12.04.2017 Views

Krit, Woensdag, 12 April 2017

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Krit 12 April 2017 Nuus 13

KOMEDIE: KOÖPERASIESTORIES

Ou TV­treffer kort hart

Margit Meyer­Rödenbeck en Carel Nel.

Foto: NATALIE GABRIELS

Marina Griebenow

Dis tog sekerlik nie oordrywing

om te sê dat PG du

Plessis, skepper van onder

meer die geliefde karakters

van die televisiereeks Koöperasiestories,

die raakste beskrywer

van die kondisie van die kleine

man (en vrou) onder die Afrikaners

van so ’n geslag of twee gelede

is nie. Met ’n behendige

oog en oor vang hy hul versugtinge,

swakhede en eienaardighede

noukeurig vas en bied dit

dan in verteerbare formaat en

as vermaak aan sy lesers, kykers

en gehore.

Dit is dus amper te goed om

waar te wees as die geleentheid

hom voordoen om Genis, Veldsman

en Mietie weer op die koöperasie

se stoep te beleef, en dít

boonop op ’n verhoog. Ons is

tog immers almal so dan en wan

nostalgies vir tye toe die pas

van die lewe stadiger was en die

interaksie tussen mense meer

reguit en haas eerliker. Die

Afrikaanse kunstefeeste is dan

ook die ideale platform vir ’n

produksie gegrond op dié ongekunstelde

en humoristiese

volkskuns.

Helaas is dit te laat om ooit

weer vir Jacques Loots, Emgee

Pretorius en Marie Pentz in dié

rolle te sien wat hulle volksbesit

gemaak het, maar hul skoene

word desondanks ander dinge

wat haper puik volgestaan deur

Carel Nel, Chris van Niekerk en

Marion Holm. Margit Meyer-Rödenbeck

en De Klerk Oelofse

vertolk tussen hulle ’n magdom

rolle, onder wie die Pieterse-kindertjies

wat so oopbek op die

dorp rondloop, Johanna wat ’n

oog op Genis het, die polities

ambisieuse skoolhoof Van Staden

en Vissertjie, die stadsklerk

wat slimmer is as wat hy lyk.

Alexa Strachan, jare lange medewerker

van Du Plessis, gebruik

sy verhale as bron vir die

teks van Koöperasiestories. Sy

slaag egter nie daarin om volronde

karakters op die verhoog

te plaas nie omdat sy staatmaak

op nostalgie en skramse verwysings

om die toneelstuk te dra.

Om dieselfde rede word daar periodiek

op klugtige elemente teruggeval

vir effek eerder as intensie.

Ook Sandra Prinsloo se regie

skiet tekort. Du Plessis het komedie

geskryf met diepgang. Hy

gaan tydsaam om met sy karakters.

Die pas van Koöperasiestories

is só vinnig dat die akteurs

min kans kry om hul karakters

ín die dialoog te laat gaan sit.

Holm en Van Niekerk se ervaring

red hulle, maar die jonger

Nel – met die moeilikste taak

van die drie – word oënskynlik

aan sy eie genade oorgelaat.

Meyer-Rödenbeck en Oelofse

is wonderlike komedie-pasmaats

en het die gehoor behoorlik laat

skater. ’n Mens wil hulle inpak

en huis toe neem. Holm is al jare

lank ’n persoonlike gunsteling

en haar Mietie is ondanks

die teks- en regieprobleme ’n

diep menslike karakter by wie

die gehoor groot aanklank vind.

Van Niekerk het een van die

mooiste stemme in die bedryf en

het natuurlik die nodige gravitas

om Veldsman geloofwaardig

en eg te laat oorkom.

Dit was ’n waagstuk om Nel te

kies as die beswaarde Genis. Hy

is baie jonk om in so ’n ikoniese

rol geplaas te word, maar hy het

ongetwyfeld die nodige talent en

vaardigheid, asook die ideale fisieke

voorkoms, om daaraan reg

te laat geskied. As iemand net

nie só met ’n sweep agter hom

gestaan het nie!

Koöperasiestories is potensieel

’n lokettreffer. Die rolverdeling

bestaan uit van ons beste spelers,

Juanita Ferreira het gesorg

vir ’n doelmatige en treffende

stel (kompleet met die Five Roses

Tea-advertensiebord) en

Anel du Toit se kostuums herinner

goed aan die era. Daar moet

egter harder gesoek word na die

outentieke elemente en empatiese

gees van PG du Plessis se karakters

en die hart van sy verhale.

Jong ‘Genis’ streef na balans in loopbaan

Vanjaar se KKNK word veral gekenmerk

deur ’n groot aantal jong teatermakers.

Herman Lategan het by ’n paar van

hulle agter die gordyn gaan inloer. Hou

Krit se reeks dop.

Carel Nel:

In watter stuk tree jy op? En kortliks

waaroor gaan dit?

Ek speel in PG du Plessis se

Koöperasiestories. Dit gaan oor

die wel en wee van Mietie,

Veldsman en Genis. Jy ontmoet

ook al die ander karakters wat

in die klein plattelandse dorp

woon. Dit speel in ’n vorige era

af, maar tog bly die karakters

en temas tydloos.

Vertel ook kortom van jou karakter.

Ek speel Genis, die burgemeester

van die dorp, en hy is dus ’n

baie goeie politikus. Genis is beswaard.

Hy wil hê die plaaslike

handel moet goed doen sodat die

kinders van die dorp kan ophou

stad toe foeter. Genis is ook ’n

wewenaar en hy het ’n swakheid

vir vroue. Diep in Genis se

hart is hy ’n goeie mens, maar

hy wil graag hê dinge moet verloop

soos wat hy wil hê dit moet

en dan, natuurlik, is dít waar

dinge verkeerd loop.

Hoekom moet feesgangers na

hierdie stuk kom kyk?

Dit is ’n heerlike uitstappie vir

die hele gesin. ’n Mens lag lekker

en PG du Plessis se werk is

tydloos en val so mooi op die

oor. En dan natuurlik met akteurs

soos Marion Holm, Chris

van Niekerk, Margit Meyer-Rödenbeck

en De Klerk Oelofse

kan ’n mens nie verkeerd gaan

nie.

Werk jy tans aan ’n nuwe stuk? Is

dit ’n geheim? Ook, wat het van

Die fliek geword? Gaan dit nie

toer nie?

Ek het tans iets in die pyplyn,

maar ek kan nog niks verklap

nie, want dis nog nie bevestig

nie. So, dit sal maar ’n geheim

moet bly vir nou. Ons gaan hopelik

volgende jaar aangaan met

Die fliek. Ons kan dit nie dié

jaar verder vat nie. Ons medeakteur,

die formidabele Dean

Balie is ongelukkig, oftewel gelukkig

vir hom, vir die res van

Carel Nel (regs) as genis in Koöperasiestories. By hom is De Klerk

Oelofse en Margit Meyer­Rödenbeck. Foto: NATALIE GABRIELS

die jaar uitgeboek met ander

werk.

Uit ’n praktiese oogpunt, hoe behou

jy jou stamina en hoe kyk jy

na jou gesondheid en psige gedurende

hierdie tye?

Balans is vir my baie belangrik.

Ek glo ’n mens moet hard werk

en ook ’n goeie tyd hê terwyl jy

dit doen. Dan is gesond eet, oefen

(makliker gesê as gedaan) en

goed slaap baie belangrik vir

my.

Hoeveel feeste pas jy in hierdie

jaar? Is dit moontlik om ’n private

lewe te hê as dit by tye so wild

gaan?

Sover ek weet, gaan ons met

Koöperasiestories na al vanjaar

se feeste. Tussendeur feeste probeer

ek besig bly met televisieen

filmwerk. Ek hou nie juis

baie van stilsit nie. En, ja, daar

is baie tyd vir asem skep.

Wanneer dinge so wild gaan,

weet ’n mens ten minste dis net

’n maand of twee, dan sal jy

weer tyd kry om twee weke vir

jouself en jou vriende af te

knyp.

As jy nie by ’n fees is nie, waar is

jou basis? Verlang jy nie by tye na

jou eie kooi en rustigheid nie?

Ek woon in Kaapstad saam met

my meisie, Cintaine Schutte, en

ons kat. Lilly. Ek verlang inderdaad

na my kooi, maar die

meeste na Lilly.

Ek voel aaklig as ek haar by

die huis moet los, maar dis

heerlik om elke jaar die geleentheid

te hê om na plekke soos

KKNK te kom.

Ek was al so baie hier dat ek

weet waar die lekker eet- en

kuierplekke is.

Laastens, raad oor teateretiket,

asseblief.

Selfone, selfone en nogmaals selfone.

Dit is rêrig belangrik dat

mense dit afskakel, want dis nie

net steurend vir die akteurs nie;

ons kan actually cope daarmee –

dis ons werk – maar dis steurend

vir ander gehoorlede wat

baie geld betaal vir hul kaartjies.

Ek het gister in ’n vertoning

gesit en op die mooiste

oomblik van die stuk lui ’n gehoorlid

se selfoon – nie een keer

nie maar drie keer sonder dat

hy of sy dit afskakel. Dit breek

alles wat daai akteurs so hard

voor gewerk het en dit versuur

almal anders se ervaring van

die stuk.

) Kooperasiestories. Vandag

13:00; môre 16:30; 14 April 19:30;

15 April 09:00. Hoërskoolsaal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!