21.10.2015 Views

KLK-Mei-2011

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vol 2/2011 • Amptelike nuusblad van KLK Landbou Beperk • Mei 2011

Só ploeg ons terug in die gemeenskap

KLK is in November verlede jaar deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming genader om te help

om opkomende projekte in die Noord-Kaap te herkapitaliseer.

Die doel van die projek is om produsente wat die grond huur in staat

te stel om kommersieel te boer. KLK is in die proses om ‘n vyfjaarbesigheidsplan

vir elkeen van die vyf plase – geleë in Brandvlei,

Kenhardt, Vanzylsrus, Pofadder en Kuruman – op te stel,” het Deon

Heyns (Bestuurder: KLK Vleis) gesê. Meeste van dié produsente

doen hul bemarking deur KLK.

Vier van die vyf plase (Brandvlei, Vanzylsrus, Kenhardt en Kuruman)

se besigheidsplanne is reeds deur die Departement goedgekeur,

en is reeds in die proses om geïmplementeer te word. Pofadder se

projek moet nog goedgekeur word.

Volgens Heyns sal 25% van elkeen van die plase se oorspronklike

aankoopwaarde gebruik word om die infrastruktuur te hervestig.

KLK Vleis en KLK Handel doen onder meer ‘n behoeftebepaling

van die begunstigdes, hul grond, infrastruktuur, diere asook die

produksiemiddele. “Die evaluering word gedoen om te bepaal wat

die behoeftes op die onderskeie plase is en wat nodig is vir elke

eenheid om kommersieel te produseer,” het hy gesê.

LAPA is ‘n uitgewer van hoofsaaklik Afrikaanse boeke. Dié projek

maak deel uit van ‘n bemagtigingsprojek om voorheen benadeelde

gemeenskappe se inwoners (skole, plaasvrouens en kinders) te bemagtig,

deur hul lees en skryfvermoëns te ontwikkel.

KLK het ‘n finansiële bydrae gemaak deur ‘n Corsa bakkie vir die projek

aan te koop en sal ook maandeliks brandstof voorsien. “KLK lewer

‘n groot bydrae tot die motive ring en uitbreiding van die projek,” het

Pieter du Plessis (Voorsitter: ORPA) gesê. “Ons kry baie goeie

te rugvoer van die gemeenskap wat toegang het tot boeke asook

van die lees- en skryfklubs wat begin is. Leeslesse word ook by

skole aangebied om kinders te stimuleer en hulle te help om stories

te skryf,” het Du Plessis gesê.

Opkomende projek: Kalahari Duinplaas

Nadat die opleidingsbehoeftes van die begunstigdes bepaal is, sal

‘n opleidingsprogramvoorstel aan die Departement van Landelike

Ontwikkeling oorhandig word. KLK sal ook optree as mentor om

die produsente maandeliks te besoek waar KLK die produsente sal

inlig oor onder meer siektes, voeding, doseringprogramme, veehantering,

plaasfinansies en veeproduksie.

“Hierdie projek is deel van KLK se sosiale aanspreeklikheid. KLK

kry goeie samewerking van die Departement van Landelike Ontwikkeling

en Grondhervorming,” het Heyns gesê.

Investering in ‘n geletterdheidsprojek

KLK is in samewerking met ORPA (Oranjerivier Produsente Alliansie),

‘n bedryfsorganisasie vir die Benede Oranje bedieningsgebied

wat produsente verteenwoordig op die Suid-Afrikaan se Tafeldruiwe-industrie

(SAT), betrokke by ‘n geletterdheidsprojek waar

onderwysers deur LAPA uitgewers in diens geneem is.

KLK het op 6 Mei vanjaar Kenhardt se Veldramklubveiling op

Upington aangebied. Die ramme wat by dié veiling verkoop word, ondergaan

prestasietoetsing. Albertus Clarke (heel links) en dominee

Dawid Willemse (regs) van die Kalahari Duinplaas opkomende projek

het twaalf dorperramme by dié veiling aangekoop. Hulle het hul eie

besigheid genaamd Eden Island Trading BK gestig.

AFRIKANERKOEIE

ROOIDAM-STOET

– bl 5

– bl 8

AAN DIE

WOORD

STEPHEN VAN HUYSSTEEN

- BESTURENDE DIREKTEUR VAN KLK

Uit die raadsaal

Die direksie het gedurende die laaste direksievergadering

besluit om op ‘n deurlopende basis

– na afloop van elke direksie vergadering

– aandeelhouers, produsente en kliënte oor

algemene beleidsake in te lig. Die doel is

om alle belanghebbendes op hoogte te hou

van besluite, aksies en projekte en sal op die

KLK webtuiste (www.klk.co.za) onder “Uit die

Raadsaal” asook in die KLK Gesprek nuusblad,

gepubliseer word. Die volgende sake

is gedurende die direksievergadering van

16 Maart 2011 bespreek:

KLK in samewerking met Calvinia-produsente

het in beginsel besluit om Ramskop abattoir

op te gradeer. Dié kapitaalprojek van R4,5

miljoen sal deur Wes-Karoo Vleisprodusente,

KLK en die Departement van Landbou, Bosbou

en Visserye finansier word.

MAATSKAPPYNUUS

Postmasburg-winkel is “geolie”

Die personeel by die KLK handelswinkel op Postmasburg is gerat vir die toekoms,

nadat hulle winkel onlangs ‘n totale verandering ondergaan het.

Van die veranderinge sluit in: ‘n oorgeteelde

en uitgeverfde winkel asook ‘n splinternuwe

personeelkorps. Die terrein is ook aan die

buitekant netjies gemaak.

“Die klante kan nie uitgepraat raak oor hoe

hul winkel, waar hul besigheid doen, nou

lyk nie. Dit was harde werk wat baie hoë

eise aan personeel en klante gestel het,”

het Casper Erasmus (Bestuurder: Postmasburg

KLK handelswinkel) gesê.

Casper sê klante kan hom en sy span in

die toekoms dophou. “Ek is baie positief

oor ons winkel, omdat ons ‘n uitstekende

werkspan is. Ons is in die proses om van

ons personeel wat uit voorheenbenadeelde

groepe kom in al die aspekte van die bedryf

verder op te lei,” het Erasmus gesê.

Ander dienste op die perseel by

Postmasburg

- Build it.

- ‘n Rybaan met baie goeie pryse op

diesel.

KLK sal ’n meerderheidsaandeelhouer bly,

maar die produsente en opkomende produsente

sal eienaarskap in Ramskop abattoir bekom

vir hul bydrae tot die opgraderingskapitaal.

KLK is in die proses om die gebou op Rietfontein,

waaruit die KLK handelstak bedryf word,

by die Mier munisipaliteit te koop. Hamil tons

abattoir, wat tans nie benut word nie, word

sedert 1 Maart 2011 verhuur. Die huurder

verpak en verwerk alle afval van Upington

abattoir.

Die Trokkie-rybaan op Calvinia se brandstofpompe

sal opgegradeer word en verdere opgraderingsprojekte

word vir die KLK-rybane

beplan. KLK ondersoek die moontlikheid om

ATM-punte by van KLK se afgeleë takke aan

te bring. KLK verwag dat die IT-stelsel teen 30

April vlot sal funksioneer. ‘n Uitdagende begrotingsplan

vir 2011/2012 is gedurende die

direksievergadering goedgekeur.

BKB Beperk het op 17 Februarie 2011 die

20% aandelebelang wat Thembeka in KLK

besit het, gekoop. BKB Beperk is nou die

grootste aandeelhouer in KLK. Soos u reeds

weet, bepaal die ooreenkoms dat KLK en BKB

samewerkingsgeleenthede ondersoek wat tot

voordeel van beide maatskappye, aandeelhouers,

produsente en kliënte sal wees.

Wolf Edmayr (Besturende Direkteur: BKB)

is op 16 Maart 2011 as direkteur van KLK,

gekoöpteer. Arnold Human (Hoofbestuurder:

Administrasie en Finansies, KLK) is ook

op 16 Maart 2011 tot die direksie van KLK

gekoöpteer. Hierdie aanstelling is goeie korporatiewe

bestuur en in lyn met ander landboubesighede

waar beide die Bestuurshoof

en die Finansiële Hoof, in ‘n uitvoerende

hoedanigheid, op die direksie dien.

Indien u enige verdere inligting benodig insake

bogenoemde, kan u gerus met Kobus Marais

(Voorsitter: KLK) of Stephen van Huyssteen

(Besturende Direkteur: KLK) in verbinding tree.

Van Postmasburg se personeel van links: Mariëtte Fourie (Admin), Jaco Moller (Voorraad),

Casper Erasmus (Bestuurder), Hestia Maritz (Verkopeklerk) en Maria Witbooi (Verkopeklerk).

Nuus uit die personeelkamp

Twee bemarkersposte is einde verlede jaar

by KLK Handel geskep. Gert Claassens is

die bemarker van die Kuruman-distrik – hy

bedien hoofsaaklik die mynbedryf. Eugene

Immelman is die bemarker vir die besproeii

ngsprodusente (Upington, Kakamas, Keimoes

en Groblershoop). Skakel Gert by

082 738 1237 of Eugene by 074 316 0539

vir meer inligting.

Hennie Marais is aangestel as Handelaarshoof

van Gordonia Motors.

Gert Claassens Eugene Immelman Hennie Marais

2 - Mei 2011 www.klk.co.za

MAATSKAPPYNUUS

Produksieversekering

om van te kies en keur

KLK se alliansie met Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) wat in 2009 aangegaan is, bereik nou ‘n volwasse stadium. Die

bestuur van AIC-oesversekering beskik oor gesamentlik meer as 100 jaar se bestuurservaring in oesversekering.

Met bekende name in die oesversekeringsbedryf wat uit die dae

van Sentra Oes kom, kan AIC met die meeste kundigheid in die

Suid-Afrikaanse oesversekeringsbedryf spog. Met soveel ervaring

en kennis, kan AIC die beste oplossings vir jou produksieversekering

bied.

KLK en Absa Versekeringsmaatskappy bied die volgende ten opsigte

van agri-produksieversekering aan:

• Mededingende produkte, naamlik: uitgebreide haeldekking wat

beskerming bied teen hael, brand, transito-ryp en chemiese

spuitskade.

• Multi-risikodekking wat beskerming bied teen ryp, oormaat reën,

droogte (uitgesluit besproeiingslande), wind, sneeu, wilde diere

en buitengewone hitte (hittegolwe).

• Uitgebreide dekking vir lewende hawe.

• Branddekking op weiding.

• Ondersteuningsdienste.

• Aktuariële dienste.

• Spesialis-oesversekeringskennis.

• Gevorderde metode vir die bepaling van die langtermyn gemiddelde

opbrengs van die produsent.

• Bybetalingsopsies en onderskrywing op grond van die risikoprofiel

en behoefte van die individu om sodoende in sy spesifieke

behoeftes te kan voorsien.

• Unieke tariefstrukture en -bepalingsmetodiek om die individu te

pas. Jou unieke omstandighede bepaal jou premie.

• Wetenskaplike taksasieprosedures saamgestel uit jarelange

navorsing en ‘n wydverspreide, opgeleide taksateurskorps.

Produkte verseker

Koring, mielies, sonneblom, graansorghum, sojabone, droëbone,

katoen, kanola, aartappels, gars, uie, grondbone, druiwe, sitrus,

appels, pere en vele meer.

Vir gratis kwotasies en advies skakel KLK Versekering op Upington,

Kuruman en Calvinia by (054) 337-6289/36.

KLK wil klante en hulself beskerm

Een van die uitdagings van ‘n besigheid in die moderne era is om

te voldoen aan al die statutêre, oudit- en regulatoriese vereistes.

Onder hierdie vereistes is die voldoening aan SARS se inkomste- en

BTW-regulasies, die wet op basiese diensvoorwaardes en arbeidsverhoudinge,

die nuwe maat skappy (2008)-wet en King III-riglyne,

die nuwe verbruikerswet en dan natuurlik die nuwe nasionale kredietwet,

wat in 2007 in werking getree het.

Ons vra dus alle KLK klante om asseblief geduldig te wees en ons

te help in hierdie deurlopende proses van voldoening.

Byvoorbaat dankie vir elkeen se tyd en moeite.

ARTIKEL GESKRYF DEUR ARNOLD HUMAN (FINANSIËLE DIREKTEUR: KLK).

KLK wil en moet ook aan hierdie (sommige omslagtige) vereistes

voldoen, om die maatskappy te beskerm teen vervolging en om die

klant te beskerm teen wanpraktyke.

Die nasionale kredietwet het die omgewing waarin ons besigheid

doen vir altyd ver ander. Die regering en SARS se doel is om finansiële

misdaad en geldwassery te bekamp, vereis dat KLK elke klant

moet FICA (Financial Intelligence Centre Act) en KLK gevolglik ook

aan sekere vereistes moet voldoen om te kwalifiseer as ‘n wettige

kredietgewer.

Daar is dus ‘n aksie binne KLK om vir elke klant ‘n goedgekeurde

krediet limiet op lêer te kry en sodanige limiet duidelik aan die klant

te kommunikeer. Afhangende van elke klant se situasie sal klante

gekontak word deur die verskeie KLK entiteite om of weer ‘n verkorte

kredietaansoek of die FICA vorms in te vul; óf klante sal moontlik

net ‘n skrywe ontvang waar ‘n nuwe limiet aanvaar moet word.

www.klk.co.za

Mei 2011 - 3

Bly op hoogte

Die KLK direksie het onlangs besluit om algemene

beleidsake na afloop van elke direksievergadering op

KLK se webtuiste te kommunikeer. Besoek ons gerus

by www.klk.co.za, klik op - “Uit die Raadsaal” en dan

op “Algemene kommunikasie”.

Hierdie KLK Gesprek nuusblad en al die vorige uitgawes

is ook elektronies op KLK se webtuiste beskikbaar.

MAATSKAPPYNUUS/AKTUEEL

Verblyfregte op plase – deel 1

Baie okkupeerders van huise op plase verkeer onder die wanindruk dat die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg,

Wet 62 van 1997 (ESTA), eiendomsreg aan die persoon gee wat die huis op die plaas bewoon.

’n Plaaswerker ontvang nie eienaarskap van ’n huis wat aan hom op

die plaas toegeken is nie. In die verlede, voor November 1997, was

daar geen wetgewing wat plaaswerkers se regte op plase gereguleer

het nie. Die gevolg hiervan was dat plaaswerkers onregverdig

uitgesit is sonder dat daar enige hofproses gevolg is deur die

grond eienaar.

Derhalwe is ESTA in November 1997 gepromulgeer om die volgende

te reguleer:

Byvoorbeeld: X en Y is getroud en het vier kinders. As X alleen na

die grondeienaar toe gaan en verblyf en werk soek en die eienaar

stem in, dan sal slegs X deur ESTA beskerm word. In dié voorbeeld

sal Y en die kinders dan op die plaas bly ingevolge die reg wat X

het om sy gesin by hom te laat woon. Dus het Y en die kinders nie

’n reg van hul eie om op die plaas te woon nie.

MET DANK EN ERKENNING AAN DIE LAWYERS FOR HUMAN RIGHTS “SECURITY

FOR FARM WORKERS PROJECT”.

• Die voorwaardes vir verblyf op sekere grond soos plase.

• Die voorwaardes en omstandighede waaronder mense se reg op

verblyf op grond beëindig kan word.

• Die regsproses wat deur die grondeienaar gevolg moet word

voordat ’n plaaswerker uitgesit kan word.

Let wel: ESTA bepaal duidelik dat geen plaaswerker sonder ’n

hofbevel uitgesit mag word vanaf ’n plaas nie.

Wie word deur ESTA beskerm?

’n Persoon wat toestemming van die grondeienaar of die persoon

in beheer ontvang het om op die plaas te bly, word deur die wet

beskerm. Die toestemming kan mondelings gegee word (byvoorbeeld

waar die eienaar vir die plaaswerker sê dat hy/sy in ’n sekere

huis op die plaas mag bly) of dit kan skriftelik wees (byvoorbeeld

in die vorm van ’n huurkontrak of as deel van die indiensnemingskontrak).

Ingevolge ESTA word mense wat meer as R5 000,00 per

maand verdien, nie deur die wet beskerm nie. Nadat toestemming

ontvang is om op die plaas te woon, kan die plaaswerker beskryf

word as ’n okkupeerder – soos na so ’n persoon verwys word in

ESTA.

Let wel: Slegs die persoon wat toestemming ontvang het om in

die huis op die plaas te bly, word deur ESTA beskerm.

Nissan ondersteun die landbousektor

Nissan Suid-Afrika en sy handelaarsnetwerk

het ‘n baie noue band met die

landbousektor en boerderygemeenskap.

Twaalf jaar gelede het Nissan Suid-Afrika

en Agri SA ‘n wedersydse, voordelige

ooreenkoms aangegaan met die doel om

landelike veiligheid in die landbougemeenskap

te bevorder deur finansiële bydraes

tot die Agri Securitas Trustfonds te maak.

Die fonds het sedert sy ontstaan in 1999

finansieel bygedra tot meer as 90 landelike

beveiligingsprojekte. Hierdie projekte dra

by tot:

• ‘n Veiliger omgewing vir die boeregemeenskap,

waar hulle in veiligheid kan

voortgaan om voedsel en vesel vir Suid-

Afrika se groeiende bevolking te produseer.

• ‘n Beradingsdiens vir boerderygemeenskappe.

• Noodkommunikasiestelsels vir boerderygemeenskappe.

Vir elke nuwe Nissan voertuig wat deur

die landbousektor of produsente gekoop

word, dra Nissan SA R1 000 by tot die Agri

Securitas Trustfonds. Nissan glo dat hierdie

klein, maar tog waardevolle bydrae tot die

landbousektor ons volgehoue sukses in dié

sektor sal verseker.

Besoek Oranje Nissan op Upington om van

ons voertuie te besigtig. Vir meer inligting

skakel Bertie Lubbe (Handelaarshoof:

Oranje Nissan) by (054) 338-8000.

4 - Mei 2011 www.klk.co.za

LEWENDEHAWE

Blink toekoms wink vir

swakaraprodusente

Die verhoogde aanvraag vir Namibië en Suid-Afrika se eksklusiewe, unieke en

veelsydige swakarapelse het gelei na uitstekende pryse wat behaal is by die

Kopenhagen Fur veiling op 9 April vanjaar.

Al 61 156 swakarapelse aangebied deur

Agra is verkoop. ‘n Gemiddelde prys van

393,69 Deense Krone (DKK) is behaal, wat

‘n toename van 41,49% toon teenoor die

278,25 DKK op die September 2010 veiling.

Die gemiddelde prys van N$506,32 toon ‘n

toename in die prys van 48,47% in vergelyking

met die N$341,02 wat in die vorige

seisoen behaal is. Die aanbod bestaan uit

50 972 swart, 8 602 wit, 282 bruin en 1 300

diverse pelse.

Die hoogste prys vir swart pelse was

N$1 864,85, wat betaal is vir ‘n pakkie van

50 O ligte, uitgesoekte ekstra pelse deur

mnr Carlo Guida van Italië. Die hoogste

prys ooit betaal vir enige swakarapels was

N$1993,46 vir ‘n pakkie 78 O ligte, uitgesoekte

wit pelse – gekoop deur mnr Bourtsos

van Siatista in Griekeland.

Die swakara pelsaanbod is gekoop deur

26 kopers en nog steeds was daar ‘n groot

aantal onsuksesvolle bieërs. Die land wat die

meeste pelse gekoop het, was Griekeland,

met Italië in die tweede plek en Duits land

derde. Die ander kopers was van Switserland,

Engeland, die VSA, Hong Kong, Rusland

en Turkye. Met die koue winter en die

Russe wat terug in die pelsbedryf is, word

daar verwag dat swakara die opwaartse

neiging in die pelsbedryf sal volg.

Die top produsent vir die veiling was Meyer

Boerdery van Keetmanshoop met ‘n aanbod

van 344 pelse teen ‘n gemiddelde prys

van N$774,61. Die top Suid-Afrikaanse produsent

was Hannes Vlok van Prieska wat

400 pelse verkoop het teen ‘n gemiddelde

prys van R675,51.

Bogenoemde inligting is verkry uit ‘n persverklaring

wat uitgereik is deur Agra Limi ted.

KLK sê...

“Baie geluk aan al die produsente wat bogemiddelde

pryse op die afgelope veiling

behaal het. Met so ‘n suksesvolle veiling

agter die rug, glo en vertrou ons dat daar

nog ‘n blink toekoms wag op die swakaraprodusente

asook die nuwe toetreders,”

het Jasper Stoop (Karakoelbestuurder:

KLK) gesê.

Volgens Stoop was die swakarapels by

uitstek dié produk waarmee die meeste

produsente in die suide van Namibië,

groot dele van westelike Namibië sowel

as die Noordwes-Kaap in Suid-Afrika

geboer het. “Dit is ‘n produk waarmee

die boeregemeenskap opgebou is

en wat hulle in staat gestel het om ‘n

goeie bestaan te voer. Gesien in die lig van

periodieke droogtes, groot verliese met

ongediertes en diefstal sal meeste met

my saamstem dat die swakaraskaap nog

altyd ‘n spesiale plekkie in ons boerderystreek

het en mag die gehalte van die pelse

steeds voorrang geniet,” het Stoop gesê.

Indien daar enigiemand is wat swakaraskaap

soek om te koop of te verkoop, skakel

vir Jasper Stoop by (054) 337-7514.

Die eerste besending van 34 skokapparate

vir die swakara-lammers behoort vroeg in

Mei 2011 beskikbaar te wees by KLK Handel

op Upington. Die volgende pelssluitingsdatum

is Vrydag, 1 Julie 2011 en die

volgende veiling vind op 15 September

2011 plaas.

Ver in die ou Kalahari

Gibson Cloete (oorlede 7 Februarie 2008)

het op 23 Maart 2006 Afrikanerkoeie en kalwers

by Jan van Zyl (Vryburg) gekoop. Dit

was Gibson se hartsbegeerte om Afrikaners

vir sy kleinkinders te koop. Terwyl hy

siek was, was dit vir hom terapie om tussen

sy Afrikaners te stap. Op 27 Februarie

vanjaar is die eerste osse (ongeveer 6 jaar

oud) op Upington geslag. “Jou kleinkinders

salueer jou, Oupa.” – Jood Cloete (kleinseun).

MARKSAKE

DEON HEYNS

- BESTUURDER: KLK VLEIS

Vraag na rooivleis

groei

Die jaar het so effe gevorder en dit is

moontlik om te begin meet wat sover met

pryse gebeur het. As ons tot in die middel

van April meet, is skaapvleis, jaar op jaar,

19,3% duurder as verlede jaar.

Die pryse van skaapvleis het so effe in

Maart gedaal en weer goed in April herstel

– veral omdat die aanbod steeds nie

op verlede jaar se vlakke vir hierdie tyd van

die jaar is nie. Namibië is ook nie so sterk

in die mark soos gewoonlik hierdie tyd van

die jaar nie.

Die goeie reën bring ‘n nuwe stel probleme

waaraan ons in Suid-Afrika eintlik nie gewoond

is nie. Natveldsiektes en parasiete

pla nogal en daar is beduidende verliese as

gevolg daarvan. Die ander rede vir die laer

aanbod is dat die lammers wat verlede jaar

in die droogte aangekom het, langer vat

om markklaar te kom. Dit beteken dat ons

dalk oor ‘n langer periode ‘n bestendiger

aanbod kan verwag, met meer bestendige

pryse wat hopelik op die huidige vlakke sal

stabiliseer.

Beesvleis het stelselmatig gestyg, vroeër

as wat verwag is ‘n hoogtepunt bereik en

daarna gestabiliseer. In die middel van

April gemeet, was beesvleis 15,2% duurder

as verlede jaar. Die aanbod van beesvleis

bly redelik konstant en die pryse stabiel.

As ons na die normale patroon van beesvleis

kyk, kan ons statisties verwag om ‘n

effense daling in A-graad beesvleis se prys

in die winter te sien.

Dit is egter so dat daar ‘n toenemende

vraag na proteïene is en dat dit die prys

van rooivleis ondersteun. Die bedryf beleef

veral aan die skaapkant groot onstabiliteit

ten opsigte van voorsiening en ons verloor

markaandeel as gevolg daarvan.

Dit is egter verblydend om te sien dat die

mark baie vinnig by ‘n hoër aanbod aanpas

sonder om ‘n erge prysaanpassing te

beleef. Die feit dat die jaar-op-jaar styging

so groot is, ondersteun die aanname.

Dit is belangrik om te onthou dat die

produksie van skaapvleis aan die afneem

is en dat die vraag na rooivleis groei. Dit

beteken dat ons as bedryf innoverende

metodes sal moet vind of ontwikkel om volhoubaar

in die groeiende vraag te voorsien.

Dit bied aan die hele bedryf ‘n heerlike uitdaging.

www.klk.co.za

Mei 2011 - 5

PITKOS

VIR DIE SIEL

TEGNIES

WIEHAHN MARITZ

Daar is iemand

wat regtig omgee

Gedurende Napoleon se inval in Rusland in

1812, het van sy soldate opgebreek tydens

’n skermutseling. Napoleon is deur groepe

Russiese soldate herken.

Hulle het Napoleon begin jaag. Hy het by ’n

pelswinkel ingestorm. “Steek my weg!” smeek

hy die pelshandelaar. “Gou, kruip in onder

daardie hoop pelse in die hoek!” het die

pelshandelaar gesê. Sekondes later bars die

Russe die winkel binne.

Die pelshandelaar maak asof hy niks weet nie.

Hulle kon Napoleon nie vind nie. Toe hulle by

die winkel uitstorm, kruip Napoleon onder die

pelse uit.

Die handelaar vra hom opgewonde: “Hoe

het u gevoel toe u daar onder die pelse lê en

hulle woel met hulle sabels al rondom u? Elke

oomblik kon u laaste wees”. Terwyl hy praat,

het Napoleon se lyfwagte, wat hom intussen

opgespoor het, rondom die generaal stelling

ingeneem.

Napoleon sê vir hulle: “Die handelaar het

homself aangematig om vir my, die keiser van

Frankryk, só ’n intieme vraag te vra. Ek duld

dit nie! Blinddoek hom, manne, en skiet hom

dood! Ek sal self die bevel gee”.

Die soldate het die handelaar na buite gesleep

en hom teen ’n muur laat staan. Bewend het hy

gehoor hoe die soldate hulle gewere oorhaal

en Napoleon se stem wat sê: “Gereed…mik”.

In daardie oomblikke het die pelshandelaar

emosies ervaar soos nooit vantevore in sy lewe

nie. Trane het onder die doek uitgerol.

Hy het die sekondes afgetel na die finale bevel:

“Vuur!” Maar niks het gebeur nie. Toe voel hy

’n hand op sy skouer en die blinddoek word

van sy oë afgeruk. In Napoleon se oë was ook

trane. “Nou weet jy wat ek netnou moes deurmaak

en ook hoe dankbaar ek teenoor jou is,”

sê hy.

Paasfees is die hoogtepunt van die gelowige

se dankbaarheidslewe. Dit ruk die kerk terug

na die kern van haar belydenis. “Lyding ruk

ons uit die speelgoedwêreld wat ons dink die

wêreld is en gee ons insig in die werklike lewe

en die pyn van ander” – C.S. Lewis.

Goeie Vrydag sit ons voete uit dankbaarheid in

beweging na ’n wêreld wat verlang na iemand

wat regtig omgee, sodat hulle deur ons liefde

kan weet daar is ‘n Verlosser wat regtig omgee

– Jesus, die bron van ewige lewe.

Mag God ons die genade daartoe gee.

Draadspesifikasies

Die bepalende faktor by die lewensverwagting van draad lê opgesluit in die gehalte

en bepaalde spesifikasie van die sinkdeklaag daarop aangewend. Inligting

rondom hierdie produkreeks is nie noodwendig deurlopend beskikbaar vir die verbruiker

nie en kan dus ‘n mate van onkunde en gepaardgaande teleurstelling tot

gevolg hê.

Volgens SANS is die minimumvereistes, in

die geval van 2,00 mm dikte draad, soos

volg:

• Ligversink: 45 g/m 2

• Volversink: 240 g/m 2

Daar bestaan egter twee spesifikasies

waarvolgens versinkte draad tans vervaardig

word:

SANS 935

Hierdie spesifikasie het alleenlik betrekking

op die sinkdeklaag van die draad, lig- of

volversink, soos hierbo gegee.

SANS 675

In hierdie geval is die spesifikasie alleenlik

van toepassing op die volversinkte

produk en, baie belangrik, ook die treksterkte

van die draad. Die spesifikasie sal

veral in die geval van staaldraad bepaal

of die produk geskik sal wees vir spesifieke

aanwendings, byvoorbeeld: wingerdbou,

vrugteverbouing, veiligheid- en

wildsheinings. Die draadproduk wat dus

aan hierdie spesifikasies voldoen, met die

toepaslike SANS-merk, moet gesien word

as die voorkeurproduk wat met vertroue

aangewend kan word.

Alhoewel alle moontlike voorsorgmaatreëls

en stelsels deurlopend gehandhaaf word

Wen draad vir jou kampe

‘n Gelukkige leser kan ‘n 2,24 mm rol draad

van Cape Gate wen. Die rol draad weeg

50 kg en is 16,50 km lank.

Om in aanmerking vir die prys te kom, antwoord

die volgende vraag: Van watter

onderwerpe wil jy as produsent graag

meer lees in die KLK Gesprek nuusblad?

Inskrywings

Stuur jou inskrywingsvorm agter op ’n

toegeplakte koevert aan: Ilse van Zyl, KLK

Landbou Beperk, Posbus 86, Upington

8800 of stuur ’n faks na 086 5500 224 of

e-pos ilse@klk.co.za. Inskrywings moet

haar voor of op 20 Junie 2011 bereik.

Baie geluk aan Maretha Mouton van Kakamas

wat in die Maart 2011-uitgawe Montego

Volwasse 25 kg Classic hondekos

gewen het.

om aan bogenoemde spesifikasies te voldoen,

moet aanvaar word dat ons, desnieteenstaande,

geen waarborge kan gee

ten opsigte van die lewensverwagting van

die produk nie.

Die verwagting is egter dat die produk wat

deur die toepaslike SANS-merk gerugsteun

word, oor die algemeen ’n beter lewensverwagting

sal hê en die volversinkte

produk, teoreties gesproke, ‘n byna ses

keer langer lewensverwagting as die ligversinkte

produk – ‘n belangrike aspek

om in ag te neem afhangend van die behoefte.

Daar bestaan geen kompromie vir

gehalte, beskikbaarheid en volhoubare

naverkoopdiens nie. Vir meer inligting oor

bogenoemde draad, besoek jou naaste

KLK handelswinkel.

ARTIKEL GESKRYF DEUR EGBIE COMPION (BE-

MARKINGSBESTUURDER: CAPE GATE).

Reëls

Alle KLK Gesprek lesers mag aan die kompetisie

deelneem • Slegs een inskrywing per persoon • Die

wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar

naam sal in die volgende uitgawe van KLK Gesprek

verskyn • Die prys sal na die naaste KLK handelstak

gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys

kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking

word deur Infoworks Media Publishing op Klerksdorp

behartig.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: .......................................................

Tel: ............................................................

Antwoord: ................................................

6 - Mei 2011 www.klk.co.za

TEGNIES/AKTUEEL

Geen alternatief vir

grondont ledings nie

Een van die sleutelkomponente van gesonde gewasproduksiepraktyke, wat al vir meer as 50 jaar deur kommersiële produsente

gebruik word, is grondontledings.

Grondontledings is deur omvattende navorsingsprogramme in

verskeie lande, wat Suid-Afrika insluit, ontwikkel tot ‘n vinnige en

betroubare hulpmiddel om die optimale vlak van bemesting in verskeie

gewasse te bepaal. Grondontledings bied die enigste objektiewe

manier om die vrugbaarheidstatus van grond te bepaal.

Die resultate van grondontledings vorm die basis waarop aanbevelings

vir bemesting gedoen kan word. Van die belangrikste

doeleindes vir die neem van grondmonsters is:

• Om die grond se vrugbaarheidspeil te bepaal, met die oog op

bemestingaanbevelings.

• Om vas te stel of daar enige tekorte, oormate of wanbalanse is

wat die plantegroei kan beïnvloed.

• Om grond in gebruiksklasse in te deel vir beplanningsdoeleindes.

• Om vas te stel of bekalking nodig is.

Wingerdstokke, hetsy vir die produksie van wyn, droog of tafeldruiwe,

het net soos enige ander gewas bemesting nodig. In Suid-

Afrika kan die groeiseisoen vir wingerd tot nege maande lank wees

en voedingstowwe kan dus oor ‘n lang periode opgeneem word.

Die aantal trosse wat in ‘n spesifieke seisoen geproduseer word, is

reeds 18 maande tevore grootliks vasgelê. Dit beteken dat die effek

van bemesting dikwels nie in dieselfde seisoen waargeneem kan

word nie. Die effek lei dikwels tot die gevolgtrekking dat “bemesting

nie werk nie”.

Inteendeel, in vergelyking met eenjarige gewasse, is dit vir wingerd

veel belangriker om die korrekte balans tussen te min, genoeg en te

veel te handhaaf. Te min of te veel bemesting kan lei tot ‘n verlaging

in die oes. Betroubare, verteenwoordigende grondontleding kan

produsente help dat “genoeg” bemesting in alle gevalle toegedien

word.

Chemtech Agri is ‘n Omnia Kunsmis laboratorium fasiliteit wat

spesialiseer in die ontleding van grond, OmniSAP ® , OmniBio

en besproeiingswater. Die laboratorium is ISO 17025, SANAS en

AgriLASA gesertifiseer. Omnia is, sover bekend, die enigste kunsmismaatskappy

met hierdie tipe fasiliteit in die wêreld – dit beklemtoon

die maatskappy se kliëntgesentreerde benadering tot die

landbousektor.

Vir enige navrae oor insetmiddele vir jou wingerd, skakel vir Eugene

Immelman (Bemarker: KLK Handel) by 074 316 0539.

ARTIKEL GESKRYF DEUR JOHAN FOURIE (LANDBOUKUNDIGE: OMNIA). SKAKEL

HOM BY 082 880 3965 VIR MEER INLIGTING.

Gaan dié winter ook nat wees?

Groot gedeeltes van die Noord-Kaap was

ten tye van die skryf van die artikel baie nat.

Ver bo-normale reënval het veral sedert

Januarie 2011 voorgekom. In vele opsigte

herinner die 2010/2011-seisoen aan die

baie nat jare in 1974 en 1975.

Daar was vanjaar ook baie opvolgreën wat

veroorsaak het dat die veld uiters goed herstel

het en volop droë materiaal beskikbaar

is. Plekke soos Upington, Onseepkans,

Kakamas en Keimoes het tussen 25 en 30

dae reën gekry in die eerste drie maande

van 2011.

Die rede vir die goeie reënvaltoestande was

’n baie sterk ontwikkelde La Niña-verskynsel

(soos ook die geval was in 1974/1975).

’n La Niña-verskynsel veroorsaak dat

die reënvalpatroon weswaarts skuif met

gevolglike nat toestande oor die sentrale

tot westelike en suidelike gedeeltes (Wes-

Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes asook

Oos-Kaap), maar droër oor die oostelike

gedeeltes (Oos-Vrystaat, Mpumalanga,

Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal).

’n La Niña veroorsaak ook dat reën tot laat

in die herfs en selfs in die vroeë winter kan

voorkom. Die kanse is goed vir reën in Mei

en selfs nog in Junie vanjaar oor groot

gedeeltes van die somerreënvalgebied.

Kouer toestande word eers verwag in die

mid- tot laatwinter en die kanse vir koue

toestande en ryp in die lente is ook groter

as normaalweg. Daar word verwag dat die

La Niña behoort te verdwyn teen ongeveer

Junie 2011.

Die implikasie is dat die tweede deel van

die winter asook die lente en selfs die

eerste deel van die somer, weer droog kan

wees en dat veldbrande vanjaar weereens

’n groot probleem kan wees. Dit is juis in

die lente en vroeë somer wanneer die

veld uiters droog is en daar sterk winde

voorkom, wanneer veldbrande die grootste

gevaar inhou.

Verder kan die kwaliteit van weiding en veral

grasvelde vanjaar swak wees, alhoewel

daar volop beskikbare droë materiaal is.

Die een voordeel is dat met die groot hoeveelheid

grondvog en die beskermende

aksie van die baie vegetatiewe materiaal,

dit vroeë uitloop en groei van weiding ná

die winter kan stimuleer.

Wat die 2011/2012-seisoen betref, lyk dit

tans asof dit neutraal tot weer La Niñaneigend

kan wees. Die verwagting is dat

die 2011/12-somerseisoen goeie reën kan

oplewer. Daar sal egter eers teen September/Oktober

meer sekerheid wees oor die

verwagte toestande vir 2011/2012.

ARTIKEL GESKRYF DEUR JOHAN VAN DEN BERG

(BESTUURDER: GESPESIALISEERDE OESVER SE KE -

RING, SANTAM LANDBOU).

www.klk.co.za

Mei 2011 - 7

In gesprek met...Charel Strauss

Rooidam-stoet herken

jy op ‘n afstand

Vrugbaarheid, optimale groeivermoë en eenvormigheid. Dit is waarna Charel Strauss (60), ‘n bekende dorperstoetteler in die

Kenhardt-distrik, in sy stoet streef. Ruth Davies het met dié passievolle stoetteler wat in die Hart van die Dorperland woon,

gaan gesels.

Hy was baie dankbaar toe sy pad ’n paar jaar gelede met Niekie

Cilliers s’n gekruis het. Cilliers, wat voorheen self ‘n stoetteler was,

is Strauss se stoetbestuurder op sy twee plase – Rooidam en Middelpos

– in die Kenhardt-distrik. “Hy het ’n ongelooflike oog vir

diere en sy passie vir stoetteling is aansteeklik,” praat Strauss met

lof van Cilliers. Strauss huur ook ‘n plaas, genaamd Rugseer, in

die Kenhardt-distrik by Kraai van Niekerk (Minister van Landbou:

1990 - 1994).

Sy passie groei by die dag

Die rede waarom hy met ‘n stoet begin het, is om waarde toe te voeg

tot sy veeboerdery. “My korttermyn doelwit is om jong, nuwe telers

te vestig en hulle te help om so gou moontlik op ‘n kompeterende

vlak te kom,” het hy gesê. “Ek het vyf nuwe telers in my onmiddellike

omgewing in die afgelope twee jaar gevestig. Vandag koop hulle

by my ooie en semen aan,” het hy gesê. Verder tree hy as mentor

op vir opkomende produsente in sy omgewing – hy voorsien onder

andere ooimateriaal, ramme en kommersiële ooie aan hulle.

Alhoewel embrio-uitvoere uit ons land vir eers gestaak is as gevolg

van bek-en-klouseer, het Strauss al in die verlede van sy Rooidamstoetmateriaal

uitgevoer na lande soos Brasilië, Maleisië, Ethiopië,

Paraguay en Botswana.

Strauss se strewe is om goeie balans in sy stoet te handhaaf. Dit is

baie maklik om groot dorpers te teel, maar telers moet in gedagte

hou dat dit ‘n ras is wat onder ekstensiewe toestande optimale reproduksie

moet kan lewer. Daar moet te alle tye aan die dorpertelersgenootskap

se standaarde voldoen word.

Verder het hy 15 ha wingerd en 5 ha lusern onder besproeiing in die

Keimoes-distrik. Sy plaas het ook deurgeloop met die afgelope seisoen

se vloed. 2 ha jong wingerdstokkies en al sy lusern is tot niet.

‘n Hegte gesin

Charel se vrou, Amelia, is net so passievol oor die boerdery soos

hyself. “Ek steun my gesin in alles waar ek kan,” het sy gesê. Hulle

het twee kinders – ‘n dogter, Ledivia, ‘n mediese dokter wat tans in

Frankryk woon en ‘n seun, D’Niel, wat die grade B.Ingenieurswese

en MBA behaal het en tans in Kaapstad werksaam is.

Welgedaan Rooidam-stoet!

• Sy stoet is nommer een verkoper van ramme en ooie op die

nasionale veiling wat jaarliks op Upington aangebied word. Die

huidige wêreldkampioenram is ook die eiendom van Rooidam

Dorperstoet.

• Sy stoet (ooie en ramme) het einde Januarie vanjaar skoonskip

gemaak by die Sentrale Karoo-dorperkampioenskappe wat jaarliks

op De Aar aangebied word.

Rooidam-produksieveiling

Strauss hou een van die grootste dorperproduksieveilings in ons

land. 220 ooie en 100 ramme word jaarliks by die veiling op die

Upington skougronde aangebied.

Produsente kan gerus 25 Augustus in hul 2011-dagboeke aanteken

vir die Rooidam-produksieveiling.

Hy leun ook swaar op nuwe tegnologie wat sy topgenetiese materiaal

baie vinnig vermeerder. “Ramsem, ‘n semen-ontvangssentrum,

kom doen laparoskopieë en embrio-oorplasings op my plaas. Ek

identifiseer my top ooie vir dié doeleindes. Ek spoel ook ongeveer

twee keer ‘n jaar embrio’s by Ramsem.”

In die Kalahari

Vanjaar is die 41ste jaar wat Strauss al boer. Oor die jare het hy

sy kommersiële plase in die Kalahari minder gemaak om meer op

sy stoet te fokus. Vandag boer hy met bonsmaras en dorpers op

Opskud, ‘n plaas geleë in die Olifantshoek-omgewing. “Ek verkoop

al my surplus vroulike diere as teelmateriaal.” Ekologiebewaring lê

hom na aan die hart. “Ek maak seker my diere is minder as wat die

drakrag van die grond is.”

Amelia en Charel is albei passievol oor hul Rooidam-stoet.

REDAKSIE

Ruth Davies

Johan Smit

(018) 468-2716 • ruth@infoworks.biz

(018) 468-2716 • johan@infoworks.biz

KLK Gesprek is ’n nuusblad wat vier keer per jaar namens KLK

deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl * (054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks (018) 468-2716 • www.infoworks.biz

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

kontak vir Ilse van Zyl.

8 - Mei 2011 www.klk.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!