inne die dissipline Internasionale Verhoudinge,is byvoorbeeld sy “Moral truisms,empirical evidence and foreign policy” watin Oktober 2003 in die gesaghebbendeBritse joernaal, Review of International Studies,verskyn het.Chomsky is nou reeds dekades lank bekendas iemand wat onverskrokke standpuntinneem, gewoonlik teenoor Amerikaansebuitelandse beleidsoptredes, en watmeedoënloos “sy land” se buitelandse optredesonder die vergrootglas plaas en danveral teenoor die skynheiligheid van Amerikaanseoptrede kritiek uitspreek. Vir tallemense is hy die toonbeeld van wat met dieword “patriot” bedoel word, in teenstellingmet “nasionalis”. Onderliggend aan sy werkis die idee dat die VSA ’n staat is waaringroot individuele vryheid bestaan, ’n landwat die potensiaal het om deur sy buitelandsebeleid ’n daadwerklike bydrae temaak tot internasionale vrede, sekuriteit enveral geregtigheid, maar dat die verskillendeadministrasies, hetsy Demokraties ofRepublikeins (hy is net so krities teenoordie Clinton-administrasie as teenoor diehuidige Bush-administrasie), vanweë elitebelange,hierdie potensiaal nooit verwesenliknie. Sy siening herinner sterk aan diévan die neo-Marxis, Ralph Miliband, dat die(kapitalisitiese) staat uiteindelik die agentvan die heersende klas is – die rykes en bevoorregtesin die samelewing: “The mediaare huge corporations that share the interestsof the corporate sector that dominatesthe government” (98).Chomsky se kritiek op die VSA se buitelandsebeleid, veral in die mate waarin Amerikaanseoptrede neerkom op direkte deelnameaan terreur (staatsterreur), word <strong>vir</strong>hom van oorwegende en oorheersende belang.Dit is te verstane. En terloops, ’n mensis geneig om te vergeet, en Chomsky herinnerdie leser hieraan, dat die sogenaamde“war on terror” (of soos sommiges van onsdaarna begin verwys, die “war of terror”)reeds uit die Reagan-era dateer toe dit diefokuspunt van Amerikaanse buitelandsebeleid geword het. Sy ontleding van dieVSA se optrede in en teen verskeie state inSentraal-Amerika (spesifiek Nicaragua),teen die Palestyne en in Viëtnam gedurendedie sestigerjare (afdeling twee van die boek)toon ’n Amerika wat lank reeds, in Chomskyse woorde, slegs begaan is oor eiebelang(lees: korporatiewe of elitebelang, ’n ouprobleem in die ontleding van internasionalepolitiek – wie is die staat? Is dit werklik’n “unitary actor”?): “But they [slagoffersvan geweld en terreur buite die VSA] can beany colour, any religion, it doesn’t reallymatter. The principle is: does it affect USinterests?” (106).Vir ’n Afrika-leser raak hierdie standpunthinderlik wanneer Chomsky tydens ’n vraesessiena ’n toespraak gekonfronteer wordmet ’n aanhaling van generaal Romeo Dallaire,die Kanadese offisier wat tydens dieRwandese menseslagting van 1994 aan diehoof van die VN vredesmag gestaan het.Dallaire het gesê (dit word in die teks geparafraseer):“Rwanda was too small, toopoor and too black for anyone to care.”Chomsky gee toe dat daar waarheid in magsteek, maar sy (bykans) obsessie bly by dieVSA en dié se direkte betrokkenheid byterreur en geweld. Die VSA se rol in multilateraleorganisasies, byvoorbeeld die VerenigdeNasies, waar besluite oor intervensiein die geval van menseslagtings gemaakword, is <strong>vir</strong> hom nie van direkte belang nie:“He’s [Dallaire] talking about somethingbad, namely our unwillingness to do anythingto stop atrocities. But much worse thanthat, incomparably worse, is our willingnessto participate in atrocities”.Hierdie resensent deel die mening vantalle ander dat die internasionale gemeenskap,en spesifiek die VSA as permanentelid van die Veiligheidsraad, net so skuldigTYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 221
was aan die Rwandese slagting as dié watdit uitgevoer het. Nietemin, ’n mens kandie publikasie aanbeveel, veral <strong>vir</strong> mensewat ’n oorhoofse indruk wil kry van dieomvang van Chomsky se politieke oeuvre.Omvattende hantering van vraagstukkegaan die leser nie hier kry nie en dit is niemoontlik om uit hierdie versameling naastenbydie omvang en diepte van die manse empiriese navorsing en interpretasiedaarvan te peil nie. Maar wat Chomskydeurentyd, ook in dié publikasie, demonstreer,is die aard van die werklike kritikus:die persoon of kundige of denker wat nabeide kante van ’n saak kan kyk en in beidegevalle kritiek kan uitspreek, nie partisaansen eensydig net een party afkraak nie.Sy sterk afkeur is nie net teen die VSAgemik nie (hoewel hy die oorwig van skuldvoor die Amerikaners se deur plaas wanneerdit by terreur kom – immers het diekleiner en swakker partye bittermin wapensom mee te baklei), maar ook teen alleander terreurgroepe. In die VSA word hyen ander kritici van die oorlog teen terreuras onpatrioties uitgekryt en in sommigegevalle verloor akademici tans selfs sekerevoorregte en regte (byvoorbeeld navorsingstoekennings)wanneer hulle te openlikAmerikaanse optrede kritiseer. Van hulle,en spesifiek Chomsky, word ook op ’nander manier gestraf – hulle werk wordgrootliks geïgnoreer en afgemaak as te“polemies” – ’n swaar straf <strong>vir</strong> akademiciwat juis daarop uit is om in gesprek te treemet ander.Nietemin bly Chomsky getrou aan ’nkultuur van kritiese ingesteldheid en blyhy grootliks ’n optimis: mense kan deuraktivisme die wêreld verander, en sy taak,goed vergestalt in hierdie publikasie, is ommense van die nodige feite en ontleding tevoorsien sodat hulle op ’n ingeligte manieraktivisties kan optree.Maxi SchoemanUniversiteit van PretoriaTYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 41 (2) • 2004 222