17.08.2016 Views

KLK-Aug-2016

KLK-Aug-2016

KLK-Aug-2016

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

Vol 18 • Augustus 2016

KLK

Gesprek

Vleisklassifisering:

‘n Bietjie agtergrond

DIE HUIDIGE ROOIVLEISKLASSIFIKASIESTELSEL is ‘n

vrywillige stelsel wat beteken dat enige geregistreerde abattoir van

die vleisklassifikasiestelsel gebruik kan maak indien die abattoir sou

wou. Die abattoir is egter dan onderhewig aan die voorwaardes

van die regulasies van die rooivleisklassifikasiestelsel soos gestipuleer

deur die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet Nr. 119 van

1990) en die toepaslike regulasies soos gewysig (R. 55 van 2015).

Enige abattoir wat verkies om nie van die vleisklassifikasiestelsel

gebruik te maak nie, mag steeds voortgaan met besigheid maar

kan dan slegs hulle vleis as beesvleis, skaapvleis (nie lam nie) en

varkvleis bemark. Voorts mag sodanige abattoirs geen aanspraak

op enige verdere merke of benamings van watter aard ook al maak

nie (slegs die spesienaam mag dus gebruik word).

Die klassifikasiestelsel is deur die rooivleisbedryf van Suid-Afrika

laat ontwikkel as ‘n sleutel om bemarking te fasiliteer. Hierby word

bedoel dat die klassifikasiestelsel ‘n gesonde basis vir vleishandelaars

en verbruikers sou voorsien:

• Om hulle spesifieke behoeftes tydens aankope en verkope van

karkasse in eenvoudige terme te beskryf;

• Vir die benutting van verskeidenheid in die mark vir optimale

verbruikersbevrediging;

• Vir die benutting van prysverskille; en

• Vir die bepaling van aankoop- en verkoopspryse.

Die voordele vir die produsent wat aan die stelsel toegedig word:

• Stel die produsent in staat om hoë gehalte rooivleis in ooreenstemming

met markbehoeftes te kan produseer.

• Demonstreer aan die produsente dat gewenste karkaseienskappe

op die lewendige diere waarneembaar is en hulle daarvoor vergoed

word.

Hierdie stelsel word gesien as ‘n beskrywende stelsel wat karkasse

beskryf met inagneming van die ouderdom, onderhuidse vetbedekking,

bouvorm, beskadiging (ligging op karkas asook omvang en

grootte) en aanduiding van manlike diere in die AB-, B- en C-

ouderdomsklasse. Die klassifikasiestelsel maak ook voorsiening vir

kwaliteitsindikasies waar kwaliteit meer spesifiek aangespreek word

soos Karoo Meat of Origin, Free Range, ensovoorts wat eintlik as ‘n

graderingsfunksie beskou kan word.

Vervolg op

3

bl4

bl6

Kry al jou boubenodighede híér

Kan ons ‘n normale lente en

somer verwag?

bl5

2 Aan die Woord...

KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Vleispryse deur droogte beïnvloed

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

DIE ALGEMENE JAARVERGADERING

van Aandeelhouers het op 19 Julie 2016

plaasgevind en die bywoning van 39%

stemverteenwoordiging (in persoon en/of

volmag) was verbasend goed.

Die finansiële jaarstate sowel as die gewone

en spesiale besluite is eenparig goed gekeur. ‘n

Dividend van 60 sent per aandeel of R10,30

miljoen word op 2 September 2016 aan

aandeelhouers uitbetaal.

‘n Spesiale besluit is ook deur die aandeelhouers

goedgekeur waar die maatskappy en

direksie gemagtig is om gewone aandele terug

te koop. Hierdie terugkoop van KLK aandele sal

plaasvind teen ‘n diskonto teen oor KLK se netto

batewaarde. Daar sal binnekort meer detail

van die prosedure en beleid aan aandeelhouers

bekend gemaak word.

Menere JS (Kobus) Marais is herkies en GC

(Gert) Olivier is verkies, tot die direksie vir ‘n

drie jaar termyn. Die Oudit- en Risikokomitee

bestaande uit JPN Stander (Voorsitter), JM

Bredenkamp, WSB du Toit en GC Olivier is deur

die aandeelhouers bekragtig.

Na afloop van die Algemene Jaarvergadering

is die volgende direksie komitees saamgestel:

Uitvoerende Komitee, Menselikehulpbronkomitee,

Sosiale- en Etiese komitee.

Die samestelling van die lede van die komitees

word op KLK se webtuiste aangetoon.

Die direksie het vir mnr Arnold Human (Finansiële

Direkteur) vir ‘n verdere drie jaar termyn,

tot die direksie gekoöpteer. Mnr Arend Kotze

van Nieuwoudtville is ook gedurende die

direksievergadering vir ‘n periode van een jaar

tot KLK se direksie gekoöpteer.

KLK en Intellichem het ‘n strategiese alliansieooreenkoms

aangegaan, om die volhoubaarheid

van produsente te bevestig deur die verskaffing

van gewas oplossings en spesialisdienste wat ‘n

holistiese benadering insluit.

Verder het KLK en UNIGRO, ‘n Afgri-filiaal, ‘n

samewerkingsooreenkoms onder teken waardeur

UNIGRO verskeie finansieringsprodukte aan

kliënte binne KLK se bedieningsgebied beskikbaar

gaan stel. Hierdie finansieringsprodukte sal onder

andere insluit: Termynlenings, produksiekrediet,

wentelkrediet, huurkoop-finansiering, ander

langtermyn-finansiering asook elektroniese

dienste.

Beide bogenoemde alliansies sal gedurende

Augustus en September 2016 bekendgestel

word en sal groot waarde toevoeg vir KLK

se produsente.

ONS IS TANS in die middel van die

winter en ons begin uitsien na die aanbreek

van die lente wanneer die natuur weer

sy somersklere aantrek. Die effek van die

droogte word veral nou gevoel met die

verswakte kwaliteit van weiding beskikbaar

en meeste produsente sien reikhalsend

uit na die nuwe reënseisoen. Die meeste

produsente se ooie het later as gewoonlik

gelam en nuwe groen veld is dringend

nodig om die jong lammers nog in hierdie

jaar markgereed te kry. Daar word steeds

meer bees as gewoonlik verslag en dit bly

daarop dui dat produsente steeds besig

is met die terugsny op die getalle diere

waarmee hulle hoop om die effek van die

droogte te kan oorleef.

Die produsentepryse vir A2/A3-lammers

is steeds, vir die vierde kwartaal in ‘n

ry, bo die vlakke van R50/kg en het nie

onder hierdie vlakke verhandel nie. Die

vorige verwysing na die strawwe ekonomiese

toestande wat besteding deur die

verbruiker taamlik aan bande lê is ook in

hierdie periode die oorsaak dat die laer

beskikbaarheid van slaglammers nie ‘n

verhoging in produsente- en ander pryse

veroorsaak het nie. Daar het egter nou ‘n

drastiese verlaging in slaggetalle gerealiseer

wat verseker dat die produsentepryse in

sekere periodes sal laat bokspring, maar ‘n

Pitkos vir die siel...

Vir niks bang nie

Romeine 8:31 - 39 – Niks kan ons

skei van die liefde van God nie….

WAS JY AL ooit bang? Hoe voel ‘n

mens as jy bang is? Klop jou hart vinnig?

Haal jy vinniger asem Wil jy dalk huil of

weghardloop?

Waarvoor was jy al bang?

Vir die donker? ‘n Spinnekop – die toekoms

– dat jou geld sal opraak – jou huwelik

sal eindig?

Wat het vir jou gehelp om minder bang te

wees?

Toe ons klein was en ons bang was, het dit

gehelp om te weet dat daar ‘n grootmens

naby was – iemand soos jou Pa. Dan het jy

algemene, volgehoue styging lyk op hierdie

stadium baie onwaarskynlik.

Die speenkalfpryse is tans in die omgewing

van R20/kg lewendige gewig en die kunsmatige

“tekort“ wat vanweë die nuwe

re g ulasies vir invoere van lewendige

speenkalwers uit Namibië geskep is, mag

in die korttermyn pryse opwaarts dwing.

Daar is nog altyd min grane beskikbaar

wat die voerpyse opwaarts druk en dit plaas

gevolglik ‘n demper op die speenkalfpryse.

Daar is steeds baie bees beskikbaar vir

verslagting en daarom behoort pryse vir

hierdie kwartaal ook sywaarts te beweeg.

Die behoefte aan karkasse van beeste

wat volgens die Free Range-beginsels

geproduseer is en as gevolg van die swak

weidingsomstandighede nie volop is nie,

plaas opwaartse druk op die slagpryse vir

hierdie nismark groep diere.

Daar is ‘n stel nuwe invoerregulasies

ingestel waaraan invoere van lewendige

diere vanuit buurlande moet voldoen vanaf

1 Julie 2016, maar omdat die nodige

praktiese reëlings nog nie gefinaliseer is

nie beteken dit dat daar met die skrywe

hiervan (Julie 2016) geen bees, skaap of

bok lewendig vanaf buurlande ingevoer kan

word nie.

Floris Lategan

geweet so iemand is groot en sterk en hy sal

jou kan help of beskerm.

Daarom is die woorde van Romeine 8 so

kosbaar om weer te lees en te hoor: God

is vir ons, Hy is by ons, Hy help ons, Hy

beskerm ons.

Daarom maak dit nie saak wie of wat ons

bang maak nie – en daarom maak dit ook

nie saak wat met ons gebeur nie.

Niks kan God se liefde vir ons breek of

wegvat nie. Nie eers die ergste ding waaraan

ons kan dink kan God se liefde vir ons

minder maak nie.

Floris Lategan is onlangs as Bestuurder: KLK

Motors aangestel.

Augustus 2016

Maatskappynuus

3

Aandele verhandel

Nuut by Handel

goed bo R10-vlak

VANAF 1 TOT 31 MEI 2016 het ‘n totaal van

144 190 KLK-aandele verhandel op vlakke tussen R10,00

en R12,00 per aandeel, met 25 kopers en 27 verkopers.

In die maand van Junie 2016 het 40 413 aandele op vlakke

tussen R10,40 en R12,00 per aandeel verhandel, met 16

kopers en 17 verkopers.

64 933 aandele het in Julie 2016 verhandel op vlakke tussen

R10,23 en R12,00, met 11 kopers en 10 verkopers.

Die nuwe Takbestuurder by Kakamas Handel:

Lourens Brand.

Gielie Olivier is die nuwe Bemarker by Upington

Handel.

Vleisklassifisering:

‘n Bietjie agtergrond Vervolg van

In Suid-Afrika is daar tans 410 rooivleisabattoirs (inligting verskaf

deur SAMIC) wat by die Nasionale Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye geregistreer is om te mag slag in die provinsie

waarin hul geleë is. Tans het 210 van hierdie abattoirs verkies om

die karkasse wat hul verslag, te klassifiseer terwyl die ander 200 van

hierdie abattoirs verkies het om nie die karkasse wat hul verslag te

klassifiseer nie. Die statistieke lewer bewys van die rol wat die verskillende

tipe abattoirs speel in Tabel 1.

Die klassifisering van karkasse al dan nie word nie deur wetgewing

afge dwing nie en elke abattoir en produsent kan dus besluit watter

roete om te volg. Die toepaslikheid van die klassifiseringsstelsel al

1

TABEL 1: VERSLAGTINGSGETALLE SOOS GERAPPORTEER DEUR

KLASSIFIKASIE -ABATTOIRS EN NIEKLASSIFIKASIE-ABATTOIRS

VIR DIE PERIODE 1 MAART 2015 TOT 29 FEBRUARIE 2016 (IN-

LIGTING SOOS VERSKAF DEUR SAMIC).

Spesie Klassifikasie-abattoirs Nieklassifikasieabattoirs

Getal

verslag

% van

totaal

Getal

verslag

% van

totaal

dan nie binne die huidige omgewing, is egter ‘n debat vir ‘n

ander dag.

Totaal

Bees 2 973 206 98,73% 38 016 1,26% 3 011 222

Skaap 5 630 641 98,20% 103 088 1,80% 5 733 729

Vark 2 688 441 95,09% 138 767 4,91% 2 827 208

Jou vennoot in landbou

4 Maatskappynuus KLK Gesprek

Kry al jou boubenodighede híér

BUILD IT UPINGTON se Bestuurder,

Cornelius Willemse of Mano soos hy

alombekend is, nooi alle kliënte uit om die

tak in Karakoelstraat 20, Upington by die

KLK Handelsafdeling te besoek.

Hier sal u ontvang word deur die vriendelike

personeel wat verseker dat flinke en prof

essionele diens ontvang word. Die verkooppersoneel

is verantwoordelik vir alle

verkope en hantering van die kliënte asook

rakversorging en netheid van die winkel.

Die verkoopspan is Conven Kordom, Paul

Motimpana, Wynand Snyders en Christoper

Mogolegeng (hy hanteer ook bouplanne).

Paul Motimpana is ook verantwoordelik vir

die hantering van Real People-aansoeke

en nooi kliënte om gebruik te maak van

beskikbare lenings.

Brian Titus is verantwoordelik vir kliëntediens

asook bestelling van voorraad. Sydney

Bacwadi, ‘n Leerling-bestuurder, is ook

Aflosbestuurder waar nodig en is saam met

Brian verantwoordelik vir die dissipline van

personeel, asook daaglikse inspeksies van

die winkel en voorraad.

Pieter Jonck, Bemarker, is verantwoordelik

vir nuwe kliënte en eksterne verkope sowel

1

as tenders. Kom gesels gerus met Pieter vir

enige bouprojekte.

Die administratiewe afdeling van die winkel

word behartig deur Elana du Plessis en

Estelle Keyser. Die vriendelike kassiere,

Daphne Bok, Rivonia Matroos en Lizel Dick,

sorg altyd dat kliënte die winkel met ‘n

glimlag of twee verlaat.

Jaquiline Horn, skoonmaakster, sorg dat die

winkel skoon en netjies is en help ook soms

met rakversorging. Johnny Visagie en sy

span, Jan Links, Daniel Ntsheng en Tobias

Cloete is altyd gereed met die korrekte en

flinke uitlaai van kliënte se aankope by

die store.

Ons besigheidsure is

soos volg:

07:30 - 17:00

Weeksdae

08:00 - 12:00

Saterdae en vakansiedae

Tel: 054 332 3727

Faks: 054 332 4099

E-pos: builditupt@klk.co.za

Kom besoek ons gerus!

2

Foto 1 - 2: Upington Build it se vriendelike span.

Augustus 2016

Aktueel

5

Nuwe direkteur

– agter die skerms

AREND KOTZÉ, nuwe direkteur van KLK, is die afgelope

35 jaar in die besigheidswêreld betrokke. Tans boer hy op die

plaas Willemsrivier, ‘n skaapplaas, te Nieuwoudtville en doen

steeds besigheidskonsultasie, meer spesifiek, besigheidsplanne,

be grotings, strategiese fokus, prosedures, prosesse, ensovoorts.

Hy beskou homself as ‘n spanspeler en vind baie van sy lewenslesse

en antwoorde tot probleme binne ‘n spanverband. Hy is

‘n gekwalifiseerde meganiese ingenieur (Stellenbosch) en het sy

loopbaan begin as ‘n ontwerpingenieur by die Departement van

Landbou in Pretoria. Gedurende hierdie tyd het hy ook sy MBA

op ‘n deeltydse basis gedoen en voltooi. Die inwerkingstelling

van ‘n eerste vlekvryestaaldraaioond-aanleg in Middelburg,

Mpumalanga het gevolg. Kaapstad het egter geroep en Arend

het betrokke geraak by Pep Stores waar hy verantwoordelikheid

geneem het vir die rekenarisering van die groep se winkels – dit

het die outomatisering van die kantooradministrasie asook die

Punt-van-Verkope behels.

Gedurende die jaar 2000 het Nasboek, ‘n divisie van Naspers,

Arend genader om betrokke te raak met die opdrag

om ‘n logistieke afdeling te omvorm in ‘n volwaardige logistieke

besigheid. Hy was elf jaar by die Naspers-groep van

besighede betrokke – gedurende hierdie tydperk was hy

ook betrokke by verskeie ander besighede. In 2011 het die

aanlynkleinhandelaar, Takealot, Arend genader om hul te help

met die daarstelling van ‘n vinnige-reaksie-afleweringsdiens.

Arend leef sy lewe op baie basiese beginsels: “Wees wie jy is,

wees passievol oor wat jy doen, werk hard en geniet dit om

hard te werk, wees altyd bereid om te leer, jy weet nooit ge noeg

nie“. Leonardo da Vinci het gesê: “Simplicity is the ultimate

sophistication“.

Wys bietjie wat in jou

steek, jagter!

KALAHARI-JAGTERS van die 2016-seisoen-nou is jul

kans om in KLK Gesprek te pronk. Stuur ‘n foto van jou en jou

buit wat jy tydens vanjaar se jagseisoen platgetrek het, of ‘n indrukwekkende

jagstorie, en staan ‘n kans om ‘n R500-geskenkbewys

van KLK se jag- en buitelewe-afdeling te wen.

Stuur jou inskrywings aan: Elmarié Bird, KLK Landbou Bpk,

Posbus 86, Upington, 8800; stuur ‘n faks na 086 5500 224;

of e-pos na elmarie@klk.co.za. Inskrywings sluit

15 September 2016.

“Wanneer jy met mense werk moet jy ook hierdie eenvoudige

lewensbeginsels toepas: Dit is belangrik om te besef dat enige

mens altyd waarde wil toevoeg en voel dat hy/sy ‘n verskil maak.

Verder neem geen mens ‘n slegte besluit vir hom/haarself op ‘n

bepaalde tyd nie. Met ander woorde, geen rasionele mens neem

‘n besluit met die intensie om ‘n verkeerde besluit te neem nie,

jy neem die beste besluit met die inligting tot jou beskikking op

daardie stadium, moenie dat “hindsight“ jou oordeel

vertroebel nie.

Wanneer jy met mense omgaan na aanleiding van hierdie

beginsels, sal jy verbaas wees oor wat jy kan leer by almal, selfs

die persoon wat verseker dat die gange skoon bly,“ meen Arend.

Arend is getroud met Erika en hul het twee dogters, ‘n seun, ‘n

skoonseun en twee kleinkinders. Hy slaan hoog ag op ondersteuning

van mens se familie.

Arend sien uit daarna om betrokke te raak by KLK en hoop dat dit

‘n wen-wen situasie vir almal betrokke sal wees.

Jou vennoot in landbou

6

Aktueel

KLK Gesprek

Kan ons ‘n meer normale lente en somer verwag?

SWAAR SNEEU HET in die laaste

paar dae van Julie 2016 vir die eerste keer

dié winter oor die suidelike en oostelike

binneland voorgekom. Daarmee saam

het redelike swaar reënneerslae ook oor

gedeeltes van die sentrale binneland en

oostelike kusgedeeltes voorgekom wat

abnormaal is vir hierdie tyd van die jaar.

Die swaar reën is veroorsaak deur ‘n afsnylaagdrukstelsel

wat oor die sentrale tot

suidoostelike dele van die land beweeg het.

Die El Niño-verskynsel van die afgelope

seisoen het in Junie 2016 heeltemal verdwyn

en al die Niño-gebiede was teen

einde Julie 2016 in ‘n neutrale tot effens

La Nina-fase. Dit lyk ook asof see-oppervlaktemperature

in hierdie gebiede vir die

res van die lente en somer gaan beweeg

op die grens van neutrale tot La Niña-toestande.

Die kans vir die herontwikkeling

van ‘n El Niño-verskynsel word op minder

as 5% geraam.

Die ander faktor wat ‘n groot rol speel

in die bepaling van klimaatstoestande

oor Suidelike Afrika, is die stand van

see-oppervlaktemperature in die Indiese

Oseaan. Koeler water nader aan die

Afrika-kontinent met warmer water nader

aan Australië, is gewoonlik positief vir

somerreënval oor Suid-Afrika. Die Indeks

waarmee dit bepaal word (Indiese Oseaan

Dipool indeks of IOD), toon tans die mees

negatiewe waardes die afgelope 15 jaar

wat ‘n sterk aanduiding is dat die koeler

water nader aan die Afrika kontinent is

en gaan beweeg. Dit kan ‘n baie posi tiewe

invloed op reënval uitoefen vir veral die

somerseisoen. Die afsnylaagdrukstelsel

wat die goeie neerslae oor gedeeltes van

die land veroorsaak het teen einde Julie,

kan ook wees as gevolg van die posisie

van die Indiese Oseaan Hoogdrukstelsel

wat nader aan die Afrika-kontinent is as

gevolg van die negatiewe IOD.

Alhoewel die verwagte La Niña-verskynsel

swakker lyk as wat aanvanklike

voorspellings aangedui het, kan die gekombineerde

effek van ‘n swak La Niñaverskynsel

saam met gunstige Indiese

Oseaan-toestande, gunstig wees vir

goeie reënneerslae vir gedeeltes van

die komende somerseisoen.

Hoe lyk reënvaltoestande en

temperature?

• Min of geen reën word verwag vir die

res van die winter en die lente oor die

Noord-Kaap en aangrensende gedeeltes

nie. Vanaf ongeveer die laaste deel

van Oktober kan reënvaltoestande

begin verbeter maar die eerste noemenswaardige

reën kan waarskynlik

Johan van den Berg

Santam Landbou

eers in die tweede deel van November

verwag word.

• Indien La Niña-toestande versterk, kan dit

die kanse vir reën oor veral Desember en

Januarie vergroot.

• Oor die algemeen lyk dit asof die seisoen

behoort te neig na gemiddelde of selfs

bo-gemiddelde reënval maar eers vanaf

die mid-somer (November/Desember) en

veral die tweede deel van die somer vanaf

Februarie/Maart.

• Wintertemperature kan steeds laag bly

met ‘n goeie kans vir ryp in die laag liggende

gedeeltes tot in die eerste deel

van September.

• Somertemperature behoort meer gematig

te wees, veral indien goeie reënneerslae

gaan voorkom.

Opsommend

Dit wil voorkom asof reënvaltoestande vir die

komende somer meer na normaal behoort

te neig. Goeie reënneerslae in die midsomer

kan egter die risiko vir oormaat reën en gevolglike

siektes by druiwe vergroot.

Misplaaste denke (Deel 2)

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

Hoe om die illusiekorrelasie

te herken

‘n Eenvoudige strategie kan gebruik word

om jou versteekte aannames te herken en

te keer dat jy ‘n illusiekorrelasie maak. Dit

word ‘n gebeurlikheidstabel genoem en dit

dwing jou om die daaglikse onbelangrike

gebeure in jou lewe te ignoreer. Laat ons

die voorbeeld van die volmaan en ‘n besige

nag by die hospitaal van nader bekyk.

• Sel A: ‘n Volmaan en ‘n besige nag. Dit

is ‘n kombinasie wat baie verpleegsters

en dokters sal onthou. “Suster, wat gaan

vanaand weer in die hospitaal aan?“ “Het

dokter vergeet? Dis mos weer volmaan“.

Die kombinasie word oorbeklemtoon in

ons geheue omdat dit maklik is om

te onthou.

• Sel B: Volmaan, maar ‘n baie stil nag

waarin niks gebeur nie. Die kombinasie

word onderbeklemtoon omdat niks gebeur

nie. Dit is moeilik om iets te onthou

wat nie gebeur het nie en ons is geneig

om die sel te ignoreer.

• Sel C: Geen volmaan, maar ‘n baie

besige nag. Maklik om te sê: “Nog ‘n mal

nag by die werk“.

Die gebeurlikheidstoets

Besige nag

• Sel D: Geen volmaan en ‘n stil nag

in die hospitaal. Niks besonders om te

onthou nie en maklik om te ignoreer.

Hierdie gebeurlikheidstabel help ons

verstaan wat in die gedagtes van die

verpleegsters aangaan tydens volmaan.

Hulle is vinnig om die een keer te onthou

toe die hospitaal baie besig was met volmaan,

maar vergeet die talle kere wat die

hospitaal glad nie besig was toe dit ook

volmaan was nie. Hulle kan maklik die

volmaan saam met die besige nag onthou

en sodoende verkeerdelik aanneem dat

die twee gebeure verwant is.

Stil nag

Volmaan A B

Geen volmaan C D

Augustus 2016

Aktueel

7

MACSTEEL Africa's

leading steel supplier

Offering you the most comprehensive range of steel products and value added processing services in Africa.

WHAT CAN WE OFFER YOU?

Aluminum Grating Pressure Vessel Steels

Blanking Guillotining Profi le Sections

Bright Bar Harvey Tiles Purlins

Castellated Beams Heat Treatment Services Rails

Cellular Beams High Strength Steels Reinforcing

Cold Form Sections Hollow Bar Roofi ng Solutions

Cold Saw Cutting IBR Roofi ng Sheets

Conveyance Laboratory Services Slitting

Corrugated Roofi ng Laser Cutting Special Steels

Drilling Laser Cut Tubing Stainless Steels

Expanded Metal Lipped Channels Stretcher Leveling

Fencing Products Open Sections Structural Steels

Flame Cutting Palisade Fencing Technical Consultancy

Flanges Pipe Fittings Tool Steels

Fluid Control Systems Plasma Cutting Tubing

Freestock Plates Valves & Actuators

Galvanized Sheets Plate Bending & Rolling Wear Resistant Steels

Galvanized Tubing Pre-coated Sheets Zincalume Roof Sheets

Best Quality, Service, Value!

Wees ‘n wenner!

EEN GELUKKIGE WENNER kan vyf

lengtes 25 x 25 x 1,60 m vierkantige

buispyp wen.

Om in aanmerking te kom vir hierdie prys,

beantwoord net die eenvoudige vraag:

In watter kontinent kan MACSTEEL jou die

mees omvattende reeks staalprodukte bied?

Stuur jou inskrywings aan:

Elmarié Bird, KLK Landbou Bpk,

Posbus 86, Upington, 8800; stuur ‘n faks

na 086 5500 224; of e-pos na

elmarie@klk.co.za. Inskrywings sluit

19 Oktober 2016.

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die

kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing per

persoon • Die wenner sal telefonies in kennis gestel

word en in die volgende KLK Gesprek bekendgemaak

word • Die prys sal na die naaste KLK-handelstak

gestuur word en kan daar afgehaal word • Die

prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: ......................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ................................................

is ‘n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur

saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Elmarié Bird *

054 337 6202 • elmarie@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van

, of adreswysigings,

kontak vir Elmarié Bird.

REDAKSIE

Elmarie Helberg

018 468 2716

Johan Smit

018 468 2716

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

018 468 2716

your ideas can fly

Jou vennoot in landbou

8 Omgewingsake

Wat leer die natuur ons

van droogte-oorlewing?

Die artikel is geskryf deur

Francois van der Merwe,

‘n natuurliefhebber van Calvinia.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na

info@klipspringer.co.za

DIE UITDRUKKING DAT daar net

twee seker dinge in die lewe is, naamlik die

dood en belasting, kom van die agtiendeeeuse

Amerikaanse staatsman en uitvinder,

Benjamin Franklin. As Franklin in die Noord-

Kaap gebly het, sou hy ongetwyfeld byvoeg

het “droogte“!

Langtermyn-reënvalsyfers wys dat die ariede

westelike dele van ons land gemiddeld elke

10 - 15 jaar ‘n ernstige droogte beleef

en normaalweg deel is van ‘n selfs langer

(sewe tot agt jaar) droër siklus. Gedurende

sulke droë periodes is daar dan normaalweg

‘n jaar of twee van uiterste droogte

met reënval tot minder as die helfte van

die langtermyn-gemiddelde. Hierdie droër

periodes word darem gelukkig afgewissel

met siklusse, ook van omtrent dieselfde

lengte, van bo-gemiddelde reënval.

Die Bybelse “sewe nat jare“ gevolg deur

“sewe droë jare“ waarvoor Josef die Egiptenare

kos laat opgaar het, wys dat die

mensdom reeds van die vroegste tye af

die natuur se siklusse (soms) goed ver -

staan het en dus voorsiening kon maak.

Josef se eie mense, die Israeliete, was

minder voorbereid en moes by die Egiptenare

gaan hulp soek. Vandag weet ons

dat ondermeer see-temperature oor veral

die Stille Oseaan (die sogenaamde El Niño

en La Niña-ver skynsels) reënvalpatrone

regoor die wêreld en ook in Suidelike

Afrika beïnvloed en selfs bepaal. Reënvalsiklusse

kan dus soms met redelike

akkuraatheid vir ‘n jaar of twee vooruit

voorspel word.

Reënval-afhanklike intensiewe landboustelsels

gemik op maksimum produksie is

totaal blootgestel aan hierdie periodieke

droogtes. Landbouers is dikwels, soos oënskynlik

nou weer die geval is, eenvoudig nie

voorbereid hierop nie.

patrone? Aan die een kant van die spektrum

sal sommige selfs sê dat die droë

dele van Suidelike Afrika glad nie geskik

is vir landbou nie en liefs vermy moet

word. Tog is die Karooagtige dele van

ons land, wat weens lae en wisselvallige

reënval geklassifiseer word as woestyn

of semi-woestyn, al beskryf van die besontwikkelde

en ontginne droë gebiede in

die wêreld. Dit spreek van die aanpassingsen

deursettingsvermoë van die inwoners

en veral landbou-produsente oor baie

geslagte.

In die natuur is daar twee droogte-oorlewingstrategieë.

Die eerste is opportunisme

en nomadisme, en die tweede is skaal

(grootheid). Opportunisme/nomadisme

beteken dat lewende organis mes gunstige

omstandighede optimaal uitbuit en swak

omstandighede fisies vermy deur weg te

trek. In “goeie“ jare kan reproduksie ‘n

veelvoud wees van wat geld in swak jare.

Dier- en voëlsoorte wat normaalweg net

een werpsel kleintjies of broeisel kuikens

in ‘n seisoen sal groot maak en in ‘n swak

jaar, niks nie, mag in ‘n uitsonderlike

jaar twee of selfs drie werpsels/broeisels

suksesvol grootmaak. Dit lei tot ‘n skerp

bevolkingstoename.

Die reaksie van plantegroei op optimale

omstandighede is ewe dramaties. Veral

“eenjarige“ plante, dikwels na verwys

as “opslag“, reageer onmiddellik en

op portunisties wanneer goeie reënval

voorkom. Die produksie van saad neem

dan veelvoudig toe en vorm ‘n saadbank

wat beskikbaar is indien gunstige omstandig

hede voortduur of anders, na ‘n onderbreking

later weer voorkom.

Nomadisme, of om rond te swerf, dui op

uitbuiting van gunstige omstandighede waar

dit ook al voorkom, of dan die vermyding

van ongunstige, droë omstandighede

deur weg te trek na gebiede waar beter

Wat is die beste sukses- of oorlewingsstrategieë

met erg fluktuerende reënvalomstandighede

geld. Veral onder voëls is

daar talle voorbeelde van sulke nomade.

Die bekendste is seker die veldpoue en

sandpatryse waarvan die kelkiewyn die bekendste

spesie is. In vervloë dae was wild

en die vroeë inwoners met hulle vee, uiters

nomadies. Groot troppe rondtrekkende

springbokke was algemeen.

Die laaste strategie na verwys is “skaal“,

of onder diere en voëls, die benutting van

groot areas vir oorlewing. In droë dele is

woongebiede baie groter as wat dit vir

dieselfde spesies sou wees in hoër-reënval

gebiede. Dit is enersyds die gevolg van

laer reënval in die algemeen maar ook as

voorsorg vir uiters droë omstandighede

wanneer selfs groter gebiede gedek moet

word om kos te kry. Die loopgebied van ‘n

sekretarisvoëlpaar sal in die natter ooste like

dele byvoorbeeld sowat 30 km² - 60 km²

beslaan teenoor 150 km² - 250 km² in die

droë weste. In tye van droogte kan dit selfs

nog groter wees. Sulke groot loop gebiede

skep reserwes vir gebruik soos omstandighede

dit mag vereis.

Wat leer ons hieruit? Landbou-produsente

het ongetwyfeld oor die algemeen droogtestrategieë

in plek en baie waarvan geskoei

sal wees op wat ons uit die natuur leer.

Om wanneer dit by vee kom, altyd eerder

te min as te veel te hê en om vroegtydig

afwaarts aan te pas (nomadies te wees)

wanneer omstandighede verswak, bly ‘n

goeie plan. So ook skaal wat met konserwatiewe

belading mag beteken dat goeie

reserwes beskikbaar is.

Die huidige rampdroogte sal verby gaan en

so ook die droër siklus waarbinne hy geval

het om weer gevolg te word deur ‘n natter

siklus. Die volgende droogte is egter om die

draai en soos die storie van Uilspieël, maak

dit sin om reeds teen die afdraande (nat

siklus) met die regte strategieë te fokus op

wat daarna (weer) sal volg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!