talle profesieë vervul is toe Jesus gekruisig is, bewys die belangrikheid van Sy

offerdood. Die kanse dat die 5000 tot 6000 profesieë wat vir everheid in die Bybel vasgelê is

toevallig vervul kon word is so klein dat al die druppels water in die oseaane en al die sterre in

die heelal nie eers `n indruk op so `n moontlikheid kan hê nie. Vader God het profesie in die Ou

Testament gebruik om die lydende Messias wat geoffer sou word te bevestig. Ons bewys dat die

Bybel die enigste ware Woord van die enigste Ware God is, die God van Abraham, Isak en Jakob

en vir ewig vasgestel is, is sy uniekheid! Dit is uniek omdat een vierde daarvan profeties was toe

dit geskryf is, en meeste van hierdie profesieë het reeds gebeur, presies net soos dit geprofeteer

is. Hierdie profesieë is goddelik deur God geinspireer, en hulle vervulling dien as `n bewys dat

ons God bestaan en dat Sy Woord waar is. Nie een van die ander godsdienste (soos Islam,

Boeddhisme, Hindoe ens.) het enige profesieë in hul sogenaamde “heilige” boeke nie. Slegs die

God van die Bybel ken die toekoms. Hy het sonder enige twyfel bewys dat Hy alleen God is, want

geen ander godsdiens kan daarop aanspraak maak dat hul "god" enige toekoms gebeure

geprofeteer het, wat gebeur het nie. Die akkuraatheid van die Woord van God is bewys, soos ons

in die volgende profetiese skrifte, in die Ou Testament sien, wat vervul is:

Hy sal deur `n vriend vir 30 silwer stukke verraai word – Ps. 41:10; Sag. 11:12­13

……… Vervul Mat. 27:9­10; Joh. 13:18.

Hy sou sterf saam met misdadigers ­ Jes. 53:9, 12 (750 v.C)

…….. Vervul Luk. 22:37.

Hy sou deur `n ryk man begrawe word ­ Jes. 53:9

…… Vervul Mat. 27:57­60.

Asyn en gal sou aan Hom gegee word ­– Ps. 69:21 (1000 v.C)

…. Vervul Mat. 27:34; Joh. 19:29.

Mense sou die lot oor Sy klere werp – Ps. 22:19.

….. Vervul Joh. 19:24.

Selfs Sy sterwens woorde is voorspel – Ps. 22: 2; 31: 6.

……. Vervul Mat. 27:46; Mark. 15:34; Luk. 23:46.

Geen been sou in Sy liggaam gebreek word nie – Ex. 12:46; Num. 9:12.

……… Vervul Ps. 34:21; Joh. 19:36.

Sy sy sou deurboor word – Ps. 22:17; Sag. 12:10.

……. Vervul Joh. 19:37.

Hy sou “liggaamlik” op die derde dag uit die dood opstaan.

……. Vervul Mat. 16:21; Luk. 24:46.

OPSOMMING

Jesus het dit baie duidelik gemaak dat dit in Sy mag was om Sy lewe neer te lê en dat geen

mens dit van Hom kon wegneem nie.

Joh. 10:18: Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het

mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van My

Vader ontvang. Jesus het geweet dat op die vasestelde tyd van die Paasfees, Hy Jerusalem

sou binne gaan en gewilliglik sou ly en Sy lewe sou neerlê vir Sy skape. Toe Jesus al hierdie

fisiese marteling en pyn gely het, het Hy nie een keer Sy mond oopgemaak om te kla nie. Die

Bybel vertel vir ons dat Hy soos `n lam na die slagplek gegaan het (Jes. 53:7). Dit was teen die

negende uur dat Jesus Sy stem in smart verhef het en uitgeroep het, “My God, My God,

waarom het U My verlaat?” (Mat. 27:46). Jesus het vir `n kort rukkie van God verlate gevoel

toe Hy vir die werêld se sondes betaal het, en hierdie sielesmart was vir Hom erger as enige

fisiese smart wat Hy ooit ondervind het! Hierdie behoort vir ons `n waardevolle les te wees,

want as ons nie wedergebore is nie, sal hierdie staat om totaal van God verlate te wees, ons

ewige bestemming wees. Dit is belangrik vir ons om te weet dat Jesus nie sondig geword of `n

sondaar geword het nie, maar Hy is `n sondeoffer vir ons gemaak. Jesus het altyd Sy Hemelse

Vader as “Vader” aangespreek, maar met hierdie omstandigheid, toe Hy verwyderd van Sy Vader

gevoel het omdat Hy vir ons sondes moes sterf, wat Hyself gedra het, het Jesus Hom “ God!”

genoem. Hierna het Jesus uitgeroep “Dit is volbring” (Joh. 19:30) en “Vader in U hande

gee Ek My Gees oor” (Luk. 23:46). “ NIE, SATAN EK GAAN AF HEL TOE OM DIE SLEUTELS

VAN JOU TE KRY NIE.”

Die verlossingswerk was voltooi en die volle prys vir sonde was betaal. Toe is Sy liggaam

begrawe en het Hy fisies op die derde dag uit die graf opgestaan. Onthou, voordat Jesus gesterf

het, het Hy vir die misdadiger aan die kruis langs Hom gesê, “Voorwaar Ek sê vir jou,

vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk. 23:43). Ek herinner jou daaraan dat

Jesus ook aan die kruis, toe Hy gesterf het, gesê het: “Dit is volbring!” Hy het met ander

woorde verklaar dat Sy sending voltooi was. Toe het Hy gesê: “Vader in U hande gee Ek My

Gees oor.” En Vader God is beslis nie in die hel nie. Hy sê ook vir die misdadiger aan die kruis

langs Hom dat: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Die Paradys huisves

beslis nie vir Satan en sy demone nie. Dit is goed gedokumenteer dat Jesus se liggaam daardie

selfde dag in `n ryk man se graf begrawe is (Mat. 27:57­60).

In daardie tyd is algemeen geglo, dat die gekruisigdes vervloek was en as die liggaam nie

voor sononder verwyder is nie, sou `n vloek na daardie land terugkeer [Gal. 3:13]. Asgevolg van

hierdie mening, het die soldate `n yster staaf gevat en die bene onder die knieë gebreek van die

wat nog nie gesterf het voor sononder nie. Dit sou dit vir hulle onmoontlik gemaak het om hul

bene reguit te maak, sodat hulle kon asemhaal, en hulle sou dan weens versmoring sterf.

Toe hulle egter by Jesus gekom het, was Hy reeds dood. Dit het die profesie vervul, wat

verklaar het dat nie een been in Sy liggaam gebreek was nie [Joh. 19:32­33].

`n Romeinse Soldaat het `n spies geneem en in Jesus se sy gesteek. Ek glo dat dit Sy

regterkant was sodat dit Sy ingewande, lewer, longe binnegedring het tot in Sy hart. Soos die

spies die hartsak (pericardium) binnegedring het, is die water, wat rondom die hart versamel het,

asgevolg van akute hartversaking, uitgelaat en het dit uit die wond gevloei. Toe die spies deur

die hartwand gedring het, is bloed vrygestel en het dit uit die wond gevloei. Hierdie laaste

besering het verseker bevestig dat die dood plaasgevind het (Joh.19:34) .

(Lees ons boek – “ Die Nagmaal en Genesing”).

GEVOLGTREKKING

Oorweeg hierdie belangrike feite, wat die waarheid bevestig, dat Jesus nie hel toe gegaan het

nie.

1. Jesus Christus het vir die rower, wat gekruisig is aan die kruis langs Hom gesê: Voorwaar

Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees (Luk. 23:43).

2. Jesus het aan die kruis gesê: Vader, in U HANDE gee Ek My Gees oor (Luk.23:46).

3. Jesus het aan die kruis gesê: dit is VOLBRING (Joh. 19:39). Hy het die VOLLE PRYS

betaal.

4. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het die swaar gordyn wat die Allerheiligste afgeskerm

het, op `n bonatuurlike wyse van bo na onder geskeur, wat beteken dat Jesus die VOLLE PRYS

betaal het vir die skeiding wat tussen God en die mens bestaan het. Versoening tussen God die

Vader en die mens was herstel (2 Kor. 5:18­21; Mat. 27:51).

Dit is van die uiterste belang dat ons moet besef dat dit deur die gestorte bloed van Jesus

alleen is, waardeur ons verlos is. Sonder die gestorte bloed van Jesus, sou daar geen hoop vir

ons gewees het nie. Die belangrikheid van hierdie waarheid word in die volgende skrifte

aangedui:

Heb. 12:24: en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die Bloed van

die besprinkeling wat van beter dinge spreek as Abel.

Heb. 13:20­21: Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape,

naamlik onse Here Jesus Christus, deur die Bloed van die ewige testament uit die

dode teruggebring het,

Julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat

welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in

alle ewigheid! Amen.

1 Joh. 1:7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons

gemeenskap met mekaar; en die Bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van

alle sonde.

Ef. 2:13: Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom

deur die Bloed van Christus.

1 Pet. 1:18­19: omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of

goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is

nie,

maar deur die kosbare Bloed van Christus, soos van `n lam sonder gebrek en

vlekkeloos.

Rom. 5:9: Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy Bloed, deur Hom

gered word van die toorn.

Heb. 13:12: Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie Bloed te heilig,

buitekant die poort gely.

Kol. 1:20: en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede

gemaak het deur die Bloed van Sy kruis – ek sê deur Hom – die dinge op die aarde

sowel as die dinge in die hemele.

Openb. 1:5: en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die

dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het

en ons van ons sondes gewas het in sy Bloed.

1 Pet. 2:24: wat self ons sondes in sy liggaam op die KRUISHOUT (kruis) gedra

het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se

wonde julle genees is.

Die apostel Paulus som dit op in 1Kor. 2:1­5 En toe ek by julle gekom het, broeders,

het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van

woorde of van wysheid nie.

Want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus

Christus, en Hom as gekruisigde.

Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;

En my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid

nie, maar in die betoning van gees en krag,

sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van

God.

Wanneer ek in die oggend bid, dank ek altyd my Hemelse Vader vir Sy Seun Jesus, wat

Homself vrywillig as `n lewende menslike offer gegee het. Hy was, tot die dood toe,

gehoorsaam aan Sy Vader se wil, wat God tevrede gestel het, sodat Sy ewige plan van verlossing

en genesing vir die mens vervul kon word. Jesus wat verheerlik is, sit aan die regterkant van

Vader God, Hy is en sal altyd die Ewige Lam van God wees, WIE WAS EN WIE IS EN WIE SAL

KOM. Amen.

Hoe om weergebore te word

1. ERKEN: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van

God (Rom 3:23) o God, wees my, sondaar, genadig! Lukas 18:13) In die lig van God

se Woord moet jy erken dat jy ‘n sondaar is.

2. BEKEER: Nee, sê Ek (Jesus) vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle

almal net so omkom. (Lukas 13:3) Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle

sondes uitgewis kan … (Handelinge 3:19) Kom tot die besef hoe afskuwelik sonde is en

draai weg daarvan.

3. BELY: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te

vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Johannes 1:9) Want met die

hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom 10:10)

Bely jou sondes voor God

4. VERLAAT: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes, en

laat hy hom tot die Here bekeer … want Hy vergeef menigvuldiglik. (Jesaja 55:7)

Net om jammer te wees oor jou sonde is nie genoeg nie. Ons moet begeer om die vir ewig te

verlaat.

5. GLO: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe

kan hê. (Johannes 3:16) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart

glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (Rom 10:9) Glo dat

Jesus Christus jou geheel en al verlos het by die Kruis.

6. ONTVANG: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem

nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders

van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (Johannes 1:11 en 12) Jy moet glo,

deur geloof, ontvang nou vir Jesus Christus in jou hart sodat jy die ondervinding van die

wedergeboorte van hê.

7. SKRYF NEER: Vandag se datum, op die binneblad van jou Bybel of lang ‘n Skrif gedeelte of

vers wat vir jou spesiale betekenis het. Laat dit altyd vir jou ‘n bevestiging wees dat jy jou

hart en lewe aan die Lewende God toegewy het, en dat Hy jou in Sy Liefde ontvang het.

Weerstaan satan deur aan hom hierdie spesifieke vers uit te wys wanneer jy jou aanval met

onsekerheid en verwardheid.

8. LEES: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.

(Romeine 10:17) Begin om elke dag ‘n hoofstuk uit die bybel te lees en pas God se

instruksies in jou daaglikse wandel met Hom toe.

9. BID: God is nou jou Hemelse Vader: praat elke dag met Hom. Bely jou sondes, loof Hom en

prys Hom omdat Hy jou vry gemaak het, vertel Hom van jou behoeftes, en dank Hom dat Hy

in al jou behoeftes voorsien: liggaamlik, finansieel en emosioneel (Fil. 4:19) Hier volg ‘n

gebed wat jy kan as ‘n riglyn kan gebruik om te bid. ”Hemelse Vader, ek erken dat ek ‘n

verlore sondaar is. Ek dank U dat Jesus vir my sondes gesterf het. Ek vra U om my

sondes te vergewe. Ek maak nou die deur van my hart en lewe vir U oop. Kom

asseblief binne en reinig my. Neem die leisels van my lewe: Ek wil deur U Heilige

Gees gelei word. Vader, ek dank U dat Jesus Christus nou my Verlosser en Heer is

en dat ek U kind is. Amen.”

10. LAAT U DOOP: U is nou ‘n kind van God, ‘n gelowige in die Here Jesus Christus. Die

volgende stap is om gedoop te word (onderdompel). Mark 16:16 sê Jesus hy wat glo en hom

laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Onthou nou dat u ‘n

kind van God is. U naam is in die boek van die Lam geskryf, omdat u gehoorsaam was aan

God se instruksies. Almal in die Nuwe Testament was gedoop NADAT hulle geglo het. Nadat

Paulus ’n ontmoeting met Jesus gehad het op die pad na Damaskus, was hy gedoop. Daarna

het hy twee derdes van die Nuwe Testament geskryf. Die klein doop of “besprinkeling” is

totaal onbybels. Nêrens in die Bybel was babas gedoop nie, want jy moet eers glo voordat jy

gedoop word.

11. WEES GEVUL MET DIE HEILIGE GEES: Volgens God se beloftes in Hand 2:38 en 39. Die

gawes wat met die doop in die Heilige Gees gepaard gaan is noodsaaklik om oorwinnaars in

die Here te wees.

12. GEMEENSKAP: Kry ‘n groep Wedergebore, gelowige Christene en hou samesyn op ‘n

gereelde basis. Hou altyd die prentjie in gedagte van die kooltjie wat in die vuur is aan gloei

terwyl dit in kontak met die vuur is, maar wat koud en dood gaan as dit te lank uit die vuur

is.

13. SKRYF AAN ONS: Ons sal graag van hulp wil wees in jou geestelike groei en sal enige vrae

oor hierdie onderwerp beantwoord. Skryf net aan ons by Stanger Christelike Sentrum, Posbus

232, Ballito, 4420.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!