Het jy al ‘STRONT’ drooggemaak as jy kamp? Maar ek bedoel sommer soos in GÓÉD, aangejaag… DEEL Ons kampfotograaf – Pierre – vertel verder van sy wedervaringe hoe hy dit al reggekry het om `n perfekte (Spitzkoppe) kamp goed op te voeter... 2 Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE
E k beplan `n jaar lank aan my groot Namibië-trip! Alles word bespreek en betaal voor die tyd, en ek “spych” myself op! Ek kry jitters van opgewondenheid, want ek gaan vir amper `n week Etosha-toe, en dan toer ek ry-ry weer terug af Suide-toe. Via Spitzkoppe… Allesen-alles: drie weke in Namibië! Hemels…! Die tyd kom aan, en ek is gepak. `n Vriendin van my ry saam, want sy wil by gemeenskaplike vriende van ons gaan kuier op Outjo. Die plan was om tot by Amanzi Trails – net oor die Oranjerivier en aan Namibië se kant, te ry, dan daar oor te slaap, en vroeg die volgende oggend dou voor dag weer te vertrek en deur te stoot tot op Outjo. Dis `n vêr en reguit pad… Ek sukkel om die nag te slaap, want `n allermuntige griep pak my beet – onverwags en totaal ongeleë! Ek is nie gelukkig met myself nie en toe die wekkertjie sag lui teen 04h30, het ek nog geen slaap ingekry nie. Die griep kom sit oordentlik in my lyf, en ons moet klaarmaak om pad te vat Noorde-toe. `n Warm stort en koffie laat my tydelik beter voel. Ek deel die pad in vier dele in. Amper so 300km elk. Amanzi tot Keetmans, Keetmans tot Mariental, Mariental tot Windhoek, en dan die laaste deel tot op Outjo – sê maar maklikheidshalwe omtrent 1200 km! Dis vrek vêr met `n loopneus en `n bors wat wil bars… maak ek myself klaar om Etosha toe te gaan, en die griep bedaar. Ek voel reg vir die “bos”! Dié wat Etosha al beleef het, sal verstaan: dis `n plek wat onverklaarbaar diép, diép binne jou kom sit! (en jy kry hom nooít-ooít weer uit nie). Ek sien alles wat my hart begeer: twee keer luiperds, wit- en swartrenosters, olifante in oorvloed, jagluiperds – jy noem dit, en ek sien alles – behalwe leeus! Aaaitog! Die leeus fnuik my elke keer, en ek is bitter teleurgesteld, maar nie moedeloos nie, want dis soos `n wildtuin werk! Soms is jy gelukkig, en ander kere nie. “Live-with-it”! Ek is bevoorreg om sonsondergange te beleef met goud en geel soos net Afrika kan gee… Ek neem siloeëtte af van diere wat Hannes Lochner en Heinrich van den Berg in trane sal laat uitbars! En ek is gelukkig met `n lekkerte wat hier baie diep in my binnegoed kom sit! Wimpy brêkkie op Keetmans, volmaak, dan Mariental… AAAhtiesjoe… Kalkrand … Hoeshoes-aaahtiesjoe… Rehoboth… proesproes… Windhoek se rante en draaie … Griep tel op en ek voel goor… aaahtiesjoe, maar ek hou my ‘pose’… Okahandja – die son trek water… Otjiwarongo (yay!) en dan uiteindelik: Outjo! Phewwww! Lang dag! My eerste twee dae in Outjo was maar sleg, want ek slaap meeste van die tyd, en die gasvrou staan in met koffie en beskuit en alle moontlike medisyne om te troos. Ek kry darem `n koue Windhoek’ie of twee in my lyf saam met die gasheer en `n braaivleisvuurtie, en ten spyte van die goor griep, is dit lekker om saam met ou vriende op te vang van aangesig-tot-aangesig, en nie met Whatsapp nie! Ons kuier lekker! `n Dag of drie later