12.04.2017 Views

Krit, Woensdag, 12 April 2017

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

14 Nuus Krit 12 April 2017

BOEKGESPREKKE: WAAROM WORD SO MIN DRAMATEKSTE GEPUBLISEER?

‘Dis ’n braak veld’

Marlene Malan

Op universiteit word Afrikaanse

dramatekste glad

nie meer voorgeskryf

nie. En dié wat nog op skool

voorgeskryf word, is horingoud.

Daarby publiseer Suid-Afrikaanse

uitgewers elk hoogstens een

Afrikaanse dramateks per jaar

in boekvorm. Die ironie is dat

van die heel beste dramas wat

in Suid-Afrika opgevoer word,

juis dié is wat in Afrikaans geskryf

is, maar nooit uitgegee

word nie.

Die regisseur Marthinus Basson,

dramaturg Tertius Kapp en

uitgewer Nicol Stassen het dié

toedrag van sake gister in die

ATKV-Boeke-oase met die digter

en vertaler Daniel Hugo bespreek:

Waarom word so min

dramatekste in Afrikaans gepubliseer?

Kapp het die Hertzogprys in

2015 gewen met sy drama Rooiland

– wat deur Stassen (Protea)

gepubliseer is – en Amy Jephta

het pas die Eugène Maraisprys

gewen met Kristalvlakte – gepubliseer

deur Tafelberg, waar

Kapp ’n uitgewer is.

Stassen, wat onder meer ook

die dramas Johnny is nie dood

nie (Malan Steyn), Skrapnel

(Willem Anker) en Vrededorp

(Charles Fourie) gepubliseer

het, het gesê bloedweinig van

die tekste soos dié wat nou tydens

die KKNK opgevoer word,

word uitgegee. “Dis jammer die

Suid-Afrikaanse Akademie vir

Wetenskap en Kuns het hierdie

drie dramas ’n paar jaar gelede

Marthinus Basson, Tertius Kapp en Nicol Stassen gesels gister in die ATKV­Boeke­oase. Foto: MARLENE MALAN

nie as bekroningswaardig beskou

nie. Dit het ’n baie negatiewe

boodskap uitgestuur. Dit terwyl

die opvoerings daarvan al

hoeveel pryse ingepalm het.

“Ek gee dramas uit omdat ek

voel die geskiedenis van Afrikaanse

drama moet geboekstaaf

word, en Protea kan ’n bydrae

maak op dié gebied. En ek gee

ook dramas uit omdat dit vir

pryse in aanmerking kan kom.

Daarvan maak ek geen geheim

nie. Dis jammer dat uitgewers

so min van hierdie uitstekende

‘‘Te veel slegte

boeke word

uitgegee. En dit

kos net soveel

om ’n goeie boek

as ’n slegte boek

uit te gee.

werk uitgee, terwyl daar ’n ooraanbod

van boeke in ander genres

is, soos misdaadfiksie. Te

veel slegte boeke word uitgegee.

En dit kos net soveel om ’n

goeie boek as ’n slegte boek uit

te gee. Dramatekste bied ’n wonderlike

geleentheid vir elke uitgewer.

Dis ’n braak veld. As jy

die heel beste uitgee, soos ek

doen, sal dit wel erkenning geniet

en suksesvol in die handel

wees.”

Volgens Kapp word die meeste

dramas eers uitgegee, “indien

dit uitgegee word”, nadat dit opgevoer

is. “Want dramas verander

terwyl jy repeteer. Jy toets

dit op die verhoog en kyk of dit

werk. Dan is daar die bemarkingsaspek,

en dis om ’n bekende

akteur wat deel was van die

produksie op die voorblad te

sit.”

Die dilemma met die onderwysdepartemente

is dat hulle

“veilige dramas” soek, het Kapp

gesê. “Hulle soek nie onderwerpe

soos politiek nie, terwyl ek

voel die departemente kan gerus

probeer om relevant en aktueel

te bly.” Daarom bly hulle by

tekste soos Die Keiser deur Bartho

Smit en Die Rebellie van Lafras

Verwey deur Chris Barnard,

wat al dekades oud is, het Stassen

gesê.

Volgens Basson is alle voorgeskrewe

werk vir sy studente in

Engels. “Dit sou wonderlik wees

as iemand besluit om weer ’n

Shakespeare in Afrikaans te

vertaal, met ’n nuwe aanslag,

ter wille van vernuwing. Ek sal

hou van ’n nuwe vertaling van

byvoorbeeld King Lear, Shakespeare

se giftige, heftige een.

Ons taal verarm teen ’n ongelooflike

pas. As jy só ’n werk

nuut uitgee en kreatief te werk

gaan, sal dit wonderlik wees.”

Dramavertalings in Afrikaans

bied nóg moontlikhede, soos die

Vlaming Tom Lanoye se Mamma

Medea, wat deur Antjie Krog

vertaal en vir Suid-Afrikaanse

omstandighede aangepas is,

asook sy Bloed & rose: Die lied

van Jeanne en Gilles, wat Basson

self vertaal het.

‘Een Camino gestap, een geskryf’

Marlene Malan

“Een Camino gestap en een Camino

geskryf.”

So vertel Erns Grundling,

joernalis en skrywer van die

boek Elders, wat onlangs verskyn

het.

Want so moeilik as wat sy

staptog in Frankryk en Spanje

twee jaar gelede was, so was die

skryfwerk oor dié ervaring van

hom. Tog, hoe fikser en meer geoefen

hy geraak het, hoe makliker

het dit gegaan.

Grundling en een van Afrikaans

se ander groot reisskrywers,

Dana Snyman, het gister

in die ATKV-Boeke-oase met die

digter Daniel Hugo gesels oor

hul ervarings “langs die pad” en

“op pad”. Op pad is ook die titel

van Snyman se nuwe boek oor

sy ervarings op Suid-Afrika se

grootpaaie, agterpaaie en stofpaaie.

“Om te kan reis, het jy nie

groot bakkies, tente en die nuutste

kampeertoerusting nodig

nie. Jy klim in jou Nissan 1400

of jou Corolla en jy rý. Jy moet

lig reis,” het Snyman gesê.

Volgens Snyman is Op pad,

wat einde Julie verskyn, “baie

Erns Grundling, links, en een van Afrikaans se ander groot reisskrywers,

Dana Snyman, het gister in die ATKV­Boeke­oase met die digter Daniel

Hugo gesels oor hul ervarings “langs die pad” en “op pad”.

Foto: JACO MARAIS

persoonlik – maar dis ’n lekker

boek. Ek probeer so ’n bietjie

wegkom van die etiket van ‘nostalgie’

wat aan my gekoppel

word”.

Hy was maar altyd in sy lewe

gemoeid met die underdog en

met menslikheid, “seker maar

oor ek uit ’n pastorie kom”. As

deel van ’n TV-span wat die

land deurkruis het, onder meer

na sy ouerhuis op Volksrust,

wat platgeslaan is, en na Nkandla

in KwaZulu-Natal, was dit die

mense op sy reise en hul vertellings

wat hom die meeste bybly.

Hy neem waar, hy luister en hy

gee aandag, het hy vertel.

“Ek was al drie keer by

Nkandla, en het daar onder andere

president Jacob Zuma se

niggie ontmoet.

beleef ek

goed op die

‘‘Soms

langpad wat, as

ek terugkom by

die kantoor, my

kollegas sou sê

ek het dit

uitgedink.

“Ek het ’n groot fassinasie

met die werklikheid en om

struktuur daarin te sien: hoe

mense lyk, wat hulle doen, hoe

hulle aantrek. Op my reise het

ek selfs mense se skoene begin

afneem. Soms beleef ek goed op

die langpad wat, as ek terugkom

by die kantoor, my kollegas sou

sê ek het dit uitgedink.”

Volgens Grundling het sy

staptog, wat in die suide van

Frankryk begin het, hom geleer

om sy lewensvraag “what if” te

verander na “what is”. “Ek het

geleer om in die oomblik te leef.

Die werklikheid kom na jou as

jy stop en luister. Op die Camino

was daar nie reëls of voorskrifte

nie. Jy stap net. Jy stap

jouself fiks. Jy pas aan. Daar is

’n gevoel van samehorigheid

tussen die stappers. My ervaring

was soos om ’n pause-knoppie

in my lewe te druk.”

Volgens Grundling is lewenservarings

nie meer vir hom óf

toeval, óf vooruitbestem nie.

“Ek dink nie meer so baie daaroor

nie. Ek hou van die grys

middeweg.

“Op die Camino het ek ’n slagspreuk

gesien: ‘Daar is geen weg

na geluk nie; geluk ís die weg’.”

Dit maak vir hom meer sin,

het hy gesê.

“As ek voor my jongste reise

’n ateïs was, sou ek daarna ’n

gelowige wees. Maar ek was

reeds ’n gelowige. Ná my jongste

reis is ek nog meer gelowig.”

) Boekgesprekke. ATKV­Boekeoase

daagliks om 11:00 en 14:00.

Vandag

11:00: Twee Anglo­

Boereoorlogbiografieë: Carel

van der Merwe, Elsabe Brits

14:00: Twee gevierde

Ladismithers, Abraham

H. de Vries, Peter Veldsman

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!