30.05.2018 Views

Kamp is Lekker Junie 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

UITGAWE NO. O6

j u n i e 2 0 1 8

KAMP IS LEKKER

4x4 Toer in

NAmakwaland

Woonwa

wenke

D E E L 1

Tuinroete spog

met nuwe

KAMPPLEK

EN

Atlasware

WEN

'n Atlasware fles ter

waarde van R400.

KLIK hier

O n t v a n g ' n R 1 0 0

a f s l a g b e w y s + G r a t i s

a f l e w e r i n g o p e n i g e

a a n k o p e b y

M e g a w a r e h o u s e

Standaard T&V geld

G e b r u i k d i e p r o m o s i e

k o d e : L K

RESEPTE

Souskluitjies: Ingeneurs poeding

( Batch en Braam se jare lange vernuf)

So maak mens

Bestanddele:

Probeer gerus die treffer souskluitjie resep... reg uit ouma se resepteboek

Benodighede: 250 ml Koekmeelblom

10 ml Bakpoeier 1 ekstra Groot eier, of 2 medium eiers

50 ml Botter

100 ml Vars melk

KLIK

Knippie sout

Stroop:

700 ml water Kaneelsuiker

25 ml botter

So gemaak:

Sif droë bestanddele saam Vryf die botter in die mengsel met vingerpunte in

totdat die mengsel soos broodkrummels begin lyk. Klits eier en melk saam ,

voeg by meelmengsel Meng goed deur.

Bring water en 25 ml botter tot kookpunt. Skep nou lepelsvol van die sagte

deeg in die kokende water.

Sit die deksel op die Pot en bring tot kookpunt. Verminder die kole en laat dit

baie stadig kook sowat 20 minute.

NB: Moenie die pot se deksel tydens die kook proses oplig nie!!!

Skep kluitjies uit in mooi groot bak, sprinkel liggies met kaneelsuiker Voeg nou

vinnig 10 groot eetlepels kaneelsuiker met die oorblywende stroop in die

kastrol, bring tot kookpunt , hou aan roer tot lekker dik stroperige sous

Giet nou die sous oor die kluitjies ,

Laat rus die kluitjies in stroop vir 10-15 min voor opskep. Bedien met heerlike

warm tuisgemaakte vla.

K L I K

OM TE VELLIE

OF NIE!

Deur: Pierre Labuschagne

Vellies is so deel van ons geskiedenis

soos biltong en beskuit, en onse

“Velskoen” het al diep, diep spore getrap

oor die lengte en breedte van ons land.

Wat meer is, is dat dit eg Suid-Afrikaanse

skoene is. Soos koeksisters – ons eie!

Ek het onlangs vir myself, na baie jare

weer ‘n paar lekker regte-egte vellies

aangeskaf! Salig…

Eintlik kan ek nie glo dat ek ooit sonder ‘n paar kon regkom nie. Sonder om gratis te

adverteer, maar eerlikwaar, tussen bitter duur Solomons en ewe duur Adidas, Hi-Tec,

Cats, Nike en wat-ookal, is ‘n R600 se paar vellies die gemaklikste en lekkerste paar

skoene in my kas! Goeie, gewone ou velskoene!

Die naam sê presies wat dit is: “vel”-skoene. Later van tyd is die woord in die

volksmond gelyklopend ook geassosieer met “veldskoen” – skoene wat in die veld

gedra word, maar dit verwys na presies dieselfde ding: “Vellies”. Die vellie het sy

ontstaan in die vroeë Duits Oos-Indiese Kompanjie-tye in Suid-Afrika in die 17de Eeu,

en is aanvanklik deur die Hollandse Settelaars gedra. Interessant is dat daar beweer

word dat die ontwerp van die skoen geskoei is op die tradisionele “skoene” wat die

oorspronklike Koisan gedra het. Mettertyd het die skoene deel geraak van die

Afrikaanse psige en siel in die tyd van die Groot Trek. Dit het die skoen van die dag

geword, as gevolg van die feit dat die goed Rateltaai is en dit hou ‘n ewigheid! Maklik

om te maak, want leer of dierevelle was maklik bekombaar, lig en baie gemaklik. Gou

het die vellie deel geword van Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe se elke dag, want die

toestande van die trek na die Noorde was maar rof en die vellie het homself as waardig

bewys in moeilike omstandighede, deurnat of horingdroog. Dis vandag nog so. ‘n Vellie

is gebou om te hou!

volg op bl.8

Be prepared for a total family experience when the Cape Holiday Show

returns to the magnificent Sandringham Farm outside Stellenbosch

from October 26 – 28 this year.

Kevin: 0825533041

kevin@capeholidayshow.co.za

....volg bl.6

Tydens die Rhodesiese bosoorlog het hulle eie

weermag ook feitlik net van vellies gebruik

gemaak, so ons kan letterlik sê díe

merkwaardige skoen het sowaar ‘n oorlog ook

deurgemaak, en een van die redes is - nie net

vir die duursaamheid en volhoubaarheid van

die leer nie, maar die gladde, plat sole! Dit was

moeiliker om die skoene se spore te volg.

Amper ‘n onmoontlikheid vir ‘n ongeoefende

oog om ‘n vellie se spoor te sny, en te volg! Is

dit slim of wat? Ons noem dit sommer

“sneaky”! Jammer julle taalpuriste!

Vellies het selfs ‘n draai in Kaïro gaan maak en

deur middel van ‘n man genaamd Nathan

Clark, met sy skoenmaatskappy “J&C Clark”

het hy begin met die “Desert Boot” se ontwerp

wat geskoei was op die vellie se vorm en

ontwerp met die ronde punt en plat sool. Hy het

vellies in Kaïro se markies en bazaars

raakgeloop wat van Suid-Afrika ingevoer was,

en dit was die ontstaan van die vellie stewels.

Soms sien mens van die stewels wat vandag

steeds gemaak word en waarvan die sole uit

ou motorbande gesny word.

Ek wonder stilweg of dit is waarvandaan die

spreekwoord kom as ons praat van: “As die

tekkie die teer slaan…”? Dunlop bande op

vellie-sole… Dit maak sin!

In kort: Die vellie is ‘n lekker skoen! Dis

gemaklik en as die Voortrekkers deur

riviere en oor berge daarmee kon trek,

kan ek vandag daarmee kamp ook. Dis

soos om twee ratels aan jou voete te hê,

en jy kan dit die heeldag, elkedag dra!

Fantasties!

Doen jouself ‘n guns: Gaan skaf dadelik

(weer) vir jou ‘n paar, of sommer twee

paar, aan as jy dit nie in jou kas of reeds

aan jou voete het nie. Dis die moeite (en

elke sent) werd! Dit sal enige duur paar

hardloopskoene of stapstewels van

duisende rande oorleef, en jy kan die

goed amper in jou testament bemaak

aan jou kleinkinders, want dit sal deur

hulle leeftyd ook hou! En dames, dit geld

vir julle ook! Mens kry self pienkes wat

by die rooie lippies gaan pas!

Hey, jou lekker ou vellie! Ons salueer

jou! Mag ons saam nog vele spore deur

diepe waters stap – amper soos ons

huweliksformuliere dit stel: “In sickness

and in health – till death do us part!”

Noodwendig weet julle nou hoe lyk my

lekkerkampskoenekas! Net een paar

vellies, vir elke dag – die heeldag!

Klik

WOONWA

Deel 1

WENKE

Die lekkkker kan ons maar uitrek, want dit is regtig

lekker.

Onthou, dat die week of twee wat jy weggaan se

voorbereidings net so lekker is as die vakansie self.

Maak ‘n lysie van wat jy gaan nodig hê. Dit sluit in die

kos, kampgoed en drinkgoed. Tydens die vakansie is

klere ‘n bysaak, solank jy net ‘n warm baadjie het.

Die woonwa moet ordentlik versien wees voor jy

vertrek, die onderstel, so ook die binnekant. As jy jou

tent lanklaas gebruik het en jy hom nou nodig gaan hê

vir die vakansie, is dit beslis ‘n goeie ding om hom uit

te haal, op te slaan en te kyk dat al jou tentpale, toue,

ankerpenne en elmbogies daar is. Kyk ook dat jou

tent nie geskeur of deurgelê het nie, laat maak reg

wat verkeerd is. Dis altyd handig om ekstra toue en

ankerpenne saam te neem, asook ‘n paar tentpale, ‘n

mens weet nooit wat op vakansie verkeerd kan loop

nie en dis ‘n beslommernis om rond te soek na ‘n

Handelaar wat jou kan help. Kyk ook dat jou Rally al

sy pale ens. het en dat jou sykante daar is en nie

beskadig is nie.

Maak seker dat jou gasbottels almal vol is en dat daar

geen lekasies is nie.

Loop om en deur jou woonwa binne en buite en

kyk dat alles in orde en werkende toestand is.

Maak ‘n lysie van moontlike foute en gee dit aan

jou diensverskaffer om na te gaan wanneer jou

woonwa ingaan vir sy diens. Maak seker dat as

jy ‘n warmwaterstelsel in jou woonwa het, dat

hulle dit toets om te sien of alles reg is. Laat

hulle ook kyk na die battery dat dit nog reg werk,

asook jou yskas en dat die elektiese-bedrading

in goeie kondisie is. Wanneer jy jou woonwa

gaan haal na sy diens, maak seker dat hulle

gedoen het wat jy gevra het en gaan saam met

hulle deur dat alles nou in orde is. Check en

double check, want dis al hoe jy gaan weet alles

is reg om die reis aan te pak.

As ‘n ou kampeerder kan alles verkeerd gaan,

solank die yskas werk. Dan is die Kaap Hollands.

Kamp koffie met houding

KLIK

hier

WEN

KLIK

hier

WOONWA

WENKE

Pak alles sodat die woonwa se neus nie te swaar is

nie. Gewoonlik gebruik

ek die ou stelsel, nl. 10% van die bruto masssa

geweeg op die haakpunt. Let wel, nie op die neuswiel

nie. Sit ‘n plankie op die badkamerskaal en ‘n stok

tussen die skaal en die haakpunt. Nie so of so nie, dit

werk!!

Probeer om nie bottels in die yskas te pak wanneer jy

sleep nie, dit sal die yskas beskadig. Slegs sagte goed

moet gepak word.

Vir baie mense is dit nie belangrik nie, maar ‘n mooi

skoon woonwa, oud of nuut, skep ‘n pragtige indruk op

die pad en by die kampplek.

Sorg dat die bande voor vertrek gepomp is met die

korrekte druk. Woonwawiele op ‘n enkel as, is

dieselfde as die sleepvoertuis se agterwiele plus minus

30kpa. ‘n Dubbelas is so 5kpa minder, want daar is

vier. Moenie van die spaarwiel vergeet nie!

Jy kan nie wiele op die pad pomp nie, want die

sleephitte verhoog die druk en is dus onnodig. Wat

egter gedoen moet word, is om elke 300km te kyk

dat die wielmoere behoorlik vas is. Veral die manne

wat “mags” op hulle woonwaens het.

Loop terselfderyd om die woonwa om seker te

maak die “jacks” en vensters is nog vas en toe.

Onthou die “popups” se dakke binne in die woonwa

moet behoorlik ingehaak wees.

Sleep teen so plus minus 100 km per uur. Nie net is

dit veilig nie, maar dan kan jy nog die natuurskoon

ver van die huis bewonder.

Sou jy baie ver sleep, is dit goed om so elke 400km

bene te rek en ‘n halfuur te rus. Dit verrig wondere

en moenie as jy in Gauteng woon probeer om

regdeur na Mosselbaai te sleep nie. Rus by die

dam of Karoo Nasionale Park.

Teen die tyd wat jy by jou oord aanland is almal so

opgewonde dat die volledige kampplek binne ‘n

halfuur opgeslaan is en pa en ma kan rus.

Nou begin die vakansie behoorlik en ou woonwa

mense loop rond in die kamp en steel met die oog

nuwe idees, want geen twee ouens kamp op

dieselfde metode nie.

Lekker sleep en geniet die vakansie sonder enige

bekommernis dat iets verkeerd kan gaan as jy die

regte prosedure gevolg het voor jou vertrek.

DIE HOOIKRAAL

TENTED CAMP

Heidelberg 8kmWes-Kaap

OORSIG

Kamp Staanplekke 12

Persone Per Staanplek 6

Troeteldiervriendelik Nee

Visvang Ja – dam

Swemplek Dam

Grondbedeking Gras/grond

Skaduwee Gedeeltelik

Toeganklikheid Grondpad

Selfoon Ontvangs Ja

BESKRYWING

Die Hooikraal Tented Camp is ‘n ekovriendelike

kamp onder die doringbome. Die

kamp is in ‘n kloof gebou op ‘n werkende

plaas en bied ongelooflike tonele van die

platteland met die Langeberge in die

agtergrond.. Aanwysings

Hooikraal Tented Camp is 8 km buite

Heidelberg op die N2 in die rigting van

Buffeljags/Swellendem.

Kontak persoon Jaco Uys

Kontak nommers 0846458810

www.hooikraalcamp.co.za

K L I K

MOBIELE Kampkroeg

Die kroeg kan opvou en aan enige

platform heg soos jou bakkie, karavaan of

'n muur teen die huis. Dit vou op en weeg

skaars 3kg en vat tot 6 glase, shooters,

drankbottels, 'n ys cooler, tafel,

botteloopmaker en baie meer.

E-pos info@letsgohunting.co.za

of whatsapp 0721413158.

KLIK

15%

afslag op enige

produkte wat jy by

Mapstudio aankoop.

Gebruik kode:

" kamp "

Koop jou Madkonbraai by ons

Lekker Kampplekke

Aanlynwinkel

NOUKRANS BOSKAMP

Heidelberg, 20km Wes-Kaap

BESKRYWING

OORSIG

Kamp Staanplekke 10

Persone Per Staanplek 4 max 6

Troeteldiervriendelik Vooraf reëling

Visvang Nee

Swemplek Rivier

Grondbedeking Gras/grond

Skaduwee Genoeg

Toeganklikheid Grondpad

Selfoon Ontvangs Nee

Noukrans Boskamp - nuwe kampterrein.

20 km buite Heidelberg, Wes-Kaap.

Langs die Grootvadersbosch. Bring jou

eie tent, karavaan of boswa, kom kies

jou staanplek tussen honderde

akkerbome (waarvan die oudstes

geplant is in die 1920’s) en maak seker

dat jy ‘n pragtige uitsig het!

Warm water vir stort en skottelgoed

was,geen krag. Baie mooi berge en

akkerbome en baie stilte en vrede...

Kontak persoon Ben/Adré Coetzee

Kontak nommer 0825629658

www.noukransboskamp.co.za

Laat weet ons wat

jy dink van die

KLIK

hier

Kampplekke

T e r u g v o e r o o r k a m p p l e k k e

LIMPOPO

Sondela Natuurreservaats

Pulani Park

Mbizi Game Lodge

Bosfontein

Mabalingwe Natuurreservaat

Bendito Ranch

Moholoholo Ya Mati

Koro-Koro Boskamp

El Rancho Grande

Edenpark Karavaanpark

Klipspringer

NOORDWES

Thaba Morula

Onverwags Wildsplaas

Karee Krans 4×4

Klipdas Boskamp

Supreme Game Breeders

Klipspruit River Resort

Konka Karavaan Park

Bosveld Oase

TangleWood Nature Estate

Wawielpark

Honey Nest Kampterrein

GAUTENG

Piesangkloof 4×4 Boskamp

Dinokeng Resort

Ngata Safari Lodge

Thorn Tree Bush Camp

The Mighty Apies River Venue

Hennops Pride Karavaanpark

Shangrila-Innibos

Kwagga’s Pride

Eastco Magaliesburg

Bass Lake Lodge

Sionbergh Kampterrein

WES-KAAP

Weskus Quarry

De Drinken

River Edge Akkomodasie

Koningskop

Matroosberg Nature-

Reserve

Vloedbos

Monks Karavaanpark

Schoongezicht Kampterrein

Leeuwenboschfontein

Ou Skip Vakansieoord

Namakwaland

ʼn Avontuur wat nie ontstaan om ʼn kampvuur nie,

kan nie vertrou word nie – skryf dit neer as jy nie

dit geweet het nie.

Jy kan nie tuis sit en teug aan ʼn Rooibos tee en

dink maggies dit sal nou lekker wees om die

bakkies se neuse in die-en-daai rigting te stoot

saam met die vrinne nie.

Verbeel jou – terwyl jy jou briljante idee op jou

vrinne WhatsApp groep bekendstel is die een dalk

besig om sy longe langs ʼn 0/8 rugbyveld te verloor

en ‘n ander is dalk nogsteeds, na 3 weke, besig

om deur die gebruikers gids van sy nuwe welder

te gaan. #SiesMan!

Om ʼn kampvuur na die 3rde koue verversing’tjie is

daar rustigheid en die week se geraas is iets van

die verlede. Die vrouens is rustig êrens terwyl die

kinders iets afbreek by jul gasheer se woning,

maar dit is sy probleem later.

TOER

Deur: henry.co.za

Volg vir willeklong

ʼn Idee word geskiet terwyl daar met admirasie dop gehou word hoe ‘n vol rooster skaap tjops

(Delico wat anders) gedraai word. Die presiese tegniek hoe die rooster vas gehou word

gekombineer met die korrekte rotasie spoed – ʼn kuns op sy eie.

10min later en die datum & die eindbestemming word gefinaliseer. Hierdie sal natuurlik binne

minute voorgelê word aan die beter-helftes, om seker te maak jy word nie per ongeluk in nog ʼn

kinder partytjie geboelie nie.

25 April – 1 Mei 2018 (datum) – Namakwaland (bestemming) word aan geteken. Die detail van

die toer was natuurlik tydens vele soortgelyke kuiers meer in diepte bespreek en finaliseer.

25 April (Woensdag) en die groot dag breek aan. Ons spannetjie vir die toer was soos volg:

Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé)

Laas’e (Paul & Munnik) – Marina is hoog swanger

Hugo’s (Lourens, Mariette, Josua & Loumari)

Laubscher’s (Frans & Lunay)

Jonker’s (ek, Jean & Lian) – Marli het ʼn rugoperasie ʼn week gelede gehad

De Kock (Ruan het saam met Paul gery)

Janse van Rensburg (Rey) – Laaste 2 aande

Ek en die twee seuns val al vroeg in die pad want ons wil graag die lang grondpad (R358) wat

voor Garies afdraai en dan via Kliprand tot by Pofadder hardloop.

Die res van die konvooi vertrek net so na 3pm

uit Wellington en kom die aand laat by Klein

Pella aan. Teen die tyd het ek natuurlik seker

. gemaak die vuur brand al hoog terwyl die

wêreld om ons koud raak

Tyd is ʼn relatiewe begrip en wors & ʼn lieslap

kry hul plek op die kole terwyl die dag se stof

uit die monde gewas word met ʼn vuil Coke.

Volgende oggend en daar is al vroeg lewe in

die kamp. Na koffie en beskuit is die konvooi

aan die beweeg na Kakamas om die wonder

van die Augrabies watervalle te gaan

aanskou. Die Oranje rivier is in vloed en om

hierdie valle in sy glorie te sien is altyd ʼn

voorreg.

Middagete word geniet by Lake Grappa voor

daar weer in die pad geval word. Pofadder

sou ons laaste stop wees om brandstof te

kry tot ons weer by Alexanderbaai sou kom,

dus word al die tenks + jerry kanne (die is

nou ons met die dors masjiene) vol gemaak.

Petroljoggie glimlag breed terwyl ek met

trane in my oë die bank kaartjie vir hom

gee…

So 15km buite Pofadder volg ons die smal

pad tot by die sendings dorpie Pella waar

ons ʼn draai gaan maak by die bekende

kerkie. Ongelukkig was daar niemand om vir

ons oop te maak nie en dus het ons

aanbeweeg tot ons teen die Oranje rivier

vasry. Hierdie sal ook die amptelike begin

plek wees van die Namakwa 4×4 Roete.

Van hier volg ons ʼn kronkel tweespoor pad

al langs die Oranje rivier. Die landskap is dor

& droog en toon geen genade nie. Later

beweeg ons weg van die rivier, weer terug

na Klein Pella, waar ons vir ʼn 2de aand sou

oornag.

Kort voor lank en die son gooi sy laaste

strale terwyl die Kameeldoring lekker

knetter. Kinders hardloop die vlaktes plat

terwyl Carlize besig is met haar Cowboy

(mince & bakes beans) gereg. Manlief,

Jacques, bak soos altyd weer ʼn lekker

brood.

Na ete kom Frans met ʼn gevaarlike klein

bottel (Withond soos baie hom ken) houding

daaraan. Die vorige aand het daar ʼn

skokkende voorval plaasgevind waar ʼn

individu (Jacques) ʼn verversing’tjie vir

homself geskink het en nie die groep gevra

het of hulle ook ietsie kouds vir die keel

verlang nie. Dus was dit ons plig om die

arme verlore siel te herinner dat jy nie daai

voetfout weer moet begaan nie. Ou Frans

skiet die knaap ʼn kort glasie plofstof, skuus

Witblitz/Withond in. Snaaks hoe so klein

glasie anergie so groot man se gesig skeef

kan trek en skielik is daar trane in die oë,

maar hy mis seker maar net sy hond tuis…

Vrydagoggend na ʼn vinnige besoek aan die

Dadel plantasies is ons weer op die

kronkellende tweespoor pad.

Die dag is sommer van vroeg af warm en

middagete word langs die rivier geniet by

Melkhoutboom. Skaars het die voertuie

gestop en die kinders is reeds in die water.

Daar was nie eers tyd vir swembroeke nie.

Volg vir willeklong

Die oop vlaktes van die gebied is iets om te

aanskou Alhoewel die wêreld semi woestyn +

klip is, is daar tekens van lewe met veld

blomme wat hier en daar kleur aan die vlaktes

gee. Gelukkig het ons darem ʼn man van die

Boesmanland in ons konvooi so ou Frans kon

darem sy veld kennis met ons almal deel.

Laat middag en ons kom uiteindelik by

Ramansdrift, maar ʼn ander groep het ons

reeds voorgeskiet. Met die dat die rivier so

hoog op gestoot het, was daar nie plek vir nog

ʼn groep nie en het ons besluit om terug teen

die vallei op te beweeg en teen ʼn berg hang te

gaan kamp.

Die verlore siel (Jacques) van die vorige aand

se siekte was wonderwaarlik genees en die

glasies word saam-saam vol gemaak.

Die aand word daar groot vuur gemaak en

fees van ʼn maaltyd word geniet: roosterkoeke,

skaaprib & tjops.

Saterdag volg ons die Oranje rivier tot by

Henkriesmond waar ons dan weg draai en die

eensame grond pad volg tot ons weer vasry

teen die N7. Hierdie is ook die amptelike

eindbestemming van die Namakwa 4×4

Roete.

By Vioolsdrift draai ons links by die grenspos

en volg, weereens, die rivier tot by

Bushwacked waar daar kamp op geslaan

word. Die manne met die visstokke het nie op

hulle laat wag nie en Ruan & Lourens se lyne

was gou in die water.

Terwyl Jacques se vleis pot op die kole prut,

het Frans & Paul die nodige voorbereiding

gedoen vir hulle afval pot. Die aand was daar

soos konings geëet.

Sondagoggend en daar was sommer van

vroegoggend al groot opgewondenheid in die

kamp. ʼn Legende van Voetspore-faam, oom

Rey Jansen Van Rensburg, gaan vir die

volgende twee dae by ons konvooi aansluit

en sy kennis van die area met ons deel.

My oudste, Jean, wat ʼn groot Voetspore

aanhanger is se mond het letterlik op die

grond geval toe die groot 4.2 Cruiser ons

kamp in ry en die twee kleur sokkie oom, met

die breë glimlag ons groet.

Moeilik om te sê wie was meer opgewonde –

die pa’s of die kinders.

Kamp word sommer ekstra vinnig op geslaan

en kort voor lank is die konvooi aan die

beweeg met oom Rey voor. Die vorige dae se

radio sirkus is skielik iets van die verlede en

nou word daar sommer semi-formeel gesels.

Dink paar manne (Paul…en…Paul…en…o ja,

Paul) het sommer hul mae in getrek as daar

gepraat word.

Oom Rey se kennis rakende die area is

ongelooflik en as hy praat hang die kinders

aan sy lippe. Elke koppie & boom word uit

gewys. As die radio’s stil word skiet hy ons

met vasvra vrae en dan is dit ʼn groot speletjie

(meeste raai maar) wat die regte antwoord is.

Na ʼn besoek aan Boesmantekeninge

verlaat ons die tweespoor pad en dinge

beweeg in ʼn ander rat/formaat. Skielik is

daar groot stukke nie meer pad nie en word

oom Rey se Cruiser maar net gevolg soos

ons tussen die koppies & droë rivierlope

beweeg. Onder ʼn klip krans in een van die

droë rivierlope word middagete geniet.

Elke kind kry ʼn beurt om co-pilot by oom

Rey te wees en as my twee knape maar net

oud genoeg was om die 80 Series te kon ry

sou ek ook ʼn beurt in daai sitplek wou

gehad het.

Ons sou die aand kamp by Tierhoek wat in

die Richtersveld bewarings gebied geleë is

aan die voet van die Ploegberg berge. Die

uitsig van die vlaktes vanuit die kloof is

soos ʼn skildery. Elke uur verander die kleur

skema en kort-kort staan jy oop mond en

staar net die vlaktes in

Die kinders is natuurlik in 2de hemel en die

hardloop die koppies uit soos Dassies.

Kamp word opgeslaan en die geselligheid

om die vuur begin lewe kry. Steaks, chips &

roosterkoeke was op die menu vir aandete

met natuurlik so paar vuil Coke’s. Nie seker

waar en hoe die goed hulself te vinde gekry

het in ons onskuldige voertuie nie.

Om ʼn kampvuur met oom Rey te deel is iets

besonders en stories van al sy reise, nog lank

voor hy deel geword het van Voetspore, word

gedeel. Ek persoonlik het net duskant 100

vrae gevra.

Beskeie, wys, vriendelik is maar net ʼn paar

kenmerke as mens so na die oom met die

grys hare en gekleurde sokkies kyk.

Maandagoggend en die ritueel is nou al soos

klokslag. Almal weet presies waar om te vat

en die voertye kan nou al toe oë gepak word.

As die blaashoring op oom Rey se Cruiser

blaas dan is dit die teken dat die konvooi aan

die beweeg is.

Van Tierhoek beweeg ons stadig tot by

Alexanderbaai. Wou graag teen die see

middagete geniet, maar kon nie ʼn pad kry tot

by die see nie.

Met oom Rey in die groep was dit sommer

gou en ons het ʼn alternatiewe plekkie by ʼn

nabye koppie tussen die oranje ligene gekry.

Daarna volg ons die R382 tot by Port Nolloth

waar die laaste proviand aangekoop word. So

paar km uit die dorp draai ons regs weg van

die R382 en volg die grondpad tot by die

bekende ou De Beers myn dorpie – Kleinsee.

Na ʼn kort verkenning gaan kamp ons buite die

dorp langs die see by Brazil.

Ou Frans laat nie op hom wag nie en die vuur

het skaars lewe gekry en die 1st vol rooster

(skaapsterte) maak sy verskyning langs die

vuur.

Vandag wag daar ʼn groot bederf vir ons almal.

Oom Rey is in beheer van die slaptjips

vanaand. Hierdie is nie sommer enige hiert-jy

skyfies nie, maar meer belangrik is die manier

hoe dit gemaak word.

Dit is al ʼn ou tradisie op die Voetspoor toere

en dit was ongelooflik om die vuurwerke

eerstehands te aanskou.

Saam met die skaapsterte & oom Rey se

slaptjips maak 2 x snoeke ook hul verskyning

op die rooster. En om alles af te sluit Carlize

se braai-smore-poeding.

Weereens word ons geseënd met ʼn

ongelooflike sonsondergang. Terwyl die son sy

laaste strale oor die oseaan terug trek, kom

die maan skaam-skaam oor die duine op.

Terwyl ek om die vuur sit en luister na al die

stories & grappe begin ek wonder hoe

geseënd ons is hier in Suid Afrika. Met al ons

probleme (politiek, misdaad & natuurlik swak

rugby haha) is dit nogsteeds ʼn land wat ek vir

niks sal wil veruil nie. Om hier langs die see

saam met jou vriende om ʼn vuur te sit en

koningskos te geniet is mos kos vir die siel.

Dinsdagoggend, 1 Mei, en die voertuie word

vir die laaste keer gepak. Die tente word vir

die laaste keer opgeslaan. Koffie & beskuit

word vir die laaste keer om ʼn Kameeldoring

vuur geniet

Ons groet oom Rey by die R355 waar ons

paaie split. Hy gaan links Springbok toe en

ons regs Kaap toe. Ons volg die pad tot by

Hondeklipbaai waar ons ʼn kiekie gaan neem

van die lighuis vir Josua se skool projek.

By Klawer word die voertuie vir die laaste keer

vol gemaak. Dinsdag laat middag na +/-

2,500km kom ons konvooi (4 voertuie) veilig

terug in Wellington aan.

Die realiteit skop in dat ons toer na ʼn einde se

kant toe staan. Hoe verduidelik jy die afgelope

6 dae vir iemand?

Het jy 'n storie wat jy met ons wil deel?

Stuur jou storie na

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Kamp

Paklys

1 4 3 0 0 f o l l

2 5 0 0 0 D o w n l o a d s

P a g e V i e w s 2 , 8 2 6 , 2 8 9 o o r

2 0 0 1 9 9

1 2 8 7 1 L e e s d i e

o w e r s

1 2 m d e t y d p e r k

L i k e s

a a n l y n t y d s k r i f

W e b b l a d

g e b r u i k e r s 4 4 7 , 6 2 1

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!