21.10.2015 Views

KLK-Junie-2012

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2012 se veilings vorder

goed - bl. 3

Kollig op Calvinia

silo's - bl. 4

Turksvy, jou doring!

- bl. 8

K L K Gesprek

Nuusblad van KLK Landbou Beperk

Vol 2/Junie 2012

KLK weer betrokke by

Upington Ekspo

Die jaarlikse Upington Ekspo het vanjaar van

3 tot 5 Mei plaasgevind en KLK het weggestap

met die prys vir die beste stalletjie.

Oorwegend jag- en slagvoorraad is in die stalletjie

uitgestal en KLK Handel het ook verskaffers soos

MSD Dieregesondheid, Cipla Agrimed, Pfizer, Lionel’s

Vet, Virbac, Veekos, Voermol, Molatek, Cape Gate,

P. Bloch, Upigrow, KLK Petroleum en GR Agencies

genooi om saam in die Max Minnaar-saal uit te stal.

Dan het KLK ook verskeie aktiwiteite vir skougangers

aangebied, soos die skaaptelkompetisie, sweepklapkompetisie,

klubbraai, Damara veiling, gewigskatkompetisie,

‘n totale ontbeningsdemonstrasie van ‘n

skaapkarkas en ‘n Veldram en Meatmaster veiling.

Johan du Plessis (middel) van KLK ontvang hier die sertifikaat wat KLK vir die

beste landboustalletjie gewen het. Van links is: Anré le Grange (1ste prinses),

Sakkie du Preez, Johan du Plessis, Chané Booysen (Gemsbok skoukoningin

2012) en Annari Esterhuysen (2de prinses). (Foto verskaf deur Gemsbok)

Die skaaptelkompetisie.

Van links is Charel Strauss en Niekie Cilliers van Rooidam

Dorperstoet (Kenhardt) en Dirk Zandberg van Samic saam met

die wengroep lammers van die ekspo se karkaskompetisie.

Elsa van Schalkwyk

spin wol tydens die

ekspo.

Huibrecht Taljaart

demonstreer die

ontbening van ‘n heel

skaapkarkas met Rudi

van der Westhuizen van

Samic as kommentator.

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Aan die

Woord...

‘n Rekord finansiële jaar

met uitdagings wat voorlê

Uiters bevredigende resultate is in die afgelope

finansiële jaar behaal.

Onseepkans produsente gaan

van krag tot krag

Onseepkans se boerevereniging is op 7 Maart gestig. Op die foto voor, van links,

is: Willie Visagie (KLK), Andries Visser (Tesourier), Gerhard le Roux (Voorsitter),

Fourie Lutz en Julinda Klein (Sekretaris). Agter, van links, is: Piet Olyn, Henry Booysen

(Ondervoorsitter), Annemie Booysen, Eric Kebab en Johann Morkel.

Die verdienste van R22,1 miljoen is 53,8%

beter as die vorige jaar en die verdienste

van 102,8 sent per aandeel, ondersteun die

stewige dividend van 20 sent per aandeel.

2

Gedurende September 2012 sal daar

aan KLK-aandeelhouers ‘n dividendbedrag

van R3,4 miljoen, tesame met ongeveer

R900 000 se leningskapitaal, uitbetaal word.

Hierdie R4,3 miljoen uitbetaling aan aandeelhouers

word moontlik gemaak deur ‘n balansstaat

en kontantposisie van KLK, wat

gesond is.

Die goeie resultate word hoofsaaklik

toegeskryf aan die winsbydrae van die

Motor- en Brandstofafdelings, die Handelsafdeling

asook die ommeswaai van die

Abattoir en Vleisafdeling wat ‘n groot verskil

gemaak het.

Die samestelling en kwaliteit van winste

vanuit die onderskeie besigheidseenhede

van KLK het aanleiding gegee tot hierdie

goeie resultate.

‘n Verbetering op hierdie resultate is moontlik

indien die volgende uitdagings en aspekte

suksesvol aangepak kan word, naamlik:

• ‘n Werwingsplan om die slag- en veilingsgetalle

te verhoog;

• Bestuur van voorraadverliese in die Handelsafdeling;

• Die verbetering in die effektiwiteit van die

verkrygingsfunksie om die Handelsafdeling

meer kompeterend te maak;

• Die akkreditering en SEB-status van KLK

te formaliseer en daarmee verlore markgeleentheid

vir die Motor-, Brandstof- en

Handelsafdeling te benut; en

• Uitbreidingsgeleenthede te ondersoek.

KLK is op ‘n nuwe prestasievlak en om

verskeie redes ‘n meer aantreklike landboubesigheid.

Daar sal voortdurend oor

die visie en strategiese posisionering, die

samestelling en verspreiding van aandeelhouersbelang,

prestasie-evaluering van

bestuur en eienaarskap vir personeel

asook die volhoubaarheid van KLK se besigheidsmodel,

besin moet word.

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

KLK dra by tot suksesvolle leerskool

Onseepkans Boerevereniging het onlangs

‘n opleidingsdag oor boerbokboerderymetodes

gehou wat 70

belangstellendes getrek het, waarvan die

meerderheid opkomende produsente

was. Verskeie sprekers het spesifieke

onderwerpe op ‘n praktiese vlak hanteer.

“Ons wil graag ‘n spesiale woord van

dank rig aan Willie Visagie (Bestuurder:

Handel), Wimpie Reichardt, van die

Pofadder-tak, Japie Kruger, Pieter de

Kock en Pieter de Klerk wat werklik uit

hul pad gegaan het om die dag vir ons

Japie Kruger, Boerbokprodusent, spreek

die opleidingsdaggangers toe oor goeie

kuddebestuur.

Pieter de Kock van Virbac, het die mense

toegespreek oor dieregesondheid. Hier is

hy saam met pryswenners wat die vrae ná

die tyd korrek beantwoord het.

‘n sukses te maak. Van die terugvoering

wat ons ná die tyd ontvang het, was

onder andere: Dit was baie prakties; Ek

het geleer van bokboerdery wat ek nie

voorheen geweet het nie; Wonderlik!;

Geskiedkundige dag; Baie lekker!; en

Groot sukses!

“In vandag se tye is dit onmoontlik om

as produsent of boerevereniging op jou

eie te staan.

“Samewerking is van uiterste belang

en ons voel bevoorreg om saam met ‘n

vennoot soos KLK vorentoe te kan beweeg,”

het Gerhard le Roux (Voorsitter:

Onseepkans Boerevereniging) gesê.

Pieter de Klerk (Bemarker:

Lewendehawe Pofadder)

gesels oor dierebemarking.

Junie - 2012

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

2012 se veilings vorder goed

Die eerste deel van KLK se stoetveeveilings is agter die rug. Dit

is sover ‘n moeilike jaar in die stoetveebedryf omdat die reën

laat en baie wisselvallig was. Dit, tesame met ‘n laer vleisprys,

veroorsaak ‘n stramheid in die stoetveebedryf se pryse.

Dit bly nogtans so dat goeie kwaliteit diere, goeie pryse behaal

en ons het goeie pryse vir uitstaande diere gekry. Die seisoen

is egter, met agt veilings wat nog moet gebeur, nie verby nie en

pryse kan soos die seisoen vorder nog baie verbeter. Hou die

kalender dop en besoek ons veilings, want daar gaan weer eens

uitstaande teelmateriaal te koop wees.

Kowie de Witt Dorpers produksieveiling

Op 23 Maart het KLK Landbou, Kowie de Witt Dorpers se produksieveiling

by die Upington Skougronde gehou. Die hoogste prys

van R14 000 is vir ‘n Dorperram deur Pieter Human en Abrie Maritz

van Upington betaal. Die hoogste prys van R3 000 is vir ‘n

Dorperooi deur Dawie van der Merwe van Upington betaal.

Gesamentlike veiling op Upington

Die gesamentlike veiling van Dirk Steenkamp, Freddie Stolper

en Martin Compion is op 16 Maart op die Upington Skougronde

gehou. Die hoogste prys van R7 000 is vir ‘n bokram van Freddie

Stolper deur André Thirion van Pretoria betaal. Die hoogste

prys van R7 200 is vir ‘n boerbokooi van Stolper deur Hannes de

Witt van Upington betaal. Die hoogste prys van R12 500 is vir ‘n

Dorperram van Dirk Steenkamp deur Pieter Kotze van Vanzylsrus

betaal. Die hoogste prys van R9 000 is vir ‘n wit Dorperram van

Martin Compion deur Desiré Compion van Pofadder betaal.

Klipkoppies Dorperstoet 49ste veiling

KLK Landbou het onlangs die 49ste jaarlikse veiling van Klipkoppies

Dorperstoet van Albert van Niekerk van Kenhardt gehou. Die

hoogste prys van R16 000 is vir ‘n Dorperram deur Gert Fourie

van Askham betaal. Die hoogste prys van R4 500 is vir ‘n Dorperooi

deur CJ Familie Trust van Carnarvon betaal.

Dawid Nel van KLK was die afslaer. Die omset op die veiling was

R872 800.

Dawid Nel (Afslaer van KLK), Pieter Human (koper van Upington),

Willem Steenkamp (hanteerder van KLK), Abrie Maritz (koper van

Upington) en Kowie de Witt (verkoper van Upington) saam met

die duurste Dorperram op die veiling.

Noordkaap Dorperklub veiling

Die Noordkaap Dorperklub veiling is op 5 April op Olifantshoek

gehou. Die hoogste prys van R10 500 is vir ‘n Dorperram

van Hendri van Wyk Jr se Nuwerust Dorpers deur Riaan

van Zyl van Vanzylsrus betaal. Die hoogste prys van

R3 500 is vir ‘n Dorperooi van Nuwerust Dorpers deur Nico

Steyn van Kathu betaal.

Gert Fourie (koper van Askham) en Albert van Niekerk (verkoper van

Klipkoppies Dorperstoet) saam met die duurste ram op die veiling.

Patrick Daries (hanteerder van KLK), Hendri van Wyk (verkoper van

Upington) en Riaan van Zyl (koper van Vanzylsrus) saam met die

duurste ram op die veiling.

KLK wil graag op hierdie wyse vir Albert van Niekerk en familie

hartlik gelukwens met ‘n suksesvolle 49ste produksieveiling.

Die veiling het oor die jare bekend geword en word

met trots deur KLK aangebied. Dit is ‘n veiling met diere

wat ‘n bewese prestasiegetoetste rekord het en deur ‘n wye

kliëntebasis ondersteun word. Die 50ste produksieveiling

vind op Woensdag 26 September plaas. Hou dus jou kalender

daarvoor oop.

KLK Gesprek

3

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

KLK se silo’s, wat op Calvinia geleë

is, is die enigste silo wat massahantering

binne ‘n radius van 300 km

kan doen. Dit is een van die drie

oudste silo’s in die omtrek wat nog

in gebruik is en het ‘n bergingskapasiteit

van 6 000 ton.

Geskiedenis

In 1941 is daar deur Landbou Koöperasie

Calvinia (LKC) koring aangekoop en in

gehuurde store teen die spoorlyn vir die

Koringraad gestoor. Dit is in hierdie tyd in

Kollig op Calvinia silo’s

sakke ontvang, opgestapel en per trein

na die noordelike meule versend.

Teen Augustus 1954 het die direksie ‘n

algemene jaarvergadering gehou en

besluit om R100 000 te leen om ‘n silo

op Calvinia te bou. Die direksie besoek

ook daardie jaar twee silo’s op Protem en

Klipdale, in die Overberg. Met die terugkeer

van die direksie, word ‘n tender aan

Concor Construction Corporation toegeken

vir die bou van ‘n silo op Calvinia.

Die silo is in Oktober 1957 voltooi. In

Desember 1957 is die eerste koring vanaf

J.L. Boltman ontvang. Koring word steeds

in sakke ontvang, maar word uitgeskud in

die silo’s en lede kry hul sakke terug.

Koring was hoofsaaklik langs die riviere

tussen Calvinia en Williston, Ceres Karoo,

Roggeveld en Nieuwoudtville aangeplant.

In 1958 het die druk te groot geword,

die silo’s te klein en store is op Sakrivier

en Swawel gebou. Sedertdien is koringverbouing

langs riviere ‘n hoë risiko as

gevolg van reën en is daar oorgegaan na

lusernverbouing.

In Junie 2006 het Calvinia silo’s 3 000 ton

mielies vir GWK vir versending na suidelike

dele gestoor. Mielies word ook vir

lede van die maatskappy gestoor.

Lusernsaad

Lusernsaad word langs die riviere geproduseer

en is aangeplant nadat treine

vanaf die noorde na Calvinia gestaak is

en padvervoer van koring te duur geword

het. Dus het produsente lusern vir weiding

aangeplant en lusernsaad geproduseer,

wat ‘n kleiner finansiële risiko inhou.

In beter reënjare word lusern vanaf Oktober

tot Februarie vir hooi gesny, wat dan

aan Bolandse boere vir melkerye verkoop

word. In droër tye is dit weer ideaal om

lusernsaad te produseer. Die kultivar,

SA Standaard, wat ‘n goeie sny- en weidingsvariëteit

is met ‘n groeipunt onder

die grond, word geproduseer.

Saad word by Calvinia silo’s skoongemaak

en na die Nasionale Lusern Organisasie

(NLO) vir sertifisering gestuur. Die

saad gaan hoofsaaklik na die Overberg

en Boland sowel as die GWK bedieningsgebied.

Artikel geskryf deur Japie Vollgraaff

(Silobestuurder: Calvinia)

Isuzu slaag,

ongeag die taak

4

Maak nie saak of dit die kragtige

petrolenjin of die brandstofdoeltref

fende dieselenjin is wat onder

die Isuzu KB se enjinkap brul nie,

dié werkesel sal enige taak maklik

kafdraf.

Die enkelkajuit KB is glad nie skaam vir

harde werk nie en is in drie weergawes

beskikbaar: die Base, Fleetside en die

LE. Dié taai bakkie word met die 2,0 liter

of die 2,4 liter petrolenjin, of die 2,5 liter

LEED, die 2,5 liter of die 3,0 liter D-TEQ

dieselenjin toegerus.

Die versterkte metaalplate aan die bakwerk

maak die bakkie net nóg taaier en

voeg by tot sy stewige voorkoms. Daar is

twee 4x4-modelle beskikbaar en vyf van

die nege modelle is met ewenaarslotte

toegerus.

As werk en ontspanning ewe belangrik in

jou lewe is, is die dubbelkajuit Isuzu KB

perfek vir jou. So taai soos ‘n ratel as dit

by werk kom, maar ook perfek toegerus

om jou familie in gemak by hul bestemming

te bring.

Die dubbelkajuit KB kom ook in drie

weergawes: die LE, die LX en die KB72.

Die dubbelkajuit KB is met die 2,4 liter

petrolenjin of die 2,5 liter of 3,0 liter weergawe

van die D-TEQ dieselenjin toegerus.

Al vyf 4x2- en 4x4-modelle is met

ewenaarslotte toegerus.

Die KB72 is die kroonjuweel van die Isuzu-bakkiereeks

en bied ekstra bybehore

teen ‘n fraksie van die prys. Dié spogbakkie

is met 16 duim allooiwiele met 245/70

bande toegerus en sy afwerkings is die

kleur van die bakkie self. Die Isuzu KB

met die verlengde kajuit bied die perfekte

balans tussen luuksheid en bruikbaarheid.

Die Isuzu KB met die verlengde kajuit

kom in LE en LX weergawes en die

hele reeks is met ewenaarslotte toegerus.

Daar is ekstra spasie agter die bestuurder-

en passasiersitplek waar gereedskap

in sluitbare laaikissies byderhand

gehou kan word.

Hierdie ekstra laaiplek en die keuse tussen

die 2,5 liter en die 3,0 liter D-TEQdieselenjins,

maak van die verlengde

kajuit Isuzu KB die perfekte bakkie om

dinge gedoen te kry – nes die res in die

reeks.

Vir meer inligting oor hierdie twee modelle,

skakel Gordonia Motors by (054) 337-6239

of besoek ons op die hoek van Scott- en

Kortstraat, Upington.

Junie - 2012

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Reg op verblyfsekerheid

op plase (finaal)

Cobus Booysen

Uitsetting van ’n okkupeerder

wat ná 4 Februarie 1997 ’n okkupeerder

geword het.

’n Hof kan ’n bevel vir uitsetting van

mense wat ná 4 Februarie 1997 ’n okkupeerder

geword het, gee as dit regverdig

en billik is om dit te doen.

Om dit te bepaal moet die hof kyk na:

hoe lank die okkupeerder op die

plaas gewoon het.

die billikheid van die ooreenkoms

waarop die grondeienaar steun om

die okkupeerder uit te sit. Byvoorbeeld,

as X en Y getroud is en albei

uitdruklike toestemming ontvang

het om op die plaas te woon, is

albei onafhanklike okkupeerders.

Indien die grondeienaar ’n uitsettingsbevel

vir X en Y vra op grond

van ’n ooreenkoms wat slegs met

X aangegaan is, kan die paartjie

aanvoer dat hul uitsetting onbillik is

omdat dit Y se onafhanklike status

as ’n okkupeerder minag.

Let wel: Plaaswerkers/okkupeerders

wat moontlik uitgesit gaan word, moet

by die betrokke plaaslike munisipaliteit

aansoek doen om behuising en bewys

van hul aansoek hou.

Veertig jaar getrou aan KLK

KLK wil graag vir

Essie de Witt en

Studen Mlonyeni

gelukwens met

‘n allemintige 40

jaar diens aan

KLK gelewer. Dit

is voorwaar ‘n

prestasie!

Essie de Witt

Dit is belangrik om bewyse te hou

van pogings wat die okkupeerder

aangewend het om ander geskikte behuising

te kry – hou byvoorbeeld boek

van die datums waarop hy/sy ander

verblyf gesoek het en die persoon by

wie sy/hy navraag hieroor gedoen het.

die beskikbaarheid van geskikte alternatiewe

akkommodasie vir die

okkupeerder

die rede vir die beoogde uitsetting.

As die rede vir die aansoek om die

uitsettingsbevel die afdanking van die

okkupeerder is, maar die manier waarop

die werkgewer sy/haar diens beëindig

het, was nie regverdig nie, kan die

hof beslis dat dit nie regverdig en billik

sal wees om ’n uitsettingsbevel toe te

staan nie.

Indien byvoorbeeld die grondeienaar

die dissiplinêre verhoor hou waarin die

werknemer daarvan aangekla word dat

hy/sy onder die invloed van drank aan

diens was en die dissiplinêre verhoor

gehou is terwyl die werknemer steeds

onder die invloed van drank was, dan

kan daar aangevoer word dat die okkupeerder

nie in staat was om die

aard van die ondersoek behoorlik te

verstaan nie, en onder hierdie omstandighede

sal dit dus nie regverdig wees

om vir sy/haar uitsetting te vra nie.

die opweeg van die belange van

die okkupeerder, die grondeienaar

en die ander okkupeerders indien

die hof ’n bevel vir uitsetting sou

gee.

Die artikel is geskryf deur Cobus Booysen

(Bestuurder: Menslike Hulpbronne).

Met dank en erkenning aan die Lawyers

for Human Rights “Security for Farm

Workers Project”

Studen Mlonyeni

Vleispryse nie onverwags nie

Wat sover hierdie jaar met skaapvleis gebeur

het, is nie juis ‘n verrassing nie. Dit was voorspel.

Die prys van speenkalwers wat onder baie groot

druk is, is ook nie totaal onverwags nie. Die prys

was deur verlede jaar en vroeg in Januarie van

hierdie jaar, baie duur. Die voerprys het heelwat

gestyg en daarom sou ‘n matige daling in die

kalfprys logies wees.

Wat baie min van ons egter verwag het en nog

minder sien kom het, was die sterk daling in

beesslagpryse. Dit het die kalfprys verder afgedruk

en die kalfmark tot op die rand van ‘n

krisis geneem. Soek ons na die oorsaak van

die daling in slagpryse, is die enigste antwoord

wat ons op hierdie stadium kry, dat die vraag na

beesvleis gedaal het. Dit beteken dat die verbruiker

minder geld beskikbaar het as wat ons

dink. Geldskaarste by verbruikers is gewoonlik

waar in Januarie en Februarie van elke jaar en is

gewoonlik teen die einde van Maart verby. Dit is

egter vanjaar nie die geval nie en die daling van

beespryse is steeds aan die gang met die skryf

van hierdie rubriek aan die begin van Mei.

Die prys van A-graad voerkraalbees het reeds

21% gedaal sedert die hoogtepunt in die laaste

week van Desember 2011. Lamsvleis se piek

was reeds aan die einde van September en het

sedertdien met 26,8% gedaal en weer met 5%

verbeter. Die netto effek op lamsvleis aan die

begin van Mei was 22%. Daar is dus ‘n direkte

verband tussen die prysbeweging van lamsvleis

teenoor beesvleis.

Die groot vraag bly egter wat vorentoe met

skaap- en beesvleis gaan gebeur. As ons in aanmerking

neem dat voerpryse waarskynlik deur

die daalfase is met ‘n mielieprys wat gaan styg

omdat die oes swakker as verwag is, tesame

met ‘n beesslagprys wat moontlik laag kan bly

tot Oktober/November, sien ons nie ‘n groot

styging in speenkalfpryse voor ook omtrent

daardie tyd nie. Hou egter die mark vir skraal

koeie dop, want dit kan ‘n goeie medium wees

om mie lielande wat nie geoes word nie te benut.

Anders as beespryse kan skaapvleis reeds van

Junie tot Augustus beter pryse behaal omdat

die aanbod waarskynlik in daardie tyd weer laag

gaan wees.

Ons moet onthou dat proteïene internasionaal in

aanvraag is en ook internasionaal skaars is. Dit

beteken dat die dalings wat ons nou sien korttermynregstellings

is en dat rooivleisproduksie

internasionaal vir die afsienbare toekoms uitstekende

vooruitsigte het.

Deon Heyns

Bestuurder: KLK Vleis

Marksake...

KLK Gesprek

5

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Jesus die gekruisigde

Pitkos vir

die siel...

“Ek het my voorgeneem om met julle oor

niks anders te praat nie as oor Jesus as die

Christus en wel oor Hom as die gekruisigde”

(1 Kor 2:2).

Hoekom klink dit asof Paulus hier trots is

op die gekruisigde Jesus? ‘n Kruisdood is

immers niks om op trots te wees nie, allermins!

Jy noem dit nie in die beste geselskap

dat jy so iemand ken nie…Net die

ergste uitvaagsels van die samelewing, die

ongewenstes, is so tereggestel. Dit was ‘n

skande.

Dit was die bedoeling van die destydse

Romeinse owerheid om orde te handhaaf

en die Joodse leiers maak Jesus uit as ‘n

moeilikheidmaker, ‘n aanstigter van onrus.

Wel, dít was waar: Jesus hét die bestaande

orde omvergewerp. Verbeel jou: stap die

ekstra myl saam…liefde vir jou vyand…

leierskap in ‘n dienskneggestalte…Seun

van God.

Die Romeine het openbare moeilikheidmakers

by wyse van ‘n afskrikmiddel ‘n

wrede dood laat sterf. Aan ‘n kruispaal

vasgemaak, vasgekap, opgehys totdat die

gekruisigde van versmoring of uitputting

sterf. Buite op ‘n heuweltjie, sodat almal kan

sien, en wéét…

Niemand kon verwag dat God daarmee

die grootste wonder ooit sou verrig nie. Dat

daarmee ‘n reddingsdaad van God sou

plaasvind wat die hele wêreld sou transformeer,

wat alle mense sou versoen met God.

Dat ‘n totaal nuwe manier van lewe daarop

sou volg.

Die kruisdood van Jesus was God se beslissende

ingrepe in die wêreld, in my en jou

lewe. Vir die godsdienstiges ‘n skandaal en

‘n aanstoot en vir die wêreldwyse denkers

van ons tyd, totale dwaasheid.

Moet ons gerat wees vir

droogtes wat kom?

Ons moet altyd gerat wees, want

droogte in veral die Noord-Kaap is

net so seker soos die son wat elke

oggend opkom en in die middag

weer ondergaan. Die groot vraag

is altyd om te weet wanneer dit

kom sodat ons beter voorbereid

kan wees.

Dit is ook in ‘n mate ‘n mite om altyd

voorbereid te kan wees vir droogte,

want daar is rampdroogtes waar die

beste bestuur ook nie sal help nie.

Goeie be stuur kan egter help dat redelike

“normale” of effens ondernormale

reënvaljare nie al “droogtes” word nie.

Goeie bestuur kan dus die frekwensie

en intensiteit van droogte verminder en

langtermynskade aan weidings verhoed.

Dit is net in goeie jare waar iets pro-aktief

aan droogte gedoen kan word. As die

droogte eers daar is, kan eintlik net gebid

en krisisbestuur toegepas word. Dan

word ‘n droogte dikwels te duur om te

hanteer.

Waar staan ons in die huidige siklus

van droë en natter jare? Die berekende

langtermyn gemiddelde reënval vir ‘n

seisoen (1 Julie tot 30 Junie) vir die

Noord-Kaap is ongeveer 233 mm. Die

gemiddelde reënval van die afgelope

tien seisoene is 236 mm per seisoen,

maar vir die afgelope ses seisoene is

die gemiddeld 281 mm per seisoen of

ongeveer 21% bogemiddeld. Net een

van die afgelope ses seisoene was ondergemiddeld

(2006/2007 = 153 mm)

vir die Noord-Kaap provinsie as geheel.

In 2010/2011 was die reënval vir die

provinsie 349 mm, wat ongeveer 50%

bo die langtermyn gemiddelde reënval

is en ook die vierde natste seisoen is

sedert 1959/1960 met slegs 1973/1974

(506 mm), 1975/1976 (477 mm) en

1996/1997 (393 mm) wat meer reën

gekry het.

Dus was die laaste klompie jare natter

as normaal vir die provinsie. Dit het

veroorsaak dat veegetalle toegeneem het

en dit produsente dus meer kwesbaar

maak vir droogte. Die 2011/2012-seisoen

is gekenmerk deur die stuiptrekkings

van ‘n La Niña-verskynsel wat kol-kol

nog baie goeie neerslae veroorsaak het

oor die westelike en suidoostelike dele

van die land, maar daar is baie sterk

aanduidings van meer El Niño-tipe toestande

wat kan voorkom in die volgende

somerseisoen(e). Dit kan tot gevolg hê

dat die reënval weer meer ooswaarts

skuif en dat droër toestande weswaarts

kan intree in die volgende seisoene.

Wees dus voorbereid en stel droogtetoestande

uit of versag die effek van droogte

deur goeie bestuur. Goeie bestuur word

gekenmerk deur tydige besluite voordat

ramptoestande voorkom. Met reën wat

in die laaste paar maande oor groot

gedeeltes van die Noord-Kaap voorgekom

het, is weidings toestande tans

redelik goed in terme van die langtermynverwagting

en selfs baie goed in

vergelyking met die meer oostelike

Hoëveldgrasweidings. Hierdie relatief

goeie toestande moet nou be skerm

word om moontlike swakker toestande

vorentoe in 2012/2013 en selfs opvolgende

seisoene die hoof te bied of beter

te kan bestuur.

Artikel geskryf deur Johan van den Berg

(Bestuurder: Gespesialiseerde oesversekering,

Santam Landbou).

Maar vir elkeen wat glo, wat sy hardkoppige

nek voor God buig en by dié Jesus kom

skuil, is dit die krag van God en die wysheid

van God (1 Kor 1: 23 - 24). Die gekruisigde

Jesus is ons Heer en Redder.

Daarom wil Paulus oor niks anders praat nie.

Deon van Niekerk

6

Junie - 2012

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Gee jou diere die gesondheid wat hulle verdien

Cipla Agrimed is in 2005 deur dr Jan

Wentzel en vyf verteenwoordigers

begin.

Van dag bestaan die maatskappy uit ‘n

verkoopspan met 22 verteenwoordigers

regoor Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Die verkoopspan word deur vier areabestuurders,

‘n nasionale verkoopsbestuurder

en twee veeartse ondersteun wat

bystand aan die veldpersoneel tydens

boeredae en opleidingsessies verleen.

Die maatskappy se doelwit is om topkwaliteit

produkte aan die Suid-Afrikaanse

veeprodusent teen bekostigbare pryse te

verskaf.

Cipla Agrimed is ‘n 100% Suid-Afrikaanse

maatskappy wat toegewyd is aan die produsente

van Suid-Afrika en wat produkte

vervaardig spesifiek vir Suid-Afrikaanse

toestande.

Die maatskappy is deel van die farmaseutiese

reus, Cipla Medpro SA, met sy

bekende leuse: “We’ll make it better”.

Johan Opperman is die Cipla

Verteenwoordiger in die Noord-Kaap.

Skakel hom gerus by 082 564 6302.

Kies vir jou ‘n Cipla produk!

‘n Gelukkige leser kan ‘n Cipla Agrimed

produk van sy keuse ter waarde van R500

wen. Om in aanmerking vir dié prys te

kom, beantwoord net die maklike vraag:

Wanneer is die Onseepkans Boerevereniging

gestig?

Inskrywings

Stuur jou inskrywingsvorm agter op ‘n toegeplakte

koevert aan: Ilse van Zyl, KLK Landbou

Limited, Posbus 86, Upington, 8800 of

stuur ‘n faks na 086 5500 224 of e-pos na

ilse@klk.co.za. Inskrywings moet haar voor

of op Vrydag, 13 Julie 2012, bereik.

Baie geluk aan Anni Conradie van

Steynsputs, Kenhardt wat in die April-uitgawe

twee sakke hondekos gewen het.

Reëls

Alle KLK Gesprek lesers mag aan die kompetisie deelneem

• Slegs een inskrywing per persoon • Die wenner sal telefonies

in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die

volgende uitgawe van KLK Gesprek verskyn • Die prys sal

na die naaste KLK handelstak gestuur word en kan daar

afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie

• Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing

op Klerksdorp behartig.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: .......................................................

Tel: ............................................................

Antwoord: ................................................

KLK Gesprek is ’n nuusblad wat vier keer per

jaar namens KLK deur Infoworks saamgestel

en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU LTD

Ilse van Zyl *

(054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

of adreswysigings, kontak vir Ilse van Zyl.

REDAKSIE

Elmarie Schoeman

(018) 468-2716

elmarie@infoworks.biz

Johan Smit

(018) 468-2716

johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

(018) 468-2716

www.infoworks.biz

KLK Gesprek

7

TEGNIES

Turksvy, jou doring!

Turksvye is van die oudste en bekendste voergewasse in die

land. Die eerste doringturksvye is deur die vroeë Setlaars in die

1650’s in die land gebring. Gedurende 1914 is die doringlose

turksvye (Burbank-tipes) uit Suid-Amerika ingevoer. Sedertdien

het verskeie navorsers met die gewas gewerk.

Die werk wat op Grootfontein gedoen is, is seker van die bekendste.

Gedurende dié periode is daar 21 tipes geëvalueer. Hierdie

versameling is uniek in die wêreld en Suid-Afrika is die enigste land

waar hierdie tipes nog beskikbaar is. Tans word daar 42 kultivars

geëvalueer ten opsigte van aanpasbaarheid en produksievermoë.

Turksvye is een van die mees veelsydige gewasse. Behalwe dat

die gewas vir vrugte en voer gebruik kan word, is daar ook baie

ander gebruike. In die Suid-Amerikaanse lande en Meksiko word

die kladodes (blaaie) gebruik as voedsel vir die mens (napolitos).

Turksvye word in farmaseutiese- en kosmetiese produkte gebruik,

pitolie word gepers en karmynsuur (‘n rooi kleurstof) asook sappe,

sepe ensovoorts word gebruik.

Vanaf 2001 is daar ook in die Vrystaat navorsing gedoen oor die

gebruik van turksvye as voerbron onder semi-intensiewe toestande.

Gedurende hierdie periode het verskeie navorsers aan die

Universiteit van die Vrystaat ook begin met navorsingsprojekte.

Daar is onder andere gekyk na die waterverbruik van die plant, die

vrugkwaliteit, die gebruik as veevoer en die gewas se potensiaal

as biobrandstof.

Die uniekheid van die gewas word weerspieël in die wye aanpassing

ten opsigte van klimaat en grondeienskappe. Turksvye aard

van uiters koue tot warm, droë toestande. Verder beskik dit oor

‘n unieke wortelstelsel wat in staat is om klein hoeveelhede water

vinnig en effektief op te neem. Turksvye is 2,8 maal meer effektief

in sy waterbenutting as koring; 3,75 maal meer effektief as lusern;

en 7,5 maal meer effektief as veld. Dit maak die gewas ‘n geskikte

droogtevoergewas.

‘n Verdere eienskap van die plant is die teenwoordigheid van

slymgom (“mucilage”), ‘n wateroplosbare pektienagtige polisakkaried.

Die alombekende vermoë van kaktusse om water te behou

gedurende ongunstige klimaatstoestande soos droogtes, is aan

die waterbindingsvermoë van slymgom te danke.

Die waterbindingsvermoë is onontbeerlik in die ekologiese sukses

van kaktusse, maar aan die ander kant bemoeilik dit onder andere

die drogingsproses van kladodes, chemiese ontledings en die

ontwikkeling van produkte.

Wanneer vars kladodes aan skape gevoer word, kla boere dikwels

oor die “erge maagwerkings”. Navorsing het egter getoon dat die

slymgom in die kladodes, water in die spysverteringskanaal bind

wat verantwoordelik is vir die nat voorkoms van die mis. Daar is

egter geen patologiese werking nie en dit is dus nie maagwerkings

nie; dit het ook geen nadelige effek op produksie gehad nie. Dit

geld waarskynlik ook vir beeste, maar is minder opvallend.

Resultate uit verskeie bronne toon dat produksies van sowat 25 ton

tot 30 ton vrugte/ha en 10 ton kladodes (gedroog) geproduseer

word. Opbrengste van tot so hoog as 40 ton droë kladodes/ha is al

gemeet wanneer die plante uitsluitlik as veevoer onder intensiewe

toestande aangeplant word.

Tradisioneel word vars kladodes net so heel deur vee benut. Soms

word die kladodes gekerf of gesnipper en gedeeltelik gedroog

voor diere dit benut. Die praktyk dat vee toegelaat word om die

kladodes direk vanaf die plante te benut, word nie aanbeveel nie,

aangesien die beskadiging aan die bome te veel is en dit hergroei

belemmer.

Ongeag die vorm waarin dit benut word, belemmer die hoë waterinhoud

die hantering en verwerking van vars turksvyblaaie. Praktiese

metodes om kladodes vinnig te kerf en te droog sal die verdere

verwerking vergemaklik en die aanvaarbaarheid as veevoer verhoog.

In die droë vorm, kan tekorte in die chemiese samestelling

tydens die formulering van gebalanseerde diëte reggestel word.

Ondanks die wye gebruik van kladodes as droogtevoer in Suid-

Afrika, is betreklik min bekend oor die gebruik in produksiediëte

vir vee. In 2005 het Desirée Zeeman toenemende peile (0%, 12%,

24% en 36%) songedroogde en grofgemaalde turksvy-kladodes

gebruik om lusernhooi gedeeltelik in diëte vir jong Dorperhamels

te vervang.

By die hoogste insluiting van songedroogde Turksvye (36%) was

daar geen nadelige invloed op diereprestasie nie. Trouens, hoër

peile van gedroogde kladodes in diëte het verteerbaarheid verbeter.

In 2008 het Ockert Einkamerer dieselfde proef diëte oor ‘n

periode van 63 dae aan jong Dorperhamels gevoer. Weer eens is

diereprestasie en karkaskwaliteit nie deur die insluiting van Opuntia

benadeel nie.

Die volgende stap is om produksiediëte met gedroogde kladodes

te formuleer vir evaluering met diere in verskillende produksiefunksies,

byvoorbeeld laktasie of afronding.

Artikel geskryf deur dr Herman Fouché van die

Landbounavorsingsraad (LNR).

8

Junie - 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!