02.05.2013 Views

porcus - sappo

porcus - sappo

porcus - sappo

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VoorGronD

Biomin vestig streekhoofkantoor

in Suid-Afrika

Die dierevoedingspesialis, Biomin,

het onlangs ‘n streekshoofkantoor

in Suid-Afrika geopen. Die nuwe

onderneming is in Klerksdorp, Suid-

Afrika gesetel.

Biomin se hoofkantoor is in Australië.

Die firma het reeds gedurende die vroeë

tagtigerjare alle antibiotiese middels uit

sy reeks voerbyvoegsels verwyder en dit

met natuurlike produkte (kruie, speserye

en plantekstrakte) vervang.

Suid-Afrika se bedryfshoof, Albert

van Rensburg sê: “Biomin bied reeds vir

meer as 25 jaar dierevoedingsprodukte

soos voerbyvoegsels en voorafbereide

vitamien- en minerale oormengsels soos

produkte vir mikotoksienrisikobestuur en

’n heeltemal nuwe, natuurlike groeibevorderingkonsep

wat dieetvereistes van

varke, pluimvee, beeste en akwakultuur

aanspreek.”

Van Rensburg glo dat namate die

vraag na natuurlike en omgewingsvolhoubare

voedselbronne toeneem, Biomin

se benadering tot die vervaardiging van

natuurlike aanvullings die maatskappy as

’n voorloper in dié marksektor plaas.

“Voerbyvoegsels word algemeen

gebruik om die prestasie en gesondheid

van lewende hawe te bevorder.

Etlike jare al word antibiotiese middels

hoofsaaklik hiervoor gebruik, in Suid-

Afrika en die wêreld oor. Die verkeerde

aanwending van dié middels kan egter

veroorsaak dat diere weerstand teen die

middels opbou. Antibiotiese residue kan

só oorgedra word.

Verbind

Van Rensburg wys daarop dat

Biomin, as ’n ISO 1404-geakkredi–

teerde maatskappy, daartoe verbind is

om sy produkte en dienste te vervaardig

en te lewer om diere se gesondheid en

prestasie op ’n omgewingsvriendelike

en ekonomies lewensvatbare manier

te verbeter. “Deur middel van omvattende

navorsings- en ontwikkelingsprogramme,

saam met die gebruik van

die jongste tegnologie, streef Biomin

daarna om te verseker dat hy volhoubare

gehalteprodukte ontwikkel wat die gene-

Die varkdelegasie by die bekendstelling: Dr Pieter Grimbeek (Mooivet), dr Annie Labuscagne

(Charlesstraat Veeartse), Arthur Gee (Kanhym), Mossie de Kock (Eas-Pork),

dr Heinz Bodenstein (Charlesstraat Veeartse) en Louis Botha (TOPIGS SA)

Die Suid-Afrikaanse Biomin-span is van links: Albert van Rensburg (bedryfshoof), dr

Bert Zumpt (konsultant), Adele van der Mescht (kantoorbestuurder) en Jaco Truter

(bemarkingsbestuurder). Heel regs is Denis Giraudoux, Biomin se areabestuurder.

tiese potensiaal van die dier ontsluit en

terselfdertyd ’n goeie belegginsopbrengs

aan die kliënt lewer.”

Biomin-produkte is reeds die afgelope

agt jaar deur middel van verspreiders in

Suid-Afrika beskikbaar. Van Rensburg

meld egter dat die maatskappy, op

grond van die reuse-potensiaal van die

plaaslike mark, die behoefte geïdentifiseer

het om ’n besigheidseenheid te

vestig wat ’n omvattende netwerk van

produkte en tegniese ondersteuning kan

bied. “Biomin het spesifiek Suid-Afrika

as sy hoofbasis vir sy bedryf in Afrika

geteiken op grond van die gevestigde

infrastruktuur en moderne tegnologie,

wat uiteindelik ook toegang tot die res

van die vasteland sal bied.”

Van Rensburg noem dat nasionale

veevoerproduksie in Suid-Afrika

ongeveer 10,8 miljoen ton per jaar

beloop en hy is vol vertroue dat Biomin

aansienlike sukses in hierdie mark kan

behaal deur die vestiging van ’n plaaslike

kantoor.

“Die plaaslike veevoerbedryf is ’n

groot mark wat die potensiaal vir aansienlike

groei inhou. Namate voeselveiligheid

plaaslik ’n belangriker faktor word,

is Biomin in die posisie om die nodige

oplossings vir hierdie unieke verbruikersvereistes

deur die voorsiening van

wêreldklasprodukte te bied, gerugsteun

deur tegniese bystand en grondige

advies oor dierevoedingsake.”

Hy meld ook dat, hoewel Biomin oor

die langtermyn markaandeel in alle dierevoedingsektore

wil opbou, die maatskappy

oor die kort termyn spesifiek die

braaikuiken- en varkmark gaan teiken.

“Braaikuikens is die grootste en goedkoopste

proteïenbron in Suid-Afrika en

gevolglik is die potensiaal vir markgroei

uitmuntend.”

Saam met sy moedermaatskappy,

die Erber Groep, het Biomin tans meer

as 1 000 mense in 43 lande regoor die

wêreld in diens, wat die plaaslike mark

’n omvattende ondersteuningsnetwerk

bied.

“Deur die plaaslike mark te betree,

bewys Biomin sy toewyding en verbintenis

tot die bemagtiging van Suid-Afrikaanse

boere en voermeulenaars en om

diereprestasie op die natuurlike manier te

verbeter,” het Van Rensburg gesê.

12 Porcus Januarie/Februarie 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!