10.09.2013 Views

Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za

Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za

Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Teksverse uit 1953 Vertaling

Rusland

in

Profesie

Skrywer: F. W. C. Neser, M.Sc.

(Hierdie artikel is alreeds in 1962 geskryf maar word hier onveranderd weer

uitgegee omdat die basiese feite en stelling onveranderd bly.)

1

Rusland in Profesie

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

E-pos: ekklesiakassetfonds.neser@gmail.com

Webtuiste: www.israelmusthear.co.za

Kantoorure: Maandag tot Donderdag,

09h00-12h00

Drukker: Minit Print Pretoria Noord

Tel: (012) 565-5288

Fax: (012) 565-5289

E-pos minitptan@absamail.co.za

Eerste Druk 2009

Nuwe Druk 2011

ISBN 978-1-920298-20-3

2

Inleiding

Hierdie studie word nie gegee met die doel om sensasie te maak of om

nuuskierigheid te bevredig nie. Die Profetiese Woord is aan ons gegee om

ons te bemoedig en te waarsku:

En ons het die profetiese woord wat baie vas is waarop julle tog moet ag

gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en

die môrester opgaan in julle harte; - 2 Petrus 1:19).

Die geweldige vinnige groei van die Kommunisme kan miskien as die

grootste wonderwerk van ons moderne tyd beskou word. Die statistieke is

ontstellend en selfs skrikaanjaend. Hulle het in 1917 ‘n gevolg van 40,000

gehad; in 1962 is hulle in absolute beheer van oor die een biljoen mense.

Soos dr. Fred Schwarz dit stel in sy boek: “The Heart, Mind and Soul of

Communism” (Geskryf in 1956) “Hulle het diegene onder hulle beheer by

20,000 binne 40 jaar vermenigvuldig, dit is ‘n vermeerdering van

2miljoen%. Ten einde hulle droom van wêreldoorheersing te verwesenlik,

moet hulle net die huidige bevolking onder hulle beheer met drie

vermenigvuldig. Enigiemand wat nie deur hierdie gegewens ontsteld en

uiters verontrus raak nie, as skynbaar sonder enige sin van

verantwoordelikheid of enige vermoë om helder te dink, en is seker

heeltemal tevrede met ‘n gewone diere bestaan sonder enige gedagte aan

die dag van môre”.

Aan die hoof van hierdie Godlose en Antichris monster staan Rusland, die

magtigste nasie op aarde vandag. Die stelling dat, menslik gesproke, die

Wit Westerse Nasies of algehele verslawing of totale uitwissing in die gesig

staar is nie swartgalligheid nie, maar sober, naakte realisme.

Maar dank God, daar is ‘n weg van ontkoming. Die Bybel het Rusland en

baie van haar bondgenote alreeds 2550 jaar gelede op hulle naam

genoem. Dit is een van die merkwaardigste bewyse dat die Bybel waar is.

Ons sal nou hiervandaan aangaan om uit die profesieë van die Bybel vir u

te bewys hoedat God so lank gelede die toestande presies soos ons hulle

vandag ondervind, aan sy diensknegte geopenbaar het. Mag God skenk

dat dit vir u, liewe leser, terug na u Bybel sal stuur, en u sal lei tot ‘n

lewende geloof in Jesus Christus as u Saligmaker en Heer. Hy is die

enigste Een wat ons kan red: Dit sal Hy ook doen wanneer Hy kom om hier

op hierdie aarde as Koning van alle konings Heer van alle here te regeer.

Maar alleen diegene wat weergebore is sal burgers van daardie koninkryk

wees - (Joh. 3:3,5,7).

In die Boek van Eségiël gee hoofstukke 38 en 39 so ‘n akkurate

beskrywing van Rusland en haar bondgenote soos hulle vandag is dat

Bybel studente hulle die Russiese hoofstukke van Eségiël genoem het.

3

Ons sal nou hierdie hoofstukke vers vir vers ontleed.

Eségiël

Eségiël 38:1-3;

1 VERDER het die Woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors

van Ros, Meseg en Tabul, en profeteer teen hom

3 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog,

vors van Ros, Meseg en Tabul!

In die Scofield naslaan Bybel (Tweede uitgawe, 1917 bladsy 883) lees ons

hierdie kommentaar op hierdie verse: “Almal stem saam dat die primêre

verwysing hier, op die noordelike Europese) magte, onder aanvoering van

Rusland dui - - - Gog is die vors (of prins)en “Magog” sy land. Die

verwysing na Meseg en Tabul (Moskou en Tobolsk) is ’n baie duidelike

punt van uitkenning.

Gog

Eerwaarde W.M.H. Milner, M.A., F.R.G.S., A.V.I. (“Oxonian”), wat ‘n groot

gesaghebbende op die gebied van die Filologie (Taalwetenskap) was, het in

sy boek, “Die Russiese Hoofstukke van Eségiël” soos volg geskryf:

“GOG” het ‘n lang “O” in beide die Hebreeus en die Grieks - en is saamgestel

uit die oud wêreldse grondwoord “GG”, wat in ouere tale iets reusagtig (“g-igantic”)

geïmpliseer het. Vir hierdie etlike afgelope jare is Rusland nou

alreeds die “Kolos” (Reus) van die Noorde.

“A-g-a-g” was ‘n Monarg (heerser of potentaat) van beide die Bybelse

geskiedenis en profesieë. Hierdie naam, of liewer titel, kom van dieselfde

wortel. Hy was (in sy eie oë) A, Aleph, + GG = nr. 1 Groot! Die Agagiete,

so sê “Young se Analitiese Konkordansie”, was ‘n Ámalekietiese Ras, en

Agag was maar net ‘n poëtiese naam vir Ámalek, wat van ‘n besondere

dinastie of Koningshuis afgelei is.

Gog stel dus iets voor wat reusagtig groot en magtig is. Dit is inderdaad die

hedendaagse kolos van die Noorde. Die Soviet Unie alleen is driekeer so

groot soos die Verenigde State van Amerika en het ‘n bevolking van

ongeveer 210 miljoen. Dit is groter as die hele Noord Amerika (insluitende

Kanada) en beslaan een sesde van die Kontinentale oppervlakte van die

aardbol. Vanaf Oos tot Wes strek sy oor meer as 6,000 myl (ongeveer vyf

maal die lengte van ons eie land van Noord na Suid, vanaf Messina in

Noord Transvaal tot Kaapstad). Van Noord na Suid strek sy vanaf die

Noordpool tot by Iran en Afghanistan in die Suide. Wanneer dit twaalfuur

middag op die Poolse grens in die Weste is, is dit alreeds elfuur namiddag

aan die Beringstraat in die Ooste. (Die seestraat tussen Rusland en

Alaska).

4

Die boek van Joël praat ook oor hierdie magtige nasie wat in die laaste dae

(die dae waarin ons nou leef) sal uitreik na Wêreldoorheersing.

Joël 2:2 sê;

‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en

wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom

‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad

het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste

geslagte nie.

(Let op Joël 2:20, hierdie mag is uit die noorde afkomstig – vgl. met Eségiël

38:6).

Die Land van Magog

Magog is die Russiese Ryk in Europa en Asië. “Vanaf die grense van

Poland en Litaue in die Weste, tot by Kamtsjatka en Wladiwostok in die

Ooste is die sogenaamde Russiese Volkere of suiwer of gemengd

Mongools (onthou die ou gesegde: “Scratch a Russian and you will find a

Tartar” - (Krap aan ‘n Rus en jy ontdek ‘n Tartaar). Gog en Magog maak

die kern uit van die Slawiese en Asiatiese heidendom wat die laaste

Sataniese Ryk op aarde is, voor die Duisendjarige Vrederyk van ons Here

Jesus Christus.

Attila en sy Hunne het vanuit Mongolië gekom, en ook netso die Mongoolse

Hordes in 1224 en 1237 n.C. onder Genghiz Khan. Vanaf die daeraad van

die geskiedenis was hierdie nasies nog altyd Anti-God en satanies

geïnspireerd. Dit is nog hierdie selfde sataniese inbors van hierdie nasies

van die Ooste wat ons vandag bedreig. Die golf wat deur die eeue aan die

oplaai was, het nou sy vloed sterkte bereik en is op die punt om oor die

Weste te rol en dit te oorstroom en die Kerk van Jesus Christus te vernietig

en ook die Blanke Westerse Nasies, haar beskermhere onder God.

Ros

Die geleerde Hebreeuse taalkundige, Gesenius, in sy kommentaar oor die

woord Ros in Eség. 38:2-3; Eség. 39:1, sê dat dit ‘n eienaam is, en

ongetwyfeld aan die naam Rusland beantwoord. Hy het dit drie geslagte

gelede gesê, toe Rusland nog nie eers ‘n droom of ‘n nagmerrie was nie.

In die jaar 950 n.C. het die Keiser Konstantinus Porphyrogenitus van die

Ros geskryf wat vanaf Rusland met hulle bote na Konstantinopel (nou

Instanbul) gekom het. Daar kan dus geen twyfel wees nie dat die naam Ros

soos deur Eségiël 2,550 jaar gelede gebruik, die vroegste vorm van die

naam Rusland, soos vandag bekend, was.

5

Meseg

Die outydse naam Meseg het in die moderne Moskou ontwikkel, wat die

hoofstad van Rusland al vanaf die vroegste tye is. Dit word deur Milner in

sy boek “The Russian Chapters of Ezekiel” behandel.

In hierdie selfde boek beskryf hy in die besonderheid die identiteit en

nasionale karakter van die Moskouiete (Muscovites) en som dit soos volg

op: “Brute krag en verraderlike sluheid is die twee karaktertrekke van die

Moskowietise ras”.

Die Psalmis het dit 1,000 jaar voor Christus as volg gestel in:

Psalm 120:2-7;

2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!

3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike

tong?

4 Skerp pyle van ‘n held saam met gloeiende kole van besembosse.

5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die

tente van Kedar woon!

6 Te lank al woon my siel al by die wat vrede haat.

7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

Is dit nie presies ons ondervinding vandag, waar ons met Kommunisme te

doen het nie?

Tubal

Tubal is die moderne Tobolsk in Siberië agter die Oeral Gebergte. waar

Rusland baie moderne industriële stede ondergronds het. Dit is in die

verre Noorde (sien Eség. 38:6,15; Eség. 39:2) waar hulle feitlik onkwesbaar

is. Hoe het Eségiël so lank gelede geweet dat hierdie groot mag soos ons

hom vandag sien, vanuit hierdie gebiede in die verre Noorde sou kom?

Antichris Nasie

In Eségiël 38:3 sê die Heer:

“ - - - - - Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en

Tubal.

Waarom is God teen hom?

In Johannes 3:16 lees ons dat:

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun

gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,

maar die ewige lewe kan hê.

Jesus het gesê dat Hy nie gekom het om regverdiges te roep nie, maar

sondaars tot bekering. God is teen geen mens omdat hy ‘n sondaar is nie,

6

want ons het almal gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van

God.

Die Heer is teen Gog, omdat Gog teen die Heer is. Kommunisme is

militante ateïsme. Dit verklaar openlik dat dit toegewei is aan die een groot

taak om godsdiens te vernietig en die Christendom totaal uit te delg. Dit

was Lenin wat godsdiens die opium van die volk genoem het. Ateïsme

word in Russiese Skole as ‘n verpligte onderwerp geleer. Die feit dat God

teen Gog is, is dus nog ‘n baie duidelike merk van uitkenning wat bewys

wie Rusland in profesie is.

Jou Hele Leër

Eségiël 38:4;

En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek

en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot

menigte met die groot en klein skild, wat almal die swaard hanteer;

Die Russies Sjinese kombinasie met al hulle satellietstate en onderhorige

volkere is sekerlik die sterkste mag wat die wêreld nog ooit gesien het.

Hulle effektiewe mannekrag vir oorlog is een honderd maal soveel soos die

van die Weste.

Dit word bereken dat Rusland en Sjina alleen tesame tussen 20 en 30

miljoen man onder die wapen het. In konvensionele wapens is hulle baie

sterker as die Weste. De Courcy skryf in sy “Intelligence Digest”, die mees

betroubare nuusdiens in die wêreld, dat as Duitsland gedurende Wêreld

Oorlog Nommer 2 een kwart van die duikbote gehad het wat Rusland nou

het, sou sy die Geallieerde Magte tot ‘n Kompromie kon gedwing het; as sy

die helfte gehad het, sou sy gewen het.

Sover dit vuurpyle en ruimtetuie betref, is Rusland die Weste voor. Ons

industriële stede lê oop en kan binne ‘n paar minute na die aanvang van

vyandelikhede vernietig word. Die Heilige Skrif wys baie duidelik dat die

eerste aanval ‘n verrassingsaanval sal wees. Baie van die Russiese stede is

ondergronds en in gebiede waarvoor daar nog geen volledige landkaarte

bestaan nie.

“En Ek sal jou weglok.”

Die Kommunistiese strategie is om die Verenigde State van Amerika te

isoleer en haar dan met vuurpyle en lugarmadas van oor die Noordpool

aan te val. Terselfdertyd sal die Kommunistiese Hordes oor Europa stroom

om die Atlantiese kus te bereik.

Dan sal hulle ewe skielik omswaai (“Ek sal jou weglok”) en op Palestina

afpyl. Dit is dan hier waar die laaste beslissende slag so bloedig sal wees

7

dat die bloed tot aan die tooms van die perde sal kom. Dit is waarom vers 4

van Eségiël 38 van perde en hulle ruiters praat.

Lees nou Openbaring 14:14-20;

14 EN ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n

Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in

sy hand ‘n skerp sekel.

15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem

geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want

die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde

oorryp geword het.

16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en

die aarde is afgemaai.

17 En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en

hy het ook ‘n skerp sekel gehad;

18 En ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar

uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel

het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die

wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.

19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok

van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die

grimmigheid van God.

20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die

parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl

ver.

Die Boek van Joël skryf ook oor die aanslag van die Kommuniste op die

Weste en waar dit sy klimaks met die slag van Armagéddon sal bereik.

Joël 3:13-14;

13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip

is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.

14 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag

van die HERE in die dal van beslissing!

God sal die Kommunisme gebruik as die gesel en die sekel in sy hand om

‘n afvallige en verrottende Christendom te kasty omdat hulle, hulle geloof

versaak het en doof is vir die roepstem om antwoord te gee op hulle

roeping, hoog en heilig, om die wêreld in die voetstappe van Jesus

Christus te lei. Let daarop dat die HERE sê: “Ek sal jou weglok - - - - - en

jou laat uittrek” - (Eség. 38:4).

Is die kenteken of wapen van Rusland nie die Hamer en Sekel nie? Was

dit ooit so vantevore? Met so ‘n leër en met sulke vernietigende wapens

soos hulle vandag het, is bloedvergieting op so ‘n skaal moontlik.

8

“Jou hele leër, perde en ruiters”.

Rusland is die enigste land ter wêreld met miljoene van perde as deel van haar

oorlogsuitrusting. Die Mongool was nog altyd sedert die dae van Ghenghiz

Khan beroemd vir sy rykuns in die oorlog. Hy is vir sy perd liewer as vir sy eie

vrou en kinders.

Wanneer die Russiese leërs op Palestina afpyl sal hulle moet die Elburz en

Kaukasiese Bergreekse oorsteek. Die perd sal kan indring waar geen gepantserde

gemeganiseerde voertuig ooit sal kan kom nie. Baie van die olievelde sal natuurlik

opgeblaas en buite aksie gestel word, wat dan die gemeganiseerde eenhede tot

‘n stilstand sal bring.

Perse, Kusiete (Ethiopië) en Putéërs (Libië)

Eségiël 38:5;

Perse, Kusiete (Ethiopiërs) en Putéërs (Libiëers) saam met hulle, almal

met skild en helm.”

Persië is die Iran van vandag. Hierdie land is baie sterk onder Russiese invloed

en dit is vanselfsprekend dat sy aan die kant van Rusland sal wees wanneer

die groot aanslag begin. Die Kusiete (Ethiopië) word uitgeken as die lande

suid van Egipte: Nubië (Soedan) en Abbissinië.

Libië:

“Die naam Libië soos deur die Griekse en Romeinse skrywers, op die Kontinent

van Afrika as geheel toegepas het, maar met uitsluiting van Egipte”. (Aldus dr.

William Smith in sy beknopte Woordeboek van 1865).

“Hierdie naam, in sy breë betekenis, was deur die Grieke gebruik om die hele

Afrika aan te dui”. (So sê Eerw. Richard Watson: “Woordeboek van die Bybel”,

gepubliseer in 1846).

Beide hierdie twee geleerdes word as gesaghebbendes beskou.

Eségiël het dus 2,550 jaar gelede gesien dat Afrika Kommunisties sou word en

haar sal voeg by die geledere van Gog in haar finale poging om

wêreldoorheersing te verkry. Skaars 20 jaar gelede sou niemand op die

gewone manier dit enigsins kon vermoed het nie. Die Afro Asiatiese Volk

tesame met Rusland en haar onderhorige lande beheer vandag die Verenigde

Volkere Organisasie. Afrika sal nog ‘n 200 miljoen by die geledere van die

Kommunisme voeg. Daar is net een weg van ontkoming vir die Weste, en dit is

om op ons knieë te gaan en God te vra om sy Seun Jesus Christus te stuur.

(vgl. Hand. 3:19-21).

Hierdie aspek word volledig in ons Studie oor die Boek van Openbaring

behandel.

9

Gomer en al sy Leërs

Eségiël 38:6;

Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die

Noorde, en al sy leërs - baie volke saam met jou.

Gomer word deur Milner, ‘n gesaghebbende, beskou as die streke van die

Ukraine, die Don en Turkestan (Kazakhskaya) die groot steppe (of

hoogvlaktes) van Suid-Rusland, wat aan Mongolië grens, en beroemd is vir

sy uitstaande ruiters. Die beroemde Kosakke kom uit hierdie gebied.

Togarma

Togarma is vir my nie baie duidelik nie, maar word deur Milner aangegee

as die gedeelte van Rusland waar die Turkse element van die Russiese

Volk vandaan kom. Wat wel egter duidelik is, is dat dit met die “uithoeke

van die Noorde” in verband moet staan en dit is genoeg om ook Togarma

in verband met Rusland te bring.

Joël sê aangaande die finale slag:

Ja, Ek sal die sprinkaanswerm uit die noorde afkomstig, van julle

af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy

voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike

See toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan

want hy het alte groot dinge gedoen - (Joël 2.20).

Eségiël 38:15 sê;

Dan sal jy kom uit jou woonplek uit die agterhoede van die Noorde,

jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ‘n groot

menigte en ‘n magtige leër.

Joël sê: “Want ‘n sterk ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande

is leeutande, en dit kan byt soos ‘n leeuin - (Joël 1:6).

Joël 2:2;

“ - - - - - - ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie

gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die

verste geslagte nie.

“Baie volke saam met jou”, Sjina alleen het nou (1962) ‘n bevolking van

700 miljoen.

Dit was Lenin wat gesê het” “Moenie bekommerd wees as net een kwart

van die wêreldbevolking oorbly nie, solank hulle maar net Kommuniste is”.

Dit is waarom selfs Rusland bang is vir sy vennoot Sjina: laasgenoemde

10

kan dit bekostig om driekwart van sy bevolking te verloor, want dan sal

daar nog genoeg oorbly om die wêreld te beheer.

Die name, lokaliteit en mag alleen, sover wat in hierdie paar verse beskryf

is, is genoeg om sonder enige twyfel Rusland en haar bondgenote uit te

ken. Ons moet erken dat God alleen, Wat die einde van die begin af ken,

hierdie openbarings deur sy Profeet Eségiël kon geskryf het.

Die Konings van die Ooste

Dit is onmoontlik om in ‘n artikel van hierdie formaat al die Skrifte te

kwoteer wat op hierdie onderwerp betrekking het. Ons behandel hulle

gewoonlik volledig in ons Bybel Studies. Daar is baie Skrifte wat duidelik

aandui hoe die massas vanuit die Ooste teen die Weste gaan opruk. Dit

staan nou voor die deur.

Hier is ‘n paar verwysings wat u self kan naslaan:

Openbaring 16:12; Rigters 6:3,33; Rigters 7:12.

(‘n Voorafskaduwing van wat nou weer gaan gebeur. Nasies en volkere

behou hulle inherente karaktertrekke, identiteit, drange en vyandigheid

deur die eeue.)

Rooi Leër, Rooi Rusland, Rooi Sjina

Netsoos in die vorige paragraaf, sal ek hier net die Skrif verwysings gee

wat oor hierdie belangrike merk van uitkenning handel, naamlik ROOI.

Onthou ook terwyl u hierdie verwysings in u Bybel nagaan dat die draak die

simbool van die ou Keisers van China vir geslagte lank was:

Nahum 2:3; Jesaja 63:1-6; Génesis 25:25 - (Ámalek, kleinseun van Esau);

Openbaring 12:3.

Rusland die Leidsman

Eségiël 38:7;

Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou

vergader het; en wees vir hulle ‘n leidsman.

Onthou, die Heer is nog besig om met Gog te praat en spreek hom aan as

die leidsman of gebieder van al die nasies wat saam met hom sal wees

wanneer hy die aanval maak. Rusland is die leier van die Kommunistiese

Antichris kombinasie wat nou vinnig sy finale vorm begin aanneem, soos in

hierdie verse van Eségiël oor die 2,000 jaar gelede voorspel.

Moskou (Meseg) is die ko-ordinering middelpunt en die hoofkwartier van

alle ondermynende magte teen die Blanke Christelike Weste. Selfs hier in

Suidelike Afrika word al die ondermynende bedrywighede en rysmier

11

aktiwiteite teen ons Regerings vanuit Moskou bestuur. Skakel enige

namiddag in op Radio Moskou op die 19 meter band en luister self na die

baie slim en sataniese propaganda wat op Afrika gerig word. O ja, Gog en

Moskou vervul beslis die rol van leidsman vir al die Kommuniste dwarsoor

die hele wêreld.

Daar is wel wrywing tussen Moskou en Peking wat spruit uit wedywering

tussen die twee, maar dit sal nie na ‘n konflik tussen die twee lei tot amper

teen die einde van Armagéddon nie - maar later meer hieroor.

Aan die Einde van die Jare

Eségiël 38:8;

Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy

‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel

is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as

puinhoop daar gelê het - ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle

woon almal in veiligheid.

Alle Bybel studente is dit met mekaar eens dat die laaste dae die periode

tussen die Eerste en die Tweede Koms van ons Heer en Saligmaker Jesus

Christus is, met ander woorde, die dae waarin ons ook nou leef. Die einde

van die jare is die periode reg aan die einde daarvan. Dit staan voor die

deur. Die groepering van die nasies is feitlik voltooi, en die motorkar,

oorlogstenk, vliegtuig, vuurpyle en waterstofbomme wat in die Bybel

beskryf word in verband met die laaste oordeel is al almal vandag met ons.

Die Motorkar:

Nahum 2:3-4;

3 Die skild van sy helde is rooi geverf, die dapper manne in skarlaken

gekleed, die strydwaens skitter met die glans van staal op die dag

as hy hom gereedmaak, en die spiese word geswaai.

4 Langs die paaie raas die strydwaens (motors), hulle jaag rond oor

die vlaktes; hulle voorkoms is soos fakkels, soos bliksemstrale skiet

hulle heen en weer, (spoed)”

Vliegtuie:

Jesaja 31:5;

Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare

Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.

Jesaja 60:8;

Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos ‘n wolk en soos duiwe na

hulle vensters?

12

Joël 2:3-6;

3 Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom

lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste

wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so

hardloop hulle.

5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos

die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ‘n magtige

volk wat vir die geveg opgestel is.

6 Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.

Die perd was die vinnigste dier wat in die ou dae bekend was. Ons het

vandag nog die gevleuelde perd – “Pegasus”, as die embleem van een van

ons hedendaagse oliemaatskappye, om spoed aan te dui. “Pegasus” was

die “Gevleuelde Perd” van die Griekse mitologie. Joël het in hierdie oorlog van

vuur aan die eindtyd, die moderne vliegtuig en vuurpyl van bergtop tot

bergtop, as het ware, sien spring terwyl hulle deur die lug klief en soos hulle

teen die gesigseinder gesien is. So spoed hulle dan oor die bergtoppe met

hulle dodelike ladings van bomme en masjiengeweervuur en laat net pyn, die

geknetter van ‘n vuurvlam en verwoesting agter. Die geratel en geknetter van

hulle masjiengewere en vlamwerpers het dieselfde geknetter van ‘n vuurvlam

wat deur ‘n woud woed.

Is dit nie ‘n raak beskrywing van dinge soos dit vandag is nie? Miskien is daar

onder die lesers van hierdie boekie diegene wat al onder

masjiengeweervuur en bomme deurgeloop het. Miskien kan u nog onthou

hoedat sulke eskaders van vliegtuie so in die verte teen die gesigseinder

net soos ‘n klomp jaghonde (jagvliegtuie) gelyk het wat van die een bergtop

na die ander spring (huppel).

Die modern Oorlogstenk beskryf:

Joël 2:7-10;

7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur,

en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen

wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.

9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die

huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief.

10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan

word swart, en die sterre trek hulle glans in.

Tenks word in moderne oorlogvoering gebruik om huise en geboue om te

stamp. Wanneer hulle in oorlogsformasie voortbeweeg dan dring koeëls nie

maklik deur hulle pantser om hulle van koers af te laat verander of om hulle uit

13

gelid te ruk nie - (verse 7 en 8). Die moment wanneer hulle ‘n stad inneem,

sprei hulle uit en deurkruis die stad om dit so gou en effektief as moontlik

onder beheer te kry.

Hulle stamp mure om en trap huise plat wat in hulle weg staan - soms dring

hulle ‘n huis deur ‘n venster met geweld binne. Veral met sommige van

ons moderne huise met hulle groot vensters tot amper op die grond, kan so

‘n tenk maklik die huis by een venster “inry” en by die ander een uit, met

verwoesting in daardie huis op sy spoor.

Wanneer so ‘n eskader tenks met hulle duisende tonne aan gewig, aan die

beweeg is, “bewe” die aarde letterlik, net soos ‘n trein wat die perron van ‘n

stasie laat bewe. Moderne leërs het tienduisende van hierdie monsters wat

tonne elk weeg. Wanneer elkeen van hulle beweeg en terselfdertyd vuur en

rookdamp by die bekke van hulle bulderende kanonne uitskiet, en die

kartetse begin bars en die bomme ontplof (heel moontlik nog atoombomme

as kanonkoeëls), dan sal die aarde bewe en die hemel (lug) sidder (vers 10)

en die rook en stof en as en damp sal die lug donker maak sodat jy nie die

son of die maan of sterre sal kan sien nie.

Dit word ook in Joël 3:15 bevestig.

Atoombomme en Waterstofbomme:

Net so akkuraat word Atoom- en Waterstofbomme in die volgende Skrifte

beskryf: Jesaja 66:15, 16; Jeremia 30:23, 24; Joel 2: 30-32; Openbaring 16:

16-21.

(Vir ‘n volledige verklaring van hierdie Skrifte, skryf vir die boekie: “Die Boek

van Joël, Sy Profetiese Boodskap en Waarskuwing”.

Vuurpyle:

“Pyle van weerlig, goed gerig, sal rondvlieg, en vanuit die wolke, soos uit ‘n

goed gespanne boog, sal hulle reg op die merk afpyl”. (“Wisdom of

Solomon 5:21, Apocrypha” - my vertaling uit Engels).

“Want sterk is sy regterarm wat die boog span, die pyle wat hy afskiet is

skerp, en sal nie mis wees nie, wanneer hy hulle begin skiet tot in die eindes

van die aarde. En die dooies sal as mis op die grond uitgewerp word, en daar

sal niemand wees om hulle te vertroos nie want die aarde sal verlate wees

en die stede sal omgegooi word.” (Ook my vertaling van 2 Esdras 16:13,23 in

die Apokriewe uit die Engels).

Hierdie is verskriklike dinge om aan te hoor, maar waar.

Is u gereed?

Hierdie dag staan al op die drumpel.

14

Jesus het gesê:

Waak dan en bid altyddeur sodat julle waardig geag mag word om al

hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te

staan –

(Luk.21:36).

Toe Khrushchev gedreig het dat hy die Westerse Nasies sou begrawe, was

dit geen ydele pronk nie, menslik gesproke, want hy het die wapens om

daardie dreigement mee uit te voer.

Ons Here Jesus het gesê:

“En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word

nie; maar terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word”

(Matt. 24:22).

As u wil behoue bly, dan beter u aan die voorwaardes van Psalm 91

voldoen.

Vers 8 toon aan dat Rusland en al haar bondgenote op Palestina sal

toesak. Die rede is dit: Wanneer Jesus nou spoedig weer kom om op aarde te

regeer, sal dit wees vanaf berg Sion in Jerusalem.

Die Kommunisme, al glo hulle nie die Bybel nie dan glo Satan wat hulle

aanvoer, dit wel, hy wil Christus voorspring en Hom verhoed om sy Godsryk

hier op aarde te vestig. Dit is ook die hoof rede waarom die Kommunisme

‘n inherente gees binne hulle het wat hulle dryf om wêreldoorheersing ten

alle koste te bekom.

Die uiteindelike doelwit wat op die spel is, is wie sal heers, Christus of

Satan!

Ons behandel dit volledig in ons Studies oor Openbaring.

‘n Lugaanval

Eségiël 38:9;

Dan sal jy optrek soos ‘n onweer wat aankom, jy sal wees soos ‘n

wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam

met jou.

Die optrek soos ‘n onweer, soos ‘n wolk, om die land te oordek dui baie

duidelik op ‘n lugaanval op ‘n massiewe skaal. Ons leef in ‘n tyd van

valskermtroepe — ons het dit alreeds in die afgelope wêreldoorlog gesien. Hierdie

komende oorlog sal dit by verre oortref. Rusland en haar volgelinge het

tienduisende van frontlinie vliegtuie wat gereed staan om onmiddellik op te styg.

15

Terselfdertyd sal die Westerse Nasies aan die volle vuur van ‘n vuurpyl

bombardement met kernbomme onderwerp word - die “pyle” van 2 Esdras

16:13,23, wat tot aan die eindes van die aarde geskiet word. Onthou dit sal

oorlog op ‘n wêreldskaal wees, iets wat niemand nog ooit vantevore gesien het of

vir homself kan inbeeld nie. Slaan weer die Skrifte oor Atoom bombardement

en vuurpyle na. Hoe het Eségiël meer as 2,000 jaar gelede van hierdie dinge

geweet?

‘n Listige Plan

Eségiël 38:10-12;

10 So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart

opkom, en jy sal ‘n listige plan beraam

11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige

mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en

geen grendel of poorte het nie;

12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die

puinhope wat weer bewoon is, en teen ‘n volk wat uit die nasies

versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt

van die aarde woon.

Dit is nie Palestina hierdie nie. Dit dui op mense wat rustig woon en wat nie

voorsorg gemaak het om hulle stede te versterk nie: mense wat gegaan het

om die puinhope (verlate, onbewoonde plekke - Engels: “Waste places”)

van die aarde te bewoon, en daar welvarend geword het.

Die hedendaagse Palestina is ‘n klein landjie met ‘n klein bevolking in

vergelyking met die groter lande en volkere van die aarde. Die Westerse

Nasies egter, is baie ryk in vergelyking met Rusland en die nasies van die

Ooste en van Afrika. Ons weet ook dat die Kommunisme geen geheim

daarvan maak dat hulle ons sal kaalstroop van al ons besittings en dit

gelykop, so sê hulle, sal verdeel onder almal wat nie het nie. Hulle neem dit

natuurlik nie in aanmerking nie dat diegene, wat vee en goed verwerf het, het

daarvoor gewerk, en dat baie van die wat nie het nie in elk geval nooit die

bekwaamheid gehad het om iets bymekaar te maak nie.

Dit is die Westerse Nasies wat oor die afgelope drie eeue uitgesprei en die

ontvolkte gebiede van die aarde gaan bewoon het en hulle omskep het in

oorde wat vandag deur diegene beny word wat dieselfde geleenthede

gehad het, maar nie dieselfde bekwaamheid nie. (Dink maar hoe ons eie

Voortrekkers die Vrystaat en Transvaal leeg gevind het - puinhope nadat

die naturelle stamme mekaar uitgeroei het. Dit geld ook tot ‘n groot mate

vir Noord Amerika. Hierdie gebiede het voorwaar gewag vir God se volk om

te kom).

16

Ek is oortuig dat hierdie gedeelte op die Wit Protestantse Weste betrekking

het. In elk geval, verse 8 en 9 handel oor die inval in Palestina, waarom dan

sal verse 10 tot 12 nou weer oor dieselfde handel? Vers 10 sê ook: “In dié

dag;” dit wys ook op ‘n ander plek - en daar is geen ander plekke op aarde

wat aan hierdie beskrywing beantwoord behalwe Wes-Europa, Kanada, die

Verenigde State van Amerika, Suidelike Afrika, Australië en Nu-Seeland nie.

Die Verlore Tien Stamme van Israel

Hierdie laasgenoemde nasies, afgesien van ‘n verskil in taal wat in elk geval

nie noodwendig ‘n verskil in ras beteken nie, is almal dieselfde soort mense.

As ons die elemente onder hulle wat van Suid- en Sentraal Europa afkomstig

is sou kon verwyder, sou hulle die mees homogene groep op aarde wees. Dit

is nie die tema van hierdie artikel nie, ons het ook nie nou die ruimte nie,

maar ons glo dat hulle die afstammelinge van die sogenaamde “verlore” tien

stamme van Israel is.

Ons weet dat hulle nooit na Palestina teruggekeer het na die Assiriese

Ballingskap nie. God het ook belowe dat Hy hulle nie vir altyd sou verwerp

nie. Inteendeel, Hy het deur die Profeet Hoséa beloof dat hulle in die laaste

dae die seuns van die lewende God genoem sou word; met ander woorde,

‘n Christen Volk, want jy kan alleen ‘n Seun van God word deur geloof in

Jesus Christus - (Sien Joh. 1:12).

En dit is presies wat die Westerse Nasies is, en geen ander nasie ter wêreld

nie. Ons is nie naby daar waar ons behoort te wees nie, maar ons erken die

Here Jesus Christus in ons Grondwette, open ons Parlementsittings met

gebed, beskerm die Christelike Kerk en die Bybel, en stuur Sendelinge en

Christelike leesstof tot aan die eindes van die aarde uit. Geen ander nasies

doen dit nie. Ons is die Huis van Israel.

Gog Uitgedaag

Eségiël 38:13;

Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal

vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat

kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en

goed weg te neem, om ‘n groot buit te maak?

In die dae van die Bybel was die grootste gedeelte van die Weste van Europa

aan die Atlantiese Kus “Tarsis” of “Tartessus” genoem. Die Amerika’s, en

die ander lande oorkant die see was natuurlik nog onbekend in Eségiël se

dae. Maar ons het genoeg hier voor ons om tot ‘n definitiewe gevolgtrekking

17

te kom: Ons weet dat dit die Westerse Christelike Nasies aan beide kante van

die Atlantiese Oseaan is wat in die pad van die Kommunisme staan om

wêreldoorheersing te verkry.

Ons weet dat ook hulle die mees vooraanstaande koopmans nasies van die

wêreld is, presies soos die koopmans van Tarsis in die dae van Salomo was.

Groot Brittanje het die leeu op haar nasionale wapen en Kanada, Suid-

Afrika, Australië en Noord lerland was dikwels die jong leeus gedurende die

afgelope twee wêreldoorloë genoem. Die identiteit is onbetwisbaar.

Met die huidige stand van die nasies teenoor mekaar, Ooste teen Weste, is

die groepering duidelik en absoluut net soos deur Eségiël voorspel.

Ek moet erken dat ek nie baie duidelikheid oor Skeba en Dedan het nie. Ek

glo dat in die finale slag hulle onder sommige van die Arabiese Stamme en

sekere seksies van die Indiese Volk gevind sal word. Die rede waarom ek dit

sê is omdat die suiwer Arabier ook ‘n afstammeling van Abraham is, net

soos Israel, maar deur Hagar; en dat ‘n sekere seksie van die Indiese Volk ook

van Abraham afstam deur Keturah. Afgesien van hulle kleur, het baie van die

Arabiere en die Indiërs nie die gelaatstrekke van die Wes Europeaan nie?

Onthou die wyse manne uit die Ooste. Lees Génesis 25:1-6.

Die tyd sal ons leer.

GOD in Gog Geheilig

Eségiël 38:14-16;

14 Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here

HERE: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon

nie?

15 Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy

en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ‘n groot menigte en

‘n magtige leër;

16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos ‘n wolk om die land te oordek.

Aan die einde van die dae sal dit wees – dan sal Ek jou teen my land

laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou , o Gog,

voor hulle oë as die Heilige laat ken.

Hier wys die Heer baie duidelik dat Gog teen Israel sal optrek. Dit sal in die

laaste dae wees, dit wil sê nou. Net een leërafdeling van Rusland sal genoeg

wees om met die Jode in Palestina af te reken. Maar dit is vir almal nou al

duidelik dat dit die Westerse Nasies is wat in die Kommunisme se pad staan.

Daarom is die “My volk Israel” van wie ons hier lees, die Weste. God sal vir

Gog gebruik om Israel te kasty en dan die Russiese en ander leërs saam

18

met haar op ‘n bonatuurlike wyse vernietig om aan hulle (die heidene) te

toon dat Hy God is.

‘n Lang Uitstaande Geskil Afgereken

Eségiël 38:17;

So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek

het deur my knegte, die profete van Israel wat in dié dae

geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?

In Exodus 17:14-16 lees ons hoedat die Ámelekiete (Ámalek was die

kleinseun van Esau) die eerste nasie was wat Israel na die Exodus

aangeval het. Dit was as gevolg van hierdie ingebore haat van Esau vir

Jakob en wat van geslag tot geslag voortgeplant is. God het toe geweet

dat Hy oorlog met Ámalek van geslag tot geslag sou hê.

Ons het gesien dat Gog van Agag die Koning van die Ámalekiete kom.

Hier sien ons dus aan die einde van die laaste dae dat God in hierdie

laaste oorlog sy afspraak met Ámalek gaan hou.

Lees: Eségiël 35:5-6; Obadja 10-14; Maleági 1:4.

Die HERE tree Tussenbeide

Lees Eségiël 38:18-23;

18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom,

spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.

19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik,

in dié dag sal daar ‘n groot aardbewing wees in die land van Israel,

20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en

die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die

gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde

is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort

en al die mure op die aarde val.

21 En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die

Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.

22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en

oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat

reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.

23 So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend

maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die

HERE is.

19

Hier word ‘n heerlike toneel vol van majesteit en krag wat deur geen

menslike pen beskryf kan word nie, voor ons oë onthul: die HERE tree op

‘n bonatuurlike wyse tussenbeide ten behoewe van sy volk. Hy laat groot

haelstene, vuur en swawel van uit die hemel, op Gog en sy leërs neer reën.

Terselfdertyd skud die grootste aardbewing wat die wêreld nog ooit

ondervind het, selfs die voëls van die hemel.

Vergelyk: Heb. 12:25-29; Josua 10:11; Open. 16:21; Sagaría 14:1-4,12-

15.

In hierdie selfde tyd sal die leërs van Gog, wat van baie nasies kom,

ontnugter word en besef dat hulle ‘n leuen geglo het. Gevegte onder

mekaar sal dan uitbreek en die slagting sal groot wees.

Israel Bekeer en Gevul met die Heilige Gees

Lees Eségiël 39.

Baie van hierdie hoofstuk is ‘n hersiening van hoofstuk 38, net met meer

besonderhede bygevoeg. In hierdie tyd van beproewing sal Israel (die

Westerse Protestantse Nasies en die Jode van suiwer Israelitiese afkoms)

se oë oopgaan en hulle en die heidene sal besef dat hulle, Israel, God se

ou Uitverkore Volk is.

(Lees Eség. 39:22, 23).

God sal aan hulle ‘n gees van berou skenk, en sy Gees op hulle uitstort.

Eségiël 37 sal dan vervul word en Christus sal op aarde vanaf die berg

Sion regeer en op die troon van Dawid sit soos die engel dit aan Maria

beloof het:

Lukas 1:31-33;

31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom

Jesus noem.

32 Hy sal groot wees, en die Seun van die Allerhoogste genoem word;

en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob, tot in ewigheid, en

aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Daar sal geen leërs gedurende Jesus se Duisendjarige Vrederyk nodig

wees nie, want daar sal geen oorlog wees nie. Daar sal geen

godsdienstige twiste wees nie, want Christus is die Weg, die Waarheid en

die Lewe. Daar sal geen politieke dwarstrekkery wees nie, want die

Heerskappy sal op Sy skouer wees. Ook geen kompetisie waar hulle

mekaar se kele afsny nie, want die oorheersende motief sal nie profyt wees

nie, maar diens. Geen stakings nie, geen armes nie, en siektes sal

verdwyn.

20

“Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy

gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof

laat uitspruit voor die oog van al die nasies” – (Jes. 61:11)

(Aldus J. Bernard Nicklin in “The Approaching Climax”).

Die Einde.

Naskrif: (September 1965).

Op hierdie huidige oomblik van heruitgawe van hierdie artikel het

wêreldgebeure ‘n hele paar stappe nader aan die tyd beweeg waarin die

finale opmars van die hordes van die Ooste (vgl. Rig. 6:3-5,33; Rig. 7.12;

Open. 16:12) onder aanvoering van Rusland, die reus van die Noorde,

teen die Weste sal begin.

Noudat die wedywering tussen Rusland en Sjina vir uiteindelike

wêreldoorheersing na die verslaning van die Weste deur die Kommunisme,

soos hulle dink, in alle erns begin het, kan ons Eségiël 38:21 beter

verstaan:

“Die swaard van die een sal teen die ander wees”.

Moet u dus nie laat mislei deur te dink dat Rusland en Sjina met mekaar sal

rusie kry voordat die botsing tussen die Ooste en Weste (wat nou baie

naby is) begin het nie. Rusland sal hulle leidsman wees soos Eségiël 38:7

voorspel. Maar elkeen van Rusland en Sjina sal presies weet wat die

planne van die ander een is.

Hou veral Sjina op hierdie huidige oomblik in Afrika dop: Volgens De

Courcy in “Intelligence Digest” is Sjina hard besig om terroriste in Afrika vir

guerrilla oorlogvoering op te lei. Pierre Mulele, die leier van die Kongolese

terroriste byvoorbeeld, is deur hulle opgelei. Onlangs het die “Sjinese

Kommissie vir Kulturele Betrekkinge met Afrika” meer as 100,000 kopieë,

in verskillende vertalings, van Mao Tse-Tung se handboek oor rewolusie,

versprei. Hulle word op hierdie oomblik bestudeer.

Die wêreld het nog nooit, en sal ook nooit weer, die gekombineerde mag

en woede van die hele Kommunistiese Blok, wat nou ter eniger tyd teen

die Weste gewerp kan word, gesien nie. Moet nie mislei word nie! Eségiël

waarsku dat Rusland en Sjina gesamentlik soos ‘n sprinkaanswerm teen

die Weste sal aanstorm. En hulle sal al die gekleurde nie-Christen Nasies,

met inbegrip van Afrika by hulle hê. Alleen net dieselfde God wat vir

Gídeon en sy klein bende uit die hande van die Midianiete, Ámalekiete

(Rusland) en die kinders van die Ooste (Sjina en Bondgenote) gered het,

kan ons vandag red. Hierdie wonderwerk van verlossing sal die

21

“wonders waar ons vadere ons van vertel het” - (Rigters 6:13) by verre

oortref.

“En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle

hoofde op, omdat julle verlossing naby is” - (Lukas 21:28).

Naskrif: (Maart 1976).

Nou, veertien jaar na die eerste uitgawe van hierdie pamflet, het ons niks

meer by te voeg nie.

Die afgelope 14 jaar het net die korrektheid van ons verklaring van Eségiël

38 en 39 bevestig. Dit het dus nog baie meer betekenis daaraan gegee.

Noudat Angola en alles wat dit vir ons gewys het, vir Gog in Afrika nog ‘n

vastrapplek gegee het, is die skrif vir die Weste aan die muur: Alleenlik ‘n

opregte bekering tot God kan ons red. U daadwerklike ondersteuning in

die spoedige en massa verspreiding van hierdie pamflet en ons ander

literatuur wat die Profesieë van die Bybel vir ons oopmaak, is nou dringend

nodig.

Einde.

22

Iets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen

vanaf sy kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf

Génesis tot Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes.

siektes en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en

aan hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van

hierdie rampe sou wees nie; en ook dat Israel as God se Demonstrasie

Volk op aarde is. Dit was egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die

Jood of die Kerk is of kan wees nie. Mettertyd het hy tot sy groot blydskap

ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en Germaanse nasies inderdaad

die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n

ware wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus

die Christus as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome

harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra

moet word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het

F.W.C. Neser die onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL

KAN HOOR!

Bylae:

Boeke is beskikbaar by Ekklesia Kassetfonds Trust se kantore.

No Titel

1 Die Afrikaner -- ‘n Unieke Volk

2 Ander Evangelie

3 Segregasie -- Wat sê die Skrif?

4 Die Bedienings Gawes van Jesus Christus

5 Die Bybel is Waar

6 Christendom en Kommunisme

7 Die Boek van Daniël

8 Daniël se 70ste Week

9 Die Derde dag Opstanding van Christus

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

23

No Titel

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

13 Die Doop, in watter Naam (pamflet)

14 Die Duiwel

15 Engele

16 Die Fondament van die Christelike Lewe

17 Die Gawes van die Heilige Gees

18 God se Groot Week

19 Goddelike Genesing

20 Die Profeet Hoséa

21 In die Oppersaal

22 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Die Israelwaarheid - TV Onderhoud

25 Die Boek van Jesaja

26 Jesus van Nasaret

27 Die Boek van Joël

28 Die Kerk van Rome en die Mens van Sonde

29 Krag van die dwaling

30 Die Kruis

31 Moses en sy “Kusitiese” Vrou

32 Mure van Jerusalem

33 Na die Dood – Wat Dan?

34 Die Name van God

35 Die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde

36 Die Boek van Openbaring

37 Die Openbaringe van die Apostel Paulus

38 Die Opraping

39 Die Brief aan die Romeine

40 Rusland in Profesie

41 Die Sabbat

42 Die Slang van Génesis 3

43 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

44 Tempel van God

24

No Titel

45 Terwille van die Engele

46 Troos, troos my Volk sê julle God

47 Die Twee Sade op Aarde.

48 Die Tyd van die Heiden

49 Verblinding van Sinne

50 Verdrukking Die Groot

51 Die Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1

52 Die Verlore Tien Stamme van Israel

53 Versterk mekaar in ‘n tyd soos hierdie

54 Die Vrug van die Heilige Gees

55 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

56 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

57 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

58 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

59 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

60 Die Wederkoms van Christus

61 Wêreldgebeure

62 Die Wet van die Here

63 Wie is my Naaste?

64 Wie was Hulle?

Nuwe Byvoegings:

No Titel

65 Hoe sal ons ontvlug

66 Wat ek vrees kom oor my

67 Laat U wil geskied

68 Die Arsenale van God

69 Die kinders van God

70 Noag die Opregte

71 Ken U Vyand

72 Die Groot Opdrag

73 Die wonderlike wêreld van môre

74 Die volk en verootmoediging

75 Die Troon van Dawid

25

English books available

No Titel

1 After Death What Then?

2 Segregation – What saith the Scripture?

3 The Bible Predicts "Atomic War"

4 The Book of Joel

5 The Book of Revelation

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 The Great Tribulation

9 The Israel Truth T.V. Interview

10 The Lost Ten Tribes Of Israel Part 1

11 The Lost Ten Tribes of Israel

12 The New Heavens and the New Earth

13 The Origin, History and Destiny of the White Race

14 The Past the Present and the Future in the Light of Scripture

15 The Rapture

16 Russia in Prophecy

17 The Serpent of Genesis 3

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

New Additions:

No Titel

20 Sons of God

21 The Two Seeds Upon Earth

22 The Bible is True

23 Noah the Man without Blemish

24 Israel in the New Testament

25 Moses and his “Cushite” Wife

26 Unpublished Writings

26

Naslaan Biblioteek: Boeke oor verskillende onderwerpe is beskikbaar

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

Webtuiste:

Besoek ook ons webtuiste: www.israelmusthear.co.za waar u bykans

1500 preke/leringe van Pastoor Neser en ± 100 Afr. en Eng. boeke wat

deur Pastoor Neser geskryf is, volledig kan aflaai. Hierdie diens is gratis.

E pos Adres: ekklesiekassetfonds.neser@gmail.com

Gebruik die adres om u bestelling van boeke/CD’s/of DVD’s te plaas of om

met ons in die kantoor kontak te maak.

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!