05.05.2013 Views

Mei 2011 - Ekklesia Kasettefonds Trust

Mei 2011 - Ekklesia Kasettefonds Trust

Mei 2011 - Ekklesia Kasettefonds Trust

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

EKKLESIA KASSET FONDS TRUST

(PASTOOR F.W.C. NESER)

Office: Kantoor:

1400 Grobler street Groblerstraat 1400

Mountain View Mountain View

Pretoria 0082 Pretoria 0082

Tel/Fax: 012 379 8954 Tel/Faks: 012 379 8954

Postal addres: Posadres:

P.O. Box 31571 Posbus 31571

Wonderboompoort 0033 Wonderboompoort 0033

E-mail address: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com E-pos adres: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

Web address: www.israelmusthear.co.za Webadres: www.israelmusthear.co.za

Liewe Lesers, 31 Mei 2011

Hoop die jaar het goed begin en dat u die seën van die Here ervaar. As alles in die wêreld dreig om onder te gaan

weet ons dat ons nie verlore is nie. Ons ken die ware God en ons weet dat Hy 'n wonderlike doel met ons het.

Daardie doel is om die Gods Regering op aarde te herstel. Ons het die versekering dat die Here sy wette in ons

harte geskrywe het en dat Hy ons harte verander en ons sondes vergewe. Sonder Hom sal ons nie kan wees wat

ons veronderstel is om te wees nie.

Ek stuur die nuwe boekie: “Die Nuwe Verbond en die Bruilof van die Lam” en weet u gaan baie seën daaruit

ontvang. U sal hier sien hoe pragtig Pastoor verduidelik om te weet wie ons werklik is en met wie God die nuwe

verbond gesluit het. Dit is soos Pastoor gesê het: “Een van die kern waarhede van die ganse Bybel en die ganse

Godsplan is dat God vir Homself 'n volk gekies het, en daardie volk is Israel en Hy het met hulle in die huwelik

getree.”

Hebreërs 8 vers 10:

“Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal maak met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in

hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ʼn God wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees”

Hierdie nuwe boekie oor die Verbond kan u ook by die kantoor bestel.

Ons wil weer eens vir almal dankie sê vir u finansiële ondersteuning. Sonder hierdie bydrae kan ons nie die werk

voortsit nie. Mag die Here u oorvloedig seën.

Ons kan met blydskap sê dat hierdie kantoor 'n lighuis vir die Waarheid geword het. 'n Dame wat in Pretoria woon

wat verantwoordelik was vir 'n Bybelstudie oor die Bedieningsgawes het op die internet gesoek vir inligting en die

boek op Pastoor se webtuiste gekry. Sy het ons dadelik gekontak om van die boeke te bestel. So is daar daagliks

mense wat met ompaaie by die kantoor uitkom wat ons nie ken nie wat opgewonde is oor hierdie Waarheid en wat

meer inligting wil hê. Dit is wonderlik om te ervaar hoe die Here in mense se lewens werk. Ons moet net hierdie

Waarheid (saad) plant; God sal dit natmaak en laat groei.

Die “Nuwe Hemel en Nuwe Aarde” en “Die Groot Verdrukking” is deur Anne (Neser) Joubert vertaal na Engels en

sal eersdaags aan ons Engelse mense beskikbaar wees. Verder is ons besig om die “Tyd van die Heiden” te

hersien, (daar was meer preke gedoen deur Pastoor wat ons nou bygevoeg het). Die “Nuwe Verbond en die Bruilof

van die Lam” is 'n nuwe boekie en is beskikbaar. “Jesus se Bybel” sal ook binnekort klaar wees. Ons beplan nog

om “Die Engele” te vertaal na Engels en die “Opraping” te hersien. Ons moes ook 8 boekies wat uit voorraad

geraak het weer laat druk.

Psalm 91 vers 14 & 15: “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my

Naam ken. Hy sal my aanroep, en Ek sal hom verhoor; in nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan

hom gee.” Ons kan op die krag en die waarheid van die Here se Woord staan en weet dat ons die donkerheid wat

ons omring sal oorkom.!

Liefde groete

Lynette de Klerk

Blaai om asb. ..................................../2

-2-

Ek het onlangs na 'n reeks foto’s en sketse gekyk van die Boere-oorloë teen die Engelse en die Zulu’s van weleer.

My gedagtes het verskuif na die chaotiese toestand van ons land huidiglik veral op politieke gebied. Dit het my net

opnuut weer laat besef dat God ons nie hierheen laat kom het, en wonderbaarlik hier gevestig het as bastion van

die Evangelie, net om ons te laat ondergaan en verswelg te word deur die meerderheid wat tans aan bewind is nie.

Hul kraai koning en spog dat hulle/hy (Zuma) deur God gesalf is om die land te regeer totdat Jesus kom! (Volgens

die veelbesproke koerant berig van onlangs). Dit mag so wees dat hy aan bewind sal wees wanneer Jesus kom,

want Sy koms is naby! Wanneer Jesus kom, gaan Hy die leisels oorneem en Sy Koninkryk vestig waar reg en

geregtigheid, liefde en harmonie sal heers. Wat 'n wonderlike vooruitsig en troos het ons: “die hoop op die belofte

wat aan die vaders deur God gedoen is” Handelinge 26:6, “om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit

as 'n anker van die siel wat veilig en vas is” Hebreërs 6:18 en 19. Laat hul maar koning kraai. God se beloftes

staan vas en seker! “Hy wat in die hemel woon lag; die Here spot met hulle” Psalm 2:4 “Ék tog het my Koning

gesalf oor Sion, my heilige berg” -vers 6. “Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die

aarde as u besitting” -vers 8. Kom ons bid: “laat U koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook

op die aarde” Mattheus 6:10.

Groete in Christus

Anne Joubert.

PROFESIE OOR DIE TOEKOMS.

Ons almal is baie besig in die lewe. Die tyd is behoorlik soos water wat uit ʼn bad getap word. Hoe laer die water

sak, hoe vinniger blyk dit dat dit uit loop. Vir die Here is dit natuurlik nie ʼn faktor nie. Sy planne en tye is baie

deeglik uitgewerk. Soos die Here Jesus self gesê het dat daar nie een jota of tittel onvervuld sal wees nie.

In Joh. 11 vers 49-52 lees ons dat Kajafas geprofeteer het dat dit beter is dat een Man vir die volk sterf, eerder as

wat die hele volk omkom. Die Bybel sê hy het nie geweet wat hy sê nie, maar omdat hy Hoëpriester was het hy

geprofeteer dat Jesus sou sterf sodat die volk se sondes vergewe kon word. Selfs as heiden het hy die Skrif

volbring.

Vrydag, die 29 ste April 2011, het President Zuma, met ʼn nuusberig gesê, dat die mense net moet onthou dat die

swart bevolking ʼn “culture of violence” het. Dit het hy gesê om verskoning te maak oor al die geweld wat sy mense

pleeg.

Dit ruim heeltemal met die Skrif. Soos Kajafas nie geweet het wat hy sê nie, net so het Zuma ook nie geweet wat

hy sê nie. Omdat hy die President van die “volk” is, het hy geprofeteer wat sy volk doen.

Ons lees in Joh. 8 vers 44 wat die Here Jesus vir die Fariseërs sê: (u moet onthou dat hulle die afstammelinge van

Esau is). Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader dit wil julle doen. Hy was ʼn

mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.

Wanneer hy leuen taal praat, praat hy uit sy eie, (sy gene) omdat hy ʼn leuenaar is en die vader daarvan.

Daar is baie ander Skrifte wat u self kan gaan naslaan. Jesus noem hulle: “verwoesters, moordenaars, leuenaars,

kinders van die duiwel,” (dus die duiwel se gene).

Ons weet egter beter, dat ons ʼn JESUS CHRISTUS het wat vir ons sondes betaal het, en deur Hom as ons

Verlosser te bely, sal ons die ewige lewe beërwe. Laat ons dan nie slap word en alles mis waarvoor ons so hard

gestry het deur die lewe nie.

Mag die Here u seën.

Pastoor Frik de Klerk.

Kantoorure: 09h00 tot 12h00. Mondae tot Donderdae Vrydae gesluit

Bankbesonderhede Absa Bank. Tjek rekening

Ekklesia Kassetfonds Trust

Rekening nommer: 4050313245

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!