05.05.2013 Views

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die rit vanaf die chirurg na die hospitaal het net meer as 5minute

geneem maar dit het soos ‘n leeftyd gevoel. My man is onmiddellik

onder sterk verdowing geplaas en die toetse het begin. Bloed is getrek

en ‘n x-straal van sy buik is geneem. ‘n Sonar het gevolg en nog steeds

was die dokter nie tevrede nie. Hy het ons nie vir een oomblik alleen

gelos nie en het van toets lokaal na toets lokaal vergesel. Die laaste

opsie was om my man deur die tonnel te neem en stukkie vir stukkie uit

te vind wat binne sy liggaam aangaan. Ek het saam gegaan binne die

kamer waar die toets apparaat was. My man het my hand vasgehou en gevra dat ek nie moes los

nie. Ongelukkig moes ek eenkant toe tree toe die masjien oor sy liggaam begin beweeg het. Die

dokter het my geroep om te kom sien presies wat aangaan. My man se dikderm en dunderm was

skoon en sonder enige probleme. Die pankreas was erg geswel. Maar die problem het duidelik

gewys dat die galblaas al vir ‘n ruk heeltemal opgehou funksioneer het en al die stene deur die

kanale wat aan die lewer gekoppel was gedruk het. Die kanale het verstop geraak en die lewer

was besig om te sterf. Die dokter het vermoed dat al die jare die werklik oorsaak van pyn eintlik

die galblaas was en nooit die derm nie. Hy wou glad nie eers probeer opereer nie aangesien my

man te vêr verswak het en hy sou eers die swelsel onder beheer moes kry alvorens hy die galblaas

kon verwyder. Dus sou hy onmiddellik my man op ‘n drup plaas en probeer om die infeksie onder

beheer te kry. Ek het langs my man se bed gaan sit en sy hand geneem en begin bid. Op daardie

oomblik het ek geweet, hierdeur kan ek nie alleen gaan nie. Ek het krag nodig wat sterker as enige

menslike medisyne is. Alle ander dinge het weggeval en die diepe wete dat vandag en vanaand is

al wat ons het en hierdeur sal ek nie deur normale hulp kan kom nie.

Die verpleegsters het my gelos om die nag langs my man te spandeer. Die drup het onverpoos

gewerk en ek het druppel vir druppel gevolg soos dit afbeweeg na sy hand toe. Ek het elke druppel

aangespoor en in my geestesoog gesien hoe die medisyne die erg swelling en infeksie beveg. Tog

het daardie nag soos ‘n leeftyd gevoel. Elke minute het soos ure uitgerek. Die volgende oggend

vroeg is die chirurg terug en nog glad nie optimisties nie. Die infeksie was nog steeds te erg om

hulle toe te laat om te opereer. Hy het met nog ‘n chirurg oor die foon gepraat en gereël dat my

man onmiddellik oorgeplaas moes word na ‘n ander hospitaal in die stad naaste aan ons. Hulle sou

onmiddellik die kanale tussen die lewer en galblaas afsny en dus die lewer ‘n beter kans gee om te

herstel. Dit sou nie die dooie galblaas enigsins kon help nie maar sou ten minste my man ‘n beter

kan gee. Daar was geen ambulans beskikbaar. Ek het die chirurg gevra of dit sou help as ek my

man self vervoer aangesien ek kon sien hoe dringend hy die prosedure nodig gehad het. Dit het sin

gemaak om die dooie galblaas af te sny van die orgaan wat dit besig was om te beskadig. Ek wou

elke kosbare minute vir my man probeer wen. Die verpleeg personeel het my

gehelp om my man op kussings te stut binne die motor en met die drup

vasgedruk op die bopunt van die venster het ek, mooi gesê, glad nie die

spoedgrens eerbiedig nie. Wat ‘n uur sou geneem het, het my net meer as ‘n

half uur geneem tot ek voor die ongevalle afdeling gestop het. My man is

onmiddellik opgestuur na ‘n bekende chirurg se afdeling toe waar hulle op ons

gewag het. Die suster aan diens het langs my kom sit en ons het saam gebid

dat dit tog nie te laat was nie.

‘n Volle twee uur later het hulle my man teruggestoot. Hy was nog heeltemal verdoof. Die chirurg

het aan my verduidelik dat hulle met die hulp van ‘n laparoskopie die kanale moes afsny

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!