21.04.2015 Views

VERKYKER 1/2015

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REDAKTEURSBRIEF

Henry Ward Breecher, Amerikaanse Prediker het gesê, “Elke persoon moet weer gebore word op

die eerste dag van Januarie, en met ‘n nuwe hoofstuk begin.” Ja, Ovies n nuwe jaar is vir ons gegee

op 1 Januarie en ons hier by die redaksie voel ons dit eens: hierdie gaan ‘n ongelooflike nuwe jaar

wees! 2014 is reeds iets van die verlede en die beste wat oorgebly het, is die PUIK uitslae van ons

matriekulante!

REDAKTEURS BRIEF

Welkom Ovies, by ons eerste hoofstuk van 2015! Die eerste termyn is reeds verby en ons het alreeds

goeie herinneringe van 2015 in ons gedagtes. Ons nuwe “Schuimpies” het hulle voete gevind in

Ovieland,ons trotse Ovies is reeds hard besig om aan die akademie te werk en nie net het ons ‘n

suksesvolle swem- en atletiekseisoen agter die rug nie, maar die liggies van sukses flikker alreeds op

kulturele en buiteskoolverwante aktiwiteite!

Margaret Mead het gesê, “Ek het die waarde van harde werk geleer deur baie hard te werk”. Om al

die harde werk hier in Ovieland af te wissel, nooi ons julle om ons eerste uitgawe vir 2015 deur te

blaai en saam te lees aan onvergeetlike herrinneringe soos trouklokkies wat gelui het, nuwe

pienkvoetjies, fietsryers wat meer doen as net stof opskop en Ovies wat oor die waters gevaar het

na Duitsland! Dankie vir die nuwe redaksie en al hul harde werk en mev den Hond vir haar kosbare

bystand met ‘n propvolle nuwe Verkyker.

Baie sterkte met die tweede termyn,Ovies! Ons hoop julle is reg om die koue seisoen met warm sokkies

aan te pak en veral hard te werk vir die eksamens aan die einde van die kwartaal. Ons het volle

vertroue dat dit goed sal gaan met elke Ovie!

ONTHOU: Glo jy kan, en jy is halfpad daar!!

Redaktrise 2015

02 VERKYKER 2015

Uitgawe 1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!