10.05.2018 Views

Kamp is LekkerTydskrif-Maart 2018

Kamp is Lekker Tydskrif is propvol lekker stories en kampplekke

Kamp is Lekker Tydskrif is propvol lekker stories en kampplekke

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

UITGAWE NO. O3

L e k k e R K a m p r e s e p t e

GRATIS

Kamp is Lekker

Selfoon toep/App

MAART 2018

KAMP IS LEKKER

Wat sê

HENRY?

K i e s d i e r e g t e

Kampvrieskas

K

amp waar dit LekkeR is.

So

maak ons 'n

swartpot

skoon

"Ons Kampresepte"

KAMP KERRIEKOS RESEP

500g Lekker Boerewors, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekneus

2 uie gekap

15ml kookolie

2ml rissiepoeier

15ml kerriepoeier

250ml vleisaftreksel

15ml tamatiepuree

30ml suurlemoensap

5ml sout

2ml vars gemaalde swartpeper

3 aartappels, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny

• Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm.

• Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie. Voeg

rissie- en kerriepoeier by en braai effens.

• Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suur-

lemoensap, sout en peper by. Voeg aartappels en wors by

en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en

verhit deeglik.

• Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.

LEKKER SAGO POEDING VIR DIE

NAWEEK (KARAVAAN MIKROGOLF)

2 koppies melk

½ koppie sago (hoef nie vooraf te week nie)

3 eetlepels botter

2 eiers geskei

⅓ koppie suiker

2 ml vanielje geursel

knypie sout

appelkooskonfyt

kaneel

Giet die melk, sago en botter in bak en mikrogolf

10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en

daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2

minute. Klits die eiergeel en voeg saam met

witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die

warm sago mengsel. Mikrogolf 2 minute op

100%.Vou nou die styf geklopte eierwitte in die

warm mengsel in. Skep die mengsel in 'n glas bak

en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en

strooi bietjie kaneel oor. Mikrogolf dit 2 tot 3 min

oop by 70% krag. Bedien warm .

Ons het die vakansie vir 10 heerlike dae

gaan kamp en ek het net weereens besef

hoe ‘n gerieflike katoeter my BRAAIMATE is.

Ons het lekker gevulde sampioene gemaak

(groot sampioene met knoffel en kaas), ek

het jaffels daarin gemaak, ontbytnessies en

nog vele meer. Ek is nie eendag spyt dat ek

‘n BRAAIMATE aangeskaf het vir ons

kampkombuis nie. Lekker Kampplekke – die

BRAAIMATE is ‘n wenner.

Die kostes van die BRAAIMATE beloop

R595.00 en die RSA posgeld beloop R80.00

per pan.

Stuur jou bestelling na

loret@lekkerkampplekke.co.za

THE

GROWCERY

The Growcery Kamp is in

Vioolsdrift aan die oewer van

die magtige Oranjerivier geleë

en bied ‘n rustige omgewing

met ‘n eindelose uitsig oor die

rivier en die omliggende

rotsformasies in die Nababeep

Bewarea. Kamp aan die oewer

van die Oranjerivier, kook oor

oop kampvure, hou ‘n piekniek

terwyl jy die uitsigte oor die

rivier geniet soos die son

ondergaan, stap in die

woestyn en verken die

hemelruim soos jy net in die

Richtersveld kan.

Die verblyf bestaan uit 10 Chic

Shack-eenhede wat uit

herwinde materiale gemaak

word en in ‘n rugsakreisigerstyl

gebou is. Daar is 3

kampeerplekke met plek vir 6

gaste en 7 kampeerplekke met

plek vir 16 gaste. Elke

kampeerplek het ‘n wasbak,

braai-area en toegang tot

gedeelde ablusiegeriewe.

Richtersveld Safaris bied ontbyt, middagete,

aandete en piekniekmandjies op versoek, of gaste

kan die groentetuin en winkel op die perseel

besoek.

Dis die ideale plek om te ontspan na ‘n dag se ry,

die beeldskone woestyngebied te verken of af te

koel in die langste rivier in Suid-Afrika.

NAASTE DORP: Springbok 140km

STREEK: Richtersveld

PROVINSIE: Noord-Kaap

GPS: -28.698041 17.49843

Kontak persoon Margaret Olivier

+27 76 852 8633

margaret@thegrowcery.co.za

WENK HOE OM JOU

SWARTPOT SKOON TE

MAAK.

Skuur daai pot met

skuurpapier om van

die ergste roes ontslae

te raak en vee hom

met 'n droë lap uit.

Kook nou groenteskille

en blare in die pot met

driekwart vol water,

waarin daar weer 'n

koppie sout en asyn

bygevoeg is.

Jy kan 100ml kookolie ook in die pot gooi saam met die

skille met sout en asyn.

Indien die pot dalk nog roeserigheid toon kan jy gebruikte

kookolie in die pot gooi en dan lekker warm maak. Gooi

nou aartappelskille in die kookolie, maar pasop dat jy nie

brand nie. Roer die spulletjie met 'n lang houtlepel en laat

die olie sommer lekker opkook boontoe sodat hy tot teen

die rand gesmeer word.

Platboompot: Vat die swartpot, maak vuur onder dit en

gooi gebruikte kookolie daarin. Laat die olie lekker warm

word. Gooi nou klompie aartappelskille in. Pasop net vir

die olie wat gaan spat en kook. Maak die pot toe en

laat alles lekker kook. Haal die gaar skille uit en herhaal.

Laat die olie sommer lekker spat teen die binne sye en

laat die pot dan afkoel. Gooi die olie uit, spoel die pot met

warm seepwater, laat hom droogword en spuit met Spray

& Cook.

Indien die pot geroes het, moet jy eers die ergste roes

uitskuur, die pot uitspoel en dan met skille uitkook

voordat die kookolie in hom gekook word. My potte was

almal deur die proses en ek het 'n paar geroeste potte

van vriende so gered.

Deur Ian Laing

Rouxbean Coffee Roastery is ‘n

koffie roostery in die hartjie van

die Overberg, wat met 'n

innoverende lug-rooster metode

en top gehalte Arabica bone ‘n

suiwer geurige koffie produseer

met ‘n heerlike aroma.

Hulle nuwe produk, die Coffee

Angels, is ‘n weggooi koffie filter

wat ideaal is vir langs die kamp

vuur! Perfek vir enige kamp of

toer, kompak en eenvoudig om

te gebruik, dis die gemak om

gehalte filter koffie te hê sonder

pakkerasies en moeite, en

verpak in individuele pakkies vir

varsheid!

KONTAK

Naam Adri Roux

epos: orders@rouxbean.co.za

CRODINIE

20KM VANAF SWELLENDAM EN

200 KM VANAF KAAPSTAD

Ons het die afgelope Desember-vakansie

gaan uitspan by Crodinie. Daar was 3

families wat saam gekamp het vir 10 nagte

en…ons het bitter lekker daar ontspan!

Crodinie is sowat 20km voor Swellendam,

langs die Breederivier geleë. Daar is ‘n

entjie wat jy moet grondpad ry en die laaste

afdraende na die kampterrein kan nogal

intimiderend lyk, maar jy kan met ‘n gewone

sedan voertuig die kampterrein bereik. Die

meeste kampers het met tente of boswaens

gekamp. Die staanplekke het nie elektrisiteit

nie, maar daar is wel solarkrag en gas

geysers by die ablusie, dus met goeie

beplanning het dit ons nie gepla dat daar nie

elektrisiteit by ons staanplek was nie.

My staanplek het die meeste van die dag

skaduwee gehad en ons kon dus lekker in

die koelte ontspan. Elke oggend het Hanlie

kom onloer, sy is die dame wat die

kampterrein bestuur. Sy het dan kom hoor of

ons vars melk of ys wou koop. Daar is ook

vriesfasiliteite by die kantoor wat ons kon

gebruik om ons vleis gevries te hou vir die

tydperk van ons kamp.

Ek het sommer vir ons vooraf 1000

stukkies hout by die kampeienaar bestel en

toe ons by ons kampplekke kom was die

hout vir ons netjies gepak – reg vir

braaivleis op ons... MADKON!

Ons het op die oewer van die rivier gekamp

en was dus net ‘n paar tree van die

waterkant. Die visarend het ons baie

oggende vroeg wakker geroep en dan

moes ons vuurtjie aansteek en koffie maak

om te sien hoe die son opkom.

Die kinders het elke dag in die water

baljaar, vis gevang en kayak gery. Ons het

die kayak by die eienaar van Crodinie

gehuur teen ‘n baie billike prys. Natuurlik

het die kamp vir heelwat opwinding gesorg.

My seun was baie gelukkig om te gaan roei

en toe spring daar sowaar ‘n vis by hom in

sy kayak in – dit het natuurlik vir baie

opwinding by oud en jonk gesorg. My seun

het homself daarna as ‘n “Gebore

visserman” verklaar – hoe dan nou

anders…lol. Van die ander kampers was

ook gelukkig om ‘n paar groot visse uit te

trek en vinnig het die manne begin koukus

oor watter aas gebruik moet word om ‘n

grootte aan die lyn te kry.

Soos alle lekker dinge, het ons 10 dae van

swem, kuier, braai en ander lekkertes te

gou verby gegaan en moes ons weer

oppak, maar Crodinie sien ons beslis gou

weer!

OORSIG

Kamp Staanplekke: 10

Persone Per Staanplek: 4 max 6

Kontak persoon Hanli Kemp

Kontak nommer 082 787 3398

Epos kempcrodinie@gmail.com

Troeteldiervriendelik: Buite seisoen

Visvang: Ja

Swemplek: Rivier

GPS: -34.160550, 20.461672

Tariewe vanaf R50 pppn

2018 kykNET Buite ekspo

MÔRESON PLAAS

WES-KAAP

Die kykNET Buite ekspo Wes-Kaap

was 16-18 Februarie op die Môreson

plaas aangebied.

Die ekspo het weereens daarin

geslaag om duisende besoekers na

die Swartland te lok. Daar was

oorgenoeg uitstallers en kos om jou

die heeldag besig te hou. Ander lekker

vermaak was die braai kompetisies

wat deur die baie bekende Jimmy van

Jimmy's sous self beoordeel was en

kunstenaars wat gesing het - dit alles

was deel van die groot sukses.

Baie geluk aan Maruis Opperman en

sy span van Trio events vir 'n LekkeR

buitelewe konsep wat werk.

By die Lekker Kampplekke uitstalarea

was ons oorval deur kuiergaste met baie

kampstories. Ons het aan die gaste

gewys hoe 'n afgetrede Wiskunde

onderwyser, Wim van Jaarsveld, sy eie

kampvaantjie vir sy vrou gebou het.

Wim van Jaarsveld

082 377 4496

Met groot belangstelling moet Wim vir nog

'n paar mense kampvaantjies bou.

Zevenputs (Weskus)

KLIK hier vir fotos

"Die Weskus het ʼn bekoring van sy eie, begin ek al hoe

meer agterkom. Hierdie dorre landskap met sy vars

seelug en vriendelike Weskus mense, is maar net anders

as die Ooskus se groen landskap en soms “ons-weetvan-beter”

mense.

Alhoewel die Karoo en woestyn, met al daai niks en groot

vlaktes vol klip, my gunsteling wegbreek plekke is om kop

skoon te maak, moet ek bieg ek begin my kuiers &

avonture langs die Weskus meer en meer geniet.

Wat sê Henry?

Ek dink ook ʼn groot aspek van enige avontuur/naweek wegbreek is die tipe mense saam met wie jy dit

aanpak. Alhoewel ek dit geniet om met die familie of soms net met die seuns te ontsnap is dit altyd lekker om

saam met hierdie manne en hulle families nuwe herinneringe te gaan skep:

Frans Laubscher

Paul Laas

Jacques Groenewald

Lourens Hugo – kon ongelukkig nie die trip maak nie

Johan Dreyer – kon ongelukkig nie die trip maak nie

Vrydagmiddag so net na 17h00 stop ek en Lian voor tannie Erene Engelbrecht se huis in Lambertsbaai. Met

die dat Jean aan ʼn mini-krieket toernooi deel geneem het sou hy en Marli eers die volgende oggend by ons

aansluit.

Die tannie is ferm en ek skud net kop soos sy die NB punte vir my verduidelik. Met die hek sleutel in die

gatsak is ons weer aan die beweeg.

+/- 5km uit die dorp draai ons links by die Vredendal bordjie en volg die grond pad vir so +/- 9km tot ons die

Soopieshoogte Privaat Natuur Reservaat muur op linkerhand kry.

Van hier volg ons die pad tot oor die Sishen treinspoor brug. 200m verder kry ons die Zevenputs hek. Bande

word bietjie afgeblaas en dan volg ons die sand twee spoorpad tot by die see.

Laaste keer wat ek hier was, was in 2008 tydens ou Bertho se batchelors, en was verbaas hoe die plekkie

verander het. Daai tyd was dit net oom Sybrand se staanplek, maar intussen is daar al langs die see skoon

gemaak vir staanplekke.

K A M P I S L E K K E R

Behalwe vir die skoon gedeeltes langs die see is daar verder NIKS

nie. Daar is 2 dalk 3 “longdrops” in die veld, maar verder moet jy

alles saam bring as jy daar wil kom kuier.

Die wind waai ongemaklik en ek sukkel so manalleen om die daktent

se “dropdown” kamer op-ge-zip te kry en terselfde tyd oog op Lian te

hou wat net nie wil weg beweeg van die rotse nie. Wou hom later

aan ʼn tentpaal vasbind totdat ek klaar gesukkel het met die

verdomde tent.

Net soos die son sy laaste strale wil weg trek kom die res van die

span daar aan. Gou word die tente opgeslaan voor die Rooikrans

lewe kry saam met die eerste koue vir die naweek.

Ou “groot” Jacques was weer op sy stukke met ʼn Geelstert &

vasgebakte brood (+ jam) op die spyskaart vir die aand.

KLIK hier vir fotos

Wat sê Henry?

Laatmiddag en die Rooikrans laat alweer

Frans se gat jeuk en kort voor lank loop

die vure weer sterk. Die volgende

avontuur word reeds beplan terwyl die

kinders langgend die plek plat hardloop.

Hier huil een, daar kla een oor sy toon,

maar in geheel wil nie een van hulle by

die huis wees nie.

ʼn Skaapribbetjie kry sy plek (waar hy

hoort) langs die vuur en die glase word

vol gemaak terwyl die Weskus windgat

spog met ʼn ongelooflike mooi

sonsondergang. Later maak steaks & toe

vark sjops hul verskyning met ʼn

vasgebakte brood kort op hulle hake.

Een ding is nou maar duidelik – as jy

lekker wil slaap, dan gaan kamp jy langs

die Weskus. Daai geluid van die see en

koue briesie is net ʼn wen kombinasie.

Die week se chaos & gejaag was skielik iets van die verlede en lankal

vergete. ʼn Bier proe darem net beter met die vars see lig en die reuk

van Rooikrans in die lig.

Saterdagoggend en ek en Lian is vroeg op die pad terug

Lambertsbaai toe, met Paul se Hilux (Cruiser het die daktent op), om

Marli & Jean te kry. Hulle het gereël dat haar voertuig by vriende se

ouers staan die Saterdagaand.

Terug by die kamp en Jacques se lyn is reeds in die water. Toe die

seuns dit sien is die koeël deur die kerk en skielik moet ek visstokkies

reg kry vir die knape. Altyd ongelooflik hoe opgewonde kinders kan

raak oor visvang, maar aai die geduld is maar net nie altyd daar nie.

Sondag en dit is weer tyd om die voertuie

se neuse Boland se rigting toe te trek.

Voor Elandsbaai stop ons by die

Vensterklip restaurant vir middagete

waarna daar blad geskud word voor ons

die laaste gedeelte huis toe aan pak.

Soos altyd ʼn onvergeetlike naweek saam

met lekker mense."

Paar swart mossels maak hul verskyning in Jacques se kreef pot

terwyl ou Paul besig is met sy bekende Mexican omelette.

Laat middag en die kinders dring daarop aan dat daar geswem moet

word. Aai, dink hulle het ʼn lewens les geleer met die dat die Weskus

water effe koeler as die Ooskus sin is haha.

MOBIELE Kampkroeg

Die kroeg kan opvou en aan enige

platform heg soos jou bakkie,

karavaan of 'n muur teen die huis. Dit

vou op en weeg skaars 3kg en vat tot

6 glase, shooters, drankbottels, 'n ys

cooler, tafel, botteloopmaker en baie

meer.

E-pos info@letsgohunting.co.za

of whatsapp 0721413158.

Ek wil ‘n

kampvrieskas

koop,

maar watter

een?

Die oomblik wanneer die woord kamp opgebring word,

is daar onmiddellik ‘n paar assosiasies. Die twee grotes

is waarskynlik vuur en ietsie kouds. Daar is bittermin

gesprekke oor watter maak vuurhoutjies om te gebruik

vir daai vuur (almal weet dis Lion), maar wanneer dit by

die koudmaker kom vir daai ietsie kouds, kan jy netsowel

een van die woorde “Ford”, “Toyota” of “Land Rover”

saamvoeg met die term “die beste”, want selfs al is dit na

12, het die aand sopas ‘n embrio geword.

Die teenvraag voor jy ‘n vrieskas aanskaf is eintlik, watse

tipe kamp doen jy?

As jy vir 3 maande ‘n jaar Kruger toe gaan met die

karavaan, sal ‘n gasvrieskas waarskynlik die mees

ekonomiese opsie wees, want jy gaan vir ‘n week op 1

plek staan, op plekke waar daar nie altyd krag is nie.

Die voordeel van gas is dat dit relatief goedkoop is, die

vrieskaste is ook relatief goedkoop in perspektief gesien

met die 12V kompressorvrieskaste. Alhoewel die meeste

gasvrieskaste op 12V krag kan loop, trek hulle ‘n battery

bitter vinnig pap, so verkieslik wil ‘n mens daardie 12V

opsie slegs vir kort periodes gebruik.

As jy op ‘n gereelde basis kamp, maar slegs by plekke

waar daar 220V krag is wat nie veel meer as ‘n paar

uur van die huis af is nie, is jou mees ekonomiese opsie

waarskynlik ‘n 220V vrieskas.

Maar, wanneer die nomadiese tipe ding in rowwer areas

vir jou ‘n aanloklikheid begin word, gaan jy waarskynlik

‘n meer kompakte vrieskas wil he, iets wat kouer maak as

‘n gasvrieskas, en iets wat op 12V ook kan loop.

Jou antwoord is dan ‘n kompressor vrieskas die

effektiefste

van alle kampvrieskaste. Maar waarom nie ‘n 220V

kompressor-vrieskas met ‘n inverter nie? Dan kan jy mos

die vrieskas van die kar se battery af laat werk. Jy kan ja,

maar jy gaan baie meer energie gebruik as wanneer jy ‘n

12V kompressor-vrieskas gebruik. So omdat jy nie

verseker

is van ‘n 220V kragpunt by jou staanplek nie, en omdat

jy beperkte energie (jou 2de battery of dalk ‘n sonpaneel)

het vir die vrieskas, wil jy die mees energie-ekonomiese

opset he – en dit is ‘n 12V kompressor vrieskas. 1. Met

elektriese installering, gebruik eerder groter diameter

drade, gebruik goeie konneksies en soldeer alles as jy

kan – jy wil ‘n “hoofweg” hê vir die krag om te vloei.

Maar watter een?

Hier is 3 gedagtes:

1. Alle 12V Kompressor vrieskaste is goed genoeg

en gaan jou heel waarskynlik jare se sorgvrye

diens gee. Party is Nissans, party is Mercedes, ek

is nie bewus van Dacia’s nie.

2. Dit maak nie saak watter 12V kompressor vrieskas

jy gaan koop nie, daar is iemand daar buite wat

al probleme met daardie spesifieke maak vrieskas

gehad het, so moet jou nie steur aan stories

nie. Dis ‘n “Luck of the draw” kwessie indien ‘n

vrieskas op jou breek.

3. Sekere make is ‘n bietjie meer ekonomies as

ander, ja. Is die verskil drasties, nee. Ek kan

myself nie ‘n situasie voorstel waar ‘n meer

ekonomiese vrieskas vleis sou deurtrek en ‘n

minder ekonomiese vrieskas dit nie sou doen nie.

As jy jouself in ‘n situasie bevind waar jy vleis

gaan verloor as gevolg van energie-tekort, gaan

die vrieskasmaak nie die verskil maak nie.

....vervolg.

Ek wil ‘n kampvrieskas koop, maar watter een?

So waarna moet ek oplet?

Die regte vrieskas vir jou, hang af van persoonlike

voorkeur en jou begroting. Hier is ‘n paar

oorwegings:

1. Kies ‘n vrieskas met dik insolasie. Hoe dikker die

i nsolasie, hoe stadiger is die hitteverlies, hoe ligter

op krag

2. Koop ‘n relatiewe bekende maak. Die kans is beter

dat die mense in Keetmans, Khorixas en Kasane

al aan die bekender make gewerk het in die

onvoorsiene situasie dat ‘n vrieskas oppak

3. Vrieskaste is meestal goed vasgemaak en die kans

is bitter skraal dat jou kampvrieskas fisiese skade

sal opdoen gedurende ‘n ekskursie. Moet jou nie

vaskyk in ‘n vrieskas met ‘n Staal of Alumimium

buitekant nie. Inteendeel, dit maak die vrieskas

swaarder en dra by tot meer hitteverlies.

4. Wat is jou voorkeur vir deur-orientasie. As jou

vrieskas op ‘n slide staan, maak dit waarksynlik nie

saak nie. Maar indien jou vrieskas vasgemaak is

op een plek in jou voertuig, is jou voorkeur dalk ‘n

deur wat van die kant af oopmaak eerder as van

agter af.

5. Grootte: Ek sal traag wees om kleiner as 50L te

gaan. Met goeie beplanning, kan 50L vir 4 mense

werk vir so 10 dae.

6. Uitleg binne. Die kleiner Waeco’s (Dometic

deesdae) en ARB’s het ‘n klein 2de kompartement

in die hoofkompartement, wat nie heeltemal so

koud raak soos die res van die vrieskas nie. Vir my

persoonlik werk dit baie lekker aangesien ek my

items wat ek nie gevries wil he nie, daar pak.

Dan, ‘n paar dinge om in gedagte te hou om die beste uit jou vrieskas te kry:

1. Met elektriese installering, gebruik eerder groter

diameter drade, gebruik goeie konneksies en soldeer

alles as jy kan – jy wil ‘n “hoofweg” he vir die krag om

te vloei.

2. Maak ten minste 1 keer ‘n jaar jou batterypole skoon,

dit verbeter die laai van die battery aansienlik, wat

beteken jy het meer krag beskikbaar vir die vrieskas

3. As jou vrieskas op die bak staan, installeer die vrieskas

aan die teenoorgestelde kant as die uitlaatpyp. Daar is

tog ‘n klein bietjie hitte wat deurkom van die uitlaatpyp

af.

4. Maak seker dat jou vrieskas se uitlaat goed geventileer

is. Probeer die hitte wat die vrieskas genereer, wegkry

van die vrieskas af.

5. As vleis net-net gevries is, sal dit maklik vir ‘n maand

hou. Dit is onnodig om ‘n vrieskas op sy koudste te stel.

My vrieskas is gewoonlik op -5 grade Celsius gestel.

6. My gevriesde goed is onderin my vrieskas, geskei van

my ongevriesde items bo, met ‘n stukkie fomolite (mens

kan enige ander insolasiemateriaal gebruik). Wanneer

die vrieskas meer gereeld oopgemaak word, het dit nie

so ‘n noemenswaardige effek op die gevriesde items

nie.

7. Sak: As jy kan, kry ‘n vrieskassak (cover). Dit help baie

met insolasie.

8. Ter wille van die rekord, die ooglopende goed is om

jou vrieskas so veel as moontlik uit die son te hou en

so min as moontlik oop te maak.

Ek gebruik ‘n Waeco CF-50 vir die afgelope 9 jaar en

hy werk nog so goed soos dag 1. As ek weer koop, sal

ek weer ‘n Waeco CF-50 koop, dis persoonlike voorkeur

(deur-orientasie, klein 2de kompartement, lig – ‘n groot

kwessie vir my). Jy sal egter nie ‘n fout maak om enige

van die groot name te koop nie (National Luna, Engel,

ARB, Snowmaster, Campmaster). Die hoof-oorweging is

dat jou vrieskas ‘n 12V kompressor inhet.

OOR DIE BERG………

Vir mense soos ek, wat in die Vrystaat grootgeword het in

die tagtigs, was daar gewoonlik net 1 pad as dit tyd is vir

vakansie. See-toe. Oor die berg, daar waar die lugdruk

anders is.

Nog te meer as jy ‘n kamper is. In daardie jare was

dit ‘n Toyota Cresida met ‘n groot Jurgens agteraan. En

vir my pa en ma het see-toe gaan in Desember beteken

Mosselbaai.

Ek onthou hoe ons al ‘n paar dae voor die tyd begin pak

het en alles reggekry het. My pa was in die kunsmis en

boerdery bedryf, so ons het nooit geweet wanneer ons ry

nie. Maak nie saak hoeveel keer jy gevra het nie. As dit

gereën het. As ek nog by daardie klient was.

Ens. Dit was lank voor die tyd van selfone waar jy nog die

laaste werk op die pad kanafhandel. So ons moes leer om

opgewonde te wag.

Maar gewoonlik so teen 16 Desember het die

aankondiging deur die loop van die oggend gekom dat

ons NOU gaan ry. En dan was die opgewondenheid

op sy hoogste. En dan moes almal in. En ons het gery.

Uiteindelik. MAAR, net tot by ons buurdorp. Dit was

60km. En daar het pa gestop om padkos te eet. Want

hy is met vakansie. Mosselbaai het op daardie stadium

nog ‘n goeie 1000km verder gelê. Maar ons het gestop.

WANT, ons is met vakansie.

Ons het gewoonlik dan halfpad of so naby as moontlik

aan Beaufort-Wes of Oudtshoorn oorgeslaap sodat ons

die volgende dag vroeg by die see kan wees en genoeg

tyd kan hê om die karavaan staan te maak en die tent op

te slaan. Die BERG wat ons moes oor, was natuurlik ook ‘n

groot vrees vir ons. Want dit kan reen of daar kan mis op

wees. En ons wat van die Vrystaat af kom ken nie berge

nie. Ek het later geleer dat dit wat ek gedink het berge is,

maar eintlik net ‘n blinde hoogte was. Maar hoe dit ookal

sy, wanneer ons dan natuurlik oor die berg is het ons altyd

gekyk wie sien die see eerste.

Baie jare later het ek en my gesin by die see kom bly. En

ons is kampers. Eers het ek gedink – lekker – mens het

nie meer nodig om so lank voor die tyd te pak nie. Jy het

ook nie nodig om so ver te ry nie. Dit is nie meer nodig

om oor die gevreesde berg te ry nie. En dit is so naby jou

kinders het nie nodig om al om en om ‘n bloekomboom te

loop terwyl jy padkos eet nie. Maar ek moes leer dat daar

OOR DIE BERG………

‘n rede is vir alles. Sekere goed verander wel. Maar as jy

kamp en wil rus en vakansiehou, is daar sekere goed wat

nooit verander nie.

Die goed wat verander. By ons het net 2 goed wel

verander. Die eerste is die uitvindsel wat mens ‘n selfoon

noem. Want nou ry jy al en dan is jy nog steeds besig met

hom of met iemand op hom. Jou kinders is ook heeltyd

besig op dit. Wanneer mense saam kuier kan hulle net 2

grappies vertel en siedaar – daar kom die selfone uit. En

daar word gekyk na snaakse videos. SOO – die oplossing

is, pak hom so gou as moontlik weg. Tensy jy iemand

moet bel omdat jy in die nood is. Die tweede ding wat vir

ons verander het, is die vrees vir die berg het verdwyn. Of

dit nou reën en of dit nou mistige weer is, vat jou tyd, en

voor jy sien is jy oor die berg.

Die goed wat nie verander nie. As jy lekker wil kamp, is

daar egter 4 goed wat nooit verander nie. Die eerste is,

as jy wegtrek by die huis met die kampwa of karavaan, is

jy met vakansie. Of dit nou net ‘n naweek is of ‘n week of

langer. Of jy net 10km ry voordat jy opslaan of 100km.

As jy wegtrek, is jy met vakansie.

Die tweede is, as jy wil gaan kamp en rus, is dit soos ‘n

gekookte hoendereier. Hy moet eers ‘n entjie ry voordat

jy hom eet. Dan is hy op se lekkerste. Net so met die

kampery. Jy moet ‘n entjie ry. Die pad maak jou rustig en

laat jou vergeet van wat agter is.

‘n Derde ding wat ek agtergekom het is dat dit wat my

gepla het nou weer my kinders pla. Jy moet stop en

padkos eet. Hier is ongelukkig nie genoeg bloekombome

of kameeldoringbome vir my kinders waarom hulle kan

loop terwyl ons koffie maak en ‘n broodjie eet nie, maar

dan moet hulle maar om ‘n basboom loop. Die in die

rondte loop doen hulle tog seker goed.

En die laaste is dat dit goed is as jou omgewing verander.

Die lugdruk moet verander. As jy wil rus moet dit waar jy

jou kamp opslaan anders wees as dit waar jy elke dag

bly. Die omgewing moet anders wees en dit waarmee jy

jou besig hou moet anders wees. Dan kan jy lekker kamp

en rus.

Storie verteller: Peet Louw

Het jy 'n storie wat jy met ons wil deel?

Stuur jou epos na

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Gratis

Toep/App

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!