10.04.2017 Views

Krit Maandag 10 April 2010 small

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

8 Nuus Krit 10 April 2017

Drie in

een

Foto’s: NARDUS ENGELBRECHT

Hannes Brümmer

Waaroor gaan die show?

Dis basies drie komediante uit drie verskillende generasies

van die Afrikaanse grapmakerwese. Ons gesels

oor die geskiedenis van Afrikaanse humor en komedie

en ons improviseer in die hoop dat die gehoor sal skater

van die lag.

Wat is jou rol daarin?

My rol is as’t ware dié van die middelkind.

Waaroor behoort daar nié grappe gemaak te word nie?

Daar is niks waarmee ’n mens nie kan spot nie. Dit is

die één vryheid wat ons as komediante gegun word. As

individuele komediant is daar sekere dinge wat vir my

te naby aan die been sny en daarom vermy ek dit. Ek

is byvoorbeeld nie ’n besonder politiese komediant nie

omdat ek nie glo my opinies is noodwendig die sterkste

nie en ek kan dit nie noodwendig so goed motiveer nie.

Wie moet liewer nie na die show kom kyk nie?

Daar is ’n ouderdomsbeperking. Verkieslik niemand

jonger as 16 nie, want sien, as jou agjarige die show

kom kyk, moet jy nie ontsteld wees as hy nuwe woorde

leer nie. Verder is die show oop vir almal. Ons hoop

dat sensitiewe mense hulself sal toelaat om die oogklappe

af te haal en hulself uit te daag om saam te kom lag.

Is snaaks­wees harde werk?

Ongetwyfeld. As komediant is dit noodsaaklik dat jy op

hoogte van sake bly. Mense se humorsin verskil ook en

dis jou werk om uit te vind wat hulle geniet en wat nie.

Jy moet heeltyd werk om uit te vind wat daardie spesifieke

gehoor tickle. Elke nou en dan werk alles en dit

voel of jy ’n golf ry en op daardie oomblik voel dit soos

die maklikste, lekkerste en mees rewarding ding wat jy

kan doen.

Wat weet ons nie van die ander twee ouens nie?

Hulle is glad nie so kras soos mense dalk vermoed nie.

Schalk en Casper is vreeslik hoflik, met mooi tafelmaniere.

Casper de Vries

Waaroor gaan die show?

Oor alles en oor niks. Oor diep en vlak dinge. Dit gaan

oor drie stand-up komediante (asseblief nie skerpskertsers

of whatever die woord is nie) wat uit drie generasies

bymekaarkom op een verhoog – en alles wat dit tot

gevolg het.

Wat is jou rol daarin?

Ek is die oudste – die oupa van die drie. Hannes is die

pa en Schalkie is die kleinkind van Afrikaanse komedie.

Waaroor behoort daar nié grappe gemaak te word nie?

Dis elke komediant se eie besluit. As jy oor ’n grens

gaan met ’n gehoorlid wat nie daarvan hou nie, dan

kan hy vir twee sekondes vinnig asemhaal en dan aangaan

of uitstap, maar daar is nie ’n boek met reëls nie.

Dit sal altyd verander en die grense sal aanhou aanskuif.

Wie moet liewer nie na die show kom kyk nie?

Ek sal eerder sê die mense wat MOET kom, is mense

wat hou van my, Schalk en Hannes se humor. Ons humor

oorvleuel en ons kan vir mekaar lag. Dis eg-Afrikaans

en Suid-Afrikaans, so mense wat ’n sin vir humor

het: Welkom!

Is snaaks­wees harde werk?

Dit is ’n gawe wat jy van jou ouers se ancestry kry en

jy is gelukkig om daai geen te ontvang. Dis soos om ’n

koek te bak – jy weet jy het al die bestanddele, jy moet

dit net reg aanwend. Dán is snaakswees nie so moeilik

nie – veral as ’n mens eerlik is en nie aangeplak is nie,

en dan gaan jy net met jou persoonlikheid. Wat belangrik

is om te onthou met humor: Die mense wat dit pleeg

is effe af om mee te begin.

Wat weet ons nie van die ander twee ouens nie?

Hannes rook en versamel cartoons. Nie Mickey Mouse

nie – die hardebaard Superman- en Ironman-soort cartoons.

Schalk dra sy truitjies net op die verhoog.

Schalk Bezuidenhout

Waaroor gaan die show?

Dis drie comedians wat oor die verhoog stap wat dan

net lekker met mekaar en met die gehoor gesels. Baie

van die show is geïmproviseer; ons het ’n raamwerk,

maar enigiets kan gebeur. Ons hou dit vars en die gehoor

kan maar weet dit wat hulle vanaand sien, gaan

net hulle sien.

Wat is jou rol daarin?

As ek nou regtig vir myself ’n rol moes gee, sou dit tien

ten een die worsrol wees. Ek is heeltyd tussen twee sulke

heerlike buns – Hannes en Casper – en soos die bun

die wors ondersteun, so voel ek ondersteun hulle my.

Waaroor behoort daar nié grappe gemaak te word nie?

Laurika Rauch. Niémand spot met Tannie Laurika nie.

Wie moet liewer nie na die show kom kyk nie?

Dit is nie vir sensitiewe kykers nie. Ons gaan definitief

nie uit ons pad om te skok nie; dit is nie die punt van

die show nie, maar dit is nie ’n familie-show nie en definitief

nie vir kinders nie.

Is snaaks­wees harde werk?

Ja, jy moet heeltyd op hoogte bly van wat aangaan en jy

moet dit vars hou. Jy wil nie hê dat een enkele grap

dieselfde is as in ’n vorige show nie.

Jy wil ook gereeld shows doen en nie net een keer elke

vyf jaar nie.

Daar is baie aande wat jy op die verhoog klim sonder

om vergoed te word – waar jy net materiaal toets.

Jy moet heeltyd op jou tone wees om te sien uit watter

nuusstorie of situasie jy ’n grap kan maak.

Wat weet ons nie van die ander twee ouens nie?

Hannes se regte naam is eintlik Casper de Vries – hy

moes dit verander toe hy begin komedie doen het omdat

Casper de Vries reeds famous was. Die ander ding van

Casper is – hy slaan ons. As ek en Hannes nie snaaks

genoeg is nie, slaan hy ons.

) 3­in­1. Komedie. Absa Burgersentrum. Vandag om 14:00.

‘Ek is nie ’n

besonder politiese

komediant nie.’

‘Die mense wat

humor pleeg is effe

af om mee te begin.’

‘Niémand

spot met

Tannie Laurika

nie.’

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!