cjlangenhoven.co.za Wanneer ou bulle bots ’n Ander kykie na Sagmoedige Neelsie deur Francois Verster 16 Cape Librarian <strong>January</strong>/<strong>February</strong> <strong>2017</strong>
Al is CJ Langenhoven reeds 85 jaar gelede oorlede, is hy steeds ’n ikoon in die Afrikaanse literêre milieu en toe hy nog geleef het, iemand wie min mense sou waag om te kritiseer. ‘Sagmoedige Neelsie’ het as’t ware carte blanche van Die Burger se redaksie ontvang, omdat hy as briljant en invloedryk beskou is en aangesien hy grofgeskut in die eerste linie van die koerantarsenaal was. In die BY (bylaag by Die Burger) van 6 Junie 2015 is uit die Nasionale Pers se 50-jaar-feesuitgawe, Keeromstraat 30, (1965) aangehaal waar Sarah Goldblatt, boesemvriendin van Langenhoven en beskermengel van sy werk, vermeld dat Langenhoven oor ‘sake, lewensbelangrik vir die Afrikaner van 1915’ sy sê móés sê — hy was immers ’n meningsvormer par excellence. Goldblatt verwys ook na haar eie aandeel in Langenhoven se werk — in haar briewe aan hom het sy hom ‘My dear Chief’ of ‘Waarde Chief’ genoem, en hy vir haar ‘Sub’ — inderdaad wonder ’n mens hoe ver die Langenhoven nalatenskap sou strek was dit nie vir haar (ook sy minnares, aldus wyle JC Kannemeyer, in Langenhoven — ’n lewe, 1995) nie. Haar oordeel kon allermins objektief wees, maar die publiek het dit gedeel en in Nasionale Pers het Langenhoven ook ’n ‘draer’ van sy werk en sy beeld gehad: die verhouding was beslis wedersyds voordelig. Langenhoven, wat homself as sagmoedig, nederig en dienswillig voorgehou het, is egter nie onder sy medewerkers by Die Burger as sulks beskou nie. Briljant en gedug, maar sy hooghartige, boelie-agtige houding in die wandelgange van Keeromstraat 30 (die destydse hoofkwartier van Nasionale Pers) word meermale beskryf deur sy tydgenote, terwyl hy subredakteurs summier ‘fools’ en ‘esels’ genoem het. Een van die pers se ‘hoë tradisies’, het hy gesê, is ‘knoeisug’. Hy het hom skynbaar as ’n reus tussen dwerge beskou en was van mening dat enige verandering aan sy tekste noodwendig foutief sou wees. Geen joernalis kon ook verwag dat ’n redaksielid hom sou beskerm teen Langenhoven se skerp tong nie. Tog moes daar enkele sterk persoonlikhede gewees het wat sy status bevraagteken het. Een so ’n man was Daniël Cornelis Boonzaier, alombekend as DC Boonzaier, Die Burger se eerste spotprenttekenaar en net so skerp met sy tong as wat sy tekenpen was — gevrees onder sy teenstanders en geëer deur sy ondersteuners, Spotprent: Langenhoven (regs), deur Boonzaier geteken, met Kaapse administrateur, sir Frederic de Waal, 1918 (Sonop in die Suide, p. 186) soos Zapiro (Jonathan B Shapiro) vandag, maar Boonzaier was boonop ’n dominerende figuur. As politieke wapen was Boonzaier net soveel deel van Die Burger se grofgeskut as Langenhoven. Waar Langenhoven sy volk met sy soepel aanwending van die geskrewe woord opgevoed het, het Boonzaier hulle met sy uitstekende, dog maklik-verstaanbare tekeninge gemobiliseer teen Engelse oorheersing. Om insae in die verhouding tussen Langenhoven (1873-1932) en Boonzaier (1865-1950) te kry, is Boonzaier se dagboeke — tans bewaar in die Suid-Afrikaanse Nasionale Biblioteek in Kaapstad — wat van 1906 tot 1945 bygehou is, ’n waardevolle bron. Soos Goldblatt was sy siening uiteraard nie objektief nie, maar wel interessant, komende uit die perd se bek. Op Kaapse Bibliotekaris Januarie/Februarie <strong>2017</strong> 17
- Page 1 and 2: January/February 2017 Volume 61 | N
- Page 3 and 4: Editor | Redakteur Grizéll Azar-Lu
- Page 5 and 6: ‘What a terrible thought! Kensfyn
- Page 7 and 8: Protestant church, private librarie
- Page 9 and 10: LITERARY AWARDS | LITERÊRE TOEKENN
- Page 11 and 12: Oral History Initiative continues T
- Page 13 and 14: the Antarctic region. The expected
- Page 15 and 16: Creating awareness Publications The
- Page 17: switch between reading levels at an
- Page 21 and 22: Keeromstraat 30, waar Nasionale Per
- Page 23 and 24: is Hollands en Rhode se Nomme 20, D
- Page 25 and 26: Kaapse Bibliotekaris Januarie/Febru
- Page 27 and 28: I do struggle to start. I find writ
- Page 29 and 30: chapters mention best practices whi
- Page 31 and 32: evaluation, and fraud deterrence. T
- Page 33 and 34: haar lewensverhaal aan die vryskutj
- Page 35 and 36: oman aangepak, eweneens met sukses.
- Page 37 and 38: JACOBS, Jaco Moenie hierdie boek ee
- Page 39 and 40: Imperial fell” and the “Graves
- Page 41 and 42: 629.26 JON Jones, Matthew and Taylo
- Page 43 and 44: ‘I had the title poet, and maybe
- Page 45 and 46: ‘In my experience, there is no fi
- Page 47 and 48: will do so. If it is in English and
- Page 49 and 50: But best of all was the smell of th
- Page 51 and 52: Harvey, Derek Super shark and other
- Page 53 and 54: Authors: Anita Brookner Anita Brook
- Page 55 and 56: Elliott, M College reading campaign
- Page 57 and 58: National Days Honouring women.-p.8.
- Page 59 and 60: Accessions Aanwinste compiled by Jo
- Page 61 and 62: Golakai, Hawa Jande. The score. Gol
- Page 63 and 64: National Days 2017 compiled by Szer
- Page 65 and 66: World No-Tobacco Day Date: 31 May 2
- Page 67 and 68: World Osteoporosis Day Date: 20 Oct
- Page 69 and 70:
Resources aimed at the Prevention o