11.07.2015 Views

Lisa se man F - Oulitnet.co.za

Lisa se man F - Oulitnet.co.za

Lisa se man F - Oulitnet.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

5Pieter: “Maar Lisa…”Lisa: “Hmmm Pieter?”Die bottel word op ‘n tafel neergesit, en dan word ‘n zip oopgetrek. ‘n Geritsel vanklere binne die sak kan gehoor word.Lisa, met haar stem wat harder word, soos sy regop en nader kom: “En kyk nethier…’n rooi nommertjie om te pas by die rooiwyntjie. Ek het dit spesiaal vir jou gaankoop vanmiddag.”Pieter, sy stem nou hees en effens onseker: “Jy weet ons het nie geld vir sulke goednie.”Lisa: “Net hierdie eenkeer, Pieter. Ek het gedink, aangesien die werk vir jou in so ‘ngrand hotel plek bespreek het, en dit net om ‘n paar ou simpel vergaderings by tewoon, kan ek seker bietjie geld spandeer om dit vir jou ‘n onvergeetlike aand temaak.”Pieter: “Hoe het jy geweet in watter hotel my plek bespreek is?”Lisa: “Hoeveel hotelle is daar dan nou in Parys, hmm Pieter? En ek weet jy verdienmos net die beste.”Daar is weer ‘n klop aan die deur. Pieter ignoreer dit. Dan kom die klop weer, harder.Lisa: “Nou gaan jy nie oopmaak nie?”Pieter: “Nee, nee. Ons wil mos nou nie gepla word nie. Kom hier! Ek het nog nie eensvir jou behoorlik hallo gesê nie, so het jy my verbaas.”Lisa se laggie klink stralend. Die klop aan die deur is hierdie keer harder, dringender.Lisa: “Ek sal gou gaan kyk, en van wie ookal dit is, ontslae raak!” Haar stem verdoofsoos wat sy weg loop.Pieter: “Lisa, nee. Wag. Ek sal gaan.” Dit klink asof hy hardloop om haar in te haal.Maar dit is in elk geval te laat. Die deurhandvatsel word afgedruk, en die deur wordoopgestoot.Zelda: “O! Is jy ook hier, Lisa? Dan is ek seker nou oorbodig.”Lisa: “Zelda! Nee, glad nie! Kom in. Waar kom jy vandaan? Hoe het jy geweet ons ishier?”Pieter: “Hmm..hm, (maak keel skoon) Zelda, wat ‘n verassing! Hoe het jy geweet onsis hier?”

6Zelda: “Maar Pieter, jy het my dan genooi vir ‘n glasie wyn vanaand, omdat jy hiermoes wees vir ‘n vergadering. Moenie vir my sê jy het reeds vergeet daarvan nie?”‘n Heen en weer vryf geluid kan gehoor word, soos Pieter sy hare deurmekaar krap.Pieter: “Wel, hm, om die waarheid te sê, nie regtig nie…”Lisa: “Nou wat is dit met julle twee? Kom in Zelda! Ek het die heerlikste rooiwyn hier.‘n Glasie vir jou?”Naderende voetstappe kan gehoor word. Dan die oopmaak van kaste, en die klingelvan glase teen mekaar. ‘n Kurkprop wat uitgetrek word, met geluide van inasemingen goedkeuring. Die vloeistof word geskink, en glase uitgedeel. Geleidelik verdoof dieklanke.Oorgangsmusiek, om terug na die hede te keer.Thomas: “Maar ek verstaan nog nie, Lisa. Het jy dan geweet dat Zelda daar gaanopdaag? Want dit klink nie asof jy verbaas was nie.”Lisa: “Jy sien Thomas, Pieter het sy selfoon op die toilet se bak vergeet een middag,en iets het net vir my gesê om sy sms’e deur te gaan. En die laaste een was juis vanZelda af, wat hom baie netjies op sy plek gesit het.”Thomas: “Waaroor het sy hom op sy plek gesit? Het hy by haar probeer aanlê?”Lisa: “Ek het besluit om uit te vind, en het haar gebel. Nadat ek die hele storie byhaar gehoor het, het ek haar oorreed om hom wel te ontmoet in Parys, waar sy selftans woon. Dit is wat hy blykbaar van haar gevra het. En jy sien, ek het ‘n plan beginontwikkel, en vir Zelda in my vertroue geneem.” Lisa se stem raak al hoe verder wegna die einde van haar woorde toe.Oorgangsmusiek, terug na die verlede toe.Helder laggende vrouestemme kan gehoor word in die agtergrond, en die woordeword geleidelik al duideliker.Zelda: “…net ‘n oomblik verskoon.”Lisa: “Alte seker, Zelda.”Voetstappe wat weg raak, en dan ‘n deur wat oopgemaak word, en weer toegemaakword. ‘n Ongemaklike pouse.Pieter, in ‘n fluisterstem: “Wat doen sỳ hier?”Lisa: “Nog ‘n glasie wyn vir jou? Dit lyk asof jy dit nodig het.”

7Die badkamerdeur word weer oopgemaak, en daar is ‘n geklingel van kettings. Pietertrek sy asem skerp in wanneer hy vir Zelda sien. Haar stem is vol vermaak wanneersy weer praat.Zelda: “Pieter, kyk net wat het ek vir ons saamgebring om mee te speel. Lisa’tjie, hieris vir jou ook ‘n paar boeie. O, en hoe hou jy van my outfit?”Lisa: “Dankie! Wat het jy nog alles daar by jou? Hmmm…jy sal moet verduidelik,want ek is so ‘n bietjie dom wanneer dit by hierdie tipe speelgoed kom. Sowaar, ditgaan ‘n interessante aand wees.”Pieter maak kort‐kort keel skoon. Een of twee keer mompel hy met verbystering“Lisa…”, net om geignoreer te word. Iemand sit agtergrond musiek aan, met ‘nsensuele ondertoon.Zelda: “Kom Pieter. Ons sal jou help om van hierdie kamerjas ontslae te raak. Dangaan ons lekker speel.” (Pouse, ‘n geritsel van klere, harde asemhaling deur Pieter).“So ja. Op die bed, ou grote. Lisa, hier is jou paar boeie. Pieter, ons maak net sekerons het jou totaal in ons mag, om te kan geniet na hartelus. Jy gee mos nie om nie?Is dit nie enige man se droom nie? Twee vrouens, wat hulleself geniet met jou. Oe ja,kyk net hierdie spiere op jou arms. ‘n Man so na my hart.”Pieter, sy stem nou met meer selfvertroue: “Lisa? Ek het nooit geweet jy sal reg weesmet so iets nie? Hoekom het jy my nie al lankal gesê nie, dan kon ons al soveel pretgehad het. Al die tyd, en ek het nie geweet nie.”Lisa, haar stem verleidelik en uitdagend: “’n Vrou het baie donker dieptes in haar.Soms is sy gelukkig genoeg om dit te kan uitleef, my man. Is jy gemaklik? Die tou isnie te styf om jou voet nie? Of hou jy van so ‘n bietjie pyn? Ek moet erken, ek hetnog altyd gewonder hieroor. Maar vandag kan ek en jy dit saam ontdek, my bok, enZelda sal my touwys maak, daar waar ek dit dalk nie reg doen nie.”Pieter: “Jy verbaas my al hoe meer! Kyk net wat doen jy aan my!”Lisa en Zelda se lag loop uit in die oorgangsmusiek, terug hede toe.‘n Sigaretaansteker flikker weer, en daarna die rustige inaseming.Thomas: “Lisa, hoe het jy van daar na hier gekom? Van die vrou wat blykbaar vir niksskrik nie, tot iemand wat nie meer wil lewe nie?”Lisa: “Thomas, dis anders as wat jy dink. Ek en Zelda het dit goed beplan. Toe Pietereers vas was, was hy in ons mag. Kort daarna het ek voor hom gaan sit, en aan homverduidelik wat ek by hom wil hê. ‘n Egskeidng. Die dokumente was reeds opgestel,en ek het dit voor hom geswaai.” Lisa trek eers weer aan haar sigaret, en vertel danverder. “Maar dis nie al nie. Daar was ook dokumentasie wat voorgeskryf hethoeveel hy my sou betaal, eenmalig, as deel van die egskeidingsooreenkoms. Wantsien, hy wou nooit vir my ‘n egskeiding gee nie. Dit sou een lang geveg van jare

8gewees het, en hy sou sorg daarvoor dat ek so min as moontlik finansiele bystandvan hom af kry.”Thomas: ”En toe? Het hy dit geteken?”Lisa: “Hy het ja. Ons het gedreig om hom net so vasgeboei te los, en vir Francois, sykind, te bel om hom te kom losmaak, sou hy dit nie teken nie. En met sy ego, kon hytoe nie anders as om dit te teken nie. Hy het natuurlik gedink dat hy later weerdaaruit sal kan kom. Maar soos jy weet, het dit toe nie so uitgewerk nie. Ek konmyself die vernedering van daardie aand gespaar het. Ek kon hom selfs syvernedering gespaar het.”Thomas: “Ek verstaan nou. Maar Lisa, jy het niks om oor skuldig te wees nie. Pieterse motorongeluk was nie jou skuld nie. En jy kon ook nie geweet het dat dit gaangebeur nie. Dit was tyd dat jy vir jouself opstaan, en jou eie besluite oor jou lewe entoekoms maak. ”Lisa: “Hy was so kwaad toe hy daar weg is.”Thomas: “Lisa, dit maak nog steeds nie saak nie. Elke mens het ‘nverantwoordelikheid oor sy eie veiligheid. Pieter was ‘n volwasse man, wat sy eiebesluite geneem het.”Lisa: “Hoe maak ek myself los, Thomas? Van die verlede, van skuld, en kry dit reg om‘n nuwe lewenswyse tegemoet te gaan? Hoe raak ek vry van al hierdieoorweldigende emosies wat skielik van my oorgeneem het?”Oorgangsmusiek kom geleidelik in, en verdoof weer na ‘n rukkie.‘n Vertellerstem neem dan oor, wat die gebeure opsom en afsluit. ‘n Vrouestem watsuiwer en sleurend praat en die hoorders deel maak van Lisa se innerlikegedagtewêreld. Deurentyd kan die sagte geruis van die see gehoor word, ampersussend. Elke geluid van Lisa word ook gehoor op die agtergrond, hoe sy asemhaal,en die geluid van haar klere wat oor haar vel beweeg.Verteller: “Lisa glip haar rok oor haar kop, en laat dit stadig teen haar arms afgly. Syis bewus van haar elke sintuig. Die sterk reuk van soutwater tot diep agter in haarkeel. Die koue windjie teen haar vel. Die pad wat die maan vir haar uitwys oor dieandersins donker see van water. Wanneer sy haar horlosie losknip, (‘n klikgeluid opdie agtergrond) is dit die laaste aardse ding om van ontslae te raak. Sy laat val diehorlosie in die sand langs haar klere, (‘n sagte plof geluid) en luister na die roependebranders. Die fyn druppeltjies van ‘n ligte misreën wat op haar gesig en skouersneerval, maak haar liggaam selfs meer bewus van die heling wat die natuur bied. Sylig haar ken, en maak haar vol lippe oop om selfs meer daarvan te ontvang, om diesuiwer koel druppels in te neem en deel te maak van haar. Die lug rondom haar voubeskermend om haar lyf, en die sand onder haar voete gee mee, maak spasie omhaar te akkommodeer.

9Wanneer die eerste brander lek om haar tone, gaan daar ‘n rilling van plesier deurhaar lyf. Die water is warm, uitlokkend aangenaam. (Die geruis van die see is nouharder, op die voorgrond saam met die stem wat praat.)Sy gee nog ‘n tree nader, laat die volgende brander toe om haar voete te omhels,voordat dit weer terugtrek, nog onseker oor haar bedoelings.Sy stap stadig dieper, voel hoe die water nou om haar bobene vou. ‘n Waaghalsigebrander mik hoog, tas speels aan haar borsste, en haar tepels swel in antisipasie.Wanneer die oseaan haar ferm om die middellyf beet het, verloor sy met tye diebodem, en soek haar tone totdat dit weer sagte vastigheid voel. Dan kan sy nie helpom in ‘n momentele oomblik van angs na haar asem te snak nie.Wanneer haar lyf tot net bokant haar borste omvou is met waters wat nou rustig is,wat haar liggies op en af wieg, op en af van haar voete, op en af in gee en neem, raaksy bewus van die trekkrag om haar bene. Die onderwater stroom, wat honger aanhaar trek en haar terg met vat en los. So asof die see honger raak, effe ongeduldig,bang dat sy van plan sal verander.Sy lig haar lyf en dobber op haar rug, vir die natuur om sy gang te gaan, offer haarselfaan die maan se strale. Haar gedagtes is nou heeltemal leeg, sy ervaar netliggaamlike sensasie, en voel hoe die bande van skuld om haar afval. Sy is uiteindelikvry.Wanneer die see haar insluk, is dit met ‘n kreun van genoegdoening. Want sy wasreeds deel van die magtige wonder van die natuur. Haar trane reeds een met die vandie oseaan. Haar skoonheid reeds deel van die oneindige estetika van die ewigheid.Slegs die geruis van die see kan vir nog ‘n rukkie onheilspellend gehoor word. Dan isalles stil.Die Einde

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!