You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Foto: JACO MARAIS

Hoekom wil Deon Maas ’n

bronsbeeld van Karen Zoid

in Oudtshoorn laat oprig?

‘ZOID

hoef jou kinders

wat trou is te vra,

wat beteken die GBB dan, SuidAfrika?’

Krit

Woensdag 12 April 2017 R8.50

In samewerking met Die Burger
2 Nuus Krit 12 April 2017

Anet PienaarVosloo

Sy was 13 jaar die hoof van

die KKNK.

Die storm en drang jare.

Toe was sy drie jaar aan die

stuur van die Oude Libertas-tearer

buite Stellenbosch. En toe

kom die groot uitdaging: baas

van kykNET, die groot suksesstorie

van M-Net, wat onder

haar leiding nuwe hoogtes bereik

het.

Karen Meiring is ’n legende in

die Afrikaanse kunstewêreld,

een wat daarvoor bekend is dat

sy grense verskuif en nuwe

idees vreesloos aanpak.

Sy is die “ma” van die Afrikaanse

kunstefees, een met baie

pa’s.

In haar lewe is daar baie

mans wat haar tydens haar dae

by die KKNK beïnvloed en geïnspireer

het.

Eerste op die lysie is soos sy

hom noem, Oom Jans. “Toe ek

die uitvoerende hoof van die

KKNK was, het hy tot ’n bed in

ons kantoor gehad sodat hy nie

smiddae hoef terug te ry Oulap

toe nie. Hy het hom nie laat ignoreer

nie!’

Ander mense wat klippe uit

haar pad gerol het, was Ton

Vosloo (volgens haar ’n werklike

beskermheer) en David Piedt,

by wie sy baie geleer het tydens

die oorgangsjare.

Vroue was daar ook. Santie de

Jager, ’n sterk vrou van Oudtshoorn,

wat ’n groot bydrae in

die beginjare van die fees gespeel

het en “tannie” Rosie

Karen Meiring: “Ons het ’n opkoms van jonges nou nodig.”

Schoeman.

“Tannie Rosie het werklik

baanbrekerswerk gedoen, van

die begin af. Sy het gemeenskappe

bymekaar gebring en die idee

van welvaart deel, ’n belangrike

beleid van die fees gemaak.”

Wat dink jy van Afrikaanse

kunstefeeste in 2017?

“Dis steeds die Nagmaal op

die markplein. Ons Fiësta-paneel

het verlede jaar gesamentlik

by die vervaardigende feeste

‘ONS HET ’N VER PAD GELOOP’

Foto: ANET PIENAARVOSLOO

KKNK se ‘ma’

is vreesloos

meer as 120 nuwe debuutproduksies

gesien.”

Saartjie Botha, hoof van die

Woordfees, het die rol van Afrikaanse

kunstefeeste onlangs by

die Fiësta-beraad verwoord deur

te sê dat die enigste leiers wat

ons as Afrikaanse mense nou

het, ons regisseurs en dirigente

is…

“Ek hou nie van die woord

‘transformeer’ nie, want dit

klink asof iemand iets gaan verloor,

en verkies om te sê dat ons

met kunstefeeste integreer en

hervorm.

“Met kykNET het ons oor

kleurgrense heen beweeg. Mense

is so belê in ons karakters;

daar is geen skeidslyne meer

nie.”

Almal kyk deesdae sepies, ’n

genre wat nie onderskat moet

word nie.

“Dis verstommend. In 1999 is

die reddingsboei uitgegooi vir

Afrikaanse televisie. Al die kyk-

NET-kanale het sedertdien bly

groei: kykNET, kykNET&kie en

kykNET NOU!

“Ons het pas ons digitale tydskrif

in samewerking met Rapport

in gedrukte vorm begin uitgee!

“Ons sakemodel het aangepas

as gevolg van ons mark en digitale

dinge soos Facebook en

Google.

“Ons skep ongeveer 2 000 vars

inhoudsure per jaar. Ons kyk na

meer komedie en drama. Vir die

toekoms kyk ons na meer algemene

vermaak. Ons stel in Julie

’n nuwe dokumentêre reeks oor

die bekende Kook en Geniet van

S.J.A. de Villiers beskikbaar.”

En hoe klop jou hart vir die

KKNK?

“Ek is nostalgies as ek hier

kom. Hier is soveel paaie wat ek

geloop het. Hier is wonderlike

emosies en herinneringe. Ek bly

steeds by die ‘ou’ Holiday Inn,

nou die Oudtshoorn Inn, waar

baie dinge gebeur en uitgesorteer

is, soos die konferensie ná

die Miriam Makeba-voorval.

“Wat ek nou mis, is dapperheid

en groter passie onder die

jonges. Millennials het ’n ander

ingesteldheid wat met oorlewing

en oorlewering belyn moet

word. Ons het ’n opkoms onder

die jonges nou nodig. Ons moet

die aflosstokkie aangee met die

hoop dat die volgende generasies

nuwe mylpale gaan skep.”

Karen kyk stip na my met

die tipiese ondeunde kykie in

haar oë: “We’ve come a long

way, baby!”
Krit 12 April 2017 Nuus 3

KKNKENTREPRENEUR:

Oom Plaas se dogter

Krit

Redakteur

Danie Keet

danie.keet@media24.com

Marchelle van Zyl

Marjé Smit (18) het laasjaar

matriek geskryf en

vat nou ’n gap-jaar.

Maar anders as ander skoolverlaters

sit sy nie op die stoep

of hang uit in die Kuiertuin nie.

Sy bedryf haar eie besigheid en

is dié jaar een van die jongste

entrepreneurs op die KKNK se

feesterrein.

Oom Plaas is die naam van

die stalletjie waar sy haar soute

en plaasprodukte verkoop. Die

produkte wat sy verkoop is alles

deur die “ou tannies op die boeremanier”

gemaak. Maar die

sout maak sy self. En dis dan

ook hoekom haar leuse is:

“Plaasprodukte soos uit jou kinderdae.”

Maar waar het dit alles begin?

Marjé het grootgeword op ’n

plaas in die Carnarvon-distrik

en saam met haar ouers, Miesie

en Martin, en twee broers, Kobus

en Stefan, het sy gou geleer

om self in te spring. Sy bedryf

die gastehuis op die plaas en

hulle bied ook toere aan vir gaste.

Daarby is sy ’n kranige ruiter

en neem gereeld aan gimkana-kompetisies

deel.

So het haar pa eendag lamsvleis

op ’n plaasmark in die

Paarl gaan verkoop en sommer

as ’n toegif ’n pak pansout

saamgeneem. Dit blyk toe daar

is meer belangstelling in die

sout as in die vleis.

“Die sout kom van die panne

af, tussen Prieska en Carnarvon

en Vosburg. Die storie loop dat

dit elke 20 jaar so baie in die

Karoo reën dat net die windpompe

se koppe in die panne in

die water staan. Nou, my pa en

my oupa sê so, maar ek wil dit

nog sien, want ek is nou maar

18. Ek het nog twee jaar,” lag

sy. “So, as die water nou wegsak

en die windpomp hom nou

Marjé Smit verkoop plaasprodukte wat nog volgens die tradisionele resepte

gemaak is.

Foto: MARCHELLE VAN ZYL

dit nou op die Karoovlaktes uit

en dan oes hulle hom. En as hy

nou gekristalliseer het, verpak

ons dit in die grinder-potjies

met verskillende kruie en speserye.

Elke potjie word individueel

met die hand gemeng, om seweer

uithaal, dan is dit nou

hierdie hoë konsentrasie sout en

dis vreeslik hoog in minerale.

Hy het omtrent die hele periodieke

tabel in,” skerts sy. “Ons

het dit laat ontleed – dis vreeslik

gesond. En dan pomp hulle

ker te maak dit het net die regte

hoeveelheid speserye en kruie

in. En die label word ook met

die hand opgeplak.”

Sy het verskillende resepte

ontwerp vir verskillende produkte

–- selfs ’n sout vir braaibroodjies.

Wat hou die toekoms vir haar

in?

“Die idee was altyd om die

soute te gebruik as ekstra inkomste

om vir universiteit te

betaal.”

Maar die besigheid het so

goed gedoen dat sy besluit het

om ’n gap-jaar te vat, markte te

besoek en só meer van die land

te sien. Oom Plaas word nou al

in bykans 150 winkels verkoop.

Haar ma, Miesie, en pa, Martin,

en broers Stefan en Kobus

spring ook in om te help. Dis ’n

familie- en gemeenskapsbesigheid.

Marjé het vir tannie Nella

gebel wat ook daar naby boer,

en gevra of sy vir haar sal konfyt

maak. Haar tannie Anita van

Ladismith het weer die hele distrik

daar gekry om koekies en

beskuit te bak. Haar pa, Martin,

het met ’n unieke resep vir

skaapwors vorendag gekom.

Wat is een van die grootste

uitdagings om ’n entrepreneur

te wees?

“Om moed te hou. Om te sê

dit gaan werk as almal anders

skepties is,” lag sy. Sy lag die

hele tyd.

Wat is die lekkerste daarvan

om jou goed by die markte te

verkoop?

“Om die mense te ontmoet. En

al hul stories te hoor, want ’n

mens kuier lekker met mense

wat jy nie ken nie. En om nuwe

produkte te ontwikkel,” vertel

Marjé. “Elke dag is ’n nuwe uitdaging

en ’n nuwe avontuur.”

) Ontmoet Marjé by Tent C, stalletjie

33. Of kontak haar by oomplaas1@gmail.com.

Uitgewer & advertensies

Hannelie Cronjé

083 303 6117

hannelieg@media24.com

Nuusredakteur en produksie

Ilse Krige

6ilse.krige@gmail.com

Uitleg, ontwerp en produksie

JohnnGrant Munro

Woordsubs

Susan Booyens

Lize Mulder

Resensente

Ilza Roggeband

Herman Lategan

Willem Bester

Marina Griebenow

Spesiale gasskrywers

Ton Vosloo

Anet PienaarVosloo

Skrywer: Boeke

Marlene Malan

Skrywer: Onderhoude

Lynné Schoeman

Skrywer en fotograaf

Marchelle van Zyl

Sosiale media

Clifford en Maryke Roberts

Fotograwe

Nardus Engelbrecht

Jaco Marais

Natalie Gabriels

Waar is ons kantore

SuidKaapkollege

h.v. Voortrekker en Adderleystraat

KritNOU

Besoek kknk.co.za

om elke dag se uitgawe

elektronies te lees of af te laai.

KKNKontbyt

Ten bate van die Rapportonderwysfonds:

Datum: 14 April. Tyd: 07:30

Plek: Welgeluk NG Kerksaal, Parkweg

Suid, Oudtshoorn.

Koste: R120 per persoon. Enige wins

sal oorgedra word na die ROF.

Spreker: Adv. Jan Heunis, voorsitter

van die Konvokasie van Universiteit

Stellenbosch. Gee asseblief terugvoering

aan Schalk van Vuuren, tel. 083

628 7900; Willem Knoetze, tel. 082

408 6769 of Deon Joubert, tel. 083

458 0706, indien u die ontbyt gaan

bywoon. Hierdie ontbyt is ’n moet op

die KKNKbesoeker se program. Ons

sien uit daarna om u in Oudtshoorn te

ontmoet.

Afrikaans.com – vier en

uppe marketing AA15834

verken die lekker

van Afrikaans.

afrikaans.com
4 Nuus Krit 12 April 2017

Rolanda Marais speel een van die hoofrolle in die nuwe Afrikaanse rolprent Johnny is nie dood nie wat onder

meer terugkyk na die Voëlvrybeweging van die 1980’s.

Foto: VERSKAF

Johnny gaan gehore

laat regop sit

Die veelbesproke teaterregisseur

Christiaan Olwagen

maak met Johnny is nie

dood nie sy filmdebuut. Dit word

op 5 Mei 2017 in filmteaters landwyd

bekendgestel. Die bekroonde

rolprentmaker Jaco Smit is assistent-regisseur,

met top- Suid-Afrikaanse

akteurs soos Rolanda Marais,

Albert Pretorius, Ilana Cilliers

en Ludwig Binge wat

hoofrolle vertolk. Roelof Storm

speel die titelrol van Johnny.

Dié film, gegrond op ’n toneelstuk

deur Malan Steyn, vertel die

verhaal van ’n groep studentevriende

in die laat 1980’s. Tussen

partytjies en protes vorm die vyf

studente ’n hegte vriendskap, en

die Voëlvry-musiek word die

klankbaan van hul eie seksuele

en politieke ontwaking. Saam probeer

hulle as jong Afrikaners ’n

alternatiewe identiteit sonder

apartheidsbagasie oop rock-enrebelleer.

Die film verwys na

die rol van bekendes soos Johannes

Kerkorrel, Bernoldus

Niemand, Koos Kombuis en die

Gereformeerde Blues Band in

dié generasie-protesaksie.

Charl-Johan Lingenfelder het

die oorspronklike musiek vir

Johnny is nie dood nie behartig.

Die film speel gedeeltelik in ’n

tydvak af toe die regering en die

kerk van die dag grootliks die samelewingsnorme

en -gedrag voorgeskryf

het. Die rolspelers se lewe

ongeveer 14 jaar later word ook

onder die loep geneem, en kan beskryf

word as ‘die post-rewolusie

blues van die Afrikaner’.

Die dood van hul universiteit

vriend Johnny bly nog ’n raaisel,

iets wat al vier oorlewendes

steeds teister.

Die film is ’n reünie-drama in

die styl van die Amerikaanse The

Big Chill en die Britse Peter’s

Friends: ’n storie oor vriendskap

en verraad, seksuele en politieke

bevryding, jeugdige idealisme en

middeljarige ontnugtering, die

verlies aan onskuld en die aanvaarding

van kompromieë ter wille

van oorlewing. Dit ondersoek

ook die verwoestende uitwerking

wat die Grensoorlog op duisende

dienspligtiges gehad het.

Herman Binge, die uitvoerende

vervaardiger, glo dat hierdie film

’n universele tema het wat wyd

aanklank by alle Suid Afrikaners

sal vind.

“Hoewel hierdie film ’n in-diepte

en spesifieke insig in die ‘antiestablishment’-protes

en bevryding

van Afrikaner-denke in die

tagtigerjare gee, en die musiek

dalk tot ’n sekere generasie

spreek, word met puik toneelspel

en musiek baie grense oorgesteek.

Ek is oortuig daarvan dat die

‘millennials’ dalk verras kan wees

met die nuwe insigte in ons

volksgeskiedenis wat die kontroversiële

film bied.”

) Die film is moontlik gemaak met

die ondersteuning van kykNET

Films, die D.T.I. en ARCO V.C.

SterKinekor hanteer die film se

verspreiding.

8035 HCF Johnny Awards Poster RESIZE FA1.indd 1 2017/04/06 4:56 PM

is oortuig

daarvan dat die

‘‘Ek

‘millennials’ dalk

verras kan wees

met die nuwe

insigte in ons

volksgeskiedenis

wat die

kontroversiële film

bied.

Laout_01.indd 1

2017/04/11 02:50:22 PM
Krit 12 April 2017 Nuus 5

Pieter Koen onthou eerste KKNK

Maryke Roberts

Pieter Koen is een van daardie

sangers wat eintlik geen bekendstelling

nodig het nie, maar net

vir dié wat hom nie ken nie: hy

is die voormalige Radio Rippelomroeper

en aanbieder van kyk-

NET se gewilde musiekprogram

op Saterdagaande, Jukebox. Van

sy treffers sluit in “Skud jou

biscuit”, “3 susters van Drie

Susters” en “Tattoo”.

Krit het met hom gesels oor sy

optrede Vrydagaand by die

Huisgenoot-verhoog om 18:00.

Hoop ons sien jou daar.

Wat is spesiaal aan die vertoning?

Wat die vertoning spesiaal

maak, is die feit dat Jukebox in

sy tiende seisoen is. Uiteraard is

dit ’n besonderse mylpaal en

deur die jare is daar ook deurgaans

gepoog om so gereeld as

moontlik Jukebox in ’n meer

fisieke formaat aan die publiek

te bring, eerder as net die belewenis

week ná week op die

spreekwoordelike kassie. Ons

het al verskeie “Jukebox Roadshow”-vertonings

suksesvol aangebied

en dit goed gedink om

hierdie jaar ’n soortgelyke vertoning

by sekerlik een van die

bekendste kunstefeeste in die

land aan te bied. Wat dan hierdie

rondte ekstra spesiaal maak,

is dat ons dit saam met ’n orkes

gaan aanbied, en van die land se

mees geliefde kunstenaars gaan

insluit.

Vanjaar is dus vir jou ’n groot jaar.

Wat is vir die lekkerste van die

show?

Sjoe, die gesegde is nie verniet

“tyd vlieg as ’n mens iets geniet”

nie. Ek kan jou weliswaar

nie glo ons is al so lank

aan die gang nie, maar is tog

ook besonders bevoorreg en

baie geëerd om wel in hierdie

posisie te kan wees. Die sukses

van die program lê myns

insiens in die samewerking

van die totale span wat verantwoordelik

is vir Jukebox, en ’n

mens kan ook nie die musiek

waarom die program draai, vergeet

nie. Jukebox se aanslag is

lekker en gemaklik en ek is oortuig

daarvan dat ons deel van

die kultuur oor die jare geword

het. Ek dink menige huishouding

maak deesdae seker dat die

vure reeds hoog brand voordat

Jukebox op ’n Saterdagaand begin

sodat ons juis ’n lekker geselligheid

of kuier met die musiek

en geselsie wat ons bied,

kan komplementeer.

Wat vier jy nog vanjaar?

Ek is baie opgewonde oor

wat voorlê in 2017. My nu-

Vir Pieter

Koen het

die KKNK

’n onvergeetlike

uniekheid.

Foto: VER

SKAF

we album is skaars

vier of wat maande

oud en dit beteken

dat daar nog baie

werk en heelwat kuiers

by dorpe en geleenthede in

ons land gaan wees. Ek

wil soos met al my vorige

albums seker maak almal

kry hom te hore en maak hom

ook deel van hul versameling.

Ek sien ook vreeslik uit na so ’n

paar indrukwekkende byvoegings

wat ons totJukebox gaan

maak in die nabye toekoms, en

weet sommer dat die volgende

dekade nie net by ons as program

nie, maar ook by kykNET

as kanaal van die beste nog

gaan wees.

Hoekom geniet jy die KKNK

so baie en wat is vir jou

uniek daaraan?

Volgens my is die KKNK

die “patriarg” van feeste

in ons land. Wat my bietjie

kennis rondom die geskiedenis

van die fees betref,

is ek van mening dat

die KKNK die eerste van

sy soort was en

is. In die tyd sedert

die eerste

KKNK het daar

al heelwat

soortgelyke feeste

die lig gesien

– ook met baie sukses natuurlik,

maar wat die KKNK betref, is

dit die oudste van al die “kinders”.

Ek kan ook baie goed my

eerste optredes as jong kunstenaar

by die fees onthou, die

rondhardloop van die een na die

ander verhoog, bietjie asem

skep en weer gaan, en natuurlik

sal ek nooit vergeet hoe ek in ’n

tentjie in iemand se erf gekamp

het daardie eerste jaar van die

fees nie. Uitmuntende tye wat

my altyd nederig sal hou. Die

fees het vir my ’n onbeskryflike

uniekheid – seker vanweë die

feit dat ek dit as ’n “senior” fees

sien en beskou.

Wat is die een ding wat jy nie kan

misloop by die KKNK nie – enige

rituele soos roosterkoek gaan eet,

of koffie op die Queen’s Hotel se

stoep?

Die stof . . . vuil voete . . . moeë

bene ná ’n dag by die fees en ’n

draai by al die stalletjies, en ’n

lekker braai saam met vriende

en/of kollegas ná ’n goeie vertoning.

Wat hou die res van die jaar vir

jou in?

Daar is natuurlik die Pieter

Koen-familiepiekniek op 30 Julie

in Pretoria en altyd ’n aangename

surprise of drie . . . Hou hierdie

spasie dop.
6 Nuus Krit 12 April 2017

‘Klikkerland’ vol

manewales en raaisels

Kom kuier in die Klikkerhuis

saam met die kleurvolle Klikkerlanders!

Hul dae is vol poetse,

planne en pret.

In hierdie maltrap-avontuur

ontsnap ’n paar veldmuise in

die Klikkerhuis en maak groot

amok.

Een van die Klikkerlanders

leer hoekom die ou gesegde

“slim het sy baas gevang” baie

waar is, en verskeie poetse en

misverstande veroorsaak groot

konsternasie.

Die Klikkerlanders benodig

ook die hulp van maats in die

gehoor om ’n raaisel op te los.

’n Avontuurlustige Klikkerlander

is ook seker hy is gereed

om te vlieg in sy “vliegstoel”.

Die gehoor voel deel van die

aksie en sal die vertoning verlaat

met ’n ligter hart.

Klikkerland se fokus is pret.

Die karakters is goed beplan

sodat daar ’n persoonlikheidstipe

vir elke kind is. Selfs die

name van die karakters is gekies

om te help om kindertongetjies

te oefen om moeilike

Afrikaanse klanke uit te

spreek. Kinders wie se huistaal

nie Afrikaans is nie, sal ook

baat vind by Klikkerland.

Volume 1 tot 4 van Klikker-

Met súlke karakters kan Klikkerland net ’n lekker plek vir die jonger

feesgangers wees.

Foto: VERSKAF

land, ’n musiekvideo-kompilasie

en ’n CD met musiek van

volume 1 tot 4 is sover beskikbaar

in die Klikkerland-reeks.

Die reeks is beskikbaar by musiekwinkels

landwyd.

Klikkerland volume 3 is tans

benoem vir ’n gesogte Ghoematoekenning

in die kategorie

Beste Kinderalbum of DVD.

Klikkerland is te sien op

kykNET. Die reeks word versprei

deur WOW Music Distri-

bution by Musica en verskeie

ander musiekwinkels landwyd.

Kontak die Klikkerlanders

gerus per e-pos by info@klikkerland.co.za

of gaan kuier op

hul webwerf klikkerland.co.za

of by Facebook onder Klikkerland.

) Klikkerland – Poetse, planne

en pret. 2017 is Klikkerland se

4de jaar by die KKNK en hulle is

nog Sa. om 11:00 by die ATKV

Neelsieteater te sien.

De Klerk Oelofse bieg op die verkeerde tyd en plek oor ’n verhouding

waaroor daar liewer maar nie gepraat moes word nie in die

komiese Strooijonker.

Foto: NATALIE GABRIELS

KOMEDIE: STROOIJONKER

Teks té yl

om ‘gaste’

te bekoor

Willem Bester

As daar iets soos plekspesifieke

teater is,

vermoed ’n mens daar

moet ook iets soos gehoorspesifieke

teater wees. In die geval

van Strooijonker moet die

gehoor verkieslik reeds effens

geswael wees voor die ligte

doof – die komplimentêre glas

borreltjies gaan net só ver.

Die konsep is eenvoudig:

Lukas Basson (De Klerk Oelofse)

is strooijonker op die

bruilof van Afrikaanse Jean

en Joodse Cheryl. Hy word

gevra om ook seremoniemeester

te wees en die heildronke

in te stel. Aangedryf

deur die vonkelwyn, daardie

waarheidserum van die onbeholpenes,

raak hy gou die pad

byster, was hy die Vorsters

en die Liebermans se vuil

wasgoed voor die trougeselskap,

en bieg hy dat hy die

bruid nog altyd lief had.

Die teks en regie, deur onderskeidelik

Louw Venter en

Rob van Vuuren, raak ongelukkig

die pad ewe gou byster.

Vir die verhoog is tydsberekening

en -beplanning ’n

groot deel van die stryd. Beperkte

materiaal is nie opsigself

’n fatale probleem nie,

maar dan moet die spelleiding

van so ’n aard wees dat

grappe en ander komedie-elemente

slegs tot op hul limiete

gerek word – en nie verder

nie. ’n Dronk mens wat soos

’n aap in ’n porseleinkas

rondstorm, is net tot op ’n

punt snaaks, en ’n mens se

kapasiteit vir daardie inwaartse

siddering oor vernederende

gedrag het ook grense.

Dit is tot Oelofse se krediet

dat ’n mens hom as akteur

nooit jammer kry nie. Sy maniese

energie blyk sonder

perke te wees, en hy verloor

nie fokus in die frenetiese

verloop van oorywer na

dronkverdriet nie. Hy doen

sy bes, maar daar is bloot nie

genoeg vir hom om mee te

werk nie, en veral sy vernuf

as fisieke akteur word nie

volledig benut nie.

Die gehoor, wat ook deel

van die rolbesetting raak, het

aanvanklik heel entoesiasties

meegedoen, maar ná ’n ruk

het die geesdriftigheid ooglopend

getaan. Dis wat gebeur

wanneer iets wat eintlik die

lengte van Dinner for One

moet wees vir nog ’n driekwartier

langer aanhou.

‘‘Dit is tot

Oelofse se

krediet dat ’n

mens hom as

akteur nooit

jammer kry nie.
Krit 12 April 2017 Nuus 7

Theuns Eloff: “Hierdie

afgradering is stadige

gif”, tydens gisteroggend

se gesprekreeks.

Foto: MARLENE MALAN

Zuma gaan tot

einde van jaar

bly, glo Eloff

Marlene Malan

Die eerste draaipunt van Suid-

Afrika se afwaartse politieke

spiraal is die aanwysing van die

president van die ANC einde

vanjaar.

As Cyril Ramaphosa dié pos

kry, sal daar eers “ ’n plato

wees, en dan ’n geleidelike opwaartse

kurwe. As Nkosazana

Dlamini-Zuma die uitverkorene

is, sal Suid-Afrika nog ’n rukkie

in daardie afwaartse spiraal beweeg.

Dan is die volgende draaipunt

oor twee jaar, in April of

Mei 2019, met die volgende algemene

verkiesing.

Só het dr. Theuns Eloff, uitvoerende

hoof van die FW de

Klerk-stigting en voorheen rektor

van die Noordwes-Universiteit,

gister in ’n bespreking van

sy boek Turning Point gesê.

Turning Point is die vertaling

van Eloff se boek Wat nou, Suid-

Afrika?, maar aangevul met drie

splinternuwe hoofstukke wat die

jongste verwikkelinge aan die

politieke front in Suid-Afrika

‘‘Hierdie

afgradering is

stadige gif. Jy

sien nie die

gevolge

onmiddellik nie –

dit sypel

geleidelik in.

bespreek. Albei boeke het by Tafelberg

verskyn, Turning Point

sowat drie weke gelede.

Eloff sê iets wat hy, en baie

ekonome, wel “misgelees” het,

“is dat dit langer sou duur voordat

ons land ekonomies afgegradeer

sou word. Hierdie afgradering

is stadige gif. Jy sien nie

die gevolge onmiddellik nie – dit

sypel geleidelik in”.

Hy het ook geen doekies omgedraai

oor Zuma se politieke

toekoms nie. “Daar is absoluut

geen kans dat hy uit sy pos

gaan verwyder word voor die

einde van die jaar nie.”

Net die ANC kan dit doen; nie

eens burgerlike opstand gaan

iets verander nie, sê Eloff. Dis

waarom hy in sy boek praat oor

“Zuma se ANC”.

Zuma het van skaapwagter tot

intelligensiehoof van Umkhonto

we Sizwe tot president gevorder,

maar in die Nelson Mandela-era

nie ’n noemenswaardige pos beklee

nie. Daar het ’n wraakgevoel

in hom ontstaan. “Die populiste

het hom ingebring as adjunkpresident.

Hy is nie ’n

filosoof nie; hy is ’n opportunis.

Mense het nie sien kom wat hy

sou aanrig nie. Eers was die gevoel

anything but Mbeki; nou is

die gevoel anything but Zuma.”

Eloff sê hy het Zuma nog altyd

die “shrewd Zoeloe” genoem.

Volgens hom kla die wittes

dat “FW de Klerk ons uitverkoop

het”.

“Die jong swart mense voel

weer dat Nelson Mandela hulle

uitverkoop het.”

afrikaans

saam met die atkv by vanjaar se kknk!

Môre, 13 April se program:

Kom kuier saam in die wonderwêreld

van boeke! Ons bobaas-boekwinkel

is weer in die Rembrandsaal agter die

CP Nel Museum. Dié fees van boeke vir

boekliefhebbers van alle ouderdomme, sluit

ook ’n reeks boek-gesprekke in wat deur

Daniel Hugo saamgestel is en daagliks hier

aangebied word.

ATKV-Neelsie (Arbeidsgenot):

Arbeidsgenot is die nuwe tuiste vir jong feesgangers (en hulle ouers) waar hulle kortkuns en Uitkampteater-optredes, asook

poppeteater en opwindende 3D-kindervertonings, kan beleef. Daar is ook ’n heerlike koffiewinkel vir innerlike versterking.

09:00 DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN ANDRIES

ANDERS

DEBUUT. Met Gerrit Fourie, Pieter-Dirk Steyn,

Charl Henning, Willem Esterhuyse, Berlie Swart,

Marnus Nel en Franco de Wet.

14:00 DINOSOURUS-SAFARI

Met Liena van der Merwe, Anso van Eeden,

Ané van den Berg en Lize Bosman.

Daagliks: CRAFTY KIDS – Skeppende aktiwiteite

FILMVERSE 2

Ons bekroonde digkuns-animasieprojek

is te sien in die Prince Vincent-gebou in

Baron van Reedestraat. Moenie hierdie

besondere digkuns-ervaring misloop

nie. Gratis. Daagliks. 40 minute.

@ATKVSA

ATKV-Tienertoneel

Ons spog vanjaar met twee van ons 2016-wenproduksies:

Hoërskool Durbanville se wenstuk, Fragment, en

Hoërskool Jan van Riebeeck, naaswenner, se Die maan val

bewusteloos.

Griesselsaal: 14 en 15 April

ATKVSA

11:00 Giliomee – taalaktivis en historikus

Met Hermann Giliomee en Daniel Hugo

(gespreksleier)

14:00 Melk die heilige koeie

Met Deon Maas en Marianne Thamm

(gespreksleier)

UITKAMPTEATER VIR DIE JONGSPAN

11:00 WIT ROSIE, ROOI ROSIE

Met Elanza Swart, Almar Müller,

Liezel Swartz, Emile Tredoux en Lara Hattingh.

Daagliks van 09:30 tot 15:00

In die woud – Nieverbale teater

Kattekwaad – Kinderteater

Nóg meer Kattekwaad – Kinderteater

CINDERSCHOELER: Fisiese teater

Word vandag ’n lid van die ATKV deur “ATKV” na 44733* te SMS.

*Standaardtariewe geld.

www.atkv.org.za
8 Nuus Krit 12 April 2017

RESENSIE: DIE REUK VAN APPELS

’n Droomdebuut

Met kommentaar deur LARA BYE

Marina Griebenow

Om ’n roman in ’n geslaagde toneelstuk

te omskep, is nie ’n

hierjybedrywigheid nie. Vra maar

vir iemand soos Saartjie Botha, wat al

heelwat lof en erkenning ontvang het vir

haar verwerkings van onder meer Bidsprinkaan

van André P. Brink, asook ’n

Ander tongval van Antjie Krog.

Sodanige verwerkings is ook ’n voorliefde

van die bekende en geliefde Janice

Honeyman wat nie net romans in toneelstukke

omskep nie, maar sommer self

ook die regie behartig. ’n Mens onthou

haar produksies van Vatmaar en Shirley,

Goodness & Mercy wat etlike jare gelede

by die Baxterteater in Kaapstad opgevoer

is.

Benewens die groot taak om die

opvoerregte daarvoor te bekom, was

die keuse van verwerker die eerste

vraagstuk wat Johan van der Merwe en

Rudi Sadler van die nuwe produksiehuis

Theatrerocket in die gesig gestaar het

toe hulle ’n verhoogverwerking van Mark

Behr se welbekende roman Die reuk van

appels gekies het as hul debuutprojek.

Hulle nader Johann Smith, ’n dramaturg

en skrywer van Gauteng wat reeds

drie keer die ATKV se CR Swartprys vir

sy toneeltekse ontvang het, om die

moeilike taak aan te pak om die roman

in ’n toneelmatige teks te omskep. Aangesien

die roman so bekend en gewild is

– dis reeds in nege tale vertaal – is die

druk op Smith selfs groter as wat die

geval gewoonlik is, maar met behulp van

die regisseur, Lara Bye, en akteur, Gideon

Lombard, sit hy nie ’n voet verkeerd nie.

DIRECTOR’S COMMENT: We were guided

by an amazing script on which we all

worked together. We had input into

Johann’s first draft. He then came down

to Cape Town for three days and we sat

down, worked on it and finalised it. You

cannot put everything in, because it’s

not a matter of squeezing a book into a

play. You have to make a play. You have

to find the physical world of it. The

feedback from the publisher, which is

just so extraordinary, is that it is all

Mark Behr. They recognised it and that

was our sense that we had not just rewritten

the book.

Behr se roman is met die eerste oogopslag

die eenvoudige storie van ’n 11jarige

seun, Marnus Erasmus, wat grootword

in ’n tipies Afrikaanse gesin in die

vroeë jare sewentig. Sy pa, Johan, is ’n

generaalmajoor in die SA Nasionale

Weermag. Sy ma, Leonore, is ’n sangonderwyseres

en vir hom die mooiste vrou

in die wêreld. Hy dink sy sussie, Ilse, is

’n snip wat op die aarde geplaas is om

sy lewe moeilik te maak, maar hy weet

darem ook sy is slim en talentvol. Sy

beste vriend is Frikkie, die argetipe van

die stout maatjie met die deurmekaar

kuif en sokkies wat alewig oor sy skoene

hang. Doreen is hul bruin bediende wat

al jare lank by hulle werk en as een van

die “goeies” beskou word.

skewed view of everything around him.

It is a beautiful narrative device that he

thinks he knows everything and that he

is in charge of his world. He’s like the

Little Prince on his planet. It is his little

world and although it is floating in a big

nothingness, it is solid.

Nodeloos om te sê, die verhaal is heelwat

meer kompleks en verweefd as wat

op die oppervlak voorkom, soos maar altyd

die geval is in patriargale gemeenskappe

waar godsdiens en politiek die

toon aangee. In Die reuk van appels is

dit apartheid, die Calvinisme en albei

saamgevoeg in die Christeliknasionale

onderwys. Daar is ’n magdom temas wat

uit bogenoemde verhaal voortspruit en

Behr is geniaal in sy keuse van ’n 11jarige

om al dié temas oor te dra. Sodoende

kom dit meer argeloos en ontvanklik by

die gehoor uit vir wie dit bedoel is, maar

vergroot ook die impak daarvan soveel

te meer omdat dit ’n kind is wat die geweld

van die spreekwoordelike voorhamerhoue

moet verduur.

DIRECTOR’S COMMENT: We did not

want to do it in the roughandtumble

style of South African physical theatre.

We were looking for something more

filmic, in the style of the Austrian director

Michael Haneke, who often portrays

things through the lens of a child. We

wanted to show how children absorb

stuff and the dangers of indoctrination.

There are many degrees. One is Dad

showing Marnus ‘Look, this is our land.

God gave it to us.’ The other indoctrination

happens at the dinner table behind

every closed door in every suburb.

Met die eerste opvoering van Die reuk

van appels in die Griesselsaal op Oudtshoorn

op 10 April is die vraag vooraf op

die meeste lippe of die kreatiewe span

sal kan reg laat geskied aan die boek.

Soos ’n mens om jou geluister het, wou

dit voorkom of die meeste die boek

goed ken en gevolglik groot verwagtinge

gehad het. Hulle is nie teleurgestel nie.

Daarvan het die heilige oomblik van stilte

en toe dawerende staande applous ná

afloop van die stuk getuig.

Die eerste pluimpie moet gaan vir die

slim keuse om Die reuk van appels as ’n

eenmanvertoning aan te bied, met die

verkleurmannetjie Lombard as Marnus.

Die storie word van begin tot end vanuit

sy oogpunt vertel en hoewel ’n mens seker

’n manier kon bewimpel om dit as ’n

ensemblestuk aan te bied, voel dit tog

of só ’n weergawe beter op die grootskerm

sal werk as op die verhoog.

Met net een akteur op die verhoog, is

al die aandag op Marnus toegespits en

is daar g’n ruimte vir misverstande of

verbloeming van die feite nie. En vir ’n

akteur van Lombard se ervaring en vermoëns

is dit nie te moeilik om ’n paar

ander karakters ook te speel nie. Dít

doen hy behendig en oortuigend. Veral

sy uitbeelding van die sjarmante generaal

van die Chileense Pinochetregime

wat by hulle tuisgaan onder die skuilnaam

John Smith is juis en getrou.

Bye kies om die stelinkleding, kostuums

en beligting eenvoudig te hou.

Kosie Smit is verantwoordelik vir die beligtingsontwerp

en dis veral sy slim gebruik

van ’n kollig om die tonele by die

loergaatjie in Marnus se kamervloer uit

te beeld wat ’n mens bybly.

DIRECTOR’S COMMENT: I love furniture.

It is always very specific, like in London

Road. We found a guy at Milnerton Market

who makes chairs and we had one

made. The proportions are slightly off.

The seat is slightly larger; it’s just a bit

odd. What you put there has to have

meaning. However, you can dress it up

as much as you want to, but it is of no

use if your actor does not enchant.

Ook die klankbaan is uitstekend saamgestel

deur Lombard, self ’n knap musikant,

met net die regte hoeveelheid byklanke,

waaronder prikkels van radioprogramme

en bokskommentaar uit die era,

asook die angswekkende verbyvlug van

MiGs en die spoegenspat van die gesprekke

oor die tweerigtingradio’s wat

tydens skermutselings aan die Grens gebruik

is. Tog was die oorwegende gevoel

deurgaans een van ’n ademlose stilte,

want almal het gewag op die onafwendbare

einde.

Marnus is geklee in ’n kakiekleurige

skoolbroek, ligblou skoolhemp, grys

skoolkouse en blinkgepolitoerde swart

skoolskoene. Om die onderskeid te tref

tussen die jonger en ouer Marnus gebruik

Lombard ’n boshoed en ’n weermagwaterbottel

wanneer hy Marnus die

dienspligtige uitbeeld. Meer as dit sou

oordadig wees. Sy verhoogruimte is afgebaken

met ’n mat waarop ’n stoel

staan. Sy kamer, sy wêreld. Uit die dak,

net langs die stoel, hang die SANWbaadjie

met die rangkentekens van ’n

generaalmajoor. Immer die teenwoordigheid

van die patriargale.

Lombard oorrompel algeheel as die

jong Marnus wat met sy netjiese voorkoms

– die kouse word kortkort tot onder

die knieë opgetrek en die skoolhemp

reggepluk om die skouers – en onbeskroomde

vertellings die gehoor deel

maak van sy wel en wee.

In Die reuk van appels deel die gehoor

in die mees uitdagende naaktoneel wat

al ooit na my wete by ’n kunstefees

aangebied is. Merkwaardig genoeg, en

tot ’n mens se vreugde oor die volwassenheid

van die gehoor, is dit so natuurlik

aanvaar en ervaar soos die aanbieding

daarvan en het dit deel uitgemaak

van die storie soos Behr dit geskryf en

bedoel het. Lombard verdien ook ’n

pluimpie vir sy dapperheid as akteur om

so ’n toneel aan te pak en sensitief oor

te dra.

DIRECTOR’S COMMENT: Gideon is just

transcendent. And he is brave. As we

know, this is hectic subject matter to

take on, particularly if it’s your first

oneman show. And he brings all of his

multiple skills to the table. Rhythm, for

example. We’ll have a transition and he’ll

first find the rhythm of the scene. It’s

like drumming. He knows exactly how

long to hold the beat.

Met sy vertolking as die hoofkarakter

in The View van Philip Rademeyer het

Lombard telkemale my hart gebreek.

Daar is tot later gespot dat ’n snikkende

resensent hul barometer van ’n suksesvolle

opvoering geword het. Met Die reuk

van appels het die trane weggebly tot

die laaste applous verby was, en toe het

die wolkbreuk plaasgevind – ’n klein katarsis

deur ’n konfrontasie met wat die

verskrikking van die verlede aan ’n kind

gedoen het. En steeds hang die suur

reuk van vrot appels in die lug.

DIRECTOR’S COMMENT: The immensity

of the ugliness of the past just catches

up with you in that moment. You cannot

say that this is a story set in the

past. It is not. It is of its time. It is still

with us.

DIRECTOR’S COMMENT: Marnus is the

unreliable narrator. He actually has a

Foto: NARDUS ENGELBRECHT

Die reuk van appels. Debuutdrama.

Griesselsaal. Vandag om 09:00, Do. om

18:30, Vr. om 18:30 en Sa. om 15:00.

Geborg deur die Algemene Afvaardiging van die Vlaamse Regering
Krit 12 April 2017 Nuus 9

DEBUUTDRAMA: ‘GEHEIME TAAL’

Herman Lategan

Daar is iets aan Lizz Meiring

se verhoogteenwoordigheid

en haar warm

persoonlikheid wat ’n mens laat

voel asof jy by ’n baie goeie, ou

vriendin kuier.

Iemand wat jy al vir ontelbare

jare ken. Jy hoef niks aan haar

te verduidelik nie.

Haar hart pomp liefde, haar

gesig is pure sonneblom, haar

emosionele timbre is iets wat

skaars is: empatie, nederigheid,

outentisiteit. Dit skemer deur, al

speel sy iemand anders.

In hierdie solostuk, wat sy self

geskryf het, vertolk sy die rol

van ’n 50-plus-enkelvrou wat

iets wegsteek. Freda is ook sommer

moerig, laat val ’n vloekwoordjie

hier en daar, en dan

voel sy nogal sleg daaroor.

Sy het ’n blommewinkel en

praat blomtaal. Sy ken die simboliek

en mitologie van elke

blom, watter een jaloesie beteken,

watter een reinheid is en

hoe blomme gerangskik moet

word om sommer ’n potpourri

van gelaaide betekenisse te verteenwoordig.

Freda begin heel kordaat en

Lizz laat moerige

Freda blom

Lizz Meiring in haar solostuk Geheime taal.

selfversekerd oor haar lewe

praat en die goed wat met haar

gebeur, maar soos die storielyn

ontvou, raak sy breekbaar en

word sy ’n geknakte blomstingel.

Daar is iets uit haar verlede

wat by haar spook, en soos hulle

Foto: JACO MARAIS

in Engels sê: Secrets keep you

sick, shame dies on exposure.

Sy is eintlik in ontkenning

oor wat met haar gebeur het

(gaan kyk self om uit te vind

wat dit is).

As sy wel die werklikheid

konfronteer, word sy ’n moeras

wat sweet met angs, selfverwyt,

en onsekerheid. Die tyd vir die

waarheid en heling het aangebreek,

en dit is altyd vreesaanjaend.

Hierdie stuk is ’n goeie idee

wat meestal werk, en moontlik

nog ’n bietjie skaafwerk hier en

daar nodig het. Miskien sal dit

baat by ’n verkorting, maar ook

nie te veel nie. Die program vertel

jou dis ’n uur lank, en dít

kan werk.

Die dag toe hierdie resensent

daar was, was dit wel langer.

Kom by die punt uit, hou dit

tight, en versnel ietwat die ritme.

Maar dis alles vergeefbaar,

want soos voorheen genoem, is

Meiring se persoonlikheid en

goedaardigheid so oorweldigend,

’n mens gee nie eintlik om nie.

Soos hulle in die Gamtoosvallei

sê, sy slaan steeds blom

(maak vuur).

) Geheime taal. Debuutdrama.

Laerskool Van Reedesaal. Vandag

om 20:00, Do. om 17:00 en Vr. om

20:00.

Advertensieartikel: ABSA

In gesprek met . . . Liberty Battson

Liberty Battson het opslae gemaak

toe sy in 2014 die algehele

L’Atelier-toekenning losgeslaan

het. Vanjaar speel sy ’n ander rol,

naamlik as kurator van haar eerste

groepuitstalling, The Confessional,

by die Absa Galery in die

Prince Vincent-gebou in Oudtshoorn.

Ons het haar oor haar debuut

as kurator uitgevra en wat

besoekers van hierdie fassinerende

uitstalling te wagte kan wees.

Hoe het die ondervinding as kurator

van ’n uitstalling verskil van die uiters

persoonlike proses om jou eie

kunswerk te skep?

Dit was verbasend! Ek was mal

daaroor om die ander kant van

die samewerking tussen kunstenaar

en galery te ondervind. Dit

het my die geleentheid gegun om

met professionele persone te werk

tot wie ek as kunstenaar normaalweg

nie toegang sou hê nie. Ek het

ook baie kennis opgedoen. Dit

was pret om my passie vir kuns

verder as my eie twee hande te

voer en met 20 kunstenaars, waarvan

sommige van oorsee, te werk

op die unieke wyse wat kuratorskap

moontlik maak.

Ek was gaande oor die geleentheid

om kunstenaars en kunswerk,

afgesien van my eie, uit te

stal. Die rol van ’n kurator is meer

gestruktureerd as dié van die

kunstenaar, en ek het dit geniet

om wakker te word met meer organisasie

vir die dag wat voorlê as

waaraan ek gewoond is!

Wat is die kernidee agter The Confessional?

Om die L’Atelier-kunstenaars

rol van ’n

kurator is meer

‘‘Die

gestruktureerd

as dié van die

kunstenaar.

(voorheen deelnemers aan en finaliste

in die L’Atelier-kunskompetisie)

die onderwerpe waarna

die meeste op Google in Suid-Afrika

gesoek is, te laat ‘bely’ en dit in

die konteks van hul eie gierigheid

en vrees uit te druk.

Hoe het jy by onderwerpe uitgekom

en dit aan kunstenaars toegewys?

Statistiek fassineer my, veral syfers

van digitale en nuwe mediakanale.

Ek het Suid-Afrikaners se

Google-soektogte vir langer as ’n

jaar gevolg en aangeteken en toe

aan deelnemende kunstenaars gevra

om ’n onderwerp te kies waarby

hulle en hul gewone voorkeuronderwerp

aanklank vind. Hulle

moes toe ’n kunswerk skep wat

daardie onderwerp weerspieël en

hul gedagtes by wyse van ’n ‘belydenis’

oor die onderwerp neerpen.

Die uitstalling spog met vorige

L’Atelierdeelnemers en wenners

soos jyself. Is dit ’n weerspieëling

van die deure wat hierdie kompetisie

vir jong Afrikakunstenaars oopmaak?

Beslis! As ’n kompetisie het L’Atelier

nie jou gewone eerste, tweede

en derde plekke nie, maar bied

eerder geleenthede aan al die top-

100-finaliste.The Confessional

spog met kunstenaars wat voorheen

aan die kompetisie deelgeneem

het. Wenners van merietetoekennings

en die top-100-finaliste

geniet baie van dieselfde

geleenthede ná deelname aan

L’Atelier, maak nie saak waar

hulle in die kompetisie eindig nie.

So byvoorbeeld was die 2016-

merietetoekenningwenner, Lebo

Rasenyalo, en ek eerstekeerdeelnemers

wat algehele toekennings

gewen het. Ander, soos Jaco van

Schalkwyk, het al baie keer deelgeneem

en het tydens hierdie reis

’n merietetoekenning gewen. Terwyl

ander steeds die top-10-finaliste

verkies, waardeer Franli

Meintjes, Shenaz Mahomed en Sophia

van Wyk die voordele daarvan

om top-100-finaliste te wees

sonder om noodwendig iets te

wen, net om geleenthede te kry.

Die kompetisie is myns insiens

op hierdie manier doelgemaak vir

die kunstenaar en wat hulle op

daardie tydstip in hul loopbaan

nodig het. L’Atelier speel ook ’n

belangrike rol in die kweek van

jong kunstenaars en om aan hulle

’n voet in die bedryf te gee vanwaar

hulle hul eie handelsmerk

kan groei en bou. Ek dink dit alles

skep vir enige kunstenaar wat

aan die kompetisie deelneem ’n

sin van hoop – die wese waarvan

ek hoop weerspieël word in die

kunstenaars wat aan dié uitstalling

deelneem.

Liberty Battson

Foto: ALLAN JAMES LIPP
10 Nuus Krit 12 April 2017

DEON MAAS: IS DIE KKNK DIE NUWE REPUBLIEK VAN ZOIDAFRIKA?

O, waar sal ons nuwe

note vandaan kom?

Deon Maas

Die geld wat die Noordwesprovinsie

gaan spaar

deur nie meer die ses meter

hoë standbeeld van Oom Jakob

te bou nie, word nou Oudtshoorn

toe gestuur. Dit gaan gebruik

word om ’n volgrootte

bronsbeeld van Karen Zoid voor

die Burgersentrum op te rig.

Die idee is dat die beeld in die

middel van een van daai poele

sal staan terwyl die skuimende

Omo-water soos speeksel rondom

haar kan verrys. Die speeksel

kom (jammer vir die woordspeling)

natuurlik van die organiseerders

af wat help om vir

Karen ’n jaarlikse instelling te

maak. Wat sal die KKNK nou

sonder Karen Zoid, ons gunsteling-“vrou

van hierdie tye”, volgens

Sarie, wees?

Die idee agter die standbeeld

is dat Karen vir altyd in Oudtshoorn

kan bly sodat die organiseerders

van die musiekdeel van

die fees elke oggend daar kan

verbyloop, kranse neerlê en dan

haar voete kan soen. Ná dit

gaan hulle ’n gebedjie opstuur

om dankie te sê vir die Liewe

Vader (en dalk haar pa en ma)

dat hulle geseën is met hul eie

patron saint.

Daar is natuurlik niks fout

met Karen Zoid of haar musiek

nie. ’n Mens moet net wonder

hoekom sy jaar ná jaar ná jaar

altyd op die KKNK is. Ek skat

dis beter as om dit met Laurika

Rauch te doen, maar dis nog

steeds nie okay nie.

Ons sit al klaar weer met dieselfde

musiekprobleem op die

KKNK as ’n paar jaar terug: organiseerders

wat waarde heg

aan toneel en skone kunste en

dan die musiek kies as ’n nagedagte.

Oor die afgelope paar jaar het

Hugo Theart as die nuwe kreatiewe

hoof van die Suid-Kaap se

gunsteling-kunstefees baie veranderinge

aangebring en op dié

manier nuwe lewe ingeblaas in

’n andersins stagnante fees.

Daar is die teksmark en die

skool waar hulle jonges leer hoe

om teaterkritiek te doen (voorspoed

met daai een). Ek kan met

’n Belgiese straatkunstenaar

deur die strate van Oudtshoorn

loop; ek kan in ’n shipping container

’n 20 minute show gaan

kyk waar die sterre van môre

vandag eksperimenteer. Ek kan

selfs tussen die paintings “wat

die kamer so mooi bymekaar

bring” nuwe en innoverende

kunstenaars se werk ontdek.

Mense wie se visie koppe kan

en gaan skuif.

As dit by musiek kom, het ons

Karen Zoid. Elke fokken jaar.

En dis maar net die begin van

die probleem.

Jy weet dat die KKNK se musiekprogram

in die moeilikheid

is as die interessantste nuwe

stem die ou is wat covers sing

by The Black Swan. As The

Black Swan ná jare se Gian

Groen-optredes kon besluit dit

was tyd vir verandering, hoekom

sukkel die KKNK se mense

ná 23 jaar nog steeds met die

idee van verandering? So, Karen

sit die boude op die stoele, so

Karen kom elke jaar terug.

Die grap is natuurlik dat hierdie

nie kritiek teen Karen is

nie. Hoewel ek ’n vraagteken

hang oor die feit dat sy haarself

herskep in die rol van Johannes

Kerkorrel, het ek geen probleem

met haar musiek nie. Sy’t selfs

al eenmaal vir my ontbyt betaal.

Enigiemand wat popsterre ken,

weet dat hulle nooit vir iets betaal

nie, so dit was nogals cool

van haar.

Dis egter nie die punt nie. Die

punt is dat die KKNK nie genoeg

aandag aan musiek gee

nie. Jy kry die ou stormtroepe,

die staatmakers wat jaar ná jaar

teruggenooi word. Musikaal is

daar geen skepping van nuwe

sterre nie. Daar is geen eksperimentering

nie. Daar is geen Belgiese

straatkunstenaars of 20

minute sterre-van-môre vertonings

nie.

Ná vyf jaar van geneul sien ek

dat die twee ou ooms wat altyd

riel-musiek gespeel het buite die

Bradlows uiteindelik dit tot op

die feesterrein gemaak het. Die

twee ooms, beide boorlinge van

die Suid-Kaap, moes jare lank

op die straat speel omdat hulle

nie deel van die fees was nie.

Nou speel hulle steeds met die

bedelblikkie onder die vaandel

van vyf familielede se wyn,

maar ten minste gebeur dit op

die feesterrein en nie in die

Fotoillustrasie:

JohnnGrant Munro

kan seker

aanhou bitch en

‘‘Ek

nog meer vyande

maak, maar die

vraag wat

belangriker word,

is: WAAR IS DIE

NUWE TALENT?

hoofstraat nie.

Hierdie twee ooms verteenwoordig

die fout in die aanslag

van die KKNK tot musiek. Hulle

weet hulle moet die local bruin

mense gelukkig hou, so hulle

dink dat die jaarlikse rymkletsvertoning

alle drange bevredig.

Die Suid-Kaap het ’n ryk musikale

geskiedenis. Dit wissel

van hip-hop, deur riel tot langarm,

boeremusiek, rock en dalk

nog ’n paar ander genres ook.

Die rol van die KKNK is nie net

om musiek na Oudtshoorn toe

te bring nie, maar ook om feesgangers

bloot te stel aan die

plaaslike musiek. Hulle dink dat

die rymkletsvertoning in daardie

behoefte voldoen. Daar is

meer aan die Suid-Kaap as hiphop.

So, dit was die tweede probleem.

Die derde probleem is dat

almal wat musiek boek, rockbewonderaars

blyk te wees. Ek

het geen probleem met rock nie,

maar rock is nie die begin en

einde van alles nie. As jy jou

boude gaan swaai by Laat Nag

(en wie het besluit om dit twee

woorde te maak, nog ’n aanslag

op ons taal) is dit rock. Laatnag

(vatso, jou

taalbooswig)

is

daar ’n DJ en dalk ’n funky

langarmband, maar die hooftye

word altyd gedomineer deur

rockbands. Ek weet dis Oudtshoorn,

maar teen hierdie tyd

moes die dood van rock selfs al

hierdie volstruisveer-buitepos

bereik het.

Die idee van ’n kunstefees is

om te dien as basis vir die skepping

van nuwe kuns en om

mense voor te stel aan nuwe

idees wat hulle dan huis toe vat

na die vier uithoeke van die

aarde om die boodskap van vernuwing

te verkondig. Die KKNK

doen dit met teater en skone

kunste, maar nie met musiek

nie. Die musiek wat ek hier

hoor, kan ek in enige kroeg of

klub hoor deur die res van die

land 52 weke per jaar.

’n Vinnige kyk na vanjaar se

musiekprogram ondersteun my

argument – asof dit ondersteuning

nodig het, ha . . . Ek praat

net die waarheid en almal het al

teen die eerste paragraaf geweet

dat dit lankal gesê moet word.

Zolani Mahola, almal se gunsteling-

Uncle Tom wat jaar ná

jaar haar verskyning hier maak,

om een of ander rede. Sy’s okay,

maar nou rêrig nie so spesiaal

nie. Ingetrek deur die moffiemafia

is sy besig om deel van

die meubels hier te raak. Stel sy

iets nuuts daar? Beslis nie. Sy is

hier sodat die gemiddelde feesganger

kan sê dat hulle al ’n

swart kunstenaar in aksie gesien

het. Bietjie soos Mandoza

se “Nkalakatha”, behalwe natuurlik

dat Zolani nog nooit ’n

trefferliedjie gehad het nie

Dieselfde geld vir Emo

Adams, al weet ons almal dat

Emo nie swart is nie. Emo se

bronsbeeld gaan effe kleiner as

Karen s’n wees, maar ten minste

het ons darem iemand op die

verhoog wat jaar ná jaar ons

met die teelepel voer van sy

bruingeit.

Dan’s daar Bobby, ’n man wat

meer tyd by Laat Nag spandeer

as op die verhoog. Bobby se musikale

bydrae tot die geskiedenis

van Suid-Afrikaanse musiek sal

nie eens ’n voetnota oor tien

jaar wees nie. ’n Paint-by-numbers-kunstenaar

wat soos ’n

stokmannetjie dans en die idee

dat wit mense geen ritme het

nie, verskuif van ’n teorie na ’n

feit.

Theuns Jordaan is ook ’n gereelde

instelling en ek gaan nie

met hom neuk nie, maar dit sal

lekker wees as hy sy stel so nou

en dan kan verander, Gert Vlok

Nel se tantième betaal en dalk

’n paar treffers van sy eie skryf.

Piekniek by Dingaan word

oorgedoen. Of dit help om Karen

se Johannes-kompleks te ondersteun,

is ’n ander bespreking.

Feit van die saak is dat skokteater

van dertig jaar terug nie

meer skok nie en Piekniek was

nie ’n deurbraak as gevolg van

sy musiek nie.

Ek kan seker aanhou bitch en

nog meer vyande maak, maar

die vraag wat belangriker word,

is: WAAR IS DIE NUWE TA-

LENT? Ek skryf nie gereeld in

hoofletters nie, maar aangesien

die organiseerders so besig is

om hul ego’s te politoer en hulle

nie eintlik lees nie, hoop ek dat

daai woorde hul aandag sal kry.

Ek gaan dit sommer herhaal.

Ons weet mos almal dat herhaling

help om nuwe idees aanvaar

te kry. WAAR IS DIE NU-

WE TALENT?

Waar is die jazz, waar is die

langarm, waar is die musiek

wat jou siel en nie net jou boude

stimuleer nie? Waar is die musiekkenners

op die Kanna-paneel?

Ons is mos hier om te leer,

nie terug te val op wat ons ken

nie.

Ek, as musiekliefhebber, is geregtig

om met dieselfde respek

en uitdagings gekonfronteer te

word as teatergangers en ondersteuners

van die skone kunste.

Om die waarheid te sê, dring ek

daarop aan dat ek as gelyke behandel

word.

As ek so na die verhoë rondom

my kyk (en let wel dat ek

nie eens die maklike teikens

soos die RSG- of Huisgenoot-verhoog

noem nie, dis soos om vis

in ’n vaatjie met ’n haelgeweer

te skiet), sien ek blatante diskriminasie

teen my. En ons weet

almal wat gebeur met diegene

waarteen gediskrimineer word.

Soos rassisme en homofobie

skep dit bewegings wat op die

ou einde ’n einde bring aan regimes.

Pasop.

Geborg deur die ATKV
Krit 12 April 2017 Nuus 11

KONTEMPORÊRE MUSIEK: KAREN ZOID EN DIE GEREFORMEERDE BLUES BAND

Vol sirkel vir dié rock chick

Karen Zoid het Maandagaand ’n belangrike era in die SuidAfrikaanse musiekgeskiedenis afgesluit met haar

laaste optrede saam met die Gerefomeerde Blues Band.

Foto: JACO MARAIS

Ilza Roggeband

Die eerste kunstenaar wat haar

gekontak het om met haar saam te

werk, was Johannes Kerkorrel.

’n Sigbaar emosionele Karen

Zoid het Maandagaand onthou

van die dae toe sy die jong rock

chick van Afrikaanse musiek was

en sy die oproep van Kerkorrel gekry

het. Om dus saam met drie

van die lede van die Gereformeerde

Blues Band op te tree, was as’t

ware ’n volle sirkel in haar loopbaan.

Die musikante wat vir haar

’n ander wêreld in Afrikaans oopgemaak

het, was nou haar gelyke

op ’n verhoog.

Die Burgersentrum was gepak.

Die gemiddelde ouderdom van die

gehoor dalk ouer as wat ’n mens

sou dink. Was die gryskop man

daar omdat hy Voëlvry onthou?

Was die vrou met die brilletjie

daar omdat sy ’n ander kant van

Zoid leer ken het in haar program

Die Republiek van Zoid Afrika?

Wie weet, maar teen die einde

was almal op hul voete, sommige

met hande bo die kop en ’n wikkel

in die heupe.

Zoid het met respek met die musiek

van Kerkorrel omgegaan en

haar verwerkings van sy musiek

‘‘Zoid het gesê

hierdie was die

laaste keer wat

hierdie konsert

gaan gebeur.

was in die kol. Gary Herselman

(Piet Pers), Jannie “Hanepoot”

van Tonder en Willem Möller, die

drie lede van die oorspronklike

Gereformeerde Blues Band, het

gewys waarom hulle jare ná Voëlvry

steeds hul plek op enige verhoog

kan volstaan. Ook Zoid se eie

groep (Schalk van der Merwe,

Tim Rankin, Kyle Peterson, Henry

Steele) het bygedra tot ’n rockondervinding

soos min, ook met

haar eie werk wat deel van die

konsert was.

Zoid het gesê hierdie was die

laaste keer wat hierdie konsert

gaan gebeur. Wat die rede is, is

nie duidelik nie. Dit sal tog baie

jammer wees. Hierdie is ’n stuk

Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis

wat verdien om wyd gesien en

beleef te word.

Bravo aan almal betrokke.

Woensdag–12April

10:30–11:30 Kwêla-gesprekmetHannesvanWyk

14:00–15:00 Feesjuwele

17:00–18:00 PiereenMeltVertoning

20:00–22:00 EmoAdamsUnplugged
12 Nuus Krit 12 April 2017

OMGEWING: FEESGANGERS VERWELKOM DEUR ‘KLIPKOPPIE’

‘Klippeprojek maak geen sin’

Marchelle van Zyl

Katot Meyer gee om oor wat

rondom hom in die natuur gebeur,

en hou nie van die KKNK se klippeprojek

nie.

moet op

alles bespaar,

‘‘Ons

maar nie op

ordentlikheid nie.

— KATOT MEYER,

OMGEWINGSAKTIVIS

15 omgewingsvriendelike wenke

Meyer en Snyman is dit eens dat feesgangers kan bydra tot ’n groener fees. Hier is 15 van hul nuttige wenke:

Dis lekker om met vakansie

te wees. Ons kamp.

Braai. Kyk shows. Loop

rond. Speel. Mors. Verbruik. En

mors nog ’n bietjie. Dis mos

maar wat mense doen wanneer

hulle ontspan. Hulle vergeet van

die mense en omgewing om hulle.

Hoe vaar die feesgangers in

Oudtshoorn?

“Toe ek vanoggend by my

deur uitstap, lê daar net sigaretstompies

oral.” Katot Meyer is

’n omgewingsaktivis. Hy is nie

’n ou wat bome gaan drukkies

gee nie – hy gee net om wat

rondom hom gebeur en hoe ons

as mense daarop reageer.

“Ek en jy sit in ’n reservaat.

Het jy dit geweet? Ons het ’n reservaat

op ons voorstoep,” vertel

Meyer.

Die Gouritz Groepbiosfeerreservaat

(GGBF) strek vanaf

Stilbaai in die suide tot Prins

Albert in die noorde, Montagu

in die weste tot anderkant Uniondale

in die ooste. Dis gróót.

En Oudtshoorn is amper in die

middel hiervan. Dis in 2015 deur

Unesco as die sewende biosfeerreservaat

in Suid-Afrika erken.

Op ’n wêreldskaal is die Gouritz-biosfeer

uniek en uitsonderlik

omdat dit die enigste een is

waar drie erkende biodiversiteitsbrandpunte

by mekaar uitkom

– die fynbos-, sukkulente

Karoo- en subtropiese ruigtewoud-brandpunte,

word in die

inligtingstuk van die GGBF verduidelik.

“En omdat ons in ’n reservaat

sit, is ek besorg oor die klippeprojek.

Wat is die doel hiervan?

Die koppie self is al rééds ’n

kunswerk. Wie gaan dit onderhou?

Wat is die sin daarvan?”

vra Meyer.

“Dit sou vir my meer sin gemaak

het om die klippe bruin te

verf. Gaan gooi dit in die slote

vir erosie, dán doen jy ten minste

iets nuttigs,” stel Meyer

voor. “Ons moet op alles bespaar,

maar nie op ordentlikheid

nie. Ons móét sê: ‘Yeah!

Ons is in ’n reservaat’. Maar

nou is ons soos ’n klomp skape.”

Adam Brooke, Absa se borgskapbestuurder,

verduidelik

hoekom mense klippe verf by

die fees: “Tydens vanjaar se

KKNK skep Absa, wat die ondersteuning

van die kunste

vooropstel, ’n klip-installasie

wat beide kunsvoorligters en

feesgangers betrek. Feesgangers

word met ’n tien voet hoë Absa

‘Kuns Wen’-boodskap op ’n prominente

koppie buite die dorp

begroet.

“Feesgangers kry kans om hul

persoonlike kreatiewe stempel

op die ‘dorp se nuwe gesig’ af te

druk deur hul eie kunstige klippe

by te dra om ‘Oudtshoorn’ op

dieselfde koppie te help spel.

“ ’n Omgewingsimpakstudie is

voor die projek deur geakkrediteerde

omgewingskenner Colin

Wylie voltooi en hy hou deurlopend

toesig tydens die uitvoering

daarvan, om te verseker

dat daar binne die riglyne – wat

) Gooi jou rommel in die vullisblikke wat voorsien

word.

) Stap eerder as om elke keer te moet ry of bring ’n

fiets saam.

) Ondersteun stalletjies wat ekovriendelike verpakking

aanbied.

) Vat ’n drasak saam stalletjies toe en sê nee vir ’n

plastieksak.

) Drink water uit glasbottels in plaas van om plastiekbottels

te koop.

) Gebruik plastiekbottels meer as een keer.

) Vra vir ‘n papiersakkie eerder as plastiek.

) Rokers, gooi jul toppies weg! Of dra ’n klein botteltjie

met water saam en gooi jou toppie daarin om later

weg te gooi.

) Dring aan op herwinningsdromme en sorteer gemors

uit.

) As jy op reis is en jy stop vir ’n heerlike piekniek,

vat jou gemors saam met jou en herwin. Moet dit nie

eers in die vuilgoedblikke langs die pad gooi nie.

) Wat jy inbring, moet jy uitvat. Veral as jy in die veld

kamp of langs die pad stop.

) Wees bewus van jou waterverbruik. Stort korter.

) Dring aan op minder plastiekverpakking waar jy by

stalletjies of winkels koop.

) Doen jou huiswerk voor jy op ‘n plek stop om iets

te koop of by ’n plek oornag. Vind uit of vra wat hulle

vir die omgewing doen. Vra die moeilike vrae: Herwin

julle? Het julle ’n inheemse tuin? Hoe bespaar julle water?

Sit druk op besighede om die proses aan te help.

) Leef volhoubaar ter wille van die geslagte wat ná

ons kom.

deur die plaaslike owerhede

goedgekeur is – gehou word.”

Maar wat doen die KKNK om

groener te wees?

Rhodé Snyman, uitvoerende

hoof van die KKNK, verduidelik

dat alle stalletjiehouers en kontrakteurs

wat by die KKNK betrokke

is, aangemoedig word om

alle inrigting van stalletjies, gebruiksgoedere

en verpakkingsmateriaal

so omgewingsvriendelik

moontlik te hou.

“Die KKNK, in samewerking

met ’n plaaslike kontrakteur en

die Oudtshoorn-munisipaliteit,

sien toe dat herwinning van

feesrommel by ’n tydelike stortingsterrein

gedoen word.”

Stap saam terug in Oudtshoorn se verlede

Maryke Roberts

As die geskiedenis van Oudtshoorn

jou fassineer, is daar

twee daaglikse toere wat jy kan

meemaak om die dorp se vervloë

dae aan jou bloot te lê. Die

een is al verskeie jare ’n hoogtepunt

op die feeskalender en

word deur die Vriende van die

CP Nel Museum aangebied.

’n Nuwe toer vanjaar is die

Velskoen Shuffle, aangebied

deur Potskerf Inheemse Kennis

en Erfenis Navorsingsentrum.

Die toergids, Jeremy-Dao van

Wyk, ontmoet stappers voor die

toerismekantoor.

Hy vertel die erfenisroete van

sowat 2,8 km sluit agt erfenispersele

in. “Let wel, dis die velskoen-shuffle,

ons shuffle nie die

kabinet hier nie,” lag hy.

“Ons gee die geskiedenis ’n

lekker inheemse inslag. Die toer

fokus op die drie komponente

wat die grootste rolspelers was

in die Oudtshoorn soos ons dit

vandag ken,” vertel hy. “Die

drie komponente is die Jode,

Afrikaners en mense van gemengde

afkoms soos die Khoi,

San en Hottentotte. Vandag het

Die Velskoen Shuffle se toergids, JeremyDao van Wyk, verduidelik die staptog aan ’n paar feesgangers.

Foto: CLIFFORD ROBERTS

ons nie soos baie ander dorpe

afguns en bakleiery tussen mense

nie; ons dorp werk saam en

ons vat hande.”

Wat het jy nodig vir die stap?

Goeie skoene, ’n hoed teen die

son en ’n bottel water. Jeremy

sê ook jy moet jou lagspiere en

ingesteldheid reg hê, want jy

gaan baie dinge leer wat jy nie

geweet het nie.

Waar begin dit?

Voor die Oudsthoorn-toerismekantoor,

agter die CP Nelmuseum.

Hoe lank duur dit?

60 minute.

Wat gaan ek leer wat ek nie

op die ander historiese toer

gaan leer nie?

“Jou kennis van die dorp

gaan ’n behoorlike gatskop kry.

Jy gaan dinge sien en hoor wat

nog nooit tevore aan jou vertel

is nie,” verseker Jeremy. Hy beskryf

die toer as ’n totale rondskuif

van die geskiedenis wat

ons tot nou toe geken het.

’n Paar interessante feite:

) Daar is meer as 135 plekke

om rotstekeninge rondom

Oudtshoorn te vind.

) Die dorp se leuse, “Till

Death”, was aanvanklik die familiewapen

van die Van Reedefamilie,

maar het later die dorp

se leuse ook geword.

) Die eerste Skrikkeljaar-kriekettoernooi

is in 1888 tussen ’n

mans- en vrouespan gehou. Die

wedstryd is beëindig toe ’n vrou

bo-oor geboul het – soos ’n man

– in plaas van onderdeur – soos

rolbal – soos dit ’n vrou betaam.

) Die dorpe se straatname het

oor die jare verander soos die

bewind in die Kaapkolonie tussen

die Britte en die Hollanders

hande verwissel het.

) Een van die stopplekke op die

toer is die pragtige volstruispaleis

Montague House, wat eens

skuilplek gehad het vir agt perde

en twee koetse.

) Erfeniswandeling. Daagliks om

16:00 van die Oudtshoorntoerismekantoor.

Geborg deur die ATKV
Krit 12 April 2017 Nuus 13

KOMEDIE: KOÖPERASIESTORIES

Ou TVtreffer kort hart

Margit MeyerRödenbeck en Carel Nel.

Foto: NATALIE GABRIELS

Marina Griebenow

Dis tog sekerlik nie oordrywing

om te sê dat PG du

Plessis, skepper van onder

meer die geliefde karakters

van die televisiereeks Koöperasiestories,

die raakste beskrywer

van die kondisie van die kleine

man (en vrou) onder die Afrikaners

van so ’n geslag of twee gelede

is nie. Met ’n behendige

oog en oor vang hy hul versugtinge,

swakhede en eienaardighede

noukeurig vas en bied dit

dan in verteerbare formaat en

as vermaak aan sy lesers, kykers

en gehore.

Dit is dus amper te goed om

waar te wees as die geleentheid

hom voordoen om Genis, Veldsman

en Mietie weer op die koöperasie

se stoep te beleef, en dít

boonop op ’n verhoog. Ons is

tog immers almal so dan en wan

nostalgies vir tye toe die pas

van die lewe stadiger was en die

interaksie tussen mense meer

reguit en haas eerliker. Die

Afrikaanse kunstefeeste is dan

ook die ideale platform vir ’n

produksie gegrond op dié ongekunstelde

en humoristiese

volkskuns.

Helaas is dit te laat om ooit

weer vir Jacques Loots, Emgee

Pretorius en Marie Pentz in dié

rolle te sien wat hulle volksbesit

gemaak het, maar hul skoene

word desondanks ander dinge

wat haper puik volgestaan deur

Carel Nel, Chris van Niekerk en

Marion Holm. Margit Meyer-Rödenbeck

en De Klerk Oelofse

vertolk tussen hulle ’n magdom

rolle, onder wie die Pieterse-kindertjies

wat so oopbek op die

dorp rondloop, Johanna wat ’n

oog op Genis het, die polities

ambisieuse skoolhoof Van Staden

en Vissertjie, die stadsklerk

wat slimmer is as wat hy lyk.

Alexa Strachan, jare lange medewerker

van Du Plessis, gebruik

sy verhale as bron vir die

teks van Koöperasiestories. Sy

slaag egter nie daarin om volronde

karakters op die verhoog

te plaas nie omdat sy staatmaak

op nostalgie en skramse verwysings

om die toneelstuk te dra.

Om dieselfde rede word daar periodiek

op klugtige elemente teruggeval

vir effek eerder as intensie.

Ook Sandra Prinsloo se regie

skiet tekort. Du Plessis het komedie

geskryf met diepgang. Hy

gaan tydsaam om met sy karakters.

Die pas van Koöperasiestories

is só vinnig dat die akteurs

min kans kry om hul karakters

ín die dialoog te laat gaan sit.

Holm en Van Niekerk se ervaring

red hulle, maar die jonger

Nel – met die moeilikste taak

van die drie – word oënskynlik

aan sy eie genade oorgelaat.

Meyer-Rödenbeck en Oelofse

is wonderlike komedie-pasmaats

en het die gehoor behoorlik laat

skater. ’n Mens wil hulle inpak

en huis toe neem. Holm is al jare

lank ’n persoonlike gunsteling

en haar Mietie is ondanks

die teks- en regieprobleme ’n

diep menslike karakter by wie

die gehoor groot aanklank vind.

Van Niekerk het een van die

mooiste stemme in die bedryf en

het natuurlik die nodige gravitas

om Veldsman geloofwaardig

en eg te laat oorkom.

Dit was ’n waagstuk om Nel te

kies as die beswaarde Genis. Hy

is baie jonk om in so ’n ikoniese

rol geplaas te word, maar hy het

ongetwyfeld die nodige talent en

vaardigheid, asook die ideale fisieke

voorkoms, om daaraan reg

te laat geskied. As iemand net

nie só met ’n sweep agter hom

gestaan het nie!

Koöperasiestories is potensieel

’n lokettreffer. Die rolverdeling

bestaan uit van ons beste spelers,

Juanita Ferreira het gesorg

vir ’n doelmatige en treffende

stel (kompleet met die Five Roses

Tea-advertensiebord) en

Anel du Toit se kostuums herinner

goed aan die era. Daar moet

egter harder gesoek word na die

outentieke elemente en empatiese

gees van PG du Plessis se karakters

en die hart van sy verhale.

Jong ‘Genis’ streef na balans in loopbaan

Vanjaar se KKNK word veral gekenmerk

deur ’n groot aantal jong teatermakers.

Herman Lategan het by ’n paar van

hulle agter die gordyn gaan inloer. Hou

Krit se reeks dop.

Carel Nel:

In watter stuk tree jy op? En kortliks

waaroor gaan dit?

Ek speel in PG du Plessis se

Koöperasiestories. Dit gaan oor

die wel en wee van Mietie,

Veldsman en Genis. Jy ontmoet

ook al die ander karakters wat

in die klein plattelandse dorp

woon. Dit speel in ’n vorige era

af, maar tog bly die karakters

en temas tydloos.

Vertel ook kortom van jou karakter.

Ek speel Genis, die burgemeester

van die dorp, en hy is dus ’n

baie goeie politikus. Genis is beswaard.

Hy wil hê die plaaslike

handel moet goed doen sodat die

kinders van die dorp kan ophou

stad toe foeter. Genis is ook ’n

wewenaar en hy het ’n swakheid

vir vroue. Diep in Genis se

hart is hy ’n goeie mens, maar

hy wil graag hê dinge moet verloop

soos wat hy wil hê dit moet

en dan, natuurlik, is dít waar

dinge verkeerd loop.

Hoekom moet feesgangers na

hierdie stuk kom kyk?

Dit is ’n heerlike uitstappie vir

die hele gesin. ’n Mens lag lekker

en PG du Plessis se werk is

tydloos en val so mooi op die

oor. En dan natuurlik met akteurs

soos Marion Holm, Chris

van Niekerk, Margit Meyer-Rödenbeck

en De Klerk Oelofse

kan ’n mens nie verkeerd gaan

nie.

Werk jy tans aan ’n nuwe stuk? Is

dit ’n geheim? Ook, wat het van

Die fliek geword? Gaan dit nie

toer nie?

Ek het tans iets in die pyplyn,

maar ek kan nog niks verklap

nie, want dis nog nie bevestig

nie. So, dit sal maar ’n geheim

moet bly vir nou. Ons gaan hopelik

volgende jaar aangaan met

Die fliek. Ons kan dit nie dié

jaar verder vat nie. Ons medeakteur,

die formidabele Dean

Balie is ongelukkig, oftewel gelukkig

vir hom, vir die res van

Carel Nel (regs) as genis in Koöperasiestories. By hom is De Klerk

Oelofse en Margit MeyerRödenbeck. Foto: NATALIE GABRIELS

die jaar uitgeboek met ander

werk.

Uit ’n praktiese oogpunt, hoe behou

jy jou stamina en hoe kyk jy

na jou gesondheid en psige gedurende

hierdie tye?

Balans is vir my baie belangrik.

Ek glo ’n mens moet hard werk

en ook ’n goeie tyd hê terwyl jy

dit doen. Dan is gesond eet, oefen

(makliker gesê as gedaan) en

goed slaap baie belangrik vir

my.

Hoeveel feeste pas jy in hierdie

jaar? Is dit moontlik om ’n private

lewe te hê as dit by tye so wild

gaan?

Sover ek weet, gaan ons met

Koöperasiestories na al vanjaar

se feeste. Tussendeur feeste probeer

ek besig bly met televisieen

filmwerk. Ek hou nie juis

baie van stilsit nie. En, ja, daar

is baie tyd vir asem skep.

Wanneer dinge so wild gaan,

weet ’n mens ten minste dis net

’n maand of twee, dan sal jy

weer tyd kry om twee weke vir

jouself en jou vriende af te

knyp.

As jy nie by ’n fees is nie, waar is

jou basis? Verlang jy nie by tye na

jou eie kooi en rustigheid nie?

Ek woon in Kaapstad saam met

my meisie, Cintaine Schutte, en

ons kat. Lilly. Ek verlang inderdaad

na my kooi, maar die

meeste na Lilly.

Ek voel aaklig as ek haar by

die huis moet los, maar dis

heerlik om elke jaar die geleentheid

te hê om na plekke soos

KKNK te kom.

Ek was al so baie hier dat ek

weet waar die lekker eet- en

kuierplekke is.

Laastens, raad oor teateretiket,

asseblief.

Selfone, selfone en nogmaals selfone.

Dit is rêrig belangrik dat

mense dit afskakel, want dis nie

net steurend vir die akteurs nie;

ons kan actually cope daarmee –

dis ons werk – maar dis steurend

vir ander gehoorlede wat

baie geld betaal vir hul kaartjies.

Ek het gister in ’n vertoning

gesit en op die mooiste

oomblik van die stuk lui ’n gehoorlid

se selfoon – nie een keer

nie maar drie keer sonder dat

hy of sy dit afskakel. Dit breek

alles wat daai akteurs so hard

voor gewerk het en dit versuur

almal anders se ervaring van

die stuk.

) Kooperasiestories. Vandag

13:00; môre 16:30; 14 April 19:30;

15 April 09:00. Hoërskoolsaal
14 Nuus Krit 12 April 2017

BOEKGESPREKKE: WAAROM WORD SO MIN DRAMATEKSTE GEPUBLISEER?

‘Dis ’n braak veld’

Marlene Malan

Op universiteit word Afrikaanse

dramatekste glad

nie meer voorgeskryf

nie. En dié wat nog op skool

voorgeskryf word, is horingoud.

Daarby publiseer Suid-Afrikaanse

uitgewers elk hoogstens een

Afrikaanse dramateks per jaar

in boekvorm. Die ironie is dat

van die heel beste dramas wat

in Suid-Afrika opgevoer word,

juis dié is wat in Afrikaans geskryf

is, maar nooit uitgegee

word nie.

Die regisseur Marthinus Basson,

dramaturg Tertius Kapp en

uitgewer Nicol Stassen het dié

toedrag van sake gister in die

ATKV-Boeke-oase met die digter

en vertaler Daniel Hugo bespreek:

Waarom word so min

dramatekste in Afrikaans gepubliseer?

Kapp het die Hertzogprys in

2015 gewen met sy drama Rooiland

– wat deur Stassen (Protea)

gepubliseer is – en Amy Jephta

het pas die Eugène Maraisprys

gewen met Kristalvlakte – gepubliseer

deur Tafelberg, waar

Kapp ’n uitgewer is.

Stassen, wat onder meer ook

die dramas Johnny is nie dood

nie (Malan Steyn), Skrapnel

(Willem Anker) en Vrededorp

(Charles Fourie) gepubliseer

het, het gesê bloedweinig van

die tekste soos dié wat nou tydens

die KKNK opgevoer word,

word uitgegee. “Dis jammer die

Suid-Afrikaanse Akademie vir

Wetenskap en Kuns het hierdie

drie dramas ’n paar jaar gelede

Marthinus Basson, Tertius Kapp en Nicol Stassen gesels gister in die ATKVBoekeoase. Foto: MARLENE MALAN

nie as bekroningswaardig beskou

nie. Dit het ’n baie negatiewe

boodskap uitgestuur. Dit terwyl

die opvoerings daarvan al

hoeveel pryse ingepalm het.

“Ek gee dramas uit omdat ek

voel die geskiedenis van Afrikaanse

drama moet geboekstaaf

word, en Protea kan ’n bydrae

maak op dié gebied. En ek gee

ook dramas uit omdat dit vir

pryse in aanmerking kan kom.

Daarvan maak ek geen geheim

nie. Dis jammer dat uitgewers

so min van hierdie uitstekende

‘‘Te veel slegte

boeke word

uitgegee. En dit

kos net soveel

om ’n goeie boek

as ’n slegte boek

uit te gee.

werk uitgee, terwyl daar ’n ooraanbod

van boeke in ander genres

is, soos misdaadfiksie. Te

veel slegte boeke word uitgegee.

En dit kos net soveel om ’n

goeie boek as ’n slegte boek uit

te gee. Dramatekste bied ’n wonderlike

geleentheid vir elke uitgewer.

Dis ’n braak veld. As jy

die heel beste uitgee, soos ek

doen, sal dit wel erkenning geniet

en suksesvol in die handel

wees.”

Volgens Kapp word die meeste

dramas eers uitgegee, “indien

dit uitgegee word”, nadat dit opgevoer

is. “Want dramas verander

terwyl jy repeteer. Jy toets

dit op die verhoog en kyk of dit

werk. Dan is daar die bemarkingsaspek,

en dis om ’n bekende

akteur wat deel was van die

produksie op die voorblad te

sit.”

Die dilemma met die onderwysdepartemente

is dat hulle

“veilige dramas” soek, het Kapp

gesê. “Hulle soek nie onderwerpe

soos politiek nie, terwyl ek

voel die departemente kan gerus

probeer om relevant en aktueel

te bly.” Daarom bly hulle by

tekste soos Die Keiser deur Bartho

Smit en Die Rebellie van Lafras

Verwey deur Chris Barnard,

wat al dekades oud is, het Stassen

gesê.

Volgens Basson is alle voorgeskrewe

werk vir sy studente in

Engels. “Dit sou wonderlik wees

as iemand besluit om weer ’n

Shakespeare in Afrikaans te

vertaal, met ’n nuwe aanslag,

ter wille van vernuwing. Ek sal

hou van ’n nuwe vertaling van

byvoorbeeld King Lear, Shakespeare

se giftige, heftige een.

Ons taal verarm teen ’n ongelooflike

pas. As jy só ’n werk

nuut uitgee en kreatief te werk

gaan, sal dit wonderlik wees.”

Dramavertalings in Afrikaans

bied nóg moontlikhede, soos die

Vlaming Tom Lanoye se Mamma

Medea, wat deur Antjie Krog

vertaal en vir Suid-Afrikaanse

omstandighede aangepas is,

asook sy Bloed & rose: Die lied

van Jeanne en Gilles, wat Basson

self vertaal het.

‘Een Camino gestap, een geskryf’

Marlene Malan

“Een Camino gestap en een Camino

geskryf.”

So vertel Erns Grundling,

joernalis en skrywer van die

boek Elders, wat onlangs verskyn

het.

Want so moeilik as wat sy

staptog in Frankryk en Spanje

twee jaar gelede was, so was die

skryfwerk oor dié ervaring van

hom. Tog, hoe fikser en meer geoefen

hy geraak het, hoe makliker

het dit gegaan.

Grundling en een van Afrikaans

se ander groot reisskrywers,

Dana Snyman, het gister

in die ATKV-Boeke-oase met die

digter Daniel Hugo gesels oor

hul ervarings “langs die pad” en

“op pad”. Op pad is ook die titel

van Snyman se nuwe boek oor

sy ervarings op Suid-Afrika se

grootpaaie, agterpaaie en stofpaaie.

“Om te kan reis, het jy nie

groot bakkies, tente en die nuutste

kampeertoerusting nodig

nie. Jy klim in jou Nissan 1400

of jou Corolla en jy rý. Jy moet

lig reis,” het Snyman gesê.

Volgens Snyman is Op pad,

wat einde Julie verskyn, “baie

Erns Grundling, links, en een van Afrikaans se ander groot reisskrywers,

Dana Snyman, het gister in die ATKVBoekeoase met die digter Daniel

Hugo gesels oor hul ervarings “langs die pad” en “op pad”.

Foto: JACO MARAIS

persoonlik – maar dis ’n lekker

boek. Ek probeer so ’n bietjie

wegkom van die etiket van ‘nostalgie’

wat aan my gekoppel

word”.

Hy was maar altyd in sy lewe

gemoeid met die underdog en

met menslikheid, “seker maar

oor ek uit ’n pastorie kom”. As

deel van ’n TV-span wat die

land deurkruis het, onder meer

na sy ouerhuis op Volksrust,

wat platgeslaan is, en na Nkandla

in KwaZulu-Natal, was dit die

mense op sy reise en hul vertellings

wat hom die meeste bybly.

Hy neem waar, hy luister en hy

gee aandag, het hy vertel.

“Ek was al drie keer by

Nkandla, en het daar onder andere

president Jacob Zuma se

niggie ontmoet.

beleef ek

goed op die

‘‘Soms

langpad wat, as

ek terugkom by

die kantoor, my

kollegas sou sê

ek het dit

uitgedink.

“Ek het ’n groot fassinasie

met die werklikheid en om

struktuur daarin te sien: hoe

mense lyk, wat hulle doen, hoe

hulle aantrek. Op my reise het

ek selfs mense se skoene begin

afneem. Soms beleef ek goed op

die langpad wat, as ek terugkom

by die kantoor, my kollegas sou

sê ek het dit uitgedink.”

Volgens Grundling het sy

staptog, wat in die suide van

Frankryk begin het, hom geleer

om sy lewensvraag “what if” te

verander na “what is”. “Ek het

geleer om in die oomblik te leef.

Die werklikheid kom na jou as

jy stop en luister. Op die Camino

was daar nie reëls of voorskrifte

nie. Jy stap net. Jy stap

jouself fiks. Jy pas aan. Daar is

’n gevoel van samehorigheid

tussen die stappers. My ervaring

was soos om ’n pause-knoppie

in my lewe te druk.”

Volgens Grundling is lewenservarings

nie meer vir hom óf

toeval, óf vooruitbestem nie.

“Ek dink nie meer so baie daaroor

nie. Ek hou van die grys

middeweg.

“Op die Camino het ek ’n slagspreuk

gesien: ‘Daar is geen weg

na geluk nie; geluk ís die weg’.”

Dit maak vir hom meer sin,

het hy gesê.

“As ek voor my jongste reise

’n ateïs was, sou ek daarna ’n

gelowige wees. Maar ek was

reeds ’n gelowige. Ná my jongste

reis is ek nog meer gelowig.”

) Boekgesprekke. ATKVBoekeoase

daagliks om 11:00 en 14:00.

Vandag

11:00: Twee Anglo

Boereoorlogbiografieë: Carel

van der Merwe, Elsabe Brits

14:00: Twee gevierde

Ladismithers, Abraham

H. de Vries, Peter Veldsman
Krit 12 April 2017 Nuus 15

KKNK-dagprogram 12 April 2017

TYD

MINUTE TITEL

LOKAAL

8:30 150 Historiese wandeltoer Vanaf St Judes’s Anglikaanse-kerk

9:00 60 Die Burger Praat Saam: Trump en nasionalisme Feeskafee

9:00 90 Die reuk van appels Griesselsaal

9:00 65 Hond Laerskool Van Reedesaal

9:00 75 My passie vir Jesus Laerskool Wesbanksaal

9:00 65 Net ’n chilliburger en chips asseblief! Hoërskoolsaal

9:00 90 Piekniek by Mpande nee Dingaan Gimsaal

9:00 Tot 21:30 Rivierbuurt – Dagtoegang Rivierbuurt

9:00 210 Swartberg eco- en erfeniservaring Wilgewandel

9:00 40 Wit Rosie, Rooi Rosie ATKV-Neelsie Teater

9:00 30 Zipline Cango Caves Estate – Zipline

10:00 120 Asem SANW-ouditorium

10:00 60 Crafty Kids By die ATKV-Neelsie Teater

10:00 95 Elvis Blue – Kaal Absa Burgersentrum

10:00 60 Olifant ontbyt Buffelsdrift Game Lodge

10:00 70 Steffie en Les Javan Die Windpomp Restaurant Teater

10:00 Uitkampteater Voor Absa Burgersentrum

10:30 60 Kwêla-gesprekke Absa Kuierkamer

11:00 40 Die prinses en die ertjie ATKV-Neelsie Teater

11:00 60 Twee Anglo-Boereoorlogbiografieë ATKV-Boeke-oase

11:00 100 Weerklink van ’n wanklank – ’n eenman memoir Die Parlement

11:30 50 Kalahari Swaan Laerskool Wesbanksaal

11:30 90 Liewer Laerskool Van Reedesaal

12:00 60 Crafty Kids By die ATKV-Neelsie Teater

12:00 60 Die Beiteltjie: Reisiger na Kimberley N.A Smitkamer, C.P. Nel-Museum

12:00 45 Visuele Kunsgesprekke en Rondleiding Prince Vintcent-gebou

12:15 45 Teatergesprek: Asem SANW-ouditorium

12:30 65 Die ontelbare 48 Griesselsaal

12:30 80 Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran Gimsaal

13:00 60 Kookdemonstrasie Feeskafee

13:00 70 Koöperasiestories Hoërskoolsaal

14:00 60 Angels on horseback – Skop, skiet and blonder Die Parlement

14:00 60 Die Beiteltjie: Die wittebrood N.A. Smitkamer, C.P. Nel-Museum

14:00 55 Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte Laerskool Wesbanksaal

14:00 Feesjuwele Absa Kuierkamer

14:00 60 Karoo Swing Absa Burgersentrum

14:00 60 Mathys Roets – 21 Jaar in die musiekbedryf Die Windpomp Restaurant Teater

14:00 40 TechnoPop ATKV-Neelsie Teater

14:00 60 Twee gevierde Ladismithers ATKV-Boeke-oase

14:30 105 Die vrou uit die see Johnny Bisschoff-saal

14:30 150 My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou SANW-ouditorium

15:00 180 Bossafari wyn- en tappastoer Buffelsdrift Game Lodge

15:00 60 Crafty Kids By die ATKV-Neelsie Teater

15:00 60 Leefstyl-werksessie Feeskafee

15:00 Uitkampteater Voor Absa Burgersentrum

15:00 Uitkampteater By die ATKV-Kampvuur

15:00 60 Voël innie hand Laerskool Van Reedesaal

15:30 65 Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie Griesselsaal

16:00 65 Die Beiteltjie: Die wittebrood 2 N.A. Smitkamer, C.P. Nel-Museum

16:00 65 Moedertaal Gimsaal

16:00 90 Velskoen Shuffle – Erfeniswandeling Vanaf Oudtshoorn Toerismekantoor

17:00 60 Beurtkrag Hoërskoolsaal

17:00 Die Pierre en Melt show Absa Kuierkamer

17:00 90 Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar Laerskool Wesbanksaal

17:00 60 Strooijonker Die Parlement

17:30 Ma Tête est mon village (My head is my village) Baron van Reedestraat

18:00 60 Kuier saam met bekendes Feeskafee

18:30 120 Aan tafel met Abraham H. de Vries: ’n 80ste verjaarsdagviering Signature Divine

18:30 120 Bobby en Rhema Rivierbuurt

18:30 60 Giel Swiegers en ander Karoo-duiwels Griesselsaal

18:30 90 Haidee Muller se lucky dip ATKV-Kampvuur

19:00 70 Zolani Mahola – Rok en Rol Absa Burgersentrum

19:30 80 Die koninkryk van die diere Johnny Bisschoff-saal

19:30 60 Die Vlammende Fez Gimsaal

19:30 70 So ry Miss Daisy SANW-ouditorium

20:00 75 Geheime taal Laerskool Van Reedesaal

20:00 70 Ooms Hoërskoolsaal

20:00 65 Voksbesit Die Parlement

21:00 70 Amanda Strydom – So onner deur die maan Die Windpomp Restaurant Teater

21:30 120 Laatnag By Absa Kuierkamer

09:00 480 Visuele Kunste Prince Vintcent-gebou

Van 10:00 KykNET-Straatoptredes Baron van Reedestraat
16 Nuus Krit 12 April 2017