02.05.2013 Views

Bybelse beginsels rondom finansies

Bybelse beginsels rondom finansies

Bybelse beginsels rondom finansies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

FINANSIES IN DIE KONINKRYK VAN GOD

GOD SE WIL OMTRENT ONS FINANSIËLE VOORSPOED

In Gen. 24:1 lees ons : “. . . en die HERE het Abraham in alles geseën.”.

Hierdie seën op Abraham se lewe was nie maar toevallig en sonder

betekenis nie. Dit was die direkte gevolg van die verbond wat God met

Abraham (en sy nageslag) gesluit het. Hierdie verbond het spesifieke

beloftes van materiële seën en voorspoed ingesluit (Deut. 8:18). In Deut.

28:1-14 vind ons ‘n lang lys van hierdie verbondseëninge, waarin God se

wens vir die voorspoed van sy mense in detail uitgespel word. Vers 11 sê

byvoorbeeld: “En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee . . .”. Vers

12: “. . . en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.”.

Maar in vers 15-68 word die vloeke wat sou rus op elkeen wat nie bly by

álles wat in die wet geskrywe staan en dit doen nie, gelys en in detail

beskryf. Hierdie vloek raak die mens in al die aspekte van sy lewe. Onder

andere raak dit ook sy finansies (en gesondheid).

Gal. 3:13&14 openbaar God se groot liefde en genade vir sondegeneigde

mense: “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n

vloek te word – want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout

hang – sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus,

en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.”. Christus

wat self die wet volkome onderhou het, het die vloek van ons

wetsverbreking op Homself geneem en ons daarvan bevry! In Christus is

hierdie vloek oor ons finansies ook gebreek. Die salwing wat op die

evangelie rus, verbreek ook die vloek van armoede! - Luk. 4:18. Daarom

sê Gal. 3:9 : “Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die

gelowige Abraham.”; en vers 29 : “En as julle aan Christus behoort, dan is

julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”. Deur

ons geloof en verbintenis met die Here Jesus het ons deel aan Abraham se

verbond en al die geestelike, fisiese en materiële seëninge wat daarmee

saam gaan.

2 Kor. 9:8 bevestig God se wil vir sy kinders op finansiële gebied vanuit ‘n

Nuwe Testamentiese perspektief: “En God is by magte om aan julle alles in

oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en

volop kan bydra vir elke goeie werk.” (NAV). Vers 11 sê ook: “Hy maak

julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”

(NAV). 1 Tim. 6:17 sê dat die lewende God aan ons “alles ryklik verleen om

te geniet;”.

GOD SE VOORWAARDES

Elke belofte in God se woord het ook ‘n voorwaarde wat daarmee saam

gaan. Uit Deuteronomium 28 is dit duidelik dat al hierdie seëninge

gekoppel is aan die voorwaarde dat ons getrou aan God se verbond moet

bly, Hom sal dien en gehoorsaam. Uit Galasiërs 3 is dit duidelik dat ons net

die seën van Abraham kan ontvang indien ons in Chrístus is.

Finansies in die koninkryk van God werk langs die weg van sekere

beginsels. As ons nie hierdie beginsels eerbiedig nie, sal ons nie die

uitwerking van God se volle plan vir ons finansies kan beleef nie en sal ons

God se seën in hierdie area van ons lewens beperk. Ons geloof en

gehoorsaamheid beperk, òf stel God se seëninge in ons lewens vry (Hebr.

3:18&19).

FINANSIËLE BEGINSELS IN GOD SE KONINKRYK

1. Rentmeesterskap

‘n Rentmeester is verantwoordelik vir iemand anders se eiendom. In

die Bybel lees ons dikwels van die rentmeester as die dienskneg of

opsigter of bestuurder wat aangestel is oor die besittings en belange van

sy meester.

1 Kor. 6:19&20

“Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat

in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle

gees wat aan God behoort.”.

Ons as gereddes is rentmeesters voor God van alles wat ons is en besit,

omdat ons gekoop is deur die bloed van Jesus en aan Hóm behoort.

Baie belydende Christene maak aanspraak daarop dat hulle hul lewens

aan die Here oorgegee het, maar gaan steeds voort om vir hulself te

lewe. Ek kan dus nie meer van mý tyd, mý geld praat nie. Dit is God s’n

wat Hy aan my as rentmeester toevertrou het. Van dit álles sal ek

eendag rekenskap moet gee. Die Here Jesus het ‘n paar gelykenisse

vertel in hierdie verband, soos die gelykenis van die talente: Matt.

25:14 - “Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte

roep en aan hulle sy besittings toevertrou.”. Vers 19 (NAV) : “Na ‘n lang

tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap

gevra.”. In vers 21 sê hy aan die getroue en betroubare rentmeester:

“. . . Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor

veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.”.

Ons is as God se rentmeesters (diensknegte) verantwoordelik vir:

• die nuwe lewe wat ons in Christus ontvang het

• ons vrou en ons kinders

• ons tydsbesteding

• die geld en aardse besittings wat Hy aan ons toevertrou het

• die spesifieke roeping en bediening wat ons van Hom ontvang het

• ons aandeel in die uitvoer van die groot opdrag om dissipels te maak

van al die nasies

As rentmeester van die besittings en finansies wat God aan my

toevertrou, moet ek dus verstaan dat ek van die Heer moet hoor, wat ek

met sý besittings en finansies moet maak en mag maak!

2. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees

➥ Matt. 6:21

“want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”

Die besteding van jou finansies, jou “budget”, sê waar jou

grootste liefde lê!

(By mooi karre, mooi huise, ‘n meisie, drank, sport, ontspanning,

lekker eet . . . of die Here Jesus en sy koninkryk eerste en die

ander mooi dinge daarnaas).

Wys my waar jy jou tyd, geld & energie belê en ek wys vir jou

waar jou hart lê!

➥➥➥➥ Luk. 16:13

Òf jy dien God, òf jy dien Mammon (die geldgod).

3. Gee en vir jou sal gegee word

➥ Luk. 6:38

“Gee, en vir julle sal gegee word : ‘n goeie maat, ingestamp,

geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee

julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” (NAV).

Die wêreld se finansies werk volgens die beginsel van koop en

verkoop. Finansies in God se koninkryk werk volgens die

beginsel van: “dit is beter om te gee as om te ontvang”.

Verder leer die Here dat as jy met oorgawe en genade gee, sal

daar met oorgawe en genade weer aan jou gegee word.

Daardeur bepaal jy self die maat waarop daar aan jou gegee gaan

word.

➥ Spr. 11:24

“Daar is mense wat baie weggee en tog altyd meer bykry. Maar daar

is ook mense wat suinig is, en dan op die ou end self gebrek ly.”

(Lewende Bybel).

4. Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here

➥ Spr. 19:17

“As ‘n mens jou oor ‘n arm mens ontferm, is dit net so goed of jy iets

aan die Here leen. Daarom sal Hy jou sekerlik terugbetaal.” (Lewende

Bybel).

➥ Deut. 15:7-11

“As daar in een van die dorpe in die land wat die Here jou God aan jou

gee, ‘n arme is, ‘n mede-Israeliet, moet jy nie hard en suinig wees

teenoor so ‘n broer van jou wat arm is nie. Wees vrygewig teenoor

hom en leen hom wat hy nodig het . . . Gee vryelik aan jou broer wat

arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis

omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in

alles wat jy doen en aanpak. Daar sal altyd armes in jou land wees, en

daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-

Israeliet wat in nood is en arm is.”

5. Jy oes wat jy gesaai het

➥ 2 Kor. 9:6-10 (Lewende Bybel)

“Onthou net: as ‘n mens min saad saai, oes jy ook min, maar as ‘n mens

baie saad saai, kry jy ‘n groot oes. Laat elkeen soveel gee as wat hy self

in sy hart besluit het. Dit moet iets wees wat hy met blydskap doen en

nie omdat hy gedwing word nie. God hou daarvan as iemand vir Hom

iets gee en dit met blydskap doen. God kan julle so oorlaai met sy

goedheid dat julle altyd sal hê wat julle nodig het – en nog baie meer

as wat julle nodig het, sodat julle vir ander ook baie kan gee. Dit is

soos dit in die Skrif staan van die goeie mens: ‘Hy gee baie vir die arm

mense. Sy vrygewigheid kry nooit end nie.’ Dit is God wat vir ‘n boer

saad gee en dit is ook Hy wat dit laat groei sodat daar genoeg kos is om

te eet. Hy sal vir julle ook genoeg gee en dit laat meer word sodat julle

al meer goed daarmee kan doen. God sal vir julle volop gee sodat

julle ook volop kan weggee. As ons dit gaan gee vir die mense wat

behoefte het, sal hulle God prys en dankie sê.”

Dié geestelike beginsel werk net soos die beginsel in die natuur:

Jy kan nie iets oes, as daar nie eers saad in die grond gesaai is

nie.

Vers 10 leer ons om te onderskei tussen saad vir brood (om te

eet) en saad wat bedoel is om weer te saai. Moenie jou saad

opeet wat veronderstel is om vir jou later ‘n oes op te lewer nie.

Daar moet saad in die grond gesit word, anders gaan daar niks

wees wat kan opkom vir jou nie.

Die vermenigvuldigingsbeginsel is ook hier ter sprake: Jy saai

een saad en baie sade word voortgebring uit dié een saad.

Wanneer God ons oes vir ons gee, gee Hy dit in veelvoud.

Het jy saad in die grond, of wil jy heeltyd oes sonder om self ook te

saai?

6. Tiendes en Offergawes

➥ Mal. 3:8-11

Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het

ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle

belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele

tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef

My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die

vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal

uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die

opbrings van julle grond nie sal verwoes nie . . .”

“Bring die héle tiende . . .”

Moenie die Here beroof deur net ‘n gedeelte van jou tiende te

gee nie. Gee jou vólle tiende, elke keer as jy inkomste ontvang –

een maal per maand is prakties. Dit beteken tien persent van jou

vólle inkomste (ook dit wat jy ekstra en as geskenke ontvang).

Spr. 3:9 praat daarvan dat jy die HERE moet vereer met die beste

van ál jou inkomste. In Gen. 14:20 gee Abraham aan Melgisedek

‘n tiende van álles. Die volle seën kom deur volle

gehoorsaamheid.

“. . . na die skathuis . . .”

Dit beteken dat jy jou tiende na die gemeente toe moet bring,

waar jy geestelike voedsel ontvang.

“. . . sodat daar spys in my huis kan wees . . .”

As die lede van die gemeente God gehoorsaam met hulle tiendes,

sal die kerk op alle terreine kan doen wat God wil hê hy moet

doen. Ons sal meer sendelinge kan uitstuur, meer behoeftiges

kan help, meer voltydse personeel kan bekostig, ens.

Is tiendes ‘n Ou Testamentiese beginsel?

Nee! Ons lees alreeds in Gen. 14:20 daarvan dat Abraham aan

Melgisedek (‘n tipe van Christus) ‘n tiende van alles gegee het. In

Gen. 28:22 lees ons ook van Jakob wat aan die Here belowe dat

hy aan Hom van alles wat die Here hom sal gee, die tiendes sal

afstaan. Hierdie twee gebeurtenisse het plaasgevind lánk voordat

Moses die verbond by Sinaï ingestel het. Die gee van tiendes aan

God is dus ‘n ewige beginsel in God se koninkryk!

Die HERE het tiendes later deel van die wet van Moses gemaak

(Lev. 27:30-32 o.a.), om te verseker dat Israel finansieël geseënd

sou wees.

In Luk. 11:42 gee die Here Jesus self erkenning aan die beginsel

van tiendes: “Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van

die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle

verwaarloos die reg en die liefde tot God. HIERDIE DINGE

BEHOORT JULLE TE DOEN sonder om die ander na te laat.”.

“. . . die offergawe. . .”

• Dit kos jou iets 1

• Dit is vrywillig

• Dit is buiten jou tiende

1 Dawid: “Ek wil nie vir die Here iets offer . . . wat my niks gekos het nie” - 1 Kron. 21:24

(Lewende Bybel).

God het nie ons tiendes en offergawes nodig nie. Aan Hom behoort

die vee op ‘n duisend heuwels! Óns het nodig om te gee, sodat ons

God se seën kan ontvang!

7. Die eersteling behoort aan die Here

Die eerstelinge 2 in die Ou Testament het aan die Here behoort,

omdat die Here die Israelitiese eerstelinge gespaar het, toe Hy die

Egiptiese eerstelinge almal met die dood getref het. Die eerstelinge

was die Here s’n – dit was nie onderhandelbaar nie. As die beginsel

van die eersteling geïgnoreer is, het daar ‘n vloek op die skuldige

gerus, wat die eersteling nie aan die Here afgestaan of van die Here

losgekoop het nie:

➥ Ex. 13:2, 12-15

➥ Deut. 18:4

Eer die Here met die eerstelinge en nie met die oorblyfsels nie!

➥ Spr. 3:9&10

“Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou

inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe

oorloop van mos.”

As ek die heel eerste deel van my inkomste vir die Here gee, nog

voordat ek ‘n sent daarvan vir enigiets anders gebruik, dan is die res

van my inkomste geheilig aan die Here en rus die Here se seën

daarop.

➥ Rom. 11:16

“En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook;”

2 Die eersteling wat die moederskoot open, sowel as die eerste, beste vrugte van die

vrugte oes en graanoes

SKULD

Skuld is ‘n juk van slawerny, wat God nie op sy kinders wil plaas nie.

➥ Spr. 22:7

“. . . hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen.”

Die manier vir die kind van God om vry te kom van skuld, is nie in die

eerste plek om meer geld te probeer maak nie, maar is

gehoorsaamheid.

1. Die eerste stap na finansiële herstel is om te gee; nie om te kyk wie

gaan vir jóú gee nie. Gee jou héle tiende, soos die Here gesê het en

maak daardeur ‘n geloofsverklaring dat God jou Bron is en nie

mense of jou werk nie.

2. Die tweede stap na finansiële herstel is om vry te kom van die

strikke wat lei tot skuld:

I. Impulsiewe kopery

➥ Pred. 4:8

II. Onvergenoegdheid

➥ Pred. 5:9&10

➥ 1 Tim. 6:6-10

III. Luiheid

➥ Spr. 6:6-11

TEN SLOTTE

Om aan God te gee vereis geloof, soos dit ook geloof vereis om van Hom

te ontvang.

Satan sal ons geloof, sowel as ons motiewe toets, en as ons motiewe suiwer

is, kan hy nie God se seëninge van ons weerhou nie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!