04.09.2013 Views

Nuusbrief 20130314 [ Eng ] - bredasdorpprim.co.za

Nuusbrief 20130314 [ Eng ] - bredasdorpprim.co.za

Nuusbrief 20130314 [ Eng ] - bredasdorpprim.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Jaargang 3 - Nr. 7

OB: 12

Sosiale netwerke en die gevaar daarvan vir ons kinders.

It has once again come to my attention, the huge affect social networking has on our children. Our teenagers

in particular, because of peer pressure, are forced to make use of social networking – something that they are

not “equipped for” or “up to.”

Volgens ‘n nasionale Amerikaanse opname word die blootstelling aan rook, dwelmgebruik en drankmisbruik

verhoog deur die tyd wat tieners op sosiale netwerke bestee. Op ‘n gemiddelde dag bestee 70 persent van

tieners tussen 12 en 17 jaar (ongeveer 17 miljoen tieners) tot ‘n uur op Facebook, Myspace of ander sosiale

netwerke, aldus die Nasionale Sentrum oor Verslawing en Dwelmmisbruik (CASA). In hierdie ouderdomsgroep

is sosiale netwerk-slim tieners vyf keer meer geneig om tabakprodukte te gebruik; drie keer meer geneig om

alkohol te gebruik; en twee keer meer geneig om marijuana te gebruik in vergelyking met tieners wat geensins

deel is van elektroniese sosiale netwerke nie.

Die resultate is baie kommerwekkend. Die alles-is-aanvaarbaar, vry-vir-almal-wêreld van die internet,

suggestiewe televisieprogramme en traak-my-nie-agtige houdings verhoog tieners se risiko van dwelmmisbruik,

het CASA se stigter en voorsitter, Joseph Califano, gesê. CASA se kommentaar is gegrond op ‘n opname wat

Knowledge Networks onder 1 037 tieners tussen 12 en 17 jaar en 528 ouers gedoen het, asook ‘n

telefoonopname wat QEV Analytics onder 1 006 tieners uitgevoer het.

In the survey only 64% of parents said that they monitor the use of social networking by their children. Parents

have a responsibility to teach their children how to use the equipment in the correct manner. Sara Mocke, an

architect at Microsoft, said that 73% of the 543 million Facebook users, never use the safety markers.

Stephan Potgieter van PrivacyOnline, ’n kenner op die gebied van kuberboeliery, het gesê mense sluit hul huise

en motors vir veiligheid, maar besef om een of ander rede nie die noodsaaklikheid daarvan om hul rekenaars te

beveilig nie. Een van die dilemmas is dat ouers nie met hul kinders oor veilige gebruik van rekenaars en selfone

praat nie, wat tot gevolg het dat baie kinders slagoffers van boeliery deur middel van tegnologie word.

It is clear that as parents we cannot distant ourselves from the use of technology. Lets really get involved in

educating our children in this regard.

Hierdie is die laaste uitgawe van die BD’s-dot-com vir die kwartaal. Dankie aan ons getroue lesers. Ek hoop

dat u elke uitgawe so geniet het soos wat dit vir ons lekker was om dit vir u saam te stel.

Please be 100% part of the school activities until the last day of the term!

Werner van Huyssteen

PRINCIPAL

- dot -

14 Mrt– 21 mrt

2013

Laerskool Bredasdorp, P.O. Box 160, Bredasdorp, 7280 - www.bredasdorpprim.co.za - 028 424 1334 - admin@lbps.co.za

ProgramME until the end of the term

Friday, 15 March - Happy birthday Mrs Elna Seegmuller

Hair and clothes inspection

U/13 netball camp

ATKV Redenaars

Saturday, 16 March - Mini-cricket U/7 - 9 at Hermanus Primary School

U/13 netball camp

NG Kerk basaar

Monday, 18 March - Library week

Winter sports program kicks off

Tuesday, 19 March - Rugga Kids demo (U/7 - 9 rugby)

U/13 Gene Louw Primary (Durbanville) rugby and netball tournament

Rugbykliniek

Wednesday, 20 March - Bad hair day (Library project)

NO SPORT PRACTISES DUE TO THE LONG WEEKEND

Thursday, 21 March - HUMAN RIGHTS DAY

Friday, 22 March - SCHOOL HOLIDAY

Saturday, 23 March - Tweekamp (Oudtshoorn)

Tuesday, 26 March - LAST SPORT PRACTICE FOR THE TERM

Thursday, 28 March - Civvie day: FREE

School closes at 10:30

Reports to parents

Snoepie

Baie dankie aan al die Graad 1-mammas wat die naweek by die snoepie gewerk het

tydens die 7’s rugbytoernooi. Baie dankie aan Marion du Plessis vir die reël van die ouers

en die vasvat tydens die dag se verrigtinge. Julle is puik!

CHECKERS / BD-TROLLIERESIES

Op Vrydag 15 Maart 2013 word die trollieresies bekend gestel tydens die

saalperiode. Leerders ontvang elkeen ‘n boekie waarmee hulle in die vakansietyd

bietjie kan gaan woeker. Na die vakansie moet elke boekie terugkom skool toe.

Die drie leerders wat die meeste kaartjies verkoop, ontvang ‘n kontantprys en vir

die klas wat die meeste kaartjies verkoop in die G/SF asook in die I/SF is daar ‘n

verrassing! Komaan BD’s, ondersteun asb. hierdie projek.

MIKPUNT = R100 000.00

BD’s-week

Baie dankie aan al die BD’s wat ou-klere gebring het. Ons kon ‘n oorvol vrag aan die ACVV

Bredasdorp skenk. Julle is puik!

BD-Dans

Die BD’s bied ‘n dans-geleentheid aan op 26 April 2013 in die skoolsaal. Maak

asb. ‘n groot kring op die kalender en stof solank u dansskoene af. Dit beloof

om ‘n baie lekker geleentheid te wees. Meer inligting sal in kwartaal twee

deurgegee word.

Entrepreneursdae

Graad 6 en 7 het hierdie kwartaal Entrepreneursdae gehou. Leerders het dit baie geniet. Dankie aan

elke entrepreneur wat so lekker deelgeneem het en moeite gedoen het met sy/haar stalletjie.

Ons sê baie geluk aan: Elrinda Swanepoel in Graad 7 en Anke Kleinhans in Graad 6. Hulle was ons

entrepreneurs van die onderskeie dae.

KOM KOOP "N VOETE (Skoolkoerant met 'n verskil!)

Indien u kind nog nie 'n Voete bestel het nie, kan hy/sy nog steeds 'n R5 bring vir die betrokke redaksielid.

Moenie dit misloop nie. Kom lees meer oor al die aktiwiteite van die kwartaal. Daar sal ook kompetisies en

vele meer in wees.

Hier volg die sertifikaatwenners vir Wees Positief : Lewe 100% as ‘n BD

Here are the certificate winners for Be Positive: Live 100% as a BD

Gr. R1 - Ruan Temmers

Gr. R2 - Dian Fourie

Gr. 1.1 - Neethling Louw

Gr. 1.2 - Stephen Hoffman

Gr. 1E - Kerishni Simons

Gr. 2.1 - Jacques van den Berg

Gr. 2.2 - AJ Basson

Gr. 3.1 - Janru Retief

Arend Blom

Gr. 3.2 - Madi van Dam

Madri Roodman

Gr. 3E - Mecedez Kotze

Gr. 4.1 - Gabriella Scott

Erhard Lambrechts

Gr. 4.2 - Marnél Retief

Inge Reynicke

Gr. 4E - Fatoumar Diop

Gr. 5.1 - Usha Abselon

Rentia Tromp

Oscar Louw

Gr. 5.2 - Catharina Vice

Pieter-Jan Rossouw

Gr. 5E - Jemimah Daniels

Gr. 6.1 - Mardene van Schalkwyk

Gr. 6.2 - Marguerite Leuvennink

MG Retief

Gr. 6E - Naomi Wichall

Gr. 7.1 - Christi de Villiers

Lindie Pieterse

Francois Tromp

Gr. 7.2 - Charl Janson

Déhan Marais

Gr. 7E - Jamie-Lee Dennis

ATKV-Redenaars

Baie sterkte aan die leerders wat eerskomende Vrydag aan die AKTV-

Redenaarskompetisie gaan deelneem. Dit is die eerste rondte. Ons

hoop dat dit met julle goed sal gaan!

Biblioteek

Ons biblioteek kort dringend verf!

Netheid en ‘n aangename atmosfeer is

bevorderlik vir studie en lees en dis die

rede waarom ons op Woensdag, 20

Maart ‘n “BAD HAIR DAY” gaan hê. Dit

gaan R5 kos om vir ons te kom wys HOE

JY NIE WIL LYK op daardie dae wat jou

hare nie wil saamwerk nie!

Dit is ook ‘n civviedag.

Help ons om die biblioteek se

“BAD PAINT ATMOSPHERE” te verbeter!

AKSIE-NETBAL 2013 TE KLEIN OVIES

Ses O/13-Netbalspeelsters het Vrydag, 8 Maart 2013, aan die eerste Aksie-Netbaltoernooi te Laerskool

Overberg gaan deelneem. Die speelsters het 4 wedstryde gespeel (teen Ovies 1, Ovies 2, Kleinmond en

Curro) en ‘n totaal van 57 punte bymekaar gemaak. Ons het die toernooi gewen, met Ovies in die 2de plek

(39 punte). Baie geluk aan Lindie Pieterse, Elrinda Swanepoel, Janine Murtz, Franeve Koeberg, Esterina

Fourie en Tayla Cloete wat ons BD-naam hoog gehou het. Dankie Juf. Nandi, ons skeidsregter en Mnr. Henri

vir die bestuur van die bussie.

O/13 Netbal-Oefenkamp

Vrydag en Saterdag (15 en 16 Maart 2013) gaan 18 van ons netbalspeelsters aan ‘n

oefenkamp hier by die skool deelneem. Daar word beoog om aandag te skenk aan

fiksheid, vaardighede en spanbou. Baie dankie aan Oom Henry Pratt wat ons gaan

kom help met die spanbou-aktiwiteite, en Juf. Nandi wat Juf. Delene se regterhand

is. Dit beloof om ‘n 1-in-‘n-leeftyd geleentheid te wees!

SWIMMING

On Friday 8 March, 15 of our learners took part in the Rûens College first Interschool’s swimming gala. Our

swimmers did well and produced some excellent times and places. Well done BD’s! The event was conducted

in good spirit and we would like to thank Rûens for an event well organised. We look forward to next year’s

interschools.

Hanneke du Toit was selected to participate at the SA Regional Level 2 Age Group Swimming Championships,

taking place in Cape Town from 22 nd to 25 th March. We trust all will go well!

Mini-Krieket

Die 0/7A & B, 0/8A, 0/9A neem op Saterdag 16 Maart aan ‘n Mini-Krieketdag op Hermanus deel.

Baie sterkte vir julle!

Tweekamp

Ons wil net vir Marié Vlok baie sterkte toewens vir die SA –Kampioenskappe wat op 22-23 Maart 2013 in

Oudtshoorn plaasvind. Ons hou vir jou duimvas Marié, geniet die Tweekamp.

Laerskool Bredasdorp, Overberg Appliances en Wyoming Spur 7’s

Op 9 Maart 2013 het Laerskool Bredasdorp ons rugbyjaar afgeskop met ons jaarlikse Sewes-toernooi. Dit was

‘n heerlike rugbydag met ‘n totaal van 16 spanne en 10 skole wat aan die toernooi deelgeneem het.

Laerskool Bredasdorp het baie goed gevaar in die toernooi. Die 0/11-rugbyspan het die finale van die

kompetisie bereik, maar die teenstanders was te sterk en ons eindig toe tweede. Die 0/13-rugbyspan het die

semi-finale van hulle kompetisie bereik waar hulle vasgeval het.

Laerskool Overberg het die Plaattrofee gewen by die 0/11-kompetisie en Laerskool Volschenk het die

Plaattrofee by die 0/13’s gewen. Worcester Primêr het met beide die 0/11-en 0/13- kompetisiebekers

weggeloop.

Ons wil net vir Overberg Appliances en Wyoming Spur bedank vir hulle borgskappe. Sonder hulle

ondersteuning is dae soos hierdie nie moontlik nie.

Hokkie

Ons benodig dringend Hokkie-afrigters om ons te help met afrigting. Dit hoef nie noodwendig ‘n afrigter te

wees nie, maar ook ‘n ouer wat beskikbaar is net vir ekstra hulp. Kontak asb. vir Elna Seegmuller by 084 696

6368 of die skool by 028 4241334. Enige hokkie-toerusting wat nie gebruik word nie, kan asb. na die

sportkantoor gebring word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!