11.07.2015 Views

Die skildery (deur Penelope Morris) 'n Radiodrama Die ... - LitNet

Die skildery (deur Penelope Morris) 'n Radiodrama Die ... - LitNet

Die skildery (deur Penelope Morris) 'n Radiodrama Die ... - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die skildery (deur Penelope Morris)’n RadiodramaDie klank van ’n motor wat tot stilstand kom.Jopie: Ek verpes die deel van die dorp. Parkering is ’n nagmerrie en kyk net al die boemelaars. Hoekomkan jy nie na die kunswinkel in die nuwe winkelsentrum naby die huis gaan nie?Elsie: Ag, toe nou, Jopie. Jy kla al vandat jy my by die huis opgetel het. Jy weet ek geniet Anja se energieen sy weet altyd presies watter waterverf kleure ek nodig het. Dit sal jou nie dood maak om ’n paar armmense te sien nie. Miskien is hulle op jou pad gesit om jou te herinner hoe bevoorreg ons eintlik is.Jopie: Die spul in hul vuil, vodde klere laat my nie bevoorreg voel nie, net bedruk. Vir wat jy altyd die gouerandjie om die donderwolk moet sien weet ek nie.Elsie (Saggies): Miskien omdat ek saam met ’n donderwolk bly.Motor se deure slaan toe. Voetstappe nader.Magnus: My aarde! Ek het nooit gedink die gesiene Mnr. Jopie Snyman sal ooit sy voete aan die kant vandie dorp sit nie! Elsie, jy lyk pragtig soos gewoonlik. Laat my raai! Jy moes hom afpers om jou na dieagterbuurte te vergesel.Jopie: Middag Magnus. Na die eerste tien jaar van my huwelik het ek al besef dat daar nie veel nut isdaarin om te stry as my vrou iets wil hê nie.Elsie: Sies, Jopie! Verskoon my man se iesegrimmige bui. Ek skryf dit toe aan die spyseniering by dievergadering wat hy vanoggend by die myn gehad het. Ek gaan solank vir Anja groet. My man glo mos diearmoede van die agterbuurte is aansteeklik. Hoe gouer ek my inkopies doen, hoe beter vir almal.Klokkie van die winkel.Magnus: Ja, ek wou vra hoe het dit gegaan?Jopie: Glad nie goed nie.Magnus: Nou maar hoekom? Was die vakbond moeilik? Sal die myn met afdankings moet begin?Jopie: Nee, jong. Ons het reg gemaak vir ’n groot baklei. Die afdankings was, na wat ons geglo het,onvermydelik. In stede het Mnr. Mahlangu met ’n ander voorstel gekom. In stede van afleggings stel hytoe voor dat werkers vir laer lone, korter ure werk.Magnus: Maar dit is mos ’n positiewe uitkoms. Dit is so kort voor Kersfees en ’n mens wil tog nie onminmet die unies hê nie?Jopie: Ek weet, ek weet. Die ding is dat ek so lank al op die saak is dat ek begin voel het ek is in beheervan die skikking. Ek het die omwenteling glad nie verwag nie. (sug) Aan die einde van die dag isafdankings onvermydelik. Die myn is amper tot op 95% ontgin. Dis ’n kwessie van tyd totdat die laasteerts uitgehaal word en die myn finaal toegemaak word.Magnus: Goeie genade, Jopie. Jy is ook nooit tevrede met enige iets nie. Miskien is hierdie tyd van grasieal wat van die werknemers nodig het. Ek is seker die met ’n kop op hulle skouers sal onmiddellik beginsoek na ander werk. Jy behoort dankbaar te wees die goeie Mnr. Mahlangu roep nie vir ’n staking of ’n

Anja: Hierdie jong man gaan nog groot opspraak maak in die kunswêreld. Jy moet na die skildery kyk as ’nbelegging. Jona en die Walvis gaan nog ’n gesogte stuk word. Ek dink dit pas by jou, Jopie. Iets omtrentdie tema het my onmiddellik aan jou laat dink toe Gert sy doek hier aangebring het.Elsie: My liewe Anja. Jy weet mos jy mors jou verkoopsvernuf op my man. Jopie draai al vandat ek homontmoet elke sent twee keer om. As dit van hom afgehang het, het ons elke aand toebroodjies met netbotter op geëet.Jopie: Nou oordryf jy darem. Maar ek moet erken my vrou ken my goed. Dit is nou nie die tipe ding watek vir myself sal koop nie.Anja: Dan sal ek maar Jona en sy walvis vir nog ’n rukkie hier teen my muur geniet. Ek sal moet wag totmy eie skip eendag inkom voor ek so ’n kunsstuk kan bekostig. Tot dan sal ek maar vir die skildery ’nplekkie hier in my galery hou.Elsie: Kyk waar staan die tyd! As ek vir Jopie sy toebroodjies betyds wil gee moet ons spore maak. Onskuier altyd so lekker hier dat ek skoon vergeet van die tyd. Kom, my ou man. Tyd vir ons om terug te keerna ons huisie op die heuwel.Jopie: Ek stem saam. Die buurt laat my kriewelrig voel. Ek verwag enige oomblik dat ek ’n venster gaanhoor breek of dat my karalarm gaan blêr.Anja: Nou maar toe. Laat ek net vir jou die paar goedjies pak en oplui.Klank van ’n kasregister.Elsie: Dankie, my vriendin. Jou plekkie laat my altyd weer lus voel vir verf. Jy moet ’n lekker aandjie hê. Ekis seker ons sien mekaar binnekort weer.Jopie: Hopelik nie te vinnig nie. Hierdie geestelike besoeke van jou slaan elke keer ’n lelike duik in mykredietkaartrekening, Laat ons weg wees. (Stem vervaag.)Die volgende klank, na ’n paar sekondes stilte, is die klank van voëltjies.Jopie (Stem lomerig): Goeie genade! Hoe laat is dit? Amper tien uur. Ek het lanklaas so lekker geslaap.Deur gaan oop. Stem van ’n jong meisie.Carina: Goeie more, Pappa! Baie geluk met jou verjaarsdag!Jopie: Dankie, my kind. Ontbyt in die bed. Dit is ’n verrassing. En niks is gebrand of rou nie. Dit isvoorwaar ’n gelukkige dag.Carina: Dis koffie en beskuit. Dit is nie asof ek dit kon opmors nie.Jopie : Dit is die gedagte wat tel. Waar is Mamma?Carina: Sy is al vroeg hier uit. Ek dink sy het Pappa se geskenk gaan koop. Sy wou my nie se wat dit is nie,maar ek is seker dit is iets cool. Sy kry altyd die beste presente.Jopie: Ek is nie so seker of ek jou ma se eksentrieke smaak kan vertrou nie.Carina (Lag): Onthou Pappa toe sy verlede jaar vir Oom Magnus ’n voucher vir ’n tattoo gegee het. Enmoenie daardie kleurvolle Madiba‐hemp vergeet wat Pappa vir Kersfees gekry het nie!

Magnus: Vir iemand wat sy verjaarsdag op so ’n mooi dag vier lyk jy darem erg of die honde jou kosafgevat het. Hoe lyk dit my alweer iets pla jou vandag?Jopie: Wat bedoel jy alweer?Magnus: Ons ken mekaar al ’n lang tyd, my maat, en ek wil graag glo ons is verby kleinlike gesprekke oorditjies en datjies. Die eerlike waarheid is dat die dag wat ek en jy ’n gesprek het en jy nie ontevrede is metiets in jou lewe nie, is die dag wat nog moet aanbreek. Ek besef dit is jou verjaarsdag, maar die ding plamy al ’n rukkie.Jopie: Dis die jasmynboom.Magnus: Die jasmynboom?Jopie: Ja, man. Elsie het vanoggend vir Simon gesê om die ding uit te haal. Blykbaar vrot die ding van diewortels af.Magnus: Dit is presies wat ek bedoel. Verlede week kla jy die hele dag lank die ding gee jou hooikoors ennou kla jy omdat die plant uitgehaal word.Jopie: Jy ken my mos. Ek hou nie van veranderinge nie.Magnus (Lag saggies): Dis presies wat ek bedoel. Jy laat my dink aan Jona in die Bybel.Jopie: Ek is nie ’n man wat glo in tekens nie, maar dit is die tweede keer dat die storie in ’n gesprekgenoem word. Ek is amper skaam om te erken dit lui nie ’n klokkie nie. Om die waarheid te se weet ek niewanneer ek laas ’n Bybel gelees het nie.Magnus: Jy moet ’n plan maak. Die boek van Jona is net vier hoofstukke lank en dit pas jou soos ’nhandskoen.Jopie: Anja het ’n skildery van die man en ’n walvis in haar galery. Ek moes lelik keer of Elsie het dieskildery gekoop. Was die man ’n visser of wat?Magnus: Nee, dit is eintlik ’n storie oor dankbaarheid. God het Jona beveel om mense van ’n plek tewaarsku dat hulle na sy Wil moet luister. Hy wou dit nie doen nie, toe laat God ’n storm oor die seetoesak om Sy ontevredenheid met Jona duidelik te maak. Jona het besef dit is sy skuld en hy is toeoorboord om die storm te verlig.Jopie: Dis ’n verskriklike storie. En is hy dood? Het die walvis hom opgeëet?Magnus: Jy ken regtig nie jou Bybel nie! Nee, man. God het die walvis gestuur om Jona se lewe te red. Diewalvis het hom ingesluk en Jona het vir drie dae in die walvis se maag gelewe voordat hy uitgespoeg is opdie plek waar hy die boodskap moes lewer.Jopie: Sies, drie dae in ’n walvis se maag met die reuk van vrot vis!Magnus: Dis presies wat ek bedoel. Jy kyk alweer die groot prentjie mis. Vergeet van die vrot vis. Hy hettoe na die plek gestap waar hy die boodskap moes lewer en het toe ook so gemaak. Hy het verwag datdie mense nie na hom sou luister nie, maar tot sy verbasing het hulle, en reggemaak wat God ongelukkiggemaak het. Maar daarmee was Jona ook niegelukkig nie. Hy wou gehad het God moet die groep mense vernietig.Jopie: Ek sou ook befoeterd gewees het as ek al daardie tyd in die stinkende pens van ’n vis moes wees.

Jopie: Ek is nie so seker van mal nie, want as ek die ding so kyk, ding is ek meer bang en bekommerd.Magnus: Waarvoor wag ons? Laat ons die ding van die dak afhaal dat Jopie sy geskenk kan beskou.Hoeveel geskenkpapier het dit gevat om die gedoente toe te draai?Geritsel van papier wat afgeskeur word.Elsie: Baie geluk met jou verjaarsdag, my man. Ek hoop dit is ’n wonderlike jaar vol pragtige seëninge enmooi herinneringe.Asems snak.Jopie : Jona en die Walvis!Elsie: Ek hoop jy jou daarvan.Jopie: Baie, baie dankie! Jy laat my skoon emosioneel voel. Jy sal nie verstaan hoe gepas dit is nie. Dit isdie beste geskenk wat ek nog ooit gekry het!Die einde.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!