11.07.2015 Views

Die skildery (deur Penelope Morris) 'n Radiodrama Die ... - LitNet

Die skildery (deur Penelope Morris) 'n Radiodrama Die ... - LitNet

Die skildery (deur Penelope Morris) 'n Radiodrama Die ... - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Anja: Hierdie jong man gaan nog groot opspraak maak in die kunswêreld. Jy moet na die <strong>skildery</strong> kyk as ’nbelegging. Jona en die Walvis gaan nog ’n gesogte stuk word. Ek dink dit pas by jou, Jopie. Iets omtrentdie tema het my onmiddellik aan jou laat dink toe Gert sy doek hier aangebring het.Elsie: My liewe Anja. Jy weet mos jy mors jou verkoopsvernuf op my man. Jopie draai al vandat ek homontmoet elke sent twee keer om. As dit van hom afgehang het, het ons elke aand toebroodjies met netbotter op geëet.Jopie: Nou oordryf jy darem. Maar ek moet erken my vrou ken my goed. Dit is nou nie die tipe ding watek vir myself sal koop nie.Anja: Dan sal ek maar Jona en sy walvis vir nog ’n rukkie hier teen my muur geniet. Ek sal moet wag totmy eie skip eendag inkom voor ek so ’n kunsstuk kan bekostig. Tot dan sal ek maar vir die <strong>skildery</strong> ’nplekkie hier in my galery hou.Elsie: Kyk waar staan die tyd! As ek vir Jopie sy toebroodjies betyds wil gee moet ons spore maak. Onskuier altyd so lekker hier dat ek skoon vergeet van die tyd. Kom, my ou man. Tyd vir ons om terug te keerna ons huisie op die heuwel.Jopie: Ek stem saam. <strong>Die</strong> buurt laat my kriewelrig voel. Ek verwag enige oomblik dat ek ’n venster gaanhoor breek of dat my karalarm gaan blêr.Anja: Nou maar toe. Laat ek net vir jou die paar goedjies pak en oplui.Klank van ’n kasregister.Elsie: Dankie, my vriendin. Jou plekkie laat my altyd weer lus voel vir verf. Jy moet ’n lekker aandjie hê. Ekis seker ons sien mekaar binnekort weer.Jopie: Hopelik nie te vinnig nie. Hierdie geestelike besoeke van jou slaan elke keer ’n lelike duik in mykredietkaartrekening, Laat ons weg wees. (Stem vervaag.)<strong>Die</strong> volgende klank, na ’n paar sekondes stilte, is die klank van voëltjies.Jopie (Stem lomerig): Goeie genade! Hoe laat is dit? Amper tien uur. Ek het lanklaas so lekker geslaap.Deur gaan oop. Stem van ’n jong meisie.Carina: Goeie more, Pappa! Baie geluk met jou verjaarsdag!Jopie: Dankie, my kind. Ontbyt in die bed. Dit is ’n verrassing. En niks is gebrand of rou nie. Dit isvoorwaar ’n gelukkige dag.Carina: Dis koffie en beskuit. Dit is nie asof ek dit kon opmors nie.Jopie : Dit is die gedagte wat tel. Waar is Mamma?Carina: Sy is al vroeg hier uit. Ek dink sy het Pappa se geskenk gaan koop. Sy wou my nie se wat dit is nie,maar ek is seker dit is iets cool. Sy kry altyd die beste presente.Jopie: Ek is nie so seker of ek jou ma se eksentrieke smaak kan vertrou nie.Carina (Lag): Onthou Pappa toe sy verlede jaar vir Oom Magnus ’n voucher vir ’n tattoo gegee het. Enmoenie daardie kleurvolle Madiba‐hemp vergeet wat Pappa vir Kersfees gekry het nie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!