10.09.2013 Views

Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za

Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za

Laai boek af : PDF - israelmusthear.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

want ons het almal gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van

God.

Die Heer is teen Gog, omdat Gog teen die Heer is. Kommunisme is

militante ateïsme. Dit verklaar openlik dat dit toegewei is aan die een groot

taak om godsdiens te vernietig en die Christendom totaal uit te delg. Dit

was Lenin wat godsdiens die opium van die volk genoem het. Ateïsme

word in Russiese Skole as ‘n verpligte onderwerp geleer. Die feit dat God

teen Gog is, is dus nog ‘n baie duidelike merk van uitkenning wat bewys

wie Rusland in profesie is.

Jou Hele Leër

Eségiël 38:4;

En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek

en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot

menigte met die groot en klein skild, wat almal die swaard hanteer;

Die Russies Sjinese kombinasie met al hulle satellietstate en onderhorige

volkere is sekerlik die sterkste mag wat die wêreld nog ooit gesien het.

Hulle effektiewe mannekrag vir oorlog is een honderd maal soveel soos die

van die Weste.

Dit word bereken dat Rusland en Sjina alleen tesame tussen 20 en 30

miljoen man onder die wapen het. In konvensionele wapens is hulle baie

sterker as die Weste. De Courcy skryf in sy “Intelligence Digest”, die mees

betroubare nuusdiens in die wêreld, dat as Duitsland gedurende Wêreld

Oorlog Nommer 2 een kwart van die duikbote gehad het wat Rusland nou

het, sou sy die Geallieerde Magte tot ‘n Kompromie kon gedwing het; as sy

die helfte gehad het, sou sy gewen het.

Sover dit vuurpyle en ruimtetuie betref, is Rusland die Weste voor. Ons

industriële stede lê oop en kan binne ‘n paar minute na die aanvang van

vyandelikhede vernietig word. Die Heilige Skrif wys baie duidelik dat die

eerste aanval ‘n verrassingsaanval sal wees. Baie van die Russiese stede is

ondergronds en in gebiede waarvoor daar nog geen volledige landkaarte

bestaan nie.

“En Ek sal jou weglok.”

Die Kommunistiese strategie is om die Verenigde State van Amerika te

isoleer en haar dan met vuurpyle en lugarmadas van oor die Noordpool

aan te val. Terselfdertyd sal die Kommunistiese Hordes oor Europa stroom

om die Atlantiese kus te bereik.

Dan sal hulle ewe skielik omswaai (“Ek sal jou weglok”) en op Palestina

afpyl. Dit is dan hier waar die laaste beslissende slag so bloedig sal wees

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!