WBHS_School_Magazine_1966 LR 01
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
ons seker was dat daar 'n boot na ons op pad

was, het die manne begin om bulle reddingstoerusting

aan te trek.

Die see het nog onstuimiger geword; die boot

se verskansings was alonder die water en die

branders het oor die skuit begin breek. Daar was

vir ons net een uitweg aangesien daar geen bote

in die nabyheid was nie, en dit was om in die

reddingsboot te gaan. Die Skudam se agterkant

het stadig begin sak toe die laaste van die tien

bemanning in die bootjie was. Ons het met alle

mag begin wegroei van die sinkende boot af en

nadat ons 'n veilige afstand daarvandaan was,

het ek treurig teruggekyk na die vaartuig wat ek

begin liefkry het.

Stadig maar seker het sy kop begin lig en sy

naam "Skudam" nog vir oulaas hoog bokant die

water uitgepryk asof hy vir die laaste keer vir

ons wou groet. Skielik bet 'n groot deining die

boot verberg. Alles was verby; maar in die oë

van die bemanning kon ek trane sien. Ons is kort

daarna opgepik deur die Brandon en veilig aan

wal gebring.

P. MACPHERSON, lOb.

S.A. "SEAFARER"

"Die Kaap van Storms." Dis boe die kus om

Kaapstad genoem is deur die eerste matrose in

die vyftiende eeu. Sedert dié tyd het 'n groot

aantal skepe langs hierdie kus gestrand. Op I

Julie vanjaar het nog so 'n dramatiese gebeurtenis

plaasgevind.

Dié aand het dit katte en honde gereën. Dit

was die stormagtigste aand wat ons tot dusver dié

winter gehad het. Die S.A. Seafarer, wat op pad

terug na Suid-Afrika was van Engeland waar

daar 'n skeepstaking was, bet 'n algemene vrag

aan boord gehad. Dit was kort na middernag toe

dit binne 'n honderd tree van MouiUepunt gestrand

het. Dit was net 'n klipgooi van die vuurtoring

af.

Behalwe die twaalf passasiers was daar omtrent

sestig bemanningslede en '0 baba aan boord.

Almal is gered met bebulp van die helikopters van

die Suid-Afrikaanse weermag. Hierdie vlieëniers

bet net so 'n grootse daad soos Wolraad Woltemade

verrig toe hy veertien mense van die Jonge

Thomas in Junie 1773 gered het.

Wat werklik op die skip dié aand gebeur het,

sal nie geweet word voordat 'n volledige ondersoek

plaasgevind het nie. Dit blyk dat die skip,

wat toelating tot die Tafelbaaise hawe afgewys

was aangesien dit te stormagtig was, rondgevaar

het tot die storm bedaar het. Die storm was so

erg dat dit die skip na die verraderlike rotse by

Mouillepunt gedryf het.

Met 'n geweldige slag het die verdoemde skip

gestrand en hulpeloos op die skerp rotse gelê.

Dit was nie Jank nie toe die reusagtige golwe die

rampspoedige vaartuig begin breek het. Nadat

die ruim oopgeskeur is, het stukke van die waar·

devolle vrag op die strand uitgespoel. Doeanebeamptes

het langs die kus waggehou om die uitgespoelde

vrag te versamel. Groot stroke strand

was met toue afgekordon en al langs die kus bet

wrakhout gelê. Dit is later aan die brand gesteek

om daarvan ontslae te raak.

Belangrike dokumente en seekaarte is met behulp

van 'n helikopter van die wrak afgehaal sodat

daar 'n ondersoek gedoen kon word. ·Na 'n

paar weke is daar probeer om van die vrag te red,

maar dit het tot dusver nog nie geslaag nie.

Ná 'n maand op die rotse is hierdie tamaai

groot oseaan-vaartuig deur die mag van die see

in drie gebreek. Dit wys net dat "n mens nie met

die see kan speel nie. Elke keer as ek na hierdie

wrak kyk, gril ek om te dink wat die see kan

doen.

s. BLANCKENBERG, lOb.

DIE

EINDE

Die koue wind waai en die ou man bewe,

Hier is daar geen lewe.

Is dit God wat hom so laat loop,

Sonder enige kos en enige hoop?

Die wêreld is wit,

En die horison klim na die hemel.

In die verlate vlakte is hyalleen met die sneeu,

Soos 'n wit laken op die land.

Hy struikel neer en staan nie weer op nie;

Lê stil en sy gedagtes vlieg soos 'n wolk voor die

wind.

Hy't sy lewe geniet maar nou is dit klaar,

Hy het geen krag en sy liggaam is maer.

In die verte hoor hy 'n jakkals wat tjank,

Hy probeer opstaan, maar val soos 'n stukkende

pop neer:

En die lewe vlug,

Soos 'n kers geblus.

L. OSRIN, 9a.

14