30.08.2014 Views

Kliek hier vir bladsy 36-48 - SA Stamboek

Kliek hier vir bladsy 36-48 - SA Stamboek

Kliek hier vir bladsy 36-48 - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KEN ONS MENSE

Sumari Taljaard

Ek is in Clocolan in die Oos-Vrystaat gebore en het aan die Hoër

Landbouskool Kroonstad gematrikuleer, waarna ek by die Universiteit

van die Vrystaat B-Ed studeer het. Na my studies het ek by

die Lady Grey Kunste-akademie as onderwyser begin werk. Ek is

in 2001 met Christo Taljaard getroud en het daarna op Dordrecht

begin skoolhou, waar Christo in die Sterkstroom-distrik geboer

het. Ons eerste seun, Nathan, is in 2003 gebore. Ons het na

Bloemfontein verhuis, waar ek as persoonlike assistent gewerk

het. Ek het ook in dieselfde jaar ’n diplomakursus in menslike

hulpbronne en skakelwese deur Unisa voltooi. In 2009 is Christopher

gebore.

Ek het in Januarie 2010 by SA Stamboek begin werk in die registrasie-afdeling,

waar ek perde-registrasies hanteer het. Ek het

op 1 Junie vanjaar oorgeskuif na die sekretariaat, waar ek tans sekretaresse

van die Appaloosa- en Percheron Perdegenootskappe

is. Ek is opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk wat voorlê.

Liza Verwey

Ek is gebore in Kimberley en ’n jaar daarna het my ouers besluit

dat dit nou tyd is om plaas toe te trek. Ek het grootgeword op ’n

pragtige plaas in die Christiana-distrik, waar ons met kommersiële

Beefmasters boer. Ek het in Christiana by die Gekombineerde

Skool Christiana gematrikuleer. In 2007 het ek die dorpie en

plaas verlaat, en Bloemfontein toe getrek om webwerf-ontwikkeling

by CTU Kollege te studeer.

In 2009 is ek aangestel as webadministrateur by SA Stamboek.

Ek is al vier jaar in dié organisasie se diens. Ek werk elke

dag met die vriendelikste mense in ’n wonderlike bedryf. Ek is

steeds mal oor die plaaslewe, en my werk hier is vir my amper

soos ’n stukkie plaas in die stad met al die mooi foto’s wat ek

elke dag van telers af ontvang om op die webwerwe te plaas.

Philna Hattingh

Ek is op 3 Desember 1986 in Kathu gebore. Dit was van ’n baie

jong ouderdom al af vir my duidelik dat ek ’n groot liefde het

vir die natuur en die skoonheid daarvan. Ek het in 2005 gematrikuleer

en het ’n BA-graad in menslike bewegingskunde

verwerf. Ek wou baie graag my kennis verder verbreed in die

rekreasiegebied en het in 2010 by die Aasvoëlberg Buitelugsentrum

se span aangesluit. Daar het ek ongelooflike mensekennis

opgedoen.

Zastron was my tuiste vir drie jaar, maar 'n mens kan egter

net vir so lank tussen die berge in die koue speel. Ek het besluit

dat ’n skuif na SA Stamboek se registrasie-afdeling die

regte een sal wees vir my. Ek hoop om hier my kennis verder

te verbreed en saam met die span mense ’n lang pad te stap. SB

48

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!