07.05.2018 Views

Kamp-is-Lekker-Tydskrif-Feb-2018

Kamp-is-Lekker-Tydskrif-Feb-2018

Kamp-is-Lekker-Tydskrif-Feb-2018

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Leeuwenboschfontein (Touwsriver)

Die feit dat dit ons klomp manne amper 3 jaar geneem

het om weer saam te kamp is wraggies ʼn skande!

Maar soos die gesegde gaan – liewers laat as nooit.

Middel Augustus het ek die eerste keer van

Leeuwenboschfontein te hore gekom toe ons in die

vallei langs die plaas gekuier het saam met vriende.

Seker gemaak ek het dit op my “to-do” lysie gesit en

toe ons (ek, Jacques & Frans) een laatmiddag gesels

het dat ons weer ʼn kamp moet doen het dit na die

ideale geleentheid gelyk om daar te gaan kuier vir ʼn

naweek.

KLIK hier vir fotos

Wat sê

Henry?

K A M P I S L E K K E R 1 1

Vrydag, laatmiddag kom ʼn fris spannetjie stuk vir

stuk by mekaar by Leeuwenboschfontein se

kampterrein. Ons naweek spannetjie was:

1. Jonker’s

2. Laas’e

3. Groenewald’s

4. Laubscher’s

5. Dreyer’s

6. Pretorius’e (het eers die Saterdagoggend in

geval)

Een ding is verseker, as jy saam met Jacques &

Frans kuier gaan daar heeltyd gebraai word.

Hierdie twee seuns is wragtig met vleis groot

gemaak en het seker nooit babamelk gesien nie.

Soos die een vleisgereg van die rooster af kom

gaan die volgende een weer op. Enige iets van

gerookte varkrib, skaaptjops, Koedoe wors,

skaapstertjies, skilpadjies en Springbok fillet. Dit

is ʼn konstante geëtery van die rooster en nes jy

dink jy kan nie meer nie gaan die volgende rooster

weer op die vuur. My mond water sommer klaar as

ek terug dink daaraan.

Saterdagoggend word daar besluit dit is tyd om die

4×4 roete (graad 3) na die uitkykpunt aan te pak.

Soos altyd geniet die kinders die rondskud en op en

af’s terdeë. Uiteindelik by die uitkykpunt gekom en

die wind slaan ons van alle kante. Francois het ook

intussen by die kampterrein aangekom en terwyl

ons nog die view van bo geniet kon ons sien hoe hy

die roete man alleen aanpak.

Toe hy ook uiteindelik bo kom het ons die man darem

paar minute gegee om die stof af te sluk met ʼn koue

bier, voor ons weer afgesak het kampterrein toe.

Met reënwolke wat intussen begin dreig het, besluit

ons om liewers vuur aan te steek in die lapa. Met

Jacques en Frans weer in hul element was dit nie

lank voor daar weer ʼn herhaling van Vrydagaand se

geëtery was nie. Terwyl Frans al die rooster

voorsmakies braai, is Jacques besig om ʼn kookwater

skaapskenkel pot aan mekaar te slaan. Om net seker

te maak ons eet nie NET vleis die heel naweek nie,

word daar ook sommer brood gebak.

Sondagoggend en die vorige aand se onsmaaklike

wind is iets van die verlede. Terwyl die kinders die

visstokke bietjie natmaak word daar weer vuur

gemaak vir Paul se Mexican omelette, wat ʼn groot

wenner was. Moer... dit maak seer om die knaap ʼn

kompliment te gee, maar ek moet dit tog noem, dit

was watertand lekker.

Laatoggend en almal begin stadig om kamp op te

slaan. Niemand is regtig lus om die naweek af te sluit

nie, maar die nuwe week is besig om ons hard te roep.

Laaste kiekie word geneem van die groep voor daar

totsiens gesê word tussen mekaar.

Groot dank aan almal. Behalwe dat ons lekker gekuier

het, het die kinders dit baie geniet. My spannetjie vra

alreeds wanneer die volgende kamp is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!