17.10.2023 Views

Goue Munt Issue 6

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Carla

waarheid

bring

varsvisie

Deur ELZABé VAN NIEKERK,

Foto’s deur ZOOMINK CREATIVE STUDIO

en VERSKAF

Carla van der Merwe wou nie ‘n bril dra nie.

In standerd een het die skoolsuster haar

en haar klasmaats se oë getoets en sy was

die enigste een wat `n briefie gekry het. Sy

het die briefie in die asblik gegooi en voor in

die klas begin sit. Dít het sy gedoen om mooi

te kon hoor, want sy kon nie op die bord sien

nie. Carla het goed gevaar op skool en haar

ouers het eers in haar standerd sewe jaar uitgevind

dat sy bysiende was.

Hulle was laat vir kerk en kon nie op hulle gewone plek, agter die ouderlinge, plek kry om

te sit nie. Bo-op die gallery was dit aansienlik moeiliker om te sien. Carla het, sonder om te

dink, gevra: “Waer gesang sing ons?” Sy het vergeet haar ouers mag nie weet dat sy nie

goed kan sien nie. Haar ma het kliphard gevra: “Kan jy dit nie sien nie?” Die koeël was deur

die kerk en Carla het vir die eerste keer in standerd 7 `n oogkundige besoek. Brille was nie

toe die neiging nie. Vandag het sy `n laai vol brille. Ongeveer 80!

In standerd 9, tydens haar twee-jaar opvolgbesoek by `n privaat oogkundige praktyk in

Rustenburg, het sy vir haar pa gesê: “Dít is wat ek wil doen.” Carla vertel dat dit net genade

6

Goue Munt

was dat sy optometrie aan RAU kon studeer. Haar ouers het nie geld gehad vir haar studies

nie. Haar matriekpunte was goed en sy het `n koshuisbeurs ontvang. Haar punte het haar

ook gehelp om drie lenings te kry by die kerk, ATKV en die bank. Só is sy Universiteit toe,

met haar beurs en drie lenings.

Carla het ‘n besigheidslening gekry en haar praktyk, Sport in Sight, vyien jaar gelede by

die rugby stadion in Kimberley begin, maar het gou besef daar was nie genoeg voete nie.

Sy het dit geskuif na die Rhodesdene Pick ‘n Pay winkelsentrum toe en ook gras oog sif-

ngstoetse by skole gedoen. Dit is hoe sy haar praktyk aan die gang gekry het. Sy het ekstra

kursusse bygewoon en begin om pediatries te spesialiseer. Na drie jaar het hulle die eiendom

aan die oorkant van die sentrum gekoop en dit omskep in ‘n mediese sentrum. “Ek is

mal oor my werk, ek werk eintlik nooit nie. Ek gaan net in en geniet myself elke dag,” vertel

Carla.

Carla het besluit om gereeld kursusse te doen en spesialiteitsvelde by die praktyk te voeg.

Vandag is dit `n spesialiteitspraktyk en het onder andere `n pediatriese gedeelte met verskeie

afdelings.

Een van die afdelings is miopie, of bysiendheid, beheer. Carla verduidelik: “Bysiendheid is

al meer as 20 jaar gelede wêreldwyd as `n epedemie verklaar, omdat die omgewing verander

het. Selfone en elektroniese toestelle speel ook `n groot rol. Daar word baie navorsing

gedoen oor hoe om bysiendheid te vertraag. Oogverswakking kan vertraag word met die

regte terapie en `n behandelingsbril. Carla sê dit gebeur soms dat die verswakking effens

omgekeer word. “Ek waarborg dit nie, maar dit kan gebeur wanneer ons die behandeling

doen,” sê sy.

Carla is ook `n disleksie spesialis en kan disleksie diagnoseer, maar verkies om dit eerder

te behandel deur middel van visuele terapie. Die brein is plases (veranderbaar) en met

die regte terapie kan enige deel van die brein oor en reg gekonekteer word. Dit beteken

dat ingryping moontlik is en dat disleksie, ADHD, ADD, skeel oë, breinbeserings ens.

reggestel kan word. “Die brein is wonderlik – die Here het ons so fantases gemaak!” sê

Carla.

Sport in Sight het nog altyd visuele terapie aangebied, maar in 2021 het Carla gevorderde

kursusse gedoen om die neurologiese aspek by te voeg. Sy het `n ander perspekef en

kennis gekry by spesialiste vanuit die VSA en die VK en die resultate begin sien in haar eie

praktyk. “Die neurologiese veld, brein plassiteit, is `n wetenskap veld,” vertel Carla. (Vir

meer inligng oor Visuele Terapie, lees die arkel op bladsye 32-33 in Goue Munt se Augustus/September

uitgawe.)

Sport in Sight maak ook kontaklense wat spesiaal gevorm en ontwerp word vir mense wat

byvoorbeeld kornea oorplanngs of keratoconus gehad het. “Hulle het gewoonlik, op die

meeste, 30% visie met `n bril. Ek het al gesien trane loop wanneer ons daardie lense insit

en hulle vir die eerste keer 100% kan sien,” vertel Carla. “Ons neem `n 3-D skandering van

die oog, doen `n hele paar wiskundige berekeninge, ontwerp die lens en stuur die ontwerp

Goue Munt

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!