27.11.2015 Views

VERKYKER 3 VAN 2015

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

REDAKTEURSBRIEF

Dagsê Ovies, Hallo Ovies!

Samuel Smiles was one of eleven children and lived from (1812 – 1904). He wasw primarily known as a great Scottish

author. We would like to use one of his favourite expressions to start off our letter to you in this issue of the Verkyker:

“LIFE WILL ALWAYS BE TO A LARGE EXTENT WHAT WE OURSELVES MAKE IT.”

REDAKTEURS BRIEF

Ja, liewe Ovies – as ons so terugkyk na die jaar 2015 dan het ons geen keuse as om met Mnr Smiles saam te stem nie!

Dit was soos al die jare voor 2015, ‘n ongelooflike besige jaar. Dit was soms gevul met te veel take om af te handel, en

soms met te min take om ons aandag genoeg besig te hou. Dit was skaars oomblikke van “verveeld wees”. Wat ons

bring by die aanhaling van mnr Smiles : dat die lewe altyd gaan wees wat jy daarvan maak.

In hierdie uitgawe vier ons saam met die Matrieks ’15 hul afskeid en kerkdiens en kry sommer ‘n blik op hul eksamenstyl

in die kunsklas. Ons loer na ons sportsterre hier by Ovieland en ons bring vir julle nuus uit vreemde oorde

en hoop waarlik dat jy na die lees van die artikel, vanuit die NWU PUKKE se geledere, volgende jaar sal aanpak met

‘n houding dat jy elke dag van die nuwe jaar so sal wil leef en optree dat jy dit vir ander en jouself ‘n ONGELOOFLIKE

JAAR sal maak.

Geniet hierdie uitgawe, lekker lees en foto’s kyk. Plaas die onnies se Kersfees wense in jou hart en vier ‘n Geseënde

Kersfees! Dear Ovie may you face a fantastic 2016!!

Redaksiegroete

Bianca Kinnear (Redaktrise) en Lebogang Nkambule (Sub-Editor)

02 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

UITVOERENDE KUNSTE AKADEMIE KYK TERUG OP 2015 AS WENJAAR!

Op 30 September het die Uitvoerende Kunste Akademie hul Gala-aand gevier met luisteryke items. Die Ovies wat

opgetree het gedurende die aand het bygedra tot hierdie suksesgeleentheid!

Die Musiekakademie spog met hulle eie Rock Bands waarin Mathilda van der Merwe (dromme), Wikus Steyn

(elektriese kitaar), Francois Coertze (elektriese kitaar) en Dian Degenaar (dromme) gespeel het.

UITVOERENDE KUNSTE

Die aanbieders van die Gala-aand het hulself baie

goed van hul taak gekwyt. Hulle is Este van Zyl en

Aldridt Költzow

Die ensemblewerk het ‘n groot bydrae tot die unieke atmosfeer

van die Gala-aand gelewer. Hier is Lisa-Kate Heslop

en Mathilda van der Merwe wat ‘n Kitaarensemble lewer:

Die toppresteerders in ons eie geledere is

Angelique Mulder (gr. 12) met klavier as

instrument en Sophie van Staden (gr. 8) met

viool, wat albei trofeë vir algehele beste

presteerders ontvang het, baie geluk!

VERKYKER 2015 03

Uitgawe 3

KERSFEES WENSE VAN ONS ONNIES

04 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

DRAMA AKADEMIE TREE

OP!

Na maande se oefening en voorbereiding

breek die groot aand

uiteindelik aan vir ons eie Teater

Groep, die “Ovieaters”! Op Woensdag

12 Augustus word die gehoor

ingetrek in die onheilspellende

toneel wat afspeel by “DIE INSTANSIE”

en menige kind word skielik baie

versigtiger oor hoe en waar hulle

verkeerd mag optree. Niemand wil

nou meer weggestuur word deur

hul ouers na die plekkie wat hulle

“DIE INSTANSIE” noem nie. Nou loop

almal skielik ‘n baie reguit paadjie!

Baie geluk met die optrede, Ovies!

RADIKALE REDENAARS:

Ons Ovie-Redenaars het puik presteer

in die Radikale Redenaarsfees.

Brian Green (Gr. 9), Brendan Jacobs

(gr. 9) en Carla de Bruyn (gr. 8) het in

die afdeling: Afrikaans Moedertaal

deurgedring na die Gauteng Finaal

wat op 17 Oktober by Hoërskool

Maragon, Olympus, Pretoria plaasgevind

het. Brian Green en Carla de

Bruyn het verder ook in die afdeling:

English First Additional Language,

deurgedring na die Nasionale eindrondte

wat op 31 Oktober plaasgevind

het by Hoërskool Garsfontein.

Slegs twee leerders per provinsie

per afdeling val hierdie eer te beurt.

Tydens die Nasionale kompetisie het

Carla de Bruyn ‘n eerste plek verwerf

en is aangewys as die Nasionale

Wenner: 2015 in haar kategorie, Gr.

8 English: First Additional Language.

Baie geluk Ovies, julle maak ons baie

trots!!

DRAMA /REDENAARS /RADIO ONDERHOUD

Brian Green Brendan Jacobs Carla de Bruyn

OVIES VOER ONDERHOUD

BY RADIO PRETORIA

Dis vanjaar die Ovies se jaar by die

Radio stasies van ons omgewing. Ja,

ons stemme klink luid oor die golwe

tot by die ore van elke luisteraar.

Om 18H00 op Donderdag 29

Oktober was ‘n hele paar Ovies

asook ‘n paar legendariese Ovie

onnies die gaste van die omroepers

by Radio Pretoria. Daar is ‘n paar van

ons skool se top presteerders, ook

bekend as die OVIE VAN DIE MAAND,

blootgestel aan ‘n paar indringende

vrae. Ons moet sê, hulle het hul baie

goed van hul taak gekwyt!!

Dankie aan mnr Drikus en Francois,

asook Dougie, Nushka, Nerine en

Calvin, wat nie net die luisteraars

meer van ons interessante skool vertel

het nie, maar ook die ware gees

wat in ons skool so hoog brand, voor

hul geestesoog laat skyn het! Geluk

met ‘n baie geslaagde onderhoud,

Ovies! Veral mnr Francois, jy het

behoorlik gekook!

VERKYKER 2015 05

Uitgawe 3

MATRIEKS AFSKEID ‘15

OVIES NEEM AFSKEID VAN

MATRIEKS ‘15

Vra vir enige graad 12 van die groep

van 2015 en jy sal dit soos uit een

mond hoor : hierdie jaar het voor

hul oë verbygeskiet! Op Woensdag

14 Oktober het die Ovies dan ook op

gepaste wyse afskeid geneem van

hul matrieks. By die NG KERK OVER-

KRUIN het die koor met pragtige

sang en die graad 12 voogde met

besonderse smaak die kerkgebou

versier en die graad 12’s en hul ouers

op ‘n besonderse manier tot siens

gesê.

“Ons gaan julle mis, matrieks!!”

TROTSE GRAAD 12 WORD

BELOON!

Baie geluk aan Enrico Brits (Graad 12)

wat op 6 November regstreeks by

die GROOT FM 90.5 ateljee

aangewys is as die wenner van die

GROOTfm 90.5 beurs by AKADEMIA.

Ons is baie trots op jou Enrico want

jy was dwarsdeur jou hoërskool

loopbaan as Ovie ‘n voorbeeld vir ons

almal. Jy is ‘n bewys dat harde werk

en toegwydheid ALTYD uitloop op

sukses en beloning!!

Baie geluk en geniet jou studies!!

06 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

VLR KAMP 2015 VIR LEIERS

VAN 2016!!

Die VLR-Kamp wat van 9 tot 12

September plaasgevind het, was

‘n wonderlike ervaring. Dit was ‘n

geleentheid waar die VLR lede opleiding

ontvang het oor hoe om hulle

taak as leiers die beste te verrig. Die

VLR-Voogde, die hoof, Mnr Nel, Mnr

Dawie du Plessis en Petrus Jacobs

het elkeen ‘n uitstekende lesing

gegee waarin hulle ons voorberei

het op die taak wat vir ons wag.

Hulle het on sook ondermeer geleer

oor wat leierskap werklik beteken

en ‘n hele paar lewenswyshede met

ons gedeel. Die projekte vir 2016 is

haarfyn beplan. Ons het egter ook

hope pret gehad – van spanbou aktiwiteite

soos eiergooi en volleyball,

tot ‘n talentaand. En glo ons, Ovies

hét talent!

Dit was voorwaar ‘n geleentheid

waar nuwe vriendskappe begin is en

ou vriendskappe gegroei het.

Baie dankie aan al die VLR-Voogde

en die VLR-Lede vir hierdie super

spesiale ervaring.

ONTHOU:

“Work for a cause, not for applause.

Live to express, not to impress!”

SIEN JULLE IN 2016 VLR!!

VLR KAMP / KUNSTIGE OVIES

KUNSTIGE OVIES IS HARD AAN DIE WERK!

Die Ovie Matrieks het baie hard gewerk en uiteindelik het die eindeksamens aangebreek. Hier wys ons graag vir julle

hoe werkskaf hulle in die klas!

VERKYKER 2015 07

Uitgawe 3

MATRIEKS SPRANKEL!!

MATRIEKS SPRANKEL BY

HUL MATRIEKAFSKEID!!

Dit het maande se beplanning en

harde werk geneem, maar uiteindelik

het die groot aand van 2015

aangebreek. By die pragtige terrein

van Monte De Dios het die Ovies

geskitter by hul aankoms. Die meer

as 350 gaste het die ongelooflike

dekor, die smaaklike kos en die

wonderlike samekoms van goeie ou

vriende met oorgawe geniet. Baie

dankie vir die Matriekafskeidkomitee

van Overkruin wat vir dié

ONS MATRIEKAFSKEID-GASTE!

spoggeleentheid verantwoordelik

is. Julle het jul uitstekend van jul taak

gedra. Ons sien nou al uit na die

volgende geleentheid!!

Baie geluk met ‘n uiters geslaagde

spogaand!

ONS MATRIEKAFSKEIDKOMITEE!

08 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

FM 90.5-GEESVANG DAG

OVIES VIER GROOT FEES

SAAM MET GROOT FM

90.5 – GEESVANG DAG

Op Donderdag 1 Oktober, reeds van

vroegdag af het die Ovies saamgedrom

vir die GROOT GEESVANG,

saam met die allergewilde GROOT

FM 90.5 Radiostasie.

Daar is ontbyt “gebraai” en koffie

gedrink. Musiek het oor die sportvelde

weerklink en die Ovies het nie

op hulle laat wag nie! Die Ovie Flash

Mob het die gebeure goed afgeskop

en die dag het met ‘n spoed weggetrek!

Eers het die klasse van elke graad

alles gegee om die hindernisbaan

eerste te voltooi, sommige onnies al

blasende agterna! Daarna het die

hare behoorlik gewaai met die “colour

Festival” en Ovieland het binne

minute in ‘n reënboogvolk ontaard!

Die prettige oggend is afgesluit met

die lewendige vermaak deur die

gaskunstenaar : AMPIE en dit is met

trots dat elke Ovie uit sy mond kon

hoor – dat ons skool WARE GEES het!

Ja, soos ons al baie gesê het : dis lekker

om ‘n Ovie te wees!

VERKYKER 2015 09

Uitgawe 3

SRI-LANKA

REDAKTEURS

TOER

BRIEF

/ ADOPT-A-OVIE

// HUWELIKSKLOKKIES

GOLFDAG!

SRI-LANKA TOER VIR OVIE

SPELERS EN OVIE ONNIE!

Vier baie gelukkige manne:

Adriaan Booyse (0/15), Wessel Botha

(0/19), Maurice Van Wyk (0/19) en

Douglas (Dougie) Cotty (0/19) –

Kaptein van ons eie Eerste Krieketspan

gaan vanaf 25 November tot

5 Desember 2015 in Sri-Lanka toer.

Wessel Botha

OVIES HOU DIE JAARLIKSE

ADOPT-A-OVIE GOLFDAG!

Op 2 Oktober slaan die Ovie Onnies

en hul gaste af op die pragtige

Pebble Rock golfbaan en landgoed,

Die manne vertrek vanaf Johannesburg

en gaan in stede met

eksotiese name soos: Colombo,

Kandy en Hikkaduwa oorbly! Tussen

die krieketwedstryde gaan hulle op

ongelooflike opwindende uitstappies

soos “White Water Rafting”, en

gaan hulle op besoek na die “Spice

Gardens” en die “Elephant Orphanage”.

Ons is skoon jaloers!!

Die gelukkige man wat as die afrigter

van die 0/15 en die 0/19 Suid-

Afrikaanse uitnodiging span gekies

is, is niemand anders as ons eie Mnr

Johan de Lange nie. Baie geluk

meneer!! Ons beste wense vergesel

hierdie sterre uit ons eie geledere.

Mag julle ‘n fantastiese en onvergeetlike

toer beleef! Slaan hulle uit vir ‘n

ses, Ovies!!

Maurice Van Wyk Adriaan Booyse Douglas Cotty

en geniet ‘n heerlike potjie golf ten

bate van ons eie ADOPT-A-OVIE

fondsinsamelingsprojek. Aan die

foto’s is dit duidelik dat hierdie

manne weet hoe om ‘n skoolvakansie

in te lei!

Dankie vir elke speler en ondersteuner

wat dit so ‘n heerlike dag gemaak

het.

10 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

OVIENUUS : MNR

JACQUES EN MEV ANKE

VERMOOTEN GAAN

OUERS WORD VAN ‘N

GIDSHONDJIE!!

Ons het bietjie met mnr en mev Vermooten

gaan gesels, want ‘n voëltjie

het vir ons gefluit dat hulle “ouers”

gaan word. Helaas, die Ooievaar is

nog nie gewaar nie, maar dit is nog

steeds baie interessante nuus vir ons

Ovies hier!!

Soos baie Ovies reeds weet is mnr

Jacques ‘n kranige fietsryer, en een

van die sake waarvoor hy geld

insamel is vir die Gidshond-vereniging

van Suid-Afrika. Hulle kry hul

hondjie enige dag van die einde van

November en hy gaan ‘n kruising van

‘n Labrador en Retriever wees. Die

hondjie se naam word gekies sodra

die spesifieke hondjie goed gekeur

is. Mnr Jacques-hulle dink aan ‘n

naam soos “Tachicci”. Die betekenis

van die naam is egter baie belangrik!

Hierdie hondjie waarvoor hulle wag

se pa is van die VSA en hy moet deurgaans

by sy opleiers wees. So, Ovies

julle gaan nog van heel nader kennis

maak met hierdie nuwe toevoeging

tot die Vermooten-huishouding!

Ons sien baie uit!!

Die redaksie het dit goed gedink om

vir julle bietjie nuus van die NWU

PUKKE se universiteitsgange te bring

oor ‘n meisie wat huidiglik by die

PUKKE studeer. Jean-Marie Viviers

se hele lewensverhaal en hoe baie

sy van Ebba haar gidshond afhanklik

is, word vir julle mooi gelewer in die

artikel hierby.

Hier is nou ‘n saak waartoe ons OVIES

met ons warm harte gerus kan

bydra. Sien die kontakbesonderhede

hieronder asook die internet skakels

waar jy meer kan uitvind oor die

GIDSHONDVERENIGING!

Lekker lees, Ovies!

GIDSHONDJIE!!

JEANNE-MARIE VIVIERS EN

EBBA HAAR GIDSHOND

Jeanne-Marie is tans 24 jaar oud en

studeer LAB Regte by die Potchefstroomkampus.

Sy is al van ses jarige

ouderdom blind en het ‘n helpende

gidshond ‘n jaar terug ontvang. Ebba

dien as haar paar oë op kampus en is

ook haar beste vriend.

Inligting oor Ebba:

Hoe oud is Ebba?

3 jaar en 2 maande

Waar kom haar naam vandaan?

Die puppy walkers by die gidshondvereniging

kies die naam volgens die

werpsel waarin die hond gebore is.

Maar daar word rekord gehou van

die name omrede die hond

geavalueer moet word en dus mag

die honde nie dieselfde name hê nie.

Van watter ouderdom word die

hondjies opgelei?

Van hulle een jaar oud is word hulle

opgelei vir ses maande deur “Puppy

Walkers” by die Gidshond-Vereniging.

Watter tipe hond word opgelei en

hoekom?

Gewoonlik Labradors, Retrievers of

‘n gekruisde werpsel. Hierdie honde

kan vir ses jaar in diens tree, daarna

treë hulle af en die gesin kan dan die

hond hou of hy/sy word geskenk vir

‘n huis wat na hulle wil kyk. Omrede

die honde so vriendelik en lojaal is

dien hulle as uitstekende gidshonde.

Maar die honde kan ook opgelei

word om as hulp te dien vir gebreklike

mense byvoorbeeld in rolstoele.

Hulle sal dan voorwerpe gaan haal

en takies verrig, hulle word “Service

Dogs” genoem. Die gidshonde vir

blinde mense dra ‘n harnas met ‘n

geel bordjie om sy/haar nek terwyl

hulle saam die persoon stap.

“Service Dog’s” dra gewoonlik ‘n rooi

jassie. Die opleiding sal ook verskil vir

die tipe persoon wat die hulp nodig

het.

Hoveel het Ebba gekos?

Jeanne-Marie moes maar R5 betaal

vir Ebba, maar sy moes ‘n streng kontrak

onderteken. Die opleidng van ‘n

Gidshond kos ongeveer

R100 000, maar die SA Gidshondvereniging

dek hierdie kostes deur

gebruik te maak van donasies deur

die gemeenskappe in Suid-Afrika

ingesamel word.

Interessante feite oor Ebba

Sy kan Jeanne-Marie daagliks met

vyf roetes help.

Dis belangrik om nie ‘n gidshond te

pla terwyl sy werk nie. Jeanne-Marie

moet soms baie streng wees met

haar, sodat sy doelgerig kan wees en

weet waarna toe hulle gaan.

‘n Belangrike reël wat die eienaar

altyd moet volg is, is dat jy nie mag

loop as die hond nie loop nie. Hierdie

vertrouens verhoudings is noodsaaklik

en die hond en sy “eienaar” moet ‘n

hegte verhouding vorm.

Hoe kwalisfiseer mens om so hond op

te lei?

‘n Mens word opgelei vir 2 jaar en

skryf gereelde eksamens by die SA

Gidshondvereniging

Projek Ebba

Dit is ‘n fondsinsameling wat Jeanne-

Marie op die Potchefstroomkampus

loots. Die projek kweek bewussyn en

help geld insamel vir die opleiding

van Gidshonde.

Indien jy wil uithelp skakel of

whatsapp vir Jeanne-Marie

@ 082 720 7498

Meer kontak inligting vir die SA

Gidshondvereniging:

OFFICE HOURS: 08h00 to 16h30

Monday to Friday

Email: info@guidedog.org.za or

fundraising@guidedog.org.za

Gauteng Office & training centre

The Gladys Evans Training Centre

126 Wroxham Road, Rietfontein 2IR,

2191

P.O. Box 67585, Bryanston, 2021

Tel: 011 705 3512 / 0860 100 922

Fax: 086 506 3364

VERKYKER 2015 11

Uitgawe 3

REDAKTEURS BRIEF // HUWELIKSKLOKKIES

NERINE PRESTEER/ NUUSFLITS

NERINE SCHUTTE

PRESTEER

Die afgelope paar maande het

Nerine Schutte (graad 10) as finalis

deelgeneem aan die “Out of Africa”

kompetisie. Gedurende hierdie

strawwe kompetisie moes elke

finalis hul eie Facebook-blad skep,

borge werf, liefdadigheidsorganisasies

ondersteun en veral geld

insamel, vir onder andere organisasies

soos Rhino SA.

Die tema van die kompetisie :

“Be the change you want to see in the

world”. Nerine is die naweek van 26

September by ‘n glansryke

geleentheid gekroon as die wenner

– Baie geluk Nerine met jou kroning

as “Miss Out of Africa 2015”! Nerine

is ook gekroon as die “Best Dressed”

met haar unieke Afrika uitrusting.

Gedurende die naweek van

14 November is Nerine ook gekroon

as die Tweede Prinses van die Miss

Teen Million kompetisie.

Hierdie kompetisie het bestaan uit

59 deelnemers en ons is waarlik trots

op jou puik prestasies, Nerine. Baie

geluk jy is ‘n pragtige Ovie!!

NUUSFLITS

NUUSFLITS

NUUSFLITS

NUUSFLITS VIR 2016!!

Onthou Ovies in 2016 begin

Overkruin met Sportwetenskappe

in netbal, hokkie en rugby vir graad

8 en 9’s. Alle laerskool leerders word

ook graag uitgenooi om deel te

vorm van ons opwindende atletiek,

netball, hokkie, rugby, krieket en

sagtebal ekstra afrigting wat deur

die loop van 2016 hier by Ovieland

aangebied gaan word.

Sien julle daar!

12 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

NUSHKA DE BEER – ONS

EIE OVIE SPORT STER!!

Nushka mag miskien nog in party

mense se oë ‘n groentjie hier wees

in Ovie-land, maar haar graad 8 jaar

is vinnig besig om verby te snel! Sy

het soveel ongelooflike prestasies

hierdie jaar op meer as een gebied

as sportster bereik, dat ons nie die

versoeking kon weerstaan om meer

van haar te wete te kom nie! Ten

spyte van ‘n ongelooflike sportjaar

en ‘n besering of twee, het Nushka

geen gras onder haar voete laat

groei nie en by die TUT TOP 12

byeenskoms, op 30 Oktober het

sy die rekord vir spiesgooi gebreek

met ‘n allemintige 43.13 meter! Dit

het aan haar die ongelooflike ABSA

punt van 1200 verskaf. Vir die wat nie

geweet het nie, dit is die HOOGSTE

ABSA punt wat sy kan verdien!! BAIE

GELUK Nuschka, jou ou doring!!!

Hier is ‘n paar interressante feite oor

ons eie Ovie ster:

Geliefkoosde chocolate :

Ferrero Rocher (goeie smaak!)

Fliek wat haar hartsnare roer?

Marley & Me.

Geliefkoosde kleur?

Pers

Beste Vakansie plek?

Mozambique

Haar held?

Haar Boetie.

Swakste vak?

Engels

Beste vak ?

Wiskunde!

Sportsoort wat sy die graagste aan

deelneem?

Atletiek en Sagtebal.

NUSHKA DE BEER / TOP 12

Kelvin

Maryke

Jaco

Kelvin

Bianca

Luzanne

TUT TOP 12 ARTIKEL

Op 30 Oktober het die Ovie atlete

weer soos een man opgetrek na TUT

se atletiekgronde by Pilditch.

Die byeenkoms was ‘n goue geleentheid

om nie net die 2015 jaar af te

sluit nie, maar ook sommer om die

standaard te stel vir die 2016

atletiekseisoen.

Baie sterkte vir 2016 aan al ons Ovie

atlete en afrigters! Ons weet sommer

nou al dit gaan ‘n spog seisoen

wees! Dit is dan ook by hierdie

byeenkoms wat Nushka de Beer die

ongelooflike ABSA punt van 1200

kon behaal! Weereens baie geluk

Nushka – jou ster skitter baie sterk

hier in Ovieland!

Hier is ‘n blik op die prestigious

byeenkoms:

– Luzanne Kurtz

(Gewigstoot)

– Kelvin van Wyk (800m)

– Maryke Schoeman (800m)

– Bianca Dempers (200m) No

– Jaco Pittendrigh (Spiesgooi)

– Kelvin van Wyk (1500m)

– Bianca Dempers (400m)

VERKYKER 2015 13

Uitgawe 3

OVIE KRIEKET 2015

OVIE KRIEKET SLAAN ‘N

BARSHOU IN 2015 JAAR!

Overkruin krieket het ‘n besige jaar

gehad. Tydens die eerste kwartaal

neem ‘n o/14, o/15 sowel as senior

span aan die Buurmanskaptoernooi

deel. Die kompetisie was sterk en

Overkruin het hul goed van hul taak

gekwyt. Tydens die Junievakansie

neem Overkruin aan die Grootvlei

kriekettoernooi deel. Die juniors

ontvang kwaliteit afrigting van

Johan Muller, en die senior spelers

woon ‘n oefenkamp onder leiding

van die eerstespan afrigter, Mnr. Johan

de Lange, by. Tydens die derde

kwartaal neem Overkruin aan die

liga deel. Overkruin se spanne vaar

goed, maar dit is veral die senior

spanne wat ‘n buitengewoon goeie

seisoen het. Die tweede krieketspan

wen vyf van hul sewe wedstryde.

Die eerste krieketspan wen ook vyf

van hul sewe ligawedstryde, en sluit

die seisoen af met ‘n totaal van 9

wedstryde gewen uit die totaal van

12 wedstryde gespeel. Overkruin

krieket neem ook in 2015 hul

splinternuwe krieketnette in gebruik.

KRIEKET AFSLUITINGS-

DINEE

Op Vrydag 23 Oktober 2015 is ‘n

dinee gehou om dankie te sê vir

die suksesvolle seisoen. Dit was ‘n

pragtige aand waartydens alle

betrokkenes bedank is vir hul

harde werk en toewyding deur

die seisoen. Alle senior spelers en

afrigters het toekennings ontvang.

Daar is ook afskeid geneem van die

huidige ouerkomitee en die nuwe

ouerkomitee is bekendgestel. Die

spogaand het die krieketseisoen op

‘n hoogtepunt afgesluit

14 VERKYKER 2015

Uitgawe 3

PUKKE TOP 30 BYEEN-

KOMS – ARTIKEL

Op 23 en 24 Oktober 2015 het

‘n bussie vol Ovies vertrek na die

skone Potchefstroom. Daar het die

handjievol Ovies met hul talente

gaan woeker by die McArthur Atletiekstadion

van die NWU PUKKE se

sportgronde.

Dit was twee volgepakte dae en

ons atlete het dit uitgesweet en hul

allerbeste gegee. Dit was duidelik :

Ovies kook!!

Ons dogtersspan eindig 4de uit

20 skole!!! OVIES BO!!! Baie geluk,

dames – julle hou ons naam baie

hoog!! Baie dankie vir elke afrigter

en atleet vir julle ongelooflike harde

werk!

Hier is ‘n paar foto’s om julle te wys

wat se fantastiese byeenkoms dit

was :

- Jaco Pittendrigh - Driesprong

- Maryke Schoeman – 800 meter

- Kayla de Waal – 800 meter

- Wiaan Davel – 200 meter

- Nushka de Beer – Spiesgooi

- Michaela Nell – 100 meter.

PUKKE TOP 30

Jaco

Kayla

Jaco

Michaela

Wiaan

Nushka

Michaela

VERKYKER 2015 15

Uitgawe 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!