05.05.2013 Views

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Uit die pen van die Redaktrise.

Hi daar al my sonskyn vriende en lesers,

Ag, ek vra vreeslik om verskoning omdat ons so laat is hierdie maand, maar soms hardloop die

drukkersduiwel sommerso ongenooid hier in, maar ek het hom darem einde laas die deur gewys

na ’n groot gesukkel.

Soms is ’n mens se lewe soos ’n donker tonnel en ja ek hou niks van die donker nie, Dit voel asof

duisende pare oë jou dophou. Tog moet ’n mens soms jou vrese in die oë kyk en dit kan ons net

doen deur die hulp van ons Heer. Hy is magtig en liefdevol. Daarom kan ons altyd op Hom reken

en sodoende word ons tonnels helder verlig en kan ons weer asemhaal en voortgaan.

Mensies terwyl ek so deur my skrywers se artikels gaan en regkry om geplaas te word lees ek my

twee jong tiener skrywers se artikels en my mond hang oop vir soveel insig en wysheid asook

bemoediging en geloof. Hierdie twee jongmense skryf so dat self ons as volwassenes by hulle kan

leer en ja hulle is ook beslis kinders van ons Heer. Baie dankie julle twee vir julle toewyding en

entoesiasme. Dankie, dat julle deel van ons span geword het.

Ons neem afskeid van ons kosman Michael omdat sy verpligtinge te veel geword het en hy nie vir

ons wil afskeep nie. As daar enigeen anders is wat in sy plek wil inskuif laat my gerus weet by

inspbriewebus@gmail.com Ons sê ook dankie aan hom vir sy heerlike resepte wat hy met ons

gedeel het. Ons gaan dit voorwaar mis.

Volgende maand se uitgawe gaan heelwat vroeër verskyn sodat die idees vroegtydig by die lesers

kan uitkom indien hulle van ons idees wil op die proef stel. Ek glo dit gaan propvol lekkerte wees,

Daarmee groet ek eers tot volgende maand.

Heerlike inspirasie groete

Elsabe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!