17.08.2016 Views

KLK-Aug-2016

KLK-Aug-2016

KLK-Aug-2016

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2 Aan die Woord...

KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Vleispryse deur droogte beïnvloed

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

DIE ALGEMENE JAARVERGADERING

van Aandeelhouers het op 19 Julie 2016

plaasgevind en die bywoning van 39%

stemverteenwoordiging (in persoon en/of

volmag) was verbasend goed.

Die finansiële jaarstate sowel as die gewone

en spesiale besluite is eenparig goed gekeur. ‘n

Dividend van 60 sent per aandeel of R10,30

miljoen word op 2 September 2016 aan

aandeelhouers uitbetaal.

‘n Spesiale besluit is ook deur die aandeelhouers

goedgekeur waar die maatskappy en

direksie gemagtig is om gewone aandele terug

te koop. Hierdie terugkoop van KLK aandele sal

plaasvind teen ‘n diskonto teen oor KLK se netto

batewaarde. Daar sal binnekort meer detail

van die prosedure en beleid aan aandeelhouers

bekend gemaak word.

Menere JS (Kobus) Marais is herkies en GC

(Gert) Olivier is verkies, tot die direksie vir ‘n

drie jaar termyn. Die Oudit- en Risikokomitee

bestaande uit JPN Stander (Voorsitter), JM

Bredenkamp, WSB du Toit en GC Olivier is deur

die aandeelhouers bekragtig.

Na afloop van die Algemene Jaarvergadering

is die volgende direksie komitees saamgestel:

Uitvoerende Komitee, Menselikehulpbronkomitee,

Sosiale- en Etiese komitee.

Die samestelling van die lede van die komitees

word op KLK se webtuiste aangetoon.

Die direksie het vir mnr Arnold Human (Finansiële

Direkteur) vir ‘n verdere drie jaar termyn,

tot die direksie gekoöpteer. Mnr Arend Kotze

van Nieuwoudtville is ook gedurende die

direksievergadering vir ‘n periode van een jaar

tot KLK se direksie gekoöpteer.

KLK en Intellichem het ‘n strategiese alliansieooreenkoms

aangegaan, om die volhoubaarheid

van produsente te bevestig deur die verskaffing

van gewas oplossings en spesialisdienste wat ‘n

holistiese benadering insluit.

Verder het KLK en UNIGRO, ‘n Afgri-filiaal, ‘n

samewerkingsooreenkoms onder teken waardeur

UNIGRO verskeie finansieringsprodukte aan

kliënte binne KLK se bedieningsgebied beskikbaar

gaan stel. Hierdie finansieringsprodukte sal onder

andere insluit: Termynlenings, produksiekrediet,

wentelkrediet, huurkoop-finansiering, ander

langtermyn-finansiering asook elektroniese

dienste.

Beide bogenoemde alliansies sal gedurende

Augustus en September 2016 bekendgestel

word en sal groot waarde toevoeg vir KLK

se produsente.

ONS IS TANS in die middel van die

winter en ons begin uitsien na die aanbreek

van die lente wanneer die natuur weer

sy somersklere aantrek. Die effek van die

droogte word veral nou gevoel met die

verswakte kwaliteit van weiding beskikbaar

en meeste produsente sien reikhalsend

uit na die nuwe reënseisoen. Die meeste

produsente se ooie het later as gewoonlik

gelam en nuwe groen veld is dringend

nodig om die jong lammers nog in hierdie

jaar markgereed te kry. Daar word steeds

meer bees as gewoonlik verslag en dit bly

daarop dui dat produsente steeds besig

is met die terugsny op die getalle diere

waarmee hulle hoop om die effek van die

droogte te kan oorleef.

Die produsentepryse vir A2/A3-lammers

is steeds, vir die vierde kwartaal in ‘n

ry, bo die vlakke van R50/kg en het nie

onder hierdie vlakke verhandel nie. Die

vorige verwysing na die strawwe ekonomiese

toestande wat besteding deur die

verbruiker taamlik aan bande lê is ook in

hierdie periode die oorsaak dat die laer

beskikbaarheid van slaglammers nie ‘n

verhoging in produsente- en ander pryse

veroorsaak het nie. Daar het egter nou ‘n

drastiese verlaging in slaggetalle gerealiseer

wat verseker dat die produsentepryse in

sekere periodes sal laat bokspring, maar ‘n

Pitkos vir die siel...

Vir niks bang nie

Romeine 8:31 - 39 – Niks kan ons

skei van die liefde van God nie….

WAS JY AL ooit bang? Hoe voel ‘n

mens as jy bang is? Klop jou hart vinnig?

Haal jy vinniger asem Wil jy dalk huil of

weghardloop?

Waarvoor was jy al bang?

Vir die donker? ‘n Spinnekop – die toekoms

– dat jou geld sal opraak – jou huwelik

sal eindig?

Wat het vir jou gehelp om minder bang te

wees?

Toe ons klein was en ons bang was, het dit

gehelp om te weet dat daar ‘n grootmens

naby was – iemand soos jou Pa. Dan het jy

algemene, volgehoue styging lyk op hierdie

stadium baie onwaarskynlik.

Die speenkalfpryse is tans in die omgewing

van R20/kg lewendige gewig en die kunsmatige

“tekort“ wat vanweë die nuwe

re g ulasies vir invoere van lewendige

speenkalwers uit Namibië geskep is, mag

in die korttermyn pryse opwaarts dwing.

Daar is nog altyd min grane beskikbaar

wat die voerpyse opwaarts druk en dit plaas

gevolglik ‘n demper op die speenkalfpryse.

Daar is steeds baie bees beskikbaar vir

verslagting en daarom behoort pryse vir

hierdie kwartaal ook sywaarts te beweeg.

Die behoefte aan karkasse van beeste

wat volgens die Free Range-beginsels

geproduseer is en as gevolg van die swak

weidingsomstandighede nie volop is nie,

plaas opwaartse druk op die slagpryse vir

hierdie nismark groep diere.

Daar is ‘n stel nuwe invoerregulasies

ingestel waaraan invoere van lewendige

diere vanuit buurlande moet voldoen vanaf

1 Julie 2016, maar omdat die nodige

praktiese reëlings nog nie gefinaliseer is

nie beteken dit dat daar met die skrywe

hiervan (Julie 2016) geen bees, skaap of

bok lewendig vanaf buurlande ingevoer kan

word nie.

Floris Lategan

geweet so iemand is groot en sterk en hy sal

jou kan help of beskerm.

Daarom is die woorde van Romeine 8 so

kosbaar om weer te lees en te hoor: God

is vir ons, Hy is by ons, Hy help ons, Hy

beskerm ons.

Daarom maak dit nie saak wie of wat ons

bang maak nie – en daarom maak dit ook

nie saak wat met ons gebeur nie.

Niks kan God se liefde vir ons breek of

wegvat nie. Nie eers die ergste ding waaraan

ons kan dink kan God se liefde vir ons

minder maak nie.

Floris Lategan is onlangs as Bestuurder: KLK

Motors aangestel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!