06.05.2013 Views

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

Dr James Van Zyl - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

God van Abraham, Isak en Jakob – die God van die Bybel, Vader van ons Here Jesus Christus,

een en dieselfde is? ONMOONTLIK! Jesus het gesê: Ek is die weg en die waarheid en die

lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie (Joh. 14:6). Of ons glo Hom, of

ons glo Hom nie.

Dit wil voorkom asof die mense in die wêreld gemakliker voel om die leuen te glo, “dat daar

per slot van rekening net een god en skepper is, so dit maak tog nie werklik saak watter naam hy

genoem word nie.” Hulle reken dat ons almal dieselfde god dien, selfs as elke godsdiens `n

ander naam vir hom het. Dit is nie waar nie! En dit is presies waarom ek gedryf voel om hierdie

boek te skryf. As Christene, dien ons die een en enigste Ware God, Wie `n Seun het, en ons

Hemelse Vader is, die Almagtige Skepper, die Bron van alle lewe en intelligensie. En Hy het `n

persoonlike naam, `n naam wat Hyself geopenbaar het, en daardie naam is YHWH. In Hebreeus

word dit asvolg geskryf:

יהוה

Hy is die Groot EK IS, die Ewige Een, die Een wat was en is en sal kom, die Begin en die

Einde. Hy is die Almagtige. Hy is die Lig, die Lewe, Heilig, Liefde en Geregtigheid.

Alhoewel ek persoonlik `n man, `n mediese dokter, `n evangelis is – en mense my soms

mnr., dr., evangelis noem – is hierdie slegs aspekte van my as `n persoon. MAAR my Naam is

James van Zyl en diegene wat my goed ken, ken my naam. So is dit ook met ons God. Alhoewel

Hy baie wonderlike karaktertrekke het en mense Hom soms op hierdie karaktertrekke noem bv.

Elohim (GOD), El Shaddai [God Almagtig], Adonai [Here], is Sy werklike NAAM YAHWEH. Ons,

Sy Kinders wat Hom as ons God ken, behoort Sy Naam te ken.

Hy kan nie net op enige naam genoem word nie, en die tyd het aangebreek dat Sy WARE

NAAM deur Sy kinders geken en verstaan moet word.

GOD HET SY NAAM GEOPENBAAR

Dit is uit die Skrif duidelik dat `n naam vir God van groot belang is. Regdeur die Ou

Testament lees ons oor die betekenis van mense en plekke se name, wat God se planne en

doelstellings vir hulle beskryf en illustreer. Die volgende is `n paar voorbeelde wat uit die Ou en

Nuwe Testamente geneem is.

In Genesis 32:28 is dit aangeteken dat Jakob se naam ( wat onderkruiper beteken), verander

is na “Israel” nadat hy met die Engel van die Here geworstel het. Die naam Israel beteken “hy

sal soos God regeer.” Ons weet dat Jakob uiteidelik die vader van die twaalf stamme van Israel

geword het.

In Num.11:3, sien ons dat die naam “Tabera” ( wat brand beteken), aan die plek gegee is

omdat die vuur van die Here op daardie plek onder hulle gebrand het.

Dan lees ons weer in 1 Sam. 1:20 dat Hanna swanger geraak het en `n seun gebaar het en

sy naam Samuel gegee het, wat beteken, “ van God gehoor”. Die Here het haar gebed gehoor

en aan haar `n seun gegee.

In die Nuwe Testament lees ons in Luk. 1:59­61, hoe Johannes die Doper “Johannes” genoem

is, in gehoorsaamheid aan die bevele van die Engel wat aan sy vader, Sagaria die priester,

verskyn het. Die naam “Johannes” (Johanan) beteken YAHWEH is Genadig, omdat Johannes se

sending was om Jesus bekend te stel, die Lam van God, die Eniggeborene van die Vader, vol van

genade en waarheid (Joh.1 vers 14).

Jesus (Yeshua), is natuurlik `n baie spesiale naam, trouens die Bybel vertel ons

dat dit die Naam bo alle Name is. In Mat. 1:21 sien ons hoe Josef sy seun Jesus

genoem het, in gehoorsaamheid aan die bevele van die engel van die Here. Die naam

van Jesus (YESHUA in Hebreeus), beteken YAHWEH red. Dit is die Naam wat Maria

aan haar Baba moes gee!

Ons kan uit bogenoemde voorbeelde sien hoe betekenisvol name vir Vader God is en kan dus

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!