lad tussen 1997 en Oktober 2001, toe diereeks, volgens die Nawoord, deur ‘n hartomleidingbeëindig is.Die voorrang wat essay nr. 53 genietdeurdat dit die titel vir die geheel verskaf,moet natuurlik iets sê aangaande die aardvan die tekste. Dit vertel van ‘n skrywer seervaring van die gety van laagwater tussenboeke, daardie angs dat hy nooit weer ‘nboek gaan skryf nie, die opmars van gewonedaaglikse dinge wat sy ruimtes beset.Wat is die boodskap vir die leser?Dis bekend dat Virginia Woolf haar dagboek,haar korrespondensie en haar opstellevir die “common reader” gebruik hetas “vingeroefeninge” om haar uit die impassevan die stilte tussen boeke te skryf.“Schrijvende begint men te schrijven,” sêMarthinus Nijhoff, wat, ‘n mens kan sê indie stiltes tussen verse, gereelde bydraesgeskryf het vir Het nieuws van de dag en DeNieuwe Rotterdamse Courant.Word die opstelle gewoonweg van begintot end deurgelees, kan dit op die eerstegesig lyk asof die tipiese “gemengde kruie”van die koerantrubrieke daarin te vinde is:waarnemings aangaande menslike hebbelikhede,die aanskoue van besonderse landskappevan ver en naby, eietydse samelewingsverskynsels,persoonlike herinneringe,en omdat dié skrywer se eersteambag en leeftog inderdaad die literêrebedryf is, heelwat oor literatuur en skrywerskap.En sekerlik: al hierdie onderwerpeword styl-vol (wat taalhantering én lewenshoudingbetref) behandel: die leser weetvooraf dat jy in die geselskap van ‘n voortreflikewoordkunstenaar gaan verkeer virdie duur van die 207 bladsye, en dit word,inderdaad, “gheselscap goet ende fijn”. ‘nMens sou die ouderweste woord “causerie”as etiket daaraan kan heg.Gaandeweg besef die leser egter dat diéligtheid eintlik, in ‘n frase van NP van WykLouw, ‘n “masker van die erns” is.Besinning oor literatuur en skrywerskaptussen 1997 en 2001 moet sy plek vind tussen‘n heerskare van andersoortige mededingendeaansprake op skrywers én lesers.Etienne van Heerden is per slot van rekening‘n skrywer van ons tyd: seismograaf,van sy vroeë kortkuns in die kader van diegrensliteratuur van die tagtigerjare af, deursy groot romans wat samelewingsgeskiedenisdeur middel van omvormings van tradisioneleromansoorte registreer.So registreer hy in hierdie tekste diejongste literatuuropvattings, teorieë watons benadering van literatuur beïnvloed,en veral: veranderings in ons eietydse literatuurbeskouing.Wanneer hy dit doen, geskieddit nie by wyse van diepgaande verduidelikingsnie. Hy teken aan, voeg soms‘n karakteriserende of illustratiewe anekdoteby, maar hou hom by die tradisioneleinslag van die essay: om ‘n gesprek oor ‘nonderwerp te open sonder die pretensie omdie onderwerp uit te put.Dat hy hierdie tekste “kitsessays” noem,is ‘n wegwyser vir die waardering daarvan:dit maak die bundel nog uitdrukliker tuisaan die begin van die een-en-twintigste eeu,waar daar rats beweeg moet word om dievangriem om die leser se aandag vas te trek.Nie verniet nie praat van Heerden van onstyd as “die era van die Jan Rappers” (185).Daarin kan ‘n mens ten minste drie betekenisselees: die gewone leser geniet voorrang(“I rejoice to concur with the commonreader”, haal Virginia Woolf vir Dr. Johnsonaan); aldagswysheid word deur vele verneemuit die mond van die kultusfiguur,“rappers” soos Eminem is eminent; “rap” isvinnig, is kits …Maar met die ligte self-ironisering watdie leser daaraan herinner dat Etienne vanHeerden van oudsher satirikus en kabaretskryweris, kry die gestalte van die gevierdeskrywer van ons tyd gaandeweg al duidelikerdefinisie: die reisiger na konferensiesTYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 219
en “Poetries International”, die naguil-op-‘n-kluit wat sy habitat moet verlaat om ‘nster van “pens-en-pootjiesblaaie” te word(201), die pelgrim van die kuberruimte,ewewigsoekend in ‘n wêreld van kitsverandering.So word die vervlietende moment, dieflits-insig op verganklike koerantpapier, dieonvoltooide gesprek, ten slotte tog bestendig,en kan Die stilte ná die boek ‘n verwysingspuntword in die geskiedenis van die Afrikaanseliterêre sisteem in die oorgangstyevan die millenniumwending. Daarmeeneem Etienne van Heerden sy plek naas sygroot voorgangers in die literêre joernalistiekmet onderskeiding in.Elize BothaEmeritus professorUniversiteit van Suid-AfrikaPower and Terror – Post-9/11 Talks andInterviews. Noam Chomsky. J. Junkerman& T. Masakazu (eds.).Houghton: Jacana. 2003. 156 pp.ISBN 1 919931-59-7.In 2002, ’n paar maande na die gewraakteterreuraanvalle van September 2001 in dieVSA het ’n Japanese filmmaatskappy ’n dokumentêr,Power and Terror: Noam Chomskyin Our Times, vervaardig en die boek wathier geresenseer word, is ’n uitvloeisel vandie filmprojek. Die boek bestaan uit vierafdelings: ’n onderhoud vir die rolprent metChomsky – sy siening van die terreuraanvalle,die daaropvolgende oorlog in Afganistanen die rol van Japan in die oorlog, ’ntoespraak van Chomsky, “US arms, humanrights and social health”, ’n aantal gesprekkemet hom, hoofsaaklik gebaseer op toesprakevan hom en die bespreking wat ditontlok het wanneer die gehoor vrae konvra en laastens ’n afdeling met algemeneinligting oor die skrywer en ’n lys vanpublikasies van hom wat spesifiek betrekkinghet op van die vraagstukke wat in hierdieboek gedek word. Die deurlopendetema is die mate waarin Amerika selfskuldig is aan ’n vorm van staatsterreur insy buitelandse optrede en dat indien dieAmerikaners dit halt sal roep, dit onmiddellik’n reuse verskil sal maak in die voorkomsvan terreur wêreldwyd. ’n Sub-temais die rol van intellektuele (sien veral 15-20)– hulle stilswye of selfs verdediging van enondersteuning vir die Amerikaanse posisie,omdat as terreur op eie bodem plaasvind,dit moeilik word om enigsins objektief tekyk na die oorsaak daarvan en om regeringsbeleidte bevraagteken.’n Paar aspekte rondom die publikasieval dadelik op. Dit is ’n boek gemik op dieleek en dien as eenvoudige inleiding totChomsky se politieke geskrifte en opinies– dit is nie ’n boek vir die intellektueel ofdie vakspesialis of mense wat werklikpitkos soek wanneer hulle oor die grootvrae van die dag wonder en daarmee worstelnie. Dit is nie die akademikus Chomskywaarmee ’n mens hier te doen het nie, maar’n Chomsky in gesprek met gewone mensewat ernstige vrae vra oor die rol van dieVSA in die kontemporêre internasionalepolitiek. Daarmee maak ek nie die publikasieaf as minderwaardig nie – inteendeel.Chomsky praat nie neerhalend of “af” nasy vraestellers nie, maar hanteer vrae enopmerkings met begrip en respek en probeereerlike antwoorde verskaf. Vir akademicikan hierdie juis goeie leesstof wees,want Chomsky word ’n rolmodel wat wyswat die taak van die intellektueel in dieopenbare lewe is.Maar dit gaan nie noodwendig dieperinsig bring in die vrae wat aangespreekword nie. Daarvoor moet ’n mens terugganna die skrywer se akademiese werk, en ’nuitstekende voorbeeld hiervan, minstensTYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 220