31.10.2018 Views

Kamp is Lekker November 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste stories, mooiste fotos kampwenke en 101 lekker resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste stories, mooiste fotos kampwenke en 101 lekker resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

D

ie kampeer-area is baie ruim met genoeg bome

wat lekker skaduwee gee. Tog is dit dalk meer

`n winter kampplek omdat mense graag

hierheen kom in die winter vir die sneeu. In die

somer egter, is daar ook meer as genoeg om te doen: Stap,

4x4-roetes en swemgate en poele is maar `n paar

aktiwiteite vir die hele gesin.

Teen Saterdag-oggend toe ons ontwaak, het dit al begin

reën. Die weervoorspelling was akkuraat hiermee, en ons

het dit verwag, en met `n koeligheid wat byt, het onder die

kampafdakkie van die Fortuner ons ontbyt gemaak.

Ons het die Vrydag-aand gearriveer, en die weer was toe

nog perfek met geen wind nie. Ons kon gemaklik ons

kampplek opslaan en die dag afsluit met `n lekker braai.

Heel op ons gemak was ons toe nog onbewus van die

storm wat oppad was.

Dinge het begin interessant raak toe ons wou gereed maak

vir ons 4x4-roete teen die Matroosberg-uit. Terwyl ons

ontbyt gemaak het, het ek die Fortuner se sleutel in die

messegoedmandjie gesit (dit was ons afgespreekte

bêreplek vir die sleutel), maar ek het nagelaat om dit in die

kantsakkie te sit (soos ons afgespreek het). Die gevolg was

dat ons in die giettende reën die tent drie maal op-en-af

moes slaan, opsoek na die sleutels! Ons moes die hele

voertuig ook driemaal uitpak en oorpak. Simon het my

belowe dat hy in die afgespreekte manjie gekyk het vir die

sleutels, maar na 45 minute het ek besluit om net wéér

seker te maak. éVoilaaa - In een van die kantsakkies kry ek

toe die sleutel uiteindelik. Deurnat tot in ons onderklere,

kon ons maar net lag hieroor, en uiteindelik ná die hele

petalje kon ons toe darem klaarmaak om die 4x4-roete

aan te pak.

Teen dié tyd het die sluise van die hemele begin oopmaak,

en deur alles het ek op die harde manier geleer om seker

te maak dat die sleutels wél op die afgespreekte plek

gebêre word! Sopnat en deurdrenk het ek die foto’s van

ons roete geneem, en my vertroosting was `n droeë pakkie

koekies. Die rit was asemrowend, en die reën en nat

toestande van die 4x4-pad het gesorg vir genoeg

opwinding.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!