06.05.2013 Views

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

aanvaarbaarste is.

Die Naam YAHWEH kom meer as 6000 keer in die Hebreeuse Bybel voor, alhoewel die

Engelse Bybels LORD lees en die Afrikaanse HERE. Die hoofredes vir die verwydering van Vader

God se oorspronklike, WERKLIKE NAAM was VREES en TRADISIE.

Die Jode wat in die laaste Ou Testamentiese tyd geleef het, het `n vrees ontwikkel aangaande

die uitspreek van die Naam, as gevolg van die Derde Gebod in Ex. 20: 7 waar die ydelike gebruik

van die Naam van YAHWEH ten sterkste veroordeel is. In Lev. 24 lees ons van `n man wat

gestenig is omdat hy godslasterik gepraat en die NAAM gevloek het. Lees ook Lev. 19: 12 en 18:

21. Tog het geeneen van hierdie gebooie die uitspreek van die naam YHWH verbied nie.

Na Koning Dawid se tyd het die Jode egter begin om na hul God as ADONAI (Here) te verwys,

uit vrees vir godslastering van Sy naam. Wanneer die Hebreeuse Bybel gelees is, is die woord

YHWH vervang met ADONAI en YAHWEH is verwyder uit die gesproke Hebreeus.

Ortodokse Jode in ons tyd sal selfs nooit die naam God uitspreek nie! Hulle skryf dit neer as:

G­D. God is nie ons Hemelse Vader se Naam nie, maar is `n title en kan inwerklikheid gebruik

word om na enige ander god te verwys, soos ons sien wat nou wêreldwyd gebeur. Ek glo ons

Vader God is besig om die Glorie van Sy Naam onder Sy kinders te herstel, om verwarring en die

saamvloei van alle godsdienste wat vandag so algemeen is, te vermy. As gelowiges in die EEN

WARE GOD, moet ons Sy Naam ken!

Min mense, wanneer hulle gevra word, kan die Naam van Vader God vir jou sê, dit word egter

nou reggestel en Vader God sal Sy Naam in die eind tye herstel.

Ons lees in Jes.52:6: Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet

op die dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

Jer. 32:20: wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in

Israel sowel as onder die mense, en vir U `n Naam gemaak het soos dit vandag is.

Heb. 8: 11: En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê:

Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

Daarom sal my volk ( alle gelowiges in YESHUA] op die dag.. my Naam ken [Jes.

52: 6]. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En

hulle sal sê: YAHWEH is my God! [Sag. 13: 9].

“JEHOVAH” – `n CHRISTELIKE MISVERSTAND

In sy artikel “Jehovah” – A Christian Misunderstanding, skryf David Bivin, Lid van die

Jerusalem Skool, die volgende:

In enige poging om die Bybel te verstaan, is daar geen plaasvervanger vir `n kennis van ou

Joodse gebruike en gewoontes nie. Byvoorbeeld, die term “Jehovah,” wat in baie Christelike

vertalings van die Bybel gevind word, het ontstaan weens `n gebrek aan die bewus wees van die

Joodse gebruik.

UITSPRAAK

In die Hebreeuse Skrif word die persoonlike naam van God met vier Hebreeuse letters geskryf

– yod, heh, vav, heh (yhwh), en daarom die tetragrammaton genoem. Die naam verskyn meer as

6000 keer in die Hebreeuse Skrifte.

Deur linguistiese vergelykings met ander ou Semitiese tale, kan geleerdes feitik seker wees

dat die goddelike naam oorspronklik uitgespreek is as yah.WEH. Die uitspraak van die eerste

lettergreep van die tetragrammaton is bevestig deur die verkorte vorm van God se naam yah (

oorgeskrywe “Jah” in die King James Vertaling), wat soms in bybelse poësie gebruik word (Ps.

68:5). Dit is ook bevestig deur die yah wat as `n suffiks by baie Hebreeuse name gevoeg word

soos ‘eliyah (Elia ) en ‘ovadyah (Obadja).

In die Eerste Tempel tydperk, ten minste tot die Babeloniese Ballingskap in 586 V.C., was die

goddelike naam gereeld in die daaglikse lewe uitgespreek. Teen die derde eeu V.C., alhoewel die

tetragrammaton nog deur priesters in sekere Tempel liturgies uitgespreek is, het Jode die gebruik

daarvan vermy, en in die plek daarvan eerder baie ander plaasvervangers gebruik soos

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!