05.05.2013 Views

Die storie v.d. hoender arend

Die storie v.d. hoender arend

Die storie v.d. hoender arend

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die storie v.d. hoender arend

Die arend wat nie geweet het wie hy is nie

‘n Indiaan

het op ‘n

wandeling

deur die bos,

‘n arendeier

op die gras

onder ‘n

groot boom

gevind

Hy het

opgekyk en

besef die nes

was te hoog

vir hom om

die eier weer

terug te kon

sit

Daarop het hy die ardendeier

in ‘n hoendernes gaan sit

Dit was nie lank nie,

toe het die eier uitgebroei

Die jong arend het saam met die ander

hoenders grootgeword.

Wat die hoenders ookal gedoen het,

het die arend ook gedoen.

Alhoewel hy ‘n arend was,

het hy die mentaliteit van ‘n hoender gehad,

soos ‘n hoender gedink

en soos ‘n hoender opgetree.

Eendag het hy die geroep van ‘n

arend gehoor, toe ‘n volwasse arend

hoog bokant hom verbygevlieg.

Hy’t dadelik opgekyk,

aandagtig geluister en

gekyk totdat die arend

in die son verdwyn het.

Sy hart het vinnig

geklop en iets het in

hom wakker geword

van daardie dag af.

“Wie is dit?” het hy die hoenders

rondom hom gevra.

“Dis ‘n arend, die koning v.d.

voëls”, het hulle geantwoord.

“Maar hy hoort in die lug;

ons hoort op die grond – ons

is hoenders”

Maar hoe meer hy dag na dag

die arend daar hoog bo in die

lug dopgehou en oor en oor na

sy geroep geluister het ... hoe

meer het hy begin verstaan

wie hy eintlik is en dat hy nie

veronderstel is om in die stof

te skrop en by hoendergevegte

betrokke te wees nie,

maar dat hy daar bó saam met

die arende hoort!

Arend?

of

Hoender-arend?

Een v.d. mees misrabele

persone is die hoender-arend

Christen, wie in sy hart ‘n arend

is, maar vasgevang is tussen

die hoenders (die wêreld)

- terwyl hy dink, praat & leef

soos die wêreld en weinig van

Christus weerspieël.

Hy bereik nie sy potensiaal in

Christus nie.

Kyk weg van jouself

& die hoender-goed rondom jou!

FOKUS OP JESUS!

-Dis die enigste manier waarop jy sal word

wat God wil hê jy moet wees!

2Kor. 3:18 AOV

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in

‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou,

word ons van gedaante verander na dieselfde

beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur

die Here wat die Gees is.

Hoe meer ek op Jesus fokus

en sy heerlikheid aanskou (in aanbidding)

& hoe meer ek sy stem hoor (sy woord lees)

... hoe meer sal ek weet wie ek is, en wat ek

gemaak is om te wees

Ten einde my lewensdoel en identiteit te

vind, moet ek op my Skepper fokus,

want ek is in sý beeld gemaak (Gen.1:26)

As jy jou oë van Jesus af neem, sal jy vergeet

wie jy in Hom is & sal die vyand vir jou leuens

begin vertel aangaande jouself, om jou

daarvan te weerhou om die mens te wees

wat God wil hê jy moet wees.

Slegs as God se woord prominent is in

jou denke, sal jou gedagtes vernuwe word

met die kennis van wie jy is in Christus

Die enigste plek waar ek ‘n akurate

beeld van my nuwe wedergebore

geesmens sal sien, is in die geestelike

spieël, die woord van God

Onthou wie jy is in Christus!

Ek is - vergewe en is gewas in die BLOED van

Jesus – Ef.1:7; Kol.1:14; Op.1:5b

Ek is - ‘n nuwe skepsel – 2Kor.5:17

Ek is - verlos uit die mag v.d. duisternis & oorgebring

in God se koninkryk – Kol.1:13

Ek is - losgekoop v.d. vloek v.d. wet – Gal.3:13

Ek is - geseënd – Gal.3:9

Ek is - die kop en nie die stert nie – Deut.28:13

Ek is - vrygemaak – Joh.8:31-32

Ek is - kragtig in die Here – Ef.6:10

Ek is - dood vir die sonde – 1Pet.2:24

Ek is - meer as ‘n oorwinnaar – Rom.8:37

Ek is - ‘n mede-erfgenaam van Christus – Rom.8:17

Ek is - begenadig en aanvaar in die Geliefde – Ef.1:6

Ek is - volkome in Christus – Kol.2:10

Ek is - lewendig gemaak in Christus – Ef.2:5

Ek is - vry van veroordeling – Rom.8:1

Ek is - uit God gebore en die duiwel het geen houvas

op my nie – 1Joh.5:18

Ek is - die sout v.d. aarde – Matth.5:13

Ek is - die lig v.d. wêreld – Matth.5:14

Ek is - die geregtigheid van God – 2Kor.5:21

Ek is - ‘n deelgenoot v.d. Goddelike natuur – 2Pet.1:4

Ek is - God se maaksel, geskape in Christus vir goeie

werke – Ef.2:10

Ek is - genees deur Christus se wonde – 1Pet.2:24

Glo dit!

Aanvaar dit!

Bely dit!

Daarom dan ...

Raak ontslae v.d. hoender-dinge

en rig jou gedagtes op Christus wie sy

heerlikheid met jou deel

Kol.3:1-10 AOV

(1) Aangesien julle saam met Christus uit die

dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge

daarbo waar Christus is, waar Hy aan die

regterhand van God sit. (2) Rig julle gedagtes

op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat

op die aarde is nie, (3) want julle het gesterwe,

en julle lewe is saam met Christus verborge in

God. (4) Wanneer Christus, wat julle lewe is,

by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam

met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.

(5) Daarom moet julle die aardse dinge

doodmaak wat nog deel van julle lewe is:

onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte

begeertes, en gierigheid, wat afgodery is (6)

Deur sulke dinge kom die straf van God oor die

mense wat aan Hom ongehoorsaam is. (7)

Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen

toe julle nog daarin gelewe het. (8) Maar nou

moet julle al hierdie dinge laat staan: woede,

haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie

uit julle mond kom nie, (9) en moenie vir

mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige

mens en sy gewoontes gebreek (10) en leef

nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe

meer vernuwe word na die beeld van sy

Skepper en tot die volle kennis van God.

GEBED

dat jy mag toeneem in jou kennis

van wie Christus is

en van wie jy in Hom is

Ef.1:17-19 AOV

(17) dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van

die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in

kennis van Hom mag gee, (18) verligte oë van julle verstand,

SODAT JULLE KAN WEET

a. wat die hoop van sy roeping

b. en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder

die heiliges is;

c. (19) en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons

wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte

(20) wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode

opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die

hemele, (21) bo alle owerheid en mag en krag en

heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in

hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!