26.11.2014 Views

DRIE GEESTE BY DIE GEELSTERTFEES - Oulitnet.co.za

DRIE GEESTE BY DIE GEELSTERTFEES - Oulitnet.co.za

DRIE GEESTE BY DIE GEELSTERTFEES - Oulitnet.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Waar ’n sprokie trek, is daar ’n muurtjie

(Radiodrama in Afrikaans deur André Kotzé)

ROLVERDELING (VYF SPELERS)

KAPTEIN VAN DER DECKEN, MIDDELJARIGE MAN,

GESAGVOERDER VAN DIE

(NEDERLANDSE AKSENT,

VLIEëNDE HOLLANDER

INDIEN MOONTLIK)

RIP RIP VAN WINKELBAAI MAN (KAAPSE AKSENT)

ANTJIE ANTJIE VAN SOMERSTRAND JONG VROU, STERK

STEM, MODERN, (ENG-

AFRIKAANS)

PETRUS PETRUS OPPERMAN, MAN (STANDAARD-

RADIO-JOERNALIS

AFRIKAANS)

SONJA DOGTERTJIE KINDERSTEM (LAERSKOOL)

SPOOKSTEM # MANSSTEM (MET EGGO)

# Kan dieselfde stem as dié van Petrus wees (met eggo)

TEMAMUSIEK: TAGTIGERJARE OF VROEëR

WAAR ‘N SPROKIE TREK, IS DAAR ‘N MUURTJIE

BYKLANKE:

TEMAMUSIEK VIR TWINTIG SEKONDES, DOOF UIT, STORM OP

DIE SEE, WIND LOEI, BRANDERS BREEK, MASTE KRAAK, DOOF

UIT TOT AGTERGROND

1. KAPTEIN: (SKREEU) Ek sal vaar! Ek sal vaar! Die Vlieënde Hollander sal

aanhou vaar. Ek skrik vir g’n wind of weer nie. Ek vaar teen die

wind in! Ek sal vaar! Al is dit tot aan die einde van die aarde!

2. SPOOKSTEM: (EGGO, RUSTIG) Willem van der Decken! Waarheen vaar jy?

3. KAPTEIN: (VERSKRIK) Wat? Wie’s daar?

4. SPOOKSTEM: Antwoord eers my vraag? Waarheen is jou reis?

5. KAPTEIN: Ek vat nie opdragte van elke hierjy nie. Ek is van der Decken,

kaptein van die Vlieënde Hollander! Wie is jy? Waar is jy? Wys

jouself!

6. SPOOKSTEM: Sê maar ek is jou gewete. Jy kan my nie sien nie en jy wou nog

nooit na my luister nie.

7. KAPTEIN: ‘n Gees? ‘n Spook? Wat soek jy by my?

8. SPOOKSTEM: Hoe lank vaar jy nou al Van der Decken?

9. KAPTEIN: As jy my só goed ken, sal jy weet. Meer as drie eeue al.

(HARDER) En ek sal aanhou vaar! Al is dit tot by die einde van

die aarde!

1. SPOOKSTEM: Nog net so koppig soos daardie eerste dag toe jy teen my advies

en teen die kerkklokke die stormsee in gevaar het. Toe wou jy

ook nie na my luister nie.

2. KAPTEIN: Wat wil jy van my hê?

©André Kotzé 2

3. SPOOKSTEM: Ek wil jou ‘n aanbod maak.

4. KAPTEIN: ‘n Aanbod?

5. SPOOKSTEM: Ek wil hierdie sinnelose rondswerwery van die Vlieënde Hollander

op die oseane beëindig.

6. KAPTEIN: Beëindig? Ek het gedink ek is gedoem om vir ewig te vaar! Hoe

praat jy dan nou?

7. SPOOKSTEM: Ek wil jou ‘n kans gee, Van der Decken; ‘n kans om terug te

keer land toe.

8. KAPTEIN: Maar, ... ek leef in ‘n ander wêreld. Ek sal nooit aanpas nie.

Buitendien, skepe vergaan, matrose verdrink as hulle my sien.

Almal vrees my. Ek wil nie sonder vriende wees nie.

9. SPOOKSTEM: Ek sal probeer om vir jou geselskap te kry.

BYKLANKE:

WIND LOEI HARDER, SPOOKAGTIG, GEKRYS VAN SEEMEEU, DOOF

UIT

1. KAPTEIN: Enigiemand is beter as hierdie klomp dooie matrose op die dek

wat vir my met hul blou oë lê en gluur. Hulle siele neem my

kwalik dat ek daardie oggend uitgevaar het.

2. SPOOKSTEM: Ek sal vir jou hulp kry om jou te help seil. Om by hawens aan te

doen.

3. KAPTEIN: (SINIES) Gmf ... Hawens? Die Vlieënde Hollander? Dit wil ek

nog sien. Hoe gaan jy dit regkry?

©André Kotzé 3

BYKLANKE: STILTE, BEHALWE VIR SEEGELUIDE

4. KAPTEIN: (HARDER) Ek vra: hoe gaan jy dit regkry? (STILTE) Spook! ...

Spook! Is jy daar? (MET HOMSELF) Ag nee! Waar’s hy nou?

Weg? ... Seker gedroom ...

BYKLANKE:

TEMAMUSIEK HARD IN VIR TIEN SEKONDES, DOOF UIT

5. PETRUS: (STEM VAN NUUSLESER) Goeiemôre Suid-Afrika. Dit is seweuur,

Maandagmôre, 17 Junie 1986 en hier volg die nuus, gelees

deur Petrus Opperman. Die toestand bly gespanne in Soweto

waar ernstige opstande gister by skole uitgebreek het, op die

tienjarige herdenking van Sowetodag. ‘n Woordvoerder van die

polisie ...

BYKLANKE:

KLIKGELUID SOOS RADIO AFGESKAKEL WORD

1. RIP: (PRAAT MET HOMSELF) Kan maar netsowel die draadloos se

bek stilmaak ... nou al vir twee dae dieselle nuus. Lyk my PW

Botha het sy hanne vol met die kinners hierrie keer. Maar dit

traak my nie hier op Winkelbaai nie.

BYKLANKE:

DEUR OOP EN WEER TOE, SEEGELUIDE SOOS BRANDERS,

SEEMEEUE EN MISHORING DOOF IN, WORD SAGTER AS

MONOLOOG BEGIN

2. RIP: (GAAP) Aaah ... Ou Rippieee! Sommer vroemôre al weer vaak,

nè? Djy wil mos tievie lê en kyk tot middernag. Rêrig nie lus vir

gaan kreef vang vemôre nie.

BYKLANKE:

SEEGELUIDE SOOS BRANDERS, SEEMEEUE EN MISHORING

HARDER VIR DRIE SEKONDES EN WEER SAGTER AS SPRAAK

BEGIN

©André Kotzé 4

3. RIP: (MET HOMSELF) Kyk daai grênd ou oppie kaai met die vaatjie op

sy skouers. Waar kom hy vandaan? En hy kom hiernatoe ...

BYKLANKE:

VOETSTAPPE OP DIE HOUTKAAI, GELEIDELIK HARDER, KOM

TOT STILSTAND

4. SPOOKSTEM: (STEUN, GELUID VAN HOUT-OP-HOUT AS VAATJIE NEERGESIT

WORD) Aah, so ja! Die ding is swaar. Jy’s mos Rip van

Winkelbaai, nie waar nie?

5. RIP: (SKEPTIES) Ek is Rip dja. Waar kom djy aan my naam?

1. SPOOKSTEM: Rip, help my man. Ek moet hierdie vaatjie by my skip kry.

Neem dit vir my met jou skuit uit see toe.

2. RIP: (NOG SKEPTIES) Sommer so? Wie’s djy? Waarvandaan ken djy

vir my? Ek smokkel nie met drank nie.

3. SPOOKSTEM: Dis nie smokkel nie, man. Dis my eie vaatjie brandewyn wat ek

net by my vragskip, daardie een daar agter die branders, wil kry.

Ek sal jou R50 betaal, en jy kan sommer jou bottel volmaak uit

die vaatjie.

4. RIP: (VRIENDELIKER, VERANDER SY STEM) Dit klink na biesigheid,

Kaptein! Net tot by daai freighter daar? ... Djou skip, sê djy?

Mis is bietjie dik, maa laai maa in. Versigtig nou, Kaptein, ek

help djou. (STEUN)

BYKLANKE:

GELUIDE VAN HOUT WAT SKUIF EN VAATJIE WAT IN SKUIT

NEERGESIT WORD

5. SPOOKSTEM: (SUG) Daar’s hy. Jy kan maar gaan. Ek kom netnou met my

eie boot. Sien jou by die skip ...

©André Kotzé 5

BYKLANKE:

DOOF UIT EN VOETSTAPPE OP HOUT, AL SAGTER

6. RIP: Okay Kaptein ... (HARDER) Kaptein? Kaptein? (SAGTER, BY

HOMSELF) En nou? Waantoe het die ou so skielik vedwyn? ...

Weg? Sommer so in die mis! Any way, ek sal maar skip toe met

sy vaatjie. Hy kom seker agterna ... betaal my seker COD?

BYKLANKE:

GELUID VAN OU BOOTENJIN (DIESEL CHUKKY) WAT

AANGESKAKEL WORD EN WEGTREK, SAGTER WORD, STILTE

(TYDSVERLOOP), DAN EGALIGE DREUN VAN BOOTENJIN,

STADIGER, LUIER SAG TERWYL MONOLOOG VOORTGAAN

1. RIP: En nou, ... waa’s daai freighter dan nou? Was dan netnou nog

hier ... Ek kan mos nie iets deliver as die skip sommer wegraak

nie? Sal maa wag vir daai ou, die skipper, hy sal my seker kom

soek?

BYKLANKE:

STILTE (TYDSVERLOOP) SAGTE LUIER VAN BOOTENJIN EN

SEEGELUIDE DOOF IN

2. RIP: Waar draai daai skipper? Sy skip is ôk sommer weg! As hierdie

vaatjie nie hier was nie, sou ek sweer dit spook! Maar hy’t mos

gesê ek kan maar my botteltjie volmaak uit die vaatjie ... dit

gaan nog ‘n lang, dorstige dag word ... kan maa net so goed die

enjin doodmaak ...

BYKLANKE:

ENJIN SE GELUIER STAAK. KLAP VAN ‘N PROP, KLANK VAN

VLOEISTOF WAT IN ‘N DUN STRAALTJIE IN HOUER LOOP

3. RIP: Daa’s hy! Cheers op jouself, Rip van Winkelbaai! (LEK LIPPE

HOORBAAR AF) Aah, dis mos eersteklas brandy hierrie! Twintig

jaar oud? Seker ‘n fancy ou, daai Kaptein ...

©André Kotzé 6

BYKLANKE: LAASTE DEEL DOOF UIT, STILTE, OM TYDSVERLOOP AAN TE

DUI, SEEGELUIDE DOOF IN

1. RIP: (GAAP) Nei, man, daai ou ka mos nie soe maak nie. Ek word

dan nou al vaak van al die gewag. En sy freighter is skoon weg!

Dis anyway sy loss. (GAAP) As hy my nie kom kry nie, hou ek

sommer die hele vaatjie... Maa nou te vaak... eers ‘n snoozie

vang ...

BYKLANKE:

MONOLOOG EN SEEGELUIDE DOOF UIT, MAN SNORK - MUSIEK

(TYDSVERLOOP) - SEEGELUIDE , SEEVOëLS SONDER

BRANDERKLANKE, DOOF WEER IN

2. RIP: (GAAP) Aah, lekker geslaap ... En nou? Nou’s ek dan oppie oep

sie! Waar’s die land dan nou? ... En dié ou geroeste enjin?

Netnou nog tip-top. Hoe kry ek my skytjie weer by Winkelbaai?

Huh ... Wat de hel? (SKREEU) Waar kry ek dié baard? Grys ôk!

Wat gaan nou aan? Dis ‘n droom ... ek sweer ... (SAGTER) of ‘n

babelas. As dit ‘n babelas is, het ek nog nooit só een gehad nie.

Kop is oraait, maa my lyf! Bleddie styf van bo tot onner! Ek voel

soos ‘n ou man! Alles kraak!

BYKLANKE:

DOOF UIT, STILTE, DOOF WEER IN MET SEEGELUIDE EN

GESKREEU

3. KAPTEIN: (SKREEU, VAN VER) Ek wil vaar! Ek wil vaar! Jy daar in die

skuit! Wat soek jy op my roete? Ek seil bo-oor jou!

4. RIP: (MET HOMSELF) Wat de hel? ‘n Seilskip! Drie maste! Pikswart,

seile rooi soos bloed! Dalk is dit my kans? (SKREEU) Help! Dis

ek, Rip van Winkelbaai. Wie’s daa boe?

1. KAPTEIN: (SKREEU, NADER) Kaptein van der Decken, kaptein van die

Vlieënde Hollander. Gee pad voor: Ek wil vaar!

©André Kotzé 7

2. RIP: (BY HOMSELF) ‘n Spookskip! Swart seevoël om die hoofmas.

Ou Rippieeeee, dit lyk lielik, ... maa djy kannie nou pick en

choose nie. (SKREEU) Nei! Help! Kaptein! Help my! Ek kan

nie vêder nie. Ek is ‘n drenkeling oppie oep sie! My enjin is

stukkend. Help asseblief!

3. KAPTEIN: (SKREEU STEEDS) Wat is ‘n enjin? Wat soek ‘n stokou man

soos jy op die oop see? Ek het nie tyd vir sukkelaars nie. Ek wil

vaar! Vaarrr! ... (NADER, PRAATSTEM) Wie sê jy is jy?

4. RIP: Ek is Rip, Kaptein, Rip van Winkelbaai. Asseblief Kaptein, laai

my op

djou skippie. Ek gaan vrek hier op die oep sie.

5. KAPTEIN: (VERONTWAARDIG) Skippie se voet! Hierdie is die Vlieënde

Hollander! Spogskip van die kompanjie! Maar wag ... Ek gooi

vir jou die touleer. Kom aan boord! Ek het matrose nodig.

6. RIP: Dankie! (STEUN) Ai, ek kan skaars die ou leertjie klim. Voel

soes ‘n ou man. Daar’s hy! ... Bo! O my magtig, wat gaan hie

aan? Watse skip is dit hierrie? ... En dié klomp matrose oppie

dek? Kaptein, ... wat makeer hulle? Ammal dood?

7. KAPTEIN: Dis ‘n lang storie. Wat se snaakse klere dra jy?

1. RIP: Wie praat dan nou? Djy lyk dan self soos Djan van Riebeeck.

Maar djy’s dalk reg. My visklere lyk nou vir my oek bietjie

verbleik. Netnou nog op my kreefskyt aan die slaap geraak en

toe ek wakker word is my baard grys en op my knieë, enjin en

die anker is opgeroes, en ek dryf op die oep sie!

BYKLANKE:

NADERENDE MOTORBOOT, TWEESLAG PETROLENJIN, DOOF IN,

ALGAANDE HARDER, TEEN HOë REVOLUSIES

©André Kotzé 8

2. KAPTEIN: Wat se gevaarte is dit?

3. RIP: Hie kom nog geselskap. Dis mos ‘n Rubberduck. Lyk soes die

polisie ...

4. KAPTEIN: Die ding het net ‘n vroumens op ... stokalleen.

5. BYKLANKE: ENJIN LOOP STADIGER, DAN AFGESKAKEL

6. ANTJIE: (SKREEU) Haai daar? Iemand aan boord? Wat gaan aan?

Waar kry julle hierdie ou seilskip?

7. KAPTEIN: (VERONTWAARDIG) Wat se ou skip bedoel jy? Jy praat van die

Vlieënde Hollander, die beste seilskip in die kompanjie se vloot!

1. RIP: (MET HOMSELF) Van snaakse klere gepraat, check hierrie een op

die rubberduck. Sy lyk soos ‘n hoer op ‘n kerkbasaar. (HARDER)

Kyk Kaptein, sy dra ‘n sisrok ... met broekspype wat onder

uitstiek, rooi kopdoek, mandjie innie hand. Sy lyk soos daai

mannetjies-vroumens waarmee my pa my bang gemaak het toe

ek ‘n laaitie was. (SKREEU) Wie’s djy en waar kom djy

vandaan, merrim? Dit is mos merrim, of hoe?

2. ANTJIE: (SKREEU) Ek is Antjie ... Antjie van Somerstrand. Kan ek aan

boord kom?

3. KAPTEIN: ‘n Vrou aan boord is slegte geluk ... maar die Vlieënde Hollander

se geluk kan nie juis erger nie. Kom maar op. U lyk nogal na ‘n

©André Kotzé 9

sterk dame. Hier is die touleer. Klim gerus op. Het u hulp

nodig?

4. ANTJIE: Nee, los my uit. Ek is klaar bo. Wat gaan hier aan? Al hierdie

dooie mense? Was julle in ‘n oorlog?

5. RIP: (VERTROULIK, EFFENS SAGTER) Hierrie is ‘n spookskip, as djy

my vra.

6. KAPTEIN: Welkom op die Vlieënde Hollander, jongdame. Ek is Kaptein van

der Decken. Hierdie oukêrel het ook pas aan boord gekom. Sy

naam is Rip ... Rip van Winkelbaai.

7. ANTJIE: O, kom Oom van die Weskus? Ek is van die Oos-Kaap, ...

Somerstrand. Noem my maar Antjie Somerstrand.

1. RIP: Antjie Somers? Dís die een waarmee my ouman my bang

gemaak het! ... (MEER AGGRESSIEF) Maar ek issie djou oom

nie. Wat bring djou hie na die diepsee toe?

2. ANTJIE: Dis ‘n lang storie. My rubberduck se juice is min. Laat die ding

maar saamdryf aan die tou. Ek voel vere. Dis nie myne nie en

daar’s niks in nie.

3. KAPTEIN: Is dit al wat jy van jou boot dink? Nog nooit van só ‘n skipper

gehoor nie. Jy sê dis nie joune nie? Is jy ‘n seerower? Nogal ‘n

vroueskipper!

4. ANTJIE: Dis ‘n lang storie. Maar laat ek eers júlle storie hoor. Doen julle

‘n seerower-fliek?

5. KAPTEIN: Seerower? Ek? Baie erger! Lyk my ek kan maar netsowel die

verhaal van my en my skip vertel. Julle lyk of julle uit ‘n ander

wêreld kom. Julle praat snaakse Hollands. Maar kom in, kom

©André Kotzé 10

ons sit in my kajuit, dis koud hier op die dek. Juffrou Antjie,

gaan jy voor asseblief.

6. ANTJIE: Só galant? Ek sweer jy kom uit ‘n ander era!

7. RIP: En djy, Merrim? Lyk my djy kom uit ‘n nursery rhyme uit!

8. ANTJIE: Lyk my ons al drie kom uit ‘n storieboek uit.

9. KAPTEIN: Kom in asseblief. Welkom in my kajuit.

BYKLANKE:

DEUR OOP, VOETSTAPPE OP HOUT EN DEUR TOE, SEEGELUIDE

DOOF UIT

1. KAPTEIN: Sit gerus. (STEUN, VERTELTRANT) Ek is Kaptein van der

Decken, gesagvoerder van die Vlieënde Hollander, die trots van

die Kompanjie. Die dag toe ek met my nuwe skip wou uitvaar

van Texel in Nederland, was dit Paassondag, 1677. Ek en my

bemanning was gereed om te seil, maar die wind het stormsterk

gewaai. Dit was lewensgevaarlik. Dit was my eerste

kapteinskap en ek wou uitvaar ... en daar was hierdie stem wat

dié dag met my teëgepraat het ...

BYKLANKE:

DOOF IN, WIND WAT LOEI, BRANDERS WAT SLAAN, SEEVOëLS

2. KAPTEIN: (SKREEU) Ek wil vaar! Ek stuit nie vir hierdie seebriesie nie.

Kom my matrose, daar is voorraad om te gaan haal, rykdom vir

elkeen van ons ...

3. SPOOKSTEM: (EGGO, RUSTIG) Dis Paassondag, Willem van der Decken, jy

maak ‘n fout om op hierdie dag te seil ...

BYKLANKE:

WIND LOEI HARDER, PAASKLOKKE LUI - KLOKKESPEL UIT

KERKTORING

©André Kotzé 11

4. KAPTEIN: (SKREEU) Ek stuit nie vir die storm of die duiwel nie. Ek wil

vaar!

5. SPOOKSTEM: (EGGO, RUSTIG, MAAR MEER DRINGEND) Vandag vaar jy nie

teen die storm of teen die duiwel nie, Van der Decken. Vandag

vaar jy teen die Paasklokke ...

BYKLANKE:

PAASKLOKKE DOOF IN EN WEER UIT

1. KAPTEIN: (SKREEU) Ek stuit nie vir Paasklokke nie. Ek wil vaar! Kom,

manne, hys die topseile. Ons vaar! Ons sal vaar al is dit tot by

die einde van die aarde ...

BYKLANKE:

GESKREEU DOOF UIT, STILTE, VERTELTRANT DOOF IN

2. KAPTEIN: (VERTEL VOORT, DRAMATIES) En toe ons die anker lig, met die

kerkklokke se gelui nog in my ore, toe bol die seile skielik teen

die wind in, die Vlieënde Hollander verander in ‘n vuurrooi

seilskip en ons vaar volspoed - teen die wind in. Ek het nie eers

die matrose nodig gehad nie, die skip het vanself gevaar!

3. ANTJIE: En die matrose?

4. KAPTEIN: Al tagtig matrose het een vir een op die dek dood neergeslaan.

Die lyke het met blou, vurige oë in my rigting gekyk. Asof hulle

my kwalik neem. Ek het alle beheer oor die skip verloor. In my

ore het ek die Paasklokke hoor lui. Die enigste manier waarop

ek die klokke kon stil kry, was deur te skree, “Ek wil vaar! Ek wil

vaar!” En sedertdien vaar ek ... en die skip stuur sigself. Ek

weet nie hoe lank nou al nie.

5. RIP: Smaak my, bleddie lank, as ek djou uniform so kyk!

6. ANTJIE: En nou? Waarom seil die skip nie meer nie?

©André Kotzé 12

1. KAPTEIN: Ek weet nie! Skielik, vandat julle hier aangekom het, vandat ek

hierdie man in sy skuit op die see gesien het, hang die seile slap

en ... het die Vlieënde Hollander ophou vaar!

2. RIP: Daai swart voël om die mas is ôk weg. Seker oorlat djy nou djou

goeie daadjie vir die dag gedoen het, nou’s die spell gebreek.

(HARDER) Vat vyf, Popeye, djy’s gesave!

3. KAPTEIN: Dalk kan ek nou terugkeer na Amsterdam? Die Here Sewentien

wag vir my. En die kindertjies ... Ek het ‘n visioen gehad dat

daar ‘n klomp kinders op die kaai is. Dat hulle my soos ‘n held

verwelkom.

4. ANTJIE: Dit klink weird. En jy, Oom Rip, wat is jou storie?

5. RIP: Nei, ek is niemand se oem nie. Ek was netnou nog ‘n laaitie van

dertig. Ek sit in my skytjie regoor Winkelbaai en vat ‘n ou doppie

op die kinners van Soweto, en toe ek wakker word, is als verroes

en verrimpeld. Ek scheme ek het in ‘n soutpilaar verander, of so

iets. (BYNA HUILEND) Check my image daa innie venster. Ek

lyk soes ‘n ou man.

6. ANTJIE: (STERK, TRAAK-MY-NIE-AGTIG) Ag nee! Hier sit ek op ‘n

sewentiende eeuse “tallship” met twee ouballies wat getoor is.

Een uit Van Riebeeck se dae en ‘n ander uit apartheid se tyd.

7. RIP: Toemaar, lady, djy lyk self nie na Marilyn Monroe nie. Waar kom

djy vandaan met daai broekspype wat onder djou rok uitstiek?

En die kopdoek?

1. ANTJIE: Wag, laat ek hierdie kopdoek afhaal. Dis nie nou meer nodig

nie.

©André Kotzé 13

2. KAPTEIN: Huh! U is nogal ‘n aantreklike jong dame. Waarom so ‘n

voorkoms wegsteek agter mansklere?

3. RIP: (WOLWEFLUIT) Djy’s wragtie ‘n dish, ou ding! As ek twintig

djaar djonger was, sou djy moes keer vir djou wickets.

4. ANTJIE: Stadig, oubaas! Jy lyk nie juis na “romantic material” nie.

5. RIP: Djy reken? En dan is daar any case nog die Immorality Act ôk ...

6. KAPTEIN: Wat se Immorality? Wie is jy, of was jy, jong dame? Waar kom

jy vandaan en wat bring jou hier?

7. ANTJIE: (GEÏRRITEERD) Laat ons net ons tenses regkry. Dis nou die jaar

2006. Ons is aan die kus van die Nuwe Suid-Afrika ... Julle klink

vir my na “has beens”. Maar hier’s my storie: (STADIGER,

VERTRELTRANT) Ek was tot laas week nog ‘n waitress in ‘n

ladiesbar in die Baai. Daar was hierdie ou by die bar ... hy het

my gechaf, maar hy het nie geweet ek het ‘n swartbelt in Karate

nie...

BYKLANKE:

DOOF IN KROEGGELUIDE, ROESEMOES, GLASE WAT KLINK,

SAKSOFOONMUSIEK, SAGTER AS STEMME INDOOF

8. ANTJIE: Ek sê jou, dronklap, los my uit!

1. SPOOKSTEM: (EGGO, SLEEPTONG) Komaan liefie, jy moet shaam met my

kom. Ek wil jou voorshtel aan ‘n pêl van my!

2. ANTJIE: (GEÏRRITEERD) Vir die laaste keer, “get lost”, los my uit!

3. SPOOKSTEM: (EGGO) Ag toe nou, poppie, ek wil net jou “tip” vir jou gee.

Kom hiersho, dat ek die rolletjie note op ‘n lekker plekkie kan

inshteek ...

©André Kotzé 14

4. ANTJIE: (HARD) Dis die laaste strooi! Los my! Ek sê jou mansmens, los

my. Dis nou “self defence”! Uh, vat so ...

5. BYKLANKE: DOWWE KAPGELUID, KREUN, LIGGAAM WAT VAL, STILTE, DAN

GEROESEMOES HARDER, STEMME: “KYK DAAR, SY’T GESLAAN.

KYK HOE STIL Lê HY. IS HY DOOD?”

6. ANTJIE: (GEDEMP, BY HAARSELF) O vrek! Ek het té hard gekap. Hy’s

dood. Ek moet hier “exit”. Wegkom. Voor hulle die polisie roep.

BYKLANKE:

DEUR WAT OOPSWAAI EN TOEKLAP, HARDLOPENDE

VOETSTAPPE OP SYPAADJIE TERWYL ANTJIE SE STEM INDOOF

7. ANTJIE: (ASEM JAAG) Ek moet by die huis kom. ‘n Kraak maak ... Sal

my “disguise”. Hulle sal my nooit kry nie. (SKREEU) Taxi!

Taxi!

BYKLANKE:

VOETSTAPPE STADIGER, DOOF UIT, VOERTUIG HOU STIL

8. ANTJIE: Waldorf Villas Nommer 10, Somerstrand ... gou, “step on it”!

BYKLANKE:

MOTORDEUR OOP EN TOE, VOERTUIG TREK WEER WEG MET

SKREEUENDE BANDE, SAGTER, STILTE (TYDSVERLOOP EN

VERPLASING NA SKIP)

1. ANTJIE: (VERTELTRANT) Ek is huis toe, maar net lank genoeg om my

ouma se ou sisrok en my pa se langbroek aan te trek. En ‘n

kopdoek op te sit. Ek wou ouer lyk. Heeltemal “transform”.

2. RIP: Transformation? You could have fooled me!

3. ANTJIE: Toe het my vlug vir die gereg begin. Ek is af King’s Beach toe

om tussen die “crowd” te verdwyn, toe begin die kinders vir my

©André Kotzé 15

weghardloop en skree: “Antjie Somers, Antjie Somers! Sy gaan

ons vang!”

4. KAPTEIN: Wie is Antjie Somers?

5. RIP: Dis ‘n gogga waarmee ons bybies bang maak. Stil nou, Cappie,

gee haar kans.

6. ANTJIE: Ek het ‘n ruk lank by my oom se “beach house” op Jeffreysbaai

weggekruip.

7. KAPTEIN: Ek ken nie die plekke nie. Wat het jy op Jeffrey se baai gemaak?

8. ANTJIE: Net in my bikini op die strand gelê.

9. RIP: Djy trek toe weer alles yt ... om djou te vermom?

1. ANTJIE: Dáár het ‘n strandwag my herken van die Ladies Bar af. Toe

moes ek laag lê.

2. RIP: Lyk my djy laaik van lê. Nog altyd in die bikini?

3. ANTJIE: Aag, jy’s laf ... Ek is toe St’ Francisbaai toe. Toe ek vanmôre by

die “jetty” op die Marina kom, wou die ou van die kuswag met

my skoorsoek ...

BYKLANKE:

DOOF IN SEEGELUIDE, BRANDERS, SEEMEEUE, VINNIGE

VOETSTAPPE, VINNIGER, BREEK IN DRAFSTAP

4. SPOOKSTEM: (HALF-SKREEU) Wie gaan daar? Jammer dame, jy mag nie hier

loop sonder ‘n permit nie. (SAGTER, BY HOMSELF) Wag ‘n

bietjie! Dis mos daardie meisie wat deur die polisie gesoek

word. (HARDER) Wag daar! Juffrou! Identiteit asseblief! ...

©André Kotzé 16

BYKLANKE: VOETSTAPPE STADIGER, STIL

5. ANTJIE: (ASEM JAAG) Môre meneer ... Ek weet nie waarvan jy praat nie.

6. SPOOKSTEM: Identiteit asseblief! ...

7. ANTJIE: Ai, meneer, ek wil dit nie aan jou doen nie, maar vat so ... huh

BYKLANKE:

DOWWE KAPGELUID, KLANK VAN LIGGAAM WAT VAL OP

HOUTKAAI

1. ANTJIE: (ASEMHALING STEEDS VINNIG, PRAAT MET HAARSELF) Ai,

moet ek dan al weer ‘n man stilmaak? Darem nie so hard

“gechop” hierdie keer nie. Hy sal weer bykom. Ek vat gou sy

bootsleutels. Hoop die boot het baie brandstof in ... ek moet vêr

wegkom!

BYKLANKE:

TWEESLAG PETROLENJIN AANGESKAKEL, TREK VINNIG WEG,

HOë REVOLUSIES, DOOF GELEIDELIK UIT

2. ANTJIE: (VERTELTRANT) Ek het hom ‘n ligte karatekap gegee en toe

jaag ek van daai Marina af weg met die “coast guard” se “rubber

duck” die oop see in, sonder dat ek regtig weet waarheen. Daai

ou van die “coast guard” het my herken. Ek moes padgee.

3. KAPTEIN: Wie is dié Marina?

4. RIP: Wag nou Popeye, los eers die anner meisies yt. Een op ‘n slag.

Vertel verder, girl!

5. ANTJIE: Iets het my gedryf. Dit was asof ‘n stem vir my sê: Ry! Daar is

‘n skip wat vir jou wag. Hier by julle het my juice min geraak.

Ek wou nie die kans vat om op die oop see te gaan staan nie.

Die res ken julle.

©André Kotzé 17

6. KAPTEIN: Ek dink ek weet nou wie julle hierheen gelok het. Hy het my

belowe dat ek vriende sal kry om saam met my ‘n nuwe lewe te

begin. Is julle ook ongelukkiges uit ‘n sprokieswêreld?

1. ANTJIE: Ek weet nie van ‘n sprokieswêreld nie. Al wat ek weet is dat ons

‘n kaptein uit “colonial times”, ‘n slaapkous uit die Apartheidstyd

en ek is uit die Nuwe Suid-Afrika. Klink nie vir my na dieselfde

wêreld nie. (MEER DRINGEND) Maar hier is ons nou! Hierdie is

seker maar my skip wat gekom het. Wat maak ons nou?

2. RIP: Land toe natuurlik. Ek willie op hierrie spookskip bly nie.

3. KAPTEIN: Land toe? Volstrek nie! (SKREEUSTEM) Ek wil vaar! Ek wil

vaar!

4. ANTJIE: (FERM) Hou op daarmee, Kaptein. Jou plaat het vasgehaak.

Dis net ‘n gewoonte om so te sê.

5. KAPTEIN: Ekskuus, ek het vergeet. Ek moet nou ‘n nuwe strydkreet kry.

6. RIP: ‘n Slogan!. Iets soos “A Luta Conitinua!” of “Amandla!”

7. ANTJIE: Dink nou bietjie, julle ouballies.

8. RIP: Wie’s djou ouballie? Ek was vanmôre nog ‘n laaitie! Maar djy’s

reg. Ons moet nou dink – nie soos party mense, sommer begin

Karate-chop nie!

9. KAPTEIN: As julle twee my help met die seile, kan ons die skip weer aan

beweeg kry. Ek wil terug Amsterdam toe.

©André Kotzé 18

1. RIP: Amsterdam? Is jy bedonnerd Kaptein? Djy het drie eeue gelede

laas self geseil. Jy sal ons hel toe vat ipv Holland toe ... of is dit

dieselle plek? ... En buitendien, ek kan nie Hollands praat nie!

Wat’s verkeerd met Winkelbaai?

2. ANTJIE: Of Somerstrand? Nee mense, as elkeen sy eie pad wil invaar,

gaan ons nêrens kom nie. Kom ons vaar reguit Noord: Dan kyk

ons waar ons uitkom.

3. RIP: Kyk Noord en neuk voort? Is dit djou slogan?

4. KAPTEIN: Ek is gesagvoerder: Ek sê Amsterdam! Ek het dié visie van

kinders wat my as held sal verwelkom. Al is dit net ‘n

sprokiesheld.

5. RIP: Toe djy laas so hardekop was, het die wind djou gevat waar djy

nie wil wees nie. Moet nou nie so neuk nie, Kaptein. Djy kan

maar vir die Kaapse kindertjies ôk perform, as jy so sterk voel.

Lyk my Popeye het te veel spinache geëet.

6. ANTJIE: Kom ons vaar net eers land toe. Suid-Afrika ... Ek sal reël dat jy

Amsterdam toe vlieg met KLM, ... as ons net by land kan uitkom.

7. KAPTEIN: Vlieg? Nou raak julle absurd. Ek is nie ‘n voël nie. Maar goed,

ons kan Noord vaar. Dit sal omtrent Kaap die Goeie Hoop wees.

Die goewerneur sal my help. Ek sal vir my ‘n bemanning werf by

die Kaap en daarvandaan na Amsterdam vaar. Kom ons gaan

dek toe. Ons moet begin werk om die Vlieënde Hollander op

koers te kry.

BYKLANKE:

DEUR GAAN OOP, SEEGELUIDE HARDER

1. RIP: (OPGEWONDE) Kyk, die dooie matrose is nie meer op die dek

nie!

©André Kotzé 19

2. KAPTEIN: (MELODRAMATIES) Ek het julle gesê: die Vlieënde Hollander het

sy misterie verloor. Hy vaar nie meer self nie. Die skip gaan

nêrens heen nie. Ek is net ‘n gewone mens op ‘n gewone skip.

3. RIP: Welcome to the club, Popeye.

4. ANTJIE: Ek is glad nie so seker dat jy of enigeen van ons gewone mense

is nie. Elkeen het ‘n ander storie ... as mense dit maar net wil

glo.

5. KAPTEIN: Daar het jy dit! Dis ons sending!

6. ANTJIE: Wat Kaptein?

7. KAPTEIN: Om mense te help glo in ons stories!

8. RIP: Jy meen die mense dink ons is fakes?

9. ANTJIE: Ek sal bly wees as hulle so dink. As hulle die regte Antjie

herken, word ek gearresteer!

10. RIP: Kry mens nie amnesty in dié Nuwe Suid-Afrika nie?

1. KAPTEIN: Julle praat nou deurmekaar. Hier’s wat ons gaan doen: Ons gaan

besoek die kinders in elke hawe waar ons aandoen. Ons oortuig

hulle dat hulle nie verniet in sprokieskarakters geglo het nie.

Ons word ontvang soos helde en kry die vryheid van die stad.

2. ANTJIE: Maar jy is supposed om ‘n wrede, waansinnige matroos te

wees!

3. KAPTEIN: En jy ‘n misdadiger ... maar dis juis die punt. Ons slaan ‘n nuwe

blaadjie om en skryf ‘n nuwe sprokie met ons optrede.

©André Kotzé 20

4. RIP: Daai’s nou positive thinking, Cappie. ‘n Road show oppie see, ‘n

whistle stop tour from port to port , nes die politicians, om al die

babatjies te soen. Ek volg waar djy lei.

5. ANTJIE: Almal op die Gravy Train! Of is dit nou die Gravy Ship?

6. KAPTEIN: Reg, matrose, op julle poste! Juffrou, beman jy die kolderstok

op die agterskip, daar ... ek en die ouman sal die voorseile

verstel en daarna die hoofmas s’n ...

7. RIP: (GEBELGD) Ouman se agterskip ...

BYKLANKE:

DOOF UIT, MUSIEK, (TYDSVERLOOP), SEEGELUIDE DOOF IN,

MISHORING

8. KAPTEIN: (SKREEU) Land! Bakboord, land! Vuurtoring! Dit lyk na Kaap

Agulhas. Ek ken hom. Ek is al honderde keer hier verby.

1. RIP: Dan moet daar ‘n hawetjie hier naby wees. ‘n Vishawe ...

Struisbaai, net om die punt daar!

2. ANTJIE: Daar gaan mense en polisie wees. Watse “disguise” sal ek dra?

3. RIP: Traai weer daai bikini camouflage. Of nee, ... dit sal mos nie

wêk nie. Djy sal soveel aandag trek lat die dieners djou dadelik

sal gryp as ons aan land kom. Dan kan djy sommer more saam

met Mandela innie tronk sit en “tan”. Bly liewer soes djy is met

daai My Fair Lady outfit van djou.

4. ANTJIE: Luister, Rip van Winkelbaai: Mandela is lankal nie meer in die

“locker” nie. Hy is in 1990 vrygelaat. Hy was al vir ses jaar ons

president. Apartheid is twaalf jaar terug al iets van die verlede.

Kry dit nou in jou kop!

5. RIP: Wat se djaar leef ons dan nou in?

©André Kotzé 21

6. ANTJIE: Twintig-ses!

7. KAPTEIN: (VERBAAS) Twintig-ses? Jy speel seker! Die Kompanjie is seker

nou al skatryk!

8. ANTJIE: (VERMAKERIG) Twee eeu gelede al bankrot en kapoet!

9. KAPTEIN: Wie gaan my dan betaal?

10. RIP: Moenie worry nie, ouballie, djy sal ná soviel eeue oppie sie

kwalifiseer vir ‘n moese old-age pension.

BYKLANKE:

MUSIEK VIR VYF SEKONDES (TYDSVERLOOP) DOOF UIT, VERAF

GEDRUIS VAN VLIEGTUIE, BOOT-ENJINS, KARNAVALMUSIEK,

SEEMEEUE. ALLES, DOOF IN, BLY IN AGTERGROND AS

STEMME INDOOF

1. ANTJIE: Kyk, daar is Struisbaai hawe. Kyk al die movement! Tallships in

die baai. Seker ‘n “yacht race” wat klaarmaak. En honderde

skibote ... ‘n visvangkompetsie. O ja! Dis mos die Geelstertfees.

Dosyne rubberducks ook. Die Trans-Agulhas! Voet van Afrika!

Helikopters in die lug. Die “works”!

2. KAPTEIN: Wat gaan hier aan? Erger as ‘n storm op see! Is dit die

oordeelsdag? Ag toggie ... seker my straf. Die Paasklokke is

hemelse musiek in vergelyking met hierdie geraas. Dis nie wat

ek bedoel het toe ek gesê het ek sal tot in die hel vaar nie.

(SKREEU) Stryk die seile, laat sak die anker ... (SAGTER)

voordat ons tot binne in die hel invaar.

3. ANTJIE: Moenie worry nie Kaptein. Dis maar soos die moderne wêreld

lyk. En dit is maar ‘n klein fees hierdie “compared to”

Oudtshoorn!

©André Kotzé 22

4. RIP: Wragtie, né? Gister was Struisbaai nog ‘n fishing village soos

Winkelbaai.

5. KAPTEIN: Dink julle die kinders sal ons inwag?

6. ANTJIE: Ek glo nie, Kaptein! Kinders is bang vir Antjie Somers. Matrose

is bang vir die Vlieënde Hollander en met dáái baard is almal

bang vir Rip van Winkelbaai.

1. KAPTEIN: Maar Antjie, jy sê die kinders hou van ons verhale. So hulle

behoort ons te verwelkom. Hulle is tog ons grootste vriende?

2. RIP: Maar hulle het niks “power” nie, Cappie. Dis soos ons bruin

mense onner apartheid. Ons kan nie mass action doen nie, dan

word ons uitemekaar gedjaag. So wat help dit?

3. ANTJIE: Toemaar, Rip, in die nuwe Suid-Afrika het almal nou die mag.

Kom ek gaan wys julle hoe lyk die Nuwe Suid-Afrika. Spring in

my rubberduck, dan gaan ons land toe.

4. RIP: Djou rubberduck? Ek dog djy’t hom gesteel.

5. ANTJIE: Ge-“high-jack”, nie gesteel nie. Nog iets wat jy in die Nuwe

Suid-Afrika moet leer. Ons verander woorde en name waarvan

ons nie hou nie. Soos in George Orwell se Big Brother in

“Nineteen Eighty Four”.

6. RIP: Djy’t dan nou-net gesê dis Two Thousand and Six. Nou weer

“Nineteen Eighty Four”. Djy maak my lekker deurmekaar.

7. ANTJIE: Jy dink jy’s “mixed-up”! Wat van die mense wat julle nou gaan

sien? Ek gaan my breek om hulle “reaction” te sien as julle twee

“has-been old-timers” uit ‘n sprokiesboek in die hawe aankom.

8. KAPTEIN: Die kinders sal seker besonder bly wees. Sal hulle ons aanvaar?

©André Kotzé 23

9. RIP: Moenie worry nie, Skipper, djy sal ‘n groot hit onder die

kinnertjies wies.

1. ANTJIE: Ek dink hy’s reg. Ek sien al die “headlines” in die koerante:

(MELODRAMATIES) “Drie helde se opspraakwekkende sprong

uit die sprokieswêreld.” ... (OPGEWONDE) Ek dink nou aan iets:

Ons het mos nou ‘n demokrasie. Ons kry net al die “kiddies” aan

ons kant. Ons sal amnestie kry van al ons misdade.

2. RIP: Speak for yourself. Ou Rippie het niks verkeerd gedoen nie.

3. ANTJIE: Gmf! ... Dis wat ‘n paar miljoen mense van die ou Suid-Afrika

ook gesê het, Rip. (GEESDRIFTIG) Kom ons gaan hou fees.

Ons gaan die gees van die fees wees.

4. RIP: Al lyk ek oud, is ek djonk van gees.

5. ANTJIE: Jy het vergeet! Jy is dalk ‘n gees!

6. RIP: ‘n Gees kan ôk gees vang. En dalk ietsie anners ôk! (LAGGIE)

7. ANTJIE: Nie maklik nie. Nie as jy spookasem vir ‘n baard het soos jy nie!

BYKLANKE:

HELIKOPTERS HARDER EN WEER SAGTER

8. KAPTEIN: Juffrou, bly net naby my. Ek is bang vir daardie groot

naaldekokers wat so raas.

9. RIP: Toemaar Kaptein, daai choppers is minner gevaarlik as sy met

haar Karate-choppe. Sy gaan self moet please explain met daai

krismiskalkoen outfit van haar.

1. KAPTEIN: Kom, Bootsman. Of is jy nou ‘n Bootsvrou? Waar is daardie

roeiboot van jou wat so raas. Ons groot oomblik het gekom.

©André Kotzé 24

Uiteindelik sal ons uitvind of die mensdom ons bydrae tot die

geskiedenis waardeer het.

BYKLANKE:

BOOTENJIN (TWEESLAG-ENJIN) WORD AANGESKAKEL, TREK

WEG, EGALIG, DOOF UIT, STILTE, DOOF WEER IN, STADIGER

EN AFGESKAKEL

2. ANTJIE: So ja, hier’s ons. Ek maak net die boot vas. Okay Kaptein, jy

kan maar aan wal gaan.

BYKLANKE:

SPRONG, VOETSTAPPE OP HOUTDEK

3. KAPTEIN: (MELODRAMATIES) Ahaa! Land! Vir die eerste keer in drie

eeue!

4. RIP: En ek: first time in die Nuwe Suid-Afrika. ‘n Klein treetjie vir ‘n

bruinman, ‘n moerse stap vorentoe vir die ander manne.

5. KAPTEIN: En dié man wat hier aankom? Wie’s hy? Dalk die Goewerneur?

Seker Simon van der Stel wat ons kom verwelkom.

6. ANTJIE: Nee, dit lyk na ‘n radio-man. Hy dra ‘n “tape recorder” met ‘n

“mike”.

BYKLANKE:

VOETSTAPPE OP HOUTDEK, HARDER, GAAN STAAN

1. PETRUS: Goeie môre mense! Veels geluk! Julle is gekies uit ‘n menigte

feesgangers, vir ‘n vinnige onderhoud vir my program op Radio

Suidpunt, “Die Unieke Publiek?” Julle het definitief die mees

oorspronklike feesklere aan wat ek nog gesien het.

2. RIP: Feesklere se voet! Dis my eie klere dié!

©André Kotzé 25

3. ANTJIE: Meneer, my vriende hier verstaan nie waaroor dit gaan nie.

Hulle is karakers uit die geskiedenis, selfs dalk die

sprokieswêreld ... Ek ...

4. PETRUS: Goed, goed, ek weet julle het rolle om te speel, maar ek soek

nou eers julle werklike stories? Ek kan die snitte gebruik vir my

program. Kan ons begin deur te vra wat julle name is? ... Wag

net ‘n bietjie ... net gou my bandopnemer aanskakel ...

BYKLANKE:

KLIKGELUID, BANDOPNEMER WAT TERUG ROL, KLIKGELUID

5. PETRUS: Daar’s hy ... (MAAK KEELSKOON) Uhu ... Luisteraars, ek praat

nou met drie unieke feesgangers vanaf die Struisbaai-hawe se

kaai tydens die Geelstertfees. Dit lyk asof hulle figure uit die

verlede wil voorstel. Kom ons vind uit wie hulle is.

6. KAPTEIN: Voorstel? Ons stel niks voor nie. Maar ek sal jou voorstel aan

my vriende hier. Ons is drie wesens wat deur die geskiedenis

saamgegooi is en toevallig op dieselfde tyd en plek saam hier

aangekom het.

7. PETRUS: Dit klink baie geleerd, maar los maar die drama. Gaan asseblief

voort. Julle werklike identiteite asseblief.

1. KAPTEIN: Ek is Kaptein van der Decken, van die Vlieënde Hollander. Dis

my skip wat daar in die baai lê.

2. PETRUS: Die nuwe seilskip? Daardie driemaster met die rooi seile ...

daar? Luisteraars, daar is inderdaad ‘n antieke seilskip wat in

die baai voor anker lê. Dis die eerste keer dat ek hom hier in die

baai sien. Ek moet sê die naam is bietjie minder oorspronklik:

Die Vlieënde Hollander ...

3. KAPTEIN: En u naam, Meneer .. e ?

©André Kotzé 26

4. PETRUS: O, ja, natuurlik ... dit lyk my u ken my dalk nie so goed soos die

luisteraars nie ... ek is Petrus Opperman, radio-joernalis en

program-aanbieder.

5. KAPTEIN: Petrus, né? ... e ... is jy die poortwagter wat die sleutels tot die

nuwe Suid-Afrika dra? Ook nie baie oorspronklik nie, is ek

bevrees. Maar ek gaan voort om my bemanning aan jou voor te

stel: hierdie is Antjie Somerstrand. Sy het naby Algoabaai by

my aan boord gekom.

6. ANTJIE: Hallo Petrus, Ek het al na jou program geluister: Maar ek glo nie

jy het al sulke unieke karakters ontmoet soos hierdie twee

“pêlle” van my nie.

7. KAPTEIN: Ons is almal uniek: Alle mense is uniek.

8. PETRUS: Dankie Kaptein, nie nou tyd vir filosofeer nie. Wie is u ander

vriend? Werklike naam asseblief.

1. KAPTEIN: Hierdie is meneer Rip, ... e ... van Winkelbaai. Hy het in ‘n

geroeste kreefbakkie op die oop see gedryf toe ek hom as

drenkeling aan boord geneem het. Blykbaar twintig jaar geslaap

en ‘n paar uur gelede eers wakker geword.

2. RIP: Dag Meneer Opperwese. Djy moenie dink oor djy met oumense

wêk, djy kan my skipper hier beledig nie. Hoe kan djy sê hy’s

nie oorspronklik nie ... Hy’s meer genuine as djy! Ek is lus en

foeter djou dat djou gesig soos ‘n oorspronklike rooi-aaskop lyk.

3. KAPTEIN: Wag Rip. Stadig nou. Dié man lyk my na iemand met

outoriteit. Seker deur Simon van der Stel gestuur. Antjie, jy sê

jy het al na hom geluister. Het jy hom voorheen ontmoet?

Waarmee is dié heer besig.

©André Kotzé 27

4. ANTJIE: Dis radio Kaptein. Hy is ‘n verslaggewer wat met ons wil gesels

oor ons lewensverhale. Dan vertel hy dit oor die lug vir duisende

mense.

5. KAPTEIN: ‘n Skinderbek? Oor die lug?

6. ANTJIE: Oor die eter, Kaptein. Radio ... toemaar, ... dit is iets wat lank

ná jou tyd gekom het.

7. RIP: Ek ken reidio goed. Toe ek netnou by die hys weg is, was dit

oppie nuus van die Soweto Opstande ... en klein Ansie lyster

elke aand Siembamba.

1. PETRUS: Kom nou meneer Rip, daardie goed was twintig jaar gelede op

die ou Afrikaanse sender van die SAUK. Moenie grappies maak

nie.

2. RIP: (GEBELGD) Ek’s nie djou joker nie! Ek sal djou wys hoe lyk ‘n

vuil joke as ek met djou klaar is. (SYDELINGS, BY HOMSELF)

Hei, dis lekker in die Nuwe Suid-Afrika ... hoor hoe lekker sê ek

hierrie whitey nou!

3. KAPTEIN: Toemaar, Rip. Ek dink dié heer kom in vrede. Meneer Opper-

radio, soek jy nog informasie voordat u terugrapporteer aan die

goewerneur?

4. PETRUS: Ja asseblief, kan ek vir die dame vra waar sy inpas by hierdie

driemanskap? Wat is julle boodskap met hierdie voorstelling van

julle.

5. ANTJIE: Waar ek inpas? Ek staan met my een voet in die werklikheid van

een wêreld, ‘n nuwe Suid-Afrika. Met my ander voet staan ek in

‘n ander wêreld, ‘n wêreld van gister en eergister; ‘n

sprokieswêreld van spookskepe, slapendes en voortvlugtendes

©André Kotzé 28

wat kinders bang maak. Ek wil die twee wêrelde aan mekaar

voorstel, maar dit lyk my jy ken nie daardie ander wêreld nie.

6. RIP: Ek wil t’rug gaan na my eie wêreld. Hie’s nie eers ‘n dop by

hierrie fees nie.

7. ANTJIE: Ons is nog nie eers van die kaai af nie, Rip. Jy’s nou in die Nuwe

Suid-Afrika. “Chill out!” Jy moet bly wees jy’s hier. Jy en jou

mense het swaar gekry in die ou Suid-Afrika.

1. RIP: Smaak my nou ek het deur ‘n groot deel van die ou Suid-Afrika

ôk geslaap?

2. ANTJIE: Moenie sleg voel nie, ek weet van nog ‘n paar miljoen mense wat

sê hulle weet niks daarvan af nie.

3. KAPTEIN: Ek het óók nie die ou Suid-Afrika geken nie ...

4. RIP: Djy moet liewer glad nie praat nie, Kaptein. Djy is ‘n colonist.

As ons moeg is om Apartheid die skuld te gee, dan tackle ons vir

djou. Wat my betref, ek wil net teruggaan na my plek ... na

Winkelbaai.

5. ANTJIE: Later, Rip. Ons is nou eenmaal hier, ... kom ons maak dit ‘n

fees!

6. RIP: Ons boodskap! Die ou het gevra: wat is ons boodskap? Is dit ‘n

versoekprogram? Dan wil ek ‘n boodskap vir my vrou stuur:

Moenie worry nie Anna, elke donker volk het ‘n silwer randjie, ek

is een van die dae weer by die hys ... en speel vir my “Forty

Days!”

7. KAPTEIN: Ek weet nie waarvan julle praat nie. Alles het verander. Alles is

reemd. Wat is jou boodskap Meneer Radioman?

©André Kotzé 29

8. PETRUS: Ek het geen boodskap nie. (MELODRAMATIES) Ek rapporteer

die werklikheid, die nuus aan die wêreld daarbuite.

9. RIP: Ons is mos buite.

1. KAPTEIN: Wat is nuus?

2. PETRUS: (STEEDS DRAMATIES) Vars gebeure, dinge wat nog nooit

voorheen gebeur het nie, iets nuuts, iets belangrik, waarin

volwassenes belang stel. (VINNIGER, EFFENS VERERG) Nie ou

sprokies soos julle aan my probeer verkoop nie.

3. RIP: Ons issie oud nie! En djy kan ons altyd recycle, soos hulle met

my gemaak het. Djy sê grootmense like van nuus ... kinders like

van sprokies?

4. ANTJIE: (SARKASTIES) Dit lyk my die “wêreld daarbuite” wil hê ons

moet uit die sprokie klim ... dan word ons nuus ...

5. KAPTEIN: Is die Nuwe Suid-Afrika ‘n sprokie of is dit nuus?

6. ANTJIE: Dit sal net die geskiedenis vorentoe moet leer, Kaptein.

7. RIP: My history het my blou all geleer! Djan van Riebeeck het Kaap

toe gekom en ‘n “White’s Only” sign oppie beach geplant!

8. PETRUS: Kan ons nou voortgaan asseblief?

9. ANTJIE: Om te wat?

10. PETRUS: Om nuus te maak. Ek wil graag ‘n nuushoek uit hierdie

onderhoude kry. Kom ons bepaal ons nou by die werklikheid.

Julle kan daarby baat. Ek neem aan julle is toneelspelers wat ‘n

baie oorspronklike punt probeer maak!

©André Kotzé 30

1. RIP: Lyster, meneer Opperpunt, sê djy ons lieg? Ek vat jou nou aan

jou punt en draai dit by sy oorsprong af!

2. ANTJIE: Wag nou, wag nou, Rip. Geweld is nie nodig nie. Ons het maar

net te make met ‘n ongelowige Thomas ... e ... of Petrus.

Petrus, wat is dit wat jy nie glo nie?

3. PETRUS: Alles! Alles is versinsels. Enigeen weet dis wetenskaplik

onmoontlik om vir eeue te lewe of vir veertig jaar te slaap ...

sonder om byvoorbeeld te eet. Mens moet immers eet om aan

die lewe te bly!

4. KAPTEIN: Wag, wag, wag nou! Ek en my skip verskyn net elke sewe jaar

vir ‘n paar minute aan ongelukkige, vreesbevange matrose op ‘n

stormsee. Vir alle praktiese oorwegings het ek gister eers uit

Texel in Nederland vertrek op my gewraakte reis. Eet? ... Ek is

nie honger nie, dankie.

5. RIP: En ek? Ou Rippie is seker maar net deur ‘n time machine.

Twintig djaar in no time! As mens so vinnig soos lig kan travel,

word die tyd al korter ... Vra vir Einstein, Miester Opperwese.

Moenie dink ek is stupid nie. Ek het ôk science fiction gekyk.

Eet? Ek hoef ôk nie te eet nie, dankie. Maar ‘n dop sal lekker

wies!

6. PETRUS: Kom nou mense, werklikheid en nuus! Dit is my besigheid. Julle

mors my tyd. Julle bydrae moet die toets van die werklikheid

kan deurstaan.

1. KAPTEIN: Die wrede werklikheid van die wêreld van die wetenskap! As jy

altyd deur die hekkie van die wetenskap moet gaan, sal jy nooit

by die mooi wêreld van drome, mistiek, geloof en hoop uitkom

nie.

©André Kotzé 31

2. PETRUS: Hekkie? En julle? As julle oor hierdie hawemuur wil klim om

saam fees te vier, moet julle die werklikheid in die oë kyk.

(HAASTIGER) Toe nou mense, julle is nie totaal verlore vir my

program nie. Julle kleredrag is uniek, maar julle moet van

iewers af kom, ‘n adres hê. Waar bly julle?

3. KAPTEIN: Ons het gedink ons kom om hier te kom bly. Maar as jy so

onvriendelik is, moet ons miskien maar liewer terug na die

Vlieënde Hollander om in ons sprokieswêreld te bly.

4. ANTJIE: Ek wonder of die sprokieswêreld so ‘n wonderlike adres is. Die

kinders hardloop vir my weg. Ek is ‘n spook vir hulle.

5. RIP: ‘n Spook kan ôk mos nuus wees!

1. ANTJIE: Ja! Meneer Opperman, hier is vir jou ‘n nuus “angle”:

(SOOS NUUSLESER) Vanmôre, net na sonop, het die berugte

antieke skip, die Vlieënde Hollander, in Struisbaai anker gegooi.

Tot verbasing van almal op die kaai het drie figure uit die verlede

aan wal gestap. Die afvaardiging het bestaan uit Kaptein van

der Decken, skipper van die antieke skip, die Vlieënde Hollander,

Rip van Winkelbaai , wat twintig jaar geslaap het en Antjie

Somerstrand, wat voortvlugtend vir die gereg is en deur alle

kinders gevrees word. Kaptein van der Decken het aan ons

verslaggewer gesê dat hulle nou permanent die sprokieswêreld

©André Kotzé 32

vaarwel toegeroep het en besluit het om in die Nuwe Suid-Afrika

te vestig. ‘n Regeringswoordvoerder het verklaar dat daar aan al

drie helde uit die sprokieswêreld amnestie verleen word ten

opsigte van misdade teen die mensdom ... misdade van

kolonialisme, apartheid en ‘n onlangse moord in ‘n nagklub in

Port Elizabeth.

2. PETRUS: As dit maar die waarheid was ... Dink net ... die scoop ... die

nuuswaarde.

3. KAPTEIN: Goed, mense. Dit lyk nie asof ons storie hier aanvaar word nie.

Kom ons gaan terug na die Vlieënde Hollander.

4. RIP: Nei, Cappie, ons kan mos nie dat een enkele “gate keeper” ons

uit die Nuwe Suid-Afrika uithou nie!

5. ANTJIE: Dit was nog altyd so gewees. Voor slawe vrygestel is, voor

vroue stemreg gekry het, voor Apartheid sy agterent gesien het.

Dit vat net een mansmens om te sê hulle glo nie dit sal werk nie.

1. RIP: Lyk my djy campaign vir women’s rights! Wat van die

kinnertjies? Hulle weet noggie eers ons is hier nie.

2. KAPTEIN: Jy is reg! Die kinders! Hulle moet van ons hoor. Dis hulle reg.

Hulle wag seker op ons.

3. PETRUS: Dis nie ‘n kinderprogram hierdie nie. En ek het nuus vir jou,

oubaas: Die kinders is almal in die internet kafee besig om

videospeletjies te speel. Of DVD’s te kyk by die huis. Al was jy

ook die ware Jakob, hulle sal jou nie eers ken nie, sal nog nie

van jou gehoor het nie. Die media bepaal wat ons kinders

vandag sien en in wie hulle glo.

©André Kotzé 33

4. RIP: Luister, Meneer Spoilsport, djy’s nie die eerste ou wat die

kindertjies verhinder het nie. Gee nou pad, lat die Kaptein kans

kry om saam met die kindertjies te gaan paartie.

5. PETRUS: Julle bly duskant hierdie hawemuur totdat julle julleself kan

identifiseer. Ek sal nie toelaat dat bedrieërs soos julle naby ons

kinders kom nie. Ek sal julle aan die kaak stel.

6. RIP: En ek sal djou kakebeen verstel laat hy voel soos djou

kraakbeen.

7. KAPTEIN: Wag, wag, wag nou, Rip. Gee hom kans. Wat is jou

toegangsvereistes, Mijnheer Petrus?

1. PETRUS: As julle nie op geloofwaardige manier kan sê wat julle waar,

wanneer en hoe gedoen het nie, en wat volgende gaan gebeur

nie, kan julle maar vergeet. Dan het julle die toets van die

joernalistiek en die waarheid gedop.

2. RIP: Het ons nou toets geskryf? Dissie fair nie! Ek en die Kaptein het

uitgemis op ‘n groot stuk van die history.

3. ANTJIE: Toemaar, Rip. Jy’t darem ten minste gedroom toe jy geslaap

het. Hierdie ou het nog nooit gedroom nie. Hy kan nie verby sy

nugtere feite sien nie. En hy gun dit ook nie vir die kinders nie.

4. KAPTEIN: Kyk! Daar’s ‘n dogtertjie! Sy kom hiernatoe.

5. PETRUS: Dis Sonja, die hawemeester se dogter. Julle los haar uit. Sy’s

nie lekker nie.

6. ANTJIE: Kom nou, Petrus. Ons sal haar mos nie kwaad aandoen nie.

Wat is verkeerd met haar?

©André Kotzé 34

7. PETRUS: Sy’s ‘n dromer. Julle los haar uit. Julle los die kinders uit.

8. RIP: Dromer sê djy? (SANGSTEM) Beautiful dreamer, come home to

me ...

9. PETRUS: Julle los haar uit. Ek gaan nou die polisie en die kuswag skakel.

10. RIP: Hoor hoe panic hy nou? Ons roep die kinners en hy roep die

dieners!

1. PETRUS: (HARDER, AGGRESSIEF) Julle bly weg van ons kinders af. Julle

bly duskant van hierdie hawemuur. Julle verlaat nie die kaai nie!

2. RIP: Wat’s verkeerd met djou Meneer Petrus? Wil djy keer lat die

kinners die mooi dinge vannie lewe sien? Hoekom dreig djy ons

met djou muurtjie? Waar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie. Lyk

my: waar ‘n sprokie trek, is daar ‘n muurtjie!

3. KAPTEIN: G’n mensemuur kan ‘n sprokie keer nie.

4. RIP: (SING) Tussen myyyyyy en djou, lê daar ‘n muur!

5. PETRUS: Hierdie hawemuur beskerm die bote in die hawe teen die

stormsee. Dis die rol van die media, die opvoeding en die

wetenskap om ons kinders teen kwade invloede van valse

versinsels soos julle te beskerm.

6. RIP: Nou praat djy soes ‘n takhaar van die ou Suid-Afrika! Ons loep

sommer bo-oor djou en djou muurtjie! (SING) Humpty Dumpty

sat on a wall ...

7. PETRUS: Bly waar julle is! (BY HOMSELF) Waar’s daai selfoon? O hier ...

polisie ... (KLANK VAN SELFOONSLEUTELS WAT GEDRUK

WORD) Hallo, Superintendent ... ons het ‘n probleem hier by die

©André Kotzé 35

kaai ... kindermolestering ... vreemdes ... onwettige immigrasie

... kan julle kom help?

BYKLANKE:

HARDLOPENDE KINDERVOETSTAPPIES OP DIE KAAI

1. SONJA: Haai, kyk die oulike mense. Hulle lyk net soos die prentjies in

my storieboek! Oom, kan ek maar aan julle klere vat? Ek wil

voel of julle regte mense is.

2. KAPTEIN: Natuurlik my kind! Ons het juis vir die kinders kom kuier. Ek is

die kaptein van die Vlieënde Hollander. Hierdie is tannie Antjie

van Somerstrand.

3. SONJA: Hallo Tannie. Is Tannie ook sterk, soos Spiderwoman?

4. ANTJIE: So iets, ja. Jy het die idee, my ding.

5. KAPTEIN: En daai ouman ... is Rip van Winkelbaai.

6. SONJA: Dag, Oupa Rip. Oupa Rip se baard lyk soos spookasem.

7. RIP: Dalk ís ek ‘n spook. Wat is djóú naam, girlie?

8. SONJA: Ek is Sonja, Oupa.

9. KAPTEIN: Sonja? Ek moes geweet het! Sonja beteken droom. Dis oulik!

10. SONJA: Julle drie is baie oulik. Net soos in my storieboek. Kom asseblief

saam met my. Ek wil julle vir my ma gaan wys.

11. KAPTEIN: Ek dag dis ouers se werk om óns vir hulle kinders te wys!

12. RIP: Lyk my dinge is bietjie omgedraai in die Nuwe Suid-Afrika,

Kaptein. Antjie sê tot vir my Oubaas. Gister nog moes ek vir die

wittes “Oubaas” sê.

©André Kotzé 36

1. PETRUS: Sonja, los dié mense uit. Hulle speel maar net.

2. SONJA: Ek hou van speel. Ek het ‘n Harry Potter pop. Ek speel dat ek en

Harry Potter gaan trou.

3. PETRUS: Nie speel soos met poppe nie - hulle speel rolle!

4. SONJA: Soos op TV? Is julle Idols ... of Survivors?

5. ANTJIE: Ek dink Survivors, my kind. Idols hou net vir ‘n paar maande.

Ons stories hou vir eeue.

6. KAPTEIN: Wat is TV? Ons moet nou gaan. Hier kom daai naaldekokers

weer. Kyk! Reguit na ons toe!

BYKLANKE:

HELIKOPTERKLANK HARDER, HARD, DOOF WEER GEDEELTELIK

WEG TOT AGTERGROND

7. RIP: Lyk na die coast guard of die polisie. Dis daai spoilsport van die

reidio. Hy het geklik op ons. Miskien moet ons nou maar maak

soes ‘n Dutchman en fly!.

8. SONJA: Ek het gesien die seilskip, die Opvlieënde Hollander, lê in die

baai. My ma wou my nie glo nie. Gaan julle met die Opvlieënde

Hollander na ‘n sprokiesland toe vaar?

9. KAPTEIN: Ja, dis waarheen ons gaan. Daar is ‘n hawe met baie kinders

wat vir ons wag.

1. SONJA: Sal julle weer vir my kom kuier met die Opvlieënde Hollander?

2. ANTJIE: Elke aand my kind. Jy moet net by hierdie hekwagters op die

kaai verbykom. Wagters op die mure van die waarheid en die

wetenskap.

©André Kotzé 37

3. RIP: Dream girl, klim oor die mure! Moenie djou steur aan mense

wat niks wil gloe nie. Mense wat nie ‘n storie kan raaksien as dit

voor hulle staan nie. Mense soos hierrie Opper-copper, showstopper,

toetsdopper oppie kaai wat nie vir ons wil gloe nie.

4. PETRUS: Ek het julle gewaarsku dat julle die kind moet uitlos. Hier kom

die veiligheidsmagte.

BYKLANKE:

POLISIEFLUITJIES, POLISIEMOTORS SE SIRENES WAT LOEI,

NADERENDE MOTORENJINS, HELIKOPTERKLANK, STEMME VAN

VER WAT BEVELE SKREEU, DOOF UIT, MAAR BLY SAG IN

AGTERGROND

5. KAPTEIN: (HARDER, BENOUD) Hier kom vreemde gevaartes. Lyk na

seerowers. Ons moet skip toe. Alle seemanne op die dek!

6. ANTJIE: Dis die polisie! Hy het jou werklik die polisie en die kuswag

ontbied om drie onskuldige sprokiesmense van die kinders af

weg te hou!

7. KAPTEIN: Totsiens, Sonja! Gegroet, Meneer Opperman! Ons moet gaan.

8. PETRUS: (EFFE HARDER STEM) Dis reg! Loop! Julle is kinder-bedrieërs!

1. KAPTEIN: Antjie, skakel aan daai enjin van jou rubberboot. Rip, beman die

grofgeskut!

2. ANTJIE: Reg Kaptein. Bye, Sonja. Totsiens Petrus. Lyk my ons dop die

toets van nuuswaarde. Ons storie pas nie by die maatband van

die magtige media nie.

3. RIP: Cheers, my girlie, see you in your dreams!

©André Kotzé 38

4. SONJA: Bye Oupa Rip, totsiens Oom Kaptein, bye Tannie! Kom kuier

weer!

5. BYKLANKE: SIRKELENDE HELIKOPTER SE KLANK HARDER EN WEER

SAGTER

6. SPOOKSTEM: (OOR LUIDSPREKER MET HELIKOPTERKLANK IN

AGTERGROND) Dit is die Kuswag hier. Hierdie is ‘n

waarskuwing! Daardie drie persone op die kaai, bly waar julle is.

Julle het geen magtiging om aan land te kom nie.

7. ANTJIE: (SKREEU OP ‘N AFSTAND) Klim mense, ons moet ry!

BYKLANKE:

BOOTENJIN AANGESKAKEL, LUIER NET, HAASTIGE

VOETSTAPPE (TWEE PERSONE) OP HOUTKAAI

8. RIP: Dis nou die tyd vir ‘n haastige exit! Jammer ons het nie Liewe

Heksie se besem nie.

9. ANTJIE: Of Alladin se “flying carpet”!

1. PETRUS: (HARDER) Ek het julle gewaarsku. Ek kon julle beroemd

gemaak het. Maar julle probeer mos ‘n gek van my maak. Julle

het geen toets geslaag nie, nie die toets van die wetenskap nie,

ook nie die toets vir nuuswaarde nie!

BYKLANKE:

HARDER, KLANK VAN BOOTENJIN, HOëR REVOLUSIES, DAN

WEER SAGTER (LUIER) AS STEMME INDOOF

2. ANTJIE: (HARD, OP ‘N AFSTAND) In ons wêreld is daar net een toets,

Meneer Petrus: dis die toets van verwondering. Jy het net

geslaag as jy sterre in die oë van ‘n kind kan bring.

3. RIP: (AFSTAND) Sorry pal, lyk my djy’t daai test gefail, en sommer

djou scoop ôk gemis, Meneer Opperste Fool.

©André Kotzé 39

4. SONJA: (SKREEU) Bye julle! Bye Tannie, totsiens Oom Kaptein, bye

Oupa Rip! Sê groete vir Gouelokkies.

BYKLANKE:

POLISIEFLUITJIE WAT SKRIL FLUIT

5. RIP: (AFSTAND) Hoor daai fluitjie: Fluit, fluit; ons storie is uit!

6. PETRUS: Wag mense... wag ... wag ‘n bietjie. Ek het nie bedoel julle

moet regtig...

7. ANTJIE: (AFSTAND) Hierdie polisiemanne bedoel dit regtig, Petrus.

Daarom moet ons regtig nou gaan.

8. PETRUS: Moenie my sê julle gaan regtig terug see toe nie! Vertel my net

meer. Ek weet nog te min van julle! Gee my bietjie tyd!

1. KAPTEIN: (AFSTAND) Vir party mense is ‘n lewe lank nie genoeg tyd nie.

Sprokies is tydloos, Meneer Petrus. Ons ken nie grense nie.

Daarom is ons nie beperk tot vandag of tot enkele hawens en

feeste nie. Ons fees hou nooit op nie.

2. PETRUS: Waarheen is julle reis?

3. KAPTEIN: (AFSTAND) Ons moet by ander hawens ook aandoen. Ander

feeste bywoon. Saam met mense wat glo wat hulle hoor en

sien.

4. PETRUS: (SKREEU) Wag! Gee my nog ‘n kans. Ek sal die polisie vra om

julle oor te sien.

5. ANTJIE: (AFSTAND) Oor te sien? Oor wat? Oor die muur?

6. PETRUS: Wag! Wat gaan ek vir die polisie sê?

©André Kotzé 40

7. RIP: (SKREEU VAN VER) Sê vir hulle: And they lived hêppily ever

after!

BYKLANKE:

BOOTENJIN SE REVOLUSIES STYG, ENJINKLANK MAKSIMUM,

DAN GELEIDELIK SAGTER (SOOS RUBBERBOOT WEGVAAR),

ENKEL PERSOON SE VOETSTAPPE HARDLOOP OP HOUT DEK,

STADIGER, STIL

1. PETRUS: (SKREEU) Wag, Kaptein, e ... mense, ... julle kan nie sommer

gaan nie... ek wil meer uitvind. Sê nou julle is werklik uit die

sprokieswêreld. (HARDER) Waarheen gaan julle? (SKREEU,

ASOF BENOUD) Kom terug! Ek ... ons het dit nie so bedoel nie!

Ons moes net agter die waarheid kom! Kom terug! (SMEKEND)

Asseblief! Kom terug!

BYKLANKE: MUSIEK ...

einde

©André Kotzé 41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!