31.10.2018 Views

Kamp is Lekker November 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste stories, mooiste fotos kampwenke en 101 lekker resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste stories, mooiste fotos kampwenke en 101 lekker resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Matroosberg

se koue skrik nie

ons Kampeerders

af nie.

Ouma Kitty sorg vir

LekkeR Koffie by

Die PLAASKOMBUIS

Bonus 101

L e k k e r r e s e p t e

LOERIESFONTEIN

hou BAZAAR en ons is daar!

`n tentjie in die

TANKWA

“Die stilte en die sterre oorweldig jou

met `n gevoel van nederigheid!”

As jy die Tankwa Karoo wil aanpak,

moet jy jou regmaak vir drie dinge:

Grondpad – met baie (en erge) sinkplaat en klippe,

sterre – soos jy nog nooit gesien het nie,

en stiltes wat jou kan oorweldig!

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

Die sinkplaat en los klippe is geredelik hanteerbaar,

want jy blaas jou bande af tot so op 1.8 bar. Jy wil

steeds die sye (sidewalls) van jou bande beskerm, so

1.8 bar, wat +- 20% minder as die normale banddruk

is, sal voldoende wees. Dan hou jy jou spoed op

80km/h! Niks vinniger nie! Wees geduldig, want die

reis soontoe is deel van die uitstappie! Hoe meer

haas, hoe minder spoed - en jy mis baie!

VOLMOERSFONTEIN op sy beste: Skemer met `n vuurtjie wat brand, `n

Brandwatertjie vir die “sundowner” en jakkalse wat die jong aand groet met hulle

kinderlike getjank! Ek wil daar wees! Nou…!

Sorg daat jy voor sonsopkoms uit die vere is! Jy kan bederf word met `n skouspel soos hierdie!

Om volmaan oor die Tankwa te kry is soos om

goeie, volroom Italiaanse roomys te kry, en dan met

regte-egte Switserse sjololadesous bo-oor! Dis `n

wenresep! Kyk na die maankalender en bespreek jou

plekkie in die Tankwa Karoo Nasionale Park met

volmaan! Dit voel daar met volmaan of mens op `n

ander planeet is! Rêrig!

Moet nooit dink – óf

sê: “Maar daar is

dan niks daar,” nie.

Dit hang alles af van

hoe jy kyk!

Hours: Open ⋅ Closes 4:30PM

Phone: 027 341 1927

https://www.sanparks.org/parks

/tankwa/

GPS Waypoints

Roodewerf Office:

S 32° 14’ 27.9”

E 20° 5’ 44.5”

101

LekkeR RESEPTE

ALLES WAT

JY MET

HOENDERS

KAN MAAK

EK KRY SOMMER HOEDERVLEIS AS DEUR DIE BOEK LEES

G R A T I S R E S E P T E B O E K

LOERIESFONTEIN

hou BAZAAR

en ons is daar!

Foto’s & woorde: HENRY JONKER

VRYDAG

E

inde verlede week skiet ek gou na Jacques op

die plaas, buite Wellington, en terwyl ons om

die tafel sit en ʼn koppie koffie geniet gesels ons

oor die vorige naweek se kuier in

Loeriesfontein en wat ʼn puik

naweek dit was vir almal betrokke.

Soos altyd het ons net ʼn halwe rede

nodig om in die pad te val – dus toe

Frans met die uitnodiging kom dat

ons by hulle in die Hantam op die

plaas moet kom kuier tydens

Loeriesfontein se bekende kerk

basaar was die koeël reeds deur die kerk.

Ons span vir die 4 dae (21 – 24 September) uitstappie

was soos volg:

Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé)

Laas’e (Paul, Marina, Munnik & Streicher)

Hugo’s (Lourens, Mariette, Josua & Loumari)

Laubscher’s (Frans & Lunay)

Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)

Vrydagaand so net na 8pm ry ons die stil, verlate

Loeriesfontein binne.

Eerste ding wat my tref is hoe skoon die strate is.

Nêrens is ʼn siel te sien nie en as jy nie vir my gesê het

daar was die volgende dag ʼn groot basaar op die

dorp nie, sou ek dit wraggies nie geglo het nie. Verby

die kerk (regs) draai ons links op die Brandvlei pad

terwyl Loeriesfontein se paar liggies agter ons weg

raak.

17km verder kom Frans op die VHF radio en vra of

dit ons ligte is wat oor die koppie kom. Hy en Jacques

ontmoet ons by die hek en blad word geskud. Die

opwinding lê vlak tussen die twee manne, en mens

kan sien die knape is sommer lus vir ʼn

groot naweek.

By die vurk draai ons regs en ry verby die

bordjie Spitzbergvlei. ʼn Km verder stop

ons langs die ry Toyota bakkies op die

werf.

Die vure brand hoog en elke man is

gewapen met ʼn glas “rustigheid” van sy

keuse. Die vrouens is doenig êrens in die

plaashuis en die kinders is die vlaktes vol.

Terwyl daar om die vuur gekuier word vertel Conrad

(Frans se broer, asook die eienaar van die plaas) van

die droogte wat hul die laaste paar jare ondervind

het in die distrik en hoe jakkals se kind hul gereeld

groot skade maak.

Een ding is verseker hier sit ʼn boer & ʼn jakkals nie om

dieselfde vuur nie – groter aardsvyande sal jy nie kry

nie.

SATERDAG

Saterdagoggend en daar is sommer vroeg lewe in die

plaashuis. Al die mans & seuns het sommer in die sit

& eetkamer tuiste gemaak vir die naweek.

Uiteindelik is die hele spannetjie reg en aan die

beweeg terug Loeriesfontein toe. Vandag is die groot

basaar en almal is reg vir die “ding”.

Soos ons die dorp binnekom word jy oorval met die

reuk van braaivleis en sosaties. Lunay kry vir ons

vinnig ʼn tafel onder een van die groot weermag

tente, terwyl daar nog plek is.

Die kerksaal is vol met tafels met enige iets van

koeke, vleis, speelgoed, beskuit … amper enige iets

waaraan jy kan dink.

9am word die basaar offisieel oop gemaak deur die

dominee en in ʼn oogwink is die saal stam vol mense.

Die atmosfeer is geselling en die skaap sjops &

sosaties is iets uit ʼn ander klas, maar wat my die

meeste beïndruk van hierdie Hantam dorpie en sy

mense is die gemeenskaplike respek onder mekaar –

wit, nie-blank, boer, werker…maak nie saak wie of

wat jy is nie.

Droogte ken geen kleur of ras nie. Dit affekteer almal

en almal kry swaar, en dit is dan wanneer ʼn

gemeentskap & sy kerk mekaar nodig het om deur

sulke moeilike tye te kom.

SONDAG

Sondagoggend en die spannetjie staan effe

swaarder op. Vandag is ʼn groot dag in die

Laubscher’s se familie. Oom Dirkie (Conrad & Frans

se pa) is 80 vandag en die familie kom kuier op die

plaas om die ongelooflike gebeurtenis te vier.

Laat middag en ons is terug op die plaas. ʼn Staanrib

kry sy plek langs die vuur terwyl daar oor die dag se

basaar gesels word.

ʼn Skaapboud & sterte pot + ʼn hoender pot word

onder wakende oë gemaak terwyl die jong span vir

die oom verjaarsdag kaartjies teken/skryf.

Die aand word afgesluit met Jacques se swart pot

skuifies op die vuur wat altyd ʼn wenner is onder die

kinders en ook as jy die heeldag jouself ooreet het

aan skaap sjops & sosaties en jy net iets anders as

vleis soek haha.

Laat middag en almal kan skaars beweeg soos daar

geëet was. Die dag se hitte lê nog vlak en Conrad stel

voor dat hy ons bietjie die plaas gaan wys en dan kan

ons sommer in een van die plaasdamme gaan swem.

Skaars ʼn paar minute van die plaas en Lian se ligte is

uit. Dink die vars lig agter op die bakkie en die

aanhoudende geveg met wie voor teen die tralies

moet staan het sy ligte geknip haha.

Die veld is bedek met veldblomme en die broers

vertel staaltjies van hoe hul skaap gewerk het op die

plaas toe hulle nog jong latte was.

Jean word so effe teen sy wil die damn aangehelp –

mens kan nie al die moeite doen om jou swembroek

aan te trek en as jy dan voel die water is effe te koud

dan ontrek van operasie Dam Swem nie…duh, dit

werk nie so nie. In so geval, moet ʼn jong man effens

gehelp word met sy keuse en uitvoering daarvan.

Arme knapie se oë was groter as pierings toe hy sy

kop uit die water druk haha.

Terug by die plaas en die vure word weer lewe gegee

met groot Kameeldoring hout. Die middag se potte

word weer warm gemaak vir die siele wat nog kos

oor die lippe kon kry (meestal net die mans gewees).

Die bakkie kom tot stilstand by ʼn sementdam – die

manne is maar huiwerig oor die swem-ding, maar ek

en ou Laas besluit ons het mos hiernatoe gekom met

ʼn doel so die water moet maar getoets word.

Skaars het ek die water getref en my liggaam gaan in

skok en angs van koue. Ek wil omroep skreeu vir

hulp, maar toe kom Laas se skrale 100kg+ lyfie oor

die sement wal en toe moes ek net keer om nie te

versuip nie.

Ja, dit was mos nou ʼn verdomde puik idee hierdie

manne…k@k man!

MAANDAG

Maandagoggend en dit is tyd om die lang pad terug

huis toe aan te pak. Die families word eers gegroet

op die dorp voor daar by die bekende Fred Turner

Windpomp museum gestop word wat spog met 30

verskillende windpompe.

Groepsdruk is soms ʼn wonderlike ding, en skaars

paar minute later na my amper verdrinking met Laas

se induik in die dam toe is al die manne in die dam.

So 7km voor Nieuwoudtville op die R357 stop ons by

die Nieuwoudtville Waterval Reservaat vir ʼn paar

foto’s. Die seuns is sommer klaar woelig so die stop

kom net betyds anders was daar dalk moord in die

voertuig.

ʼn Laaste stop word by Klaver gemaak vir petrol &

diesel voor daar aangestoot is huis (Wellington

/Franshoek) toe.

Koop die

CAMP&CARAVAN boek

en

WEN

Om in te skryf gebruik die

Lekker Kampplekke QR

“Sy kyk nie eers na my uitgesteekte hand nie,

en gryp en omhels my met `n hartlike en warm

hug, en ek besef terstond: “boetie, hier kan jy

maar jou stadsgeit los en menswees…!”

WESKUS

QUARRY

wen ons harte

Ek het `n afspraak met Albert en Carol Burger. Ek kom

op ons afgespreekte tyd en plek by hulle aan op die plaas

Steenbokfontein Seeplaas net buite Lambertsbaai. Soos `n

oordentlike man wat nuwe mense vir die eerste keer

ontmoet, steek ek my hand uit na Carol om haar met `n

stewige handruk te begroet. Sy kyk nie eers na my

uitgesteekte hand nie, en gryp en omhels my met `n hartlike

en warm hug, en ek besef terstond: “boetie, hier kan jy maar

jou stadsgeit los en menswees…!” Dié mense is van die

Weskus! Warm, ontvanklik, vriendelik en opreg! Ek voel

onmiddelik tuis!

Foto’s & Woorde: PIERRE LABUSCHAGNE

1

Weskus Quarry - kampplek

Wat `n unieke plek is die stukkie wêreld wat hier voor

my omvou nie! Die Weskus in die omgewing van

Lambertsbaai is maar oor die algemeen redelik plat, en op

Steenboksfontein is daar `n paar Tafelberg-sandsteen

formasies. Dit gee so bietjie hoogte, en die Burgers het dit

slim gebruik om `n LekkeR Kampplekkie hier in te rig! Die

Engelse praat van “rustic”, en dis presies wat jy hier gaan

kry: luuksheid met `n rustic gevoel! Daar is `n baie goed en

volledig ingerigte kombuis, en pragtige ablusiegeriewe:

twee toilette en twee storte – alles sommer so ingebou en

deel van die quarry se rotswande – net wat mens nodig het

vir gerief en gemaklikheid, maar jy behou steeds die gevoel

van “aardsheid”.

Oomblikke later word ek ingenooi met die keurigste kaasplatter

– Bettie Bok se kaas, se Carol vir my - en `n bottel

plaaslike witwyn om myself gemaklik te maak en myself in

te Burger! Ek moes die kaas en wyn eers laat staan, want die

lig was perfek vir mooi foto’s met `n goue son wat vinnig

oor die see sak in die Weste!

Twee permantent opgeslaande tente is die slaapplek.

Elke tent het twee kampbeddens in met matrasse en

beddegoed. Daar is wel ligte in die tente, maar geen

kragproppe, wat mens in elk geval nie nodig het nie. Die

gedagte wat ek gekry het by die tente, is dat dit eg weskus

is, kompleet met visnette as skadunet en dit lyk of die tentjie

langs die see regstaan vir enige visserman of surfer – ewe

luuks! Dit pas perfek in by die omgewing! Elke tent is

opgeslaan op `n sementblad en daar is genoeg ruimte op `n

lekker kuierstoep, met vuurmaakplek. Weskus Quarry is

volledig selfsorg, en jy bring net jou eie braaigoed – wat hout

insluit – en drinkgoed. In die kombuis is alles wat jy nodig

het vir ekstra voorbereiding van jou kos, en wat-ookal…

Van `n mikrogolf en ketel tot `n yskas. Jy hoef nie eers jou

eie messegoed te bring nie. Alles is daar!

Die quarry se klipmuur maak netjies deel uit van die

ablussie en kombuis, en alles wat jy nodig het is daar.

Jy hoef nie eers jou eie handoeke te bring nie! Daar is

`n gasgeyser wat die badkamer en kombuis deel vir

warmwater.

Die lekker is dat die kampplek naby aan Lambertsbaai self

is. Mens sien die liggies in die aand. `n Skamele 10 of 15

minute se ry, so as jy in die knyp is met iets wat jy by die

huis vergeet het, is dit `n maklike uitweg om gou te ry (nou

nie dat jy wíl nie, maar mamma spreek dalk net die woord –

of jy kry sommer net ‘die oog’ by die baas).

Vir groter groepe wat wil kom saam kuier, het Albert ook

goed voorsiening gemaak vir `n gemeenskaplike braaiplek, of

sommer net `n lekker bon-vuur! Ek kan die atmosfeer aanvoel

en sien dit in my geestesoog, as `n lekker groot vuur se goue

lig teen die rotswande rondom jou weerkaats…

2

Grotte en rotstekeninge

Steenbokfontein is `n baie geskiedkundige stuk grond

wanneer dit by die Khoi-San mense kom. Die grotte hier hou

diep geheime opgesluit, en wag om verken te word. Vanuit

die uitgrawings wat tot dusver gedoen is, beraam die

wetenskaplikes en argeoloë dat dit tot soveel as 8500 jaar

gelede bewoon was. Volgens oorlewering het selfs Simon

van der Stel ook oppad na Nababeep se kopermyne met sy

ossewa hier vertoef in die groot grot – vandaar die naam:

“Simon se Klip”.

My voorstel is om met `n piekniekmanjie of `n rugsak vol

snoepgoed en LekkeR Koffie tyd by en om die grotte te kom

spandeer. Loop om die groot “Simon se Klip” en klouter

hom sommer uit tot heel bo-op, want die uitsig is besonders!

Spandeer genoeg tyd hier om die gevoel van die verlede in

jou binneste te begin kry. As dit te warm is, bied die grotte

self

3

genoeg koelte en skaduwee!

Plaaskombuis - eetplek

Wees gewaarsku! Gun jouself genoeg tyd as jy vir

Ouma Kitty Burger ontmoet! Jy gaan na stories luister

van en oor die plaas en sy mense wat jy nie sal glo nie!

Die plaaskombuis is die oorspronklike plaashuis wat

nou al 28 jaar lank in die bekwame hande van

Ouma Kitty omskep en bedryf word as `n kombuis!

Die stories rondom die skip wat voor op die rotse

vergaan het, maak `n groot deel uit van haar vertellinge. Haar

Majesteit se Skip (HMS), die SYBILLE het hier vergaan vroeg

in die vorige eeu, en al die drama met die storm en gebeure

rondom dit word met groot detail vertel.

My afspraak met Ouma Kitty was 10h00. Ek besluit

om `n uur vroeër te gaan, om solank `n paar “steelkiekies”

te gaan maak voor die tyd. Ek lê plat op my maag op die

gras om die Plaaskombuis mooi in die foto te kry, en hier

kom `n deftige dame aangestap. “Kitty Burger”, stel sy

haarself voor en ek vlieg op om terug te groet, en net daar

begin die kuier op die grasperk, reg voor die

Plaaskombuis! Twee koffies, twee varsgebakte scones en

drie ure later sou ek eers wegstap, met `n kop vol stories

en `n pak mosbeskuit in die hand! Wat `n heerlike oggend!

Hiermee saam is daar `n paar lekker spookstories wat loop!

Spoke het sy self nog nie gesien nie – en veral Ouma Betjie wat

steeds in die kombuis self rondloop, is een van die gunstelinge.

Gaan luister maar self!

Amper die lekkerste om na te luister is al die snaakse – en soms

komiese – wedervaringe met al die gaste wat die plaas besoek,

én werkers wat op die plaas self werk en wat hulle eie stories na

haar toe bring, en waarvan sy graag vertel met `n onskuldige,

stoute vloekwoord hier en daar tussen-in! Dit was `n plesier om

na alles te sit en luister!

4 Wynproe

Ek self woon in die hartjie van die wynland en ek

het hier in die Weskus iets ervaar wat ek nog nooit van

tevore geproe of beleef het nie. Dit was `n wynproe in `n

totaal ander klas. Ons twee bitter bekwame, en uiters

professionele gasvroue het ons vermaak met top wyn en kos.

Hulle het dit so keurig gekombineer en verduidelik dat wyn

en kos amper nooit weer vir my dieselfde sal wees nie.

Ons is met drie

wyne en drie

geregte

getrakteer met

verskillende

kombinasies wat

met ons

smaakknoppies

getoor het. Ons

oë het gerek, en

ons was

aangenaam

verras met al die

verskillende

geure en smake

wat voortgebring

is.

Hierdie is `n

absolute “MOET

DOEN” op jou

lyse van dinge

om te doen as jy

hier kom kamp!

INLAS: Die twee dames wat met ons

smaakknoppies getoor het:

Regs: Nelda van Zyl, ons wyngids,

met onder andere niks minder as 20

jaar se wyn-ervaring en wat op

Internasionale waters en wyne in en

om Europa en Amerika ook hiermee

doenig was. Sy is ook `n wyndosent,

en sy weet waarvan sy praat as dit by

`n Cabernet’tjie of `n Pinotage’ie

kom!

Links is Bertina Engelbrecht wat

onder andere al by Disney’s

California Grill in Orlando, Florida

gewerk het. Haar opleiding as sjef

het sy gedoen deur die Protea

Hotelgroep. Jy kan dit in haar

voorbereiding en aanbieding sien én

proe! Sy ken van kos!

In samewerking met Nelda en die

High Tide Restaurant, kan besoekers

hierdie wynproe doen, en glo my vry…

ek kan dit nie meer aanbeveel as met

my blote belofte hier, dat dit iets is wat

ek glo elkeen maar kan doen nie! Dit

was `n belewenis… Maak dit beslis

deel van jou program as jy

Stenbokfontein besoek met `n

LekkeRKamp by die Weskus Quarry.

Besprekings hiervoor kan deur Carol

Burger gedoen word met die

besonderhede wat hieronder volg.

LekkeRKampplekke sê…

`n Moontlike LekkeRKamp naweekprogram as iemand by Weskus Quarry kamp kan so lyk :

Vrydag : Aankoms – Skrop nes en boek vooraf `n plekkie by die Plaaskombuis vir `n

boerekos ervaring! Kom honger- lus vir LekkeR kos en LekkeR stories saam met Ouma Kitta

Burger- `n “must-do”! Dis nou as jy nie self wil braai nie, wat plan-B is.

Saterdag : Oggend – Pak `n rugsak of `n pieknietmandjie en suiker af grotte toe. Hou

genoeg tyd uit om ‘Simon se Klip’ te gaan verken met al die hoekies en gaatjies en grotte én om

piekniek te hou. Daar is ook trekkerritte beskikbaar – op bespreking en afspraak met oom Herman

Burger (Tannie Kitta se man). Hy neem jou grotte toe en ry om die klip met `n trekker en sleepwa!

Middag - `n Middag snoozie.

Aand – Bespreek deur Carol `n plek vir die wynproe! Nog `n “must do”! Jy sal nie spyt wees nie, plus jy sal totaal anders gekultiveerd daar

uitstap! (Nie gekoring nie… Gekultiveerd!) Nelda van Zyl sal jou help hiermee…

Sondag : Vertrek soos en waanneer dit gerieflik en gemaklik is. Onthou, dis maar 3 ure uit die Kaap uit… Moenie haastig wees nie.

2

1

Dit was heerlik om by die Quarry aan te kom net met my eie eetgoed en drankies en klere! Alles verder was daar, behalwe dat ek

twee oordentlike sakke Namibiese hardehout vuurmaakgoed saamgeneem het. Bring maar hiervan ook jou eie.

3

Carol sê sy sal pasmaak pakette uitwerk om by alles te kan uitkom in die program, so `n mens kan vooraf bespreek en betaal.

4

Onthou die Weskus het besige en stiller seisoene! Blommetjies-tyd is baie besig! Besprekings is dan essensieël! Dit geld vir Quarry

se tente ook! Moenie teleurgesteld omdraai by `n vol kampplek nie, want daar is slegs twee tente!

5

6

Weskus Quarry is selfsorg. Die kombuis en ablusie moet met die ander tent se mense gedeel word, maar by die meeste van ons

kampplekke werk dit in elk geval dieselfde. Dis niks vreemd om met medekampers te deel nie. As jy nie gelukkig is met hierdie

reëlings nie, is die Burgers ontvanklik vir `n omkoop voorstel. Onthou, dis hulle brood en botter, so dis hulle inkomste wat halveer

as jy nie bereid is om te deel nie. Kom met billike voorstelle hoe jy kan kompenseer!

LekkeRKampplekke sê weereens dankie! Ek het `n onvergeetlike naweek met die Burgers se gasvryheid en warm vriendelikheid

gehad! Carol en Albert is `n gasvrou en gasheer duisend! Ons hoogste waardering vir `n heerlike naweek saam op Steenbokfontein

in die Quarry!

Kontakbesonderhede:

ALBERT BURGER :

083 702 1414

albert@uniekum.co.za

CAROL BURGER :

083 458 1575

carol@mtnloaded.co.za

MATROOSBERG

Privaat Natuurreservaat

KOUD EN NAT

“Ten spyte van die koue weer, het ons tóg besluit

om ons goedjies te pak vir `n kamp by Matroosberg

Privaat Natuurreservaat vir die naweek.”

Foto’s & Woorde: MINOUW COETZEE

D

ie kampeer-area is baie ruim met genoeg bome

wat lekker skaduwee gee. Tog is dit dalk meer

`n winter kampplek omdat mense graag

hierheen kom in die winter vir die sneeu. In die

somer egter, is daar ook meer as genoeg om te doen: Stap,

4x4-roetes en swemgate en poele is maar `n paar

aktiwiteite vir die hele gesin.

Teen Saterdag-oggend toe ons ontwaak, het dit al begin

reën. Die weervoorspelling was akkuraat hiermee, en ons

het dit verwag, en met `n koeligheid wat byt, het onder die

kampafdakkie van die Fortuner ons ontbyt gemaak.

Ons het die Vrydag-aand gearriveer, en die weer was toe

nog perfek met geen wind nie. Ons kon gemaklik ons

kampplek opslaan en die dag afsluit met `n lekker braai.

Heel op ons gemak was ons toe nog onbewus van die

storm wat oppad was.

Dinge het begin interessant raak toe ons wou gereed maak

vir ons 4x4-roete teen die Matroosberg-uit. Terwyl ons

ontbyt gemaak het, het ek die Fortuner se sleutel in die

messegoedmandjie gesit (dit was ons afgespreekte

bêreplek vir die sleutel), maar ek het nagelaat om dit in die

kantsakkie te sit (soos ons afgespreek het). Die gevolg was

dat ons in die giettende reën die tent drie maal op-en-af

moes slaan, opsoek na die sleutels! Ons moes die hele

voertuig ook driemaal uitpak en oorpak. Simon het my

belowe dat hy in die afgespreekte manjie gekyk het vir die

sleutels, maar na 45 minute het ek besluit om net wéér

seker te maak. éVoilaaa - In een van die kantsakkies kry ek

toe die sleutel uiteindelik. Deurnat tot in ons onderklere,

kon ons maar net lag hieroor, en uiteindelik ná die hele

petalje kon ons toe darem klaarmaak om die 4x4-roete

aan te pak.

Teen dié tyd het die sluise van die hemele begin oopmaak,

en deur alles het ek op die harde manier geleer om seker

te maak dat die sleutels wél op die afgespreekte plek

gebêre word! Sopnat en deurdrenk het ek die foto’s van

ons roete geneem, en my vertroosting was `n droeë pakkie

koekies. Die rit was asemrowend, en die reën en nat

toestande van die 4x4-pad het gesorg vir genoeg

opwinding.

D

ie middag het ons besluit om eerder terug

huistoe te draai, as om weer ons kampplek in te

rig vir nog `n nat nag, want alles was deurnat –

van die kampstoele tot ons slaapsakke. Ek het

ook my les geleer deur my eie nalatigheid, want deur my

eie toedoen met die in-en-uit pakkery, opsoek na die

sleutel, het alles so nat geword.

Sondag, terug by die huis, moes ons weer die tent

oopmaak om droog te word, en na `n uur of wat, het ek

besluit om te gaan verneem waarmee Simon besig is. Soos

`n wafferse kamper, het hy begin werskaf aan ons

laaistelsel in die voertuig, en tussen alles deur het hy al die

toerusting sommer terselfdertyd geherorganiseer. “Who’s

the man!”… Hy het `n koue enetjie verdien, en ek het hom

beloon met een!

“Sopnat en deurdrenk het ek die foto’s van ons roete geneem, en my

vertroosting was `n droeë pakkie koekies. Die rit was asemrowend,

en die reën en nat toestande van die 4x4 pad het gesorg vir genoeg

opwinding.”

“Ons sal verseker binnekort weer na Matroosberg moet terugkeer, en ek sal beslis dié keer seker

maak dat alles op hulle regte plek gebêre is – soos ons afgespreek het!”

Kamp is Lekker sê: DIS MOS WARE KAMPERS! Koud en nat, maar LekkeR!

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

R3150

Beskikbaar by www.lekkerkampplekke.co.za

Die KAAP VAKANSIESKOU

was `n wenner!

E

“ k stap met groot verwagting by díe jaar se

vakansieskou se hekke in, en nodeloos om te sê dat ek

geensins teleurgesteld was nie! Daar was iets van

alles, en vir elkeen se sak (en beursie)! Van die mees luukse

reiswaens en 4-trek sleepwaes tot `n bekostigbare byl – en

`n bier!”

H

eel eerste sê ons graag namens al die uitstallers

dankie aan die organiseerder van die skou met

sy span: Kevin Kennedy! Hy en sy span het gesorg vir al die

reëlings en dat dinge glad verloop! Dit het, want dit was `n

uitmuntende vakansieskou! Ons opregte waardering

hiervoor!

L

ekker Kampplekke se splinternuwe kampboek:

Camp & Caravan, het baie goeie aftrek gekry, en

het baie belangstelling gelok! Dis `n kamper se droomboek

om te hê, en die boek is steeds beskikbaar by plaaslike

boekwinkels. Doen gerus navraag of kontak sommer Lekker

Kampplekke direk via die webwerf. Rikus sal jou graag

hiermee bystaan!

MAPSTUDIO, in samewerking met Lekker Kampplekke, se

nuutste bekendstelling: Camp&Caravan is `n moethê

boek vir elke kamper!

E

k het die idee gekry van `n groot genoeg

verskeidenheid en bekostigbaarheid! Daar was

duur kampwaens en luukshede wat ek graag wou hê. Maar

wat tans buite bereik is. Tog was daa genoeg lekker kampgoed

wat ek kon bekostig soos byvoorbeeld Smartstraps. Dit het nie

kos nie `n arm en `n been gekos nie, en tog is dit `n baie

handige stukkie toerusting om te hê. Hier was iets van alles

vir almal en teen billike skoupryse!

Iets vir almal, en almal se sak – en oog!

D

ie algemene gevoel van die uitstallers was

positief. Ons staan in geweldige uidagende tye

wat finansies betref, en dis nie vir almal beskore om geld op

luukshede te spandeer nie, maar as die uitstallers positief was

oor die blootstelling en navraag wat hulle gekry het, was die

skou suksesvol. Dis dalk nie die plek om jou geld te kom

uithaal nie, maar as jy `n verskaffer dan gan besoek met die

nodige beursie, was die kontak die moeite werd!

D

is ook lekker om produkte op gelyke voet te kan

vergelyk. Mens het nie altyd die geleentheid om

van een produk oor te stap na `n volgende een om die

spreekwoordelike “appels met appels” te vergelyk nie, en dis

dan makliker om `n objektiewe keuse te kan maak!

A

lmal het maar gesweet op die warm dae, maar

immers was daar genoeg om te drink en te eet,

en die kinders het vermaak gehad. Mens het vinnig die gevoel

van feestelikheid gekry met al die lekker geure en kleure. Dan

raak dit lekker om rond te stap by `n skou, want almal is

gelukkig met wat alles gebied word!

M

aak seker jy kom by volgende jaar se skou!

Gebruik ook die inligting hier om seker te maak

jy kom by die verskaffer uit in wie se produkte jy belang gestel

het.

Hier is nog `n paar uiratallers se Lekker Kampprodukte wat

aandag getrek het:

2 0 1 8

K a a p

V a k a n s i e s k o u

AHA

ATKV

Auto X

Bathroom Travel Buddy

Big Bites

Blue Rhino Tours

Braai Guys

Break Free

Bush Lapa

Bushwakka

Business Palace

Camp and Climb

CampMaster

CamProducts

Cape Nature

Cape Town Tourism

Cape Winelands

Caravanparks.com

Ceres Zipline

Go Facet

GoMad 4x4

Graze Kitchen

Hansen Products

Home Builds

Howzat Seat

iKamper/Think360

Infanta 4x4

Invader Off Road Campers

Ishushu

iTouch

JC Entertainment

kampmal

Kouga LTO

Kubu4x4 Trailer Rentals

Kudu Inn - Kudu Burgers

KZN Sharks Board

KZN Wildlife

Ons sien julle weer

Kaap Vakansieskou

25 -27 Oktober 2019

Adventures

Chasing the Bean

Classic Arts

Coast & Country Leisure

Conqueror

Crispy Gypsy

Destination Swakopmund

Dream Holiday Club

Eco 4x4 Africa

Eco X Gear

Elektori Imports

EPA INDUSTRIES

Ethunga Tentmaker

Ford Stellenbosch

Gecko Offroad

George Tourism

Langson Phiri

Las Paletas

Lekkerkampplekke

Lemon Offroad/Imagine

Trailvan

Madkon

Masala Cafe

Maxmo

Medicus Shoes

Mega Wearhouse

Atlasware

Mellewtrix

Mobi lodge

Mobile Coffee Café

Motorhome World

Mount Cedar

Northern Cape

Ons sien julle weer

Kaap Vakansieskou

25 -27 Oktober 2019

Oscar 5 Vetkoek Den

Oudtshoorn en de Rust

Tourism

Oystercatcher Trail

Pearce chip ‘n dip

Peelaways

Perdeberg Isuzu

Persian Imporium

Piroschkas Kitchen –

Flaamse kos

Pitmasters – Pulled pork

Redback & Mongrel Boots

RLD Design

Safari Campers

Saint Mary’s Chip stix –

Chip stix

Saldanha Tourism

SBK Eyewear

Shorty's Adventures

SmartStraps

Sonbrille

Stellenbosch Tourism

Swissmate

The Dunes

The Hêppie chef –

Gourmet broodjies

Tokkies Travel/Activities

Namibia

Tracks 4 Africa

Trailer Cuff

Truck with a Twist

Twofoodfundies

Waterbuggy

West Coast Way

Wild Camp Cleaners

Wild Coast

Holiday/Umngazi

Windirect NSRI

WM treats –

wraps/steak/wors/chips

Yummies fast Food

Zee Trix

Zulu Overland

Kaap Vakansieskou

25 -27 Oktober 2019

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

BLIKBEKER

KOFFIE

Koffie met houding

KOOP

BLIKBEKER KOFFIE kom uit die hartjie

van Montagu, wat met 'n innoverende

lug-rooster metode en top gehalte

Arabica bone ‘n suiwer geurige koffie

produseer met ‘n heerlike aroma.

Ons nuwe produkte is die Lekker

Kampplekke Blikbeker koffie en die

Coffee Angels, dit is ‘n weggooi koffie

filter wat ideaal is vir langs die kamp

vuur! Perfek vir enige kamp of toer,

kompak en eenvoudig om te gebruik,

dis die gemak om gehalte filter koffie te

hê sonder pakkerasies en moeite, en

verpak in individuele pakkies vir

varsheid!.

SCHOEMANSHOF

Potchefstroom (25km) Noord-Wes

OORSIG

Kamp Staanplekke; 1 Slegs

groepbesprekings

Persone Per Staanplek; Maks. 17

persone

Troeteldiervriendelik; Nee

Visvang; Ja – rivier

Swemplek; Geen

Grondbedekking; Gras

Skaduwee; Ja

Toeganklikheid; Grondpad

Selfoon Ontvangs; Ja

TokkelosBos is ‘n luukse boskamp

met 2 ruim familie badkamers, elkeen

met ‘n stort, toilet en wasbak. Die

kamp word as geheel verhuur aan 1

groep vriende of familie op ‘n slag.

Die kamp kan maksimum 17

kampeerders op ‘n slag

akkommodeer. Daar is nie elektrisiteit

nie, maar ‘n sonpaneel verskaf lig vir

die badkamers en daar is ‘n gas

geyser vir warm water.

BESKRYWING

Kontak persoon Hesme Schoeman

Epos: info@schoemanshof.co.za

K L I K

MOBIELE Kampkroeg

Die kroeg kan opvou en aan enige platform

heg soos jou bakkie, karavaan of 'n muur

teen die huis. Dit vou op en weeg skaars

3kg en vat tot 6 glase, shooters,

drankbottels, 'n ys cooler, tafel,

botteloopmaker en baie meer.

E-pos info@letsgohunting.co.za

of whatsapp 0721413158.

FLAT CAT AKKOMMODASIE

SODWANA BAAI 5km KwaZulu-Natal

OORSIG

Kamp Staanplekke 14

Persone Per Staanplek 4 max 6

Troeteldiervriendelik Nee

Visvang Ja – see

Swemplek Kouewater swembad

See

Grondbedeking Gras

Skaduwee Gedeeltelik

Toeganklikheid Teer

Selfoon Ontvangs Ja

Kontak persoon Rina Hoffmann

Kontak nommer 0832631587

info@flatcat.co.za

BESKRYWING

Flat Cat Akkommodasie is

gelee 5 km van Sodwana

strand en 600m van die hoof

Sodwana teerpad.

Netjies luukse en standaard

kamp staanplekke met

kragpunt, braai, grasperk,

baie skoon en netjies albusie

geriewe, swembad, sekuritiets

omheining. Selfsorg eenhede

ten volle toegerus met aircon

en DSTV en onder dak

parkering.

Ons waarborg die BESTE tariewe om

jou besigheid te adverteer.

Stuur n epos aan: tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Adverteer

Hier

Kamp Paklys

Gratis

Toep

2 0 2 1 0 0

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

3 6 9 7 6 V i e w s

1 5 9 0 0

L i k e s

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

( 5 8 5 5 7 )

P o s t r e a c h

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

( S e p t

W e b b l a d

t y d s k r i f

2 0 1 8 )

g e b r u i k e r s

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!