01.05.2013 Views

Voorwoord

Voorwoord

Voorwoord

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

uitsteier. Na drie ure (of so voel dit) is ek bo en rol toe

maar teen die afdraand af tot onder.

Nog is het einde niet, en natuurlik sit ek vas op die

mini-glyplank waarteen almal voor my teen die spoed

van lig afgeseil het. (Nog ‘n hotdog, nog ‘n hotdog,

koggel die ylende gedagtes deur my kop.)

Ek probeer ‘n hoepel optel en fluit uit my aan- die-

brand- bors, ekkanniemeerie, ekkanniemeerie, maar

doer in die verte staan twee kinders en knik hulle

koppe meewarig- mos gesê sy sal dit nie kan doen

nie. En met ‘n allerlaaste poging in pyn, sleep ek

myself oor die wenstreep en stort in ‘n bondel van

brandende asem ineen.

Toe ek bykom is die partytjie verby, alles opgepak,

net my diepe, diepe verleentheid wat wyd gestrooi oor

die speelgrond lê.

“Sal jy NOU saamkom gym toe,” vra Saartjie met

smaak en so kom alle verskonings tot ‘n bittere en

vernederende einde.

My kinders praat darem weer met my…

Terug

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!