31.05.2019 Views

KAMP IS LEKKER Junie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GPS: S29˚2’19.2″ E24˚36’39.6″

D

ie kampplek is op die wal van die

Rietrivier geleë, sowat 35km Suid van

Kimberley, naby die dorpies van

Modderrivier en Ritchie. Jy draai slegs 3km af

vanaf die N12 op roete tussen Kaapstad en

Johannesburg om by die

kampterrein te kom. Die

laaste 50m na die

kampterrein is baie

netjiese grondpad.

Toe ons by Riverside

Country Klub &

Karavaanpark arriveer, is

ons baie vriendelik deur

die eienaar , Lucy van

Dyk verwelkom. Lucy &

Philip van Dyk het die

lappie grond langs die

rivier in 1994 aangekoop

en het gou besluit dat hulle die rustigheid en mooi

omgewing met kampeerders en vriende wou

deel. Hulle het die grond in ‘n kampterrein

ontwikkel en ook netjiese selfsorg eenhede

opgerig en die kampterrein toe Riverside Country

Klub & Karavaanpark genoem.

Lucy het ons na ons staanplek geneem, wat

uitkyk oor die Rietrivier. Ons staanplek was

gerieflik naby die ablusiegeriewe geleë. Daar is

aparte ingange vir mans en dames na die

ablusiegeriewe. Beide die ablusie vir mans en

dames het warmwater storte, spoeltoilette en

spieëls. Die ablusie vir die dames het ook ‘n area

vir mammas om hulle babas te bad. Lucy sien toe

dat die ablusiegeriewe en die opwasgeriewe ter

alle tye netjies gehou word.

D

aar is sowat 33 staanplekke, almal netjies

uitgemerk – en die kampeerders het die

keuse om op die wal van die rivier te kamp

of naby die swembadarea op die hoër terras. Al

die staanplekke het elektrisiteit en daar is genoeg

bome om te sorg vir lekker skaduwee op die

groen grasperke.

Nadat ons kamp opgeslaan het, was dit tyd om

lekker te ontspan. Ons het vuurtjie aangesteek in

die braaidrom wat verskaf is en gou kon ons die

uitsig oor die rivier waardeer met ‘n skemerkelkie

in die hand. Daar het skapies aan die oorkant

van die rivier gewei en dit was lekker om te sien

hoe die eende op die rivier dryf en baljaar.

L

aatmiddag het daar kampeerders op die

wal van die rivier tent opgeslaan. Hulle kom

glo gereeld daar kamp

om vis te vang en hulle

vang ook glo gereeld

lekker

groot

visse. Behalwe vir

visvang, geniet

kampeerders dit ook om

ander water aktiwiteite op

die rivier te geniet. Daar

is ook ‘n area waar jy jou

boot in die rivier kan

meer.

Behalwe vir kamp, kan

gaste ook oorslaap in die

netjies selfsorg eenhede. Daar is 2 chalets wat

elkeen 4 gaste kan akkomodeer en ‘n verdere

chalet geskik vir 2 gaste. Omdat die kampterrein

so naby aan die N12 is, is daar ook

oornagkamers vir reisigers wat wil rus op hul pad

na hulle volgende bestemming. Ons het na die

oornagkamers gaan kyk en kan bevestig dat die

kamers in ‘n uitstekende netjiese kondisie gehou

word.

D

aar is heelwat besienswaardighede en

dinge om te doen in die omgewing van

Riverside Country Klub & Karavaanpark.

Besoek gerus die Kimberley Myn Museum, waar

die eerste diamant wat in Suid-Afika gevind is,

aangeteken is. Daar is ook die groot gat met sy

uitkykdek wat ‘n uitstekende uitsig oor die gat

bied. ‘n Besoek aan Mokala Nasionale Park

word ook hoogs aanbeveel, slegs 35km vanaf

Riverside Country Klub & Karavaanpark.

Na ‘n paar dae van ontspan, was dit ongelukkig

weer tyd vir ons om huiswaarts te keer. Ek sal

egter weer Riverside Country Klub &

Karavaanpark besoek en die kampterrein

aanbeveel vir vriende en kennisse. Baie dankie

vir ‘n heerlike kampervaring Lucy & Philip van

Dyk – ons kom kamp graag weer by julle!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!