06.05.2013 Views

WAS DIE KRUIS NET VIR ONS SONDES OF OOK VIR ONS SIEKTES?

WAS DIE KRUIS NET VIR ONS SONDES OF OOK VIR ONS SIEKTES?

WAS DIE KRUIS NET VIR ONS SONDES OF OOK VIR ONS SIEKTES?

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WAS DIE KRUIS NET VIR ONS SONDES OF OOK VIR ONS SIEKTES?

Video clip, The Passion of The Christ: www.youtube.com/watch?v=mtR5-OoMhPM

Ongeveer 700 jaar voor die geboorte van Christus, onder inspirasie v.d. Heilige Gees profeteer Jesaja,

die profeet in fisiese detail die kruisiging van die Here Jesus. Ons kry nie net ‘n fisiese prentjie van

wat daar gebeur het nie, maar hy gee selfs ook die redes vir Christus se lyding aan die kruis en

verduidelik waarom dit juis fisies só gebeur het.

Jes. 50:6 ANV

Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek

bespot en bespoeg is nie.

Jes. 53:1-12 ANV

(1) Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? (2) Die dienaar was soos 'n

loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na

hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. (3) Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man

van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

(4) Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,

wat deur God geslaan en gepynig word. (5) Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf

wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (6) Ons het almal gedwaal

soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. (7) Hy is

mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap

wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. (8) Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy

mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk.

(9) Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy

nooit vals nie. (10) Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as

skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. (11) Ná sy bitter

lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die

straf vir hulle sonde dra. (12) Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges die oorwinning

vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het

en vir oortreders gebid het.

Die Jode het ‘n wet gehad dat geen persoon meer as 40 houe lyfstraf toegedien mag word nie,

maar die Romeine het geen so wet gehad nie en daarom het dit dikwels gebeur dat hulle hul

slagoffers gegésel het, totdat hulle dood gebloei het.

o Eusebius, die geskiedskrywer v.d. Vroeë Kerk beskryf die berugte Romeinse géseling van

oortreders as volg: “Alle omstanders was geskok om te sien hoe hulle uitmekaargeskeur

was deur die geseling, soveel so dat hulle are sigbaar was, ook spiere en senings en selfs

hulle binnegoed kon gesien word.”

o In Geikie se Life of Christ beskryf hy Christus se geseling as volg: “Slagoffers wat tot ‘n

kruisdood veroordeel is, het eers die afskuwelike marteling van géseling ondergaan ... Die

soldate het Jesus gegryp en nadat sy bolyf ontbloot is, hom vasgemaak aan ‘n blok of ‘n paal

in ‘n kniellende posisie naby die tribunaal. Hierna was Hy geslaan tot vermaak en vir die

plesier v.d. soldate, met geknoopte toue, of gevlegte leerrieme met stukkies lood of skerp

stukkies been aan die punte. In baie gevalle was nie net die rug v.d. persoon wie gegésel is

oral oopgevlek nie, maar selfs die oë, die gesig en die bors is geskeur en tande is dikwels

uitgeslaan. Onder die woede v.d. ontelbare houe het slagoffers dikwels inmekaargesak in

‘n patetiese bondel te midde van uitroepe en stuiptrekkings. Sommige het net daar op die

plek gesterf; andere is weggeneem, ‘n onherkenbare massa van bloeiende vlees om

verlossing in die dood te vind, a.g.v. inflammasie en koors, siektes en skok.”

Jesus se géseling was van die wreedste, want die Romeinse soldate het hul frustrasies teen

die oproerige Jode op Hom uitgehaal. Dalk het hulle gedink Hy sal meer praat en dinge

bely wat Hy nie wou nie, sedert Hy meestal geswyg het tydens sy ondervragings. En

miskien ook het hulle gedink, hoe harder die géseling, hoe korter die wagstaan daarna by

die kruis.

In Evangeliese kringe word die kruis sonder enige teëspraak direk verbind met die versoening van ons

sondes. Die vraag wat ons egter wil vra in hierdie studie, is of daar wel Bybelse gronde is om te kan

glo en verklaar dat Jesus se lyding en sterwe ook vir ons fisiese genesing gebring het.

A. JESAJA IN SY VERWYSING NA DIE KRUISIGINGSGEBEURE, PRAAT VAN VERGIFNIS VAN SONDE EN

GENESING VAN SIEKTES IN EEN ASEM

1. Jes. 53:4 AOV

Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra ...

“Krankhede”: ילח (khol-ee') - malady, anxiety, calamity: - disease, grief, (is) sick (-ness).

“Smarte”: באכמ mak b) - anguish or (figuratively) affliction: - grief, pain, sorrow.

Mattheus haal hierdie Skrifgedeelte aan en bevestig ook dat wat Jesaja bedoel het met

"krankhede" en "smarte" na letterlike fisiese pyn en siektes verwys en dat dit eenvoudig sê

dat Jesus sou sterf sodat ons siektes gesond gemaak kan word:

Matth. 8:14-17 AOV

(14) En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors. (15) En Hy het

haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hulle bedien. (16) En toe dit

aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n

woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, (17) sodat vervul sou word wat

gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes

gedra.

Jesaja praat van vergifnis van sonde en genesing van siektes in een asem:

Dieselfde werkwoorde wat gebruik word wanneer na die versoening van ons sondes deur

die kruisdood verwys word (vers 11+12), word ook gebruik wanneer na die genesing van

ons siektes deur die kruisdood verwys word (vers 4):

a) Die werkwoord הסנ of

אשׂנ (na-sah) word in die volgende twee verse gebruik:

Jes. 53:12 ANV

... in die dood oorgegee ... as misdadiger beskou ... die sondes van baie op Hom geneem het ...

Jes. 53:4 AOV

Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem ...

“op Hom geneem”: הסנ or אשׂנ (na-sah) - to lift, hold up, receive, take up, take away, carry (away), bear

Lev.5:1 - “om die las van straf te dra vir iets verkeerd gedoen”

Hy het dus die straf van

ons sondes

ons siektes

- op Homself geneem – vir ons / namens ons dit gedra / ter wille van ons gedra /

dit plaasvervangend / in ons plek gedra

- om dit vir altyd weg te neem.

b) Die werkwoord לבס (sa-bal) word in die volgende twee verse gebruik:

Jes. 53:11 ANV

... My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.

Jes. 53:4 AOV

... óns smarte—dié het Hy gedra ...

“dra”: לבס (sa-bal) - to carry (literally or figuratively), be burdensome; specifically bear, be a burden,

carry, strong to labour.

Die swaar las van

ons sondekuld

ons siektes, smart en pyn

- is dus op sý skouers geplaas en Hy het dit vrywilliglik gedra

- sodat ons verlos kon word daarvan en dit nie meer hoef te dra nie.

2. Jes. 53:5 AOV

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;

die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Petrus haal hierdie Skrifgedeelte aan en praat van vergifnis van sonde en genesing van

fisiese siektes in een asem wanneer hy na Jesus se kruisdood verwys. Die Griekse woord

wat hy hier gebruik wat as genesing vertaal word, ομαι (iaomai), word 28 keer gebruik in

die Nuwe Testament, elke keer binne die konteks van fisiese genesing. (Die woord vir

geneesheer (mediese dokter) word ook hiervan afgelei.) Daarom weet ons sonder twyfel

dat wanneer Petrus sê dat ons deur Jesus se wonde genees is, hy spesifiek na ons fisiese

genesing verwys en nie híér spesifiek na geestelike of emosionele genesing nie.

1Petr. 2:24 AOV

wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die

geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

B. ANDER SKRIFGEDEELTES WAT DIE GENADE VAN VERGIFNIS VAN SONDE EN GENESING MET

MEKAAR VERBIND:

Ps. 103:3 AOV

Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

Markus 2:9 AOV

Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en

loop?

C. MISVERSTANDE RONDOM GENESING WAT VERHINDER DAT MENSE GENESING ONTVANG

Ons verstaan v.d. Bybel, vorm die basis van ons geloof:

Dion Robert, Abidjan (Ivoorkus): "God moves in what we believe" ...

1. Die "berus by God se wil" of "As dit die Here se wil is" argument

Dit spreek van onkunde omtrent God se wil en gesindheid aangaande siekte en genesing

Matth. 22:29 AOV

Toe antwoord Jesus & sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie & ook nie die krag van God nie

Kyk na Jesus se genesingsbediening ... dit openbaar God se hart omtrent gebroke

mense, siekte en genesing.

Die grootste hoeveelheid wonderwerke wat Jesus gedoen het, was om siekes te genees.

Jesus het nie elke dag op die water geloop nie, Hy het wel oraloor, gedurigdeur siek

mense genees.

Dit is God se hart en natuur om te genees: Ex. 15:26 AOV - “... Ek is die HERE wat jou

gesond maak.”

Hierdie argument en redenasie is soms 'n verskoning vir ons ongeloof!

Dit is soms 'n skein vorm van vroomheid (skeinheiligheid!)

2. Om die reeds voltooide werk v.d. kruis mis te kyk

"Tetelestai" (Aramees): “dit is volbring!” (Joh.19:30). Daar is één offer gebring, wat vir alle

sonde en vir alle siekte vir altyd en ewig betaal het. Daar kan niks meer gedoen word as

wat reeds gedoen is nie. Die prys vir vergifnis en genesing is reeds ten vólle betaal!

Baie van ons dink ons moet God smeek vir genesing en dan sal Hy daaroor besluit –

en as Hy voel dit is regtig nodig, sal Hy vir ons genesing skenk. Dis soos om te

smeek vir iets wat reeds wettiglik joune is. Soos om te smeek vir geld wat reeds

oorbetaal is in jou bankrekening. Dit spreek van onkunde en van ondankbaarheid!

1Petr.2:24 - "... deur wie se wonde julle genees ís: verlede tyd

As die woord van God sê deur Jesus se wonde ís julle genees, beteken dit nie na die

kruisiging van Jesus word alle mense nou outomaties gesond nie. Dit beteken dat

ons nou moet teruggryp na die waarheid van wat aan die kruis plaasgevind het en

dit persoonlik van toepassing moet maak deur ons geloof. Dit verg nou ‘n

persoonlike geloofstoepassing om hierdie genesende krag in my lewe vandag te

aktiveer en van krag te maak. Volgens 1Joh.2:2 het Jesus gesterf as ‘n versoening

vir alle mense se sondes, maar hulle word nie outamaties gered nie. Dit verg nou

van elke mens wat gered word, om een vir een, ‘n persoonlike geloofstoepassing te

maak en self, uit eie keuse, met geloof terug te gryp na die die waarheid van wat aan

die kruis plaasgevind het, dit te glo en te bely as sy eie.

i

3. Om nie te kan onderskei tussen 'n feit en die waarheid nie

Die feit: Die fisiese werklikheid

Die waarheid: Dit wat God se woord aangaande die fisiese feit sê

God se woord is ‘n groter krag as die fisiese werklikheid en kan die fisiese werklikheid

verander)

4. Om geloof en hoop met mekaar te verwar

Geloof is nóú; Hoop is ééndag

Hebr.11:1 AOV

Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Markus 11:23-24 ANV

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so

wees.

5. Om nie te besef wat die krag is van ons woorde nie

Dood en lewe lê in die mag v.d. tong

Spr. 18:21 AOV

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Jy sal hê wat jy sê ...

Markus 11:23-24 AOV

(23) Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie

in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê. (24) Daarom sê Ek

vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Geloof en belydenis gaan hand aan hand

Rom. 10:8-10 AOV

(8) Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons

verkondig: (9) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode

opgewek het, sal jy gered word; (10) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons

tot redding.

As ek geloof in my hart het, word dit eers volkome wanneer die geloof bekragtig word deur

die belydenis van my mond.

Die betekenis van "belydenis"

"Homologeo": om dieselfde te sê as ... om te sê wat God sê

Mag ons weet en bely dat God beide ons sondes en siektes geneem het en dit op die Here Jesus

geplaas het, deur wie se wonde ons genees is!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!