05.05.2013 Views

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

N

o

v

e

m

b

e

r

2

0

1

2

Inspirasie span

Die menings wat in Inspirasie uitgespreek word, is nie noodwendig dié van

die redaksie nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir onjuisthede nie,

alhoewel ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat die inhoud feitelik

korrek is. Alle regte voorbehou

Inhoud

Uit die pen van die Redaktrise

Evan, jou vriendin in Jesus

Daar is lig in jou tonnel

Daar is hoop

Tracy-Lee’s Arts and Craft

Nuwe vlerke

Daar is lig in die tonnel

By Jesus se voete

Kom vat hande met Suné

My hondjie is dood

Prontuit gesondheid

Sag oppie tong

Die Lig sal weer skyn aan die einde van die tonnel

Uit Danie se hoed

Tegnologie: seën of euwel

Tienerdinge

Engeltjies aan die einde van my tonnel

Laat julle liggie skyn

A message from inside

Inspirasie blad

Vir ons nuwe lesers: Kliek op die naam van die artikel en dit

sal daar oopmaak. Om terug te gaan na Inhoud klik op die

tonneltjie in die boonste hoek

Uit die pen van die Redaktrise.

Hi daar al my sonskyn vriende en lesers,

Ag, ek vra vreeslik om verskoning omdat ons so laat is hierdie maand, maar soms hardloop die

drukkersduiwel sommerso ongenooid hier in, maar ek het hom darem einde laas die deur gewys

na ’n groot gesukkel.

Soms is ’n mens se lewe soos ’n donker tonnel en ja ek hou niks van die donker nie, Dit voel asof

duisende pare oë jou dophou. Tog moet ’n mens soms jou vrese in die oë kyk en dit kan ons net

doen deur die hulp van ons Heer. Hy is magtig en liefdevol. Daarom kan ons altyd op Hom reken

en sodoende word ons tonnels helder verlig en kan ons weer asemhaal en voortgaan.

Mensies terwyl ek so deur my skrywers se artikels gaan en regkry om geplaas te word lees ek my

twee jong tiener skrywers se artikels en my mond hang oop vir soveel insig en wysheid asook

bemoediging en geloof. Hierdie twee jongmense skryf so dat self ons as volwassenes by hulle kan

leer en ja hulle is ook beslis kinders van ons Heer. Baie dankie julle twee vir julle toewyding en

entoesiasme. Dankie, dat julle deel van ons span geword het.

Ons neem afskeid van ons kosman Michael omdat sy verpligtinge te veel geword het en hy nie vir

ons wil afskeep nie. As daar enigeen anders is wat in sy plek wil inskuif laat my gerus weet by

inspbriewebus@gmail.com Ons sê ook dankie aan hom vir sy heerlike resepte wat hy met ons

gedeel het. Ons gaan dit voorwaar mis.

Volgende maand se uitgawe gaan heelwat vroeër verskyn sodat die idees vroegtydig by die lesers

kan uitkom indien hulle van ons idees wil op die proef stel. Ek glo dit gaan propvol lekkerte wees,

Daarmee groet ek eers tot volgende maand.

Heerlike inspirasie groete

Elsabe

Gewoonlik is ek die een wat mense moed inpraat en vertel hulle moet net op die Here

vertrou en alles sal regkom, maar hierdie maand voel my bemoediging soos hol eggo’s in

my ore. Met die tema van hierdie maand se “Aan die einde van die tonnel is daar...” Wat

is daar? Die spreekwoordelike lig of miskien is die antwoord iets anders. Wag daar ’n

beter uitkoms?

Die antwoord bly my ontwyk. Ja, glo my Christene of laat ek liewer sê ’n kind van God kan

ook moedeloos word. Voel asof die Here nie luister nie en dit voel of die duiwel net een

adres ken. Myne!. Ek sak soos gewoonlik elke aand voor my bed op my knieë neer en die

gedagte gaan deur my kop. Is dit nog die moeite werd om te vra? Om die Here te vra vir

oplossings. Om te bid vir ’n uitkoms. Om seer weg te vat. Om te help verstaan? Dan gaan

ek die nag deur en ek staan die volgende môre op om weer ’n dag voort te stu en voor ek

my weer kom kry is ek maar weer op my knieë en vra

maar weer.

In al hierdie wroegings kom die antwoord duidelik deur

na my. Hoekom ek dit doen, al voel dit of dit nie meer

saak maak nie. Ek doen dit omdat daar aan die einde

van die donker tonnel nie die spreekwoordelike lig of

uitkoms of wat jy ook al mag dink daar is nie. Nee, dit is

hoop, want die hoop beskaam nie. Dit is blywend. Dit is

daar elke keer wat ek op my knieë sak, die hoop. Die

hoop na ’n antwoord, na ’n uitkoms of na heling vir die

seer.

Ek haat dit om deur ’n tonnel te ry. Dit lyk of ons al die aankomende motors gaan tref. Ek

kan die suising van die verbygaande motors nie verdra nie. Die tonnel voel oneindig lank,

asof dit geen einde het nie en dan skielik om ’n draai is die mond van die tonnel en die

helder lig. Ek kan nie wag om deur dit te ry en die helder sonlig of maanlig te sien nie en

ek slaak ’n sug van verligting. Ek voel veilig. En dit is dieselfde gevoel wat ek kry elke keer

as ek in gebed met my God verkeer en ek weet Sy hoop wag daar vir my. Dit is wat my

dwing. wat my aandryf om vanaand weer op my knieë voor ons God my vrese bekend te

maak en te weet daar is hoop!

Die Here nooi jou uit: “Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is. Ek sal jou rus gee.”

Vrede. Hoop. Dit is wat Jesus aan die einde van die tonnel vir ons gee. Hoop en Uitkoms!

En ek loof my Heer se Naam vir hoop en nog meer.

DAAR IS LIG IN JOU TONNEL!!

Tarah du Toit

Dinge gebeur met ons as mens op aarde, dinge wat ons siel aftrek in `n put van

moedeloosheid en donkerte. Dit is nie `n grap of `n sprokie nie. Depressie het al soveel

keer die tol ge-eis, en siele geneem deur selfmoord of die toevlug na dwelms en drank.

Elke oggend, vir die siel wat vas is in daardie kettings, is ‘n las net om sy oë oop te maak.

Dit is makliker om net te slaap en nogmaals te slaap. Om wakker te wees, om heeldag net

aan die donker gedagtes toe te gee, is dit makliker om bedwelm te wees, om op `n “high”

te leef.

Emosies wat deur jou spoel van: ”Hier is ek, met my sonde sak, en die stof klou aan my

kleed. Ek het ver gekom en die reis het my gebreek. Die verbode land van skuld en seer

het my alleen gelos,… en ek soek weer na my Pa, se diepe

sielekos. Hier is ek gebroke, verlore in myself, hier is ek by U

voete Heer. Want hier is lewe en genade vir `n kind.

En soveel keer het ek geval en my skouers deurgeskaaf, want

ek bly nog glo die las moet ek self dra. Maar tog is dit weer U

wat na my aangehardloop kom, en U arms van liefde en

vergifnis om my vou. Hier is ek gebroke…verlore in myself,

hier is ek by U voete Heer. Want hier is lewe en genade.. vir my.. genade vir my!”

Kan enige mens regtig verstaan wat ‘n ander deurgaan? Kan jy jouself met `n ander se

donker nag vereenselwig? Kan die mens regtig `n ander se pyn verlig met woorde? Dit

alles het al deur soveel mense se gedagtes gegaan. Ek glo persoonlik nie een persoon kan

dieselfde pyn deurgaan as `n ander nie. Elke mens is uniek met sy eie gevoelens, sy eie

persoonlikheid, sy eie pyn. Elkeen hanteer hom/haar donker nag op n ander manier, `n

manier wat daardie persoon dink hy/sy kan dit hanteer. Ek dink ons kan onsself net indink

wat ‘n persoon moet deurgaan wanneer hy/sy deur `n winterseisoen

gaan.

Here.. ek voel so verlore,… en U voel so ver,…. maar ek dors na U!. En

Vrede is `n vreemdeling vir my. Tog weet ek dat die waarheid groter

is, as wat ek nou voel. Want U is naby my….. U bly binne my……..U is

orals….. U is hier, Here hier!!

Dis al waarvoor ek leef, dit bly vir my genoeg dat U by my is. Breek deur my ongeloof sodat ek

weer kan sien dat U by my is…. Emmanuel!

En waarom, bly ek steeds tevrede om op die kantlyn te bly staan? Dit terwyl ek weet daar is

soveel, soveel meer. Vader! kom deurdrenk my met U Gees. Sodat ek weer my diepste troos in U

veilige arms kan vind.

Is dit nie maar hoe ons siele is nie? Ons weet WAT die waarheid is, ons weet WIE die waarheid is,

en daarom vra ons……….maar glo ons? Ons sal agter predikers aanhardloop net vir verligting, na

getuienisse luister en tot so ver gaan om hulp by `n berader te kry. Tog kom ons nie los nie. Tog wil

ons uit maar weet nie hoe nie, of wil ons nie weet nie? Nog steeds emosies en gevoelens

….wanneer gaan dit verby?!!

Die pad het lank en swaar geword, en als te veel vir jou, maar iemand het

vooruitgegaan, en die kruis gedra vir jou. Jou hart is soveel keer gebreek, wie

kan jy nog vertrou? Lankal wou jou alles opgee, maar ek het nuus vir jou: Gee

jou hart, gee jou hart vir die Here. Gee jou hart en gee jou lewe… gee jou hart.

Gee jou hart vir die Here!!!

Ek weet daar is merke op jou knieë, maar jy moet bly vertrou alles

werk ten goede mee as jy aan Sy hand vashou. Hy breek die Koper

grendels oop… maak die pad gelyk. Sy kinders sal soos pêrels

blink… hulle liggies sal weer skyn.

Hoeveel keer het ons nie gevra vir gebed nie? Hoeveel keer het

ons nie gebid dat Jesus ons Koning moet word nie. Ons het al alles

gedoen. Geroep na hulp maar die plafon is nader. Iewers mis ons

iets, iewers!

Jesus sê: “Ek sien jou twyfel. Ek sien jou vrees, hoe jy in die donker worstel. Ek sien jou gebroke

gees. Het jy geweet dat jy dit alles vir My kan gee? Het jy geweet dat Ek al jou sorge weg sal vee.

Kom na My toe want ek gee rus. Kom na My toe.

Ek sal alles vir jou dra as jy My net sal vra. Kom na My toe. Kom na My toe as jy moeg en oorlaai is.

My juk is sag my las is lig, kom na My toe. Ek sien jou trane. Ek sien jou seer, jou siel se dowwe

strale, jou hart `n geslote deur. Het jy geweet my hande is altyd onder jou? Het jy geweet ek sal

jou altyd veilig hou? Kom na my toe want ek gee rus.”

Somewhere between the hot and cold, somewhere between the new and

the old, somewhere between who I am and who I used to be, somewhere

in the middle you’ll find me.

Somewhere between the wrong and the right, somewhere between the

darkness and the light, somewhere between who I was and who You’re

making me, somewhere in the middle you’ll find me.

Just how close can I get Lord, to my surrender…. without losing all control!!?

Feel as if all is in a picket fence, reckless abandoned by your commonsense, deep water fade in the

shallow end, we are caught in the middle.

That’s wide open – the difference is the God we want, and the God who is. But would we trade

our dreams for His? Or are we caught in die middle?

Somewhere between my heart and my hands, somewhere between my faith and my plans,

somewhere between the safety of the boat and the crashing waves, somewhere between a

whisper and the Lord, somewhere between the altar and the door, somewhere between

contented peace and always wanting more, somewhere in the middle

you’ll find me.

Oh, what I would do to have the kind of faith that it takes to climb out of

this boat of men onto the crashing waves, to step out of my comfort

zone to the realm of the unknown where Jesus is, and His holding out His

hand. But the waves are calling out my name and they laugh at me,

reminding me of all the times I’ve tried before and failed. The waves

keep on telling me, time and time again, boy you’ll never win….you’ll

never win!! But the Voice of Truth tells me a different story. The Voice of

Truth says do not be afraid, and the Voice of Truth says this is for His glory. Out of all the voices

calling out to me, I will choose to listen and believe the Voice of Truth.

O what I would to do have the kind of strength that takes to stand before a giant, with just a sling

and a stone, surrounded by the sound of a thousand warriors, shaking in their armor. Wish I could

have the strength to stay. But the giants called out my name and they laughed at me, reminding

me of all the times I tried before and failed. The giant keeps on telling me, time and time again:

“Boy you never win……never win!! But the Voice of Truth tells me a different story. The Voice of

Truth says do not be afraid, and the voice of truth says this is for His glory. Out of all the voices

calling out to me, I will choose to listen and belief the Voice of Truth.

Here I am…. once again, thinking of the sacrifice You’ve made. Draw me

near, as a friend, Giver of `n perfect gift of grace. The rivers and the trees

will shout it out. Heavens and the moon will claim it out every time we

cry out to the King of Glory.

Standing at the door, He is calling, raising up the hurt and fallen, every

time we cry out to the King of Glory.

Brokenness…kneels me down, humility make Jesus wear the crown. So I come and fall down, my

own unperfected ways I’m laying down before You.

The rivers and the trees will shout it out. Heavens and the moon will claim it out, every time we

cry out to the King of Glory. Standing at the door He’s calling, raising up the hurt and fallen, every

time we cry out to the King of Glory!!!!!!!

Ek wil afsluit met hierdie pragtige woorde….ek glo julle mensies het die boodskap gekry. Draai

terug na Jesus, net Hy kan genees, net Hy kan jou die krag gee om al jou mores in die oë te kyk.!

Net om Bybel te lees, om kerk toe te gaan, om vir jou Christenvriende te gaan kuier bring nie

genesing nie. As jy Bybel lees moet jy GLO wat daar staan om genesing te kry. As jy kerk toe gaan

moet jy Jesus saam met jou soontoe vat, ander het Hom ook nodig. Om na jou Christen vriende

toe te gaan kry jy bemoediging, `n skouer om op te huil, maar genesing kom van net Jesus af.

To everyone who has lost someone they love, long before it was

their time. You feel like the days you’ve had were not long enough

when you say goodbye. And to all of the people who have burdens

and pains keeping you back from your life, you believe that there is

nothing and there is no one who can make it right.

There is hope for the helpless, rest for the weary, and love and for

the broken heart. There is grace and forgiveness, mercy and healing,

that will meet you wherever you are. Cry out to Jesus!!!

For the marriage that struggle, and just to hang on, and lost all their faith and their love, and they

done al they can, to make it right again, still it not enough. For those who can’t break the

addictions and chains, you’ve tried to give up but you fall back again, just remember that you are

not alone in your shame and your suffering!

There is hope for the helpless, rest for the weary, and love for the broken heart. There is grace and

forgiveness, mercy and healing, that will meet you wherever you are. Cry out to Jesus!!!

When you’re lonely and you feel like everything is falling on you. You just reach out, you just cry

out to Jesus, cry to Jesus!!

To the widow who suffers from being alone, wiping the tears from her eyes. And for the children

around the world without a home say a prayer tonight.

There is hope for the helpless, rest for the weary and love and for the broken heart. There is grace

and forgiveness, mercy and healing, that will meet you wherever you are. Cry out to Jesus!!!

Cry out to Jesus!!!!

Daar is hoop

Tessa van der Walt

Almal van ons gaan een of ander tyd deur n moeilike stadium in ons lewens en voel as of daar net

geen lig in die lang donker tonnel is nie. Wanneer jy in jou tonnel is probeer mense jou altyd net

moed in praat en sê vir jou daar is n rede vir wat jy nou deur gaan jy moed net vasbyt. Maar jy wil

nie sulke goed hoor nie, want wat weet hulle, hulle is nie

waar jy nou is nie. Nee, dis jou lewe wat nou onderste bo

hang en voel as of alles uit mekaar uit skeur nie hulle s’n

nie. So hulle het geen reg om vir jou te se jy moet net

vasbyt nie. Jy voel as of jy net nie meer dit kan vat nie al

hoewel daar vir jou gesê is niks sal jou kant toe gegooi

word as jy dit nie kan hanteer nie. Jy kan nie help om te

wonder wat is die groot plan met jou lewe nie en hoekom

moet jy deur al die goed gaan. Dit voel letterlik vir jou as

of niks in jou lewe reg loop nie en alles wat sleg is sal met jou gebeur.

Wel hier is hoe ek dit sien. Kyk na n storm ek meen n

goeie groot storm. Een van daardie wat jou eintlik laat

skrik. Kyk hoe lyk die aarde voor die storm alles lyk so

normaal en dieselfde. Dan terwyl die storm aan die gang

is. Is alles grys en vaal en dit lyk as of die storm verewig

gaan aan hou. En dan ja dan na die storm is die lug weer

mooi oop en blou. Hoe skoon is die aarde gewas en

skielik begin alles mooi groen word en die wêreld begin

kleur kry en alles is so mooi en rustig.

Ek glo dit is wat ook in ons lewens gebeur wanneer ons

deur daai diep lang donker tonnel gaan. Dit gebeur met

ons so dat ons kan verander, groot word en n beter mens

kan wees aan die einde van die tonnel. So dat wanner jy

die lug wel weer sien en jy begin so stadig uit die tonnel

uit loop en jy kyk terug na die danker kant van die tonnel

sal jy wel dan weet dit was nie verniet gewees nie.

Tracy – Lee’s

Arts & Craft’s

Floral cake toppers

What You Will Need

We need paper, drawing compass, measuring tape or ruler, thin wire & wire cutters,

ribbons, polystyrene and double sided tape & thick black insulation tape. We also need

beads, feathers and most important the flowers. I have used satin fake flowers.

STEP.1. Using the paper and the

drawing compass we going to draw

a circle to make sure we have a

guided size throughout making our

cake topper. So go by how big the

top tier of your cake will be. Cut the

circle out.

STEP.2. Now cut out a piece of the

polystyrene to fit the centre of our

paper circle.

STEP.3. Cut the flower steams off

only leaving about an inch so that

can be stuck into the polystyrene to

form the dome of flowers. I found

that using some strong tape to

strengthen the flowers hold into the

polystyrene helps a lot. I used black

tape.

STEP.4. Carry on placing the flowers

in as you want it to look. But use

the strong tape to tape the flowers

in place as you go.

STEP.7. Here I have used the wire

and beads to create this cute little

twirly. I made 4 of the to put in the

topper

STEP.5. Now play around with the

feathers to see what style you like

best.

STEP.8. To make the bendy ribbon I

have used the double sided tap,

wire and the two different colour

ribbon. So put the tape on the

ribbon.

STEP.10. Place the beaded wire

were you like it to go and also the

ribbon, tape into place if you think

they are loss. And then the final

step is to place it on your cake. If

you want it to be firm on top you

can use some roll out icing and

make a sausage then fold it in to a

circle and place on top then placing

the topper on with a little bit of

pressure. And you are done!

Have fun making your very own

personalized homemade cake

topper.

STEP.6. Place the flowers on top

and tape the two parts together.

STEP.9. Peel the paper off, now place

the wire in the middle. And you have

bendy ribbon to make any shape you

want.

Nuwe vlerke

Emetia Heck

Fladder vlerkies in kaleidoskoop kleure sweef vry deur die somerbriesie wat in die sonneblom tuin

heers. Die klein wonder huppel rustig van blom tot blom totdat die ideale nektar gehalte

bevredigend is. Daarna word sy vlieg vernuf weer ywerig ingespan op die volgende rit van

opwinding ...

Elke oog wat skoonheid waardeer kan getuig dat n skoenlapper al hul aandag vir n rukkie gesteel

het. Die fyn insek wat enige tuin verfraai is n merkwaardige wonder van kleur, sorglose beweging

en vryheid. Dit is onweerstaanbaar om nie self die behoefte te he om weg te breek van alles wat

jou siel kniehalter en jouself oor te gee aan die onvoorspelbaarheid van die wind nie. Die vry

vlerkies was egter nie altyd so ongebonde nie ...

Die klein kreatuur onthou n tydperk waar benoudheid en ongemaklikheid n ewigheid stempel

gedra het...

Hy onthou die wurm-stadium, toe sy

beweging beperk tot waar sy klein

pootjies hom met moeite kon dra. Dis die

stadium waar hy vuriglik elke vlieënde

kreatuur beny het wat sorgeloos die

potblou lug verken het. Die wurm stadium

was die gemaklike stadium. Hy was

daarvan bewus dat die enigste manier van

beweging net met sy kort beentjies is,

maar hy het dit so aanvaar.

Die kokon-stadium was ongemaklik, beknop en donker! Uithou, aanhou en tande knersdeursettingsvermoë

was al wat hom sou deurdra ...deur die vrae van 'hoekom ek' en 'wat gaan

nou aan'? Daar is n vae herinnering aan die metamorfose wat sy denkwyse ondergaan het.

Sonder dat hy dit agtergekom het, het die benoudste stadium van sy lewe hom geleer om homself

te ontdek. Hy't nooit besef hy's daartoe in staat om so baie ongemak te hanteer nie ...het altyd

gedink die kleinste hoeveelheid druk sal hom totaal vernietig!

Toe die kokon uiteindelik oopbreek, is die mooiste kleure sigbaar. Fyn vlerke het oopgevou

...effens lomp terwyl sy nuwigheid probeer gewoond raak en voor hy werklik kon besef wat hy

doen, het hy sy nuwe baadjie op die proef gestel.

Met n briesie deur sy vlerke, kon hy die sorglose sweef deur die kaleidoskoop tuin nie werklik

beskryf nie. Kyk hoe mooi meng die kleure ...sy vlerke en die skakerings van die blomme. Was hy

werklik n vaal wurmpie?

Daar is lig in die tonnel

Goeie dag julle almal. Ek kan nie vir julle beskryf hoe lekker is die paar warm dae wat ons die

afgelope paar dae gehad het nie. Om die son weer heerlik op my vel te voel skyn is voorwaar ‘n

goeie gevoel en ‘n wonderlike geskenk .Ek hoop darem die koue is vir eers verby. Met die son wat

so heerlik skyn en met alles wat weer nuut en groen is skep mens sommer weer nuwe hoop en die

uitdagings lyk nie net makliker nie dit lyk ook sommer doenbaar.

Dit voel kompleet asof daar weer lig in die donker tonnel skyn en dat als nie so sleg is soos wat dit

wil voorkom nie. Ek weet mense hoor dit baie en baie glo nie meer eens as hulle dit hoor nie, maar

ek dink tog waar daar lig is, is daar hoop en hoop beskaam mos nooit nie. Daar gebeur daagliks

sulke lelike en donker dinge dat wanneer mens hoor van iets wat gebeur het wat lig bring dan

helder mens sommer op en kry nuwe hoop en krag en die moed om verder te veg.

Ek haal my hoed af vir die wat nooit ondergekry word nie en wat net aanhou en aanhou. Iets wat

my nogal na aan die hart lê is die see en die diere wat daarin is. Ek dink nou byvoorbeeld aan die

mense wat jaar na jaar prober om walvisse te red wat elke jaar uitgemoor word. Kamma vir

navorsing, maar almal weet dis net ‘n skyn om walvis vleis te verkoop. Die mense wat probeer om

die walvisse te red plaas hul eie lewens in gevaar om te help waar hulle kan. Nie net baklei hulle

teen die walvis stropers nie hulle baklei nog teen die elemente van

die natuur ook .Dikwels trotseer hulle die rofste sees in die

wêreld. Hierdie mense is vir my ‘n inspirasie en ‘n voorbeeld, want

as ons nie die natuur en die diere in die natuur kan red en saam in

harmonie lewe nie hoe kan ons dit met onsself doen? Hoe dikwels

hoor ons nie van mense wat diere nodeloos dood maak nie en dan

asof dit niks is nie hoor of lees ons waar mense mekaar nodeloos

en vir eintlik geen rede dood maak of vermoor nie

.As elkeen van ons net ‘n klein bietjie help en ons deel doen maak nie saak wat dit is of hoe klein

of groot dit is nie sal die lig in die tonnel nie so ver en dof wees nie, maar vinnig nader kom en die

hele tonnel verlig soda tons die pad vorentoe met gemak kan loop. Daar is lig in die tonnel ons

moet net sorg da tons dit kry om die pad te verlig. Al lyk dinge sleg en donker moet ons net vasbyt

en daar deur gaan. Waar daar lig is, is daar hoop.

Wel hier sluit ek vir eers af. Sjoe my vingers het behoorlik deur hierdie een gevlieg dit was so

lekker om weer die geleentheid te gehad het om vir julle my gedagtes mee te deel.

Mooi bly en tot die volgende keer. Wees veilig.

Vriendelike groete Ryno Herbert.

Aan die einde van die tonnel

24 jaar gelede het die storie van Klaradyn de Lange begin. Die dag toe sy en Benjamin in die hof

trou. Klaradyn het gedink dit was die lig in die tonnel, omdat sy en Benjamin so gesukkel het om

bymekaar uit te kom. Min het sy geweet wat op haar

wag.....

Die “honeymoon” moes alreeds vir haar gewys het dinge is

nog nie reg nie. Dit was maar ‘n “overnight” by skoonma se

huis want manlief moes weer werk Maandag. Ten minste

het sy die man wat sy lief het met haar hele hart, gekry.

Min wetende wátse toetse op haar en Benjamin se pad sou

kom.

Die eerste paar weke verloop rustig, maar tot een dag dat hulle na Gerrit, Benjamin se broer,

genooi word vir ete. Sy vroutjie, Sonja< kook vir hulle ‘n ete. “kan seker nie te bad wees nie” dink

Klaradyn by haarself. En so gesê so gedaan.

Sonja kook ‘n regte boerekos maal. Te heerlik vir woorde. Die koeldrank is klaar en Sonja vra vir

Benjamin om haar kafee toe te vat gou. Hul bly langer weg as wat Klaradyn verwag het. “Snaaks

hul vat so lank” sit en dink sy by haarself en begin onrustig voel. Toe hulle terugkom , kon jy sien

iets is anders, maar Klaradyn bly stil.

Soos tyd aanstap, verdwyn Benjamin party nagte tot watter tyd

en kom besope by die huis aan. Skielik eendag uit die bloute

vertel hy haar, Sonja en hy het ‘n verhouding gehad, maar hy

kannie verstaan wat gaan aan nie, want hy’t net vir Klaradyn lief.

Die nuus breek haar hart. Al haar drome spat aan skerwe.... niks

bly oor van haar droom huwelik nie.

Klaradyn gaan deur hel. Sy kan hierdie storie nie verwerk nie. Sy

besluit sy gaan die Bybel vat en lees. Al wat sy lees is die boek van

Spreuke. Na haar seuntjie se geboorte, kry sy die gevoel sy moet

y haar man se kerk aansluit waarin hy grootgeword

het. Baie dinge verander in Klaradyn se lewe. Sy neem

Jesus aan as haar Saligmaker en word later ook

gedoop. In hierdie tyd gebeur die ding met Sonja elke

paar maande. Dit raak so erg dat Klaradyn moes gaan

vir sielkundige behandeling.

Deur die Heilige Gees kry sy die antwoord!!! Sonja

gebruik toorgoed. Sy praat met Benjamin en sê vir

hom om nooit weer iets tee eet of drink wat hy by

Sonja kry nie. En dit stop net daar. Aaaaahhhh ..... “dankie Here ek sien die lig!!!” dink sy. En

waste ontnugtering was dit toe dit nie die lig was nie

‘n Ander vrou kom in die prentjie. Martie. Dit kan tog nie waar wees nie!!! Klaradyn voel sy

verloor haar menswees, haar selfwaarde, en bel die pastoor om te vas oor die saak. Sy kon haar

ore nie glo nie. Toe die pastoor kom kuier, sê hy aan Benjamin en Klaradyn, dat die Here hom

openbaar het dat die vrou met Slamse te doen het en hulle is kwaad aangedoen en die plekkie

waar hulle bly is so vervloek, dit sal beter wees hulle verkoop en

trek. So gesê so gedaan.

Dinge gaan nou sommer beter. Maar nie vir lank nie.... Karel en

Rosie stap in hulle lewe in. Hulle is gou huisvriende en braai oor

en weer en gaan saam kerk toe. Iets vreemds gebeur.....

Klaradyn raak verlief op Karel met aansporing van sy vrou!!!!

Almal is so verblind deur die werke van duisternis. Rosie gebruik

die geleentheid om Karel te skei. Almal kry haar vreeslik jammer

oor die buffel van ‘n man wat sy het en die slegte Klaradyn is ‘n

slegte invloed vir Karel. Benjamin kry werk in Bloemfontein en hulle trek daarheen. Intussen het

Rosie haar ingewurm in die familietjie en trek saam. Dit was nie lank nie of Klaradyn let op dat

Benjamin se houding verander. Lyk of hy en Rosie beste pelle is.....

Klaradyn neem die beste besluit wat sy kon. Sy gaan bid op sak en as. Sy stort trane voor haar

God, want waar is die lig dan in hierdie tonnel????? Die Here werk dinge snaaks uit. Klaradyn het

haar antwoord gekry. Sy praat toe mos met Rosie sommer reguit en daar blaker sy ales uit. Sy het

als so beplan om haar man te skei, maar sy weet nie Klaradyn is bewus van haar verhouding met

Benjamin nie en Klaradyn wag op God.

Sy sien haar geliefde Benjamin trek sy sak en as nader en begin bid. Dit duur so paar dae.... en die

derde dag gebeur dit. Dis asof iets vir haar, Klaradyn, sê, om Benjamin se foon se boodskappe te

lees en siedaar!!!! ‘n LOVE LETTER TO HER HUSBAND!!!!!!!!!!!!!

Klaradyn is woedend. Sy gaan maak Rosie net daar en dan wakker en konfronteer haar, sy stry

teen als, maar Klaradyn sit haar voet neer. Net daar jaag sy haar weg. En toe sien sy die lig in die

tonnel.....

persone te beskerm))

Haar man vertel haar, iets het hom gedryf, want hy was altyd

ontevrede oor iets van haar, maar toe begin hy sien, Klaradyn is

altyd daar in die goeie en swaar tye, gesonde en siek tye,

hartseer en gelukkige tye .......

Trane vloei vrylik oor Klaradyn se wange terwyl sy saggies bid ”

Dankie Here, vir die lig aan die einde van die tonnel....”

((Hierdie is ‘n ware lewens verhaal. Name is verander om

Aan die einde van die donker tonnel is daar…

Donker wolke het n goue rand

Daar groei weer gras na n veldbrand

As jou probleme voel of dit heeltyd ophoop in n bondel

Onthou Jesus wys jou die lig aan die einde van n tonnel.

As kind het dit my altyd so laat uit sien as ons ver ry en Pappa sê vir my ons gaan weer deur ‘n

tonnel ry. Dit was vir my een van die awesomeste dele van n ver ry om deur ‘n tonnel te ry. Aan

die begin van die tonnel het ek, my boetie en suster altyd probeer om vir so lank as moontlik ons

asem op te hou tot ons aan die einde van die tonnel kom, maar ons kon dit net nooit regkry nie.

Die eerste stukkie van die tonnel was nog maklik om asem op te hou, maar later voel dit net of die

tonnel nooit tot op ‘n einde kom nie. Om my aandag af te trek van die feit dat ek my asem ophou

het ek altyd gekyk na die tonnel se ligte wat flou begin en dan al hoe meer helder raak hoe dieper

ons in die tonnel was. Eventually moes ons maar weer begin het om asem te haal voor ons

uitblaas of iets. Later het ons maar gekyk wie eerste die einde van die

tonnel kan sien dan was almal se oë erg gefokus op die pad voor ons

sodat ons kan “wen”. Ek weet nie of julle dit ook gedoen het, maar dit

was die beste speletjie ooit.

Ek het soveel keer in my lewe ook deur tonnels gegaan en maar net

gewens dit was so eenvoudig en fun soos daai speletjie wat ons as

kinders gespeel het, maar dis nie hoe die lewe werk nie.

deur Suné Hanekom

Ek is baie dankbaar vir die Lewe waarmee die Here my geseën het. Ek

kom uit n goeie gesin ,almal baie lief vir die Here, maar Satan probeer

altyd om in te meng en jou lewe moeilik te maak. Dis waar die pad van my lewe by ‘n tonnel

uitgekom het. Dit het min of meer n jaar en n half aangehou wat die bose my probeer laat glo het

dat die lewe nie meer die moeite werd is nie. Ek was elke dag gehumiliate deurdat ek aanvalle

gekry het van die bose af en dan moes ek maar net aangegaan het en gemaak het of dit my nie pla

nie.

Soos ons as kinders ons asem probeer ophou het in

tonnels het ek probeer om self deur hierdie situasie te kom

sonder hulp van die Here. Ek het geglo ek alleen is sterk

genoeg. Dat ek kan regkom sonder die Here se krag, maar

toe kom ek tot op n punt waar ek nie meer my asem kon

ophou nie. Ek moes `n besluit geneem het: of ek draai na

die Here toe met my probleem, of ek knak heeltemal.

Dankie tog het die Here vir my gewys dat Hy saam met my

deur die tonnel gaan en uiteindelik het ek asem gehaal (na

Hom gedraai).

Die tonnel het nie ewe skielik net tot op n einde gekom nie

maar soos die dowwe lig meer helder raak waar die tonnel

donkerder raak het die Here nog meer krag en genade

teenoor my getoon. Hy het vir my gewys dat ek deur Hom

baaaaaie sterker is as wat ek ooit kan imagine daarom het

die donkerte in die tonnel my nie meer gepla nie en die

bose kon niks aan my doen om my te benadeel nie. Ek het

saam met die Here deur die tonnel gegaan en halfpad na die einde het Hy vir my opgewonde

gemaak en laat uitkyk vir die lig, oorwinning, wat aan die einde van die tonnel gele het.

Met God se hulp kom mens deur enige situasie. Daar kom nog steeds tonnels op jou pad elke dag.

Dit raak moeilik en mens kan begin moedeloos raak en alleen voel, maar as jy reg oplet sal jy sien

dat die Here nog die hele pad saam met jou daar was en gaan bly. Dat Hy nog meer krag en

genade uitbeeld soos die tye in jou lewe moeiliker raak. Hy sal jou help tot jy die lig gebruik het.

PS: Hebrews 13:5 “I will not leave you nor forsake you.”

My hondjie is dood.

Daleen Wright Laing

Die storie dra ek op aan my hondjie Chippie wat dood is. Almal van ons het ‘n troeteldier

vir wie ons moet bye sê as hy/ sy dood gaan. Dis hoe ek vrede gemaak het toe ek by daai

tonnel moes deur.

Dalene sit in haar kamer met ‘n foto in haar hand, haar hart is baie seer vandag. “Dalene

waarna kyk jy met trane oor jou wange?” vra Elsabe. Ek kyk na ‘n ‘n foto van my hondjie

Chippie, sy is vandag dood. Ek gaan haar so baie mis. Sy het 12 jaar terug by ons kom

bly, sy was erg verniel . Ag jammer, Elsabe die trane loop al weer, dis net so moeilik

weet jy , sê Dalene hartseer “Ek weet dis moeilik Dalene , die dood van ‘ n troeteldier

is baie hartseer. Diere word jou beste vriende. Jy kan geheime met hulle deel, hulle gee

nie om hoe jy lyk en of jy ryk of arm is nie. Hulle vra nie baie nie , hulle wil net hê jy

moet hulle liefhê ,met hulle speel en elke dag skoon water en kos, “ gesels Elsabe. Dit is

waar Elsabe maar dis moeilik om afskeid te neem, Chippie was my prinses. Dit voel seer

om te dink ek gaan haar nooit weer sien nie, snik

Dalene . Jy moet die mooi dinge onthou , al die

lekker dinge wat julle saamgedoen het, troos Elsabe.

Weet jy Dalene diere word net aan ons geleen net

soos mense ook, diere is ook geliefdes. God kom

neem terug wat Syne is. Ons is almal net asems in die

atmosfeer. Het jy al gesien as in die koue staan en jou

asem uitblaas sien jy ‘n wit rokie voor jou. Ons en diere is soos asems, ons en diere is God

se asems. Dalene Vandag is jy dalk hartseer maar Jesus gaan jou trane kom afvee. Al

wat gaan oorbly is die mooi onthou. Chippie sal altyd in jou hartjie wees.

Elsabe, sê nou maar ek kry ‘n ander troeteldier sal dit nie onregverdig wees teenoor

Chippie nie, ek sal nooit vir Chippie vergeet nie? , vra Dalene. Nee my skat , Chippie en al

jou diere sal altyd vir jou spesiaal wees. Somtyds gaan dit vir jou voel of jou vorige

diertjies die nuwe diertjie se persoonlikheid aanneem. Dis omdat die vorige diertjie

altyd deel van jou hart sal wees. Jy kan altyd vir jou nuwe troeteldier vertel van Chippie.

Hulle luister graag na jou en so sal die nuwe troeteldier jou van hartseer genees. Dankie

Elsabe ek voel nou sommer beter , sê Dalene .

Dalene kyk weer na die foto van Chippie en sê : “ Chippie dankie dat vir jou liefde en

deel wees in my lewe . Dankie dat jy my aanvaar het nes ek is. Ek gaan jou baie mis . Ek

sal aangaan met my lewe met jou vreugde in my hart. As ‘n ander hond jou plek moet

inneem sal ek jou altyd onthou en lief hê.

Prontuit Gesondheid Corné Buitendag

Baie van ons gee nie altyd so baie aandag aan ons gesondheid soos wat ons moet nie. Hierdie

maand wil ek graag kyk na hoë bloeddruk. Dit is ‘n baie geringe siekte wat ons nie altyd aan dink

nie maar wanneer daar ‘n hartaanval gebeur was al die tekens daar.

Hoë bloeddruk is ‘n ernstige kondisie wat kan ly tot hart siektes, hartaanval, nier versaking en

ander gesondheids problem.

Bloeddruk is die dwing van bloed teen die mure van die slagare wanneer die hart pomp. As die

druk verhoog en hoog bly vir n tydperk kan dit die liggaam beskadig op baie maniere.

Die kondisie het gewoonlik geen simptome nie. ‘n Persoon kan dit vir jare hê sonder om daarvan

te weet. Gedurende hierdie tydperk kan dit baie skade veroorsaak aan die hart, niere en ander

dele van die liggaam.

Dit is belangrik om te weet wat jou bloeddruk telling is. As jou bloeddruk hoog is moet jy

behandeling kry voordat dit jou organe beskadig.

Bloeddruk word gemeet as systolic(sis-TOL-ik.) en diastolic(di-ah-STOLik.).

Systolic is die bloeddruk terwyl die hart klop soos dit bloed pomp.

Diastolic is die bloeddruk wanneer die hart rus tussen hart kloppings.

Hier is ‘n tabel om die fases van bloeddruk aan te dui. Hierdie tabel is vir

mense ouer as 18jaar.

Boonste nommer oor Onderste nommer

Normaal 120-139 of 80-89

Hoë Bloeddruk

Fase 1 140-159 of 90-99

Fase 2 160-hoër of 100-hoër

Bloeddruk bly nie altyd die selfde nie. Bloeddruk daal wanneer jy slaap en raak hoër sodra jy

wakker word. Bloeddruk verhoog ook wanneer jy opgewonde is, stres of selfs oefening doen. As

jou bloeddruk elke keer bo normal bly dan is dit ‘n gevaar en jy moet daarna kyk. As jy medikasie

kry vir hoë bloeddruk en die lesing bly normal het jy nog steeds hoë bloeddruk en moet jy gereeld

laat kyk of alles nog in orde is.

Die boonste en onderste nommer kan verskil. Byvoorbeeld as jou

boonste nommer 160 is en jou onderste nommer 80 het jy fase 2

loeddruk. As jou boonste nommer 120 en jou onderste nommer 98 is het jy fase 1 bloeddruk.

Bloeddruk gaan gewoonlik op soos die ouderdom ook op gaan, maar met ‘n gesonde leefstyl kan

ons dit uit stel of vermy.

Mense wat hoë bloeddruk het kan ‘n paar stappe volg om die bloeddruk in orde te probeer hou. ‘n

Gesonde leefstyl, gereelde mediese ondersoeke en om jou behandeling te volg kan help om die

bloeddruk in orde te hou. Sout(sodium) moet verminder word dit beïnvloed die bloeddruk.

Mediese problem soos slaap aknee, skildklier siekte kan ook veroorsaak dat die bloeddruk hoog is.

Sekere medisyne kan ook veroorsaak dat jou bloeddruk hoog is byvoorbeeld verkoue medisyne.

By vroumense kan voorbehoed pille, en swangerskap ook veroorsaak dat die bloeddruk hoog is.

Persone wat oorgewig is se kanse vir hoë bloeddruk is baie groter. Mans voor die ouderdom van

45 is meer gering om hoër bloeddruk te hê as vroumense. Na die ouderdom van 65 is dit meer

gering vir vroumense om hoër bloeddruk te hê as mans. Mans onder die ouderdom van 55 se

bloeddruk is gewoonlik meer onder beheer maar na die ouderdom van 65 is vroumense se

bloeddruk meer onder beheer.

Die volgende dra by tot hoë bloeddruk:

eet van teveel sout

Teveel alkohol inname

Rook

Nie genoeg oefening in kry nie.

Stres

Om jou bloeddruk te laat neem is glad nie seer nie. Jy kan voorberei daarvoor deur nie koffie te

drink nie, nie te rook nie en stil te sit beweging beïnvloed ook jou bloeddruk.

Gaan maak ‘n draai by die dokter en kyk dat alles in orde is vandag nog.

Hallo daar al ons Spys maters

Ek is so jammer om julle mee te deel dat dit Michael se laaste bydrae sal wees in die

Inspirasie. Sy toenemende werklading het hom daartoe gedwing om te kies tussen die

twee en sy werk het gewen. Omdat hy nie hou van afskeepwerk nie en nie sy volle aandag

aan die rubriek kan gee nie het hy besluit om die leisels neer te lê. Ons hier by die

Inspirasie wil hom hartlik bedank vir sy heerlike geregte way hy met ons gedeel het. Ons

hoop dat hy darem nog so af en toe ’n nuwe reseppie na ons kant toe sal stuur. Michael

alle voorspoed met jou sake ondernemings en jy moet mooi loop Hy het besluit om

afskeid te neem deur vir ons ’n heerlike piekniek mandjie te pak. Hier is sy pragtige

voorstelle.

Heerlike frikkadelle,

sosaties, twee

heerlike slaai, goeie

wyn en ander

heerlikhede en o ja

moenie die blomme

vergeet nie Geniet ’n

piekniek in hierdie

maand saam met jou

geliefde al is dit net

in jou eie pragtige en

goed versorgde tuin.

Die lig sal weer skyn aan die einde van die tonnel

Deur Willene Clair Venter

Hoeveel van ons, op hierdie oomblik, sit nie binne ‘n tonnel nie? Jy kyk links en sien net duisternis,

jy kyk regs en vind net donkerte. Jou situasie is so groot en donker dat daar geen sigbare lig te

vinde is nie. Jou hoop bestaan nie meer nie en jy beweeg binne ‘n wolk so swart dat jy niks anders

om jou raaksien nie.

Ek persoonlik, was in hierdie situasie en hierdie is my storie van hoe ek en my man ons, letterlik en

figuurlik, binne ‘n tonnel bevind het. My man kan tot vandag toe net vaagweg onthou wat gebeur

het aangesien hy diep verdoof was maar sê dat hy kan onthou hoe hy op die punt van ‘n hoë berg

staan en dit voel asof hy enige oomblik vorentoe kan val. Van die res van die week van hel weet hy

min of meer niks nie en het eers later die volle omvang verstaan.

Vir ‘n paar jaar is my man behandel vir spastiese dikderm. Ons het op google geboer om die regte

diëte en hulpmiddels te kry. Ons hele eetgewoontes is aangepas en ons het als probeer om sy

siekte onder beheer te kry. Partykeer het als voor die wind gegaan maar net so vinnig kon hy ‘n

uiterste pyn wees. Dinge het werklik in hikke en stukke beweeg en ons kon nooit van dag tot dag

weet wat om te verwag nie. Ek dink ons huis dokter het net dik geraak om ons in sy spreekkamer

te sien. Op die einde van 3 jaar het ons nou elke week daar gesit en niks het verbeter nie. In

teendeel dinge het net slegter en slegter gegaan. Daar was dae dat my man nie regop kon loop

nie. Op die uiteinde op ‘n Vrydag middag, met ‘n stem wat sy irritasie mooi gewys het, het hy ons

na ‘n chirurg in ons buurdorp gestuur.

My man was moedeloos en wou eintlik niks weet van nog ‘n dokter sien nie. Ek het toe gewag om

eers die Maandag ‘n afspraak te maak. Die naweek het in ‘n pure hel ontaard. Saterdag was my

man in geweldige pyn en het probeer eet maar kon net niks binnehou nie. Sondag oggend vind ek

2 vuis grote knoppe op sy buik aan die regterkant. Hy was op hierdie stadium pal in die bed en niks

maar niks het verligting gebring nie. Maandag oggend 8.30 was ek op die foon na die chirurg toe.

Daar was geen openinge nie maar nadat ek die ontvangsdame van die knoppe vertel het sy ons

aangeraai om te kom wag. Die marteling van stap vir stap vanaf die motor

na die wagkamer was duidelik op my man se gesig en hy het opgekrul

gesit in pyn. Na ‘n paar minute het hy onbedaarlik begin opgooi en het ons

hom na die badkamer toe gehelp. Die chirurg het ons daar kom haal en

nadat hy sy hande oor my man se buik gevoel het, het hy weggedraai en

self die hospital gebel en ‘n bed onmiddellik gesoek. Ek het nie geweet

wat om op hierdie oomblik te voel nie, behalwe algehele magteloosheid.

Die dokter het teruggedraai en vir my gesê dat die volgende 24uur so bepaal of my man lewe of

sterf. Hy het vermoed dat my man algehele lewerversaking onderlede het. Aangesien my man

glad nie hepatitis onderlêde gehad het nie of straf gedrink het nie, was die oorsaak duister en was

hy nie optimisties. Wat voel jy as jy weet more oggend hierdie selfde tyd, kan jou lewensmaat glad

nie meer hier wees nie? Vir my het dit soos die afdaling in ‘n diep donker tonnel gevoel.

Die rit vanaf die chirurg na die hospitaal het net meer as 5minute

geneem maar dit het soos ‘n leeftyd gevoel. My man is onmiddellik

onder sterk verdowing geplaas en die toetse het begin. Bloed is getrek

en ‘n x-straal van sy buik is geneem. ‘n Sonar het gevolg en nog steeds

was die dokter nie tevrede nie. Hy het ons nie vir een oomblik alleen

gelos nie en het van toets lokaal na toets lokaal vergesel. Die laaste

opsie was om my man deur die tonnel te neem en stukkie vir stukkie uit

te vind wat binne sy liggaam aangaan. Ek het saam gegaan binne die

kamer waar die toets apparaat was. My man het my hand vasgehou en gevra dat ek nie moes los

nie. Ongelukkig moes ek eenkant toe tree toe die masjien oor sy liggaam begin beweeg het. Die

dokter het my geroep om te kom sien presies wat aangaan. My man se dikderm en dunderm was

skoon en sonder enige probleme. Die pankreas was erg geswel. Maar die problem het duidelik

gewys dat die galblaas al vir ‘n ruk heeltemal opgehou funksioneer het en al die stene deur die

kanale wat aan die lewer gekoppel was gedruk het. Die kanale het verstop geraak en die lewer

was besig om te sterf. Die dokter het vermoed dat al die jare die werklik oorsaak van pyn eintlik

die galblaas was en nooit die derm nie. Hy wou glad nie eers probeer opereer nie aangesien my

man te vêr verswak het en hy sou eers die swelsel onder beheer moes kry alvorens hy die galblaas

kon verwyder. Dus sou hy onmiddellik my man op ‘n drup plaas en probeer om die infeksie onder

beheer te kry. Ek het langs my man se bed gaan sit en sy hand geneem en begin bid. Op daardie

oomblik het ek geweet, hierdeur kan ek nie alleen gaan nie. Ek het krag nodig wat sterker as enige

menslike medisyne is. Alle ander dinge het weggeval en die diepe wete dat vandag en vanaand is

al wat ons het en hierdeur sal ek nie deur normale hulp kan kom nie.

Die verpleegsters het my gelos om die nag langs my man te spandeer. Die drup het onverpoos

gewerk en ek het druppel vir druppel gevolg soos dit afbeweeg na sy hand toe. Ek het elke druppel

aangespoor en in my geestesoog gesien hoe die medisyne die erg swelling en infeksie beveg. Tog

het daardie nag soos ‘n leeftyd gevoel. Elke minute het soos ure uitgerek. Die volgende oggend

vroeg is die chirurg terug en nog glad nie optimisties nie. Die infeksie was nog steeds te erg om

hulle toe te laat om te opereer. Hy het met nog ‘n chirurg oor die foon gepraat en gereël dat my

man onmiddellik oorgeplaas moes word na ‘n ander hospitaal in die stad naaste aan ons. Hulle sou

onmiddellik die kanale tussen die lewer en galblaas afsny en dus die lewer ‘n beter kans gee om te

herstel. Dit sou nie die dooie galblaas enigsins kon help nie maar sou ten minste my man ‘n beter

kan gee. Daar was geen ambulans beskikbaar. Ek het die chirurg gevra of dit sou help as ek my

man self vervoer aangesien ek kon sien hoe dringend hy die prosedure nodig gehad het. Dit het sin

gemaak om die dooie galblaas af te sny van die orgaan wat dit besig was om te beskadig. Ek wou

elke kosbare minute vir my man probeer wen. Die verpleeg personeel het my

gehelp om my man op kussings te stut binne die motor en met die drup

vasgedruk op die bopunt van die venster het ek, mooi gesê, glad nie die

spoedgrens eerbiedig nie. Wat ‘n uur sou geneem het, het my net meer as ‘n

half uur geneem tot ek voor die ongevalle afdeling gestop het. My man is

onmiddellik opgestuur na ‘n bekende chirurg se afdeling toe waar hulle op ons

gewag het. Die suster aan diens het langs my kom sit en ons het saam gebid

dat dit tog nie te laat was nie.

‘n Volle twee uur later het hulle my man teruggestoot. Hy was nog heeltemal verdoof. Die chirurg

het aan my verduidelik dat hulle met die hulp van ‘n laparoskopie die kanale moes afsny

aangesien die infeksie en swelling te groot was vir ‘n volle operasie wat

sy hele liggaam in gedrang sou stel. Dit sou ook help aangesien hulle, as

my man op die anti inflammatoriese middels goed reageer, die galblaas

die volgende oggend kon uithaal.

Die rit terug na ons buurdorp toe was uitmergelend. Ek moes so stadig

moontlik ry om alle beweging tot die minimum te beperk. Die aand het

ek weer langs my man se bed gesit en die medikasie binne sy liggaam in gebid. Ek het geweet as

hulle nie die wortel van die kwaad verwyder nie, sou my man dalk vererger. By dag 3 was die

lewer funksie nog steeds ernstig en die inflammasie was nog steeds te hoog. Ek kon sien hoe die

vel om die knoppe op sy buig rooi en teer staan. Nog medikasie en nog ‘n wag. Die aand het die

chirurg besluit hy kan nie langer wag nie. As hy nie onmiddellik die galblaas verwyder nie is die

kanse dat my man se lewer in algehele versaking gaan en dus ook hom nader aan die dood

beweeg. Gedurende die hele tyd het my man binne ‘n diepe verdowing gelê maar heeltyd my

hand styf vasgehou. Toe hulle hom teater toe stoot kon ek net tot by die deure beweeg en daar

moes hy alleen verder. Die donker binne my gemoed het die donkerte van aand om my

weerspieël. Hierdie was die oomblik van waarheid. Of hy kom hierdeur of nie. Ek het bly bid dat

die chirurg die regte keuses deur die operasie neem en my man sy lewe terugkry.

Na wat soos ‘n leeftyd gevoel het, is my man na net langer as ‘n uur weer teruggestoot. Die chirurg

met my kom praat en gesê dat hy glo my man so die aand nooit deurgemaak het nie as hy nie die

galblaas verwyder het nie. Die lewer was nog steeds in ‘n bedenklike toestand maar hy was

oortuig daarvan dat met die regte medikasie my man ten volle sou herstel. Die aand het stadig

ombeweeg en ek het heeltyd gewag dat my man tot sy volle bewussyn kom. Dit was al 3 dae dat

hy van niks werklik om hom geweet het nie en ek het gesmag om sy

oë te sien oopgaan en sy stem te hoor. Soos die son die oggend van

die 4de dag opgekom het en binne die kamer geskyn het, het hy

wakker geword en met die heesste stem ooit hello gesê. Ek het

gevoel ek kon in trane uitbars maar wou nie hom laat skrik nie. Ek

kon net glimlag en sy hand styf vashou. Na nog 3 dae se intensiewe

medikasie is die chirurg oortuig sy lewer sou die paal haal mits ons

seker maak my man ooreis die lewer nie met die verkeerde dieet nie. Dit het nog ‘n hele paar

weke geneem voor die swelsel ten volle bedaar het en al die pyn verdwyn het.

Gedurende die week wat ek moes deurmaak, was net een kleur aanwesig en dit was swart. Daar

was nie grys of enige ligter kleur te siene nie. My tonnel het net swart bevat. Die oomblik dat my

man weer sy oë kon oopmaak en sy stem gebruik, het die reënboog van kleur oor my lewe gekom.

My hart het weer van blydskap gesing en ek kon weer lig ervaar.

Dit is al 6 jaar vanaf daardie week. As ek die fyn kruisie tipe snye op my man se buik sien, weet ek

sy tergende woorde vir homself, ‘I am holy’ (ek is vol gate) eintlik ‘n ander betekenis het. Die

donkerte is oorwin en die letsels bewys dat al is die tonnel hoe erg en al is die toekoms hoe swart,

daar is ‘n lig wat wag. Die pad gaan nie maklik of pynloos wees nie, maar daar is ‘n krag wat jou

aanspoor en aandring dat jy nie nou hier in die donkerste donkerte ophou en gaan sit nie. Maar

dat jy aanhou die volgende tree neem en wag tot die lig weer begin skyn.

Lig langs my pad

Goeie more aan al ons

wonderlike lesers. Vandag

se projek lig langs my

voetpaadjie .Hier het ek n

gewone tuin lig en n groen ledig gemonteer. Langs die paadjie is daar n

klompie ou kruiwaens waarin ek

gesiggies geplant het. Hierdie gesiggies het ek in Julie geplant en hulle

is groot en blom steeds.... Die geheim elke 2 de week los ’n koppie

beenmeel in in 5 liter water en voed

jou blomme.

Danie

Psalm 119:105 U woord is n lamp vir my

voet en lig op my pad.

Tuin groete

Danie baie dankie. Jy het voorwaar ’n pragtige tuin en dit is ’n lus vir die oog.

Dankie, dat jy ons hierdie maand gewys het dat selfs ’n donker tuin mooi kan

Lyk. as daar lig is! (Red.)

Tegnologie : seën of euwel?

Elize Bezuidenhout

Ja, met so ‘n opskrif, weet ek dat die monde nou almal beweeg. Dis die spreekwoordelike

“opening of a can worms.”

Wat is op jou kind se selfoon? Weet jy met wie hy of sy gesels? En nou gesels alma leers:

ek het my kind reg groot gemaak; ons het ‘n oop verhouding; my kind sal dit NOOIT iets

snaaks doen nie.

Wel ouers. WORD WAKKER!!!! Jou kind is blootgestel aan allerhande

euwels, hetsy dit vloek, chat met vreemdes en foto’s wat pornografie

is of grens aan pornografie.

Gaan kyk bietjie na die profiel foto’s van die maatjies: “sex addict” “I like sex” noem maar

op en nee ek praat nie nou van Graad 12 leerders nie ek praat van Gr 7 leerders. Gaan lees

die boodskappe…woorde wat ons nie eers sal dink om te opper nie (nie eers agter geslote

slaapkamer deur nie) word heen en weer gestuur.

Foto’s van waar die meisies in skrapse bikini’s staan ens. en ja dis

dieselfde maatjies wat jy ken.

Die feit is ons kan nie meer bekostig dat ons kinders nie konstante

kontak met ons het nie en indien hulle nie ‘n selfoon het nie, is

hulle uit die oude doos.

Doen jou self ‘n guns vat jou kind se selfoon vir so twee dae of so en lees wat stuur

kinders vir jou kind en vir almal. Kyk hierdie ma se hart het amper gaan staan en ek is een

van die ouers wat gesê het “ek het ‘n oop verhouding met my kids, my kids weet wat is

reg en verkeerd wat ‘n ontnugtering…

Kom ek vra so watter seun gaan nie kyk as ‘n girl ‘n foto van haar stuur nie (en ja ‘n half

naak foto)

BB M’s word heen en weer gestuur ”add die of daai persoon dis die BBM PIN hulle chat

lekker”

Nou my maggies ons kinder weet mos van Pedo’s wat maak asof hulle kids is maar nee die

een girl sal mos so ewe vir my sê ek is n pedofiel wat ek gaan my kinders se selfoon na en

o ja haar eerste antwoord was “sy hoef nie te weet wat ‘n pedofiel is nie want sy kom nie

uit die oude doos uit nie.”

Nou maar ja hier sit die pedofiel ma en skryf vir julle uit haar hart uit…maak seker. Met ‘n

peiling wat ons gedoen het is daar self Gr 1 leerders wat selfone en simkaarte het

waarvan hul ouers nie weet nie.

My woord aan julle is: ja hulle pomp hulle monde 10 bar op as jy hul

selfone vat en bietjie nagaan maar dis die moeite werd. Hulle raak

weer goed die oomblik as die hongerpyne knaag en die reuke van die

kos deur die huis trek….

Vat eerder ‘n dik mond as self verwyte later dat jy dit nie gedoen het

nie. Maak seker moenie net aanneem nie.

Nou ja spring weg vat die foon en kyk bietjie…die maklikste is hou dit vir so dag of twee

want die kletter koppies is baie slimmer as ons en delete die boodskappe voor hulle by die

huis kom maar ai die waarheid kom altyd uit.

Moenie wag tot dit te laat is nie- doen nou iets!!!!!!!!!!!!!

Jou lewens

tonnel....

Wat is aan die einde van die tonnel....

Ek het al baie keer die lewe ook gesien as n tonnel, met al die nood uitgange

en “SOS” telefone kan mens nie help om partykeer so bietjie te wonder of

mens nie dalk die naaste nood uitgang moet neem uit ‘n situasie uit nie...

Wat ek vandag wil sê is jy moet seker maak dat jy weet wat aan die einde

van jou tonnel sit.

Lewe reg en volgens die Woord van God, bly op die regte pad al voel dit soms

asof die mure van die tonnel jou vas druk. Ek onthou die een keer wat ek en

my familie in die tonnel gaan staan het en hoe warm dit geraak het, nie eers

gepraat van die uitlaat gasse van die verbygaande motors nie, ek het daai

dag gevoel ek gaan dood van hitte of van suurstof tekort.

Die lewe is ook so, wanneer ons God se pad stap en doen wat

Hy van ons verwag gaan daar dinge wees in die wêreld wat jou

gaan wil versmoor en jou by die naaste nood uitgang wil gaan

uit forseer sodat jy van God se pad af dwaal...Maar maak vandag die besluit

om nie bang te wees nie en vir God te vertrou, dan sal God jou ook red as jy

in jou lewens tonnel vas sit en Hy sal weer jou kom vul met die Heilige Gees

sodat jy weer kan asem haal en weer jou pad saam met Jesus kan stap.

So, wat gaan jy vir mense sê wanneer jy sê “Aan die einde van die tonnel is

daar...” Dit hang als van jou as tiener af om te bepaal, gaan daar lig wees of

donkerte. Moet nie die besluit te laat neem nie, want enige iets kan met jou

gebeur en jy kan nie dan vir God sê maar ek was nog te jonk nie...

Maak seker dat jy weet wat aan die einde van jou

tonnel lê wanneer jy doodgaan, want ek is seker

ons almal wil daai helder lig en vars lug ervaar

wanneer ons klaar is met die wêreld...en onthou,

saam met God is jy sterker

Prediker 4:9 sê...Twee is beter as een....

Engeltjies aan die einde van my tonnel.

Anelda Snyman

’n Mens loop ’n pad vol kronkels en duwweltjies. Jou spore in die sand word weggewas

deur die stormwaters.

Die flou son straaltjies kom deur maar nog vang die moedeloosheid jou nog vas.. Jy word

afgetrek deur selfbejammering. Niks maar sin in die deurmekaar lewe nie. Opsies is

dungesaai. Antwoorde op vrae kom eenvoudig nie.

Die pad van die huis na die werk kan jy al toe-oë ry en soos ’n goed geoliede masjien doen

jy jou deel in die samelewing. Naweke wens jy eerder vir Maandag en Maandag dink jy

eerder aan maniere hoe jy die naweek anders kan doen.

Die sinnetjie “As ek maar net..” spook by jou. Soggens staan jy op en begin als weer van

vooraf doen, soos jy weet wat van jou verwag word.

Het ek genoem dat deur al die donker staan daar twee engeltjies

elke dag by my. So maak nie saak deur wat ek moet gaan nie, ek

sal dit oor en oordoen net om te weet hulle wag vanaand en elke

aand vir my. Ek sal baklei tot daar nie meer baklei in my oor is

nie, want ek het ma geword om ’n rede.

So aan die einde van my tonnel .....wag ’n toekoms saam met my

kinders wat alles die moeite werd maak. Dan sien ek die

sandkastele en die mooi somer sonskyndag.

Laat julle liggie skyn

Madré Ttierra

Jannie staan hartseer eenkant agter die groot ou boom op die skoolgronde. Hoe kan die

lewe so wreed wees. Eers gaan sy pappa weg en los hom en mamma alleen. Later moes

hulle uit hulle huis met die mooi tuin en groot swaai trek en bly nou in ’n klein

woonstelletjie tussen baie ander mense. Mamma moet nou elke dag werk om vir hom te

sorg en hy moet by die kwaai ou tannie in die woonstel langsaan bly tot sy terugkom. Hy

hou niks van die tannie nie. Sy sit en rook een sigaret na die ander en ek mag niks doen

nie. Heeldag net in ’n hoekie sit want mamma kan nie bekostig om my in ’n nasorg te sit

nie.. Dit alles omdat pappa nie meer omgee nie. Hy en ’n ander tannie het meer as ’n jaar

gelede al vêr weggetrek. Hy het nog nie eens ’n briefie geskryf of gebel met sy verjaarsdag

nie.

En nou, nou moet hy die spottery van die kinders in sy klas ook nog verdra omdat hulle ’n

bietjie arm is en sy pa hom weggegooi het. Net gister

weer het Pietie hom weer gepootjie toe hy verby hom

gestap het. My knie het baie gebloei. Ek het maar vir

mamma gesê dat ek geval het. Ek wil nie nog vir haar

hiervan ook sê nie. Sy dink ek hoor nie hoe sy snags lê en

huil nie.

Jannie sukkel om die trane te keer. Die lewe is so wreed.

Mamma sê ek moet vir liewe Jesus vra om die seer weg te

vat, want hy is baie lief vir kindertjies. Maar as liewe Jesus dan so lief is vir kindertjies

hoekom laat hy al hierdie goed met my gebeur. Hy skop skop na ’n klippie wat voor hom

lê.

“En as jy hier alleen staan, ou groot man” vra ’n sagte stem hier reg langs hom. Jannie ruk

soos hy skrik. Hy het nie die oom gehoor of gesien kom nie. Waar sou die oom vandaan

kom? Ek het hom nog nooit voorheen hier gesien nie. En sy stem is so sag en so vriendelik.

Niemand het al ooit so mooi met hom gepraat nie.

“Jannie, jy mag maar vir my vertel wat dit is wat jou hartseer maak. Ek luister graag. Veral

na kindertjies se hartseer.” Jannie skrik nog groter. Hoe ken die oom my naam. Ek het

hom nie gesê nie.

Jannie sien hoe die oom sommer op die gras langs hom gaan sit. Hy wys met sy hand na ’n

polletjie gras langs hom en nooi Jannie om langs hom te kom sit. Jannie gaan langs die

oom sit. Hy kyk op in die oom se oë. Dit lyk so vriendelik en sag. Hy voel glad nie bang nie.

Soos met ander vreemde ooms nie. Hulle lyk altyd so kwaai en onbeskof veral die wat in

die woonstelle bly. Elke aand hoor hy hoe die ooms op die tannies raas en skree.

Partykeer hoor hy ook goed breek. Dan word hy baie bang.

Dan begin Jannie die oom vertel van sy pa en die huis. Die vuil woonstelle en die kwaai

tannie. Van die ooms wat so raas en skel en hoe bang hy is. Hoe sy mamma baie aande

wanneer sy dink hy slaap lê en huil. Van die kinders wat hom spot omdat hulle arm is en

hoe hulle hom boelie. Van liewe Jesus wat nie van hom hou nie anders sou hy nie al

hierdie lelike ding met hom laat gebeur het nie.

Die man langs hom sit sy hand op sy skouer en druk dit sag sê: “ Jannie, jy moet altyd

onthou dat Jesus baie lief is vir jou en dit is nie jou skuld dat al hierdie dinge gebeur het

nie. Mense maak besluite sonder dat hulle dink hoe seer ander mense mag kry, maar

Jesus sien al hierdie dinge wat gebeur. Jannie weet jy wat ’n tonnel is?

“Ja, oom ons het altyd deur een gery met die trein as ons vir ouma in die Karoo gaan kuier

het.”

“Nou Jannie, in ’n tonnel is dit mos vreeslik donker en dit word al hoe donkerder hoe

dieper ’n mens gaan. Maar aan die ander kant raak dit weer ligter tot ’n mens weer die

skerp lig kan sien. Kan jy onthou.”

“Ja, oom ek kan. Ek onthou nog hoe bang ek geword het omdat dit so donker was Dan het

ek mamma se hand styf vasgehou en was baie bly as dit weer lig was aan die ander kant.”

Sien Jannie jou lewe is op die oomblik soos daardie tonnel. Donker en ja iemand hou jou

hand vas terwyl jy daar is. Jy voel dit maar net nie omdat jy te hartseer is om dit agter te

kom. Weet jy wie dit is, Jannie. Dit is liewe Jesus. Hy is elke dag saam met jou. Partykeer is

’n mens se seer net te groot om te sien. Dan wil jy nie sien nie. Jy voel net die seer. Dan

hou Jesus maar net jou hand vas tot die seer beter en beter word. Jy sal sien een van die

mooi dae sal dit ligter word in jou tonnel.”

Die skoolklok lui agter Jannie en hy kyk om. Ek moet nou

gaan oom, sê Jannie en kyk na waar die oom langs hom sit,

maar die oom is nie meer daar nie. Jannie spring op en kyk

rond maar hy sien die oom nêrens nie. Jannie loop in die

rigting waar die kinders in die rye staan. Hy sien vir Pietie.

Hy staan hier reg voor hom en net voor hulle in die klas

instap draai Pietie om en glimlag vir Jannie en gee sy hand

vir hom en sê dan hy is jammer omdat hy so onbeskof met hom was en hy sal bly wees as

Jannie sy vriend sal wees. Jannie kon dit nie glo nie. Daardie middag stap hy met ’n lied in

sy hart huis toe al weet hy hy moet al weer daardie kwaai tannie trotseer. Vandag gee hy

nie om nie.

Jannie klop aan die tannie se deur. Sy maak op en nooi hom vriendelik in en nooi hom dan

om by haar te kom sit. Hulle drink tee en eet die lekkerste koek. Jannie weet nie wat

vandag aan die gang is nie maar hy kla nie. Skielik is die lewe vir hom lekker.

Daardie aand toe sy ma by die huis kom kon hy nie

wag om haar te vertel wat alles met hom gebeur het

nie. Sy ma berispe hom omdat hy met ’n vreemde man

gesit en gesels het. maar haar hart sing omdat haar

seuntjie weer lag.

Jannie staan op die kafmied en kyk oor die wye vlakte

uit. Hy en sy ma kuier op die plaas van oom Gerrie. Hy

het gisteraand gehoor toe hulle praat in die kombuis

toe hulle gedink het hy lê en kyk televisie. Oom Gerrie het sy ma gevra om met hom te

trou en by hom hier op die plaas te kom bly. Hy het gehoor hoe hy sê dat hy graag ’n pa vir

klein Jannie wil wees.. En hy het amper handegeklap toe sy ma ja gesê het, maar hy het

darem betyds agtergekom dat hy eintlik staan en afluister het en toe maar saggies

omgedraai het en weer sitkamer toe geloop. Hy hou van oom Gerrie. Hy is vriendelik en

sag nes die oom wat hy ’n paar maande terug op die skoolterrein ontmoet het. Hy het die

oom nooit weer gesien nie. Jannie is gelukkig

Later daardie dag nooi Gerrie vir Jannie om saam met hom te

ry en te gaan kyk of alles reg is in die beeskamp ’n entjie van

die huis af. In die beeskamp staan jannie agterop die bakkie en

kyk deur oom Gerrie se verkyker na die berg vêrder voor hulle.

Dan gewaar hy iets soos ’n gat in die berg en hy vra aan oom

Gerrie wat dit kan wees.

“Jannie dit is ’n ou trein tonnel wat baie jare terug gebruik is. Wil jy gaan kyk”.

“Asseblief oom as ek mag”

Oom Gerrie stop voor die tonnel. Hulle klim uit en stap die tonnel binne. In die bek van die

tonnel is dit nog bietjie lig maar hoe vêrder hulle stap hoe

donkerder word dit. Jannie wil net begin benoud voel toe hy voel

hoe iemand sy hand neem. Hy dog eers dis oom Gerrie, maar toe

hulle naby die tonnel se bek kom sien hy oom Gerrie stap aan die

ander kant van die spoor wat nog deur die tonnel loop.

“So ja Jannie, hier is ons nou by die bek van die tonnel. “

Jannie stap uit in die helder sonlig en voel dat sy hand nou weer

vry is. Hy voel baie lekker en skielik onthou van die oom op die skoolterrein en die storie

van die tonnel. Dan eers besef Jannie dat sy seer weg is en omdat sy seer weg is kon hy

Jesus se hand in syne voel en net daar weet Jannie wie die oom op

die skoolgrond by hom was. Jesus het daardie dag gekom om sy seer

weg te vat soos Hy in die Bybel belowe.

Jannie se gedagtes word onderbreek toe oom Gerrie hom meedeel

dat hy hom graag iets wil vra. Hy lyk baie ernstig.

“Ja, oom. Vra maar.”

Oom Gerrie lyk so skuldig soos die dag toe Pietie hom om verskoning gevra het. “Ek het

gisteraand jou ma gevra of sy met my sal trou en sy het ingestem. Hoe voel jy daar oor.

Jannie kan nie help om te glimlag nie en dan steek jy sy hand uit en skud blad met hom en

knik sy jop. “Dit is reg so oom Gerrie.”

Die twee stap terug deur die tonnel, maar hierdie keer is die tonnel helder verlig, want

Jesus laat sy liggie skyn en Jannie skiet ’n gebedjie op. “Dankie, Jesus!”

I can’t explain the way I feel today.

A message from inside

Life is really becoming to much for me to stay.

Someone

I locked myself inside and my soul is screaming from beneath to be free from all pain and

sorrow I feel inside of me.

about me.

I wonder if he thought about how much he meant to me.

It makes me feel like I never want to love again

Sometimes it feels that this taken all the love I will ever

have in my life.

But.... I want to live free and I want to love again. So I

hope there’s someone out there who can appreciate all

the love I have inside of me and inside of me and that

could treasure it for life.

But I can’t open up anymore. The person. who

protected me from all harm that was ever done to me is

busy to destroying me te most.

He always would try to protect me from people that

tried to hurt me, but I wonder i f he ever knew he was

hurting me to.. I can’t help to think if he ever did care

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!