8gewees het, en hy sou sorg daarvoor dat ek so min as moontlik finansiele bystandvan hom af kry.”Thomas: ”En toe? Het hy dit geteken?”Lisa: “Hy het ja. Ons het gedreig om hom net so vasgeboei te los, en vir Francois, sykind, te bel om hom te kom losmaak, sou hy dit nie teken nie. En met sy ego, kon hytoe nie anders as om dit te teken nie. Hy het natuurlik gedink dat hy later weerdaaruit sal kan kom. Maar soos jy weet, het dit toe nie so uitgewerk nie. Ek konmyself die vernedering van daardie aand gespaar het. Ek kon hom selfs syvernedering gespaar het.”Thomas: “Ek verstaan nou. Maar Lisa, jy het niks om oor skuldig te wees nie. Pieterse motorongeluk was nie jou skuld nie. En jy kon ook nie geweet het dat dit gaangebeur nie. Dit was tyd dat jy vir jouself opstaan, en jou eie besluite oor jou lewe entoekoms maak. ”Lisa: “Hy was so kwaad toe hy daar weg is.”Thomas: “Lisa, dit maak nog steeds nie saak nie. Elke mens het ‘nverantwoordelikheid oor sy eie veiligheid. Pieter was ‘n volwasse man, wat sy eiebesluite geneem het.”Lisa: “Hoe maak ek myself los, Thomas? Van die verlede, van skuld, en kry dit reg om‘n nuwe lewenswyse tegemoet te gaan? Hoe raak ek vry van al hierdieoorweldigende emosies wat skielik van my oorgeneem het?”Oorgangsmusiek kom geleidelik in, en verdoof weer na ‘n rukkie.‘n Vertellerstem neem dan oor, wat die gebeure opsom en afsluit. ‘n Vrouestem watsuiwer en sleurend praat en die hoorders deel maak van Lisa se innerlikegedagtewêreld. Deurentyd kan die sagte geruis van die see gehoor word, ampersussend. Elke geluid van Lisa word ook gehoor op die agtergrond, hoe sy asemhaal,en die geluid van haar klere wat oor haar vel beweeg.Verteller: “Lisa glip haar rok oor haar kop, en laat dit stadig teen haar arms afgly. Syis bewus van haar elke sintuig. Die sterk reuk van soutwater tot diep agter in haarkeel. Die koue windjie teen haar vel. Die pad wat die maan vir haar uitwys oor dieandersins donker see van water. Wanneer sy haar horlosie losknip, (‘n klikgeluid opdie agtergrond) is dit die laaste aardse ding om van ontslae te raak. Sy laat val diehorlosie in die sand langs haar klere, (‘n sagte plof geluid) en luister na die roependebranders. Die fyn druppeltjies van ‘n ligte misreën wat op haar gesig en skouersneerval, maak haar liggaam selfs meer bewus van die heling wat die natuur bied. Sylig haar ken, en maak haar vol lippe oop om selfs meer daarvan te ontvang, om diesuiwer koel druppels in te neem en deel te maak van haar. Die lug rondom haar voubeskermend om haar lyf, en die sand onder haar voete gee mee, maak spasie omhaar te akkommodeer.
9Wanneer die eerste brander lek om haar tone, gaan daar ‘n rilling van plesier deurhaar lyf. Die water is warm, uitlokkend aangenaam. (Die geruis van die see is nouharder, op die voorgrond saam met die stem wat praat.)Sy gee nog ‘n tree nader, laat die volgende brander toe om haar voete te omhels,voordat dit weer terugtrek, nog onseker oor haar bedoelings.Sy stap stadig dieper, voel hoe die water nou om haar bobene vou. ‘n Waaghalsigebrander mik hoog, tas speels aan haar borsste, en haar tepels swel in antisipasie.Wanneer die oseaan haar ferm om die middellyf beet het, verloor sy met tye diebodem, en soek haar tone totdat dit weer sagte vastigheid voel. Dan kan sy nie helpom in ‘n momentele oomblik van angs na haar asem te snak nie.Wanneer haar lyf tot net bokant haar borste omvou is met waters wat nou rustig is,wat haar liggies op en af wieg, op en af van haar voete, op en af in gee en neem, raaksy bewus van die trekkrag om haar bene. Die onderwater stroom, wat honger aanhaar trek en haar terg met vat en los. So asof die see honger raak, effe ongeduldig,bang dat sy van plan sal verander.Sy lig haar lyf en dobber op haar rug, vir die natuur om sy gang te gaan, offer haarselfaan die maan se strale. Haar gedagtes is nou heeltemal leeg, sy ervaar netliggaamlike sensasie, en voel hoe die bande van skuld om haar afval. Sy is uiteindelikvry.Wanneer die see haar insluk, is dit met ‘n kreun van genoegdoening. Want sy wasreeds deel van die magtige wonder van die natuur. Haar trane reeds een met die vandie oseaan. Haar skoonheid reeds deel van die oneindige estetika van die ewigheid.Slegs die geruis van die see kan vir nog ‘n rukkie onheilspellend gehoor word. Dan isalles stil.Die Einde