29.01.2015 Views

Die - University of the Free State

Die - University of the Free State

Die - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Blou Willem

‘Check jou

ou Charlie!’

Toe ek as rou eerstejaartjie daar in

1971 by Reitz-kamerwonings

ingeboek het, het ek geweet ek moet

saggies loop want in dié plek bly Joggie

Jansen en Sakkie van Zyl se foto hang teen

die muur in die gasellie. Maar ek het ook

daai eerste paar dae gehoor van Mich

(Ysterkop) Lindström, volgens oorlewering

die sterkste en gevaarlikste ou wat ooit in

Reitz gebly het.

Mich het nog by Yskor gewerk en het

eers so teen die einde van die

ontgroeningstyd daar by die koshuis

opgedaag. Hy het vir ons as eerstejaars wat

in vrees en bewing op sy kom gewag het,

daai eerste aand soos ’n geestelikversteurde

seerower gelyk met sy vierdagbaard en wille

kyk. Hy’t net so saggies in jou oor gebry:

“Eegstejaag, wie de moeg is ek” en dan

het ons hard en duidelik teruggeskree:

“Oom Mich Ysterkop Lindström, Oom!”

En wee jou as jy die “Mich” of die

“Ysterkop” uitgelaat het.

In elk geval, ou Mich was sekerlik

kilogram vir kilogram die sterkste klein

derduiwel wat ooit vir die Shimlas op

voorry gesak het. ’n Mannetjie wat met sy

ongemaklike skrumstyl en krag selfs vir die

grote Sakkie ’n bron van irritasie in die

skrums was.

Met die Curriebekerfinaal vanjaar,

gesels ek nog daar op die pawiljoen so oor

ses rye sitplekke met ou Martiens le Roux

en ’n paar uur later verongeluk hy ook soos

sy ou Malhuismaat en medestryder in die

voorry, Wouter Hugo. En toe dink ek ver

terug aan die dae toe Martiens nog vir

Malhuis en die o.20’s flank gespeel het. Tot

Oom Sak aan die einde van 1971 besluit

het maar Martiens gaan ’n

voorry word en hom daai

Desember onder hande

neem.

Toe ons na daardie

vakansie terugkom in

Bloemies sien ons die ou

daar by Malhuis rondloop wat

vir ons vaagweg bekend lyk,

maar eers toe hy met ons gesels,

sien ons maar dié moegse meneer

is al die tyd ons maat, ou Charlie

(deur ons so gedoop oor die manne

wat daai jare so die Cortina onder

die een arm vasgeknyp het, en dan

met die duim in die lug gegroet het:

“Check jou Charlie!”) En so het

Charlie ’n Vrystaat legende geword.

Hy was die eerste van die nuwe era van

beweeglike voorrye wat anders as ou Mof

en dié manne meer kon doen as net skrum,

loop en oë knip. Nee, ou Charlie kon

hardloop soos ’n flank, “dummy” soos ’n

senter maar ook skrum soos ’n beer.

En so het hy uiteindelik tussen 1973

en 1986 in 162 wedstryde vir die Vrystaat

gespeel waarvan 25 as kaptein, was hy lid

van die eerste Vrystaatspan wat die

Curriebeker kon vashou en is hy in 1980

gekies vir die Springbokke teen die Britse

Leeus.

Deur die jare het die Shimlas fantastiese

voorrymanne opgelewer: Henning van

Aswegen, Noël van Rensburg, De Wet

Holtzhausen, Bees Steyn, Nico Walters,

Johan Styger, Dawie Theron, Piet Bester,

Ollie le Roux, Dougie Heymans, Daan

Human, Jannie du Plessis, Wiaan du Preez,

Ryno Gerber, Gurthro Steenkamp en nog

talle ander. Van die aangenaamste manne

wat ek ooit teëgekom het, maar tot jy hulle

beter ken, trap jy versigtig.

As ek vir Alexis Steenkamp daar in

Empangeni gaan soek en hoor hy het vir

die Shimlas voorry gespeel, stap ek op my

tone in sy kantoor in. Maar een ding wat al

hierdie manne in gemeen het, is dat hulle

almal êrens die trieks van die “ trade” by of

Oom Sak of by Martiens geleer het. Ek sê

maar weer: “Check jou ou Charlie! Jy gaan

maar altyd daar voor in die Shimlaskrum

saam met die manne druk as dinge rêrig

taai raak!”

Bult •November 06

32

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!