13.03.2017 Views

January/February 2017 Volume 61 | No 1

2lSObQ3

2lSObQ3

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

is Hollands en Rhode se Nomme 20, Delphistraat. Maar dit was ook

’n byeenkoms van ervare stemme, met die digters Diana Ferrus

(Ons komvandaan en I’ve come to take you home) en Daniel Hugo

(onder meer Hanekraai en Takelwerk) en die aanbieder Margot Luyt

van die Radio Sonder Grense-program Vers en Klank, wat van hul

gunstelinggedigte voorgelees het.

Don Pinnock (Gang Town en Wild as it gets) en Marianne

Thamm (Hitler, Verwoerd, Mandela and me), albei joernaliste en

aktualiteitskrywers, se onderhoudvoerder was Dennis Cruywagen,

wie se gewilde The spiritual Mandela pas verskyn het, met ander

hoogtepunte die gesprek tussen Ferrus en Jolyn Phillips oor

laasgenoemde se hoogaangeskrewe nuwe kortverhaalbundel oor

haar grootwordjare in Gansbaai, Tjieng tjang tjerries; asook

filmresensent Leon van Nierop (Daar doer in die fliek) se onderhoudende

vertelling, saam met die akteurs Johann en Lida Botha

van De Rust en Koos Roets van Klaarstroom, oor die geskiedenis van

ons filmbedryf, met spesiale verwysing na die rol van die ‘befoeterde’

Rautenbach … ’n man wat vernuwing in ons filmwese gebring het.

Die kos- en spanningsromanskrywer Sally Andrew se Recipes

for love and murder en The satanic mechanic het van die

Leesfees-boekwinkel se rak gevlieg, ná haar gesprek met die

Flori Schrikker, Margot Luyt en Koelsoem Kamalie

Alle foto’s deur Marlene Malan

Jolyn Phillips, Katinka Heyns en Diana Ferrus

Shirmoney Rhode

koskenner en sjef Bokkie Botha van Prince Albert in

sy restaurant The Olive Branch, en die kosskrywer en

Huisgenoot/You-kosredakteur Carmen Niehaus het haar

gehoor in die Swartberghotel tegelyk onderrig en vermaak

met haar demonstrasie van kos-en-tee-kombinasies.

Geskiedenis is altyd ’n belangrike deel van die fees, veral

in Prince Albert waar die verlede ’n groot rol speel in die

bewaringsinisiatiewe hier. Die boek Ontdekkingsreisiger en

soldaat, deur die Nederlander Luc Panhuysen, is bespreek

deur sy vertaler in Afrikaans, prof Wium van Zyl, met sy

gespreksgenoot, ’n bekende historikus en paleontoloog van

die omgewing, dr Judy Maguire.

Maar die snaaksste en energiekste aanbieding was ongetwyfeld

dié van die debuut-kosskrywers Koelsoem Kamalie

en Flori Schrikker, oor hul boek Kook saam Kaaps, toe hulle

vertel het van hul splinternuwe ervaring van die limelight;

‘om skielik celebs te wees met ons gesigte op billboards’.

‘Haai, Pappa, ek is nogal ’n mooi vrou, nè,’ het Schrikker aan

haar eggenoot gesê toe hulle twee een middag sit en wag

het dat hul boek en gesigte op ’n padreklamebord verskyn,

‘daai soort wat so draai’.

Die aard van die fees mag nie vanweë sy sukses verander

nie, het die Leesfees-komitee op hul nabetragtingsvergadering

besluit. Prince Albert Leesfees kan en wil nie meeding

met die groot literêre feeste nie.

’n Komiteelid en jarelange inwoner van die dorp, Denise

Ohlson, som dit só op: ‘Prince Albert Leesfees het hom

gevestig as ’n gesellige boekemakietie op een van ons land

se mooiste, vriendelikste dorpe. Die eerste naweek van

November sal voortaan aangeteken word vir ’n uittog hierheen

— om lekker te kuier, te eet en vrolik te wees rondom pasgepubliseerde

boeke en hul skrywers, uitgewers, lesers en ontleders.’

Marlene Malan is ’n vryskutjoernalis, -vertaler en -taalversorger en

woon in Prince Albert

Kaapse Bibliotekaris Januarie/Februarie 2017

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!