01.09.2013 Views

Die karakter van God - Stanger Christian Centre

Die karakter van God - Stanger Christian Centre

Die karakter van God - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1

Hoofstuk 1

DIE GOEDERTIERENHEID VAN GOD

1

Die Karakter van God

Hierdie artikel gaan oor die GROOTHEID en die GOEDHEID van ons Hemelse Vader,

m.a.w. SY KARAKTER. Een van die definisies wat die Verklarende Woordeboek gee van

KARAKTER is: geheel van identiteitseienskappe van ‘n persoon; sy wese, aard,

geaardheid, inbors.

Volgens die Bybel is dit onmoontlik vir die mens om God te ken deur sy natuurlike

verstand.

Matt. 11:27: Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die

Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die

Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

1 Kor. 2:14: Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God

nie aan nie want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie,

omdat dit geestelik beoordeel word.

Tensy God dus die inisiatief neem en Homself openbaar, is God ONKENBAAR. Maar,

God het Homself openbaar in die SKRIFTE en in JESUS CHRISTUS (Die Geskrewe

Woord en die Lewende Woord)

ONS HET MEER NODIG AS ‘N TEORETIESE KENNIS – ons benodig ‘N ONDERVINDING

– KENNIS.

God word net waarlik geken in ons gees soos ons aan Hom OORGEE; WANDEL (lewe)

volgens Sy voorskrifte en opdragte.

Hos. 6:3: En laat ons KEN – laat ons dit najaag om die Here TE KEN …..

(Engels Amplified): Yes, let us know – recognise, be acquainted with and

understand Him; let us be zealous TO KNOW the Lord – to appreciate, give

heed to and cherish Him.

Jer. 9:23­24: So sê die Here: laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid

nie, en laat die sterkte hom nie beroem op sy sterke nie, laat die ryke hom nie

beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem

DAT HY VERSTAAN EN MY KEN, (Engels Amplified: knows me personally and

practically, directly discerning and recognizing my CHARACTER) dat ek die Here is

wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen, want in diè

dinge (om goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde te doen) het Ek ‘n

behae, spreek die Here.

Baie mense weet VAN GOD, MAAR KEN HOM NIE. Dis vir hulle ‘n verstandelike kennis.

Hulle weet VAN Napoleon of VAN Paul Kruger. Om Hom te KEN en met Hom ‘n

verhouding te hê is iets heel anders. Dis ook net die mens wat Hom KEN wat volgens Sy

opdragte kan lewe, ‘n doel in die lewe sien en hê, en dit met vrede en sukses kan

uitleef.

Waarom is dit belangrik om God te ken?

A. DIT VERMEERDER JOU VERTROUE IN GOD.

‘n Mens vertrou nie iemand wat hy nie ken nie. Wanneer jy aansoek doen om krediet

by enige besigheid, word ‘n getuigskrif oor jou karakter vereis. So is die Bybel eintlik

God se KARAKTER – GETUIGSKRIF.

God se KARAKTER is Sy WIL en Sy Wil is SY WOORD. 1 Joh. 14 en 15: En dit is die

vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra

VOLGENS SY WIL (Sy Woord, Sy karakter).

B. WANNEER JY IN ‘N KRISIS BELAND, VERGROOT DIT JOU BEGRIP VAN

GOD.

Ps. 34:4: Maak die Here saam met my groot, en laat ons saam Sy Naam

verhef!

M.a.w. wanneer jy in ‘n krisis kom, sien jy dat God GROTER is as die krisis. Jy sien

Hom so groot as wat die Woord sê dat Hy is. Neem as voorbeeld Dawid en Goliat. Die

volk van Israel het na die reus gekyk maar Dawid nà God, en in sy oë was God steeds

groter as die reus, WANT HY HET SY GOD GEKEN! Lees 1 Sam. 17:10, 11, 16 en 24 en

let op hoe vol vrees was die Israeliete t.o.v. die Filistyne en Goliat. Maar hoor met

watter waagmoed en minagting praat Dawid van die reus:

Vers 26: Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat

sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel

wegneem? Want wie is hierdie ONBESNEDE Filistyn, dat hy die SLAGORDES

VAN DIE LEWENDE GOD DURF UITDAAG? Satan se strategie is altyd om ‘n

WANVOORSTELLING VAN GOD TE GEE: Om Hom kleiner te laat voorkom as wat Hy

werklik is.

C. SOOS JY DIE KARAKTER VAN GOD LEER KEN, GROEI JOU VERTROUE IN

HOM.

Jy vertrou Sy goedertierenheid, getrouheid, onsterflikheid, liefde en geregtigheid. Dit

vereis baie waagmoed om standpunt in te neem vir God.

Dan. 11:32: … maar die volk wat hulle God KEN, sal vashou en OPTREE.

M.a.w. hulle sal WEIER om KOMPROMIEë TE MAAK. Let op ‘n paar voorbeelde:

Daniël en sy drie vriende aan die hof van die heidense koning (Dan. 6:10­11)

Die drie Hebreërs in Nebukadnessor se vuuroond (Dan. 3). Daniël se voortgesette

gebede alhoewel die koning dit belet het (Dan. 16:10) Toe volg die leeukuil.

Hierdie manne was uiters braaf OMDAT HULLE GOD GEKEN HET.

D. JY SAL GOD SE STEM KEN.

Joh. 10:4: … en die skape volg hom, omdat hulle SY STEM KEN.

As jy jou Hemelse Vader se Stem KEN, sal jy nie deur die vyand se stem mislei word

nie.

E. JY SAL VREDE IN JOU HART Hê.

Job. 22:21: Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy VREDE kan hê; daardeur

sal goeie dinge oor jou kom.

Acquaint now yourself with Him, and be at peace; by that good shall come to

you. (English Amplified)

F. DIE MATE WAARIN JY HOM KEN IS DIE MATE WAARIN JY

HOM GAAN BEKEND MAAK EN VERKONDIG.

Lees nog ‘n maal die vorige sinnetjie. ‘n Mens wat nie ‘n ondervinding met Jesus

Christus gehad het nie, en nie God KEN nie, het niks om van te getuig nie! Maar

wanneer jy Hom KEN, kan jy nie ophou praat van Sy Godheid en Grootheid nie. Om God

te KEN is dus belangrik vir effektiewe evangelisasie, want evangelisasie is baie meer as

‘n metode. DIT IS OM ‘N ONDERVINDING of ‘n VERHOUDING weer te gee. Dis op

hierdie wyse dat die Vroeë Kerk, die Kerk van Handelinge wat vandag nog ons ’n

maatstaf vir die kerk behoort te wees, die Evangelie uitgedra het. Jy sien, as jy nie ‘n

verhouding met God het nie, het jy nie `n boodskap om aan ander te vertel nie.

Die eerste eienskap van die Karakter van God waaraan ons ernstige aandag gaan gee,

is die GOEDHEID VAN GOD.

Lees Ps. 107: vers 1: Loof die Here, want Hy is GOED, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid! Let op verse 8, 15, 21, 31, 43.

Eks. 34:6: En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here,

barmhartige en genadige God, lankmoedig en GROOT VAN

GOEDERTIERENHEID en trou….

Moses vra vir God om Sy heerlikheid aan hom te wys (Eks. 33:18­19)

God se HEERLIKHEID is Sy GOEDHEID (Eks. 34:6) Wanneer ons God se goedheid

ondervind, ondervind ons `n manifestasie van sy heerlikheid bv. "die hemele (die werke

van Sy hande) verklaar die heerlikheid van God" (Ps. 8) As God goed is, is die werke

van Sy Hande goed. Gen. 1:31 "dit was baie goed" Luk. 2:14: "in die mense `n

welbehae" verwys na die Geskenk van Sy Seun, Titus 2:11 "want die reddende genade

van God het aan alle mense verskyn." GENADE en WELWILLENDHEID,

GOEDERTIERENHEID.

Hier volg ‘n definisie van “Groot van goedertierenheid” deur I T Parker: Dit is die

kwaliteit van vrygewigheid. Vrygewigheid beteken ‘n neiging/geaardheid om aan ander

te gee op ‘n wyse wat geen inhalige motief het nie (Jak. 1:5) en word nie beperk deur

wat die ontvanger verdien nie, maar gaan konsekwent verder (verby) as dit.

Vrygewigheid druk die eenvoudige wens uit dat andere moet hê wat hulle benodig om

hulle gelukkig te maak. Vrygewigheid is dit fokuspunt van God se morele volmaaktheid

en dit is die kwaliteit wat bepaal hoe al God se ander voortreflikhede vertoon sal word.

God is spontaan goed, en loop­oor van vrygewigheid.

GOD IS GOED TEENOOR ALMAL: REGVERDIGE EN ONREGVERDIGE.

Ps. 145:9: Die Here is vir ALMAL GOED, en sy barmhartighede is oor al sy

werke.

Ps. 145:15: Die oë van almal wag op U en U gee hulle hul spys op die regte

tyd.

Ps. 145:16: U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.

Hand. 14:17: …. Al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te

doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met

voedsel en vrolikheid te vervul.

Matt. 5:45: sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is,

want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op

regverdiges en onregverdiges.

Rom. 2:4: …. Omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot

bekering wil lei nie?

DIE GOEDHEID VAN GOD IS DIE EERSTE EIENSKAP VAN GOD WAT SATAN WIL

VERDRAAI:

Bv. Satan VERLEI EVA – Gen. 3:1: Maar die slang was listiger as al die diere van

die veld wat die Here God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat

God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

Satan het God se Woord verdraai. Eva het toegevoeg tot God se Woord – “aanroer”

(vers 3) – en speel in die duiwel se hand en verdraai so God se Woord. Satan

weerspreek God – “Julle sal gewis nie sterwe nie.” (vers 4) oë sal oopgaan ….. goed en

kwaad te ken”. Hierdeur insinueer satan dat God iets voordelig wil weerhou, daarom het

sy ‘n goeie rede om ongehoorsaam te wees. Satan gebruik subtiele misleiding en spreek

die neiging na God in Eva aan, bv. Om soos God te wees. Eva was verblind vir die

prinsiep van gehoorsaamheid aan God. Satan het eerstens die goeie gebruik om die

bose teweeg te bring: wees wys en ongehoorsaam. Toe het hy die bose gebruik om

die goeie teweeg te bring: wees ongehoorsaam en wees wys.

GOD WORD BLAMEER VIR RAMPE IN DIE WêRELD: Neem bv. ‘n vliegtuigramp. Die

mense se eie feilbaarheid het dit teweeggebring (God het tog nie die vliegtuig

vervaardig, of die goedere in die romp gelaai of die bom daarin gesit nie) maar

onmiddellik sê hy dit is seker die Wil van God! Oorloë is die gevolg van die mens se

sonde en gierigheid en drang na mag en besittings. Wanneer kinders gedood word of

sterf aan siekte, word God se Wil weereens gebruik as ‘n troosmiddel, maar tog kom Hy

dan voor as ‘n moordenaar, WAT HY NIE IS NIE! SATAN IS ‘N MOORDENAAR!

Joh. 10:10: Die dief (die duiwel) kom net om te steel en te slag en te

verwoes. Ek (Jesus Christus) het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Siekte word ook altyd aan God toegeskryf, terwyl Jesus Christus reeds aan die kruis

vir AL ons siektes betaal het deur die wonde wat Hy gely het. (Jes. 53:4 en 5) Kyk weer

a Joh. 10:10 wat ons reeds genoem het. Siekte, STEEL, SLAG en VERWOES. Dis beslis

nie God wat dit doen nie, maar satan, die dief! ‘n Aangrypende voorbeeld is die

vloedramp wat ‘n paar jaar gelede Laingsburg het. Tradisie het dit genoem “die Hand

van God” en die rivier wat die verspoeling teweeggebring het, vergelyk met “die strome

van God” (Openb. 10; Ps. 65:10, Ps. 36:9)

Intussen was die werklike oorsaak, die mens se sonde van gierigheid wat oor baie jare

daardie landstreke waarlangs die rivier van Laingsburg vloei, OOR­bewei het, wat weer

ernstige gronderosie veroorsaak het. Toe die rivier met fors begin afkom, was daar

uiteindelik nie meer sterk grond en walle om dit te keer nie. Die God van

goedertierenheid wat ‘n welbehae in die mens het, het dit beslis NIE VEROORSAAK NIE!

Maar die mens word al van toeka af deur satan verlei om God te blameer vir alle rampe

wat hom tref. VOORBEELD: JOB WORD MISLEI DAT GOD SY PROBLEEM IS – Job 1 en

2. Satan se doel was om Job te dwing om sy geloof te verloën deur vir hom wys te

maak dat God sy probleem is. M.a.w. DAT GOD JOB GESTRAF HET SONDER ‘N REDE.

N.B Job is die oudstse boek in die Bybel, m.a.w. God se eerste geskrewe openbaring

aan die mens. Dit openbaar satan as die oorsaak van so baie ellende en dat God goed

is, en beslis nie dat God GEE en NEEM nie. God GEE wel, maar satan NEEM. (Lees

gerus ons boekie DIE CHRISTEN EN JOB) VERAL GODSDIENSTIGE MENSE STEL GOD

VOOR AS BAIE HARTVOGTIG: bv. Let op die verlore seun se broer (Luk. 15). Hy het in

sy vader se huis gewoon en tog nooit werklik sy vader geken nie. Die vader van hierdie

gelykenis is eintlik die hoofkarakter, want dis sy onpeilbare liefde en goedertierenheid

wat uitstaande is wanneer hy sy verlore seun terug ontvang. Dis ook aan sy vader se

goedheid wat die verlore seun dink toe hy tussen die varke was, en daarom keer hy

terug. Weereens Rom. 2:4: die goedertierenheid van God lei tot bekering. Die

ouer broer murmureer oor goedheid wat sy vader oor die jonger broer uitstort, maar die

tragiese is dat hy, die ouer broer, AL die tyd LEES tot sy beskikking gehad het. Hierdie

gelykenis is van God die Vader en ons, Sy kinders. Sy GOEDERTIERENHEID is altyd daar

om die hart wat werklik berou het, terug te verwelkom. DIE GOEDHEID VAN GOD IS

ONS BEMOEDIGING: Nahum 1:7: Die Here is goed, `n toevlug in die dag van

benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil. “Ons moet nooit eers vir ‘n oomblik

ongeloof verdra i.v.m die goedheid van God nie. Wat anders ookal bevraagteken word,

kan verdra word, maar dis absoluut seker, dat God GOED is. Sy tye mag verander, maar

Sy KARAKTER is altyd dieselfde". Hierdie is die woorde van die bekende Godsman, C H

Spurgeon. 2 Kor. 9:8: En God het mag om ALLE GENADE OORVLOEDIG oor julle

te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte VOLOP kan hê en

OORVLOEDIG kan wees tot elke goeie werk. Ef. 3:20: En aan Hom wat mag het

om te doen VER BO ALLES wat ons bid of dink, volgens die krag Christus) wat IN ons

werk.

Geliefde, ek vertrou dat hierdie deel oor die Karakter van God vir jou ‘n bemoediging

is, en dat jy Sy GOEDERTIERENHEID elke dag meer en meer sal ondervind en die skuld

vir ellende by die regte deur sal neersit, nl. Die van satan. Loof en prys God vir SY

GOEDERTIERENHEID en Hy sal dit in oorvloed op jou uitstort.

Hoofstuk 2

DIE LIEFDE VAN GOD

In die vorige hoofstuk Het ons begin om die karakter van God te bestudeer, en ons het

gesien dat wanneer ons God KEN (nie ‘n teoretiese kennis nie, maar ‘n

ondervindingskennis) vermeerder dit ons vertroue in God. Wanneer ons dan in ‘n krisis

beland, vergroot dit ons begrip van en geloof in God. Jy sal dan weier om kompromie te

maak met die wêreld of tradisie, jy sal God se Stem ken en jy sal vrede in jou hart hê.

Nog ‘n belangrike gevolgtrekking waartoe ons gekom het was dat die mate waarin jy

Hom ken gaan bepaal tot watter mate jy vir Hom gaan getuig en lewe.

Die eerste karaktertrek van God waaroor ons gesels het, was SY GOEDERTIERENHEID.

Ons het vasgestel dat satan volhardend probeer om die mens aan hierdie GOEDHEID

van God te laat twyfel en die blaam van siekte en terugslae aan God te laat toeskryf. Die

Bybel verklaar en vertel egter byna op elke bladsy van God se GOEDHEID en Sy

welbehae in die mens. Om hieraan te twyfel is om in satan se hand te speel.

Nahum 1:7. DIE HERE IS GOED, ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy

ken die wat by Hom skuil.

In hierdie tweede hoofstuk gaan ons kyk na die LIEFDE VAN GOD en my

gebed is dat Hy jou baie nuwe insiggewende en bemoedigende insigte gaan

gee d.m.v. hierdie lering.

God het nie net liefde nie, maar HY IS LIEFDE.

Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. Hierin is die

liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld

gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons

liefgehad het en Sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.

Geliefdes, as God ons sò lief gehad het, behoort ons ook mekaar te hê.

Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en

het sy liefde in ons volmaak geword.

Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees

gegee het. En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as

Verlosser van die wêreld gestuur het. Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van

God is – God bly in hom, en hy in God. En ons het die liefde wat God tot ons

het, leer ken en geglo. God is liefde, en hy wat in die liefde bly, bly in God, en

God in hom. (1 Joh. 4:8­16)

Kom ons let op 9 aspekte van die Liefde van God.

1. GOD SE LIEFDE KAN NIE BEINVLOED WORD NIE.

God se hele natuur is liefde. God se hart is liefde. Daar is geen kwaliteite of eienskappe

wat God se liefde kan aantrek na die voorwerpe wat Hy liefhet nie.

Dis ‘n belangrike stelling – lees dit weer, asb. Want ons is tog Sy skepping en het

weens sonde eintlik afstootlik geword vir Sy Heiligheid. Hy het ons lief om Homself:

OMDAT HY LIEFDE IS.

Wanneer ons ‘n ander persoon liefhet is dit gewoonlik omdat ons iets aantrekliks in

hom vind; hy vind byval by ons. Maar ons het niks om by God mee byval te vind nie.

Tog KIES Hy om ons lief te hê: dis Sy soewereine wil, tenspyte van wat die mens is of

gedoen het. Soos vir Israel van ouds, sê Hy vandag nog vir die mens: Die Here het ‘n

welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies nie omdat julle meer was as al

die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. (Deut. 7:7)

God het ons van ewigheid af lief daarom kan niks aan ‘n persoon die oorsaak wees van

wat in God was van die Begin af nie. Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n EWIGE

liefde…. (Jer. 31:3)

Hy het ons liefgehad toe ons nog teenoor Hom vyandig gesind was, en sò het Hy

reeds Sy eie gebid nagekom wat lui dat ons ons vyande moet lief hê.

… maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het

toe ons nog sondaars was (Rom. 5:8­10)

Ons het God lief OMDAT HY ONS EERSTE LIEFGEHAD het (Joh. 4:19) Hierdie eienskap

van God, nl. Sy Liefde, is een van Sy oodraaglike eienskappe aan SY Kinders, nl. hulle

wat weergebore en Geesvervuld is. Nie al God se eienskappe is oordraaglik nie. Hy is bv.

Alomteenwoordig, alwetend en almagtig: sò kan Sy Kinders nie wees nie. Maar Sy

Kinders besit wel Sy Liefde. Dis die agapè liefde, Goddelike liefde, die Godsoortige liefde.

Daarom kan die gelowige ook KIES om lief te hê, en hoef nie te wag vir iets in sy

medemens om by hom byval te vind voordat hy hom kan liefhê nie.

2. GOD SE LIEFDE IS EWIG

Kyk weer na Jer. 31:3: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n EWIGE liefde…..

As God ons kon liefhê toe ons nog sondaars was, vyande van die Kruis, kan ons

verseker wees dat Hy sal aanhou om ons lief te hê. God is EWIG daarom is Sy LIEFDE

EWIG. Wanneer jy dit besef dan twyfel jy nooit aan God se Liefde vir jou nie. Dan,

wanneer ‘n krisis kom, dink jy nie dat God jou nie meer liefhet en Sy Liefde van jou af

onttrek is nie. Sy Liefde is dan EWIG! ‘n Vader en ‘n moeder onttrek nie hulle liefde van

hulle stout kind af nie, en God se Vaderliefde vir ons is tog soveel GROTER as die van ‘n

aardse ouer vir sy kind. Die omgang tussen die ouer en die kind is wel versteur, maar

die verhouding is nie verbreek nie. God is EWIG daarom is Sy LIEFDE EWIG!

3. GOD SE LIEFDE IS NIE `N EMOSIE NIE.

Dis by hierdie aspek waar die meeste mense baie verwar raak oor liefde. Ons het

slegs ‘n konsep van menslike liefde wat verander met gevoelens en omstandighede. God

se Liefde is ‘ KEUSE VAN SY WIL: HY KIES om lief te hê en daarom verander Sy Liefde

nie.

In die Bybel lees ons van drie verskillende soorte liefde, nl. broederliefde (Grieks:

fileo), vleeslike liefde (Grieks: eros – dis fisiese aantreklikheid wat satan nou weer

pervert het sodat dit SEKS beklemtoon en die wêreld se standaard vir aanvaarbaarheid

geword het) en Goddelike liefde (Grieks: agapè). Agape soek altyd die welsyn en

voordele van ander: dit GEE altyd.

Want sò lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun GEGEE

het…. (Joh. 3:16)

Die mens se liefde is op ‘n emosionele vlak, maar op onstabiele emosies kan jy nie ‘n

verhouding bou nie – gevoelens is misleidend.

God s Liefde is nie op en af nie: Hy het Sy Liefde met Sy dade bevestig. Ons was

sondaars wat die hel verdien het. God het GEKIES om ons lief te hê. En dit het nie

gebeur omdat Hy een oggend goed gevoel het en gesê het: “Ek voel lus om daardie

arme klomp sondaars te red nie.” Nee, Hy het GEKIES om ons van ewigheid tot

ewigheid lief te hê.

4. GOD SE LIEFDE IS HEILIG

Sy liefde is nie slap en na willekeur nie, dis standvastig en regverdig. Ons praat verder

aan weer hiervan.

5. GOD SE LIEFDE KAN NET DEUR DIE INNERLIKE VAN DIE MENS BEGRYP

WORD.

Ef. 3:16­19: … dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid

om met krag versterk te word deur die geloof in julle harte kan woon, julle

wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam

met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en

hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat hulle

vervul kan word tot al die volheid van God.

Vers 16 praat van die “innerlike mens” en vers 17 sê: ….julle wat in die LIEFDE

gewortel en gegrond is. Vers 18 en 19: en julle in staat kan wees om saam

met al die heiliges (wedergebore, Geesvervulde Kinders van God) TEN VOLLE

TE BEGRYP wat die BREEDTE en LENGTE en DIEPTE en HOOGTE is, en die

LIEFDE van Christus TE KEN wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan

word tot al die VOLHEID VAN GOD.

Die Kind van God is dus geplant in hierdie liefde wat alle kop kennis oortref, en jy kan

dus die volle dimensie van hierdie LIEFDE BEGRYP: die breedte, lengte, diepte en

hoogte daarvan.

Wanneer jy volgens hierdie liefde optree en wandel, beweeg jy in die VOLHEID van die

geestelike realme. So bring jy die Liefde van God in jou omstandighede in. As jy nie in

hierdie liefde lewe nie, begryp jy nie die Liefde van God nie. Jy mag ‘n paar Skriftekste

ken, maar jy BEGRYP hierdie Goddelike Liefde wanneer jy dit in die praktyk toe pas.

6. GOD SE LIEFDE IS PERFEK.

Ons het in Ef. 3:18 (hierbo) gelees van die begrip wat God se Kind kan hê van die

breedte, lengte, diepte en hoogte van Sy Liefde. As ons die diepte en hoogte as een sy

van ‘n blokkie (kubus) kan neem, vind ons die ander twee sye is die lengte en breedte.

Vir die Hebreeuse denkwyse simboliseer die eweredigheid van die kubus

VOLMAAKTHEID (perfektheid, volkomenheid) So sien ons dat in Moses se tabernakel die

Aller Heiligste ‘n kubieke maat gehad het (el). In Salomo se tempel was dit ook die

geval, maar net groter. Kyk na die mate van die Hemelse Stad van Openb. 21:16.

God se liefde besit so ‘n VOLMAAKTHEID. Kom ons ondersoek dit.

7. DIE KRUIS IS DIE HOOGSTE UITDRUKKING VAN GOD SE LIEFDE

Die omstandighede van Jesus Christus se dood illustreer vir ons die breedte, lengte,

diepte en hoogte van God se Liefde.

A. OPSKRIF BOKANT DIE KRUIS:

En daar was ook ‘n opskrif bokant om geskrywe in Griekse en Romeinse en

Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE. (Luk. 23:38)

Hebreeuse was die godsdienstige taal van daardie tyd, Grieks die kulturele taal en

Latyn die taal van die gereg. Die drie tale was nie net simbolies van die hele spektrum

van die samelewing nie, maar van die ganse aarde, en almal was saamgevat op die

Kruis. Die ganse mensdom was hier ingesluit: Die BREEDTE van die Liefde van God.

B. CHRISTUS SE UITROEP.

…..en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê:

Eli, Eli, lama sbagtani? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

(Matt. 27:46)

Hier het God Sy Seun verlaat. Dit is die LENGTE waartoe die Liefde van God gegaan

het om die mens te red. Sy Seun het sonde vir ons geword, en die ewige straf in ons

plek gedra.

Kan jy sien hoe dwaas dit is om te redeneer dat God ons oordeel vir ons sondes

wanneer ellende ons oorval?! Jesus was klaar geoordeel aan die Kruis vir ons sonde van

gister, vandag en more.

… en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde. (1

Joh. 1:7)

C. TUSSEN TWEE KWAADDOENERS:

En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom

daar gekruisig, en die kwaaddoeners een aan die regter – en een aan die

linkerkant (Luk. 23:33)

En Jesus antwoord hom. Voorwaar, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in

die Paradys wees. (Luk. 24:43) Die DIEPTE van God se Liefde reik tot by die dief,

die modenaar...

Die HOOGTE van God se Liefde lig die sterwende oortreder tot in die Paradys. Die

uitgeworpene wat die mens verwerp, is vir God steeds kosbaar.

Ek het ‘n Engelse uitdrukking gehoor wat lui: “It takes us from the guttermost

(slootdieptes) to the uttermost (die hoogste hoogtes)” Dis presies wat God se Liefde vir

die mens doen.

Christus Jesus aan die Kruis is die manifestasie van God se Liefde: dis die sentrale

openbaring van die Liefde van God.

(As jy nog nie ons boekie DIE NAGMAAL EN GENESING gelees het nie, kan jy gerus

dadelik vir jou `n kopie bestel. Dit sal vir jou `n insig gee van wat Jesus aan die Kruis

gely het en hoe jy daardeur kan LEWE)

D. GOD VERLANG (EIS) DAT ONS IN HIERDIE LIEFDE MOET WANDEL.

Ons weet dat volgens Matt. 22 is die EERSTE en TWEEDE GEBOD van God: LIEFDE.

Maar Hy gee nooit vir ons ‘n opdrag wat Hy nie reeds uitgevoer het nie. In Ef. 5:1 en 2

word ons soos volg beveel:

Wees dan NAVOLGERS van God soos geliefde kinders, en WANDEL IN

LIEFDE, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as

‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.

Liefde moet vir God se Kinders ‘n lewenswyse wees, soos dit vir Christus was (ons

moet Sy navolgers wees).

‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê, soos Ek julle

liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê (Joh. 13:34)

Lees ook Joh. 17:24­26.

Wees aan niemand iets verskuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy was ‘n

ander liefhet, het die wet vervul (Rom. 13:8) Die Here het gesê dat Hy ons ‘n NUWE

gebod gegee het. Wat was NUUT daaraan? Jesus Christus het met Sy lewe en sterwe dit

aan ons gedemonstreer, m.a.w. Hy het vir ons gewys HOE ons moet lief hê. Ons moet

Sy navolgers wees.

Hoe het Hy liefgehad? Hy het diegene liefgehad wat nie Sy Liefde weer was nie, sy

vyande: Hy het tot vir hulle gesterf. Hy het ander se laste gedra. Nou sal jy miskien sê

dat jy nie God is nie – hoe kan jy dan so liefhê.

Kom ek wys vir jou twee interessant tekste.

2 Pet. 1:3­4: Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die

lewe en godsvrug dien deur die kennis van Hom.. Sodat julle daardeur

DEELGENOTE kan word van die goddelike natuur.

As Kinders van God het ons DEELGENOTE geword van Sy Goddelike Natuur, en Sy

Natuur is Liefde. ONS KAN DUS LIEF Hê SOOS HY LIEFHET.

Rom. 5:5: …. Omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die

Heilige Gees wat aan ons gegee is.

As Kinders van God (wedergebore en Geesvervuld) is GOD SE LIEFDE UITGESTORT IN

ONS HARTE. Is jy Geesvervuld? Dan vloei God se Liefde in jou hart, en nooit kan jy sê jy

kan nie iemand lief te hê nie. (Dis mos die MODE in vandag se huwelike!)

Jesus Christus het GEKIES om Sy Liefde aan die Kruis te demonstreer. As Kinders van

God moet ons Sy navolgers wees en KIES om lief te hê – emosies is ‘n bonus!

Agapè liefde faal nooit. Soos God se Liefde in ‘n situasie en in ‘n ander persoon se lewe

in gebring word, word verandering bewerk. NIKS IS VIR GOD ONMOONTLIK NIE ! Jy

mag miskien uitroep: “Ek het al twee, drie – maal probeer, en nog niks vermag nie!”

Wanneer jy liefde saai, kom die oes nie dadelik nie – so is dit ook in die natuur. Miskien

gaan jy eers later die oes insamel, MAAR DAAR GAAN ‘N OES WEES! Hoeveel mense

verwerp nie vir baie jare God se liefde nie, en dan skielik op ‘n dag oorweldig dit hulle.

Geloof en liefde gaan hand­aan­hand. Jou liefdesdaad is ‘n geloofsdaad. Jy stel jou

geloof vry as jy liefde demonstreer. Liefde is nie WOORDE nie, maar wel OPTREDE. Kyk

na Skrifte soos Luk. 6:36­38, 2 Kor. 9:6­11, Gal. 6:7­8.

E. LIEFDE VERDRYF DIE DUIWEL.

1 Joh. 4:16­19: En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo

God is liefde, en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom.

Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê

in die oordeelsdag, want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Daar is geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde dryf die vrees

buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword

in die liefde nie.

Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Goddelike Liefde verdryf vrees omdat dit volmaak is. Omdat liefde die teenoorgestelde

is van satan se karakter, vlug hy daarvoor weg. Satan bring vrees, maar hy vlug as jy

God se Liefde in omstandighede inbring. Om in liefdeloosheid op te tree, is om met die

duiwel saam te werk, maar om lief te hê is om met God saam te werk. As jy volhou om

te haat verbitter en hardkoppig en vol rebellie te wees, is jy net soos die duiwel en hy

voel tuis by jou. Wanneer jy soos ‘n navolger van God in liefde optree, verdryf jy die

duiwel.

Onthou KIES om lief te hê en TREE OP. Vra God HOE jy liefde in ‘n saak kan

demonstreer – Hy sal vir jou wysheid gee.

Ek vertrou dat hierdie lering oor die LIEFDE VAN GOD jou sal help om eerstens NOOIT

WEER aan Sy Liefde vir jou te twyfel nie, en tweedens, jou aangemoedig het om

voortdurend IN LIEFDE teenoor jou medemens te lewe, of jy nou daarna voel of nie! Ek

sluit af met ‘n uitstekende belydenis oor LIEFDE. Jy kan dit dikwels vir jouself, vir God

en die duiwel, herhaal en GLO dit met jou hart. Anders is dit ‘n ydele herhaling van

woorde wat niks bereik nie!

Ek is die tempel van God. Dit beteken dat ek ‘n tempel van liefde is: ‘n heilige gebou,

‘n geestelike huis. Ek is die woonplek van God. Dit beteken dat ek ‘n liefdehuis is: ‘n

houer van liefde. Liefde woon in my. Ek is ‘n liefdeskind. Ek dien ‘n God van Liefde.

Die liefde van God vloei ongehinderd deur my. Dit is Goddelike Liefde. Ek kan hierdie

liefde nie wegsteek of keer nie, daarom vloei dit van my uit. Ek gaan in hierdie liefde

van God waar ek ookal gaan en dit maak nie saak wat ander aan my doen of hoe

liefdeloos hulle teenoor my is nie, ek KIES om hulle lief te hê en ek bevestig my keuse

met my DADE.

Hoofstuk 3

DIE HEILIGHEID VAN GOD

Die eerste twee hoofstukke het gegaan oor (1) die GOEDERTIERENHEID van God en

die GROOTHEID van God, en (2) die LIEFDE van God. Ons het gesien dat God nie net

LIEFDE het nie, maar dat Hy LIEFDE IS! Sy Liefde kan nie beinvloed word nie, dit is

ewig, dit is nie ‘n emosie nie, dit is heilig, dit is volmaak, dit verdryf die duiwel, die Kruis

is die hoogste uitdrukking van hierdie liefde en GOD VERLANG (EIS) DAT SY KINDERS

IN HIERDIE LIEFDE MOET WANDEL (LEWE). Ons het afgesluit met die volgende

belydenis (wat ek vertrou jy daagliks bely met jou mond en glo met jou hart).

Ek is die tempel van God. Dit beteken dat ek ‘n tempel van liefde is: ‘n heilige gebou,

‘n geestelike huis. Ek is die woonplek van God. Dit beteken dat ek ‘n liefdehuis is: ‘n

houer van liefde. Ek is ‘n liefdeskind. Ek dien ‘n God van Liefde. Die liefde van God vloei

ongehinderd deur my. Dit is Goddelike Liefde. Ek kan hierdie liefde nie wegsteek of keer

nie, daarom vloei dit van my uit.

Ek gaan in hierdie liefde van God, waar ek ookal gaan en dit maak nie saak wat ander

aan my doen of hoe liefdeloos hulle teenoor my is nie, ek KIES om hulle lief te hê en ek

bevestig my keuse met my DADE.

Die karaktertrek van God wat ons hierdie keer oor gaan praat is die HEILIGHEID VAN

GOD.

Die Hebreeuse woord vir heilige is kadesh en die grondliggende mening is OM AF TE

SONDER, of EENKANT TE PLAAS. So kry ons dat die mense van die Ou Testament baie

dinge AFGESONDER of GEHEILIG het. Die tabernakel, die tempel, die priesterdom.

Met betrekking tot God beteken hierdie afsondering dat Hy afsonderlik en verhewe is

bo alles en almal in die ganse heelal.

1 Sam. 2:2: Niemand is HEILIG soos die Here nie, ja, daar is niemand buiten

U, en daar is geen rots soos onse God nie. Openb. 15:4: Wie sal U nie vrees

nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is HEILIG; want al die

nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword

het.

1 Joh. 1:5: En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan

julle verkondig: God is LIG, en geen duisternis is in Hom nie.

God is dus geheel en al HEILIG, en ook SUIWER en REIN. Daar is geen sonde of

duisternis in Hom nie. Satan is die een vol duisternis en hy doen ook sy bose werke in

die duisternis. Maar wanneer die lig in die duisternis skyn, verdwyn die duisternis! God

se Lig laat sonde verdwyn.

Ons weet dat God se Hand gesien word as Sy Krag en Mag. Sy Oog word gesien as Sy

Alwetenheid, Ewigheid as Sy Tydsbestek, maar HEILIGHEID IS SY WESE! En Sy

Heiligheid word met Sy Skoonheid verbind.

Ps. 27:4: Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die

dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die LIEFLIKHEID van

die Here te aanskou en te ondersoek in Sy tempel.

Dit wat God lieflik maak, is Sy Heiligheid. In ‘n sonde toestand wil die mens maar altyd

wegbeur van God af, maar Sy Heiligheid, wat Sy Skoonheid is, trek die sondaar aan en

wys die aakligheid van sonde! Die Kind van die Here verlang om al die tyd hierdie

LIEFLIKHEID van die Here te aanskou! Hierdie karaktertrek van God, nl. Sy Heiligheid,

word meer kere na verwys in die Bybel as na enige van Sy ander karaktertrekke. Sy

Naam word voortdurend gemeld as “Sy Heilige Naam,” nie Sy Almagtige Naam of

Skone Naam nie.

Hierdie NAAM is uiters belangrik, want ons weet dis in hierdie NAAM wat elke knie

moet buig. Omdat al God se karaktertrekke ook saamgevat en gekonsentreer was in Sy

Seun, Jesus Christus, is die NAAM VAN JESUS ook die Naam waarin duiwels vlug en

siekes genees word.

Jes. 6:3: En die een (seraf) het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig,

heilig is die Here van die leerskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol!

Waar God geloof en geprys word is dit weereens SY HEILIGHEID wat besing word. Let

ook op in Openb. 4:8 waar God vereer word deur die vier lewende wesens om Sy Troon,

was hulle uitroepe:

Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat

kom!

Die Heiligheid is die heerlikheid van God en Heiligheid is die heerlikheid van elke

karaktertrek van God. Soos Sy Krag die sterkte van Sy karaktertrekke is, so is Heiligheid

die skoonheid daarvan. Net soos al God se karaktertrekke verswak sou wees sonder Sy

Heiligheid wat hulle versier. As God se karaktertrek van Heiligheid met die kleinste

persentasie besoedel sou word, sal al die ander karaktertrekke hulle krag verloor. Dink

maar aan die son: as dit sy lig sou verloor, sou dit sy krag, energie en skoonheid

verloor.

God se Geregtigheid is Heilige Geregtigheid – Sy Wysheid is Heilige Wysheid – Sy Mag

is Heilige Mag (Ps. 98:1) – Sy Waarheid is Sy Heilige Beloftes (Ps. 105:42). Sy Naam,

wat verteenwoordigend is van AL SY karaktertrekke, is Heilig. (Ps. 103:1)

Baie gelowiges dink die Naam van Jesus is ‘n towerformule.

Dit het slegs krag as dit gebruik word deur iemand wat bekend is met die

karaktertrekke van die God wat daardie Naam verteenwoordig. Petrus was beslis so ‘n

persoon en hy het daardie Naam met GESAG gebruik. Let op wat sê hy in Hand. 5:41:

Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om

vir SY NAAM oneer te ly.

Loof die Here, o my siel, en alles wat binne­in my is, SY HEILIGE NAAM! (Ps.

103:1)

Dis van uiterste belang dat ons hierdie HEILIGHEID van God sal begryp, want dis of

ons in hierdie moderne tyd ‘n oppervlakkige begrip daarvan en daarteenoor het. Tog

behoort ons dit na te strewe en dit te soek en die integriteit daarvan te eer.

God se Heilige Teenwoordigheid was by Sy dissipels in die tyd van Handelinge, daarom

het kreupeles geloop, blindes gesien en het tronkdeure vir hulle oopgegaan. Dwarsdeur

die geskiedenis was dit so dat voordat ‘n geestelike herlewing plaasvind, is daar eers ‘n

honger na heiligheid: na ‘n afsondering van sonde, na ‘n ondervinding van God se

Heiligheid! Soek ons nie tevergeefs na herlewing sonder eers heiligmaking nie!?

GOD SE HEILIGHEID MANIFESTEER IN SY WERKE

Ps. 145:17: Die Here is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al Sy werke.

(Die Engelse vertaling lui: and HOLY in all His works)

Ons het gesien dat God GOED is, en ‘n Goeie God maak net GOEIE GOED. Dit word

ook bevestig in Gen. 1 en 2 waar God alles geskape het en elke dag daarop kon heen

kyk en besluit dat dit GOED was. Euwels en ellende kom uit satan se hand en hart uit!

GOD SE HEILIGHEID MANIFESTEER IN SY WET.

Ps. 19:8 en 9: Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die

getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here

is suiwer, dit verlig die oë.

Rom. 7:12: Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.

So sien ons dat, omdat Sy wet HEILIG is, dit van ons heiligheid verwag; Sy wet is

SUIWER, daarom, verwag Hy van ons suiwerheid, reinheid. Nou is dit nie my doel om

hier ‘n lys te voorsien van al die dinge en plekke waar die kind van die Here

BESOEDELING optel nie, maar laat jou eie gedagtes gaan in daardie rigting en jy sal self

ondervind hoe God se Gees dinge vir jou uitwys.

Kom ons neem maar net die voor­die­hand­liggende: die TELEVISIE. Paulus sê ons

moet najaag dit wat tot vrede en STIGTING (opbouing veral geestelik) dien (Rom.

14:19) Hoeveel van die programme waarna jy kyk op TV bou jou geestelik op, of gee

jou vrede? Is die meeste nie dalk besoedeld en afbrekend nie?

GOD SE HEILIGHEID WAS GEMANIFESTEER AAN DIE KRUIS.

Hebr.1:13: U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg

nie kan aanskou nie ….

God HAAT alle sonde. Die enigste manier waarop God sonde kon straf en die sondaar

laat vrygaan, was deur Sy Heilige Seun te gee as Soenoffer.

So sien ons hoe haatlik en afstootlik sonde vir God is deurdat Hy dit tot die uiterste

gestraf het deur dit op Sy Seun te plaas en toe die hartverskeurende uitroep vanaf die

Kruis: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”

God vergewe sondaars, maar nie sonde nie. Dit moet gestraf word deur die dood. Die

sondaar word slegs vergewe op grond van Iemand anders wat sy straf gedra het.

…… en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. (Hebr.

9:22)

Omdat God absoluut HEILIG is, is dit vir die mens onmoontlik om deur Hom aanvaar te

word op grond van sy werke, aangesien al die mense se dade, selfs sy bestes,

gekontamineer is deur sy sondige natuur, wat in teenstelling is met God. (Jes. 64:6)

‘n Slegte boom bring slegte vrugte voort (Matt. 12), tog, dit wat God se Heiligheid

verlang, het Sy genade vir ons voorsien in Christus, sodat IN HOM elke berouvolle

sondaar “Begenadig is in die Geliefde” (Ef. 1:6)

God se Kind het dus geen rede of verskoning om minder heilig te wees as God nie: Hy

is HEILIG, daarom moet ons HEILIG wees.

Waarom hou mense dan vas aan sonde? Waarom word hulle nie verlos nie? Is dit maar

die ou probleem van ONGEHOORSAAMHEID aan Sy opdragte? Lippediens aan Hom?

Kyk net watter dure prys het Hy betaal op Golgota omdat Hy sonde haat en ONS

LIEFHET!

ONS IS GEROEP OM HEILIG TE WEES SOOS GOD. 1 Pet. 1:15­16: Maar soos

Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel

heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Lev. 19:2: Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê

vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die Here julle God, is heilig.

Ef. 1:4: soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die

wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

2 Pet. 3:11: Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie

wees in heilige wandel en godsvrug nie?

Daar is dan God se OPDRAGTE: is ons GEHOORSAAM? As jy kyk na 1 Pet. 2:9 sal jy

lees dat ons ‘n HEILIGE VOLK IS m.a.w. die dag wanneer jy wedergebore word, word

die Heiligheid van God in jou geplaas, maar nou is dit jou taak om dit uit te werk in jou

lewe sodat jou lewenswandel heilig kan wees. Onthou, ons het aan die begin gesê dat

HEILIGHEID beteken “afgesonder” en “toegewy”. Werk dus jou heiligheid uit deur

“afgesonder” te wees in jou optredes, lewenswyses, gedagtes en woorde. Moenie skrik

en dink dat jy nou in ‘n EIENAARDIGE mens moet verander wat alleen in ‘n kamer woon

sonder enige kontak met die samelewing nie. Inteendeel, die persoon wat IN hierdie

lewe sy wandel en gedagtes aan God wy, is ‘n aangename geur van die LEWE van

Christus in hierdie ou vervalle en ellendige lewe!

God sal Homself aan ons openbaar as ons ons afsonder vir heilige dinge en mense, en

onsself aan Hom wy. Maar let op, hierdie HEILIGHEID wat ons van praat, is nie ‘n

wetlike gebondenheid soos bv. geen TV, geen grimering, geen dit en geen dat nie! Soos

ons reeds gesê het moes jy KIES om jou besig te hou met dinge wat jou stig en ophef,

en as daar so iets op die TV is of in die bioskoop, KYK!

‘n Vrou wat haar skoonheid beklemtoon deur grimering en mooi klere MET DIE REGTE

HARTSMOTIEWE, is beslis nie ONHEILIG nie! Daar is baie mense wat vashou aan die

tradisionele sogenaamde “heiligmakings­kode” van smaak nie en raak nie na die

uiterlike, maar die oomblik wat hulle praat, kom daar allerhande gemors by hulle monde

uit, om nie eers te praat van die gedagtes wat net God van weet nie!

Heiligheid en heiligmaking is nie ‘n stel uiterlike reëls nie. Dis nie wat jy DOEN nie,

maar wat jy IS!

Hebr. 12:14: Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder

niemand die Here sal sien nie.

Jy IS heilig, Kind van God: jaag dit nou na – werk dit nou uit in jou lewe!

1 Kor. 1:30: Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het

wysheid uit God en geregtigheid en HEILIGMAKING en verlossing.

Hoofstuk 4

DIE REGVERDIGHEID VAN GOD

Here, God van Israel, U is REGVERDIG…(Esra 9:15) Here, U is

REGVERDIG, en reg is u verordeninge (Psl 119:137) REGVERDIG is U, O

Here…(Jer. 12:1)

Aan U, Here kom die geregtigheid toe…(Dan 9:7)

…want die Here onse God is REGVERDIG by al sy werke wat Hy doen.(Dan

9:14)

'n God van trou en sonder onreg; REGVERDIG en REG is Hy (Deut. 32:4)

Geregtigheid en regverdigheid is sinoniem, m.a.w. hulle beteken dieselfde.

Volgens die tekste wat ons hierbo aangehaal het is God REGVERDIG: dit is een van Sy

uitstaande Karaktertrekke. In die vorige hoofstukke het ons gesels oor God se

Grootheid en Goedertierenheid, Sy liefde, Sy Heiligheid en nou sien ons Sy Heiligheid in

aksie, en dit is , en dit is SY GEREGTIGHEID. Heiligheid is 'n gesindheid,

GEREGTIGHEID of REGVERDIGHEID is 'n aksie, 'n daad. Ons probeer deurgaans om die

Karaktrekke van God in die praktyk in werking te sien, sodat dit invloed het op ons

alledaagse lewens: 'n god en godsdiens wat slegs 'n teorie is, is nutteloos.

Die Heiligheid van God EIS dat sonde veroordeel word en die sondaar gestraf

word. GEREGTIGHEID is 'n Heilige God wat REGVERDIG optree teenoor die mens.

Hierdie regverdigheid is opvallend in straf en in beloning.

Rom. 2:5 tot 11:…die REGVERDIGE oordeel van God wat elkeen sal

vergeld na sy werke:

aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en

onverganklikheid soek – die ewige lewe;

maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar

aan die ongeregtigheid gehoorsaam is, grimmigheid en toorn

verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen,

oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

DIE REGVERDIGHEID VAN GOD IS GEOPENBAAR IN DIE EVANGELIE.

Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is 'n

krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die

Griek.

Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot

geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. (Rom

1:16 en 17)

Kom ons kyk hoe dit dan moontlik is vir God om 'n skuldige sondaar vry te skeld

en hom onskuldig te verklaar en tog terselfdertyd REGVERDIG bly.

Jy sien, wanneer 'n mens aan 'n misdaad skuldig is, en deur die hof skuldig

bevind word en hy dan onskuldig verklaar word en geen straf opgelê word nie, sou dit 'n

daad van ONGEREGTIGHEID wees!

Wanneer dit by ons REGVERDIGE God kom, verwag 'n mens REGVERDIGE

optrede. Maar, God se Liefde verlang om te vergewe en om met die skuldige sondaars

gemeenskap te hê, terwyl Sy Geregtigheid eis dat die skuldige sondaar deur die dood

gestraf sal word.

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God

is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. (Rom. 6:23)

Dit lyk dus of God hier in konflik met homself is en of Sy Liefde en Geregtigheid

mekaar opponeer.

Maar God is KONSTANT in Sy Hele Wese, in al Sy Karaktertrekke daar is geen

dubbelhartigheid of slapheid by Hom nie. Hy KAN nooit met homself in konflik wees nie.

Sy Karaktertrekke is absoluut. Hy is absoluut REGVERDIG en absoluut LIEFDEVOL

terselfdertyd. Wanneer Hy in geregtigheid optree is Hy steeds liefde, en wanneer Hy in

liefde optree, is Hy steeds regverdig!

In die geval van 'n sondige mens, hoe tree God dan in liefde en regverdigheid op

gelyktydig?

Paulus beantwoord vir ons hierdie vraag in Rom 3:23 tot 26: want almal het

gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God

en hulle word deur sy genade sonder verdienste deur die geloof, om sy

geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat

tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God –

OM SY GEREGTIGHEID TE TOON in die teenwoordige tyd, sodat Hy self

regverdig kan wees en REGVERDIG MAAK WIE UIT DIE GELOOF IN JESUS IS.

Volgens die regstelsel van God kan die skuldige sondaar kwytgeskeld word en

vry gaan deur die opoffering van die lewe van 'n onskuldige plaasvervanger. Die skuld

van die sondaar was oorgedra op die onskuldige plaas vervanger en die onskuld van die

plaas vervanger was oorgedra op die skuldige sondaar.

So was dit in die Ou Testament, die Ou Verbond. Daar was die sondeskuld van

die sondaar oorgeplaas op 'n onskuldig verklaar!

Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. (Heb. 9:22)

Lees sommer die hele Heb. 9.

En soos dit met die dier ­ offers in die Ou Verbond was, was dit met Jesus

Christus in die Nuwe Verbond: God het dit vir ons gedoen in die Nuwe Testament, die

BETER VERBOND wat op BETER BELOFTES wettelik gegrond is (Heb. 8:6)

Want Hy (God) het Hom (Jesus Christus) wat geen sonde geken het

nie, sonde vir ons gemaak, sodat ONS KAN WORD GEREGTIGHEID VAN GOD

IN HOM (2 Kor. 5:21)

'n Wetlike transaksie het afgespeel op Golgota: God het Jesus Christus skuldig

gevind in ons plek. Hy het gesterf in ons plek en Sy onskuld het ons sin geword!

Halleluja!

Christus het die straf vir ONS SONDE, wat die doodstraf is, gely, soda ONS, VRY

kan wees. Hy het geen sonde gehad nie, daarom kon Sy bloed bedek nie ons sondes

nie, maar WAS DIT WEG!

Op hierdie wyse was God se Liefde en Sy Regverdigheid tevrede gestel, en is SY

Liefde daarin uitgedruk dat Hy sondaars vergewe.

Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kies

mekaar (Psl. 85:11)

Kom ons kyk weer na 2 Kor. 5:21:

Want Hy, het Hom WAT GEEN SONDE GEKEN HER NIE, sonde vir ons

gemaak, sodat ons kon word geregtigheid van God in Hom.

Is ALLE MENSE dan nou regverdig? Nee! Net hulle wat GLO in Jesus Christus.

En GLO is nie net 'n verstandelik erkenning nie (miljoene mense glo dat Jesus Christus

bestaan her as a historiese figuur) maar 'n GELOOF dat Hy die Enigste Seun van die

Lewende God is, en dat Hy HOU Verlosser en Here is. (Jou lewe moet hiervan getuig)

Daarom, IN CHRISTUS, word ons regverdig voor God, op geen ander wyse nie. Buite

Christus is ons skuldige sondaars wat die ewige dood verdien en gaan ontvang.

…tot lof van die heerlikheid van Sy genade waarmee Hy ons begenadig

het IN DIE GELIEFDE (Ef. 1:6)

Wanneer God met ons deel, deel Hy met ons IN DIE GELIEFDE – in Sy GELIEFDE

Seun, Jesus Christus.

Daar is dan NOU geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie,

vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees (Rom. 8:1)

Let op: daar is slegs geen veroordeling vir hulle wat IN CHRISTUS JESUS is nie!

Ook nie eers later nie, maar NOU!

Dis daarom ook dat ons GELOOF só belangrik is, want die Bybel sê: Die

REGVERDIGE sal uit die GELOOF, LEWE (vir ewig!) (Rom. 1:17) Geloof IN WIE?

GELOOF IN JESUS CHRISTUS!

Die gelowige is dus net so regverdig voor die Hemelse Vader soos Jesus Christus

Self!

Wat is vir die Gelowige (vir JOU en MY as God se Kinders) die gevolge en

voordele van hierdie geregtigheid wat ons is Christus Jesus het?

1. VRYMOEDIGHEID EN VERTROUE IN GEBED.

Ons het die REG om in God se Teenwoordigheid te kom, met vrymoedigheid

en vertroue, want ons het REGTE in die Koninkryk van God!

Laat ons dan MET VRYMOEDIGHEID na die troon van genade gaan,

sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd

gehelp word. (Heb. 4:16)

En dit is die VRYMOEDIGHEID wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons

verhoor as ons iets vra volgens Sy Wil (1 Joh 5. 14)

Dis baie belangrik dat ons sal WEET wat ons regte in die Koninkryk van God is,

want ons is burgers van daardie Koninkryk. Weet jy wat jou regte is as 'n burger van

die Rep. Van S.A.? Die Grondwet van die land gee en waarborg jou burgerregte. In

God se Koninkryk is daar die wonderlike Grondwet: die Bybel, en dit gee en waarborg

jou burgerregte as 'n burger, van die Koninkryk van God! Vind uit wat hulle is – dis 'n

heerlike voorreg, en moenie dat satan jou eers van een reg beroof weens jou gebrek

aan kennis nie!

Jy hoef dus nie (soos tradisie jou miskien ook geleer het!) as 'n senuweeagtige,

onwaardige, ellendeling voor God te kom nie – dis heeltemal onbybels. Jy kan met

VRYMOEDIGHEID tot die Genadetroon gaan. Waarom? Weens Sy GEREGTIGHEID wat

nou joune is IN CHRISTUS JESUS.

2. 'n OORWINNAAR.

Want as ten gevolge van die een die dood geheers het deur die een , veel

meer sal hulle wat die oorvloed van die gawe van die geregtigheid ontvang, in

die lewe HEERS deur die Een, Jesus Christus(Rom. 5. 17)

As jy 'n Kind van God is, het jy die gawe van die geregtigheid ontvang deur Jesus

Christus en behoort jy te HEERS oor jou omstandighede.

Die gelowiges van die Ou Testament het net beperkte, tydelike geregtigheid gehad,

daarom moes daar die aanhoudende, herhaalde offerhandes gebring word. TOG HET

DIE GELOWIGES VAN DIE OU TESTAMENT WONDERWERKE GEDOEN! Hulle het

GEHEERS oor hulle omstandighede!

Dink maar net aan Josua – op sy versoek aan die Hemelse Vader het die son 24 uur

lank stilgestaan! (Jos. 10:12 – 14)

Wat van Elia – op Karmel het hy water en vuur afgebid (1 Konings 18:31­38)

Hierdie gelowiges se geregtigheid was gebaseer op die bloed van diere, net tydelik.

Hulle was nie nuwe skepsele soos ons nie, en hulle voordele was verbind aan hulle

gehoorsaamheid aan die Wet.

ONS geregtigheid is VIR EWIG gebaseer op die kosbare Bloed van die Seun van

God, ons is nuut geskape in Hom en ons is VRY van die Wet!

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek

doen, sal hy ook doen; en hy sal groter doen as dit, omdat Ek na my Vader

gaan (Joh. 14:12)

Hoeveel te meer behoort ons VAN DIE NUWE, BETER VERBOND nie te HEERS oor

ons omstandighede nie, en wonderwerke behoort deel te wees van ons lewens – dis tog

wat Jesus gesê het!

Maar, die duiwel het deur tradisie vir ons geleer ons is arme wurms, en ons moet

sukkelend en ellendig wees, anders is ons nie soos Christus nie! DIT staan nie in Sy

Woord nie! Hy sê ons sal HEERS! Heers jy? Hoekom nie?!

Geliefde, as jy God se Wapenrusting aan het soos beskryf in Ef. 6, LYK

JY SOOS JOU HERE, want satan weet nie WIE in daardie wapenrusting is nie,

en hy vat nie 'n kans nie – hy gee pad. En dis 'n groot swakheid van baie

Christene: hulle pak die stryd teen satan aan sonder die wapenrusting en nou

lyk hulle nie soos God nie, en satan loop hulle plat. Ons moet onder andere

die BORSWAPEN VAN GEREGTIGHEID aan hê, en die wyse waarop ons dit aan

trek en hou, is d.m.v. ons mond. Wanneer satan aanval met

terneergedruktheid en beskuldigings dan Sê ons vir hom es vir onsself:

Ek is die GEREGTIGHEID van God. Daar is dan nou vir my geen

veroordeling nie want ek is in Christus Jesus, in die Geliefde. (Rom. 8:1, Ef.

1:6). (Maak vir jou tekste bymekaar oor jou posisie IN CHRISTUS – GLO en BELY hulle

met jou mond)

Op hierdie wyse weerstaan jy die duiwel, en hy vlug van jou af weg (Jak. 4: 7) Op

hierdie wyse bou jy jou geloof op want jy HOOR die Woord van God (Rom. 10: 17)

Ek glo hierdie hoofstuk het jou opnuut geïnspireer om die Here te dien met

OORGAWE weens Sy Ewige Liefde en Regverdigheid wat steeds saamwerk jou ten

goede.

Hoofstuk 5

DIE GENADE VAN GOD

Vandag gaan ons gesels oor nog 'n uitstaande karakter van God, nl. SY GENADE

of GOEDERTIERENHEID (Engels. MERCY)

Volgens die Afrikaanse Verklarende Woordeboek, beteken barmhartigheid.

GOEDERTIERENHEID beteken: genadig, barmhartig, lankmoedig. Volgens die Engelse

Vines Woordeboek beteken dit: “simpatie gemanifesteer in aksie of optrede.” M.a.w.

die uiterlike manifestasie van medelye of deernis.

Hieruit kan ons dus aflei dat medelye, 'n gevoel of emosie is van simpatie en

deernis, (dis innerlik) en dat genade die OPTREDE is om in die behoefte wat ontstaan

het te voorsien (dis uiterlike). Hierdie was presies Jesus se optrede toe Hy op aarde

was. Hy het medelye en deernis gevoel vir die siekes en daarom het Hy hulle genees.

Let op dat dit by God nie bly by gevoelens nie. Hy DOEN altyd iets vir ons. Hy

raak betrokke by ons en help ons! Dit was Sy DEERNIS wat ons opgemerk het toe ons

in ellende en sonde was, en uit GENADE het Hy Sy Seun gestuur om ons te red en te

verlos en te genees. So sien ons dat dit by God nie bly by 'n gevoel nie. In ons sondige

toestand is ons eintlik vir God weersinswekkend, nogtans KIES Hy om Sy deernis op ons

uit te stort: Hy stuur Jesus Christus.

God is oorweldigend GENADIG en die Bybel bevat baie tekste oor hierdie

karaktertrek van Hom. Kom ons let op net 'n paar daarvan.

Psl. 86:5: Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en GROOT VAN

GOEDERTIERENHEID (Engels: plenteous in mercy) vir almal wat U aanroep.

Psl. 52:8: Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van

God, ek vertrou op die GOEDERTIERENHEID van God vir ewig en altyd.

Psl. 6:5: Keer terug, Here, red my siel, verlos my om u

GOEDERTIERENHEID ontwil.

Psl. 103:8: Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot

van GOEDERTIERENHEID,

11. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is Sy

GOEDERTIERENHEID oor die wat Hom vrees.

Ef. 2:4: Maar God, wat RYK IS IN BARMHARTIGHEID…

Let op in Psl. 52. 8 hierbó dat Dawid VERTROU het op die goedertierenheid van

God – hy het geloof gehad daarin.

GOD SE GENADE IS 'n OPENBARING VAN GOD SE GEWILLIGHEID OM SY

KRAG TERWILLE VAN ONS AAN TE WEND.

God se genade is Sy bereidwilligheid om Sy Krag in werking te stel sodat in al

ons behoeftes voorsien word. Maar, let op, al is God se Krag hoe geweldig groot, kan

Sy krag my nie help as Hy nie GEWILLIG is om Sy krag terwille van my aan te wend nie.

Wanneer Hy dus aan my en jou Sy genade bewys, bewys dit aan ons Dy gewilligheid om

vir ons te voorsien en te onderneem. (Lees gerus hierdie paragrafie weer oor – daar lê

'n groot waarheid in opgesluit)

Markus 1.40 – 42: En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom

smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U WIL, kan U my

reinig.

En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en

hom aangeraak en vir hom gesê: EK WIL, word gereinig!

En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is

gereinig.

Nou is dit so dat een van die grootste struikelblokke in die weg van mense

(kerkmense) om van God te kry wat hulle nodig het, veral genesing, is hulle onsekerheid

oor God se Wil. Hulle glo almal dat God KAN, maar WIL HY? Dit is nie geloof in God se

krag wat Sy seëninge verseker nie, maar geloof in Sy genade: Sy bereidwilligheid om Sy

krag terwille van die mens aan te wend.

Nou lees ons in Ef.1 19. …wat die uitnemende grootheid van Sy krag is

VIR ONS WAT GLO, na die werking van die krag van Sy sterkte…

Hier sien ons baie duidelik dat Sy krag VIR ONS is m.a.w. dis NA ONS gerig en

nie weg van ons af nie. En dis omdat Sy krag VIR ONS gerig is, dat Jesus vir ewig Sy

Wil vasgelê het, veral t.o.v. genesing, toe Hy vir die melaatse in Markus 1 gesê het: Ek

WIL, word gereinig!

Let op nog twee tekste wat God se WIL (bereidwilligheid) beklemtoon t.o.v. van

die mens en God se genade teenoor hom.

Miga 7:18… Hy het 'n welbehae in goedertierenheid. (Engels.

He.delighteth in mercy).

GOD WIL GRAAG Sy genade op ons uitstort, en wat is Sy genade? (Sien vooraf)

2 Kor. 16.9. want die Here – Sy oë deurloop die hele aarde om diegene

kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is…

Dis dus duidelik dat God nie net bereidwillig is nie, maar YWERIG is om diegene

te seën wat aan Sy voorwaardes voldoen, soos bv. Om 'n onverdeelde hart op Hom te

ig.

God sê in 1 Joh. 5:14 en 15 dat Hy vir ons sal verhoor as ons iets vra VOLGENS

SY WIL. Soos ons reeds gesê het, en tekste daaroor aangehaal het, IS genesing van die

liggaam, God se Wil vir die mens, en daarom kan ons weet dat as ons vra vir genesing

ons dit sal ontvang, want dan vra ons VOLGENS SY WIL. (Moet tog nooit, wanneer jy

vir genesing bid, sê: “As dit U Wil is nie.” Dan wys jy jou onkunde oor wat God se

Woord sê, en Sy Woord is Sy Wil, en jy bid in totale ongeloof).

Genesing is 'n baie belangrike deel van God sê genade. Ons het vroeër

gelees van Jesus en die melaatse, en daar staan dat Jesus “innig jammer vir hom gevoel

het.” Hier was die deernis en toe volg die genade. Jesus genees hom! Jesus het Sy

krag gebruik om in hierdie man se behoefte te voorsien.

Hou deurgaans in gedagte dat Jesus die karakter van Vader God baie duidelik

weerspieël het, m.a.w. GENADE is 'n sterk karaktertrek van God, want dit was van Jesus

Christus.

In Matt. 14: 13 en 14 lees ons dat Jesus INNIG JAMMER gevoel het vir die skare

en Hy het hulle siekes genees.

Matt 20. 29 tot 34 vertel van die twee blindes van Jerigo wat uitgeroep het na

Jesus toe Hy verbygegaan het, en ook daar was Jesus INNIG JAMMER vir hulle en het

hulle oë aangeraak en hulle kon dadelik sien. Jesus het aan hulle gevra: "Wat wil julle

hê moet Ek vir julle doen?" (Waaroor wil julle hê moet Ek aan julle My genade bewys?)

So was dit dwarsdeur Jesus se bediening. Sy genade was volop vir die siektes

en Hy het hulle ALMAL genees, en onthou, God die Vader het presies dieselfde

karaktertrekke van DEERNIS en GENADE.

GOD SE GENADE IS VANDAG NOG DIESELFDE!

Ons het gesê dat Jesus Christus eintlik die manifestasie van God die Vader is: as

jy God wil sien, kyk na Jesus.

Ons weet dat Jesus Christus opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand

van God.

Heb. 2. 17: …Sodat Hy 'n BARMHARTIGE en getroue hoëpriester kon

wees…

Daar duur Sy GENADE, Sy GEWILLIGHEID om te genees, steeds voort – Hy is nie

nou anders as toe Hy op die aarde was nie! (Sien ook Heb. 4. 15)

Hy het opgevaar na die hemel sodat dieselfde deernis en genade kon

manifesteer d.m.v. Sy dissipels: die Kerk, en selfs nog op 'n baie groter skaal.

(As jy in 'n kerk is waar dieselfde wonderwerke wat Jesus gedoen het, nie

plaasvind nie, kan jy gerus na die volgende teks kyk en die vraag vra. “GLO hulle ooit in

my kerk in Jesus Christus, want Hy het dan gesê dat die ­ gene wat in Hom glo die

werke sal dien wat Hy doen?” Miskien moet hy die leierskap in jou kerk dan hierna vra,

want êrens is iets glad nie pluis nie!)

Joh. 14: 12…wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen, en

hy sal groter doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Jesus Christus kon as 'n mens net op een plek wees om deernis en genade uit te

stort, maar vandag is Sy dissipels dwarsoor die wêreld en word baie meer deernis en

genade deur hulle versprei, want nou lê hulle hande op die siektes en hulle word genees

(Mark 16: 15 – 18)

Joh. 16: 7…Dit is vir julle VOORDELIG dat Ek weggaan; want as Ek nie

weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie, maar as Ek weggaan, sal

Ek Hom na julle stuur;

Hoekom sou Jesus dan gesê het dis VOORDELIG dat Hy weggaan en dat die

ander Trooster, die Heilige Gees, na ons kan kom? Omdat die Heilige Gees al die

gelowiges kan TROOS, kan VUL en deur hulle weer andere troos en God se deernis en

genade manifesteer deur die liggame en lewens te genees en te herstel.

Heb. 13: 8: Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in

ewigheid.

Hierdie teks kan tog op geen ander wyse verklaar word nl. dat Jesus Christus

(God) NOOIT verander nie, en dieselfde deernis en genade wat Hy getoon het toe Hy op

aarde was, toon HY VANDAG nog. Die geld beslis ook op die gebied van genesing.

Wanneer mense dus sê dat God nie meer vandag genees nie en dat dit net vir die

stigtingsdae van die Kerk was, sê hulle eintlik dat dit net vir die stigtingsdae van die

Kerk was, sê hulle eintlik dat God se GENADE nie meer vandag beskikbaar is nie! Hy het

verander, en het minder deernis en genade vir die mens nou, as toe! Dis tog glad nie

waar nie! Ons her dan nou net gelees dat Hy NOOIT VERANDER NIE! (Menslike

leerstellings verdraai God se Woord en so ook God se karakter!)

Lees asb. Ps. 136. Jy sal vind dat dit frase: want Sy goedertierenheid is tot in

ewigheid 26 keer hier herhaal word (dit kom 44 keer in die Bybel voor). Waarom dink jy

het God gesorg dat hierdie frase soveel kere herhaal word? Ek is seker omdat Hy dit by

ons wou inskerp sodat ons NOOIT daaraan sou twyfel nie! Sodat ons SOU WEET en

ONDERVIND dat SY GOEDERTIERENHEID TOT IN EWIGHEID IS, en nie verdwyn het

kort na Jesus die aarde verlaat het nie!

Jy sal oor merk in Ps. 136 dat die psalmdigter die skeppings ­ dade van God

verbind met Sy ewige goedertierenheid. Waarom? Omdat God die aarde, die

uitspansel, die heelal geskape het uit genade en liefde vir die mens! Hy het dit tog alles

GOED gemaak en aan die mens toevertrou. Dink jy nie die mens is vir God heel

besonders dat Hy hierdie wonderlike skepping aan hom gee nie!?

Nog 'n belangrike aspek i.v.m. die deernis en genade van God is dat Hy verlang

dat ons daaroor sal PRAAT: dit BELY MET ONS MOND. Kom ons kyk na 'n paar tekste in

hierdie verband:

Ps. 118: 1 tot 4: Loof die Here, want Hy is goed, want Sy

goedertierenheid is tot in ewigheid!

Laat Israel dan Sê dat Sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

Laat die huis van Aaron dan Sê dat Sy goedertierenheid tot in ewigheid

is!

Laat die wat die Here vrees, dan Sê dat Sy goedertierenheid tot in

ewigheid is!

Ps. 89: 1: Die goedertierenheid van die Here wil ek vir ewig BESING

Ps. 101: 1 Ek wil SING van goedertierenheid en reg: tot U eer wil ek

psalmsing, O Here!

2 Kron. 5:13: …almal saam eenstemmig begin om die Here te PRYS en

LOOF…: Loof die Here, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in

ewigheid!

(Toe) is die huis van die Here, vervul met 'n wolk.

14: En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen

nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van God vervul.

Hierdie voorval was met die inwyding van die tempel wat Salomo vir die Here

gebou het. Toe hulle begin SING van God se goedertierenheid, het Sy heerlikheid op

hulle neergedaal!

Lees ook die interessante en bekende geskiedenis van koning Josafat se

oorwinning oor die vyand bloot deur sy SANGERS sy leer te laat lei. En wat het hulle

van gesing? Die goedertierenheid van God! (2 Kron. 20: 21 – 23)

Ten slotte noem ek net 'n paar Bybelse voorwaardes vir die ontvangs van God se

deernis en genade in 'n mens se lewe.

1. 'n Hart onverdeeld op God gerig (2 Kron. 16: 9). As jy met een voet nog in die

wêreld staan, is jou hart verdeeld, en sal jy nie God se genade ondervind nie.

2. Bewaar God se verbond en getuienisse (Ps. 25:10) Dit beteken dat jy aan God

se Woord GEHOORSAAM moet wees, d.i. 'n DADER van Sy Woord wees, nie slegs 'n

HOORDER nie.

3. Vrees God (Psl. 103: 11 en 17) Om God te vrees is om te haat wat sleg is

(Spreuke 8:13). Om God te vrees is om Hom te respekteer – dis 'n hartsgesindheid, en

nie uiterlike gewoontes nie.

Baie mense dink hulle kan lewe soos hulle wil, maar wanneer hulle by die Kerk se deur

instap, dan loop hulle op hulle tone, praat suutjies en bid glad met 'n ander stemtoon –

dis hoe hulle dink hulle die Here moet vrees. Nee wat, die Here is altyd bewus van jou

optredes: waar was die vrees van die Here dan toe jy net voor kerk jou vrou gevloek

het, en Saterdagaand die wêreld gedien nie? Vrees van die Here is om Hom met 'n

oorgegewe hart en lewe te dien, DAN sal Sy goedertierenheid van ewigheid tot ewigheid

oor jou wees en oor jou kinders!

Moet dus nooit weer twyfel aan God se DEERNIS en GENADE vir JOU nie –

vandag en tot in ewigheid.

Hoofstuk 6

DIE INTEGRITEIT EN KRAG VAN GOD

In die vorige hoofstukke het ons die uitstaande karaktertrekke van God behandel

en ek glo dat dit vir jou opnuut geïnspireer het om God te vertrou, te dien en lief te hê,

want ALLES i.v.m. Hom is GOED en is daarop toegespits om Sy Kinders op te hef en by

te staan.

Ons het begin deur God se GOEDHEID te behandel, toe SY LIEFDE, SY

HEILIGHEID, SY GEREGTIGHEID, SY GENADE en nou vandag gaan ons afsluit met God

se INTEGRITEIT en SY KRAG. Volgens die Verklarende Woordeboek beteken

INTEGRITEIT die volgende: onomkoopbaarheid, eerlikheid en opregtheid. Dis presies

wat God is, daar is by Hom geen sweempie van oneerlikheid of leuens nie, m.a.w. HY IS

WAARHEID.

Deut. 32: 4. …'n God van trou en sonder onreg, regverdig en reg is Hy.

Jesus Christus was die verpersoonliking van God (hulle is Een) en Hy het gesê:

Ek is die weg en die WAARHEID en die lewe… (Joh. 14. 6)

Omdat God WAARHEID is, is Sy Woord WAARHEID.

Joh. 17: 17: …U Woord is die WAARHEID. Die Bybel is 'n rekord van God

se gesproke Woord en ons kan ons lewe daarop waag. DIT IS DIE WAARHEID. Daar is

geen leuens in nie en geen weerspreking nie.

Num. 23: 19: God is geen man dat Hy sou lieg, of 'n mensekind dat dit Hom sou

berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of speek en dit nie waar maak nie?

Matt. 5. 18: Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die

aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan

totdat alles gebeur het nie.

1 Pet. 1: 23. …want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie,

maar uit onverganklike, deur die lewend Woord van God wat tot in ewigheid

bly.

Die Woord van God is die openbaring van die Karakter van God en ons moet dit

lees asof ELKE WOORD vir ons persoonlik is: daar is geen valshede in nie, ons kan dit

heelhartig vertrou.

2 Pet 1: 21 en 2 Tim. 3: 16 laat ons duidelik verstaan dat God die Heilige Gees

Self die skrif “ingegee” (geïnspireer) het. Kyk na die volgende feite: Die Bybel is deur 40

verskillende mense (in verskillende lande) met verskillende kulture, wat mekaar meestal

nie geken het nie) geskryf oor 'n periode van 1500 jaar, en daar is nie een weerspreking

nie. Dit sou vir die mens onmoontlik wees om te doen, maar God kon dit doen!

God se Woord is al iets in die heelal wat NOOIT VERANDER NIE: die volgende

geslagte sal nog dieselfde Bybel hê, en die geslagte daarna, totdat Jesus kom. Mense

en dinge verander: God se onfeilbare Woord NOOIT!!

Daar was oor die eeue al geleerde manne wat probeer bewys het dat die Bybel

sal misluk en vergaan, maar hulle het! 'n Geleerde ateïs , ene Robert Ingersall het gesê:

“Binne 100 jaar sal die Bybel 'n uitgediende en vergete boek wees wat net in Museums

aangetref sal word.”

Een honderd jaar later was Voltaire, ‘n beroemde, geleerde ateïs se huis die

eiendom van die Geneva Bybelgenootskap en die 92 volumes wat Voltaire se

lewenswerk was, is vir 2 dollars verkoop!

Wanneer ons aan God se Woord twyfel, twyfel ons aan Sy Karakter, SY

INTEGRITEIT.

In Psl. 138: 2 staan (en ek haal graag aan uit die Engelse King James

Bybelvertaling):

For thou hast magnified thy word above all thy name.

Ek kon nie verstaan hoe God dan Sy Woord bo Sy Naam verhef het nie totdat Hy

my die volgende insig hieroor gegee het: Wat gee vir die mens 'n goeie naam?

Wanneer vertrou mense jou? Wanneer hulle jou woord kan vertrou! M.a.w. jy het 'n

goeie naam wanneer jou woord betroubaar is, so jou woord is eintlik bo jou naam. Jou

naam is net so goed as wat jou woord is. So is dit ook met God: Sy Woord is

betroubaar, foutloos, sonder valshede. Daarom kan Sy Woord vir die mens 'n VASTE

ANKER wees, want dit verander nooit: dis WAARHEID.

Terloops, mense wat die flou argument gebruik dat die Bybel homself

weerspreek, is gewoonlik mense wat of gebrek aan kennis het van die Bybel of mense

wat Skrif uitverband en konteks neem. Dis ook gewoonlik mense wat nie hulle lewe in

lyn wil bring met die Bybel se voorskrifte en opdragte nie. Dit is die Heilige Gees wat

die Bybel se boodskap aan ons openbaar en Lewend maak, en ek is oortuig uit my eie

ondervinding dat voordat ek wedergebore was, was die Bybel 'n dooie letter vir my

gewees, maar nou is die Woord Lewendig!

As 'n mens 'n studie maak van profesieë in die Bybel en hoe hulle waar gekom

het, soms, soos bereken, met een kans uit 75 miljoen, staan 'n mens oorweldig deur die

Grootheid en INTEGRITEIT van God en van Sy WOORD. Wanneer ons die Bybel lees,

lees ons beslis nie feeverhale nie, maar deklarasies van God: DIE WOORD VAN GOD.

Dis die onfeilbare, onwankelbare, onveranderlike Woord – tog vind ons dit soms so

moeilik om dit te glo, te vertrou en ons lewenswandel daarop te baseer. Daar is altyd 'n

oplossing vir ons probleem – situasie as ons dit in God se Woord soek.

As God se Woord dus sê DAT JY GENEES IS DEUR JESUS SE WONDE (Jes. 53: 4

en 5, 1, Pet 2: 24) is dit die WAARHEID. GLO dit en tree daarvolgens op! As God se

Woord sê dat DAAR NOU GEEN VEROORDELING IS VIR DIE WAT IN CHRISTUS JESUS

IS NIE, VIR DIE WAT NIE NA DIE VLEES WANDEL NIE MAAR NA DIE GEES (Rom. 8: 11)

is dit die WAARHEID. GLO dit en tree daarvolgens op! Sy Woord sal jou deurdra, want

die God Wie se Woord dit is, is ONFEILBAAR en HY VERANDER NOOIT!

Wanneer ons besin oor die KRAG VAN GOD moet ons eerstens besef dat Hy

ALMAGTIG IS: ONBEPERK IS SY KRAG!

Openb. 19: 6: En ek het iets gehoor soos die stem van n groot menigte

en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae

wat sê: Halleluja! Want die Here God, die ALMAGTIGE, het die koningskap

aanvaar.

Let op, hier word die ALMAG van God die fokus – punt van die lofprysing wat

opgaan tot Sy eer. Let ook op dat dit lofprysinge soos die geluid van baie waters en die

geluid van sterk donderslae geklink het. In die hemel klink die lofprysing soos

donderslae!

Ps. 62: 12: Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het:

DAT DIE STERKTE AAN GOD BEHOORT.

God se krag kry Hy van geen ander bron nie: Sy krag is inherent, dis Sy eie, dis

deel van Sy Karakter. Dis ONVERANDERLIK en ons kan daarop staatmaak (Heb. 13: 8)

Dis baie belangrik dat ons God sal sien as ALMAGTIG, want dan kan ons ook verstaan

dat niks vir Hom onmoontlik is nie.

Mark 10: 27: Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense

is dit onmoontlik, maar nie by God nie, WANT BY GOD IS ALLE DINGE

MOONTLIK.

Hy kan alles doen wat Hy wil, wat binne Sy Wil is. Hy sal egter nooit Sy krag

manifesteer as dit nie in lyn is met Sy heilige Wil nie. Daarom sal Hy nie Sy krag

gebruik om jou uit 'n probleem situasie te help as jy maar net weer daarna gaan voort

leef op 'n goddelose wyse en Hom nie dien nie. As Hy dit sou doen, sou jy dink dat Hy

goedkeur wat jy doen. Wanneer jy jou wil in lyn bring met Sy Wil, kan Hy Sy krag

gebruik om jou te help. Sy onbeperkte krag sal Hy in werking stel om jou te help as jy

binne Sy Wil is, want Sy krag is onder beheer van Sy Wil.

Ek noem net die volgende paar bekende insidente in die Bybel om jou te

herinner aan God se krag wat in werking gekom het binne Sy Wil. Die Skepping: die

deurtog van die Israeliete deur die Rooi See, manna in die woestyn en water uit 'n rots;

die ineenstorting van die mure van Jerigo, die drie vriende van Daniël in Nebukadneser

se vuuroond, Abraham en Sara se voortbring van Isak en die opstanding van Jesus

Christus.

Ons kan dus sekerlik 'n God wat ALLES kan doen vertrou om Sy Skepping te

bewaar en te beskerm!

1 Pet. 1. 5. .wat in die krag van God bewaar word.

Heb. 1. 3. …en alle dinge dra deur die Woord van Sy krag…

God se KRAG is 'n definitiewe werklikheid want die voorafgaande teks sê dat

ALLE DINGE GEDRA WORD DEUR SY KRAG!

Nog 'n interessante aspek van God se krag is dat daardie krag nou in die

Gelowige is. Kyk hierna:

Jes. 11. 2. …en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van

wysheid en verstand, die Gees van raad en STERKTE (krag), die Gees van

kennis en die vrees van die Here. Hier word van Jesus Christus geprofeteer, en van

die Heilige Gees gepraat, die Heilige Gees wat in die Gelowige woon omdat hy nou die

Tempel van die Heilige Gees is. (1 Kor. 6: 19) Die Groter Een (die Heilige Gees) woon in

die Gelowige (1 Joh. 4: 4) Die Gees van KRAG!

Dit is dus nie vir ons nodig om huilend en smekend te bid: “O Here, stort tog U

krag op ons uit” nie. Die Woord sê dan ons het God se krag: DIT IS REEDS IN ONS.

Dieselfde Heilige Gees wat in Jesus Christus was is in JOU as jy 'n Wedergebore

Gelowige is!

Ons behoort aan die Nuwe Verbond en nou woon God nie meer TUSSEN ons

soos in die Ou Verbond nie, maar IN ons! Dis omdat die Gelowige hierdie Krag van God

in hom het, dat hy soos Paulus kan uitroep:

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my KRAG gee (Filip 4. 13)

As jy nou rondloop en klaend is met die woorde: “Ek kan nie dit doen nie en ek

sal daardie nooit regkry nie. My werk kan ek nie behartig nie, en ek sal nooit die

eksamen slaag nie,” sê jy eintlik (as jy Sy Kind is) dat God 'n leuenaar is! DINK 'n

BIETJIE HIEROOR NA – dis baie belangrik. Dieselfde krag wat Jesus uit die dood

opgewek het is IN JOU (Ef. 1: 19 en 20) Die Bybel sê dit, en God kan nie lieg nie!

Dink jy nie dit het tyd geword dat jy hierdie waarheid in jou gees in neem en

daarvolgens begin lewe nie? Hierdie KRAG VAN GOD IN JOU is ook nie eers vir die

Hiernamaals nie, dis vir NOU.

1 Joh. 4: 17: .want soos Hy (Jesus) is, is ons ook in HIERDIE WêRELD.

Hoe egter in gedagte dat God se Krag (ook in jou) altyd in lyn manifesteer met

Sy Wil, m.a.w. jy kan nie nou bv. Sommer jou koffietafel in 'n stuk goud verander nie!

Kom in lyn met God se Wil vir jou, volgens Sy Woord, en jy kan met 'n oorwinnende

gesindheid uitroep: Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Begin

om jouself te sien soos God van jou praat, en jou lewe gaan verander.

Dit is ook waar dat baie mense al hierdie Krag van God misbruik het vir eie

gewin en gewildheid, en oneer oor die Naam van God gebring het. Dis egter tussen

hulle en God. Laat ons egter nie dat satan ons beroof van dit wat God se Krag in ons

lewens kan vermag deur ons onkunde en traagheid nie.

Kol. 1: 9 – 11: Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons

dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die

kennis van Sy Wil in alle wysheid en geestelike insig sodat julle waardiglik

voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie

werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

En MET ALLE KRAG BEKRAGTIG word volgens die mag van Sy (Jesus)

heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,

Nou is die belangrike vraag nog: hoe kry ek hierdie Krag van God om in my lewe

te werk?

Die antwoord: GELOOF!

Ons het in Mark 10: 27 gelees dat by God alle dinge moontlik groot deel van

die kerk glo nie eers in Goddelike genesing nie, en is, m.a.w. niks is by Hom onmoontlik

nie.

In Mark 9: 23: lees ons die volgende: …alle dinge is moontlik vir die een

wat glo. (Om te GLO is om OP TE TREE: AKSIE).

Dit gaan dus nie daarom of God KAN nie, maar of JY GLO: dan word God se Krag

in jou lewe vrygestel. Geloof plaas jou op die vlak van God, want deur te GLO

funksioneer jy soos Hy, en dinge gebeur!

Kyk maar weer 'n slaggie na Heb. 11 – die groot “geloof” – hoofstuk in die

Bybel. Keer op keer lees ons daar: Deur die geloof… (deur te GLO)

Hierdie geloofshelde se GELOOF het God se Krag in hulle lewens in werking

gestel. GELOOF is GEHOORSAAMHEID: AKSIE. Wanneer jy God GLO deur TE DOEN

wat Hy sê, is daar geen perke aan wat God se Krag in jou lewe kan vermag nie. (Let

op: geloof is nie om te sê Here! Here! en ongehoorsaam te bly aan die Bybel se

opdragte nie – dis huigelary en baie gevaarlik!)

Dis hierdie soort van GELOOF (gehoorsaamheid aan God deur optrede) wat 'n

droë pad deur die Rooi see gemaak het, wat die mure van Jerigo laat tuimel het, wat die

verouderde Sara laat swanger word het.

Ten slotte 'n tweede antwoord op die vraag: hoe kry ek hierdie Krag van God om

in my lewe te werk? En nou wil ek spesifiek na die saak van samestemming soos ons

daarvan lees in Matt. 18: 19 en 20.

Weer sê Ek vir julle; As twee van julle saamstem op die aarde oor enige

saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die

hemele is.

Want waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.

Die term saamstem wat hier gebruik word is dieselfde as harmoniseer, 'n

simfonie maak, saam klink.

Hierdie samestemming geld veral in die Liggaam van Christus (die Kerk), en dan

ook in die huwelik. Ons sien nie meer wonderwerke in die kerk nie, want die

samestemming ontbreek – 'n baie groot deel van die kerk glo nie eers in Goddelike

genesing nie, en nou kom die krag van ongeloof in werking. Dink maar aan Jesus toe

Hy in Nasaret was: Hy kon daar geen wonderwerke doen nie want die krag van ongeloof

was in werking. So is die kerk vandag nie in samestemming met God nie en nie met

mekaar nie.

Dink aan harmoniseer, 'n simfonie maak, saam speel en klanke maak – dit hou

alles verband met 'n orkes: verskillende klanke wat soos een klank klink. Toe die

musikante op hierdie wyse opgetree het by die opening van Salomo se tempel het die

Heerlikheid van God neergedaal sodat selfs die priesters nie kon bly staan nie!

(Terloops, dis hoe die musikante in ons kerkbyeenkomste ons behoort te lei tot by God

se Genade troon met lofprysinge) As ons so harmoniseer in saamestemming oor sake in

die Liggaam van Christus sal God se Krag manifesteer. Stel jou voor die Krag as bv. 500

gelowiges saamstem voor God.

Die huwelik is ook 'n verhouding waar God se Krag grootliks sal in werking kom

as 'n man en vrou saamstem, sonder stryery en verdeeldheid – hierdeur word hulle

gebede verhinder (1 Pet. 3. 7) Wanneer ek praat van samestemming, veral in die

huwelik, bedoel ek nie 'n verstandelike ooreenstem nie, maar 'n samestemming van

hart, van gees. Dit help nie vir 'n vrou om met haar mond saam met haar man te stem

en in die stilligheid op haar tande te kners nie – 'n eenheid van harte is nodig DAN

DOEN GOD SE KRAG GROOT DINGE IN SO 'n EGPAAR SE HUWELIK, HUISHOUDING en

GESIN. Die Bybel sê een laat 1000 vlug, maar twee 10, 000! Werk hieraan – dis beslis

die moeite werd.

Vriende, ek vertrou dat julle opnuut, by die lees van hierdie hoofstuk,

aangemoedig is om God te vertrou vir die magtige werkinge van Sy Krag in jou lewe.

Dis jou erfenis!

Geloof In Die Woord

Posbus 232,

Ballito 4420

(032) 551 1836 / 551 2419

ISBN 0 947033 65 3

Hoofstuk 1Die Goedertierenheid van

God

Hoofstuk 2

Die Liefde van God

Hoofstuk 3

Die Heiligheid van God

Hoofstuk 4

Die Regverdigheid van God

Hoofstuk 5

Die Genade van God

Hoofstuk 6

Die Integriteit en Krag van God

5

12

20

26

32

38

Hoe om Weer gebore te WordVir

jou geestelike groei...

Afrikaans Boeke­R8.00 elk

3­God wil jou genees

5­Die Tweesnydende Swaard

6­Oorwinnaarstaal

7­Ken jou Vyand

8­nnerlike Genesing

9­Bybelse antwoorde oor Genesing

10­Ondervind die Heilige Gees

11­God se Wil oor siekte

12­Die Christen en Job

13­God eis `n Heilige Lewe

14­Vry van Vrees

inhoud

Boek No. 44

Hersien Januarie 2004

15 ­Verloor gewig volgens God se Instruksies.

17­Geloofsbrood vir die Somer

18­Geloofsbrood vir die Herfs

19­Waarom sommige nie Genees word nie

20­Geloofsbrood vir die Winter

21­Geloofsbrood vir die Lente

22­Soldaat wees vir Jesus

23­Laat dieWoord lewe (Bybelstudie bk 1)

24­Slaankrag in Lofprysinge

25­Kerk oppad na Volmaaktheid

26­Die Nagmaal en Genesing

29­Wat moet ons doen Broeders

36­'n Suksesvolle Huwelik

38­Getuinesse – Vol Een

39­Getuinesse – Vol twee

42­Getuinesse – Vol Drie

44­Die Karakter van God

45­Die Groot Verleier

47­WaaromBybel­ Enigste Woord

51­Die Feestye van die Here

45

48

52­Die Wederkoms van Christus in Daniel

57­Jesus Wys die Pad na die Hemel

59­God se Ewige Plan vir Israel

60­Misleiding ­ Naam van die Heilige Gees.

Mosterdsaad Boekies­R4.00 elk

2­Geloof soos `n Mosterdsaad

4­Paulus se doring in die Vlees

M1­Waarom moet ek Weergebore Word?

M2­Is Goddelike Genesing vir almal?

M3 ­Hoe kan ek my finansies verbeter?

M4­Wat verwag God van die Huisgesin?

M5­Kan woorde jou lewe regeer?

M6­Wat sê Woord van God oor die doop

M7­Hoe kan ek verlos word van vrees?

M8­Krag in die doop in die Heilige Gees

M9­Hoe moet ek bid?

M10­Kan ek die duiwel se aanvalle oorwin?

M11­Hoe kan ek my erfenis in besit neem?

M12­Wat is die Verbond?

M13­Wat is die New Age?

M14­Hoe Groot is jou God?

M15­Wie veroorsaak rampe en siektes

M16­Wat is die gevare van Karate?

M21­Mag `n Christen Oordeel?

M23­Genesing en die Okkult

M26­Wat gaan met hierdie wêreld aan?

M27­Die Drie­Enigheid van God

M29­Wat is die ware Bybelse geloof?

M33­Besluite

M34­Van Edentuin tot by die Kruis

M38­Laat God siekte toe?

M39­Krag van God:Jesus Christus Gekruisig

M40­Jesus was nie in die hel nie!

M41­Hoe belangrik is die Ou en Nuwe Testament van vandag?

M45­Paasfees en Kersfees

M46­Die Naam van ons God

M48­Die Egte en Misleide Christelike Kerk

M49­Wat is die Islam Geloof?

M51­Waarvandaan kom Die­lag­in­die­Gees?

M54­Die Bybel en Siektes

M55 ­Vas en Gebed

Bande deur Dr James­R10.00 elk

A1­Die gesag van die gelowige

A2­Ontdek God se Wil

A3­Oorsprong van Christelike Kerke

A9­God die Heilige Gees

A14­Nagmaal en Genesing

A17­Genesingsdiens by die Sentrum

A21­Getuienis van Dr. van Zyl

A23­Die Eenvoud van die Bybel

A26­Struikelblokke (Nr 1 en 2)

A27­Waarom is daar geen oorwinning nie

A31­Die Antwoord vir ons Hoekoms en Waaroms

A32­Die waarheid sal jou vrymaak

Boeke­ander skrywers

63­Die verbondsteologie in die regte perspektief (Dr Martin Gunther) R8.00

Bande –ander sprekers­R10.00

D3 Die Doop 'n Bekeerde Dominee

D19 Genesingsgetuienis van ‘n Mediese Egpaar

D27 Rookskerms

D31 Toronto Blessing – Waar of Vals

D37 Toronto Beroering in die kerk – Pst Horak

BANK BESONDERHEDE

Stanger Christelike Sentrum

Eerste Nationale Bank

Rek No. 53730091667,

Takkode: 220129

Tak: Stanger

Faks no (032) 552 5411

Vir jou geestelike groei...

Dr Jacobus Johannes van Zyl is op 24 Desember 1929 op Tarkastad gebore. Hy

het op Cradock skoolgegaan en in 1958 aan die Universiteit van Pretoria

gekwalifiseer as mediese dokter. Hy trou in 1959 met Meg Goslett, ‘n

gekwalifiseerde apteker en lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk. Hulle het vier

kinders, en dr James soos hy alom bekend is, stel baie belang in sport. Vanaf

1949 tot 1954 was hy die Suid­Afrikaanse Universiteit se ligswaargewig boks

kampioen, hengel graag in die diep see en lê hom ook toe op die kweek van

anthiriums en orgideë. Vir 20 jaar praktiseer hy op Stanger in Natal as mediese

dokter waartydens hy ook die poste van Distriksgeneesheer, mediese

Gesondheids Beampte en Spoorweg Mediese Beampte beklee het. In

Desember 1980 verkoop hy sy praktyk om voltyds sy aandag te bestee aan sy

genesings bediening vanuit Stanger, maar mense eer en sosiale status het vir

hom en sy gesin kleurloos geword in die Lig van God se Genade toe hulle Jesus

Christus aangeneem het as hulle Verlosser en Heer.

Dr. James was lidmaat van die NG Kerk, maar het in 1981 bedank,

aangesien die bediening vanuit die Christelike Sentrum, wat ook landwye

literatuur verspreiding insluit, plaasvind op ‘n interkerklike grondslag want dr.

James besef dat die gawes van God se Heilige Gees aan die mens toevertrou

word om die hele Liggaam van Christus hier op aarde te bedien, volgens Mark

16:15 tot 18.

Hoe om Weer gebore te word

1. ERKEN: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid

van God (Rom 3:23) o God, wees my, sondaar, genadig! Lukas 18:13) In die lig

van God se Woord moet jy erken dat jy ‘n sondaar is.

2. BEKEER: Nee, sê Ek (Jesus) vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle

almal net so omkom. (Lukas 13:3) Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat

julle sondes uitgewis kan … (Handelinge 3:19) Kom tot die besef hoe afskuwelik

sonde is en draai weg daarvan.

3. BELY: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te

vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Johannes 1:9) Want met

die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom

10:10) Bely jou sondes voor God

4. VERLAAT: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy

gedagtes, en laat hy hom tot die Here bekeer … want Hy vergeef

menigvuldiglik. (Jesaja 55:7) Net om jammer te wees oor jou sonde is nie genoeg

nie. Ons moet begeer om die vir ewig te verlaat.

5. GLO: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun

gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die

ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16) As jy met jou mond die Here Jesus bely

en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

(Rom 10:9) Glo dat Jesus Christus jou geheel en al verlos het by die Kruis.

6. ONTVANG: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie

aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag

gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (Johannes

1:11 en 12) Jy moet glo, deur geloof, ontvang nou vir Jesus Christus in jou hart sodat

jy die ondervinding van die wedergeboorte van hê.

7. SKRYF NEER: Vandag se datum, op die binneblad van jou Bybel of lang ‘n Skrif

gedeelte of vers wat vir jou spesiale betekenis het. Laat dit altyd vir jou ‘n bevestiging

wees dat jy jou hart en lewe aan die Lewende God toegewy het, en dat Hy jou in Sy

Liefde ontvang het. Weerstaan satan deur aan hom hierdie spesifieke vers uit te wys

wanneer jy jou aanval met onsekerheid en verwardheid.

8. LEES: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van

God. (Romeine 10:17) Begin om elke dag ‘n hoofstuk uit die bybel te lees en pas

God se instruksies in jou daaglikse wandel met Hom toe.

9. BID: God is nou jou Hemelse Vader: praat elke dag met Hom. Bely jou sondes, loof

Hom en prys Hom omdat Hy jou vry gemaak het, vertel Hom van jou behoeftes, en

dank Hom dat Hy in al jou behoeftes voorsien: liggaamlik, finansieel en emosioneel (Fil

4:19) Hier volg ‘n gebed wat jy kan as ‘n riglyn kan gebruik om te bid. ”Hemelse

Vader, ek erken dat ek ‘n verlore sondaar is. Ek dank U dat Jesus vir my

sondes gesterf het. Ek vra U om my sondes te vergewe. Ek maak nou die

deur van my hart en lewe vir U oop. Kom asseblief binne en reinig my. Neem

die leisels van my lewe: Ek wil deur U Heilige Gees gelei word. Vader, ek

dank U dat Jesus Christus nou my Verlosser en Heer is en dat ek U kind is.

Amen.”

10. LAAT U DOOP: U is nou ‘n kind van God, ‘n gelowige in die Here Jesus Christus. Die

volgende stap is om gedoop te word (onderdompel). Mark 16:16 sê Jesus hy wat glo en

hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Onthou

nou dat u ‘n kind van God is. U naam is in die boek van die Lam geskryf, omdat u

gehoorsaam was aan God se instruksies.

11. WEES GEVUL MET DIE HEILIGE GEES: Volgens God se beloftes in Hand 2:38 en 39.

Die gawes wat met die doop in die Heilige Gees gepaard gaan is noodsaaklik om

oorwinnaars in die Here te wees.

12. GEMEENSKAP: Kry ‘n groep Wedergebore, gelowige Christene en hou samesyn op ‘n

gereelde basis. Hou altyd die prentjie in gedagte van die kooltjie wat in die vuur is aan

gloei terwyl dit in kontak met die vuur is, maar wat koud en dood gaan as dit te lank uit

die vuur is.

13. SKRYF AAN ONS: Ons sal graag van hulp wil wees in jou geestelike groei en sal

enige vrae oor hierdie onderwerp beantwoord. Skryf net aan ons by Stanger

Christelike Sentrum, Posbus 232, Ballito, 4420.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!