06.05.2013 Views

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geloof in die Woord

Posbus 232

Ballito,4420

Tel. (032) 551 1836

Faks (032) 552 5411

ISBN NO:1­874850­31­3

Dr James Van Zyl

Boek nommer: M46

Die Naam van ons God

Die Bybel leer ons dat daar`n tyd sal aanbreek wanneer daar Een Wêreld Regering sal wees,

Een Wêreld monitêre stelsel en Een Wêreld godsdiens. Ons sien tekens dat hierdie dinge reeds

begin gebeur. Die Euro is byvoorbeeld die nuwe geldstelsel in Europa. Die toneel is gereed vir

die Antichris om uiteindelik oor die “ Een Wêreld” of “ Wêreldstelsel” te regeer. Die Wegraping

van die kerk van die Here Jesus Christus, sal egter reeds voor die heerskappy van die Antichris

plaasvind; en diegene van ons wat in Christus Jesus is, en uitsien na Sy Koms, sal die toorn wat

op die aarde uitgegiet gaan word onder die Antichris se heerskappy, vryspring. (Kry ons boek:

“Wat gaan met Hierdie Wêreld aan”).

Die samesmelting van alle godsdienste, om uiteindelik `n Een Wêreld godsdiens te vorm, het

alreeds begin. Die Ekumeniese beweging speel `n belangrike rol om “ al die Christelike kerke

saam te bring, ongeag die verskil in leerstellings, in die naam van eenheid.” (Die pous het

onlangs verklaar dat die tyd aangebreek het dat alle Christene een moet wees. ( Vermoedelik

onder die Katolieke kerk). Daar was ook al geleenthede waar “ mense van alle gelowe” hande

gevat het en in “eenheid” geloop het, gewoonlik in protes teen een of ander globale

aangeleentheid. Dit is verbasend dat hierdie soort optrede mense opgewonde maak en blykbaar

behaaglik is vir `n wêreld wat nie kan onderskei en wat uitsien na vrede en eenheid ongeag die

prys! Hoe gevaarlik! Hoe onbybels! Inderdaad leer die Bybel ons dat vrede en eenheid slegs sal

plaasvind wanneer Jesus Christus terugkeer om te regeer en te heers!

Om van `n Een Wêreld godsdiens `n sukses te maak, moet daar eers `n fondament gelê

word. Een van Satan se suksesvolste strategieë was nog altyd om onkundige Christene met die

valsheid te indoktrineer dat “alle godsdienste dieselfde “god” aanbid, maar dat hulle hom

verskillende name noem!” Hierdie is `n leuen, en `n baie gevaarlike een daarby!

Op die oomblik laat die New Age beweging hom op elke lewensterrein geld – insluitend die

Christelike Kerk. Vir die ongelowige en mense van baie gelowe van die wêreld, kan die begrip

van “God” enigiets van `n insek tot `n geweldige berg beteken. Dit hang van jou begrip van

God af. Dit beteken dat daar tot enigiets gebid kan word. Die New Agers praat van “Die Mag”

en sê dat “God die volkome inhoud van alles wat bestaan is.” Hierdie is Hindoe en heidense

begrippe. Hulle praat van moeder aarde en aanbid eerder die skepping as die skepper.

VERSKILLENDE GODE HET

VERSKILLENDE NAME

Party noem hul god Allah, ander noem hom Krishna of Boeddha, en hulle sê dat ons almal tot

dieselfde God of Opperwese bid. Hulle hou vol dat almal dieselfde God, onder verskillende name,

aanbid! Dit is beslis nie so nie! Die feit is dat niks verder van die waarheid af kan wees nie!

Boeddha, Krishna en Allah is almal gode wat aanbid word as skepper deur hul bekeerlinge, maar

hulle is beslis NIE die God van die Bybel nie. Op die groot moskee in Jerusalem“dome of the

rock”, (waar die Moslems hul skepper god Allah en sy profeet Mohammed aanbid), staan geskryf:

“ Allah het geen seun nie”. Hoe is dit dan vir enige Christen moontlik om te glo dat Allah en die

1

God van Abraham, Isak en Jakob – die God van die Bybel, Vader van ons Here Jesus Christus,

een en dieselfde is? ONMOONTLIK! Jesus het gesê: Ek is die weg en die waarheid en die

lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie (Joh. 14:6). Of ons glo Hom, of

ons glo Hom nie.

Dit wil voorkom asof die mense in die wêreld gemakliker voel om die leuen te glo, “dat daar

per slot van rekening net een god en skepper is, so dit maak tog nie werklik saak watter naam hy

genoem word nie.” Hulle reken dat ons almal dieselfde god dien, selfs as elke godsdiens `n

ander naam vir hom het. Dit is nie waar nie! En dit is presies waarom ek gedryf voel om hierdie

boek te skryf. As Christene, dien ons die een en enigste Ware God, Wie `n Seun het, en ons

Hemelse Vader is, die Almagtige Skepper, die Bron van alle lewe en intelligensie. En Hy het `n

persoonlike naam, `n naam wat Hyself geopenbaar het, en daardie naam is YHWH. In Hebreeus

word dit asvolg geskryf:

יהוה

Hy is die Groot EK IS, die Ewige Een, die Een wat was en is en sal kom, die Begin en die

Einde. Hy is die Almagtige. Hy is die Lig, die Lewe, Heilig, Liefde en Geregtigheid.

Alhoewel ek persoonlik `n man, `n mediese dokter, `n evangelis is – en mense my soms

mnr., dr., evangelis noem – is hierdie slegs aspekte van my as `n persoon. MAAR my Naam is

James van Zyl en diegene wat my goed ken, ken my naam. So is dit ook met ons God. Alhoewel

Hy baie wonderlike karaktertrekke het en mense Hom soms op hierdie karaktertrekke noem bv.

Elohim (GOD), El Shaddai [God Almagtig], Adonai [Here], is Sy werklike NAAM YAHWEH. Ons,

Sy Kinders wat Hom as ons God ken, behoort Sy Naam te ken.

Hy kan nie net op enige naam genoem word nie, en die tyd het aangebreek dat Sy WARE

NAAM deur Sy kinders geken en verstaan moet word.

GOD HET SY NAAM GEOPENBAAR

Dit is uit die Skrif duidelik dat `n naam vir God van groot belang is. Regdeur die Ou

Testament lees ons oor die betekenis van mense en plekke se name, wat God se planne en

doelstellings vir hulle beskryf en illustreer. Die volgende is `n paar voorbeelde wat uit die Ou en

Nuwe Testamente geneem is.

In Genesis 32:28 is dit aangeteken dat Jakob se naam ( wat onderkruiper beteken), verander

is na “Israel” nadat hy met die Engel van die Here geworstel het. Die naam Israel beteken “hy

sal soos God regeer.” Ons weet dat Jakob uiteidelik die vader van die twaalf stamme van Israel

geword het.

In Num.11:3, sien ons dat die naam “Tabera” ( wat brand beteken), aan die plek gegee is

omdat die vuur van die Here op daardie plek onder hulle gebrand het.

Dan lees ons weer in 1 Sam. 1:20 dat Hanna swanger geraak het en `n seun gebaar het en

sy naam Samuel gegee het, wat beteken, “ van God gehoor”. Die Here het haar gebed gehoor

en aan haar `n seun gegee.

In die Nuwe Testament lees ons in Luk. 1:59­61, hoe Johannes die Doper “Johannes” genoem

is, in gehoorsaamheid aan die bevele van die Engel wat aan sy vader, Sagaria die priester,

verskyn het. Die naam “Johannes” (Johanan) beteken YAHWEH is Genadig, omdat Johannes se

sending was om Jesus bekend te stel, die Lam van God, die Eniggeborene van die Vader, vol van

genade en waarheid (Joh.1 vers 14).

Jesus (Yeshua), is natuurlik `n baie spesiale naam, trouens die Bybel vertel ons

dat dit die Naam bo alle Name is. In Mat. 1:21 sien ons hoe Josef sy seun Jesus

genoem het, in gehoorsaamheid aan die bevele van die engel van die Here. Die naam

van Jesus (YESHUA in Hebreeus), beteken YAHWEH red. Dit is die Naam wat Maria

aan haar Baba moes gee!

Ons kan uit bogenoemde voorbeelde sien hoe betekenisvol name vir Vader God is en kan dus

aflei dat Sy eie Naam uiters betekenisvol sal wees en van groot belang.

Sy Naam is nie `n naam wat deur die mens gegee is nie, maar `n Naam wat deur die

Almagtige Self geopenbaar is. Alhoewel hierdie naam in Hebreeus gegee was, bly dit dieselfde in

alle tale.

Laat ons die weergawe lees van die Openbaring van Sy Naam aan Moses in Ex. 3 verse 13­15:

Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan

hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy

naam? – wat moet ek hulle antwoord?

En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van

Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur!

Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die

Here, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van

Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van

geslag tot geslag.

Die Jode het Moses altyd baie hoog geag as die groot “Wetgewer”. Dit was vir Moses

belangrik om Yahweh se persoonlike Naam te ken, want hy was bewus van die baie Egiptiese

gode waarmee die Israeliete as gevolg van hul verblyf in Egipte, te doen gekry het. Na almal

van hulle is eenvoudig verwys as god. Moses wou hê dat Israel moes weet dat hulle met

YAHWEH, die enigste Ware God, te doen het. Is ons nie vandag ook in dieselfde posisie nie,

waar ALLE gode “GOD” genoem word nie?! Die tyd het aangebreek om die Naam van ONS God

bekend te maak.

YHWH

In die vroeë Hebreeuse skrif, is vokale nie aangetoon nie, en daarom het baie geglo dat

hierdie Naam nie uitgespreek kon word nie. Dit is nie die geval nie. Die Naam KON en IS

uitgespreek. Moses het die Naam aan die Israeliete in Egipte bekend gemaak, en ons

Verlosser, Jesus Christus, het die Naam aan Sy dissipels bekend gemaak, want Hy sê in Joh.17:

26: En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak...

In Ex. 3:14 wil dit voorkom dat die Naam van God “ EK IS” is, maar dit is weereens een van

Sy karaktertrekke of eienskappe, “EK IS” is nie Sy werklike Naam nie. EK IS WIE EK IS word as

volg in Hebreeus geskryf: ‘e hye asher e hyeh!’, en verwys na die Ewige selfstandige natuur van

die Almagtige.

In die King James Vertaling van die Bybel, is YHWH vertaal as “LORD” en in die Afrikaanse

Bybel [1933 en 1989 vertaling] as “HERE”.

Die eerste lettergreep van die Heilige Naam; YAH is baie goed bekend. Almal ken die woord

Hallelu Yah. Prys YAH [ Die Here]. YAH is die verkorte vorm van ons Vader God se Naam. Dit

is 49 keer in die Ou Testament gebruik; maar soos reeds gesê, gebruik die Engelse vertalers

“LORD” en die Afrikaans “HERE”. Let op die volgende twee voorbeelde:

Ps. 68: 5: Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van Sy Naam, vul die pad op vir

Hom wat deur die woestynvlaktes ry: YAH is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

Ex. 15: 1: …Ek wil sing tot eer van YAH, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy

ruiter het Hy in die see gewerp.

Let op Jesaja se woord in Jes. 52: 6: Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom

sal hulle weet op die dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

DIE VOKALE IN DIE NAAM YHWH

Laat ons kortlks oor die vokale in die Naam YHWH praat. Soos ek gesê het, is die eerste

lettergreep maklik herken en uitgespreek, “YAH”. Dit is die tweede lettergreep wat `n bietjie

onsekerheid veroorsaak: moet die vokaal `n A of E wees : WAH of WEH? Die onsekerheid is

omdat die stam van die woord nie duidelik is nie. Die uitspraak en selfs die skryf het met

verskillende tydperke verander. Teen die einde van die Ou Testamentiese tydperk is dit as

YHW geskryf en as YAHU of YAHO gelees. Dit wil voorkom of die uitspraak YAHWEH die

aanvaarbaarste is.

Die Naam YAHWEH kom meer as 6000 keer in die Hebreeuse Bybel voor, alhoewel die

Engelse Bybels LORD lees en die Afrikaanse HERE. Die hoofredes vir die verwydering van Vader

God se oorspronklike, WERKLIKE NAAM was VREES en TRADISIE.

Die Jode wat in die laaste Ou Testamentiese tyd geleef het, het `n vrees ontwikkel aangaande

die uitspreek van die Naam, as gevolg van die Derde Gebod in Ex. 20: 7 waar die ydelike gebruik

van die Naam van YAHWEH ten sterkste veroordeel is. In Lev. 24 lees ons van `n man wat

gestenig is omdat hy godslasterik gepraat en die NAAM gevloek het. Lees ook Lev. 19: 12 en 18:

21. Tog het geeneen van hierdie gebooie die uitspreek van die naam YHWH verbied nie.

Na Koning Dawid se tyd het die Jode egter begin om na hul God as ADONAI (Here) te verwys,

uit vrees vir godslastering van Sy naam. Wanneer die Hebreeuse Bybel gelees is, is die woord

YHWH vervang met ADONAI en YAHWEH is verwyder uit die gesproke Hebreeus.

Ortodokse Jode in ons tyd sal selfs nooit die naam God uitspreek nie! Hulle skryf dit neer as:

G­D. God is nie ons Hemelse Vader se Naam nie, maar is `n title en kan inwerklikheid gebruik

word om na enige ander god te verwys, soos ons sien wat nou wêreldwyd gebeur. Ek glo ons

Vader God is besig om die Glorie van Sy Naam onder Sy kinders te herstel, om verwarring en die

saamvloei van alle godsdienste wat vandag so algemeen is, te vermy. As gelowiges in die EEN

WARE GOD, moet ons Sy Naam ken!

Min mense, wanneer hulle gevra word, kan die Naam van Vader God vir jou sê, dit word egter

nou reggestel en Vader God sal Sy Naam in die eind tye herstel.

Ons lees in Jes.52:6: Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet

op die dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

Jer. 32:20: wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in

Israel sowel as onder die mense, en vir U `n Naam gemaak het soos dit vandag is.

Heb. 8: 11: En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê:

Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

Daarom sal my volk ( alle gelowiges in YESHUA] op die dag.. my Naam ken [Jes.

52: 6]. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En

hulle sal sê: YAHWEH is my God! [Sag. 13: 9].

“JEHOVAH” – `n CHRISTELIKE MISVERSTAND

In sy artikel “Jehovah” – A Christian Misunderstanding, skryf David Bivin, Lid van die

Jerusalem Skool, die volgende:

In enige poging om die Bybel te verstaan, is daar geen plaasvervanger vir `n kennis van ou

Joodse gebruike en gewoontes nie. Byvoorbeeld, die term “Jehovah,” wat in baie Christelike

vertalings van die Bybel gevind word, het ontstaan weens `n gebrek aan die bewus wees van die

Joodse gebruik.

UITSPRAAK

In die Hebreeuse Skrif word die persoonlike naam van God met vier Hebreeuse letters geskryf

– yod, heh, vav, heh (yhwh), en daarom die tetragrammaton genoem. Die naam verskyn meer as

6000 keer in die Hebreeuse Skrifte.

Deur linguistiese vergelykings met ander ou Semitiese tale, kan geleerdes feitik seker wees

dat die goddelike naam oorspronklik uitgespreek is as yah.WEH. Die uitspraak van die eerste

lettergreep van die tetragrammaton is bevestig deur die verkorte vorm van God se naam yah (

oorgeskrywe “Jah” in die King James Vertaling), wat soms in bybelse poësie gebruik word (Ps.

68:5). Dit is ook bevestig deur die yah wat as `n suffiks by baie Hebreeuse name gevoeg word

soos ‘eliyah (Elia ) en ‘ovadyah (Obadja).

In die Eerste Tempel tydperk, ten minste tot die Babeloniese Ballingskap in 586 V.C., was die

goddelike naam gereeld in die daaglikse lewe uitgespreek. Teen die derde eeu V.C., alhoewel die

tetragrammaton nog deur priesters in sekere Tempel liturgies uitgespreek is, het Jode die gebruik

daarvan vermy, en in die plek daarvan eerder baie ander plaasvervangers gebruik soos

hamakom, die Plek (hagavoah), die Verhewe (halashom), die Tong (hagvurah), die Krag

(vergelyk Luk. 22:69), en shamayim (Hemel). Wanneer Skrif gelees of voorgedra is, was die

gebruik, as dit gebeur dat die tetragrammaton saam met “adonai” voorkom, om “elohim” te

vervang. Selfs die minder onderskeidende “elohim” (God), wat ook “vals gode” kon beteken, is

in gesprekke vermy.

Die verswyging van die uitspreek van die goddelike naam was te danke aan `n letterlike

vertolking van die derde gebod (Ex. 20:7; Deut. 5:11): “Jy mag die naam van yhwh jou God nie

ydellik gebruik nie”. Alhoewel die oorspronklike betekenis waarskynlik was dat `n mens jou eed

moet nakom wanneer gevloek word in God se naam, was dit gou aanvaar dat dit beteken dat

iemand nie die heilige naam ligsinnig of oneerbiedig mag gebruik nie, en om dus die risiko te

vermy om die gebod te oortree is dit eenvoudig nie in `n gesprek gebruik nie. Die uitspreek van

die goddelike naam was steeds by almal bekend in Jesus se tyd, alhoewel een of ander

plaasvervanger altyd gebruik is om die uitspreek daarvan te vermy. Die tradisie geld vandag

nog, selfs onder wêreldse Jode. Die meer ortodokse sê selfs ‘elokim om die uitspreek van

‘elohim te vermy, en Engelssprekende Jode skryf dikwels “G­d” in plaas van “God.”

VOKALISERING VAN DIE TEKS

Tot die vroeë Middel Eeue is Hebreeus sonder vokale geskryf. Soos die kennis van Hebreeus

afgeneem het, het dit al hoe moeiliker vir elke geslag geword om die uitspreek van woorde in die

bybelse teks te onthou. Teen die sesde eeu n.C was daar slegs `n paar oorspronklike

Hebreeuse sprekers oor, en meeste Jode het slegs `n passiewe kennis van Hebreeus gehad. Dit

was toe dat `n stelsel van vokale tekens ontwikkel is deur die Masoretes, die Joodse geleerdes

van die tydperk, om die leser te help met die uitspraak.

Die Masoretes het die vokaal tekens wat hulle geskep het gebruik om die teks van die

Hebreeuse Bybel, wat tot nog toe uitsluitlik uit konsonante bestaan het te vokaliseer. In

ooreenstemming met die gebruik wat sedert die derde eeu V.C. nagekom is, wanneer Skrif

gelees of voorgedra is, het hulle die vokaal tekens van die woord ‘adonai bo­op die vier

konsonante van God se naam geplaas. Dit was om die leser te herinner dat hy nie moes probeer

om die onuitspreekbare naam uit te spreek nie. Op die manier sou yhwh as ‘adonai gelees

word.

Toe Christen geleerdes in Europa die eerste keer Hebreeus begin bestudeer het, het hulle die

waarskuwings ontwerp misverstaan. Weens hul gebrek aan die eenvoudigste kennis van die

Joodse kultuur en gewoontes, was hul fout onvermydelik. In 1518 n.C. in sy De

arcaniscatholicae veritatis, `n monumentale werk van Christelike mistisisme, het die Italiaanse

teoloog en Franciskaanse monnik Galatinus, nie besef dat die Masoretes vokale tekens van `n

ander woord saam met die konsonantes yhwh geplaas het nie, het die vokale van ‘adonai met die

konsonante van die goddelike naam verenig en so aan die Kerk “Jehovah” gegee, `n woord wat

geen betekenis in Hebreeus het nie. Die eerste konsonant van die woord, wat die “y” klank

is, is vertaal met “j” in Latyn, en die derde konsonant, die “w” klank, deur “v”.

Ek glo dat ons as Christene sensitief moet wees teenoor die ou Joodse tradisie. Alhoewel ons

mag voel dat Joodse skrifverklaarders van ouds te pedantries was in hul interpretasie van die

derde gebod, moet ons onthou dat Jesus self blykbaar altyd die gebruik van die goddelike naam

vermy het deur plaasvervangers te gebruik soos “Hemel” en “Krag”. Ons moet verseker nie

nuwe name vir God skep nie, soos “Jehovah”, as gevolg van onkunde oor Joodse gebruike nie.

Tot ons verleentheid, hou ons aan om te fouteer in Christelike boeke, gesange, liedere en

vertalings van die Bybel. Die “American Standard Version” en “The Living Bible” gebruik

“Jehovah” vir yhwh regdeur terwyl vertalings soos die “King James” Vertaling, die “New English

Bible”, en die “New Berkley” Vertaling, “Jehovah” slegs af en toe gebruik. Die nie bestaande

woord “Jehovah” sou net `n amusante fout gewees het, as dit nie so duidelik die Christsne se

voortgaande onkunde van die Hebreeuse taal en Joodse gebruike illustreer nie. Einde van die

artikel.

Don E. Stanton, “Maranatha Prophetic Alert”, het die volgende te sê oor die naam Jehovah:

`n Misleidende naam vir YAHWEH is Jehovah. Jehovah is nie `n vertaling van YHVH nie en is

nie `n korrekte Hebreeuse woord nie. Dit is `n gemengde woord. Soos ek reeds vermeld het,

het die vroegste Hebreeuse skrif geen vokale gehad nie(dit is a, e, i, o, u). Maar in die negende

eeu het `n groep, die Masorites, begin om vokale by die geskrewe Hebreeus te plaas. Die

konsonante in die Naam YHWH was geskryf met die vokale vir Adonai. Dit was nie om `n nuwe

woord te skep nie, maar om aan te dui dat Adonai gesê moes word in plaas van YHVH. Die

analogiseerde woord "Jehovah" is in die tiende eeu deur Christene gevorm, wat die konsonantes

YHVH met die vokale vir Adonai gelees het en toe, verkeerdelik die woord Jehovah gevorm het,

wat die algemene weergawe vir YHVH geword het. In die negentiende eeu was dit baie gewild

onder Bybelse geleerdes, maar word nou algemeen aanvaar as verkeerd. Jehovah kan beslis nie

gebruik word in die plek van YAHWEH nie!

Daar is `n duidelike sataniese sameswering om die Naam van YAHWEH en die Naam van Sy

Seun, ons Verlosser, te elimineer, wat dikwels gelaster en onverskillig gebruik word. Satan kan

egter nie die NAAM vernietig nie, maar hy het daarin geslaag om te veroorsaak dat God se volk

onkundig is oor God se Naam. Deur die aanmoediging om plaasvervangers te gebruik, is die

oorspronklike Naam vergeet.

DIE NAAM VAN JESUS ­ YESHUA

Ons het lankal geleer hoe belangrik die Naam van Jesus Christus vir die Christen is: ons is

beveel om in daardie Naam te BID, omdat Jesus Christus die enigste Weg na die Vader is, die

enigste Middelaar tussen God en die mens! [1 Tim. 2. 5] Ons weet ook dat, in die Naam van

Jesus Christus, elke knie sal buig, en elke tong bely dat Hy Here is [Filip. 2: 9]. Dit is die enigste

Naam waardeur ons gered kan word! (Hand. 4:12). Dit is in die Naam van Jesus dat die

gelowige die mag het om duiwels uit te dryf en hande op die siekes te lê vir genesing! [Mark.

16: 15 – 18].

Alhoewel Jesus Christus die Seun van God is en Hy en Sy Vader EEN is, is die Naam van die

Vader nie Jesus Christus nie! Die Vader is `n aparte persoon met Sy eie naam. Dit is interessant

om die vraag te lees wat God aan ons stel in Spr.30 vers 4: “Wie het al die eindes van die

aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun – as jy dit weet?”

Die vraag het betrekking op die Naam van God, die Skepper, die Heilige Een en die Naam van Sy

Seun. Ons ken die Naam van Sy Seun ­ Yeshua en nou ken ons die naam van Vader God die

skepper ­ YAHWEH.

Die Naam van ons Verlosser, is die Naam wat die Vader in Sy bevele aan Josef deur die engel

gegee het: " en sy sal `n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy

volk van hulle sondes sal verlos [ Mat. 1:21].

Die engel het nie vir Josef gesê om die Verlosser Jesus te noem nie. Jesus is die Afrikaanse

vertaling van die Naam en kom eintlik van die Griekse – Iesous. YESHUA beteken redding of

verlossing, en sy ware betekenis is YAHWEH [die Ewige Een) RED. Die Naam YAHWEH word as

volg in YESHYAH gevind : Y' of YE is die afkorting van YAH. Die SHUA is in verband met "Joshua"

(Josua) [oorspronklik Hoshua of Hoshea], wat " redding" beteken. As ons na Num. 13: 16 in

die Engelse Bybel kyk, lees ons dat Moses `n Y' voor Hoshua geplaas het en die naam Y'hoshua

geskep het; en deur dit te doen verklaar het dat YAHWEH redding is. [ Onthou, in Hebreeus, Y' =

YAH = YAHWEH] YESHUA (YAHWEH red). Dit is die Naam wat Maria aan haar Baba moes gee!

Yeshua is die gesalfde Een van God. Ons lees in Hand.10:38: met betrekking tot Jesus

van Nasaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag…..

Wanneer ons na Hom verwys as die Gesalfde Een, verwys ons inwerklikheid na Hom as die

Messias (wat gesalf beteken). Die woord is in Grieks Christos. Christus beteken die Gesalfde Een.

Ons vind ongelukkig egter dat die titel “christus” wat “gesalfde” beteken, ook gebruik word vir

Oosterse, sogenaamde “ gesalfdes”, bv. Maitreya, Krishna en Boeddha ens.! Dit is waarom na

Jesus alleen verwys word as ONS MESSIAS YESHUA die Hebreeuse titel is HAMASHIACH. So sal

Hy nooit verwar word met die sogenaamde gesalfde christusse van die New Age nie.

YESHUA HA MASHIACH is die Hebreeuse ekwivalent van Jesus Die Messias.

DIE GODDELIKE ORDE – VADER, SEUN

EN HEILIGE GEES

Wanneer ons die Skrif bestudeer sien ons dat die Goddelike orde van die Godheid, altyd

Vader God (YAHWEH), die Seun [YESHUA] en die Heilige Gees is, in die volgorde. Alhoewel

elkeen God is, het hulle verskillende funksies in die Godheid. Ons moet versigtig wees om

YESHUA nie bo YAHWEH te verhef nie of die Heilige Gees bo Yeshua. In Mat. 6 vers 9, het Jesus

Self vir Sy dissipels gesê om tot die Vader te bid, en later in Joh. 15:16 sê Hy weer: wat julle die

Vader ookal in my Naam vra, sal Hy julle dit gee. Dit is van die uiterste belang om te besef dat

wanneer ons bid, ons gebede tot ons Hemelse Vader gerig is, in die Naam van Jesus, deur die

krag van die Heilige Gees. ( Kry ons boek: MISLEIDING IN DIE NAAM VAN DIE HEILIGE GEES ).

Die Hebreeuse woord vir die Heilige Gees is RUACH HA KODESH. En Jesus verwys na Hom as

die Trooster in Joh. hoofstukke 14 en 15. Die Heilige Gees se funksie, volgens Joh.14 vers 26, is

om ons te leer en om alles in herinnering te bring wat Jesus Sy dissipels geleer het. Hy sal ons

in die hele waarheid lei. Die Goddelike orde van die Godheid is gevestig as Vader, Seun en

Heilige Gees. Jesus het Homself nooit bo Sy Vader verhef nie, en die Heilige Gees verhef

Homself ook nie bo Jesus en die Vader nie.

Laat ons na `n paar Skrifte kyk wat dit beklemtoon.

Want so lief het YAHWEH die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,

sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê

[Joh. 3: 16].

YESHUA antwoord hom: Jy moet YAHWEH [ die Here jou God ] liefhê met jou hele

hart en met jou hele siel en met jou hele verstand [Mat.22: 37].

YESHUA antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom

na YAHWEH, [die Vader ] behalwe deur My nie ( Joh. 14:6 ).

YAHWEH [ My Vader ],wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand

kan hulle uit die hand van YAHWEH [ My Vader ] ruk nie. Ek en YAHWEH [ die Vader

] is een [Joh. 10: 29 – 30].

Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My

sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat

kom in die Naam van YAHWEH (die Here) [Luk. 13: 35].

YESHUA HA MASHIACH sê vir hom: Daar is ook geskrywe: Jy mag YAHWEH nie

versoek nie [Mat. 4: 7].

Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek YAHWEH, dat Ek met die

huis van Israel en die huis van Juda `n nuwe verbond tot stand sal bring, nie volgens

die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand

geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my

verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek YAHWEH.

Want dit is die verbond wat Ek na die dae sal sluit met die huis van Israel, spreek

YAHWEH; ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal

vir hulle `n God wees, en hulle sal vir My `n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen

sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken YAHWEH, want almal sal My ken, klein

en groot onder hulle [ Heb. 8: 8 – 11].

En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was

rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig,

heilig, heilig is YAHWEH die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! [ Openb. 4:8

En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van YAHWEH, en die lied van

die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is U werke, YAHWEH die Almagtige; regverdig

en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

Wie sal U nie vrees nie, O YAHWEH, en U Naam nie verheerlik nie? Want U alleen

is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat U regverdige dade

openbaar geword het [ Openb. 15: 3 – 4].

Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in YAHWEH roem [1 Kor. 1:31].

OM MY HEILIGE NAAMS ONTWIL Toe ons in 1992 in Israel was, het ons na `n baie

leersame boodskap deur `n beroemde Bybelse geleerde geluister, oor hoe belangrik God Sy

Naam ag. Hy het die feit beklemtoon dat God se reputasie sinoniem met Sy Naam is. Net soos

dit waar is van elkeen van ons, dat ons naam ons voorgaan. Dit sal goed van ons praat, of

andersom. Ons naam kom in oneer as ons nie ons woord hou of eintlik ons beloftes nakom nie,

en ons naam ly daaronder. God wil hê dat ons moet weet dat Hy so goed soos Sy Naam is en

dat Sy Naam inwerklikheid van groot belang is. As jy `n eiendom vir een miljoen rand wil koop,

en jy aan die verkoper `n tjek gee wat jy, vir daardie bedrag, geteken het, sal hy baie huiwerig

wees om dit te aanvaar, en met reg ook!! Hy ken jou nie, en of jou naam goed is vir daardie

bedrag nie. Sou die tjek egter deur Mnr. Bill Gates geteken wees, sou die verkoper van die huis

nie twee maal gedink het om die miljoen rand tjek te aanvaar nie. Hy weet dat die naam

onderaan die tjek vir homself spreek.

Die lering van Kadosh Hashem (wat beteken God se Heilige Naam) verduidelik dat God se

integriteit deur Sy Naam ondersteun word. Alles wat Hy doen is vir Sy Naams ontwil, vir die

ontwil om vir ons te voorsien moet Sy Naam geldig wees.

Dit word in die volgende skrifgedeelte in Esg. 36:19­23 verduidelik: En Ek het hulle ( die

Israeliete) verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle

geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge. En toe hulle by die nasies kom

waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle

gesê is: Hierdie mense is die volk van die Here, en hulle moes uit sy land uittrek. Toe

het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel

ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het. Daarom sê vir die huis van

Israel: So spreek die Here Here: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel,

maar ter wille van my heilige Naam, wat julle ontheilig het onder die nasies waar

julle gekom het. En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat

julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die

Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.

NOG SKRIF WAT NA GOD SE HEILIGE NAAM VERWYS ­ YAHWEH

Ps. 33:21: Want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.

Ps. 99:3: Laat hulle u grote en gedugte Naam loof!

Ps. 103:1: `n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne­in my

is, sy heilige Naam!

Ps. 105:3: Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE

soek, bly wees.

Ps. 106:47: Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u

heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

Ps. 111:9: Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Hy het sy verbond vir ewig

ingestel; sy Naam is heilig en vreeslik.

Ps. 138:2: Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u

goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u

toesegging groot gemaak.

Ps. 145:21: My mond sal die lof van die Here uitspreek, en laat alle vlees sy heilige

Naam loof vir ewig en altyd.

Jes. 47:4: Ons Verlosser – sy Naam is Here van die leërskare, die Heilige van

Israel.

Jes. 48:2: want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel,

Here van die leërskare is sy Naam.

Jes. 54:5: Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die

heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.

Jes. 57:15: Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is

sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en

nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe

die hart van die verbryseldes.

Eseg. 39:7: En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal

my heilige Naam nie meer laat onthelig nie; en die nasies sal weet dat Ek die Here is,

die Heilige in Israel.

Eseg: 39:25: Daarom, so sê die Here Here: Nou sal Ek die lot van Jakob verander

en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam.

Uit die bostaande skrif besef ons selfs nog meer, hoe belangrik God se Heilige Naam vir Hom

is, en dat Hy niks sal ontsien, om dit te beskerm nie. Ons moet altyd onthou dat deur dit te gee,

eerbied verskuldig is.

HERSTEL VAN GOD SE NAAM

Vader God is besig om Sy Naam onder Sy volk in Israel te herstel. Hy kom Sy beloftes aan

hulle na, ten spyte van hul hardheid van hart en ongehoorsaamheid aan Sy Woord.

Dit is ook belangrik, dat ons, wat Hom dien, Sy Naam ken, en daardeur Satan te stop in sy

poging om ons in verwarring te bring, wat kan veroorsaak dat ons `n heidense god as die God

van die Bybel aanvaar, in hierdie laaste dae.

Laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die

Naam van YESHUA HA MASIACH, wat julle gekruisig het, maar wat YAHWEH uit die

dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat `n hoeksteen geword het.

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder

die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie [ Hand.

4: 10 – 12].

Sy Naam is heilig en vreeslik [Ps. 111: 9]

Want Ek, YAHWEH het nie verander nie… [Mal. 3: 6].

Sy Naam is van ewigheid tot ewigheid – die naam YAHWEH.

Hoe om weergebore te word

1. ERKEN: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van

God (Rom 3:23) o God, wees my, sondaar, genadig! Lukas 18:13) In die lig van God

se Woord moet jy erken dat jy ‘n sondaar is.

2. BEKEER: Nee, sê Ek (Jesus) vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle

almal net so omkom. (Lukas 13:3) Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle

sondes uitgewis kan … (Handelinge 3:19) Kom tot die besef hoe afskuwelik sonde is en

draai weg daarvan.

3. BELY: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te

vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Johannes 1:9) Want met die

hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom 10:10)

Bely jou sondes voor God

4. VERLAAT: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes, en

laat hy hom tot die Here bekeer … want Hy vergeef menigvuldiglik. (Jesaja 55:7)

Net om jammer te wees oor jou sonde is nie genoeg nie. Ons moet begeer om die vir ewig te

verlaat.

5. GLO: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe

kan hê. (Johannes 3:16) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart

glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (Rom 10:9) Glo dat

Jesus Christus jou geheel en al verlos het by die Kruis.

6. ONTVANG: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem

nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders

van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (Johannes 1:11 en 12) Jy moet glo,

deur geloof, ontvang nou vir Jesus Christus in jou hart sodat jy die ondervinding van die

wedergeboorte van hê.

7. SKRYF NEER: Vandag se datum, op die binneblad van jou Bybel of lang ‘n Skrif gedeelte of

vers wat vir jou spesiale betekenis het. Laat dit altyd vir jou ‘n bevestiging wees dat jy jou

hart en lewe aan die Lewende God toegewy het, en dat Hy jou in Sy Liefde ontvang het.

Weerstaan satan deur aan hom hierdie spesifieke vers uit te wys wanneer jy jou aanval met

onsekerheid en verwardheid.

8. LEES: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.

(Romeine 10:17) Begin om elke dag ‘n hoofstuk uit die bybel te lees en pas God se

instruksies in jou daaglikse wandel met Hom toe.

9. BID: God is nou jou Hemelse Vader: praat elke dag met Hom. Bely jou sondes, loof Hom en

prys Hom omdat Hy jou vry gemaak het, vertel Hom van jou behoeftes, en dank Hom dat Hy

in al jou behoeftes voorsien: liggaamlik, finansieel en emosioneel (Fil. 4:19) Hier volg ‘n

gebed wat jy kan as ‘n riglyn kan gebruik om te bid. ”Hemelse Vader, ek erken dat ek ‘n

verlore sondaar is. Ek dank U dat Jesus vir my sondes gesterf het. Ek vra U om my

sondes te vergewe. Ek maak nou die deur van my hart en lewe vir U oop. Kom

asseblief binne en reinig my. Neem die leisels van my lewe: Ek wil deur U Heilige

Gees gelei word. Vader, ek dank U dat Jesus Christus nou my Verlosser en Heer is

en dat ek U kind is. Amen.”

10. LAAT U DOOP: U is nou ‘n kind van God, ‘n gelowige in die Here Jesus Christus. Die

volgende stap is om gedoop te word (onderdompel). Mark 16:16 sê Jesus hy wat glo en hom

laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Onthou nou dat u ‘n

kind van God is. U naam is in die boek van die Lam geskryf, omdat u gehoorsaam was aan

God se instruksies. Almal in die Nuwe Testament was gedoop NADAT hulle geglo het. Nadat

Paulus ’n ontmoeting met Jesus gehad het op die pad na Damaskus, was hy gedoop. Daarna

het hy twee derdes van die Nuwe Testament geskryf. Die klein doop of “besprinkeling” is

totaal onbybels. Nêrens in die Bybel was babas gedoop nie, want jy moet eers glo voordat jy

gedoop word.

11. WEES GEVUL MET DIE HEILIGE GEES: Volgens God se beloftes in Hand 2:38 en 39. Die

gawes wat met die doop in die Heilige Gees gepaard gaan is noodsaaklik om oorwinnaars in

die Here te wees.

12. GEMEENSKAP: Kry ‘n groep Wedergebore, gelowige Christene en hou samesyn op ‘n

gereelde basis. Hou altyd die prentjie in gedagte van die kooltjie wat in die vuur is aan gloei

terwyl dit in kontak met die vuur is, maar wat koud en dood gaan as dit te lank uit die vuur

is.

13. SKRYF AAN ONS: Ons sal graag van hulp wil wees in jou geestelike groei en sal enige vrae

oor hierdie onderwerp beantwoord. Skryf net aan ons by Stanger Christelike Sentrum, Posbus

232, Ballito, 4420.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!