05.05.2013 Views

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

N o v e m b e r 2 0 1 2 - Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Nuwe vlerke

Emetia Heck

Fladder vlerkies in kaleidoskoop kleure sweef vry deur die somerbriesie wat in die sonneblom tuin

heers. Die klein wonder huppel rustig van blom tot blom totdat die ideale nektar gehalte

bevredigend is. Daarna word sy vlieg vernuf weer ywerig ingespan op die volgende rit van

opwinding ...

Elke oog wat skoonheid waardeer kan getuig dat n skoenlapper al hul aandag vir n rukkie gesteel

het. Die fyn insek wat enige tuin verfraai is n merkwaardige wonder van kleur, sorglose beweging

en vryheid. Dit is onweerstaanbaar om nie self die behoefte te he om weg te breek van alles wat

jou siel kniehalter en jouself oor te gee aan die onvoorspelbaarheid van die wind nie. Die vry

vlerkies was egter nie altyd so ongebonde nie ...

Die klein kreatuur onthou n tydperk waar benoudheid en ongemaklikheid n ewigheid stempel

gedra het...

Hy onthou die wurm-stadium, toe sy

beweging beperk tot waar sy klein

pootjies hom met moeite kon dra. Dis die

stadium waar hy vuriglik elke vlieënde

kreatuur beny het wat sorgeloos die

potblou lug verken het. Die wurm stadium

was die gemaklike stadium. Hy was

daarvan bewus dat die enigste manier van

beweging net met sy kort beentjies is,

maar hy het dit so aanvaar.

Die kokon-stadium was ongemaklik, beknop en donker! Uithou, aanhou en tande knersdeursettingsvermoë

was al wat hom sou deurdra ...deur die vrae van 'hoekom ek' en 'wat gaan

nou aan'? Daar is n vae herinnering aan die metamorfose wat sy denkwyse ondergaan het.

Sonder dat hy dit agtergekom het, het die benoudste stadium van sy lewe hom geleer om homself

te ontdek. Hy't nooit besef hy's daartoe in staat om so baie ongemak te hanteer nie ...het altyd

gedink die kleinste hoeveelheid druk sal hom totaal vernietig!

Toe die kokon uiteindelik oopbreek, is die mooiste kleure sigbaar. Fyn vlerke het oopgevou

...effens lomp terwyl sy nuwigheid probeer gewoond raak en voor hy werklik kon besef wat hy

doen, het hy sy nuwe baadjie op die proef gestel.

Met n briesie deur sy vlerke, kon hy die sorglose sweef deur die kaleidoskoop tuin nie werklik

beskryf nie. Kyk hoe mooi meng die kleure ...sy vlerke en die skakerings van die blomme. Was hy

werklik n vaal wurmpie?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!